fbpx Edoardo Villa-museum, Pretoria
Wikipedia

Edoardo Villa-museum, Pretoria

Edoardo Villa-museum, Pretoria
Die Edoardo Villa-museum word gehuisves in die Ou Merensky-biblioteek op die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria.

Plek Pretoria
Land Suid-Afrika
Openingsjaar 1995
Tipe museum Kunsmuseum
Webtuiste

Die Edoardo Villa-museum in Pretoria is 'n kunsmuseum geleë in die Ou Merensky-biblioteek by die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria. Die museum huisves 'n versameling beeldhouerke deur die Suid-Afrikaanse beeldhouer van Italiaanse afkoms, Edoardo Villa.

Edoardo Villa

Edoardo Villa is in 1915 in Italië gebore. Villa het tydens die Tweede Wêreldoorlog in die Italiaanse weermag gedien, en is in Noord-Afrika gewond en gevange geneem, waarna hy na die Zonderwater-krygsgevangenekamp naby Cullinan gestuur is. Hy is in 1947 vrygelaat, en besluit om in Suid-Afrika aan te bly en as beeldhouer te werk. Die museum het sy ontstaan te danke aan die sowat 140 beeldhouwerke wat Villa in 1994 en 1995 aan die Universiteit van Pretoria geskenk het. Villa, tesame met Dr Andre Breedt en Mnr. Uwe Gunter was betrokke by die beplanning van die museum wat amptelik op 31 Mei 1995, op Edoardo Villa se 80ste verjaardag, geopen is. Mnr. Gunter was die eerste kurator van die museum. Gedurende die eerste 14 jaar van die museum se bestaan is 51 kunswerke tot die versameling bygevoeg. Die Edoardo Villamuseum huisves tans die grootste enkele versameling van kunswerke deur dié kunstenaar en bied 'n oorsig van sy werk tussen 1943 en 2004. Villa is op 1 Mei 2011 in Johannesburg oorlede.

'n Tweede Villa-museum is deur Giovanni Cervi, 'n vurige versamelaar van Villa se beeldhouwerke, naby Villa se geboorteplek in Treviglio, Italië, geopen.

  1. (in Engels). University of Pretoria. Geargiveer vanaf op 9 Oktober 2019. Besoek op9 Maart 2017.
  2. (in Engels). Sunday Times. vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op9 Maart 2017.
  3. (in Engels). www.johansborman.co.za. vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020. Besoek op9 Maart 2017.

Koördinate:25°45′16.8″S28°13′47.7″O /25.754667°S 28.229917°O /-25.754667; 28.229917

Edoardo Villa-museum, Pretoria
edoardo, villa, museum, pretoria, edoardo, villa, museum, word, gehuisves, merensky, biblioteek, hatfieldkampus, universiteit, pretoria, plek, pretorialand, suid, afrikaopeningsjaar, 1995tipe, museum, kunsmuseumwebtuiste, university, pretoria, museums, edoardo. Edoardo Villa museum PretoriaDie Edoardo Villa museum word gehuisves in die Ou Merensky biblioteek op die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria Plek PretoriaLand Suid AfrikaOpeningsjaar 1995Tipe museum KunsmuseumWebtuiste University of Pretoria Museums Edoardo Villa Collection Die Edoardo Villa museum in Pretoria is n kunsmuseum gelee in die Ou Merensky biblioteek by die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria Die museum huisves n versameling beeldhouerke deur die Suid Afrikaanse beeldhouer van Italiaanse afkoms Edoardo Villa Geskiedenis Wysig Edoardo Villa Edoardo Villa is in 1915 in Italie gebore Villa het tydens die Tweede Wereldoorlog in die Italiaanse weermag gedien en is in Noord Afrika gewond en gevange geneem waarna hy na die Zonderwater krygsgevangenekamp naby Cullinan gestuur is Hy is in 1947 vrygelaat en besluit om in Suid Afrika aan te bly en as beeldhouer te werk Die museum het sy ontstaan te danke aan die sowat 140 beeldhouwerke wat Villa in 1994 en 1995 aan die Universiteit van Pretoria geskenk het Villa tesame met Dr Andre Breedt en Mnr Uwe Gunter was betrokke by die beplanning van die museum wat amptelik op 31 Mei 1995 op Edoardo Villa se 80ste verjaardag geopen is Mnr Gunter was die eerste kurator van die museum Gedurende die eerste 14 jaar van die museum se bestaan is 51 kunswerke tot die versameling bygevoeg Die Edoardo Villamuseum huisves tans die grootste enkele versameling van kunswerke deur die kunstenaar en bied n oorsig van sy werk tussen 1943 en 2004 1 Villa is op 1 Mei 2011 in Johannesburg oorlede 2 Villa museum in Italie Wysig n Tweede Villa museum is deur Giovanni Cervi n vurige versamelaar van Villa se beeldhouwerke naby Villa se geboorteplek in Treviglio Italie geopen 3 Verwysings Wysig Museums amp Collections Edoardo Villa Collection in Engels University of Pretoria Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 9 Maart 2017 Sunday Times 2011 05 08 Eduardo Villa in Engels Sunday Times Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020 Besoek op 9 Maart 2017 Johans Borman Fine Art Edoardo Villa 1915 2011 in Engels www johansborman co za Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020 Besoek op 9 Maart 2017 Koordinate 25 45 16 8 S 28 13 47 7 O 25 754667 S 28 229917 O 25 754667 28 229917Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Edoardo Villa museum Pretoria amp ol,