×
Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk

Elizabeth II (Elizabeth Alexandra Mary; gebore 21 April 1926) is die koningin van 16 onafhanklike state en hul oorsese gebiede. Hoewel sy oor elkeen van hierdie lande apart en gelyk regeer en pligte in en namens al die lande uitvoer, woon sy in die Verenigde Koninkryk en is sy hoofsaaklik betrokke by sake van dié land. Sy het in Februarie 1952 die monarg van sewe lande geword met die dood van haar pa, George VI.

Elizabeth II
Koningin van die Verenigde Koninkryk, Kanada, Australië, Nieu-Seeland en die ander Statebondsryke

Koningin Elizabeth II in 2007.
Vorstehuis Windsor
Titels HM die Koningin
HKH prinses Elizabeth, die Hertogin van Edinburg
HKH prinses Elizabeth
HKH prinses Elizabeth van York
Regeer 6 Februarie 1952 – huidig
Kroning 2 Junie 1953
Voorganger George VI
Vermoedelike opvolger Charles, die Prins van Wallis
Volle naam Elizabeth Alexandra Mary
Gebore 21 April 1926 (1926-04-21) (95 jaar oud)
Mayfair, Londen
Oorlede
Eggenoot Prins Philip (getroud 1947, tot sy afsterwe in 2021)
Kinders Charles
Anne
Andrew
Edward
Vader George VI
Moeder Elizabeth Bowes-Lyon

Benewens die Verenigde Koninkryk is Elizabeth ook die monarg van Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Jamaika, Barbados, die Bahamas, Grenada, Papoea-Nieu-Guinee, die Solomoneilande, Tuvalu, Sint Lucia, Sint Vincent en die Grenadines, Belize, Antigua en Barbuda en Sint Kitts en Nevis – sy word in elkeen van die lande verteenwoordig deur ’n goewerneur-generaal. Die 16 lande waarvan sy koningin is, staan informeel en nieamptelik bekend as Statebondsryke; hul gesamentlike bevolking is meer as 140 miljoen. Sy is een van net ’n paar monarge wat oor dele van elke vasteland regeer. In teorie het sy ontsaglike mag, maar in die praktyk meng sy selde in politieke sake in.

Elizabeth II het ook verskeie ander ampte, onder andere hoof van die Statebond, opper-goewerneur van die Kerk van Engeland, die hertog van Normandië en lord van Mann. Daar was omvattende veranderings in die lande waaroor sy regeer en in die wêreld in die algemeen tydens haar lang bewind. Een van die belangrikstes is die ontbinding van die Britse Ryk, (’n proses wat in die laaste jare van haar pa se bewind begin het) en die daaropvolgende ontwikkeling van die Statebond.

Elizabeth was vanaf 1947 tot sy dood op 9 April 2021 met prins Philip getroud. Die egpaar het vier kinders, agt kleinkinders en met die geboorte van Archie, seun van prins Harry, agt agterkleinkinders.

Inhoud

Die koninkryke, gebiede en protektorate van Elizabeth II sedert 1952██ Huidige koninkryke██ Voormalige koninkryke██ Huidige afhanklike gebiede██ Voormalige kolonies, afhanklike gebiede en protektorate

Elizabeth het op 6 Februarie 1952 met die dood van haar pa, George VI, koningin geword van die Verenigde Koninkryk, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Pakistan en Ceylon (nou Sri Lanka). Namate ander kolonies van die Britse Ryk tydens haar bewind onafhanklik van die VK geword het, het sy koningin van die nuwe lande geword – sy was in die meer as ses dekades op die troon die monarg van 32 individuele lande, waarvan die helfte eindelik 'n republiek geword het. Sy is die enigste monarg van meer as een onafhanklike staat.

Sy het in 2012 haar diamantjubileum gevier ná 60 jaar op die troon. Sy en prins Philip het ’n uitgebreide toer deur die Verenigde Koninkryk onderneem, terwyl haar kinders en kleinkinders namens haar op koninklike toere deur die Statebondslande gegaan het.

Sedert Februarie 2003 regeer die koningin langer as die vier voorafgaande monarge gesamentlik (Edward VII, George V, Edward VIII en George VI). Sy het in 2007 die oudste lewende Britse monarg geword. Teen laatmiddag op 9 September 2015 het sy die langsregerende Britse monarg geword – langer as die vorige rekordhouer, Victoria (wat 63 jaar regeer het). George III het 59 jaar regeer en James VI het 57 jaar oor Skotland regeer.

