fbpx
Wikipedia

Elizabeth I van Engeland

Elizabeth I (7 September 1533 – 24 Maart 1603) was van 17 November 1558 tot met haar dood koningin van Engeland, van Frankryk (slegs in naam) en van Ierland. Sy is soms "Die Maagdkoningin" genoem omdat sy nooit getrou het nie. Elizabeth was die sesde en laaste monarg van die Tudor-dinastie. Die ander was haar oupa Hendrik VII, haar pa, Hendrik VIII, haar halfbroer, Eduard VI, haar niggie Jane en haar halfsuster Maria I. Sy het 44 jaar lank regeer, ’n tydperk waarin die Engelse gegroei het in mag en invloed oor die wêreld heen en waarin daar ook godsdienstige onrus in Engeland geheers het.

Elizabeth I
Koningin van Engeland en van Ierland

Elizabeth I , Darnley-portret, c. 1575
Huis Tudor
Regeer 17 November 155824 Maart 1603
Voorganger Maria I
Opvolger Jakobus I
Gebore 7 September 1533; Greenwich
Oorlede 24 Maart 1603; Richmond
Vader Hendrik VIII
Moeder Anna Boleyn

Vroeë lewe

Elizabeth is op 7 September 1533 in Greenwich-paleis gebore[1] as die dogter van Hendrik VIII en sy tweede vrou, Anna Boleyn.

 
Elizabeth se ouers, Hendrik VIII en Anna Boleyn.

Met haar geboorte was Elizabeth die vermoedelike troonopvolger van Engeland. Haar ouer halfsuster, Maria, het haar posisie as troonopvolger verloor toe Hendrik sy huwelik met haar ma, Catharina van Aragon, nietig laat verklaar het om met Anna te trou.[2][3]

Hendrik was desperaat om ’n seun te hê om hom op te volg. Anna het egter nie ’n seun gekry nie en op 2 Mei 1536 is sy gearresteer. Sy is vinnig skuldig bevind op aanklagte van verraad, owerspel en bloedskande en op 19 Mei onthoof.[4][5] Elizabeth, wat toe drie jaar oud was, is as buite-egtelike kind verklaar.

Elf dae ná Anna se dood is Hendrik met Jane Seymour getroud,[6] wat twaalf dae ná die geboorte van hul seun, prins Eduard, oorlede is.

Hendrik VIII is in 1547 dood toe Elizabeth 13 jaar oud was en is deur sy seun opgevolg as Eduard VI. Eduard is op 6 Julie 1553 op 15-jarige ouderdom oorlede, waarskynlik weens tuberkulose.[7] In sy testament het hy Elizabeth en haar halfsuster, Maria, van die troonopvolging uitgesluit en lady Jane Grey, kleindogter van Hendrik VIII se suster, Maria Tudor, die Hertogin van Suffolk, as sy erfgenaam aangewys.[8] Die Geheime Raad het lady Jane se troonbestyging bekragtig, maar haar steun het vinnig afgeneem en sy is van die troon afgesit ná ’n bewind van net nege dae.[9]

Maria se bewind

Elizabeth se Katolieke halfsuster het op 19 Julie 1553 koningin Maria I geword. Maria het Londen triomfantelik binnegery met Elizabeth aan haar sy. Dié goeie verhouding tussen die susters het egter nie lank geduur nie. In Januarie en Februarie 1554 het die Wyatt-rebellie onder leiding van Thomas Wyatt in verskeie dele van Engeland en Wallis uitgebreek.[10] Ná die opstand is Elizabeth ondervra omdat sy verdink is dat sy die Protestantse rebelle gesteun het. Op 18 Maart is sy in die Londense Tower opgesluit waar lady Jane Grey op 12 Februarie tereggestel is.[11] Die verskrikte Elizabeth het daarmee volstaan dat sy onskuldig is.[12] Sy was egter amper ’n jaar lank in huisarres geplaas.

Toe Maria op 17 November 1558 in Sint James-paleis sterf, het Elizabeth haar opgevolg. Sy was 25 jaar oud.

Elizabeth se Bewind

Elizabeth het swaar gesteun op getroue raadgewers onder leiding van William Cecil, baron Burghley. Een van haar eerste aksies as koningin was om die stigting van ’n Engelse Protestantse kerk te steun. Dié kerk het later die Kerk van Engeland geword. Daar is van haar verwag om te trou, maar ondanks verskeie petisies deur die parlement het sy dit nooit gedoen nie. Namate sy ouer geword het, het sy bekend geraak vir haar maagdelikheid en ’n kultus het rondom haar ontstaan wat uitgebeeld is in die kuns en letterkunde van dié tyd.

