×
Albert Einstein

Albert Einstein FRS (14 Maart 187918 April 1955) was 'n teoretiese fisikus wat wyd as die grootste wetenskaplike van die 20ste eeu beskou word. Hy het die relatiwiteitsteorie voorgestel en groot bydraes tot die ontwikkeling van kwantummeganika, statistieke meganika en kosmologie gemaak. Hy is die Nobelprys vir fisika in 1921 toegeken vir sy verduideliking van die fotoëlektriese effek en "vir sy diens gelewer aan Teoretiese Fisika".

Albert Einstein
Einstein tydens 'n lesing in Wene in 1921.
Gebore14 Maart 1879
Ulm, Koninkryk van Württemberg, Duitse Keiserryk
Sterf18 April 1955
NasionaliteitKoninkryk van Württemberg (1879–1896)
Staatloos (1896–1901)
Switserland (1901–1955)
Oostenryk-Hongarye (1911–1912)
Duitse Keiserryk (1914–1918)
Republiek van Weimar (1919–1933)
Verenigde State (1940–1955)
Beroepakademikus, fisikus, uitvinder
Bekend virAlgemene relatiwiteit en spesiale relatiwiteit
foto-elektriese effek
Massa-energie-ekwivalensie
Teorie van Brown se beweging
veld-vergelykings
Bose-Einstein statistiek
Bose-Einstein kondensaat
Bose-Einstein korrelasies
Verenigde veldteorie
EPR-paradoks
EggenootMileva Marić (1903–1919)
Elsa Löwenthal (1919–1936)
Kinders"Lieserl" (1902–1903?)
Hans Albert (1904–1973)
Eduard "Tete" (1910–1965)
Ouer(s)Hermann Einstein (vader)
Pauline Einstein (moeder)
Handtekening

Na die formulering van sy algemene relatiwiteitsteorie word Einstein wêreldberoemd, 'n ongekende eer vir 'n wetenskaplike. In latere jare het sy beroemdheid bo enige ander wetenskaplike in die geskiedenis uitgestaan, en in omgangstaal is Einstein sinoniem met iemand van baie hoë intelligensie of die grootste genie. Sy gesig is ook een van die mees herkende die wêreld oor. In 1999 is Einstein as "Persoon van die Eeu" deur Time Magazine benoem. Hierdie populariteit het ook gelei tot wye gebruik van Einstein in advertensie en bemarking, en sluit selfs die registrasie van Albert Einstein as 'n handelsmerk in.

'n Eenheid in fotochemie, die einstein, sowel as die chemiese element einsteinium en die asteroïede 2001 Einstein is ter ere na hom genoem.

Inhoud

Vroeë jare

Jeug en kollege

Einstein is gebore in 1879 in Ulm in Württemberg, Duitsland, sowat 100km oos van Stuttgart. Sy ouers was Hermann Einstein, 'n veerbedverkoopsman wat later elektrochemiese werke bedryf het, en sy vrou Pauline, née Koch. Die familie was Joods (en nie-getrou); Albert woon 'n Katolieke elementêre skool by en, op aandrang van sy moeder, neem vioollesse.

Terwyl hy vyf was, wys sy oom vir hom 'n sakkompas, en Einstein besef dat iets in die leë lug die naald beïnvloed; hy beskryf die ervaring later as een van die grootste openbarings in sy lewe. Alhoewel hy modelle en meganiese toestelle vir sy eie genot gebou het, is hy as 'n stadige leerder geag, moontlik weens disleksie of eenvoudig menssku wees.

Einstein het wiskunde begin leer op twaalfjarige ouderdom. Daar is 'n telkens herhaalde gerug dat hy wiskunde later in sy opvoeding gesak het, maar dit is nie waar nie; 'n verandering in die manier waarop punte toegeken is het twyfel in latere jare veroorsaak. Twee van sy ooms het sy intellektuele belangstellings gevoed gedurende sy latere kinderjare en vroeë tienerjare deur boeke oor wiskunde en wetenskap voor te stel en te verskaf.

In 1894, ná die mislukking van Hermann se elektrochemiese besigheid, trek die Einsteins van München na Pavia, Italië, naby Milan; Albert bly agter om skool te voltooi (hy het 'n termyn alleen voltooi, en toe by sy familie in Pavia aangesluit).