Sy is die wêreld se oudste regerende monarg en ook die langsregerende staatshoof wat tans regeer. Om koning Lodewyk XIV van Frankryk te oortref as die langsregerende monarg in die geskiedenis van Europa, moet sy tot op 26 Mei 2024 lewe wanneer sy 98 sal wees.

Sy beplan nie om te abdikeer nie, hoewel ’n ál groter deel van haar amptelike pligte deur prins Charles oorgeneem is namate Elizabeth, wat in 2016 reeds 90 geword het, haar pligte afskaal.

Prinses Elizabeth in 1929 op driejarige ouderdom.

Elizabeth is in Mayfair, Londen, gebore as die oudste kind van prins Albert, die Hertog van York en Elizabeth, die Hertogin van York.

Sy het net een jonger suster, prinses Margaret, gehad wat in 1930 gebore is. Die twee prinsesse is tuis opgevoed onder toesig van hul ma en hul goewernante, Marion Crawford, wat algemeen bekend was as Crawfie. Crawford het later ’n boek gepubliseer oor die kinderdae van die twee prinsesse, The Little Princesses. In die boek word Elizabeth se liefde vir perde en honde beskryf, asook haar ordelikheid en verantwoordelikheidsin.

Met haar geboorte was Elizabeth die derde aanspraakmaker op die Britse troon – ná haar oom, prins Edward, die Prins van Wallis en haar pa. Daar was geen rede om te glo sy sou ooit die troon bestyg nie aangesien algemeen aanvaar is dat die Prins van Wallis sou trou en kinders hê.

In 1936 is haar oupa George V dood en Edward het hom opgevolg. Later daardie jaar het Edward geabdikeer en het Elizabeth se pa koning geword. Sy het toe die vermoedelike troonopvolger geword.

Huwelik

Prins Philip in 2007.

Elizabeth het op 20 November 1947 met prins Philip getrou. Hulle is agterkleinneef-en –niggie deur koningin Victoria en ook deur koning Christian IX van Denemarke. Prins Philip het voor die troue afstand gedoen van sy Griekse en Deense titels en lt. Philip Mountbatten geword (hy het die van sy ma se familie aangeneem). Hy het net voor die troue die titel Hertog van Edinburg en die aanspreekvorm Sy Koninklike Hoogheid gekry.

Op 14 November 1948 is die egpaar se oudste kind, prins Charles, gebore. ’n Tweede kind, prinses Anne, is in 1950 gebore. Prins Philip is in April 2021 op 99-jarige leeftyd oorlede.

Kroning van Elizabeth II op 2 Junie 1953 in Westminster-abdy.

George VI se gesondheid het in 1951 agteruitgegaan en Elizabeth het dikwels sy plek vol gestaan op openbare geleenthede. In Oktober daardie jaar het sy na Kanada gereis en ook die president van die VSA, Harry S. Truman, besoek. Vroeg in 1952 het Elizabeth en Philip op ’n besoek na Australië en Nieu-Seeland vertrek via Kenia. By Sagana Lodge, sowat 160 km noord van Nairobi, het prins Philip die nuus aan haar oorgedra dat haar pa op 6 Februarie dood is. Die egpaar het dadelik na Brittanje teruggekeer, waar hulle in Buckingham-paleis ingetrek het. Nes baie van haar voorgangers hou Elizabeth glo nie van die paleis nie en verkies sy Windsor-kasteel as haar tuiste.

Ondanks die dood van haar ouma koningin Mary op 24 Maart 1953 het reëlings vir die nuwe koningin se kroning op 2 Junie 1953 in Westminster-abdy voortgegaan, soos wat koningin Mary wou gehad het. Feitlik die hele seremonie is regdeur die Statebond op televisie vertoon en is deur sowat 20 miljoen mense gevolg.

Elizabeth se swangerskappe met prinse Andrew en Edward, in 1959 en 1963, was die enigste kere dat sy nie die parlement geopen het nie.

Jubileums en herdenkings

’n Standbeeld van koningin Elizabeth II in Ottawa wat opgerig is om haar silwerjubileum te gedenk.

In 1977 het Elizabeth haar silwerjubileum gevier en in 2002 haar goue jubileum.

Sy en prins Philip het hul 60ste huweliksherdenking vyf jaar later gevier met ’n diens in die Westminster-abdy, ’n ete by prins Charles in Clarence House en ’n dinee met ander lede van die koninklike familie en verskeie ander hooggeplaastes.