Wat haar bewind betref, was Elizabeth meer gematig as haar familie.[13] Een van haar motto's was "video et taceo" ("Ek sien en sê niks").[14] Hierdie strategie, wat haar raadgewers se geduld beproef het, het haar dikwels beskerm teen ongelukkige politieke en huweliksverbintenisse. Hoewel sy versigtig was in haar buitelandse betrekkinge en ’n paar ondoeltreffende veldtogte in Nederland, Frankryk en Ierland net halfhartig gesteun het, het die oorwinning oor die Spaanse Armada in 1588 haar naam vir altyd verbind met seker een van die grootste oorwinnings in die geskiedenis van Engeland.

Skotland

 
Maria, koningin van die Skotte. Skool van François Clouet.

Elizabeth wou die Franse steun in Skotland in die wiele ry.[15] Sy was bang die Franse wou Engeland binneval en haar vervang met Maria I van Skotland (Engels: Mary, Queen of Scots), wat deur baie beskou is as die regmatige erfgenaam van die Engelse troon. Maria was die agterkleindogter van Hendrik VII van Engeland deur sy dogter Margaret Tudor.[16] In die Verdrag van Edinburg in Julie 1560 het Engeland en Frankryk ooreengekom om albei hul troepe aan Skotland te onttrek.[17]

Maria was ongewild en dit is vererger ná die moord op 10 Februarie 1567 van haar tweede man, Hendrik Stuart, lord Darnley. Maria het op 15 Mei van dieselfde jaar getrou met James Hepburn, 4de Graaf van Bothwell, wat daarvan verdink is dat hy Hendrik vermoor het. In Junie 1567 het Protestantse rebelle Maria gearresteer. Sy is op 24 Julie gedwing om te abdikeer ten gunste van haar seun, Jakobus.

Haar buite-egtelike halfboer, Jakobus Stewart, Graaf van Moray, is as regent aangestel.[18] Haar seun is op 29 Julie op die ouderdom van dertien maande as koning Jakobus VI van Skotland gekroon. Hy is grootgemaak as lid van die Protestantse Skotse kerk.

In 1568 het Maria uit die tronk ontsnap en dit het gelei tot ’n kort tydperk van geweld. Die Graaf van Moray het Maria se troepe in die Slag van Langside verslaan. Sy het noodgedwonge na Engeland gevlug waar sy deur Elizabeth in hegtenis geneem en in 1587 tereggestel is.

Dood en nalatenskap

Elizabeth het in 1602 in ’n depressie verval ná die dood van verskeie vriende. In Maart het sy siek geword en op 24 Maart 1603 is sy in Richmond-paleis oorlede. ’n Paar uur later is Maria, koningin van die Skotte, se seun, Jakobus VI van Skotland, aangewys as koning van Engeland.[19]

Elizabeth is binne 20 jaar ná haar dood beskou as die heerser van ’n goue era. Haar bewind staan bekend as die Elizabethaanse Tydperk, wat veral bekend was vir die florering van die Engelse drama onder dramaturge soos William Shakespeare en Christopher Marlowe en vir die dapperheid van seevaarders soos Francis Drake.

Historici is meer gematig in hul oordeel. Hulle beeld Elizabeth dikwels uit as ’n humeurige,[20] ietwat besluitelose[21] heerser wat in talle opsigte bloot gelukkig was. Teen die einde van haar bewind het ’n reeks ekonomiese en politieke probleme haar gewildheid laat afneem, in so ’n mate dat baie van haar onderdane verlig was toe sy sterf. Elizabeth word beskou as ’n vegter wat oorleef het in ’n tyd toe die troon van buurlande se monarge bedreig is deur binnelandse probleme, soos wat met Maria, koningin van die Skotte, gebeur het.

Ná die kort regeringstydperke van haar broer en suster het haar 44 jaar op die troon waardevolle stabiliteit gebring vir die koninkryk en dit het ’n gevoel van nasionale identiteit tot gevolg gehad.[13]

Verwysings

  1. Marie Louise Bruce, Anne Boleyn, 234.
  2. Loades, 3–5
  3. Somerset, 4–5.
  4. Loades, 6–7.
  5. Haigh, 1–3.
  6. Haigh, 1.
  7. "Edward VI". Die Britse Monargie – amptelike webtuiste. Besoek op 2009-04-23.
  8. Loades, 24–25.
  9. "Lady Jane Grey". Die Britse Monargie – amptelike webtuiste. Besoek op 2009-04-23.
  10. Neale, 45.
  11. Somerset, 49.
  12. Loades, 28.
  13. 13,0 13,1 Starkey, 5.
  14. Neale, 386.
  15. Haigh, 131.
  16. Guy, 115.
  17. Haigh, 132.
  18. Guy, pp 364–5.
  19. Black, 410–411.
  20. Somerset, 731–32.
  21. Somerset, 729.

