×
Duikboot

'n Duikboot (vroeër ook onderseeboot en onderseër) is 'n watervoertuig wat spesifiek ontwerp is om onder water te vaar. Duikbote word gebruik om onderwaternavorsing te doen en om dieper onder die water te werk as wat mense kan duik. Sulke gebruike sluit eksplorasie in en die terugbring van voorwerpe wat gesink het. Die meeste groot vlote gebruik duikbote vir militêre doeleindes.

Die duikboot USS Chicago (SSN 721) onderwater langs die kus van Maleisië
Franse duikboot uit die Eerste Wêreldoorlog
Die USS Cavalla
Motorkamer van die duikboot HMAS Onslow (1969) (Koninklike Australiese Vloot)

Die Engelsman, William Bourne het in 1580 die eerste beskrywing van 'n duikboot gepubliseer. Die eerste werkende duikboot is in 1623 ontwerp vir koning Jakobus I van Engeland deur die Hollander Cornelius Drebbel. Volgens berigte was die duikboot 'n omgekeerde roeiboot met twaalf roeiers wat langs die Teemsrivier af gevaar het. Daar is egter geen aanvaarde verduidelikings van hoe die boot werklik gewerk het nie.

Die eerste duikbote is gebruik om navorsing te doen onder die water. Daar is egter gou gesien dat duikbote geweldige voordele inhou op militêre gebied. Die eerste militêre duikboot is die Skilpad ("Turtle") genoem. Die Turtle het plek gehad vir een persoon en moes met die hand bestuur word. Die geskiedenis van duikbote is deurspek met verhale van duikbote wat gesink of verdwyn het.

Sommige moderne duikbote is kernaangedrewe, kan baie diep duik en kan maande lank onder die water bly.

Inhoud

Die eerste duikbote is aangedryf deur 'n kombinasie van diesel-/elektriese enjins. Wanneer die duikbote op die oppervlak van die see vaar het hy sy dieselenjin gebruik. Terselfdertyd het die dieselenjin ook 'n stel batterye gelaai. Wanneer die duikboot moes duik is die dieselenjin afgeskakel en die elektriese motor aangeskakel. Die duikboot se vermoë om lank onderwater te bly is beperk deur twee faktore: die kapasiteit van die batterye en die hoeveelheid suurstof beskikbaar in die duikboot. In beide gevalle moes die duikboot na die oppervlakte styg sodra een van die faktore kritiek raak. Sodra die dieselenjin aangeskakel is, het dit ook suurstof in die duikboot ingesuig.

Duikbote se spoed tydens die Tweede Wêreldoorlog op die oppervlakte was ongeveer 18 knope en onderwater sowat 7 knope. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Duitsers spesiale voorraadskepe gehad wat die Duitse duikbote van voorrade (voedsel, brandstof en torpedo's) voorsien het in die middel van die oseaan. Sodoende kon die duikbote langer operasioneel bly.

Die eerste kernaangedrewe duikboot was die Amerikaanse Nautilus wat op 21 Januarie 1954 te water gelaat is. Die Nautilus was toegerus met 'n hoëdrukwaterverkoelde kernreaktor. Die volgende kernaangedrewe duikboot was die Seawolf wat in 1957 te water gelaat is, en toegerus was met 'n vloeibare natrium verkoelbare reaktor. Dit was egter nie 'n groot sukses nie en is twee jaar later ook met 'n hoëdrukwaterverkoelde reaktor toegerus. Die Seawolf het egter 'n rekord opgestel deurdat dit vir sestig dae aaneen onderwater was en het in dié tyd 13 000 seemyl afgelê.

Gedurende 1960 het die Amerikaanse kernaangedrewe duikboot Triton van amper 8 000 ton verplasing (onder die water en amper twee keer so groot as die Nautilus en Seawolf) die rekord verbeter toe dit 41 500 seemyl onderwater afgelê het en in die proses om die wêreld gevaar het. Dit het 60 dae en 21 uur geneem om die tog te voltooi.

