×
Draak (sterrebeeld)

Die Draak (Latyn: Draco) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit verdwyn vir sekere waarnemers in die Noordelike Halfrond nooit uit die naghemel nie. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Draak
Latynse naam Draco
Genitief Draconis
Afkorting Dra
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 17h
Deklinasie 65º
Grootte 1 083 vk. grade (8ste)
Kwadrant NQ3
Besonderhede
Hoofsterre 14
Helderste ster Gamma Draconis (Eltanin)
Naaste ster Struve 2398
Sterre helderder as 3 m 3
Sterre met planete 13
Messier-voorwerpe 1
Bayer-/Flamsteed-sterre 76
Meteoorreëns Draconids
Aangrensende sterrebeelde
Veewagter, Hercules, Lier, Swaan, Kefeus, Klein Beer, Kameelperd, Groot Beer
Portaal Sterrekunde

Eltanin (Gamma Draconis), met ’n helderheid van 2,24 mag, is die helderste ster in die Draak. Die sterrebeeld bevat ook die ster Kepler-10, wat sy naam onlangs gekry het. Dit is nou bevestig dat die kleinste rotsagtige planeet wat nog buite ons sonnestelsel opgemerk is (so groot soos die Aarde), om dié ster wentel.

Die Paddavis-sterrestelsel met sy lang stert.

Thuban (α Dra) was die noordelike poolster omstreeks 2700 v.C., in die tyd van die Antieke Egiptenare. Vanweë die beweging van die aarde se as (presessie) sal dit weer omstreeks 21000 n.C. die poolster wees.

Daar is ook verskeie dubbelsterre. Eta Draconis bestaan uit ’n geel ster van sowat 2,8 mag en ’n wit ster van sowat 8,2 mag. 20 Draconis is ook ’n dubbelster met sterre van 7,1 en 7,3 mag.

R Draconis is ’n rooi veranderlike ster met ’n periode van sowat agt maande. Sy minimum helderheid is sowat 12,4 en sy maksimum sowat 7,6 mag. Hans Geelmuyden het die ster se veranderlikheid in 1876 ontdek.

Een van die groter voorwerpe is die Katoog-newel (NGC 6543), ’n planetêre newel sowat 3 000 ligjare van die Aarde af wat in 1786 deur die Engelse sterrekundige William Herschel ontdek is. Dit het ’n komplekse vorm vanweë die swaartekrag-interaksie tussen die komponente van die veelvoudige ster in sy middel wat die newel sowat 1 000 jaar gelede voortgebring het.

Daar is verskeie dowwe melkweë in die Draak. Een is die boontjievormige sterrestelsel NGC 5866, wat soms beskou word as Messier-voorwerp 102. Een van die dwerg-galaktikas is die Draco-melkweg, een van dié met die laagste helderheid (sowat -8,6 mag). ’n Ander een is PGC 39058.

Daar is verskeie interaktiewe melkweë en melkwegswerms. Een massiewe swerm is Abell 2218, sowat 3 miljard ligjare van die Aarde af. Dit dien as ’n gravitasielens vir selfs verder geleë agtergrond-galaktikas – dit stel sterrekundiges in staat om dié melkweë en Abell 2218 self te ondersoek. Die lenseffek maak dit ook moontlik om die swerm se massa te bevestig soos bepaal deur X-straal-emissies. Nog ’n interaktiewe sterrestelsel is Arp 188, ook bekend as die Paddavis-sterrestelsel vanweë ’n lang "stert" sterre sowat 280 000 ligjare lank.