Bronne en verdere leesstof

  • Black, J. B. The Reign of Elizabeth: 1558–1603. Oxford: Clarendon, (1936) 1945. OCLC 5077207
  • Brimacombe, Peter. All the Queen's Men: The World of Elizabeth I. New York: St Martin's Press, 2000. ISBN 0-312-23251-9.
  • Clapham, John. Elizabeth of England. E. P. Read and Conyers Read (red.). Philadelphia: University of Pennsylvania Press, 1951. OCLC 1350639.
  • Dobson, Michael; and Nicola Watson. "Elizabeth's Legacy". Elizabeth: The Exhibition at the National Maritime Museum. Susan Doran (red.). Londen: Chatto and Windus, 2003. ISBN 0-7011-7476-5.
  • Doran, Susan: Monarchy and Matrimony: The Courtships of Elizabeth I Routledge 1996
  • Elizabeth I: The Collected Works Leah S. Marcus, Mary Beth Rose & Janel Mueller (red.). Chicago: Chicago University Press, 2002. ISBN 0-226-50465-4.
  • Elton, G.R. England under the Tudors. Londen: Routledge, 1991. ISBN 0-415-06533-X.
  • Graves, Michael A. R. Elizabethan Parliaments: 1559–1601. Londen en New York: Longman, 1987. ISBN 0-582-35516-8.
  • Guy, John. My Heart is My Own: The Life of Mary Queen of Scots. Londen en New York: Fourth Estate, 2004. ISBN 1-84115-752-X.
  • Haigh, Christopher. Elizabeth I. Harlow (UK): Longman Pearson, (1988) 1998-uitg. ISBN 0-582-43754-7.
  • Lacey, Robert: Robert Earl of Essex: An Elizabethan Icarus Weidenfeld & Nicolson 1971
  • Loades, David. Elizabeth I: The Golden Reign of Gloriana. Londen: Die Nasionale Argief, 2003. ISBN 1-903365-43-0.
  • Lockyer, Roger. Tudor and Stuart Britain 1471–1714. 3de uitg., 2004. Londen: Pearson.
  • McGrath, Patrick: Papists and Puritans under Elizabeth I Blandford Press, 1967.
  • Neale, J.E. Queen Elizabeth I: A Biography. Londen: Jonathan Cape, (1934) 1954-herdruk. OCLC 220518.
  • Ridley, Jasper. Elizabeth I: The Shrewdness of Virtue. New York : Fromm International, 1989. ISBN 0-88064-110-X.
  • Rowse, A.L. The England of Elizabeth. Londen: Macmillan, 1950. OCLC 181656553.
  • Somerset, Anne. Elizabeth I. Londen: Phoenix, (1991) 1997-uitg. ISBN 0-385-72157-9.
  • Starkey, David. "Elizabeth: Woman, Monarch, Mission." Elizabeth: The Exhibition at the National Maritime Museum. Susan Doran (red.). Londen: Chatto and Windus, 2003. ISBN 0-7011-7476-5.
  • Strong, Roy. Gloriana: The Portraits of Queen Elizabeth I. Londen: Pimlico, (1987) 2003. ISBN 0-7126-0944-X.
  • Waller, Maureen: Sovereign Ladies: Sex, Sacrifice, and Power. The Six Reigning Queens of England. St. Martin's Press, New York, 2006. ISBN 0-312-33801-5
  • Weir, Alison. Elizabeth the Queen. Londen: Pimlico, (1998) 1999-uitg. ISBN 0-7126-7312-1.
  • Williams, Neville. The Life and Times of Elizabeth I. Londen: Weidenfeld & Nicolson, 1972. ISBN 0-297-83168-2.
  • Wright, Thomas: Queen Elizabeth and her Times Henry Colburn 1838

Skakels

  • Tudor and Elizabeth Portraits. Tudor- en Elizabethaanse portrette en ander kunswerke. URL besoek op 15 Desember 2007.
  • Annals of the Reformation and Establishment of Religion, and Other Various Occurrences in the Church of England, During Queen Elizabeth's Happy Reign by John Strype (1824-uitg.): Vol. I, Pt. I, Vol. I, Pt. II, Vol. II, Pt. I, Vol. II., Pt. II, Vol. III, Pt. I, Vol. III, Pt. II, Vol. IV
  • Elizabeth I met seldsame foto's van die Britse Museum en Britse Biblioteek
  •   Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.

