×
Driehoek-sterrestelsel

Die Driehoek-sterrestelsel (ook bekend as onder meer Messier 33 en NGC 0598) is ’n sterrestelsel sowat 3 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Driehoek. Dit is die derde grootste sterrestelsel in die Plaaslike Groep, wat die Melkweg, Andromeda en sowat 30 ander, kleiner stelsels insluit. Dit is een van die verste permanente voorwerpe wat met die blote oog gesien kan word.

Driehoek-sterrestelsel
Messier 33, die Driehoek-sterrestelsel.
Soort stelsel Spiraalsterrestelsel
Sterrebeeld Driehoek
Messier-naam Messier 33
Tipe SA(s)cd
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 01h 33m 50,02s
Deklinasie +30º 39' 36,7"
Skynmagnitude 5,72
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 2,38-3,07 miljoen
Skynbare grootte 70,8' × 41,7'
Aantal sterre 40 biljoen (4×1010)
Ander name NGC 0598, MCG +05-04-069, 1ES 0131+303, RX J0133.8+3039, PGC 005818
Portaal Sterrekunde

Inhoud

NGC 604 in die Driehoek-sterrestelsel.
’n Infrarooi foto van M33 geneem deur die Spitzer-ruimteteleskoop.
’n Ultraviolet-foto van M33 deur die Galex-sterrewag.

Die Driehoek-sterrestelsel is waarskynlik voor 1654 ontdek deur die Italiaanse sterrekundige Giovanni Battista Hodierna. Hy het dit beskryf as ’n newelagtige voorwerp "naby die Driehoek". Die sigbare helderheid stem ooreen met dié van M33 en dit is dus heel waarskynlik ’n verwysing na die Driehoek-sterrestelsel.

Charles Messier het dit op 25–26 Augustus 1764 onafhanklik ontdek en dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Toe William Herschel sy uitgebreide katalogus van newels saamgestel het, was hy versigtig om nie die meeste voorwerpe wat deur Messier geïdentifiseer is, te noem nie. M33 was egter ’n uitsondering en hy het dit op 11 September 1784 as H V-17 gekatalogiseer.

Herschel het ook die grootste en helderste H II-gebied in die Driehoek afsonderlik in sy katalogus opgeneem as H III.150. Dit het eindelik die nommer NGC 604 gekry. Soos van die Aarde af gesien, is NGC 604 noordoos van die sterrestelsel se sentrale kern geleë. Dit is een van die grootste bekende H II-streke, met ’n deursnee van byna 1 500 ligjare en ’n elektromagnetiese spektrum soortgelyk aan dié van die Orion-newel. Herschel het ook drie ander, kleiner H II-gebiede waargeneem (NGC 588, 592 en 595).

Lord Rosse het die stelsel in 1850 as ’n "spiraalnewel" geklassifiseer. In 1922–'23 het John Charles Duncan en Max Wolf veranderlike sterre in die sterrestelsel ontdek. Edwin Hubble het in 1926 gevind dat 35 van hierdie sterre Cepheïede is, en dit het hom in staat gestel om hul afstand te bereken. Die resultaat het ooreengestem met die konsep dat spiraalnewels onafhanklike galaktiese stelsels van gas en stof is, eerder as newels in die Melkweg.

Met ’n deursnee van sowat 50 000 ligjare is die Driehoek die derde grootste sterrestelsel in die Plaaslike Groep, wat ook die Melkweg insluit, en dit kan deur swaartekrag verbind wees aan die Andromeda-sterrestelsel, ook in die Plaaslike Groep. Die Driehoek-stelsel kan tot 40 miljard sterre bevat, in vergelyking met 400 miljard in die Melkweg en 1 biljoen in Andromeda.

Ligging en struktuur

Ramings van die afstand van die Driehoek-sterrestelsel wissel van 2 380 tot 3 070 ligjare (730 tot 940 parsek), met die meeste ramings sedert die jaar 2000 in die middel daarvan. In 2006 het ’n groep sterrekundiges aangekondig dat hulle ’n verduisterende dubbelster in die Driehoek-sterrestelsel ontdek het. Deur die verduisterings van die twee sterre te bestudeer, kon hulle hul groottes meet. As die grootte en temperatuur van sterre bekend is, kan hul absolute magnitude bereken word, en wanneer die absolute magnitude bekend is, kan hul afstand bereken word. Hulle het bereken die sterre lê 3 070 ± 240 kilo-ligjare (940 ± 74 kilo-parsek) van hier.