Sy het in 2012 haar diamantjubileum gevier ná 60 jaar op die troon.

Elizabeth het in haar lewe al verskeie titels gehad – as die kleindogter van ’n koning, die dogter van ’n koning, deur haar man se titels en eindelik as die monarg van verskeie lande. In die algemeen word na haar verwys as "Die Koningin", "Haar Majesteit", of as dit nodig is, "Haar Britanniese Majesteit", "Haar Australiese Majesteit", "Haar Kanadese Majesteit", "Haar Nieu-Seelandse Majesteit", ens. In ’n gesprek met die koningin word sy die eerste keer as "U Majesteit" aangespreek en daarna as "Ma'am".


Naam Gebore Getroud Kinders Geskei
Prins Charles, die Prins van Wallis 14 November 1948 29 Julie 1981 Lady Diana Spencer Prins William van Wallis
Prins Henry van Wallis
28 Augustus 1996
9 April 2005 Camilla Parker-Bowles
Prinses Anne 15 Augustus 1950 14 November 1973 Mark Phillips Peter Phillips
Zara Phillips
28 April 1992
12 Desember 1992 Timothy Laurence
Prins Andrew, die Hertog van York 19 Februarie 1960 23 Julie 1986 Sarah Ferguson Prinses Beatrice van York
Prinses Eugenie van York
30 Mei 1996
Prins Edward, die Graaf van Wessex 10 Maart 1964 19 Junie 1999 Sophie Rhys-Jones Lady Louise Windsor
Burggraaf Severn
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Elizabeth II of the United Kingdom
  1. Britse oorsese gebiede, Britse Kroongebiede, Sowereine Militêre basisse, die Australiese Gemenebes en die Koninkryk van Nieu-Seeland
  2. (in Engels). BBC. 7 Maart 2012. vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2019. Besoek op31 Mei 2012.
  3. . Office of the Governor General of Canada. 14 Desember 2011. Besoek op31 Mei 2012.
  4. . The Huffington Post (in Engels). 6 September 2014. vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op28 September 2014.
  5. Brandreth, pp. 370–371; Marr, p. 395
  6. Mansey, Kate; Leake, Jonathan; Hellen, Nicholas (19 Januarie 2014). . The Sunday Times. Besoek op20 Januarie 2014.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
    Marr, p. 395
  7. (in Engels). Kanaal 4. vanaf die oorspronklike op 7 April 2010. Besoek op18 Januarie 2007.
  8. Aangehaal in Brandreth, pp.108–110
  9. Bond, p.8
  10. Brandreth, pp.245–247 en Lacey, pp.150–151
  11. English, Rebecca (2006-04-20). . Daily Mail. Besoek op15 Oktober 2006.
  12. (in Engels). Nga.gov.au. vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op12 Oktober 2008.
  13. (in Engels). BBC News. vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2009. Besoek op1 Mei 2006.
  • Allison, Ronald; The Queen: 50 Years – A Celebration; HarperCollins UK (1 Oktober 2001) (ISBN 0-00-414078-8)
  • Barker, Brian; When the Queen Was Crowned; Routledge (1986) (ISBN 0-7100-8397-1)
  • Bond, Jennie (2006). Elizabeth: Eighty Glorious Years. Londen: Carlton Publishing Group. (ISBN 1-84442-260-7)
  • Bousfield, Arthur; Toffoli, Gary (2002). Fifty Years the Queen – A Tribute to Elizabeth II on Her Golden Jubilee. Hamilton: Dundurn Press. ISBN 978-1-55002-360-2.
  • Bradford, Sarah; Elizabeth: A Biography of Britain's Queen; Riverhead Trade (1 Mei 1997) (ISBN 1-57322-600-9)
  • Brandreth, Gyles (2004). Philip and Elizabeth: Portrait of a Marriage. London: Century. ISBN 0-7126-6103-4
  • Erickson, Carolly; Lillibet: An Intimate Portrait of Elizabeth II; St. Martin's Press; 1ste ed. (26 Januarie 2004) (ISBN 0-312-28734-8)
  • Field, Leslie; The Jewels of Queen Elizabeth II: Her Personal Collection; Harry N Abrams; Gered. ed. (April 1992) (ISBN 0-8109-2497-8)
  • Flamin, Ronald; Sovereign: Elizabeth II and the Windsor Dynasty; Delacorte (1991) (ASIN B001ALWFN8)
  • Keay, Douglas; Elizabeth II: Portrait of a Monarch; Arrow; Nuwe ed. (1992) (ISBN 0-09-910181-5)
  • Kelley, Kitty; The Royals; New York; Warner Books (1997) (ISBN 0-446-51712-7)
  • Lacey, Robert (2002). Royal: Her Majesty Queen Elizabeth II. Londen: Little, Brown. ISBN 0-7481-0409-7.
  • Lacey, Robert; Monarch: The Life and Reign of Elizabeth II; Free Press (6 Mei 2003) (ISBN 0-7432-3669-6)
  • Lichfield, Patrick (1992). Elizabeth R: A Photographic Celebration of 40 Years. Kanada: Bantam Doubleday Dell. ISBN 0-385-40266-X.
  • Noakes, Michael & Noakes, Vivien; The Daily Life of the Queen: An Artist's Diary; Trafalgar Square (2001) (ISBN 0-09-186982-X)
  • Pimlott, Ben; The Queen: Elizabeth II and the Monarchy; Harper Collins; gered. ed. (2007) (ISBN 0-00-711436-2)
  • Todd, Judy; The Country Life Book of Queen Elizabeth II: A Golden Anniversary Tribute; Country Life Books (1985) (ISBN 0-600-33322-1)
  • Waller, Maureen; Sovereign Ladies: Sex, Sacrifice, and Power. The Six Reigning Queens of England; New York, St. Martin's Press (2006) (ISBN 0-312-33801-5)
  • Jubilee A Celebration of 50 Years of the Reign of Her Majesty Queen Elizabeth II; Cassell & Co (2002) (ASIN B000BMS0UE)