  1. MacRobert, Alan (July 2012). "The Rise of R Draconis". Sky & Telescope. 124 (1).|access-date= requires |url= (help)
  2. Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006). 300 Astronomical Objects: A Visual Reference to the Universe (1ste uitg.). Buffalo, New York: Firefly Books. ISBN 978-1-55407-175-3.|access-date= requires |url= (help)
  • (en)
  • (en)


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf


Publikasie datum: September 27, 2021

draak, sterrebeeld, draak, latyn, draco, sterrebeeld, noordelike, hemelruim, verdwyn, sekere, waarnemers, noordelike, halfrond, nooit, naghemel, konstellasies, deur, eeuse, sterrekundige, ptolemeus, beskryf, steeds, moderne, sterrebeelde, draaklatynse, naam, d. Die Draak Latyn Draco is n sterrebeeld in die noordelike hemelruim Dit verdwyn vir sekere waarnemers in die Noordelike Halfrond nooit uit die naghemel nie Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde DraakLatynse naam DracoGenitief DraconisAfkorting DraWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 17hDeklinasie 65ºGrootte 1 083 vk grade 8ste Kwadrant NQ3BesonderhedeHoofsterre 14Helderste ster Gamma Draconis Eltanin Naaste ster Struve 2398Sterre helderder as 3 m 3Sterre met planete 13Messier voorwerpe 1Bayer Flamsteed sterre 76Meteoorreens DraconidsAangrensende sterrebeeldeVeewagter Hercules Lier Swaan Kefeus Klein Beer Kameelperd Groot BeerPortaal SterrekundeRuimtevoorwerpe WysigEltanin Gamma Draconis met n helderheid van 2 24 mag is die helderste ster in die Draak Die sterrebeeld bevat ook die ster Kepler 10 wat sy naam onlangs gekry het Dit is nou bevestig dat die kleinste rotsagtige planeet wat nog buite ons sonnestelsel opgemerk is so groot soos die Aarde om die ster wentel Die Paddavis sterrestelsel met sy lang stert Thuban a Dra was die noordelike poolster omstreeks 2700 v C in die tyd van die Antieke Egiptenare Vanwee die beweging van die aarde se as presessie sal dit weer omstreeks 21000 n C die poolster wees Daar is ook verskeie dubbelsterre Eta Draconis bestaan uit n geel ster van sowat 2 8 mag en n wit ster van sowat 8 2 mag 20 Draconis is ook n dubbelster met sterre van 7 1 en 7 3 mag R Draconis is n rooi veranderlike ster met n periode van sowat agt maande Sy minimum helderheid is sowat 12 4 en sy maksimum sowat 7 6 mag Hans Geelmuyden het die ster se veranderlikheid in 1876 ontdek 1 Een van die groter voorwerpe is die Katoog newel NGC 6543 n planetere newel sowat 3 000 ligjare van die Aarde af wat in 1786 deur die Engelse sterrekundige William Herschel ontdek is Dit het n komplekse vorm vanwee die swaartekrag interaksie tussen die komponente van die veelvoudige ster in sy middel wat die newel sowat 1 000 jaar gelede voortgebring het 2 Daar is verskeie dowwe melkwee in die Draak Een is die boontjievormige sterrestelsel NGC 5866 wat soms beskou word as Messier voorwerp 102 Een van die dwerg galaktikas is die Draco melkweg een van die met die laagste helderheid sowat 8 6 mag n Ander een is PGC 39058 Daar is verskeie interaktiewe melkwee en melkwegswerms Een massiewe swerm is Abell 2218 sowat 3 miljard ligjare van die Aarde af Dit dien as n gravitasielens vir selfs verder gelee agtergrond galaktikas dit stel sterrekundiges in staat om die melkwee en Abell 2218 self te ondersoek Die lenseffek maak dit ook moontlik om die swerm se massa te bevestig soos bepaal deur X straal emissies Nog n interaktiewe sterrestelsel is Arp 188 ook bekend as die Paddavis sterrestelsel vanwee n lang stert sterre sowat 280 000 ligjare lank Verwysings Wysig MacRobert Alan July 2012 The Rise of R Draconis Sky amp Telescope 124 1 access date requires url help Wilkins Jamie Dunn Robert 2006 300 Astronomical Objects A Visual Reference to the Universe 1ste uitg Buffalo New York Firefly Books ISBN 978 1 55407 175 3 access date requires url help Ian Ridpath en Wil Tirion 2007 Stars and Planets Guide Collins Londen ISBN 978 0 00 725120 9 Princeton University Press Princeton ISBN 978 0 691 13556 4 Eksterne skakels Wysig en The Deep Photographic Guide to the Constellations Draco en Draco the Dragon Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Die Draak Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Draak sterrebeeld amp ol,