Elizabeth I van Engeland
elizabeth, engeland, elizabeth, september, 1533, maart, 1603, november, 1558, haar, dood, koningin, engeland, frankryk, slegs, naam, ierland, soms, maagdkoningin, genoem, omdat, nooit, getrou, elizabeth, sesde, laaste, monarg, tudor, dinastie, ander, haar, oup. Elizabeth I 7 September 1533 24 Maart 1603 was van 17 November 1558 tot met haar dood koningin van Engeland van Frankryk slegs in naam en van Ierland Sy is soms Die Maagdkoningin genoem omdat sy nooit getrou het nie Elizabeth was die sesde en laaste monarg van die Tudor dinastie Die ander was haar oupa Hendrik VII haar pa Hendrik VIII haar halfbroer Eduard VI haar niggie Jane en haar halfsuster Maria I Sy het 44 jaar lank regeer n tydperk waarin die Engelse gegroei het in mag en invloed oor die wereld heen en waarin daar ook godsdienstige onrus in Engeland geheers het Elizabeth IKoningin van Engeland en van IerlandElizabeth I Darnley portret c 1575Huis TudorRegeer 17 November 1558 24 Maart 1603Voorganger Maria IOpvolger Jakobus IGebore 7 September 1533 GreenwichOorlede 24 Maart 1603 RichmondVader Hendrik VIIIMoeder Anna Boleyn Inhoud 1 Vroee lewe 2 Maria se bewind 3 Elizabeth se Bewind 3 1 Skotland 4 Dood en nalatenskap 5 Verwysings 6 Bronne en verdere leesstof 7 SkakelsVroee lewe WysigElizabeth is op 7 September 1533 in Greenwich paleis gebore 1 as die dogter van Hendrik VIII en sy tweede vrou Anna Boleyn Elizabeth se ouers Hendrik VIII en Anna Boleyn Met haar geboorte was Elizabeth die vermoedelike troonopvolger van Engeland Haar ouer halfsuster Maria het haar posisie as troonopvolger verloor toe Hendrik sy huwelik met haar ma Catharina van Aragon nietig laat verklaar het om met Anna te trou 2 3 Hendrik was desperaat om n seun te he om hom op te volg Anna het egter nie n seun gekry nie en op 2 Mei 1536 is sy gearresteer Sy is vinnig skuldig bevind op aanklagte van verraad owerspel en bloedskande en op 19 Mei onthoof 4 5 Elizabeth wat toe drie jaar oud was is as buite egtelike kind verklaar Elf dae na Anna se dood is Hendrik met Jane Seymour getroud 6 wat twaalf dae na die geboorte van hul seun prins Eduard oorlede is Hendrik VIII is in 1547 dood toe Elizabeth 13 jaar oud was en is deur sy seun opgevolg as Eduard VI Eduard is op 6 Julie 1553 op 15 jarige ouderdom oorlede waarskynlik weens tuberkulose 7 In sy testament het hy Elizabeth en haar halfsuster Maria van die troonopvolging uitgesluit en lady Jane Grey kleindogter van Hendrik VIII se suster Maria Tudor die Hertogin van Suffolk as sy erfgenaam aangewys 8 Die Geheime Raad het lady Jane se troonbestyging bekragtig maar haar steun het vinnig afgeneem en sy is van die troon afgesit na n bewind van net nege dae 9 Maria se bewind WysigElizabeth se Katolieke halfsuster het op 19 Julie 1553 koningin Maria I geword Maria het Londen triomfantelik binnegery met Elizabeth aan haar sy Die goeie verhouding tussen die susters het egter nie lank geduur nie In Januarie en Februarie 1554 het die Wyatt rebellie onder leiding van Thomas Wyatt in verskeie dele van Engeland en Wallis uitgebreek 10 Na die opstand is Elizabeth ondervra omdat sy verdink is dat sy die Protestantse rebelle gesteun het Op 18 Maart is sy in die Londense Tower opgesluit waar lady Jane Grey op 12 Februarie tereggestel is 11 Die verskrikte Elizabeth het daarmee volstaan dat sy onskuldig is 12 Sy was egter amper n jaar lank in huisarres geplaas Toe Maria op 17 November 1558 in Sint James paleis sterf het Elizabeth haar opgevolg Sy was 25 jaar oud Elizabeth se Bewind WysigElizabeth het swaar gesteun op getroue raadgewers onder leiding van William Cecil baron Burghley Een van haar eerste