In die Franse sterrekundige Gérard de Vaucouleurs se hersiene Hubble Sandage (VRHS)-stelsel van klassifikasie is die Driehoek-sterrestelsel tipe SA(s)cd. Die "S" dui aan dat dit ’n skyfvormige sterrestelsel is met prominente arms van gas en stof wat van die kern af uitspiraal – dit is algemeen bekend as ’n spiraalsterrestelsel. Die "A" dui aan die kern het nie ’n staafstruktuur in die middel soos by staafspiraalsterrestelsels nie. Die "(s)" beteken die arms kom direk uit die sentrale deel en die "cd" dui aan dat die spiraalarms nie baie dig is nie.

Dit is ’n geïsoleerde sterrestelsel en daar is geen aanduiding van onlangse samesmeltings of interaksies met ander stelsels nie. Hoewel die Driehoek geklassifiseer word as ’n staaflose stelsel, dui ondersoeke daarop dat daar wel ’n swak staaf-tipe struktuur in die kern kan wees. Die kern is ’n H II-gebied en dit bevat ’n ultrahelder X-straalbron met ’n emissie van 1,2 × 1039 erg s−1, wat die helderste bron van X-strale in die Plaaslike Groep van sterrestelsels is.

Stervorming

’n Groter mate van stervorming vind in die Driehoek-stelsel plaas as in Andromeda: daar is ’n toename van sowat 0,45 ± 0,1 sonmassas per jaar. Dit is onseker of dié tempo toeneem of konstant bly.

Die vier helderste H II-gebiede word NGC 588, 592, 595 en 604 genoem. Laasgenoemde is die helderste en kon sowat 3 miljoen jaar gelede ’n uitbarsting van stervorming ondergaan het. Dit is die tweede helderste H II-gebied in die Plaaslike Groep.

Die geraamde tempo van supernova-ontploffings in die Driehoek-sterrestelsel is 0,06 tipe Ia- en 0,62 tipe Ib- en Ic-supernova per eeu. Dit kom neer op ’n gemiddeld van een supernova-ontploffing elke 147 jaar. Sedert 2008 is altesaam 100 supernova-oorblyfsels in die sterrestelsel ontdek, die meeste in die suidelike helfte. Dieselfde asimmetriese voorkoms geld vir H I- en H II-gebiede en vir helder streke met O-tipe hoofreekssterre.

Sowat 54 bolvormige sterreswerms is in die sterrestel geïdentifiseer, maar daar is vermoedelik 122 of meer. Die swerms wat geïdentifiseer is, kan ’n paar miljard jaar jonger wees as dié in die Melkweg, en dit lyk of swermvorming die afgelope 100 miljoen jaar toegeneem het. Dit word toegeskryf aan ’n invloei van gas na die middel van die sterrestelsel.

In 2007 is ’n swartkolk van sowat 15,7 sonmassas waargeneem. Die kolk, M33 X-7, wentel om ’n metgesel-ster en verduister dit elke 3,5 dae. Dit is die grootste bekende swartkolk wat veroorsaak is deur die inploffing van ’n massiewe ster.

Verhouding met Andromeda

Daar is vermoedelik ’n verbinding tussen die Driehoek- en die Andromeda-sterrestelsel. Dit dui op ’n interaksie tussen die twee stelsels tussen 2 en 8 miljard jaar gelede, en ’n gewelddadiger botsing oor sowat 2,5 miljard jaar.

Die toekoms van die Driehoek-stelsel is onbekend, maar dit lyk of dit beïnvloed sal word deur die groter Andromeda. Voorgestelde toekomstige scenario's wissel van ’n uiteenskeuring en opname deur Andromeda, waardeur hy baie waterstof van Andromeda sal kry om nuwe sterre te vorm of al sy gas (en dus sy vermoë om nuwe sterre te vorm) sal verloor, tot ’n deelname aan die botsing tussen die Melkweg en Andromeda, waarna dit waarskynlik om die saamgesmelte stelsels sal wentel en later daarmee saamsmelt. Twee ander moontlikhede is ’n botsing met die Melkweg voor laasgenoemde met Andromeda bots, of ’n uitwerping uit die Plaaslike Groep.

