×
Dolfyn (sterrebeeld)

Die Dolfyn (Latyn: Delphinus) is ’n sterrebeeld in die noordelike lugruim, naby die hemelewenaar. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Die helderste sterre in die Dolfyn vorm ’n duidelike en maklik herkenbare sterrepatroon.

Dolfyn
Latynse naam Delphinus
Genitief Delphini
Afkorting Del
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 21h
Deklinasie 10º
Grootte 189 vk. grade (69ste)
Kwadrant NQ4
Besonderhede
Hoofsterre 5
Helderste ster Rotanev (β Del)
Naaste ster HU Delphini
Sterre helderder as 3 m 0
Sterre met planete 5
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 19
Aangrensende sterrebeelde
Vos, Pyl, Arend, Waterdraer, Vul, Vlieënde Perd
Portaal Sterrekunde

Inhoud

Die twee helderste sterre, Sualocin (Alpha Delphini) en Rotanev (Beta Delphini), het nie name uit die oudheid nie; dit kom uit ’n sterkatalogus van 1814 wat in die Palermo-sterrewag in Italië gepubliseer is. Wanneer dit van agter na voor gelees word, spel dit Nicolaus Venator, die Latynse weergawe van die naam van die destydse assistentdirekteur van die sterrewag, Niccolò Cacciatore (Cacciatore en Venator beteken albei "jagter"). Dié twee sterre is albei veelvoudige sterre; Sualocin bestaan uit sewe komponente en Rotanev uit vyf. Gamma Delphini is een van die mooiste dubbelsterre in die hemelruim.

NGC 6891 is ’n planetêre newel en NGC 6934 ’n bolvormige sterreswerm.

Op 14 Augustus 2013 is 'n nova deur die amateursterrekundige Koichi Itagaki in die Dolfyn ontdek. Dit is aanvanklik PNV J20233073+2046041 genoem, maar heet nou Nova Delphini 2013.

Die Dolfyn/Delphinus word met twee verhale uit die Griekse mitologie verbind.

In die eerste wou die god Poseidon met ’n mooi Nereïde, Amphitrite, trou. Om haar maagdelikheid te beskerm, vlug sy na die Atlasgebergte. Poseidon stuur toe verskeie mense om haar te soek en ene Delphinus kom per ongeluk op haar af. Hy oorreed haar om die god se aanbod te aanvaar en uit dankbaarheid plaas Poseidon ’n dolfyn tussen die sterre.

Die tweede verhaal gaan oor die Griekse digter Arion van Lesbos (7de eeu v.C.), ’n musikant aan die hof van Periander, die heerser van Korinthe. Arion het ’n groot fortuin bymekaargemaak op sy reise na Sisilië en Italië. Op pad huis toe sweer sy bemanning saam teen hom on sy rykdom te bekom. Toe hy met die dood gedreig word, vra Arion ’n laaste wens: dat hy ’n treurlied mag sing. Dit word toegestaan en terwyl hy sing, werp hy hom in die see. ’n Dolfyn, wat deur sy musiek bekoor is, red hom en dra hom na die kus van Griekeland, waarna hy verdwyn.

  1. King, Bob (14 Augustus 2013). . Universe Today. Besoek op15 Augustus 2013.
  2. Guido, Ernesto; Ruocco, Nello; Howes, Nick (15 Augustus 2013). (in Engels). Associazione Friulana di Astronomia e Meteorologia. vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2016. Besoek op15 Augustus 2013.
  3. Masi, Gianluca (15 Augustus 2013). (in Engels). Gianluca Masi – Virtual Telescope Project. vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op15 Augustus 2013.
  4. Herodotus, Histories I.23-24;
    ook Aulus Gellius, Noctes Atticae XVI.19; Plutarch, Conv. sept. sap. 160-62; Shakespeare, Twaalfde Nag (eerste bedryf)