aksies as koningin was om die stigting van n Engelse Protestantse kerk te steun Die kerk het later die Kerk van Engeland geword Daar is van haar verwag om te trou maar ondanks verskeie petisies deur die parlement het sy dit nooit gedoen nie Namate sy ouer geword het het sy bekend geraak vir haar maagdelikheid en n kultus het rondom haar ontstaan wat uitgebeeld is in die kuns en letterkunde van die tyd Wat haar bewind betref was Elizabeth meer gematig as haar familie 13 Een van haar motto s was video et taceo Ek sien en se niks 14 Hierdie strategie wat haar raadgewers se geduld beproef het het haar dikwels beskerm teen ongelukkige politieke en huweliksverbintenisse Hoewel sy versigtig was in haar buitelandse betrekkinge en n paar ondoeltreffende veldtogte in Nederland Frankryk en Ierland net halfhartig gesteun het het die oorwinning oor die Spaanse Armada in 1588 haar naam vir altyd verbind met seker een van die grootste oorwinnings in die geskiedenis van Engeland Skotland Wysig Maria koningin van die Skotte Skool van Francois Clouet Elizabeth wou die Franse steun in Skotland in die wiele ry 15 Sy was bang die Franse wou Engeland binneval en haar vervang met Maria I van Skotland Engels Mary Queen of Scots wat deur baie beskou is as die regmatige erfgenaam van die Engelse troon Maria was die agterkleindogter van Hendrik VII van Engeland deur sy dogter Margaret Tudor 16 In die Verdrag van Edinburg in Julie 1560 het Engeland en Frankryk ooreengekom om albei hul troepe aan Skotland te onttrek 17 Maria was ongewild en dit is vererger na die moord op 10 Februarie 1567 van haar tweede man Hendrik Stuart lord Darnley Maria het op 15 Mei van dieselfde jaar getrou met James Hepburn 4de Graaf van Bothwell wat daarvan verdink is dat hy Hendrik vermoor het In Junie 1567 het Protestantse rebelle Maria gearresteer Sy is op 24 Julie gedwing om te abdikeer ten gunste van haar seun Jakobus Haar buite egtelike halfboer Jakobus Stewart Graaf van Moray is as regent aangestel 18 Haar seun is op 29 Julie op die ouderdom van dertien maande as koning Jakobus VI van Skotland gekroon Hy is grootgemaak as lid van die Protestantse Skotse kerk In 1568 het Maria uit die tronk ontsnap en dit het gelei tot n kort tydperk van geweld Die Graaf van Moray het Maria se troepe in die Slag van Langside verslaan Sy het noodgedwonge na Engeland gevlug waar sy deur Elizabeth in hegtenis geneem en in 1587 tereggestel is Dood en nalatenskap WysigElizabeth het in 1602 in n depressie verval na die dood van verskeie vriende In Maart het sy siek geword en op 24 Maart 1603 is sy in Richmond paleis oorlede n Paar uur later is Maria koningin van die Skotte se seun Jakobus VI van Skotland aangewys as koning van Engeland 19 Elizabeth is binne 20 jaar na haar dood beskou as die heerser van n goue era Haar bewind staan bekend as die Elizabethaanse Tydperk wat veral bekend was vir die florering van die Engelse drama onder dramaturge soos William Shakespeare en Christopher Marlowe en vir die dapperheid van seevaarders soos Francis Drake Historici is meer gematig in hul oordeel Hulle beeld Elizabeth dikwels uit as n humeurige 20 ietwat besluitelose 21 heerser wat in talle opsigte bloot gelukkig was Teen die einde van haar bewind het n reeks ekonomiese en politieke probleme haar gewildheid laat afneem in so n mate dat baie van haar onderdane verlig was toe sy sterf Elizabeth word beskou as n vegter wat oorleef het in n tyd toe die troon van buurlande se monarge bedreig is deur binnelandse probleme soos wat met Maria koningin van die Skotte gebeur het Na die kort regeringstydperke van haar broer en suster het haar 44 jaar op die