  1. . NASA/IPAC Extragalactic Database (in Engels). NASA/IPAC/JPL. vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2002. Besoek op1 Desember 2006.
  2. Fodera-Serio, G.; Indorato, L.; Nastasi, P. (1985). "Hodierna's Observations of Nebulae and his Cosmology". Journal of the History of Astronomy. 16 (1): 1–36. Bibcode:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  3. Jones, Kenneth Glyn (1991). Messier's nebulae and star clusters. The Practical astronomy handbook series (2nd uitg.). Cambridge University Press. p. 366. ISBN 0-521-37079-5.
  4. Mullaney, James (2007). The Herschel objects and how to observe them. Astronomers' Observing Guides. Springer. pp. 16–17. ISBN 0-387-68124-8.
  5. Van den Bergh, Sidney (2000). The galaxies of the Local Group. Cambridge astrophysics series. 35. Cambridge University Press. p. 72. ISBN 0-521-65181-6.
  6. Michon, Gerard P. (in Japannees). vanaf die oorspronklike op 11 April 2020. Besoek op7 Januarie 2010.
  7. Bonanos, A. Z. (2006). "The First DIRECT Distance to a Detached Eclipsing Binary in M33". Astrophysics and Space Science. 304 (1–4): 207. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  8. Magrini, Laura; Stanghellini, Letizia; Villaver, Eva (2009). "The Planetary Nebula Population of M33 and its Metallicity Gradient: A Look Into the Galaxy's Distant Past". The Astrophysical Journal. 696 (1): 729–740. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  9. Buta, Ronald James; Corwin, Harold G.; Odewahn, Stephen C. (2007). The de Vaucouleurs atlas of galaxies. Cambridge University Press. pp. 1–16, 88. ISBN 0-521-82048-0.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  10. Verley, S.; Corbelli, E.; Giovanardi, C.; Hunt, L. K. (2009). "Star formation in M 33: multiwavelength signatures across the disk". Astronomy and Astrophysics. 493 (2): 453–466. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  11. Zhang, J. S.; Henkel, C.; Guo, Q.; Wang, H. G.; Fan, J. H. (2010). "On the Nuclear Obscuration of H2O Maser Galaxy". Astrophysical Journal. 708 (2): 1528–1536. arXiv:. Bibcode:. doi:.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  12. Dubus, G.; Charles, P. A.; Long, K. S. (2004). "High resolution Chandra X-ray imaging of the nucleus of M 33". Astronomy and Astrophysics. 425 (1): 95–98. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  13. Corbelli, E.; Verley, S.; Elmegreen, B. G.; Giovanardi, C. (2009). "The cluster birthline in M 33". Astronomy and Astrophysics. 495 (2): 479–490. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  14. Heyer, Mark H.; Corbelli, Edvige; Schneider, Stephen E.; Young, Judith S. (2004). "The Molecular Gas Distribution and Schmidt Law in M33". The Astrophysical Journal. 602 (2): 723–729. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  15. Keel, William C.; Holberg, Jay B.; Treuthardt, Patrick M. (2004). "Far-Ultraviolet Spectroscopy of Star-forming Regions in Nearby Galaxies: Stellar Populations and Abundance Indicators". The Astronomical Journal. 128 (1): 211–223. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  16. Tammann, G. A.; Loeffler, W.; Schroeder, A. (1994). "The Galactic supernova rate". The Astrophysical Journal Supplement Series. 92 (2): 487–493. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  17. Plucinsky, Paul P. (2008). "Chandra ACIS Survey of M33 (ChASeM33): A First Look". The Astrophysical Journal Supplement Series. 174 (2): 366–378. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help);Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
  18. David Bishop. (in Engels). supernovae.net (International Supernovae Network). vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2012. Besoek op11 September 2010.
  19. Zloczewski, K.; Kaluzny, J.; Hartman, J. (2008). "Photometric Survey for Stellar Clusters in the Outer Part of M33". Acta Astronomica. 58: 23–39. arXiv:. Bibcode:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  20. Abubekerov, M. K.; Antokhina, E. A.; Bogomazov, A. I.; Cherepashchuk, A. M. (2009). "The mass of the black hole in the X-ray binary M33 X-7 and the evolutionary status of M33 X-7 and IC 10 X-1". Astronomy Reports. 53 (3): 232–242. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  21. Morcone, Jennifer (17 Oktober 2007). . Chandra X-ray Observatory press release (in Engels). vanaf die oorspronklike op 3 Augustus 2019. Besoek op13 Februarie 2010.
  22. Davidge, T.J.; Connachie, A.W.; Fardal, M.A.; Fliri, J.; Valls-Gabaud, D.; Chapman, S.C.; Lewis, G.F.; Rich, R.M. (2012). "The Recent Stellar Archeology of M31—The Nearest Red Disk Galaxy". The Astrophysical Journal. 751 (1). arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |article id.= geïgnoreer (help);Onbekende parameter |display= geïgnoreer (help)
  23. Bekki K. (2008). "Formation of a giant HI bridge between M31 and M33 from their tidal interaction". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society (Letters). 390 (1): L24–L28. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
  24. Putman, M. E.; et al. (2009). "The Disruption and Fueling of M33". The Astrophysical Journal. 703 (2): 1486–1501. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |las6= geïgnoreer (help);Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help);|first6= missing |last6= (help)
  25. van der Marel, Roeland P.; et al. (2012). "The M31 Velocity Vector. III. Future Milky Way-M31-M33 Orbital Evolution, Merging, and Fate of the Sun". The Astrophysical Journal. 753 (1). arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |article id.= geïgnoreer (help);Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)