Publikasie datum: September 03, 2021

elizabeth, verenigde, koninkryk, elizabeth, elizabeth, alexandra, mary, gebore, april, 1926, koningin, onafhanklike, state, oorsese, gebiede, hoewel, elkeen, hierdie, lande, apart, gelyk, regeer, pligte, namens, lande, uitvoer, woon, verenigde, koninkryk, hoof. Elizabeth II Elizabeth Alexandra Mary gebore 21 April 1926 is die koningin van 16 onafhanklike state en hul oorsese gebiede Hoewel sy oor elkeen van hierdie lande apart en gelyk regeer en pligte in en namens al die lande uitvoer woon sy in die Verenigde Koninkryk en is sy hoofsaaklik betrokke by sake van die land Sy het in Februarie 1952 die monarg van sewe lande geword met die dood van haar pa George VI Elizabeth IIKoningin van die Verenigde Koninkryk Kanada Australie Nieu Seeland en die ander StatebondsrykeKoningin Elizabeth II in 2007 Vorstehuis WindsorTitels HM die Koningin HKH prinses Elizabeth die Hertogin van Edinburg HKH prinses Elizabeth HKH prinses Elizabeth van YorkRegeer 6 Februarie 1952 huidigKroning 2 Junie 1953Voorganger George VIVermoedelike opvolger Charles die Prins van WallisVolle naam Elizabeth Alexandra MaryGebore 21 April 1926 1926 04 21 95 jaar oud Mayfair LondenOorledeEggenoot Prins Philip getroud 1947 tot sy afsterwe in 2021 Kinders Charles Anne Andrew EdwardVader George VIMoeder Elizabeth Bowes Lyon Benewens die Verenigde Koninkryk is Elizabeth ook die monarg van Kanada Australie Nieu Seeland Jamaika Barbados die Bahamas Grenada Papoea Nieu Guinee die Solomoneilande Tuvalu Sint Lucia Sint Vincent en die Grenadines Belize Antigua en Barbuda en Sint Kitts en Nevis sy word in elkeen van die lande verteenwoordig deur n goewerneur generaal Die 16 lande waarvan sy koningin is staan informeel en nieamptelik bekend as Statebondsryke hul gesamentlike bevolking is meer as 140 miljoen Sy is een van net n paar monarge wat oor dele van elke vasteland regeer In teorie het sy ontsaglike mag maar in die praktyk meng sy selde in politieke sake in Elizabeth II het ook verskeie ander ampte onder andere hoof van die Statebond opper goewerneur van die Kerk van Engeland die hertog van Normandie en lord van Mann Daar was omvattende veranderings in die lande waaroor sy regeer en in die wereld in die algemeen tydens haar lang bewind Een van die belangrikstes is die ontbinding van die Britse Ryk n proses wat in die laaste jare van haar pa se bewind begin het en die daaropvolgende ontwikkeling van die Statebond Elizabeth was vanaf 1947 tot sy dood op 9 April 2021 met prins Philip getroud Die egpaar het vier kinders agt kleinkinders en met die geboorte van Archie seun van prins Harry agt agterkleinkinders Inhoud 1 Konteks 2 Vroee lewe 2 1 Huwelik 3 Koningin 3 1 Jubileums en herdenkings 4 Titels en aanspreekvorms 5 Stamboom 6 Kinders 7 Verwysings 8 Verdere leesstof 9 Eksterne skakelsKonteks Wysig Die koninkryke gebiede en protektorate van Elizabeth II sedert 1952 Huidige koninkryke Voormalige koninkryke Huidige afhanklike gebiede 1 Voormalige kolonies afhanklike gebiede en protektorate Elizabeth het op 6 Februarie 1952 met die dood van haar pa George VI koningin geword van die Verenigde Koninkryk Kanada Australie Nieu Seeland Suid Afrika Pakistan en Ceylon nou Sri Lanka Namate ander kolonies van die Britse Ryk tydens haar bewind onafhanklik van die VK geword het het sy koningin van die nuwe lande geword sy was in die meer as ses dekades op die troon die monarg van 32 