Die kernduikboot se vermoë om onderwater te bly hang net van een faktor af: die uithouvermoë van die bemanning, dit wil sê hoe lank hulle voedsel hou en die mens se uithouvermoë in so 'n beperkte omgewing. Die duikboot het toerusting wat die lug suiwer hou.

Die volgende groot stap in kernaangedrewe duikbote was die traandruppelontwerp; die duikboot se voorkoms was meer spoelvormig soos dié van 'n vis en is spesifiek gebaseer op die voorkoms van die walvis. Die USS Albacore was 'n eksperimentele duikboot wat met dié vorm ontwerp is. Die Albacore was dieselaangedrewe maar het aanleiding gegee tot die Skipjack-klas duikbote. Alhoewel die hantering van die duikboot op die oppervlakte baie moeiliker was, kon die duikboot 'n groter spoed van sowat 33 knope onder die water handhaaf. Die vinnigste wat 'n tradisionele diesel-/elektriese duikboot in die 1950's onderwater kon vaar was 16 knope. Vandag word alle duikbote met die spoelvorm ontwerp.

Die ontwikkeling van kernaangedrewe duikbote het egter ook sy kwota ongelukke opgelewer.

  • Die USS Thresher, 'n aanvalsduikboot, het op 10 April 1963 in die Atlantiese Oseaan met sy hele bemanning gesink. Gebaseer op die kommunikasie tussen die Thresher en sy basis, word daar vermoed dat 'n hoëdrukwaterpyp moontlik gebars het wat elektriese foute veroorsaak het. Die wrak lê 2 600 m onder water.
  • Op 22 Mei 1968 het die USS Scorpion gesink (die tweede duikboot met die naam Scorpion nadat die eerste herdoop is na George Washington tydens 'n ombouing) met sy bemanning van 66 naby die Asore. Geen amptelike verklaring is ooit uitgereik omtrent die oorsaak van die ongeluk nie en die wrak lê onder 3 006 m water.
  • Op 11 April 1970 het 'n Russiese duikboot van die November-klas naby Spanje gesink. Die wrak lê 4 680 m diep.
  • Op 3 Oktober 1986 sink 'n Russiese duikboot, K219, oos van Bermuda. Die radioaktiewe plutonium het die seebodem vergiftig. Die wrak lê 5 000 m diep.
  • Op 7 April 1989 sink die Russiese duikboot Komsomolets naby die kus van Noorweë. Die wrak lê 1 371 m diep.
  • Op 12 Augustus 2000 sink die Russiese kernduikboot, Koersk in die Barentssee en 118 seemanne sterf.

Met die beskikbaarheid van twee kernkragaangedrewe duikbote gedurende die 1950's het Amerika 'n groot strategiese voordeel gehad. Die duikbote kon onder die Noordpool deurvaar en onder die yspak skuil en het selfs by die pool deur die ys gebreek.

Die Sowjetunie het hulle eerste kernduikbote in die loop van 1958 voltooi, die Novemberklas. Die Verenigde Koninkryk het eers in 1963 oor 'n kernkragduikboot beskik nadat hulle 'n kernaandryfreaktor van Amerika gekoop en dit in die Dreadnought geïnstalleer het. Op 15 September 1966 het Brittanje die HMS Resolution te water gelaat, die eerste duikboot wat geheel en al in Brittanje gebou is.

Frankryk het eers in 1969 oor 'n kernkragduikboot beskik toe die Le Redoutable met toetsvaarte begin het.

Tradisioneel is duikbote toegerus met torpedo's en enkele ligte kanonne en masjiengewere. Na afloop van die Tweede Wêreldoorlog het die groot militêre moondhede hulself toegerus met interkontinentale ballistiese missiele ((en) ICBM) wat op land gebaseer en met kernplofkoppe toegerus was. Amerika het op daardie stadium ook voortdurend strategiese bomwerpers in die lug gehad wat kernwapens gedra het.