Koördinate:

Publikasie datum: September 26, 2021

driehoek, sterrestelsel, bekend, onder, meer, messier, 0598, sterrestelsel, sowat, miljoen, ligjare, aarde, sterrebeeld, driehoek, derde, grootste, sterrestelsel, plaaslike, groep, melkweg, andromeda, sowat, ander, kleiner, stelsels, insluit, verste, permanent. Die Driehoek sterrestelsel ook bekend as onder meer Messier 33 en NGC 0598 is n sterrestelsel sowat 3 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Driehoek Dit is die derde grootste sterrestelsel in die Plaaslike Groep wat die Melkweg Andromeda en sowat 30 ander kleiner stelsels insluit Dit is een van die verste permanente voorwerpe wat met die blote oog gesien kan word Driehoek sterrestelselMessier 33 die Driehoek sterrestelsel Soort stelsel SpiraalsterrestelselSterrebeeld DriehoekMessier naam Messier 33Tipe SA s cd 1 Waarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 01h 33m 50 02sDeklinasie 30º 39 36 7 Skynmagnitude 5 72BesonderhedeAfstand ligjaar 2 38 3 07 miljoenSkynbare grootte 70 8 41 7 Aantal sterre 40 biljoen 4 1010 Ander name NGC 0598 MCG 05 04 069 1ES 0131 303 RX J0133 8 3039 PGC 005818Portaal Sterrekunde Inhoud 1 Geskiedenis en waarneming 1 1 Ligging en struktuur 1 2 Stervorming 1 3 Verhouding met Andromeda 2 Verwysings 3 Eksterne skakelsGeskiedenis en waarneming Wysig NGC 604 in die Driehoek sterrestelsel n Infrarooi foto van M33 geneem deur die Spitzer ruimteteleskoop n Ultraviolet foto van M33 deur die Galex sterrewag Die Driehoek sterrestelsel is waarskynlik voor 1654 ontdek deur die Italiaanse sterrekundige Giovanni Battista Hodierna Hy het dit beskryf as n newelagtige voorwerp naby die Driehoek Die sigbare helderheid stem ooreen met die van M33 en dit is dus heel waarskynlik n verwysing na die Driehoek sterrestelsel 2 Charles Messier het dit op 25 26 Augustus 1764 onafhanklik ontdek en dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem Toe William Herschel sy uitgebreide katalogus van newels saamgestel het was hy versigtig om nie die meeste voorwerpe wat deur Messier geidentifiseer is te noem nie 3 M33 was egter n uitsondering en hy het dit op 11 September 1784 as H V 17 gekatalogiseer 4 Herschel het ook die grootste en helderste H II gebied in die Driehoek afsonderlik in sy katalogus opgeneem as H III 150 Dit het eindelik die nommer NGC 604 gekry Soos van die Aarde af gesien is NGC 604 noordoos van die sterrestelsel se sentrale kern gelee Dit is een van die grootste bekende H II streke met n deursnee van byna 1 500 ligjare en n elektromagnetiese spektrum soortgelyk aan die van die Orion newel Herschel het ook drie ander kleiner H II gebiede waargeneem NGC 588 592 en 595 Lord Rosse het die stelsel in 1850 as n spiraalnewel geklassifiseer In 1922 23 het John Charles Duncan en Max Wolf veranderlike sterre in die sterrestelsel ontdek Edwin Hubble het in 1926 gevind dat 35 van hierdie sterre Cepheiede is en dit het hom in staat gestel om hul afstand te bereken Die resultaat het ooreengestem met die konsep dat spiraalnewels onafhanklike galaktiese stelsels van gas en stof is eerder as newels in die Melkweg 5 Met n deursnee van sowat 50 000 ligjare is die Driehoek die derde grootste sterrestelsel in die Plaaslike Groep wat ook die Melkweg insluit en dit kan deur swaartekrag verbind wees aan die Andromeda sterrestelsel ook in die Plaaslike Groep Die Driehoek stelsel kan tot 40 miljard sterre bevat in vergelyking met 400 miljard in die Melkweg en 1 biljoen in Andromeda 6 Ligging en struktuur Wysig Ramings van die afstand van die Driehoek sterrestelsel wissel van 2 380 tot 3 070 ligjare 730 tot 940 parsek met die meeste ramings sedert die jaar 