fbpx
Wikipedia

Weesplaneet

’n Weesplaneet (ook genoem ’n interstellêre, sonlose of dwaalplaneet) is ’n voorwerp met die massa van ’n planeet wat direk om die middel van ’n sterrestelsel wentel. Sulke voorwerpe is uit hul planeetstelsels gewerp, of was nooit gravitasioneel aan enige ster of bruindwerg gebonde nie.[1][2] Die Melkweg alleen kan miljarde weesplanete hê.[3]

Dié video wys ’n kunstenaarsvoorstelling van die weesplaneet CFBDSIR J214947.2-040308.9.

Sommige voowerpe met die massa van ’n planeet kon op dieselfde manier as sterre gevorm het en die Internasionale Astronomiese Unie het voorgestel hulle word subbruindwerge genoem.[4] ’n Moontlike voorbeeld is Cha 110913-773444, wat uit ’n planeetstelsel gewerp kon gewees het of op sy eie gevorm het om ’n subbruindwerg te word.[5]

Sterrekundiges het die Herschel-ruimtesterrewag en die Baie Groot Teleskoop gebruik om ’n baie jong vrybewegende voorwerp met die massa van ’n planeet (OTS 44) waar te neem en te demonstreer dat sulke voorwerpe die massa van ’n paar Jupiters het. Herschel-infrarooiwaarnemings het gewys OTS 44 word omring deur ’n skyf van minstens 10 aardmassas en kan moontlik eindelik ’n klein planetêre stelsel vorm.[6]

Spektroskopiese waarnemings van OTS 44 met die SINFONI-spektograaf by die Baie Groot Teleskoop het onthul die skyf versamel aktief materie, net soos ’n jong ster.[6] In Desember 2013 is die bestaan van die moontlike eksomaan van ’n weesplaneet, MOA-2011-BLG-262, bekend gemaak.[7]

Waarnemings

 
’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n weesplaneet omtrent so groot soos Jupiter.

Die astrofisikus Takahiro Sumi van die Universiteit van Osaka in Japan en sy kollegas het in 2011 ’n studie oor mikrolenseffek gepubliseer. Hulle het 50 miljoen sterre in die Melkweg waargeneem en 474 voorvalle van mikrolenseffek aangeteken. Daarvan was 10 kort genoeg dat dit planete kon wees van omtrent Jupiter se grootte met geen ster in die nabyheid nie. Hulle het uit hul waarnemings geraam daar is byna twee weesplanete met die massa van Jupiter vir elke ster in die Melkweg.[8][9][10] Ander ramings dui op nog groter getalle, tot 100 000 keer meer weesplanete as sterre.[11]

In 2017 is in ’n studie deur Przemek Mróz en kollegas met die Universiteit van Warskou se sterrewag, met ses keer meer statistieke as in die 2011-studie, bevind daar is hoogstens sowat 0,25 planete met die massa van Jupiter wat vry rondbeweeg of in ’n wye wentelbaan voorkom vir elke ster in die Melkweg.[12]

Behoud van hitte

Interstellêre planete wek geen hitte op nie en word nie deur ’n ster verhit nie.[13] In 1998 het David J. Stevenson, ’n professor in planetêre wetenskap aan die Kaliforniese Instituut vir Tegnologie, ’n teorie opgestel dat sommige planeetgroottevoorwerpe wat vry in die interstellêre ruimte voorkom, ’n dik atmosfeer kan onderhou. Hy het voorgestel so ’n atmosfeer sal behoue bly danksy die drukgeïnduseerde ver-infrarooi-bestralingsondeurskynendheid van ’n dik atmosfeer wat waterstof bevat.[14]