individuele lande waarvan die helfte eindelik n republiek geword het Sy is die enigste monarg van meer as een onafhanklike staat Sy het in 2012 haar diamantjubileum gevier na 60 jaar op die troon Sy en prins Philip het n uitgebreide toer deur die Verenigde Koninkryk onderneem terwyl haar kinders en kleinkinders namens haar op koninklike toere deur die Statebondslande gegaan het 2 3 Sedert Februarie 2003 regeer die koningin langer as die vier voorafgaande monarge gesamentlik Edward VII George V Edward VIII en George VI Sy het in 2007 die oudste lewende Britse monarg geword Teen laatmiddag op 9 September 2015 het sy die langsregerende Britse monarg geword langer as die vorige rekordhouer Victoria wat 63 jaar regeer het 4 George III het 59 jaar regeer en James VI het 57 jaar oor Skotland regeer Sy is die wereld se oudste regerende monarg en ook die langsregerende staatshoof wat tans regeer Om koning Lodewyk XIV van Frankryk te oortref as die langsregerende monarg in die geskiedenis van Europa moet sy tot op 26 Mei 2024 lewe wanneer sy 98 sal wees Sy beplan nie om te abdikeer nie 5 hoewel n al groter deel van haar amptelike pligte deur prins Charles oorgeneem is namate Elizabeth wat in 2016 reeds 90 geword het haar pligte afskaal 6 Vroee lewe Wysig Prinses Elizabeth in 1929 op driejarige ouderdom Elizabeth is in Mayfair Londen gebore as die oudste kind van prins Albert die Hertog van York en Elizabeth die Hertogin van York Sy het net een jonger suster prinses Margaret gehad wat in 1930 gebore is Die twee prinsesse is tuis opgevoed onder toesig van hul ma en hul goewernante Marion Crawford wat algemeen bekend was as Crawfie 7 Crawford het later n boek gepubliseer oor die kinderdae van die twee prinsesse The Little Princesses In die boek word Elizabeth se liefde vir perde en honde beskryf asook haar ordelikheid en verantwoordelikheidsin 8 Met haar geboorte was Elizabeth die derde aanspraakmaker op die Britse troon na haar oom prins Edward die Prins van Wallis en haar pa Daar was geen rede om te glo sy sou ooit die troon bestyg nie aangesien algemeen aanvaar is dat die Prins van Wallis sou trou en kinders he 9 In 1936 is haar oupa George V dood en Edward het hom opgevolg Later daardie jaar het Edward geabdikeer en het Elizabeth se pa koning geword Sy het toe die vermoedelike troonopvolger geword Huwelik Wysig Prins Philip in 2007 Elizabeth het op 20 November 1947 met prins Philip getrou Hulle is agterkleinneef en niggie deur koningin Victoria en ook deur koning Christian IX van Denemarke Prins Philip het voor die troue afstand gedoen van sy Griekse en Deense titels en lt Philip Mountbatten geword hy het die van sy ma se familie aangeneem Hy het net voor die troue die titel Hertog van Edinburg en die aanspreekvorm Sy Koninklike Hoogheid gekry Op 14 November 1948 is die egpaar se oudste kind prins Charles gebore n Tweede kind prinses Anne is in 1950 gebore Prins Philip is in April 2021 op 99 jarige leeftyd oorlede Koningin Wysig Kroning van Elizabeth II op 2 Junie 1953 in Westminster abdy George VI se gesondheid het in 1951 agteruitgegaan en Elizabeth het dikwels sy plek vol gestaan op openbare geleenthede In Oktober daardie jaar het sy na Kanada gereis en ook die president van die VSA Harry S Truman besoek Vroeg in 1952 het Elizabeth en Philip op n besoek na Australie en Nieu Seeland vertrek via Kenia By Sagana Lodge sowat 160 km noord van Nairobi het prins Philip die