Die Amerikaners was onseker oor die betroubaarheid van die stelsel en het beplan om hulle Jupitermissiele op die duikbote aan te bring. Uiteindelik het hulle die Polaris A.1 missiel ontwerp wat uit duikbote gelanseer kon word terwyl hulle onderwater is. Die eerste duikboot (die voormalige Scorpion word USS George Washington na die ombouing) het sestien sulke missiele gedra. Die latere Polaris A.3 missiel se reikafstand is 2 500 myl.

Die voordeel van missieldraende duikbote is dat hulle voortdurend rondbeweeg onder die water, byna nooit sigbaar is nie, selfs onder die Noordpool se ys kan skuil en letterlik uit enige plek in die oseaan missiele kan lanseer. Sulke duikbote kan slegs met groot moeite opgespoor word. Jagterduikbote is spesiaal ontwerp en toegerus met sonar onderwateropsporingstoerusting vir die taak.

Duikbote word gebruik om navorsing te doen en die oseane te bestudeer aangesien die mens nie op sy eie so diep kan duik nie. Op 23 Januarie 1960 het die Trieste, met Lt. Don Walsh en Jacques Piccard aan boord, die bodem van die Mariana-trog bereik, sowat 35 800 voet diep.

Die klein duikboot Geo is gebruik om die selakant te bestudeer naby die Comore gedurende Januarie 1987.

Alhoewel duikbote ontwikkel word as vaartuie wat grootliks onder die oppervlak opereer, word daar verwag dat dit net so funksioneel as oppervlakvaartuie sal wees. Onder die oppervlak kan 'n duikboot egter geen lug van binne die romp met die skoon lug bo die see verwissel nie, en is gevolglik aangewese op die instandhouding van 'n kunsmatige atmosfeer. Aangesien daar verder verwag word dat die vaartuig vir lang tye ondergedompel sal bly, bied dit uitdagings vir die skep van 'n gesonde en gerieflike leefruimte vir die bemanning. Lugdruk en lugsamestelling word deurlopend gemonitor en beheer, en twee van die belangrikste parameters is CO2- en O2-vlakke. CO2-vlakke moet naamlik nie te hoog styg nie, en O2-vlakke moet weer nie te laag daal nie. Dit is moontlik om atmosferiese druk en die suurstof-, stikstof- en koolsuurgasverhouding dieselde as op die oppervlak te hou. Om 'n brand aanboord te voorkom of te onderdruk, kan die druk binne die romp egter met 10% verhoog word, terwyl die parsiële druk van suurstof op 'n minimum van 140 mmHg gehou word. Asemhaling word hierdeur geensins beïnvloed nie, maar enige vuur sal hoogstens smeul en maklik geblus kan word.

Die Suid-Afrikaanse Vloot het gedurende die vroeë sewentigerjare hulle eerste drie Daphné-klas duikbote van Frankryk gekoop met diesel/elektriese aandrywing. Die duikbote was:

  • SAS Johanna van der Merwe (herdoop SAS Assegaai)
  • SAS Emily Hobhouse (herdoop SAS Umkhonto)
  • SAS Maria van Riebeeck (herdoop SAS Spear)

Al drie duikbote is uit diens gestel.

Die volgende duikbote is later aangekoop:

  • SAS Manthatisi - 2007
  • SAS Charlotte Maxeke - 2007
  • SAS Queen Modjadji - 2008
  1. Simbool van Sowjetunie se val. Beeld, 22 Augustus 2015
  2. Collier's Encyclopedia. Vol 21. 1970. Bl 578
  3. * QUEST: Science for South Africa. Volume 8. Nommer 1. ISSN 1729-830X
  4. Trent, Richard W. (Januarie 2001). . ASHRAE. 43 (1).
  5. , Dan del Sobral, Quora (26 Oktober 2020)
  6. Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9