Tydens die vorming van planete kan verskeie klein protoplanetêre voorwerpe uit die stelsel gewerp word.[15] So ’n voorwerp sal minder van die ster se ultravioletlig kry wat die ligter elemente van sy atmosfeer kan vernietig. Selfs ’n aardgrootte liggaam sal genoeg swaartekrag hê om te voorkom dat waterstof en helium uit sy atmosfeer ontsnap.[14] Op ’n aardgroottevoorwerp wat ’n kilobar atmosferiese druk van waterstof het en ’n konveksiegas-adiabaat, kan die oppervlaktemperatuur bo die smeltingspunt van water bly.[14] Dan sal oseane met vloeibare water moontlik wees. Sulke planete sal waarskynlik vir lang tydperke geologies aktief wees. As hulle ’n geodinamo-geskepte beskermende magnetosfeer en seebodemvulkanisme het, sal hidrotermiese bronne energie kan verskaf vir lewe.[14] Mense sal op so ’n sonlose planeet kan lewe, hoewel voedselbronne beperk sal wees.

Bekende en moontlike weesplanete

Die tabel hier onder lys bevestigde en vermoedelike weesplanete wat ontdek is. Dit is nog onbekend of hulle uit planeetstelsels gewerp is of op hul eie as subbruindwerge gevorm het.

Eksoplaneet Massa (MJ) Ouderdom (miljoene jare) Afstand (ligjare) Status Ontdek
OTS 44 ~15 0,5-3 160 Waarskynlik ’n bruindwerg met ’n lae massa[16] 1998
S Ori 52 2-8 1-5 1 150 Ouderdom en massa onseker; kan ’n bruindwerg wees 2000[17]
Cha 110913-773444 5-15 ~2 163 Kandidaat 2004[18]
SIMP J013656.5+093347 11-13 ~200 20-22 Kandidaat 2006[19][20]
UGPS J072227.51-054031.2 5-40 13 Massa onseker 2010
[MPK2010b] 4450 2-3 325 Kandidaat 2010[21]
CFBDSIR 2149-0403 4-7 110-130 117-143 Kandidaat 2012[22]
MOA-2011-BLG-262 ~4 Kan ’n rooidwerg wees 2013
PSO J318.5-22 5,5-8 21-27 80 Bevestig 2013[23]
2MASS J2208+2921 11-13 21-27 115 Kandidaat; radiale snelheid nodig 2014[24]
WISE J1741-4642 4-21 23-130 Kandidaat 2014[25]
WISE 0855−0714 3-10 7,1 Ouderdom onseker; kan ’n bruindwerg wees 2014[26]
2MASS J12074836–3900043 11-13 7-13 200 Kandidaat; afstand nodig 2014[27]
SIMP J2154–1055 9-11 30-50 63 Ouderdom bevraagteken[28] 2014[29]
SDSS J111010.01+011613.1 10-12 110-130 63 Bevestig 2015[30]
2MASS J1119–1137 4-8 7-13 94 Kandidaat; afstand nodig 2016[31]
WISEA 1147 5-13 7-13 94 Kandidaat; afstand nodig 2016[32]