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Publikasie datum: September 25, 2021

dolfyn, sterrebeeld, dolfyn, latyn, delphinus, sterrebeeld, noordelike, lugruim, naby, hemelewenaar, konstellasies, deur, eeuse, sterrekundige, ptolemeus, beskryf, steeds, moderne, sterrebeelde, helderste, sterre, dolfyn, vorm, duidelike, maklik, herkenbare, s. Die Dolfyn Latyn Delphinus is n sterrebeeld in die noordelike lugruim naby die hemelewenaar Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde Die helderste sterre in die Dolfyn vorm n duidelike en maklik herkenbare sterrepatroon DolfynLatynse naam DelphinusGenitief DelphiniAfkorting DelWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 21hDeklinasie 10ºGrootte 189 vk grade 69ste Kwadrant NQ4BesonderhedeHoofsterre 5Helderste ster Rotanev b Del Naaste ster HU DelphiniSterre helderder as 3 m 0Sterre met planete 5Messier voorwerpe 0Bayer Flamsteed sterre 19Aangrensende sterrebeeldeVos Pyl Arend Waterdraer Vul Vlieende PerdPortaal Sterrekunde Inhoud 1 Ruimtevoorwerpe 2 Mitologie 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsRuimtevoorwerpe WysigDie twee helderste sterre Sualocin Alpha Delphini en Rotanev Beta Delphini het nie name uit die oudheid nie dit kom uit n sterkatalogus van 1814 wat in die Palermo sterrewag in Italie gepubliseer is Wanneer dit van agter na voor gelees word spel dit Nicolaus Venator die Latynse weergawe van die naam van die destydse assistentdirekteur van die sterrewag Niccolo Cacciatore Cacciatore en Venator beteken albei jagter Die twee sterre is albei veelvoudige sterre Sualocin bestaan uit sewe komponente en Rotanev uit vyf Gamma Delphini is een van die mooiste dubbelsterre in die hemelruim NGC 6891 is n planetere newel en NGC 6934 n bolvormige sterreswerm Op 14 Augustus 2013 is n nova deur die amateursterrekundige Koichi Itagaki in die Dolfyn ontdek Dit is aanvanklik PNV J20233073 2046041 genoem maar heet nou Nova Delphini 2013 1 2 3 Mitologie WysigDie Dolfyn Delphinus word met twee verhale uit die Griekse mitologie verbind In die eerste wou die god Poseidon met n mooi Nereide Amphitrite trou Om haar maagdelikheid te beskerm vlug sy na die Atlasgebergte Poseidon stuur toe verskeie mense om haar te soek en ene Delphinus kom per ongeluk op haar af Hy oorreed haar om die god se aanbod te aanvaar en uit dankbaarheid plaas Poseidon n dolfyn tussen die sterre Die tweede verhaal gaan oor die Griekse digter Arion van Lesbos 7de eeu v C n musikant aan die hof van Periander die heerser van Korinthe Arion het n groot fortuin bymekaargemaak op sy reise na Sisilie en Italie Op pad huis toe sweer sy bemanning saam teen hom on sy rykdom te bekom Toe hy met die dood gedreig word vra Arion n laaste wens dat hy n treurlied mag sing Dit word toegestaan en terwyl hy sing werp hy hom in die see n Dolfyn wat deur sy musiek bekoor is red hom en dra hom na die kus van Griekeland waarna hy verdwyn 4 Verwysings Wysig King Bob 14 Augustus 2013 Bright New Nova In Delphinus You can See it Tonight With Binoculars Universe Today Besoek op 15 Augustus 2013 Guido Ernesto Ruocco Nello Howes Nick 15 Augustus 2013 Possible Bright Nova in Delphinus in Engels Associazione Friulana di Astronomia e Meteorologia Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2016 Besoek op 15 Augustus 2013 Masi Gianluca 15 Augustus 2013 Nova Delphini 2013 formerly PNV J20233073 2046041 images spectra and maps in Engels Gianluca Masi Virtual Telescope Project Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020 Besoek op 15 Augustus 2013 Herodotus Histories I 23 24 ook Aulus Gellius Noctes Atticae XVI 19 Plutarch Conv sept sap 160 62 Shakespeare Twaalfde Nag eerste bedryf Ian Ridpath and Wil Tirion 2007 Stars and Planets Guide Collins Londen ISBN 978 0 00 725120 9 Princeton University Press Princeton ISBN 978 0 691 13556 4 Universiteit van Wisconsin http www astro wisc edu dolan constellations constellations Delphinus htmlEksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Delphinus Star Tales Delphinus Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dolfyn Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Dolfyn sterrebeeld amp ol,