fbpx Edoardo Villa
Wikipedia

Edoardo Villa

Edoardo Daniele Villa (1915–2011) was 'n noemenswaardige Suid-Afrikaanse beeldhouer van Italiaanse afkoms wat met staal en brons gewerk het.

Edoardo Villa
Geboortenaam Edoardo Daniele Villa
Gebore (1915-05-31)31 Mei 1915
Bergamo, Italië
Sterf 1 Mei 2011 (op 95)
Johannesburg, suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrika
Veld Beeldhouer
Opleiding Andrea Fontini-kunsskool
Werke The Knot, Kaapstad
Confrontation, Johannesburg
Thrust, Universiteit van Pretoria
Toekennings UP Kanseliersmedalje vir sy bydrae tot beeldhouwerk.
Toekennings by die Sao Paulo Biënnale van 1957 en 1959.
'The Knot' deur Edoardo Villa, 1980, in die permanente versameling van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum

Inhoud

Villa is in Bergamo, Italië gebore en het aan die Andrea Fontini-kunsskool studeer. Tydens sy studies in 1939, met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, is hy opgeroep vir twee jaar diens in die Italiaanse weermag. In 1940 is hy na Noord-Afrika uitgeplaas, waar hy gewond was, en in Egipte deur die Engelse gevange geneem is. Tussen 1941 en 1942 is hy na Suid-Afrika gestuur waar hy die volgende vier jaar by die Zonderwater krygsgevangenekamp aangehou is. Zonderwater is in Februarie 1941 geopen en teen die einde van 1942 was 63 000 gevangenes daar aangehou onder die toesig van kolonel H.F. Prinsloo, wie se hoof later in brons deur villa gegiet is vir die militêre museum. Na sy vrylating besluit Villa om in Suid-Afrika aan te bly waar hy as beeldhouer begin werk het.

Villa het by sy huis in Johannesburg gewoon en gewerk. Hy was bevriend met die kunstenaar en kunsversamelaar Vittorino Meneghelli, die skrywer Jillian Becker en die argitek Monty Sack. Edoardo Villa sterf in sy hospitaalbed in Johannesburg op 1 Mei 2011 op die ouderdom van 95.

Villa het aanvanklik met konvensionele borsbeelde en figure begin werk, en later met abstrakte beelde. Sy werk sluit abstrakte uitlegte van die menslike kondisie in, maar behou ook figuurlike konsepte. Sy werk het 'n sterk kruiskulturele sintese wat Italië en Afrika insluit. Sy werk is ook duidelik beȉnvloed deur die kubisme van Picasso (wat Afrika-kuns in Parys by die Trocadero ontdek het).

Villa het 'n onderhoud gesê: "Nadat ek 'n gevangene van die oorlog was, het ek besluit om in Suid-Afrika te bly, en my loopbaan te begin, as gevolg van die beskikbaarheid van geleenthede vir die jeug, die 'oop ruimte' in teenstelling met die 'geslote' lewe in Europa. Ek voel dat alles in Europa reeds gedoen, bevraagteken en uitgeput is. Ek voel dat ek hier, in Afrika, die geleentheid het om te verken... As daar iets is wat my fundamentele besorgdheid in kuns kan opsom, is dit die van mens en die individu – die menslike kondisie... Museums is wonderlik, maar menslike deelname, fisieke nabyheid en tasbare betrokkenheid is meer belangrik."

Villa se beeldhouwerk het verder ontwikkel in die 1950's, met die gebruik van staal en brons. Op daardie stadium het hy ook onderrig aangebied by die Polly Kunssentrum in Johannesburg. Die Polly Kunssentrum was gestig as 'n volwassene onderwysinrigting en is in 1952 omskep in 'n kuns- en uitstallingsentrum. Tot sy sluiting in 1960 was dit die enigste plek, afgesien van 'n paar privaatgalerye, waar swart kunstenaars in Johannesburg hul kuns kon nastreef en hul werke kon uitstal.

In 1961, saam met Cecil Skotnes, Cecily Sash, Giuseppe Cattaneo en Sydney Kumalo, was Villa deel van die kunstenaarsgroep "Amadlozi" (Bantoe vir "gees van die voorvaders)" vir die bewuste bewilliging van Afrika beeldhoutradisies.