Verwysings

  1. Shostak, Seth (24 Februarie 2005). Orphan Planets: It's a Hard Knock Life. Space.com, 24 Februarie 2005. Besoek op 5 Februarie 2009 by http://www.space.com/searchforlife/seti_orphan_planets_050224.html.
  2. Lloyd, Robin (18 April 2001). Free-Floating Planets – British Team Restakes Dubious Claim. Space.com, 18 April 2001. Besoek op 5 Februarie 2009 by http://www.space.com/scienceastronomy/astronomy/free_floaters_010403-1.html. 13 Oktober 2008 op Wayback Machine
  3. Neil deGrasse Tyson in Cosmos: A Spacetime Odyssey soos na verwys op National Geographic
  4. Working Group on Extrasolar Planets – Definition of a "Planet" Position Statement on the Definition of a "Planet" (IAU) 16 September 2006 op Wayback Machine
  5. Rogue planet find makes astronomers ponder theory
  6. 6,0 6,1 Joergens, V.; Bonnefoy, M.; Liu, Y.; Bayo, A.; Wolf, S.; Chauvin, G.; Rojo, P. (2013). "OTS 44: Disk and accretion at the planetary border". Astronomy & Astrophysics. 558 (7): L7. arXiv:1310.1936. Bibcode:2013A&A...558L...7J. doi:10.1051/0004-6361/201322432.
  7. "MOA-2011-BLG-262". Extrasolar Planets Encyclopaedia. exoplanet.eu. vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2015. Besoek op 1 Februarie 2015.
  8. Homeless' Planets May Be Common in Our Galaxy 8 Oktober 2012 op Wayback Machine deur Jon Cartwright, Science Now, 18 Mei 2011. Besoek op 20 Mei 2011
  9. Planets that have no stars: New class of planets discovered, Physorg.com, 18 Mei 2011. Besoek op 20 Mei 2011.
  10. T. Sumi; et al. (2011). "Unbound or Distant Planetary Mass Population Detected by Gravitational Microlensing". Nature. 473: 349–352. arXiv:1105.3544v1. Bibcode:2011Natur.473..349S. doi:10.1038/nature10092. Onbekende parameter |class= geïgnoreer (help)
  11. "Researchers say galaxy may swarm with 'nomad planets'". Stanford University. Besoek op 29 Februarie 2012.
  12. P. Mroz; et al. (2017). "No large population of unbound or wide-orbit Jupiter-mass planets". Nature. 548: 183–186. arXiv:1707.07634. Bibcode:2017Natur.548..183M. doi:10.1038/nature23276. Onbekende parameter |class= geïgnoreer (help)
  13. Sean Raymond (9 April 2005). "Life in the dark" (in Engels). Aeon. vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 9 April 2016.
  14. 14,0 14,1 14,2 14,3 Stevenson, David J.; Stevens, C. F. (1999). "Life-sustaining planets in interstellar space?". Nature. 400 (6739): 32. Bibcode:1999Natur.400...32S. doi:10.1038/21811. PMID 10403246.
  15. Lissauer, J. J. (1987). "Timescales for Planetary Accretion and the Structure of the Protoplanetary disk". Icarus. 69 (2): 249–265. Bibcode:1987Icar...69..249L. doi:10.1016/0019-1035(87)90104-7.
  16. Luhman, Kevin L. (10 Februarie 2005). "Spitzer Identification of the Least Massive Known Brown Dwarf with a Circumstellar Disk". Astrophysical Journal Letters. 620 (1): L51–L54. arXiv:astro-ph/0502100. Bibcode:2005ApJ...620L..51L. doi:10.1086/428613.
  17. Zapatero Osorio, M. R. (6 October 2000). "Discovery of Young, Isolated Planetary Mass Objects in the σ Orionis Star Cluster". Science. 290: 103. Bibcode:2000Sci...290..103Z. doi:10.1126/science.290.5489.103.
  18. Luhman, Kevin L. (10 Desember 2005). "Discovery of a Planetary-Mass Brown Dwarf with a Circumstellar Disk". Astrophysical Journal Letters. 635: 93L. arXiv:astro-ph/0511807. Bibcode:2005ApJ...635L..93L. doi:10.1086/498868.