Sy mislukking in die liberale kunste-gedeelte van die Eidgenössische Technische Hochschule (Federale Switserse Politegniese Universiteit, in Zürich) se toelatingseksamen die volgende jaar was 'n teëslag; hy word deur sy familie gestuur na Aarau, Switserland, om sekondêre skool te voltooi, en ontvang sy dimploma in 1896. Einstein skryf daarna in by die Eidgenössische Technische Hochschule. Daardie selfde jaar verwerp hy sy Duitse burgerskap, en word staatloos.

In 1898 ontmoet Einstein vir Mileva Maric, 'n Serwiese klasmaat (en vriendin van Nikola Tesla), op wie hy verlief raak. In 1900 word hy sy onderrigdiploma gegun deur die Eidgenössische Technische Hochschule, en word aanvaar as Switserse burger in 1901. Gedurende hierdie tyd bespreek Einstein sy wetenskaplike belangstellings met 'n groep nabye vriende, insluitend Mileva. Hy en Mileva verwek 'n buite-egtelike dogter, Liserl, wat in Januarie 1902 gebore is.

Werk en doktorale studies

Ná graduering kon Einstein nie 'n onderrigpos vind nie, meestal weens die feit dat sy astrantheid as 'n jong man blykbaar meeste van sy professors geïrriteer het. Die vader van 'n klasmaat het hom gehelp om 'n pos as tegniese assistent patenteklerk by die Switserse Patentekantoor in 1902 te bekom. Daar het Einstein die waarde van uitvinders se patentaansoeke beoordeel vir ontwerpe wat 'n kennis van fisika benodig het. Hy het ook geleer hoe om die kern van 'n aansoek raak te sien, ten spyte van somtyds slegte beskrywings, en was deur die direkteur geleer hoe "om myself korrek uit te druk." Hy het somtyds ontwerpsfoute reggemaak terwyl hy die uitvoerbaarheid van hul werk oorweeg het.

Einstein trou met Mileva op 6 Januarie 1903. Einstein se troue met Mileva, wie 'n wiskundige was, was beide 'n persoonlike en intellektuele saak: Einstein het liefdevol verwys na Mileva as "'n skepsel wat my gelyke is, en wie so sterk en onafhanklik soos ek is." Abram Joffe, in sy biografie oor Einstein, argumenteer dat Einstein bygestaan was deur Mileva. Hierdie is grootliks teenstrydig met Ronald W. Clark wie, in sy biografie, aanvoer dat Einstein afhanklik was op die afstand wat bestaan het in hul huwelik sodat hy die nodige afsondering kon hê om te kon werk.

Op 14 Mei 1904 word Einsten se seun, Hals Albert Einstein, gebore. In 1904 word Einstein se posisie by die Switserse Patentekantoor permanent gemaak. Hy verkry sy doktoraal ná sy tesis "On a new determination of molecular dimensions" voltooi is in 1905.

Daardie selfde jaar skryf hy vier artikels wat die fondasies sou lê vir moderne fisika, sonder veel wetenskaplike literatuur om na te verwys of vele wetenskaplike kollegas om die teorieë mee te kon bespreek. Meeste fisici stem saam dat drie van daardie artikels (Brown-beweging, die fotoelektriese effek en spesiale relatiwiteit) Nobelpryse verdien het. Slegs die fotoelektriese effek sou wen; dit is ietwat ironies, omdat Einstein veel beter bekend is vir relatiwiteit, maar dat die fotoelektriese effek heeltemaal kwantum is en Einstein effe ongelukkig geraak het met die pad wat kwantumteorie sou volg. Wat hierdie artikels laat uitstaan is dat, in elke geval, Einstein sonder huiwering 'n idee van teoretiese fisika geneem het tot by die logiese gevolge, en het geslaag daarin om eksperimentele resultate te verduidelik wat wetenskaplikes vir jare verstom het.

Hy dien hierdie artikels in na die "Annalen der Physik". Hulle word algemeen verwys na as die "Annus Mirabilis Papers" (vanuit Latyn: Uitsonderlike Jaar). Die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Fisika (IUPAP) het beplan om die 100ste herdenkingsjaar van die publikasie van Einstein se uitgebreide werke in 1905 te herdenk as die World Year Of Physics 2005'.

Finale jare

In 1948 dien Einstein op die oorspronklike komitee wat lei tot die stigting van die Universiteit van Brandeis. In 1952 stel die Israelse regering voor dat Einstein die pos van tweede president inneem, maar Einstein wys die aanbod van die hand. Op 30 Maart 1953 stel Einstein 'n hersiene verenigde veldteorie bekend.

