×
Doebai (stad)

Doebai (Arabies: دبي, Dubayy) is die grootste stedelike nedersetting in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en die administratiewe setel van die gelyknamige emiraat. Die stad is aan die noordelike rand van die emiraat Doebai geleë en word deur die Dubai Creek, 'n baai aan die Persiese Golf met 'n wydte van tussen 100 en 1 300 meter en 'n lengte van sowat 14 kilometer, in twee stadsdele verdeel. Vroeër was hier twee selfstandige nedersettings geleë - Daira aan die noordelike en Bur Dubai aan die suidelike kant.

Doebai
دبي Dubayy
Stad
Die stadsilhoeët in 2015
Ligging van Doebai in die VAE
Koördinate:25°15′00″N55°18′00″O /25.25000°N 55.30000°O /25.25000; 55.30000Koördinate:25°15′00″N55°18′00″O /25.25000°N 55.30000°O /25.25000; 55.30000
Land Verenigde Arabiese Emirate
EmiraatDoebai
Stigting1095
Bevolking
• Totaal3 108 000
TydsoneUTC+04:00 (VAE-standaardtyd)
Skakelkodes04
Webwerf
Binne enkele dekades is Doebai omgeskep in 'n moderne metropool van die industriële tydperk met gesofistikeerde infrastruktuur

Brûe is net buite die middestad gebou sodat die meeste voetgangers in die sakekern deur veerbote (sogenaamde abra's) tussen die twee teenoorliggende stadsdele vervoer word. Die stadsgebied het veral in suidelike rigting langs die Jumeirah-strand en Sjeik Zayed-straat uitgebrei aangesien Doebai in die noorde aan die emiraat Sharjah grens. Baie Doebaise werknemers het hulle weens die laer huurpryse oorkant die grens in Sharjah-stad gevestig.

Nog omstreeks 1970 was Doebai 'n onbenullige dorpie in 'n sanderige woestyngebied wat hoofsaaklik deur pêrelduikers bewoon is. In die volgende dekades het Doebai 'n ongekende metamorfose ondergaan wat dit in 'n Arabiese metropool met globale belange en handelsbetrekkinge en 'n internasionale kulturele en ekonomiese sentrum omgeskep het wat in baie opsigte 'n brugfunksie tussen die ooste en die weste vervul. In November 2013 is Doebai aangewys as gasheerstad van die Expo 2020-wêreldtentoonstelling.

Die lewensstyl van sy inwoners het dramaties verander. Terwyl daar teen die middel van die 1990's nog net enkele argitektoniese bakens en 'n beskeie toerismesektor was, het Doebai sindsdien ook tot 'n gesogte internasionale toeristetrekpleister en 'n mekka vir eiendomsontwikkelaars ontwikkel - met ambisieuse hotel-, winkelsentrum- en wolkekrabberprojekte soos Burj Khalifa, tans die hoogste gebou ter wêreld, en Burj al-Arab, die grootste hotel.

Met 3,108 miljoen inwoners (soos in Augustus 2018) huisves Doebai tans omstreeks 85 persent van die gelyknamige emiraat se bevolking, waarby inheemse Doebaiers lankal 'n minderheid in hul eie stad en emiraat geword het. Doebai se ongekende ekonomiese opswaai het honderdduisende immigrante uit die buiteland gelok, onder wie 'n kwartmiljoen werkmigrante uit Suid-Asiatiese lande asook sowat 50 000 Suid-Afrikaners (soos in 2009 beraam is).

Publikasie datum: September 27, 2021

doebai, stad, doebai, arabies, دبي, dubayy, grootste, stedelike, nedersetting, verenigde, arabiese, emirate, administratiewe, setel, gelyknamige, emiraat, stad, noordelike, rand, emiraat, doebai, geleë, word, deur, dubai, creek, baai, persiese, golf, wydte, tu. Doebai Arabies دبي Dubayy is die grootste stedelike nedersetting in die Verenigde Arabiese Emirate VAE en die administratiewe setel van die gelyknamige emiraat Die stad is aan die noordelike rand van die emiraat Doebai gelee en word deur die Dubai Creek n baai aan die Persiese Golf met n wydte van tussen 100 en 1 300 meter en n lengte van sowat 14 kilometer in twee stadsdele verdeel Vroeer was hier twee selfstandige nedersettings gelee Daira aan die noordelike en Bur Dubai aan die suidelike kant Doebai دبي DubayyStadDie stadsilhoeet in 2015Ligging van Doebai in die VAEKoordinate 25 15 00 N 55 18 00 O 25 25000 N 55 30000 O 25 25000 55 30000 Koordinate 25 15 00 N 55 18 00 O 25 25000 N 55 30000 O 25 25000 55 30000Land Verenigde Arabiese EmirateEmiraatDoebaiStigting1095Bevolking Totaal3 108 000TydsoneUTC 04 00 VAE standaardtyd Skakelkodes04Webwerfhttp www dm gov ae wps portal MyHomeEn Binne enkele dekades is Doebai omgeskep in n moderne metropool van die industriele tydperk met gesofistikeerde infrastruktuur Brue is net buite die middestad gebou sodat die meeste voetgangers in die sakekern deur veerbote sogenaamde abra s tussen die twee teenoorliggende stadsdele vervoer word Die stadsgebied het veral in suidelike rigting langs die Jumeirah strand en Sjeik Zayed straat uitgebrei aangesien Doebai in die noorde aan die emiraat Sharjah grens Baie Doebaise werknemers het hulle weens die laer huurpryse oorkant die grens in Sharjah stad gevestig Nog omstreeks 1970 was Doebai n onbenullige dorpie in n sanderige woestyngebied wat hoofsaaklik deur perelduikers bewoon is In die volgende dekades het Doebai n ongekende metamorfose ondergaan wat dit in n Arabiese metropool met globale belange en handelsbetrekkinge en n internasionale kulturele en ekonomiese sentrum omgeskep het wat in baie opsigte n brugfunksie tussen die ooste en die weste vervul In November 2013 is Doebai aangewys as gasheerstad van die Expo 2020 wereldtentoonstelling 1 Die lewensstyl van sy inwoners het dramaties verander Terwyl daar teen die middel van die 1990 s nog net enkele argitektoniese bakens en n beskeie toerismesektor was het Doebai sindsdien ook tot n gesogte internasionale toeristetrekpleister en n mekka vir eiendomsontwikkelaars ontwikkel met ambisieuse hotel winkelsentrum en wolkekrabberprojekte soos Burj Khalifa tans die hoogste gebou ter wereld en Burj al Arab die grootste hotel Met 3 108 miljoen inwoners soos in Augustus 2018 huisves Doebai tans omstreeks 85 persent van die gelyknamige emiraat se bevolking waarby inheemse Doebaiers lankal n minderheid in hul eie stad en emiraat geword het Doebai se ongekende ekonomiese opswaai het honderdduisende immigrante uit die buiteland gelok onder wie n kwartmiljoen werkmigrante uit Suid Asiatiese lande asook sowat 50 000 Suid Afrikaners soos in 2009 beraam is 2 Verwysings Wysig Expo 2020 Dubai UAE Besoek op 28 April 2019 Time Out Dubai South Africans in Dubai Besoek op 29 April 2019Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Doebai stad amp ol,