  19. Artigau, Étienne; Doyon, René; Lafrenière, David; Nadeau, Daniel; Robert, Jasmin; Albert, Loïc. "Discovery of the Brightest T Dwarf in the Northern Hemisphere". The Astrophysical Journal Letters. 651 (1): L57. doi:10.1086/509146. ISSN 1538-4357.
  20. Gagné, Jonathan; Faherty, Jacqueline K.; Burgasser, Adam J.; Artigau, Étienne; Bouchard, Sandie; Albert, Loïc; Lafrenière, David; Doyon, René; Bardalez-Gagliuffi, Daniella C. (15 May 2017). "SIMP J013656.5+093347 is Likely a Planetary-Mass Object in the Carina-Near Moving Group". The Astrophysical Journal. 841 (1): L1. doi:10.3847/2041-8213/aa70e2. ISSN 2041-8213.
  21. Marsh, Kenneth A. (1 February 2010). "A Young Planetary-Mass Object in the ρ Oph Cloud Core". Astrophysical Journal Letters. 709: L158. arXiv:0912.3774. Bibcode:2010ApJ...709L.158M. doi:10.1088/2041-8205/709/2/L158.
  22. Delorme, Philippe (25 September 2012). "CFBDSIR2149-0403: a 4-7 Jupiter-mass free-floating planet in the young moving group AB Doradus?". Astronomy and Astrophysics. 548A: 26. arXiv:1210.0305. Bibcode:2012A&A...548A..26D. doi:10.1051/0004-6361/201219984.
  23. Liu, Michael C. (10 November 2013). "The Extremely Red, Young L Dwarf PSO J318.5338-22.8603: A Free-floating Planetary-mass Analog to Directly Imaged Young Gas-giant Planets". Astrophysical Journal Letters. 777 (1): L20. arXiv:1310.0457. Bibcode:2013ApJ...777L..20L. doi:10.1088/2041-8205/777/2/L20.
  24. Gagné, Jonathan (10 Maart 2014). "BANYAN. II. Very Low Mass and Substellar Candidate Members to Nearby, Young Kinematic Groups with Previously Known Signs of Youth". Astrophysical Journal. 783: 121. arXiv:1312.5864. Bibcode:2014ApJ...783..121G. doi:10.1088/0004-637X/783/2/121.
  25. Schneider, Adam C. (9 Januarie 2014). "Discovery of the Young L Dwarf WISE J174102.78-464225.5". Astronomical Journal. 147: 34. arXiv:1311.5941. Bibcode:2014AJ....147...34S. doi:10.1088/0004-6256/147/2/34.
  26. Luhman, Kevin L. (10 Mei 2014). "Discovery of a ~250 K Brown Dwarf at 2 pc from the Sun". Astrophysical Journal Letters. 786: L18. arXiv:1404.6501. Bibcode:2014ApJ...786L..18L. doi:10.1088/2041-8205/786/2/L18.
  27. Gagné, Jonathan (10 April 2014). "The Coolest Isolated Brown Dwarf Candidate Member of TWA". Astrophysical Journal Letters. 785 (1): L14. arXiv:1403.3120. Bibcode:2014ApJ...785L..14G. doi:10.1088/2041-8205/785/1/L14.
  28. Liu, Michael C. (9 Desember 2016). "The Hawaii Infrared Parallax Program. II. Young Ultracool Field Dwarfs". Astrophysical Journal. 833: 96. arXiv:1612.02426. Bibcode:2016ApJ...833...96L. doi:10.3847/1538-4357/833/1/96.
  29. Gagné, Jonathan (1 September 2014). "SIMP J2154-1055: A New Low-gravity L4β Brown Dwarf Candidate Member of the Argus Association". Astrophysical Journal Letters. 792: L17. arXiv:1407.5344. Bibcode:2014ApJ...792L..17G. doi:10.1088/2041-8205/792/1/L17.
  30. Gagné, Jonathan (20 Julie 2015). "SDSS J111010.01+011613.1: A New Planetary-mass T Dwarf Member of the AB Doradus Moving Group". Astrophysical Journal Letters. 808: L20. arXiv:1506.04195. Bibcode:2015ApJ...808L..20G. doi:10.1088/2041-8205/808/1/L20.
  31. Kellogg, Kendra (11 April 2016). "The Nearest Isolated Member of the TW Hydrae Association is a Giant Planet Analog". Astrophysical Journal Letters. 821 (1): L15. arXiv:1603.08529. Bibcode:2016ApJ...821L..15K. doi:10.3847/2041-8205/821/1/L15.
  32. Schneider, Adam C. (21 April 2016). "WISEA J114724.10-204021.3: A Free-floating Planetary Mass Member of the TW Hya Association". Astrophysical Journal Letters. 822 (1): L1. arXiv:1603.07985. Bibcode:2016ApJ...822L...1S. doi:10.3847/2041-8205/822/1/L1.