2000 in die middel daarvan 7 8 In 2006 het n groep sterrekundiges aangekondig dat hulle n verduisterende dubbelster in die Driehoek sterrestelsel ontdek het Deur die verduisterings van die twee sterre te bestudeer kon hulle hul groottes meet As die grootte en temperatuur van sterre bekend is kan hul absolute magnitude bereken word en wanneer die absolute magnitude bekend is kan hul afstand bereken word Hulle het bereken die sterre le 3 070 240 kilo ligjare 940 74 kilo parsek van hier 7 In die Franse sterrekundige Gerard de Vaucouleurs se hersiene Hubble Sandage VRHS stelsel van klassifikasie is die Driehoek sterrestelsel tipe SA s cd Die S dui aan dat dit n skyfvormige sterrestelsel is met prominente arms van gas en stof wat van die kern af uitspiraal dit is algemeen bekend as n spiraalsterrestelsel Die A dui aan die kern het nie n staafstruktuur in die middel soos by staafspiraalsterrestelsels nie Die s beteken die arms kom direk uit die sentrale deel en die cd dui aan dat die spiraalarms nie baie dig is nie 9 Dit is n geisoleerde sterrestelsel en daar is geen aanduiding van onlangse samesmeltings of interaksies met ander stelsels nie 10 Hoewel die Driehoek geklassifiseer word as n staaflose stelsel dui ondersoeke daarop dat daar wel n swak staaf tipe struktuur in die kern kan wees Die kern is n H II gebied 11 en dit bevat n ultrahelder X straalbron met n emissie van 1 2 1039 erg s 1 wat die helderste bron van X strale in die Plaaslike Groep van sterrestelsels is 12 Stervorming Wysig n Groter mate van stervorming vind in die Driehoek stelsel plaas as in Andromeda 13 daar is n toename van sowat 0 45 0 1 sonmassas per jaar Dit is onseker of die tempo toeneem of konstant bly 10 14 Die vier helderste H II gebiede word NGC 588 592 595 en 604 genoem Laasgenoemde is die helderste en kon sowat 3 miljoen jaar gelede n uitbarsting van stervorming ondergaan het 15 Dit is die tweede helderste H II gebied in die Plaaslike Groep Die geraamde tempo van supernova ontploffings in die Driehoek sterrestelsel is 0 06 tipe Ia en 0 62 tipe Ib en Ic supernova per eeu Dit kom neer op n gemiddeld van een supernova ontploffing elke 147 jaar 16 Sedert 2008 is altesaam 100 supernova oorblyfsels in die sterrestelsel ontdek 17 die meeste in die suidelike helfte Dieselfde asimmetriese voorkoms geld vir H I en H II gebiede en vir helder streke met O tipe hoofreekssterre 18 Sowat 54 bolvormige sterreswerms is in die sterrestel geidentifiseer maar daar is vermoedelik 122 of meer 19 Die swerms wat geidentifiseer is kan n paar miljard jaar jonger wees as die in die Melkweg en dit lyk of swermvorming die afgelope 100 miljoen jaar toegeneem het Dit word toegeskryf aan n invloei van gas na die middel van die sterrestelsel In 2007 is n swartkolk van sowat 15 7 sonmassas waargeneem Die kolk M33 X 7 wentel om n metgesel ster en verduister dit elke 3 5 dae Dit is die grootste bekende swartkolk wat veroorsaak is deur die inploffing van n massiewe ster 20 21 Verhouding met Andromeda Wysig Daar is vermoedelik n verbinding tussen die Driehoek en die Andromeda sterrestelsel Dit dui op n interaksie tussen die twee stelsels tussen 2 en 8 miljard jaar gelede 22 23 en n gewelddadiger botsing oor sowat 2 5 miljard jaar Die toekoms van die Driehoek stelsel is onbekend maar dit lyk of dit beinvloed sal word deur die groter Andromeda Voorgestelde toekomstige scenario s wissel van n uiteenskeuring en opname deur Andromeda waardeur hy baie waterstof van Andromeda sal kry om nuwe sterre te vorm of al sy gas en dus sy vermoe om nuwe sterre te vorm sal verloor 24 tot n deelname aan die botsing tussen die Melkweg en Andromeda waarna dit