Hy is oorlede by Princeton in 1955, en los die Veralgemeende Gravitasieteorie onopgelos. Hy is dieselfde dag veras in Trenton, New Jersey op 18 April 1955. Sy as is verstrooi op 'n onbekende plek. Sy brein is behoue in 'n vles deur Dr. Thomas Stoltz Harvey, die patoloog wat die na-doodse ondersoek op Einstein uitgevoer het.

Einstein se religieuse beskouing word oor die algemeen as deïsties gesien: hy het geglo in 'n "God wat homself ontbloot in die harmonie van alles wat bestaan, nie in 'n God wat homself bemoei met die noodlot en aksies van mense nie." Einstein wou "weet hoe God die wêreld geskep het"; ná hy deur Martin Buber gedruk is om sy religieuse oortuigings duidelik te maak het Einstein uitgeroep, "Wat ons (fisici) voor streef is net om Sy lyne soos Hom te trek." Hy het sy geloof as volg opgesom: "My geloof bestaan uit 'n nederige bewondering vir die onnabootsbare verhewe gees wat homself ontbloot in die geringste detail wat ons met ons brose en swak verstand kan waarneem."

Einstein se beskouing oor God en religie is gereflekteer in sy aanhalings, baie wat te sien is in Wikiquote.

Einstein het homself 'n pasifis en medemenslik geag. Einstein het eens gesê, "Ek glo Gandhi se beskouing was die mees verligte van alle politieke mense van ons tyd. Ons moet streef om dinge in sy gees te doen: om nie geweld te gebruik om vir ons oortuigings te veg nie, maar deur nie deel te neem aan enigiets wat jy glo 'n euwel is nie." Einstein se beskouing van ander kwessies, insluitend sosialisme, McCarthyisme en rassisme, was kontroversieel (sien Einstein oor sosialisme). Einstein was 'n medestigter van die liberale Duitse Demokratiese Party.

Die Amerikaanse FBI het 'n 1427-bladsy lêer oor sy aktiwiteite aangehou en aangeraai dat hy verhoed word van immigrasie tot die Verenigde State van Amerika volgens die "Alien Exclusion Act"; die aantyging was dat Einstein "glo in, adviseer, raai aan of leer 'n doktrine wat, in 'n wetlike sin, soos deur howe in ander gevalle voorgehou is, 'sal toelaat dat anargie ongekeer inkruip' en lei tot 'n 'regering in naam alleen'", onder andere aanklagtes.

Einstein was gekant teen tiranniese vorme van regering, en om hierdie rede (tesame met sy Joodse agtergrond) het hy die Nazi-bewind teëgestaan en uit Duitsland gevlug kort ná die instelling daarvan. Hy was eers ten gunste van die bou van die atoombom, om te verseker dat Hitler dit nie eerste doen nie, en het selfs 'n brief aan president Franklin Delano Roosevelt onderteken (gedateer 2 Augustus 1939), voor die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het, geskryf deur Leó Szilárd, wat hom aangemoedig het om 'n program te begin om 'n kernwapen te ontwikkel. Roosevelt het geantwoord deur 'n komitee op te stel wat moes navors of uraan as 'n wapen gebruik kon word, wat 'n paar jaar later deur die Manhattan-projek vervang is.

Tog, na die oorlog het Einstein homself bearbei vir kernontwapening en 'n wêreldregering.

Albert Einstein was 'n ondersteuner van Sionisme, maar nooit sonder voorbehoud nie. Byvoorbeeld, hy het sterk kritiek gelewer op Menachem Begin en "fascistiese elemente in Israel" in 'n 1948 brief aan die New York Times. Hy het Joodse vestiging in die antieke setel van Judaïsme voorgestaan, en was aktief in die daarstelling van die Hebreeuse Universiteit in Jerusalem, aan wie hy al sy dokumente en skripsies bemaak het. Hy was wel gekant teen nasionalisme en skepties oor of 'n Joodse nasiestaat die beste oplossing was. Hy mag oorspronklik in gedagte gehad het dat Jode en Arabiere vreedsaam saamleef in dieselfde land. In sy latere lewe het hy 'n aanbod van die hand gewys om die tweede president van die nuut-geskepte staat van Israel te word.