Eksterne skakels

  • Definisie van ’n planeet (Resolusie B5 - IAU)
  • "Strange New Worlds Could Make Miniature Solar Systems" Robert Roy Britt (SPACE.com), 5 Junie 2006
  •   Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Eksoplanete.
  •   Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Weesplaneet
weesplaneet, genoem, interstellêre, sonlose, dwaalplaneet, voorwerp, massa, planeet, direk, middel, sterrestelsel, wentel, sulke, voorwerpe, planeetstelsels, gewerp, nooit, gravitasioneel, enige, ster, bruindwerg, gebonde, melkweg, alleen, miljarde, weesplanet. n Weesplaneet ook genoem n interstellere sonlose of dwaalplaneet is n voorwerp met die massa van n planeet wat direk om die middel van n sterrestelsel wentel Sulke voorwerpe is uit hul planeetstelsels gewerp of was nooit gravitasioneel aan enige ster of bruindwerg gebonde nie 1 2 Die Melkweg alleen kan miljarde weesplanete he 3 Play media Die video wys n kunstenaarsvoorstelling van die weesplaneet CFBDSIR J214947 2 040308 9 Sommige voowerpe met die massa van n planeet kon op dieselfde manier as sterre gevorm het en die Internasionale Astronomiese Unie het voorgestel hulle word subbruindwerge genoem 4 n Moontlike voorbeeld is Cha 110913 773444 wat uit n planeetstelsel gewerp kon gewees het of op sy eie gevorm het om n subbruindwerg te word 5 Sterrekundiges het die Herschel ruimtesterrewag en die Baie Groot Teleskoop gebruik om n baie jong vrybewegende voorwerp met die massa van n planeet OTS 44 waar te neem en te demonstreer dat sulke voorwerpe die massa van n paar Jupiters het Herschel infrarooiwaarnemings het gewys OTS 44 word omring deur n skyf van minstens 10 aardmassas en kan moontlik eindelik n klein planetere stelsel vorm 6 Spektroskopiese waarnemings van OTS 44 met die SINFONI spektograaf by die Baie Groot Teleskoop het onthul die skyf versamel aktief materie net soos n jong ster 6 In Desember 2013 is die bestaan van die moontlike eksomaan van n weesplaneet MOA 2011 BLG 262 bekend gemaak 7 Inhoud 1 Waarnemings 2 Behoud van hitte 3 Bekende en moontlike weesplanete 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsWaarnemings Wysig n Kunstenaarsvoorstelling van n weesplaneet omtrent so groot soos Jupiter Die astrofisikus Takahiro Sumi van die Universiteit van Osaka in Japan en sy kollegas het in 2011 n studie oor mikrolenseffek gepubliseer Hulle het 50 miljoen sterre in die Melkweg waargeneem en 474 voorvalle van mikrolenseffek aangeteken Daarvan was 10 kort genoeg dat dit planete kon wees van omtrent Jupiter se grootte met geen ster in die nabyheid nie Hulle het uit hul waarnemings geraam daar is byna twee weesplanete met die massa van Jupiter vir elke ster in die Melkweg 8 9 10 Ander ramings dui op nog groter getalle tot 100 000 keer meer weesplanete as sterre 11 In 2017 is in n studie deur Przemek Mroz en kollegas met die Universiteit van Warskou se sterrewag met ses keer meer statistieke as in die 2011 studie bevind daar is hoogstens sowat 0 25 planete met die massa van Jupiter wat vry rondbeweeg of in n wye wentelbaan voorkom vir elke ster in die