waarskynlik om die saamgesmelte stelsels sal wentel en later daarmee saamsmelt Twee ander moontlikhede is n botsing met die Melkweg voor laasgenoemde met Andromeda bots of n uitwerping uit die Plaaslike Groep 25 Verwysings Wysig Results for NGC 598 NASA IPAC Extragalactic Database in Engels NASA IPAC JPL Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Augustus 2002 Besoek op 1 Desember 2006 Fodera Serio G Indorato L Nastasi P 1985 Hodierna s Observations of Nebulae and his Cosmology Journal of the History of Astronomy 16 1 1 36 Bibcode 1985JHA 16 1F Onbekende parameter month geignoreer help AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Jones Kenneth Glyn 1991 Messier s nebulae and star clusters The Practical astronomy handbook series 2nd uitg Cambridge University Press p 366 ISBN 0 521 37079 5 Mullaney James 2007 The Herschel objects and how to observe them Astronomers Observing Guides Springer pp 16 17 ISBN 0 387 68124 8 Van den Bergh Sidney 2000 The galaxies of the Local Group Cambridge astrophysics series 35 Cambridge University Press p 72 ISBN 0 521 65181 6 Michon Gerard P Sizing up the Universe Stars Sand and Nucleons in Japannees Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2020 Besoek op 7 Januarie 2010 7 0 7 1 Bonanos A Z 2006 The First DIRECT Distance to a Detached Eclipsing Binary in M33 Astrophysics and Space Science 304 1 4 207 Bibcode 2006Ap amp SS 304 207B doi 10 1007 s10509 006 9112 1 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Magrini Laura Stanghellini Letizia Villaver Eva 2009 The Planetary Nebula Population of M33 and its Metallicity Gradient A Look Into the Galaxy s Distant Past The Astrophysical Journal 696 1 729 740 arXiv 0901 2273 Bibcode 2009ApJ 696 729M doi 10 1088 0004 637X 696 1 729 Onbekende parameter month geignoreer help AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Buta Ronald James Corwin Harold G Odewahn Stephen C 2007 The de Vaucouleurs atlas of galaxies Cambridge University Press pp 1 16 88 ISBN 0 521 82048 0 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link 10 0 10 1 Verley S Corbelli E Giovanardi C Hunt L K 2009 Star formation in M 33 multiwavelength signatures across the disk Astronomy and Astrophysics 493 2 453 466 arXiv 0810 0473 Bibcode 2009A amp A 493 453V doi 10 1051 0004 6361 200810566 Onbekende parameter month geignoreer help AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Zhang J S Henkel C Guo Q Wang H G Fan J H 2010 On the Nuclear Obscuration of H2O Maser Galaxy Astrophysical Journal 708 2 1528 1536 arXiv 0912 2159 Bibcode 2010ApJ 708 1528Z doi 10 1088 0004 637X 708 2 1528 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Dubus G Charles P A Long K S 2004 High resolution Chandra X ray imaging of the nucleus of M 33 Astronomy and Astrophysics 425 1 95 98 arXiv astro ph 0406310 Bibcode 2004A amp A 425 95D doi 10 1051 0004 6361 20041253 Onbekende parameter month geignoreer help AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Corbelli E Verley S Elmegreen B G Giovanardi C 2009 The cluster birthline in M 33 Astronomy and Astrophysics 495 2 479 490 arXiv 0901 1530 Bibcode 2009A amp A 495 479C doi 10 1051 0004 6361 200811086 Onbekende parameter month geignoreer help AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Heyer Mark H Corbelli Edvige Schneider Stephen E Young Judith S 2004 The Molecular Gas Distribution and Schmidt Law in M33 The Astrophysical Journal 602 2 723 729 arXiv astro ph 0311226 Bibcode 2004ApJ 602 723H doi 10 1086 381196 Onbekende parameter month geignoreer help AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Keel William C Holberg Jay B Treuthardt Patrick