nuus aan haar oorgedra dat haar pa op 6 Februarie dood is 10 Die egpaar het dadelik na Brittanje teruggekeer waar hulle in Buckingham paleis ingetrek het Nes baie van haar voorgangers hou Elizabeth glo nie van die paleis nie en verkies sy Windsor kasteel as haar tuiste 11 Ondanks die dood van haar ouma koningin Mary op 24 Maart 1953 het reelings vir die nuwe koningin se kroning op 2 Junie 1953 in Westminster abdy voortgegaan soos wat koningin Mary wou gehad het Feitlik die hele seremonie is regdeur die Statebond op televisie vertoon en is deur sowat 20 miljoen mense gevolg 12 Elizabeth se swangerskappe met prinse Andrew en Edward in 1959 en 1963 was die enigste kere dat sy nie die parlement geopen het nie Jubileums en herdenkings Wysig n Standbeeld van koningin Elizabeth II in Ottawa wat opgerig is om haar silwerjubileum te gedenk In 1977 het Elizabeth haar silwerjubileum gevier en in 2002 haar goue jubileum 13 Sy en prins Philip het hul 60ste huweliksherdenking vyf jaar later gevier met n diens in die Westminster abdy n ete by prins Charles in Clarence House en n dinee met ander lede van die koninklike familie en verskeie ander hooggeplaastes Sy het in 2012 haar diamantjubileum gevier na 60 jaar op die troon Titels en aanspreekvorms WysigElizabeth het in haar lewe al verskeie titels gehad as die kleindogter van n koning die dogter van n koning deur haar man se titels en eindelik as die monarg van verskeie lande In die algemeen word na haar verwys as Die Koningin Haar Majesteit of as dit nodig is Haar Britanniese Majesteit Haar Australiese Majesteit Haar Kanadese Majesteit Haar Nieu Seelandse Majesteit ens In n gesprek met die koningin word sy die eerste keer as U Majesteit aangespreek en daarna as Ma am Stamboom Wysig Prins Albert van Sakse Koburg en Gotha Edward VII van die Verenigde Koninkryk Victoria van die Verenigde Koninkryk George V van die Verenigde Koninkryk Christiaan IX van Denemarke Prinses Alexandra van Denemarke Louise van Hesse Kassel George VI Elizabeth II Elizabeth die koningin moeder Kinders WysigNaam Gebore Getroud Kinders GeskeiPrins Charles die Prins van Wallis 14 November 1948 29 Julie 1981 Lady Diana Spencer Prins William van Wallis Prins Henry van Wallis 28 Augustus 19969 April 2005 Camilla Parker BowlesPrinses Anne 15 Augustus 1950 14 November 1973 Mark Phillips Peter Phillips Zara Phillips 28 April 199212 Desember 1992 Timothy LaurencePrins Andrew die Hertog van York 19 Februarie 1960 23 Julie 1986 Sarah Ferguson Prinses Beatrice van York Prinses Eugenie van York 30 Mei 1996Prins Edward die Graaf van Wessex 10 Maart 1964 19 Junie 1999 Sophie Rhys Jones Lady Louise Windsor Burggraaf SevernVerwysings WysigHierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia artikel en Elizabeth II of the United Kingdom Britse oorsese gebiede Britse Kroongebiede Sowereine Militere basisse die Australiese Gemenebes en die Koninkryk van Nieu Seeland Prince Harry pays tribute to the Queen in Jamaica in Engels BBC 7 Maart 2012 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2019 Besoek op 31 Mei 2012 Their Royal Highnesses The Prince of Wales and The Duchess of Cornwall to Undertake a Royal Tour of Canada in 2012 Office of the Governor General of Canada 14 Desember 2011 Besoek op 31 Mei 2012 Elizabeth Set To Beat Victoria s Record As Longest Reigning Monarch In British History The Huffington Post in Engels 6 September 2014 