Melkweg 12 Behoud van hitte WysigInterstellere planete wek geen hitte op nie en word nie deur n ster verhit nie 13 In 1998 het David J Stevenson n professor in planetere wetenskap aan die Kaliforniese Instituut vir Tegnologie n teorie opgestel dat sommige planeetgroottevoorwerpe wat vry in die interstellere ruimte voorkom n dik atmosfeer kan onderhou Hy het voorgestel so n atmosfeer sal behoue bly danksy die drukgeinduseerde ver infrarooi bestralingsondeurskynendheid van n dik atmosfeer wat waterstof bevat 14 Tydens die vorming van planete kan verskeie klein protoplanetere voorwerpe uit die stelsel gewerp word 15 So n voorwerp sal minder van die ster se ultravioletlig kry wat die ligter elemente van sy atmosfeer kan vernietig Selfs n aardgrootte liggaam sal genoeg swaartekrag he om te voorkom dat waterstof en helium uit sy atmosfeer ontsnap 14 Op n aardgroottevoorwerp wat n kilobar atmosferiese druk van waterstof het en n konveksiegas adiabaat kan die oppervlaktemperatuur bo die smeltingspunt van water bly 14 Dan sal oseane met vloeibare water moontlik wees Sulke planete sal waarskynlik vir lang tydperke geologies aktief wees As hulle n geodinamo geskepte beskermende magnetosfeer en seebodemvulkanisme het sal hidrotermiese bronne energie kan verskaf vir lewe 14 Mense sal op so n sonlose planeet kan lewe hoewel voedselbronne beperk sal wees Bekende en moontlike weesplanete WysigDie tabel hier onder lys bevestigde en vermoedelike weesplanete wat ontdek is Dit is nog onbekend of hulle uit planeetstelsels gewerp is of op hul eie as subbruindwerge gevorm het Eksoplaneet Massa MJ Ouderdom miljoene jare Afstand ligjare Status OntdekOTS 44 15 0 5 3 160 Waarskynlik n bruindwerg met n lae massa 16 1998S Ori 52 2 8 1 5 1 150 Ouderdom en massa onseker kan n bruindwerg wees 2000 17 Cha 110913 773444 5 15 2 163 Kandidaat 2004 18 SIMP J013656 5 093347 11 13 200 20 22 Kandidaat 2006 19 20 UGPS J072227 51 054031 2 5 40 13 Massa onseker 2010 MPK2010b 4450 2 3 325 Kandidaat 2010 21 CFBDSIR 2149 0403 4 7 110 130 117 143 Kandidaat 2012 22 MOA 2011 BLG 262 4 Kan n rooidwerg wees 2013PSO J318 5 22 5 5 8 21 27 80 Bevestig 2013 23 2MASS J2208 2921 11 13 21 27 115 Kandidaat radiale snelheid nodig 2014 24 WISE J1741 4642 4 21 23 130 Kandidaat 2014 25 WISE 0855 0714 3 10 7 1 Ouderdom onseker kan n bruindwerg wees 2014 26 2MASS J12074836 3900043 11 13 7 13 200 Kandidaat afstand nodig 2014 27 SIMP J2154 1055 9 11 30 50 63 Ouderdom bevraagteken 28 2014 29 SDSS J111010 01 011613 1 10 12 110 130 63 Bevestig 2015 30 2MASS J1119 1137 4 8 7 13 94 Kandidaat afstand nodig 2016 31 WISEA 1147 5 13 7 13 94 Kandidaat afstand nodig 2016 32 Verwysings Wysig Shostak Seth 24 Februarie 2005 Orphan Planets It s a Hard Knock Life Space com 24 Februarie 2005 Besoek op 5 Februarie 2009 by http www space com searchforlife seti orphan planets 050224 html Lloyd Robin 18 April 2001 Free Floating Planets British Team Restakes Dubious Claim Space com 18 April 2001 Besoek op 5 Februarie 2009 by http www space com scienceastronomy astronomy free floaters 010403 1 html Geargiveer 13 Oktober 