M 2004 Far Ultraviolet Spectroscopy of Star forming Regions in Nearby Galaxies Stellar Populations and Abundance Indicators The Astronomical Journal 128 1 211 223 arXiv astro ph 0403499 Bibcode 2004AJ 128 211K doi 10 1086 421367 Onbekende parameter month geignoreer help AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Tammann G A Loeffler W Schroeder A 1994 The Galactic supernova rate The Astrophysical Journal Supplement Series 92 2 487 493 Bibcode 1994ApJS 92 487T doi 10 1086 192002 Onbekende parameter month geignoreer help AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Plucinsky Paul P 2008 Chandra ACIS Survey of M33 ChASeM33 A First Look The Astrophysical Journal Supplement Series 174 2 366 378 arXiv 0709 4211 Bibcode 2008ApJS 174 366P doi 10 1086 522942 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Onbekende parameter month geignoreer help David Bishop Extragalactic Novae in Engels supernovae net International Supernovae Network Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2012 Besoek op 11 September 2010 Zloczewski K Kaluzny J Hartman J 2008 Photometric Survey for Stellar Clusters in the Outer Part of M33 Acta Astronomica 58 23 39 arXiv 0805 4230 Bibcode 2008AcA 58 23Z Onbekende parameter month geignoreer help AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Abubekerov M K Antokhina E A Bogomazov A I Cherepashchuk A M 2009 The mass of the black hole in the X ray binary M33 X 7 and the evolutionary status of M33 X 7 and IC 10 X 1 Astronomy Reports 53 3 232 242 arXiv 0906 3429 Bibcode 2009ARep 53 232A doi 10 1134 S1063772909030056 Onbekende parameter month geignoreer help AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Morcone Jennifer 17 Oktober 2007 Heaviest Stellar Black Hole Discovered in Nearby Galaxy Chandra X ray Observatory press release in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Augustus 2019 Besoek op 13 Februarie 2010 Davidge T J Connachie A W Fardal M A Fliri J Valls Gabaud D Chapman S C Lewis G F Rich R M 2012 The Recent Stellar Archeology of M31 The Nearest Red Disk Galaxy The Astrophysical Journal 751 1 arXiv 1203 6081 Bibcode 2012ApJ 751 74D doi 10 1088 0004 637X 751 1 74 Onbekende parameter article id geignoreer help Onbekende parameter display geignoreer help Bekki K 2008 Formation of a giant HI bridge between M31 and M33 from their tidal interaction Monthly Notices of the Royal Astronomical Society Letters 390 1 L24 L28 arXiv 0807 1161 Bibcode 2008MNRAS 390L 24B doi 10 1111 j 1745 3933 2008 00528 x Onbekende parameter month geignoreer help Putman M E et al 2009 The Disruption and Fueling of M33 The Astrophysical Journal 703 2 1486 1501 arXiv 0812 3093 Bibcode 2009ApJ 703 1486P doi 10 1088 0004 637X 703 2 1486 Onbekende parameter las6 geignoreer help Onbekende parameter month geignoreer help first6 missing last6 help van der Marel Roeland P et al 2012 The M31 Velocity Vector III Future Milky Way M31 M33 Orbital Evolution Merging and Fate of the Sun The Astrophysical Journal 753 1 arXiv 1205 6865 Bibcode 2012ApJ 753 9V doi 10 1088 0004 637X 753 1 9 Onbekende parameter article id geignoreer help Onbekende parameter month geignoreer help Eksterne skakels WysigSEDS Messier 33 M33 by ESA Hubble Geargiveer 30 September 2007 op Wayback Machine Pointing to the Universe M33 Driehoek sterrestelsel op WikiSky DSS2 SDSS GALEX IRAS Hydrogen a X Ray Astrophoto Sky Map Artikels en foto s Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Driehoek sterrestelsel Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Koordinate 01h 33m 50 9s 30 39 36 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Driehoek sterrestelsel amp ol,