Albert Einstein, tesame met Albert Schweitzer en Bertrand Russell, het geveg teen kerntoetse en -bomme. Met die Pugwash Konferensies oor Wetenskap en Wêreldsake en Bertrand Russell het hy die Russell-Einstein Manifes gepubliseer en verskeie konferensies georganiseer.

  1. (in Engels). Nobelprize.org. vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2018. Besoek op8 Oktober 2017.
  • Clark, Ronald W. (1971). Einstein: The Life and Times. ISBN 0-380-44123-3
  • Pais, Abraham (1982). Subtle is the Lord. The Science and the Life of Albert Einstein. ISBN 0-19-520438-7
  • Michael H. Hart, The 100, Carol Publishing Group, July 1992, paperback, 576 pages, ISBN 0-8065-1350-0
  • Ideas & Opinions ISBN 0-517-00393-7
  • World As I See It ISBN 0-8065-0711-X
  • Relativity: The Special and General Theory ISBN 0-517-88441-0 ( 14 Augustus 2019 op Wayback Machine)
  • Einstein, Albert, "" Annalen der Physik. June 30, 1905
  • Einstein, Albert, "". Annalen der Physik. September 27, 1905.
  • Einstein, Albert, " 9 Februarie 2012 op Wayback Machine". 1914. [PDF]
  • Einstein, Albert, "The Foundation of the General Theory of Relativity". Annalen der Physik, 49. 1916.
  • Einstein, Albert, "". April, 1950.
Wikiquote has a collection of quotations related to: Albert Einstein