Publikasie datum: September 27, 2021

duikboot, vroeër, onderseeboot, onderseër, watervoertuig, spesifiek, ontwerp, onder, water, vaar, duikbote, word, gebruik, onderwaternavorsing, doen, dieper, onder, water, werk, mense, duik, sulke, gebruike, sluit, eksplorasie, terugbring, voorwerpe, gesink, m. n Duikboot vroeer ook onderseeboot en onderseer is n watervoertuig wat spesifiek ontwerp is om onder water te vaar Duikbote word gebruik om onderwaternavorsing te doen en om dieper onder die water te werk as wat mense kan duik Sulke gebruike sluit eksplorasie in en die terugbring van voorwerpe wat gesink het Die meeste groot vlote gebruik duikbote vir militere doeleindes Die duikboot USS Chicago SSN 721 onderwater langs die kus van Maleisie Franse duikboot uit die Eerste Wereldoorlog Die USS Cavalla Motorkamer van die duikboot HMAS Onslow 1969 Koninklike Australiese Vloot Die Engelsman William Bourne het in 1580 die eerste beskrywing van n duikboot gepubliseer Die eerste werkende duikboot is in 1623 ontwerp vir koning Jakobus I van Engeland deur die Hollander Cornelius Drebbel Volgens berigte was die duikboot n omgekeerde roeiboot met twaalf roeiers wat langs die Teemsrivier af gevaar het Daar is egter geen aanvaarde verduidelikings van hoe die boot werklik gewerk het nie Die eerste duikbote is gebruik om navorsing te doen onder die water Daar is egter gou gesien dat duikbote geweldige voordele inhou op militere gebied Die eerste militere duikboot is die Skilpad Turtle genoem Die Turtle het plek gehad vir een persoon en moes met die hand bestuur word Die geskiedenis van duikbote is deurspek met verhale van duikbote wat gesink of verdwyn het Sommige moderne duikbote is kernaangedrewe kan baie diep duik en kan maande lank onder die water bly Inhoud 1 Diesel elektriese duikbote 2 Kernaangedrewe duikbote 3 Ongelukke van kernaangedrewe duikbote 4 Kernduikbootontwikkeling in ander lande 5 Wapenstelsels in duikbote 6 Wetenskaplike navorsing 7 Lugversorging 8 Duikbote in Suid Afrika 9 Sien ook 10 Bron 11 VerwysingsDiesel elektriese duikbote WysigDie eerste duikbote is aangedryf deur n kombinasie van diesel elektriese enjins Wanneer die duikbote op die oppervlak van die see vaar het hy sy dieselenjin gebruik Terselfdertyd het die dieselenjin ook n stel batterye gelaai Wanneer die duikboot moes duik is die dieselenjin afgeskakel en die elektriese motor aangeskakel Die duikboot se vermoe om lank onderwater te bly is beperk deur twee faktore die kapasiteit van die batterye en die hoeveelheid suurstof beskikbaar in die duikboot In beide gevalle moes die duikboot na die oppervlakte styg sodra een van die faktore kritiek raak Sodra die dieselenjin aangeskakel is het dit ook suurstof in die duikboot ingesuig Duikbote se spoed tydens die Tweede Wereldoorlog op die oppervlakte was ongeveer 18 knope en onderwater sowat 7 knope Tydens die Tweede Wereldoorlog het die Duitsers spesiale voorraadskepe gehad wat die Duitse duikbote van voorrade voedsel brandstof en torpedo s voorsien het in die middel van die oseaan Sodoende kon die duikbote langer operasioneel bly Kernaangedrewe duikbote WysigDie eerste kernaangedrewe duikboot was die Amerikaanse Nautilus wat op 21 Januarie 1954 te water gelaat is Die Nautilus was toegerus met n hoedrukwaterverkoelde kernreaktor Die volgende kernaangedrewe duikboot was die Seawolf wat in 1957 te water gelaat is en toegerus was met n vloeibare natrium verkoelbare reaktor Dit was egter nie n groot sukses nie en is twee jaar later ook met n hoedrukwaterverkoelde reaktor toegerus Die Seawolf het egter n rekord opgestel deurdat dit vir sestig