Villa se werk sluit groter as lewensgroot staal installasies in, soos die Leunende Figuur in Pieter Roospark, Johannesburg. Hierdie beeld is gemaak vir kinders om op te speel. Dit was deur die Parktown en Westcliffe Erfenistrust gekies as 'n geskenk vir die Stad van Johannesburg en Anglo American het die fondse daarvoor beskikbaar gestel. Die beeld was deur die onderburgemeester van Johannesburg, raadslid C.E. Fabel, op 9 Augustus 1984 onthul.

Edoardo Villa het Suid-Afrika vyf keer by die Venesiese Biënnale verteenwoordig en hy het toekennings by die Sao Paulo Biënnale van 1957 en 1959 ontvang. Hy het by meer as 'n honderd uitstallings in in Italië, Europa, Engeland, Israel, Suid-Amerika, Afrika en die Verenigde State van Amerika uitgestal.

In 1994 en 1995 skenk Villa 140 klein en 10 groot kunswerke aan die Universiteit van Pretoria. Op 31 Mei 1995, op Villa se 80ste verjaarsdag, open die Edoardo Villa-museum by die Universiteit van Pretoria se Hatfieldkampus.

  1. (in Engels). www.johansborman.co.za. vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020. Besoek op11 Maart 2017.
  2. . Jacaranda Tribal Art Blog. Besoek op11 Maart 2017.
  3. (in Engels). Stephan Welz & Company. Geargiveer vanaf op 28 Maart 2016. Besoek op11 Maart 2017.
  4. . Artvalue. Geargiveer vanaf op 3 Julie 2017. Besoek op11 Maart 2017.
  5. (in Engels). University of Pretoria. Geargiveer vanaf op 9 Oktober 2019. Besoek op11 Maart 2017.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.