Publikasie datum: September 20, 2021

albert, einstein, maart, 1879, april, 1955, teoretiese, fisikus, grootste, wetenskaplike, 20ste, beskou, word, relatiwiteitsteorie, voorgestel, groot, bydraes, ontwikkeling, kwantummeganika, statistieke, meganika, kosmologie, gemaak, nobelprys, fisika, 1921, t. Albert Einstein FRS 14 Maart 1879 18 April 1955 was n teoretiese fisikus wat wyd as die grootste wetenskaplike van die 20ste eeu beskou word Hy het die relatiwiteitsteorie voorgestel en groot bydraes tot die ontwikkeling van kwantummeganika statistieke meganika en kosmologie gemaak Hy is die Nobelprys vir fisika in 1921 toegeken vir sy verduideliking van die fotoelektriese effek en vir sy diens gelewer aan Teoretiese Fisika 1 Albert EinsteinEinstein tydens n lesing in Wene in 1921 Gebore14 Maart 1879 Ulm Koninkryk van Wurttemberg Duitse KeiserrykSterf18 April 1955 Princeton New Jersey Verenigde StateNasionaliteitKoninkryk van Wurttemberg 1879 1896 Staatloos 1896 1901 Switserland 1901 1955 Oostenryk Hongarye 1911 1912 Duitse Keiserryk 1914 1918 Republiek van Weimar 1919 1933 Verenigde State 1940 1955 Beroepakademikus fisikus uitvinderBekend virAlgemene relatiwiteit en spesiale relatiwiteit foto elektriese effek Massa energie ekwivalensie Teorie van Brown se beweging veld vergelykings Bose Einstein statistiek Bose Einstein kondensaat Bose Einstein korrelasies Verenigde veldteorie EPR paradoksEggenootMileva Maric 1903 1919 Elsa Lowenthal 1919 1936 Kinders Lieserl 1902 1903 Hans Albert 1904 1973 Eduard Tete 1910 1965 Ouer s Hermann Einstein vader Pauline Einstein moeder Handtekening Na die formulering van sy algemene relatiwiteitsteorie word Einstein wereldberoemd n ongekende eer vir n wetenskaplike In latere jare het sy beroemdheid bo enige ander wetenskaplike in die geskiedenis uitgestaan en in omgangstaal is Einstein sinoniem met iemand van baie hoe intelligensie of die grootste genie Sy gesig is ook een van die mees herkende die wereld oor In 1999 is Einstein as Persoon van die Eeu deur Time Magazine benoem Hierdie populariteit het ook gelei tot wye gebruik van Einstein in advertensie en bemarking en sluit selfs die registrasie van Albert Einstein as n handelsmerk in n Eenheid in fotochemie die einstein sowel as die chemiese element einsteinium en die asteroiede 2001 Einstein is ter ere na hom genoem Inhoud 1 Biografie 1 1 Vroee jare 1 1 1 Jeug en kollege 1 1 2 Werk en doktorale studies 1 1 3 Finale jare 2 Religieuse beskouing 3 Politieke beskouing 4 Verwysings 5 Bronne 6 Werke deur Albert Einstein 7 Eksterne skakelsBiografie WysigVroee jare Wysig Jeug en kollege Wysig Einstein is gebore in 1879 in Ulm in Wurttemberg Duitsland sowat 100km oos van Stuttgart Sy ouers was Hermann Einstein n veerbedverkoopsman wat later elektrochemiese werke bedryf het en sy vrou Pauline nee Koch Die familie was Joods en nie getrou Albert woon n Katolieke elementere skool by en op aandrang van sy moeder neem vioollesse Terwyl hy vyf was wys sy oom vir hom n sakkompas en Einstein besef dat iets in die lee lug die naald beinvloed hy beskryf die ervaring later as een van die grootste openbarings in sy lewe Alhoewel hy modelle en meganiese toestelle vir sy eie genot gebou het is hy as n stadige leerder geag moontlik weens disleksie of eenvoudig menssku wees Einstein het wiskunde begin leer op twaalfjarige ouderdom Daar is n telkens herhaalde gerug dat hy wiskunde later in sy opvoeding gesak het maar dit is nie waar nie n verandering in die manier waarop punte toegeken is het twyfel in latere jare veroorsaak Twee van sy ooms het sy intellektuele belangstellings gevoed gedurende sy latere kinderjare en vroee tienerjare deur boeke oor wiskunde en wetenskap voor te stel en te verskaf In 1894 na die mislukking van Hermann se elektrochemiese besigheid trek die Einsteins van Munchen na Pavia Italie naby Milan Albert bly agter om skool te voltooi hy het n termyn alleen voltooi en toe by sy familie in Pavia aangesluit Sy mislukking in die liberale kunste gedeelte van die Eidgenossische Technische Hochschule Federale Switserse Politegniese Universiteit in Zurich se toelatingseksamen die volgende jaar was n teeslag hy word deur sy familie gestuur na Aarau Switserland om sekondere skool te voltooi en ontvang sy dimploma in 1896 Einstein skryf daarna in by die Eidgenossische Technische Hochschule Daardie selfde jaar verwerp hy sy Duitse burgerskap en word staatloos In 1898 ontmoet Einstein vir Mileva Maric n Serwiese klasmaat en vriendin van Nikola Tesla op wie hy verlief raak In 1900 word hy sy onderrigdiploma gegun deur die Eidgenossische Technische Hochschule en word aanvaar as Switserse burger in 1901 Gedurende hierdie tyd bespreek Einstein sy wetenskaplike belangstellings met n groep nabye vriende insluitend Mileva Hy en Mileva verwek n buite egtelike