dae aaneen onderwater was en het in die tyd 13 000 seemyl afgele Gedurende 1960 het die Amerikaanse kernaangedrewe duikboot Triton van amper 8 000 ton verplasing onder die water en amper twee keer so groot as die Nautilus en Seawolf die rekord verbeter toe dit 41 500 seemyl onderwater afgele het en in die proses om die wereld gevaar het Dit het 60 dae en 21 uur geneem om die tog te voltooi Die kernduikboot se vermoe om onderwater te bly hang net van een faktor af die uithouvermoe van die bemanning dit wil se hoe lank hulle voedsel hou en die mens se uithouvermoe in so n beperkte omgewing Die duikboot het toerusting wat die lug suiwer hou Die volgende groot stap in kernaangedrewe duikbote was die traandruppelontwerp die duikboot se voorkoms was meer spoelvormig soos die van n vis en is spesifiek gebaseer op die voorkoms van die walvis Die USS Albacore was n eksperimentele duikboot wat met die vorm ontwerp is Die Albacore was dieselaangedrewe maar het aanleiding gegee tot die Skipjack klas duikbote Alhoewel die hantering van die duikboot op die oppervlakte baie moeiliker was kon die duikboot n groter spoed van sowat 33 knope onder die water handhaaf Die vinnigste wat n tradisionele diesel elektriese duikboot in die 1950 s onderwater kon vaar was 16 knope Vandag word alle duikbote met die spoelvorm ontwerp Ongelukke van kernaangedrewe duikbote WysigDie ontwikkeling van kernaangedrewe duikbote het egter ook sy kwota ongelukke opgelewer 1 Die USS Thresher n aanvalsduikboot het op 10 April 1963 in die Atlantiese Oseaan met sy hele bemanning gesink Gebaseer op die kommunikasie tussen die Thresher en sy basis word daar vermoed dat n hoedrukwaterpyp moontlik gebars het wat elektriese foute veroorsaak het Die wrak le 2 600 m onder water Op 22 Mei 1968 het die USS Scorpion gesink die tweede duikboot met die naam Scorpion nadat die eerste herdoop is na George Washington tydens n ombouing met sy bemanning van 66 naby die Asore Geen amptelike verklaring is ooit uitgereik omtrent die oorsaak van die ongeluk nie en die wrak le onder 3 006 m water Op 11 April 1970 het n Russiese duikboot van die November klas naby Spanje gesink Die wrak le 4 680 m diep Op 3 Oktober 1986 sink n Russiese duikboot K219 oos van Bermuda Die radioaktiewe plutonium het die seebodem vergiftig Die wrak le 5 000 m diep Op 7 April 1989 sink die Russiese duikboot Komsomolets naby die kus van Noorwee Die wrak le 1 371 m diep Op 12 Augustus 2000 sink die Russiese kernduikboot Koersk in die Barentssee en 118 seemanne sterf Kernduikbootontwikkeling in ander lande WysigMet die beskikbaarheid van twee kernkragaangedrewe duikbote gedurende die 1950 s het Amerika n groot strategiese voordeel gehad Die duikbote kon onder die Noordpool deurvaar en onder die yspak skuil en het selfs by die pool deur die ys gebreek Die Sowjetunie het hulle eerste kernduikbote in die loop van 1958 voltooi die Novemberklas Die Verenigde Koninkryk het eers in 1963 oor n kernkragduikboot beskik nadat hulle n kernaandryfreaktor van Amerika gekoop en dit in die Dreadnought geinstalleer het Op 15 September 1966 het Brittanje die HMS Resolution te water gelaat die eerste duikboot wat geheel en al in Brittanje gebou is Frankryk het eers in 1969 oor n kernkragduikboot beskik toe die Le Redoutable met toetsvaarte begin het Wapenstelsels in duikbote WysigTradisioneel is duikbote toegerus met torpedo s en enkele ligte kanonne en masjiengewere Na afloop van die Tweede Wereldoorlog het die groot militere moondhede hulself toegerus met interkontinentale ballistiese missiele en ICBM wat op land gebaseer en met kernplofkoppe