2008 op Wayback Machine Neil deGrasse Tyson in Cosmos A Spacetime Odyssey soos na verwys op National Geographic Working Group on Extrasolar Planets Definition of a Planet Position Statement on the Definition of a Planet IAU Geargiveer 16 September 2006 op Wayback Machine Rogue planet find makes astronomers ponder theory 6 0 6 1 Joergens V Bonnefoy M Liu Y Bayo A Wolf S Chauvin G Rojo P 2013 OTS 44 Disk and accretion at the planetary border Astronomy amp Astrophysics 558 7 L7 arXiv 1310 1936 Bibcode 2013A amp A 558L 7J doi 10 1051 0004 6361 201322432 MOA 2011 BLG 262 Extrasolar Planets Encyclopaedia exoplanet eu Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2015 Besoek op 1 Februarie 2015 Homeless Planets May Be Common in Our Galaxy Geargiveer 8 Oktober 2012 op Wayback Machine deur Jon Cartwright Science Now 18 Mei 2011 Besoek op 20 Mei 2011 Planets that have no stars New class of planets discovered Physorg com 18 Mei 2011 Besoek op 20 Mei 2011 T Sumi et al 2011 Unbound or Distant Planetary Mass Population Detected by Gravitational Microlensing Nature 473 349 352 arXiv 1105 3544v1 Bibcode 2011Natur 473 349S doi 10 1038 nature10092 Onbekende parameter class geignoreer help Researchers say galaxy may swarm with nomad planets Stanford University Besoek op 29 Februarie 2012 P Mroz et al 2017 No large population of unbound or wide orbit Jupiter mass planets Nature 548 183 186 arXiv 1707 07634 Bibcode 2017Natur 548 183M doi 10 1038 nature23276 Onbekende parameter class geignoreer help Sean Raymond 9 April 2005 Life in the dark in Engels Aeon Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020 Besoek op 9 April 2016 14 0 14 1 14 2 14 3 Stevenson David J Stevens C F 1999 Life sustaining planets in interstellar space Nature 400 6739 32 Bibcode 1999Natur 400 32S doi 10 1038 21811 PMID 10403246 Lissauer J J 1987 Timescales for Planetary Accretion and the Structure of the Protoplanetary disk Icarus 69 2 249 265 Bibcode 1987Icar 69 249L doi 10 1016 0019 1035 87 90104 7 Luhman Kevin L 10 Februarie 2005 Spitzer Identification of the Least Massive Known Brown Dwarf with a Circumstellar Disk Astrophysical Journal Letters 620 1 L51 L54 arXiv astro ph 0502100 Bibcode 2005ApJ 620L 51L doi 10 1086 428613 Zapatero Osorio M R 6 October 2000 Discovery of Young Isolated Planetary Mass Objects in the s Orionis Star Cluster Science 290 103 Bibcode 2000Sci 290 103Z doi 10 1126 science 290 5489 103 Luhman Kevin L 10 Desember 2005 Discovery of a Planetary Mass Brown Dwarf with a Circumstellar Disk Astrophysical Journal Letters 635 93L arXiv astro ph 0511807 Bibcode 2005ApJ 635L 93L doi 10 1086 498868 Artigau Etienne Doyon Rene Lafreniere David Nadeau Daniel Robert Jasmin Albert Loic Discovery of the Brightest T Dwarf in the Northern Hemisphere The Astrophysical Journal Letters 651 1 L57 doi 10 1086 509146 ISSN 1538 4357 Gagne Jonathan Faherty Jacqueline K Burgasser Adam J Artigau Etienne Bouchard Sandie Albert Loic Lafreniere David Doyon Rene Bardalez Gagliuffi Daniella C 15 May 2017 SIMP J013656 5 093347 is Likely a Planetary Mass Object in the Carina