fbpx
Wikipedia

Elektronvolt

Die elektronvolt (simbool eV) is 'n eenheid van energie. Dit is die hoeveelheid kinetiese energie wat 'n enkele onverbonde elektron verkry as dit deur 'n elektrostatiese potensiaalverskil van een volt in 'n vakuum versnel word. In ander woorde gestel is dit gelyk aan een volt (1 volt = 1 joule per coulomb) vermenigvuldig met die lading van 'n enkele elektron.

'n Elektronvolt is 'n baie klein hoeveelheid energie:

1 eV = 1.602 176 53 e−19 J. [1] (of ongeveer 0.160 aJ)

Die elektronvolt as eenheid word deur die SI aanvaar (maar nie aangemoedig nie). Dit word algemeen gebruik in Vastetoestand-, Kern- en partikelfisika, dikwels saam met die voorvoegsels m, k, M, G of T.

Ionisasie-energieë en ander atoomeienskappe word dikwels aangehaal in terme van elektronvolt, veral in ouer tekste.

Verwysings

  1. Mohr, Peter J.; Taylor, Barry N. (Januarie 2005). "CODATA recommended values of the fundamental physical constants: 2002". Reviews of Modern Physics (PDF). 77. pp. 1–107. Besoek op 1 Junie 2006. 'n In diepte bespreking oor hoe die CODATA konstantes gekies en bepaal is.

Elektronvolt
elektronvolt, elektronvolt, simbool, eenheid, energie, hoeveelheid, kinetiese, energie, enkele, onverbonde, elektron, verkry, deur, elektrostatiese, potensiaalverskil, volt, vakuum, versnel, word, ander, woorde, gestel, gelyk, volt, volt, joule, coulomb, verme. Die elektronvolt simbool eV is n eenheid van energie Dit is die hoeveelheid kinetiese energie wat n enkele onverbonde elektron verkry as dit deur n elektrostatiese potensiaalverskil van een volt in n vakuum versnel word In ander woorde gestel is dit gelyk aan een volt 1 volt 1 joule per coulomb vermenigvuldig met die lading van n enkele elektron n Elektronvolt is n baie klein hoeveelheid energie 1 eV 1 602 176 53 e 19 J 1 of ongeveer 0 160 aJ Die elektronvolt as eenheid word deur die SI aanvaar maar nie aangemoedig nie Dit word algemeen gebruik in Vastetoestand Kern en partikelfisika dikwels saam met die voorvoegsels m k M G of T Ionisasie energiee en ander atoomeienskappe word dikwels aangehaal in terme van elektronvolt veral in ouer tekste Verwysings Wysig Mohr Peter J Taylor Barry N Januarie 2005 CODATA recommended values of the fundamental physical constants 2002 Reviews of Modern Physics PDF 77 pp 1 107 Besoek op 1 Junie 2006 n In diepte bespreking oor hoe die CODATA konstantes gekies en bepaal is Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Elektronvolt amp oldid 2374990,