Edoardo Villa
edoardo, villa, edoardo, daniele, villa, 1915, 2011, noemenswaardige, suid, afrikaanse, beeldhouer, italiaanse, afkoms, staal, brons, gewerk, geboortenaam, edoardo, daniele, villagebore, 1915, 1915, bergamo, italiësterf, 2011, johannesburg, suid, afrikanasiona. Edoardo Daniele Villa 1915 2011 was n noemenswaardige Suid Afrikaanse beeldhouer van Italiaanse afkoms wat met staal en brons gewerk het 1 Edoardo VillaGeboortenaam Edoardo Daniele VillaGebore 1915 05 31 31 Mei 1915 Bergamo ItalieSterf 1 Mei 2011 op 95 Johannesburg suid AfrikaNasionaliteit Suid AfrikaVeld BeeldhouerOpleiding Andrea Fontini kunsskoolWerke The Knot Kaapstad Confrontation Johannesburg Thrust Universiteit van PretoriaToekennings UP Kanseliersmedalje vir sy bydrae tot beeldhouwerk Toekennings by die Sao Paulo Biennale van 1957 en 1959 The Knot deur Edoardo Villa 1980 in die permanente versameling van die Suid Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum Inhoud 1 Lewensverloop 2 Loopbaan 3 Styl en tegniek 4 VerwysingsLewensverloop WysigVilla is in Bergamo Italie gebore en het aan die Andrea Fontini kunsskool studeer Tydens sy studies in 1939 met die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog is hy opgeroep vir twee jaar diens in die Italiaanse weermag In 1940 is hy na Noord Afrika uitgeplaas waar hy gewond was en in Egipte deur die Engelse gevange geneem is Tussen 1941 en 1942 is hy na Suid Afrika gestuur waar hy die volgende vier jaar by die Zonderwater krygsgevangenekamp aangehou is Zonderwater is in Februarie 1941 geopen en teen die einde van 1942 was 63 000 gevangenes daar aangehou onder die toesig van kolonel H F Prinsloo wie se hoof later in brons deur villa gegiet is vir die militere museum Na sy vrylating besluit Villa om in Suid Afrika aan te bly waar hy as beeldhouer begin werk het Villa het by sy huis in Johannesburg gewoon en gewerk Hy was bevriend met die kunstenaar en kunsversamelaar Vittorino Meneghelli 2 die skrywer Jillian Becker en die argitek Monty Sack Edoardo Villa sterf in sy hospitaalbed in Johannesburg op 1 Mei 2011 op die ouderdom van 95 Loopbaan WysigVilla het aanvanklik met konvensionele borsbeelde en figure begin werk en later met abstrakte beelde Sy werk sluit abstrakte uitlegte van die menslike kondisie in maar behou ook figuurlike konsepte Sy werk het n sterk kruiskulturele sintese wat Italie en Afrika insluit Sy werk is ook duidelik beȉnvloed deur die kubisme van Picasso wat Afrika kuns in Parys by die Trocadero ontdek het 3 Villa het n onderhoud gese Nadat ek n gevangene van die oorlog was het ek besluit om in Suid Afrika te bly en my loopbaan te begin as gevolg van die beskikbaarheid van geleenthede vir die jeug die oop ruimte in teenstelling met die geslote lewe in Europa Ek voel dat alles in Europa reeds gedoen bevraagteken en uitgeput is Ek voel dat ek hier in Afrika die geleentheid het om te verken As daar iets is wat my fundamentele besorgdheid in kuns kan opsom is dit die van mens en die individu die menslike kondisie Museums is wonderlik maar menslike deelname fisieke nabyheid en tasbare betrokkenheid is meer belangrik 3 Styl en tegniek WysigVilla se beeldhouwerk het verder ontwikkel in die 1950 s met die gebruik van staal en brons Op daardie stadium het hy ook onderrig aangebied by die Polly Kunssentrum in Johannesburg Die Polly Kunssentrum was gestig as n volwassene onderwysinrigting en is in 1952 omskep in n kuns en uitstallingsentrum Tot sy sluiting in 1960 was dit die enigste plek afgesien van n paar privaatgalerye waar swart kunstenaars in Johannesburg hul kuns kon nastreef en hul werke kon uitstal In 1961 saam met Cecil Skotnes Cecily Sash Giuseppe Cattaneo en Sydney Kumalo was Villa deel van die kunstenaarsgroep Amadlozi Bantoe vir gees van die voorvaders vir die bewuste bewilliging van Afrika beeldhoutradisies Villa se werk sluit groter as lewensgroot staal installasies in soos die Leunende Figuur 4 in Pieter Roospark Johannesburg Hierdie beeld is gemaak vir kinders om op te speel Dit was deur die Parktown en Westcliffe Erfenistrust gekies as n geskenk vir die Stad van Johannesburg en Anglo American het die fondse daarvoor beskikbaar gestel Die beeld was deur die onderburgemeester van Johannesburg raadslid C E Fabel op 9 Augustus 1984 onthul Edoardo Villa het Suid Afrika vyf keer by die Venesiese Biennale verteenwoordig en hy het toekennings by die Sao Paulo Biennale van 1957 en 1959 ontvang 4 Hy het by meer as n honderd uitstallings in in Italie Europa Engeland Israel Suid Amerika Afrika en die Verenigde State van Amerika uitgestal In 1994 en 1995 skenk Villa 140 klein en 10 groot kunswerke aan die Universiteit van Pretoria Op 31 Mei 1995 op Villa se 80ste verjaarsdag open die Edoardo Villa museum by die Universiteit van Pretoria se Hatfieldkampus 5 Verwysings Wysig Johans Borman Fine Art Edoardo Villa 1915 2011 in Engels www johansborman co za Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020 Besoek op 11 Maart 2017 Vittorino Meneghelli Dies At 94 Jacaranda Tribal Art Blog Besoek op 11 Maart 2017 3 0 3 1 Stephan Welz amp Company presents a rare work from Edoardo Villa in Engels Stephan Welz amp Company Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2016 Besoek op 11 Maart 2017 4 0 4 1 Artvalue Edoardo Villa Artvalue Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2017 Besoek op 11 Maart 2017 Museums amp Collections Edoardo Villa Collection in Engels University of Pretoria Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 11 Maart 2017 Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Edoardo Villa amp ol,