Near Moving Group The Astrophysical Journal 841 1 L1 doi 10 3847 2041 8213 aa70e2 ISSN 2041 8213 Marsh Kenneth A 1 February 2010 A Young Planetary Mass Object in the r Oph Cloud Core Astrophysical Journal Letters 709 L158 arXiv 0912 3774 Bibcode 2010ApJ 709L 158M doi 10 1088 2041 8205 709 2 L158 Delorme Philippe 25 September 2012 CFBDSIR2149 0403 a 4 7 Jupiter mass free floating planet in the young moving group AB Doradus Astronomy and Astrophysics 548A 26 arXiv 1210 0305 Bibcode 2012A amp A 548A 26D doi 10 1051 0004 6361 201219984 Liu Michael C 10 November 2013 The Extremely Red Young L Dwarf PSO J318 5338 22 8603 A Free floating Planetary mass Analog to Directly Imaged Young Gas giant Planets Astrophysical Journal Letters 777 1 L20 arXiv 1310 0457 Bibcode 2013ApJ 777L 20L doi 10 1088 2041 8205 777 2 L20 Gagne Jonathan 10 Maart 2014 BANYAN II Very Low Mass and Substellar Candidate Members to Nearby Young Kinematic Groups with Previously Known Signs of Youth Astrophysical Journal 783 121 arXiv 1312 5864 Bibcode 2014ApJ 783 121G doi 10 1088 0004 637X 783 2 121 Schneider Adam C 9 Januarie 2014 Discovery of the Young L Dwarf WISE J174102 78 464225 5 Astronomical Journal 147 34 arXiv 1311 5941 Bibcode 2014AJ 147 34S doi 10 1088 0004 6256 147 2 34 Luhman Kevin L 10 Mei 2014 Discovery of a 250 K Brown Dwarf at 2 pc from the Sun Astrophysical Journal Letters 786 L18 arXiv 1404 6501 Bibcode 2014ApJ 786L 18L doi 10 1088 2041 8205 786 2 L18 Gagne Jonathan 10 April 2014 The Coolest Isolated Brown Dwarf Candidate Member of TWA Astrophysical Journal Letters 785 1 L14 arXiv 1403 3120 Bibcode 2014ApJ 785L 14G doi 10 1088 2041 8205 785 1 L14 Liu Michael C 9 Desember 2016 The Hawaii Infrared Parallax Program II Young Ultracool Field Dwarfs Astrophysical Journal 833 96 arXiv 1612 02426 Bibcode 2016ApJ 833 96L doi 10 3847 1538 4357 833 1 96 Gagne Jonathan 1 September 2014 SIMP J2154 1055 A New Low gravity L4b Brown Dwarf Candidate Member of the Argus Association Astrophysical Journal Letters 792 L17 arXiv 1407 5344 Bibcode 2014ApJ 792L 17G doi 10 1088 2041 8205 792 1 L17 Gagne Jonathan 20 Julie 2015 SDSS J111010 01 011613 1 A New Planetary mass T Dwarf Member of the AB Doradus Moving Group Astrophysical Journal Letters 808 L20 arXiv 1506 04195 Bibcode 2015ApJ 808L 20G doi 10 1088 2041 8205 808 1 L20 Kellogg Kendra 11 April 2016 The Nearest Isolated Member of the TW Hydrae Association is a Giant Planet Analog Astrophysical Journal Letters 821 1 L15 arXiv 1603 08529 Bibcode 2016ApJ 821L 15K doi 10 3847 2041 8205 821 1 L15 Schneider Adam C 21 April 2016 WISEA J114724 10 204021 3 A Free floating Planetary Mass Member of the TW Hya Association Astrophysical Journal Letters 822 1 L1 arXiv 1603 07985 Bibcode 2016ApJ 822L 1S doi 10 3847 2041 8205 822 1 L1 Eksterne skakels WysigDefinisie van n planeet Resolusie B5 IAU Strange New Worlds Could Make Miniature Solar Systems Robert Roy Britt SPACE com 5 Junie 2006 Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Eksoplanete Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Weesplaneet amp oldid 2217756,