dogter Liserl wat in Januarie 1902 gebore is Werk en doktorale studies Wysig Na graduering kon Einstein nie n onderrigpos vind nie meestal weens die feit dat sy astrantheid as n jong man blykbaar meeste van sy professors geirriteer het Die vader van n klasmaat het hom gehelp om n pos as tegniese assistent patenteklerk by die Switserse Patentekantoor in 1902 te bekom Daar het Einstein die waarde van uitvinders se patentaansoeke beoordeel vir ontwerpe wat n kennis van fisika benodig het Hy het ook geleer hoe om die kern van n aansoek raak te sien ten spyte van somtyds slegte beskrywings en was deur die direkteur geleer hoe om myself korrek uit te druk Hy het somtyds ontwerpsfoute reggemaak terwyl hy die uitvoerbaarheid van hul werk oorweeg het Einstein trou met Mileva op 6 Januarie 1903 Einstein se troue met Mileva wie n wiskundige was was beide n persoonlike en intellektuele saak Einstein het liefdevol verwys na Mileva as n skepsel wat my gelyke is en wie so sterk en onafhanklik soos ek is Abram Joffe in sy biografie oor Einstein argumenteer dat Einstein bygestaan was deur Mileva Hierdie is grootliks teenstrydig met Ronald W Clark wie in sy biografie aanvoer dat Einstein afhanklik was op die afstand wat bestaan het in hul huwelik sodat hy die nodige afsondering kon he om te kon werk Op 14 Mei 1904 word Einsten se seun Hals Albert Einstein gebore In 1904 word Einstein se posisie by die Switserse Patentekantoor permanent gemaak Hy verkry sy doktoraal na sy tesis On a new determination of molecular dimensions voltooi is in 1905 Daardie selfde jaar skryf hy vier artikels wat die fondasies sou le vir moderne fisika sonder veel wetenskaplike literatuur om na te verwys of vele wetenskaplike kollegas om die teoriee mee te kon bespreek Meeste fisici stem saam dat drie van daardie artikels Brown beweging die fotoelektriese effek en spesiale relatiwiteit Nobelpryse verdien het Slegs die fotoelektriese effek sou wen dit is ietwat ironies omdat Einstein veel beter bekend is vir relatiwiteit maar dat die fotoelektriese effek heeltemaal kwantum is en Einstein effe ongelukkig geraak het met die pad wat kwantumteorie sou volg Wat hierdie artikels laat uitstaan is dat in elke geval Einstein sonder huiwering n idee van teoretiese fisika geneem het tot by die logiese gevolge en het geslaag daarin om eksperimentele resultate te verduidelik wat wetenskaplikes vir jare verstom het Hy dien hierdie artikels in na die Annalen der Physik Hulle word algemeen verwys na as die Annus Mirabilis Papers vanuit Latyn Uitsonderlike Jaar Die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Fisika IUPAP het beplan om die 100ste herdenkingsjaar van die publikasie van Einstein se uitgebreide werke in 1905 te herdenk as die World Year Of Physics 2005 Finale jare Wysig In 1948 dien Einstein op die oorspronklike komitee wat lei tot die stigting van die Universiteit van Brandeis In 1952 stel die Israelse regering voor dat Einstein die pos van tweede president inneem maar Einstein wys die aanbod van die hand Op 30 Maart 1953 stel Einstein n hersiene verenigde veldteorie bekend Hy is oorlede by Princeton in 1955 en los die Veralgemeende Gravitasieteorie onopgelos Hy is dieselfde dag veras in Trenton New Jersey op 18 April 1955 Sy as is verstrooi op n onbekende plek Sy brein is behoue in n vles deur Dr Thomas Stoltz Harvey die patoloog wat die na doodse ondersoek op Einstein uitgevoer het Religieuse beskouing WysigEinstein se religieuse beskouing word oor die algemeen as deisties gesien hy het geglo in n God wat homself ontbloot in die harmonie van alles wat bestaan nie in n God wat homself bemoei met die noodlot en aksies van mense nie Einstein wou weet hoe God die wereld geskep het na hy deur Martin Buber gedruk is om sy religieuse oortuigings duidelik te maak het Einstein uitgeroep Wat ons fisici voor streef is net om Sy lyne soos Hom te trek Hy het sy geloof as volg opgesom My geloof bestaan uit n nederige bewondering vir die onnabootsbare verhewe gees wat homself ontbloot in die geringste detail wat ons met ons brose en swak verstand kan waarneem Einstein se beskouing oor God en religie is gereflekteer in sy aanhalings baie wat te sien is in Wikiquote Politieke beskouing WysigEinstein het homself n pasifis en medemenslik geag Einstein het eens gese Ek glo Gandhi se beskouing was die mees verligte van alle politieke mense van ons tyd Ons moet streef om dinge in sy gees te doen om nie geweld te gebruik om vir ons oortuigings te veg nie maar deur nie deel te neem aan enigiets wat jy glo n euwel is nie Einstein se beskouing van ander kwessies insluitend sosialisme McCarthyisme en rassisme was kontroversieel sien Einstein oor sosialisme Einstein was n medestigter van die liberale Duitse Demokratiese Party Die Amerikaanse FBI het n 1427 bladsy leer oor sy aktiwiteite