toegerus was Amerika het op daardie stadium ook voortdurend strategiese bomwerpers in die lug gehad wat kernwapens gedra het Die Amerikaners was onseker oor die betroubaarheid van die stelsel en het beplan om hulle Jupitermissiele op die duikbote aan te bring Uiteindelik het hulle die Polaris A 1 missiel ontwerp wat uit duikbote gelanseer kon word terwyl hulle onderwater is Die eerste duikboot die voormalige Scorpion word USS George Washington na die ombouing het sestien sulke missiele gedra Die latere Polaris A 3 missiel se reikafstand is 2 500 myl Die voordeel van missieldraende duikbote is dat hulle voortdurend rondbeweeg onder die water byna nooit sigbaar is nie selfs onder die Noordpool se ys kan skuil en letterlik uit enige plek in die oseaan missiele kan lanseer Sulke duikbote kan slegs met groot moeite opgespoor word Jagterduikbote is spesiaal ontwerp en toegerus met sonar onderwateropsporingstoerusting vir die taak Wetenskaplike navorsing WysigDuikbote word gebruik om navorsing te doen en die oseane te bestudeer aangesien die mens nie op sy eie so diep kan duik nie Op 23 Januarie 1960 het die Trieste met Lt Don Walsh en Jacques Piccard aan boord die bodem van die Mariana trog bereik sowat 35 800 voet diep 2 Die klein duikboot Geo is gebruik om die selakant te bestudeer naby die Comore gedurende Januarie 1987 3 Lugversorging WysigAlhoewel duikbote ontwikkel word as vaartuie wat grootliks onder die oppervlak opereer word daar verwag dat dit net so funksioneel as oppervlakvaartuie sal wees Onder die oppervlak kan n duikboot egter geen lug van binne die romp met die skoon lug bo die see verwissel nie en is gevolglik aangewese op die instandhouding van n kunsmatige atmosfeer Aangesien daar verder verwag word dat die vaartuig vir lang tye ondergedompel sal bly bied dit uitdagings vir die skep van n gesonde en gerieflike leefruimte vir die bemanning 4 Lugdruk en lugsamestelling word deurlopend gemonitor en beheer en twee van die belangrikste parameters is CO2 en O2 vlakke CO2 vlakke moet naamlik nie te hoog styg nie en O2 vlakke moet weer nie te laag daal nie Dit is moontlik om atmosferiese druk en die suurstof stikstof en koolsuurgasverhouding dieselde as op die oppervlak te hou Om n brand aanboord te voorkom of te onderdruk kan die druk binne die romp egter met 10 verhoog word terwyl die parsiele druk van suurstof op n minimum van 140 mmHg gehou word Asemhaling word hierdeur geensins beinvloed nie maar enige vuur sal hoogstens smeul en maklik geblus kan word 5 Duikbote in Suid Afrika WysigDie Suid Afrikaanse Vloot het gedurende die vroee sewentigerjare hulle eerste drie Daphne klas duikbote van Frankryk gekoop met diesel elektriese aandrywing Die duikbote was SAS Johanna van der Merwe herdoop SAS Assegaai SAS Emily Hobhouse herdoop SAS Umkhonto SAS Maria van Riebeeck herdoop SAS Spear Al drie duikbote is uit diens gestel Die volgende duikbote is later aangekoop SAS Manthatisi 2007 SAS Charlotte Maxeke 2007 SAS Queen Modjadji 2008 6 Sien ook WysigNautilus 1800 duikboot U 107 Kriegsmarine HMS UpholderBron WysigThe Encyclopedia of Sea Warfare Spring Books 1975 ISBN 0 600 33111 3Verwysings Wysig Simbool van Sowjetunie se val Beeld 22 Augustus 2015 Collier s Encyclopedia Vol 21 1970 Bl 578 QUEST Science for South Africa Volume 8 Nommer 1 ISSN 1729 830X Trent Richard W Januarie 2001 Air Conditioning in Submarines ASHRAE 43 1 Why won t cigarettes burn in submarines Dan del Sobral Quora 26 Oktober 2020 Die Suid Afrikaanse Gids feite en wenke Isabel Uys 2009 ISBN 978 1 86919 324 9Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Duikboot amp ol,