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018 Besoek op 28 September 2014 Brandreth pp 370 371 Marr p 395 Mansey Kate Leake Jonathan Hellen Nicholas 19 Januarie 2014 Queen and Charles start to job share The Sunday Times Besoek op 20 Januarie 2014 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Marr p 395 The Real Crawfie in Engels Kanaal 4 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2010 Besoek op 18 Januarie 2007 Aangehaal in Brandreth pp 108 110 Bond p 8 Brandreth pp 245 247 en Lacey pp 150 151 English Rebecca 2006 04 20 The Queen will NEVER consider abdicating Daily Mail Besoek op 15 Oktober 2006 By appointment Norman Hartnell s sample for the Coronation dress in Engels Nga gov au Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020 Besoek op 12 Oktober 2008 In Depth The Golden Jubilee in Engels BBC News Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2009 Besoek op 1 Mei 2006 Verdere leesstof WysigAllison Ronald The Queen 50 Years A Celebration HarperCollins UK 1 Oktober 2001 ISBN 0 00 414078 8 Barker Brian When the Queen Was Crowned Routledge 1986 ISBN 0 7100 8397 1 Bond Jennie 2006 Elizabeth Eighty Glorious Years Londen Carlton Publishing Group ISBN 1 84442 260 7 Bousfield Arthur Toffoli Gary 2002 Fifty Years the Queen A Tribute to Elizabeth II on Her Golden Jubilee Hamilton Dundurn Press ISBN 978 1 55002 360 2 Bradford Sarah Elizabeth A Biography of Britain s Queen Riverhead Trade 1 Mei 1997 ISBN 1 57322 600 9 Brandreth Gyles 2004 Philip and Elizabeth Portrait of a Marriage London Century ISBN 0 7126 6103 4 Erickson Carolly Lillibet An Intimate Portrait of Elizabeth II St Martin s Press 1ste ed 26 Januarie 2004 ISBN 0 312 28734 8 Field Leslie The Jewels of Queen Elizabeth II Her Personal Collection Harry N Abrams Gered ed April 1992 ISBN 0 8109 2497 8 Flamin Ronald Sovereign Elizabeth II and the Windsor Dynasty Delacorte 1991 ASIN B001ALWFN8 Keay Douglas Elizabeth II Portrait of a Monarch Arrow Nuwe ed 1992 ISBN 0 09 910181 5 Kelley Kitty The Royals New York Warner Books 1997 ISBN 0 446 51712 7 Lacey Robert 2002 Royal Her Majesty Queen Elizabeth II Londen Little Brown ISBN 0 7481 0409 7 Lacey Robert Monarch The Life and Reign of Elizabeth II Free Press 6 Mei 2003 ISBN 0 7432 3669 6 Lichfield Patrick 1992 Elizabeth R A Photographic Celebration of 40 Years Kanada Bantam Doubleday Dell ISBN 0 385 40266 X Noakes Michael amp Noakes Vivien The Daily Life of the Queen An Artist s Diary Trafalgar Square 2001 ISBN 0 09 186982 X Pimlott Ben The Queen Elizabeth II and the Monarchy Harper Collins gered ed 2007 ISBN 0 00 711436 2 Todd Judy The Country Life Book of Queen Elizabeth II A Golden Anniversary Tribute Country Life Books 1985 ISBN 0 600 33322 1 Waller Maureen Sovereign Ladies Sex Sacrifice and Power The Six Reigning Queens of England New York St Martin s Press 2006 ISBN 0 312 33801 5 Jubilee A Celebration of 50 Years of the Reign of Her Majesty Queen Elizabeth II Cassell amp Co 2002 ASIN B000BMS0UE Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk Amptelike webtuiste Elizabeth II Modern Monarch Die amptelike YouTube kanaal Kort geskiedenis van Elizabeth se kroning Geargiveer 27 Augustus 2007 op Wayback Machine van Encarta ensiklopedie BBC se dekking van die koningin se goue jubileum 2002 CBC digitale argief Kanada se nuwe koningin CBC digitale argief Kroning van koningin Elizabeth II Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk amp ol,