aangehou en aangeraai dat hy verhoed word van immigrasie tot die Verenigde State van Amerika volgens die Alien Exclusion Act die aantyging was dat Einstein glo in adviseer raai aan of leer n doktrine wat in n wetlike sin soos deur howe in ander gevalle voorgehou is sal toelaat dat anargie ongekeer inkruip en lei tot n regering in naam alleen onder andere aanklagtes Einstein was gekant teen tiranniese vorme van regering en om hierdie rede tesame met sy Joodse agtergrond het hy die Nazi bewind teegestaan en uit Duitsland gevlug kort na die instelling daarvan Hy was eers ten gunste van die bou van die atoombom om te verseker dat Hitler dit nie eerste doen nie en het selfs n brief aan president Franklin Delano Roosevelt onderteken gedateer 2 Augustus 1939 voor die Tweede Wereldoorlog uitgebreek het geskryf deur Leo Szilard wat hom aangemoedig het om n program te begin om n kernwapen te ontwikkel Roosevelt het geantwoord deur n komitee op te stel wat moes navors of uraan as n wapen gebruik kon word wat n paar jaar later deur die Manhattan projek vervang is Tog na die oorlog het Einstein homself bearbei vir kernontwapening en n wereldregering Albert Einstein was n ondersteuner van Sionisme maar nooit sonder voorbehoud nie Byvoorbeeld hy het sterk kritiek gelewer op Menachem Begin en fascistiese elemente in Israel in n 1948 brief aan die New York Times Hy het Joodse vestiging in die antieke setel van Judaisme voorgestaan en was aktief in die daarstelling van die Hebreeuse Universiteit in Jerusalem aan wie hy al sy dokumente en skripsies bemaak het Hy was wel gekant teen nasionalisme en skepties oor of n Joodse nasiestaat die beste oplossing was Hy mag oorspronklik in gedagte gehad het dat Jode en Arabiere vreedsaam saamleef in dieselfde land In sy latere lewe het hy n aanbod van die hand gewys om die tweede president van die nuut geskepte staat van Israel te word Albert Einstein tesame met Albert Schweitzer en Bertrand Russell het geveg teen kerntoetse en bomme Met die Pugwash Konferensies oor Wetenskap en Wereldsake en Bertrand Russell het hy die Russell Einstein Manifes gepubliseer en verskeie konferensies georganiseer Verwysings Wysig The Nobel Prize in Physics 1921 in Engels Nobelprize org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2018 Besoek op 8 Oktober 2017 Bronne WysigClark Ronald W 1971 Einstein The Life and Times ISBN 0 380 44123 3 Pais Abraham 1982 Subtle is the Lord The Science and the Life of Albert Einstein ISBN 0 19 520438 7 Michael H Hart The 100 Carol Publishing Group July 1992 paperback 576 pages ISBN 0 8065 1350 0Werke deur Albert Einstein WysigIdeas amp Opinions ISBN 0 517 00393 7 World As I See It ISBN 0 8065 0711 X Relativity The Special and General Theory ISBN 0 517 88441 0 Project Gutenberg E text Geargiveer 14 Augustus 2019 op Wayback Machine Einstein Albert On the Electrodynamics of Moving Bodies Annalen der Physik June 30 1905 Einstein Albert Does the Inertia of a Body Depend Upon Its Energy Content Annalen der Physik September 27 1905 Einstein Albert Inaugural Lecture to the Prussian Academy of Sciences Geargiveer 9 Februarie 2012 op Wayback Machine 1914 PDF Einstein Albert The Foundation of the General Theory of Relativity Annalen der Physik 49 1916 Einstein Albert On the Generalized Theory of Gravitation April 1950 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Albert Einstein Wikiquote has a collection of quotations related to Albert EinsteinS Morgan Friedman Albert Einstein Online Comprehensive listing of online resources about Einstein Audio excerpts of famous speeches Impossibility of atomic energy Geargiveer 15 April 2005 op Wayback Machine arms race Geargiveer 15 April 2005 op Wayback Machine From Time magazine archives MacTutor Einstein History The Nobel Prize in Physics 1921 Geargiveer 17 Februarie 2004 op Wayback Machine Albert Einstein Geargiveer 14 Februarie 2004 op Wayback Machine Theory of relativity in 4 letter words or shorter Juergen Schmidhuber s Einstein biographical highlights Einstein s letter to Roosevelt Geargiveer 24 Desember 2005 op Wayback Machine FBI files investigation regarding affiliation with the Communist Party Einstein family pictures Geargiveer 8 November 2005 op Wayback Machine PBS s NOVA Einstein PBS s Einstein s wife Mileva Maric Albert Einstein Biography from German American corner History and Heritage dooie skakel Official Einstein Archives Online Geargiveer 11 Augustus 2011 op Wayback Machine 3000 documents Albert Einstein Archive Einstein Papers Project Max Planck Institute s Living Einstein Geargiveer 12 Februarie 2004 op Wayback Machine American Institute of Physics s Einstein American Museum of Natural History s Einstein Albert Einstein quotes Albert quotesOntsluit van https af wikipedia org w index php title Albert Einstein amp ol,