troon waardevolle stabiliteit gebring vir die koninkryk en dit het n gevoel van nasionale identiteit tot gevolg gehad 13 Verwysings Wysig Marie Louise Bruce Anne Boleyn 234 Loades 3 5 Somerset 4 5 Loades 6 7 Haigh 1 3 Haigh 1 Edward VI Die Britse Monargie amptelike webtuiste Besoek op 2009 04 23 Loades 24 25 Lady Jane Grey Die Britse Monargie amptelike webtuiste Besoek op 2009 04 23 Neale 45 Somerset 49 Loades 28 13 0 13 1 Starkey 5 Neale 386 Haigh 131 Guy 115 Haigh 132 Guy pp 364 5 Black 410 411 Somerset 731 32 Somerset 729 Bronne en verdere leesstof WysigBlack J B The Reign of Elizabeth 1558 1603 Oxford Clarendon 1936 1945 OCLC 5077207 Brimacombe Peter All the Queen s Men The World of Elizabeth I New York St Martin s Press 2000 ISBN 0 312 23251 9 Clapham John Elizabeth of England E P Read and Conyers Read red Philadelphia University of Pennsylvania Press 1951 OCLC 1350639 Dobson Michael and Nicola Watson Elizabeth s Legacy Elizabeth The Exhibition at the National Maritime Museum Susan Doran red Londen Chatto and Windus 2003 ISBN 0 7011 7476 5 Doran Susan Monarchy and Matrimony The Courtships of Elizabeth I Routledge 1996 Elizabeth I The Collected Works Leah S Marcus Mary Beth Rose amp Janel Mueller red Chicago Chicago University Press 2002 ISBN 0 226 50465 4 Elton G R England under the Tudors Londen Routledge 1991 ISBN 0 415 06533 X Graves Michael A R Elizabethan Parliaments 1559 1601 Londen en New York Longman 1987 ISBN 0 582 35516 8 Guy John My Heart is My Own The Life of Mary Queen of Scots Londen en New York Fourth Estate 2004 ISBN 1 84115 752 X Haigh Christopher Elizabeth I Harlow UK Longman Pearson 1988 1998 uitg ISBN 0 582 43754 7 Lacey Robert Robert Earl of Essex An Elizabethan Icarus Weidenfeld amp Nicolson 1971 Loades David Elizabeth I The Golden Reign of Gloriana Londen Die Nasionale Argief 2003 ISBN 1 903365 43 0 Lockyer Roger Tudor and Stuart Britain 1471 1714 3de uitg 2004 Londen Pearson McGrath Patrick Papists and Puritans under Elizabeth I Blandford Press 1967 Neale J E Queen Elizabeth I A Biography Londen Jonathan Cape 1934 1954 herdruk OCLC 220518 Ridley Jasper Elizabeth I The Shrewdness of Virtue New York Fromm International 1989 ISBN 0 88064 110 X Rowse A L The England of Elizabeth Londen Macmillan 1950 OCLC 181656553 Somerset Anne Elizabeth I Londen Phoenix 1991 1997 uitg ISBN 0 385 72157 9 Starkey David Elizabeth Woman Monarch Mission Elizabeth The Exhibition at the National Maritime Museum Susan Doran red Londen Chatto and Windus 2003 ISBN 0 7011 7476 5 Strong Roy Gloriana The Portraits of Queen Elizabeth I Londen Pimlico 1987 2003 ISBN 0 7126 0944 X Waller Maureen Sovereign Ladies Sex Sacrifice and Power The Six Reigning Queens of England St Martin s Press New York 2006 ISBN 0 312 33801 5 Weir Alison Elizabeth the Queen Londen Pimlico 1998 1999 uitg ISBN 0 7126 7312 1 Williams Neville The Life and Times of Elizabeth I Londen Weidenfeld amp Nicolson 1972 ISBN 0 297 83168 2 Wright Thomas Queen Elizabeth and her Times Henry Colburn 1838Skakels WysigTudor and Elizabeth Portraits Tudor en Elizabethaanse portrette en ander kunswerke URL besoek op 15 Desember 2007 Annals of the Reformation and Establishment of Religion and Other Various Occurrences in the Church of England During Queen Elizabeth s Happy Reign by John Strype 1824 uitg Vol I Pt I Vol I Pt II Vol II Pt I Vol II Pt II Vol III Pt I Vol III Pt II Vol IV Elizabeth I met seldsame foto s van die Britse Museum en Britse Biblioteek Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Elizabeth I van Engeland Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Elizabeth I van Engeland amp oldid 2123046,