fbpx Djer
Wikipedia

Djer

Djer word beskou as die derde Egiptiese farao van die 1ste Dinastie. Hy het omstreeks die middel van die 31ste eeu v.C. geleef en sowat 40 jaar lank regeer. ’n Gemummifiseerde voorarm van Djer of sy vrou is deur Flinders Petrie ontdek, maar dit is deur Emile Brugsch verwerp.

Djer
Grafkelder-stele van farao Djer.
Farao van die 1ste Dinastie
Periode 41 jaar, omstreeks 3000 v.C.
Voorganger Hor-Aha
Opvolger Djet
Vader Hor-Aha
Moeder Chenthap
Djer in Egiptiese hiërogliewe
Serech of Horusnaam
Nomen of geboortenaam

Inhoud

Iti, die cartouchenaam van Djer.

Die Abydos-koningslys noem Iti as die derde farao van Egipte se 1ste Dinastie, en op die Turynse Koningslys, wat op dié plek beskadig is, begin die naam met It... Die Egiptiese historikus Manetho noem hom Athothis.

Die bewyse vir Djer se lewe en bewind is:

  • ’n Grafkelder by Umm el-Qa'ab, Abydos
  • Seelafdrukke van grafte 2185 en 3471 in Saqqara
  • Inskripsies in grafte 3503, 3506 en 3035 in Saqqara
  • Seelinskripsies van Helwan
  • Pot van Toerah met die naam Djer
  • UC 16182
  • UC 16172, kopergereedskap met Djer se naam
  • Inskripsie van sy naam by Wadi Halfa, Soedan

Manetho het beweer Athothes, wat soms as Djer geïdentifiseer word, het ’n verhandeling oor anatomie geskryf wat in sy eie tyd, meer as 2 000 jaar later, steeds bestaan het.

Klipvaas met die naam Djer (Nasionale Argeologiese Museum, Frankryk).

Djer was ’n seun van farao Hor-Aha en sy vrou Chenthap. Sy oupa was waarskynlik Narmer en sy ouma Neithhotep. Djer was die pa van Merneith, die vrou van Djet en die ma van Den.

Nes sy pa, Hor-Aha, is Djer by Umm el-Qa'ab, Abydos, begrawe. Sy grafkelder is Petrie se grafkelder O. Dit bevat die oorskot van 318 volgelinge wat saam met hom begrawe is. Verskeie voorwerpe is in en om die grafkelder gevind:

  • ’n Stele van Djer, nou in die Kaïro-museum, moontlik van Abydos.
  • Etikette met die naam van ’n paleis en van Meritneith.
  • Vaasskerwe met die naam Neithhotep.
  • Armbande van ’n koningin in die grafkelder se muur.

In die satelliet-grafkelders is nog voorwerpe gevind:

  • Steles van verskeie individue.
  • Ivooritems met die naam Neithhotep.
  • Ivoortablette.
  1. Grimal, Nicolas (1994). A History of Ancient Egypt. Wiley-Blackwell. p. 528. ISBN 0-631-19396-0.
  2. W. M. Flinders Petrie: The Royal Tombs of the Earliest Dynasties, 1901, Part II, London 1901, p.16-17
  3. Salima Ikram and Aidan Dodson, The Mummy in Ancient Egypt: Equipping the Dead for Eternity, Thames & Hudson, 1998, p. 109
  4. uit digitalegypt.
  5. Saad 1947: 165; Saad 1969: 82, pl. 94
  6. Kaiser 1964: 103, fig.3
  7. tomb 461 in Abydos, Petrie 1925: pl. III.1, IV.8
  8. Thomas Kühn: Die Königsgräber der 1. & 2. Dynastie in Abydos. In: Kemet. Uitg. 1, 2008.
  9. B. Porter en R.L.B. Moss. Topographical Bibliography of Ancient Egyptian Hieroglyphic Texts, Reliefs, and Paintings, V. Upper Egypt: Sites. Oxford, 1937

Djer
djer, word, beskou, derde, egiptiese, farao, 1ste, dinastie, omstreeks, middel, 31ste, geleef, sowat, jaar, lank, regeer, gemummifiseerde, voorarm, vrou, deur, flinders, petrie, ontdek, maar, deur, emile, brugsch, verwerp, grafkelder, stele, farao, farao, 1ste. Djer word beskou as die derde Egiptiese farao van die 1ste Dinastie Hy het omstreeks die middel van die 31ste eeu v C geleef 1 en sowat 40 jaar lank regeer n Gemummifiseerde voorarm van Djer of sy vrou is deur Flinders Petrie ontdek 2 maar dit is deur Emile Brugsch verwerp 3 DjerGrafkelder stele van farao Djer Farao van die 1ste DinastiePeriode 41 jaar omstreeks 3000 v C Voorganger Hor AhaOpvolger DjetVader Hor AhaMoeder ChenthapDjer in Egiptiese hieroglieweSerech of HorusnaamNomen of geboortenaam Portaal Antieke Egipte Inhoud 1 Naam 2 Bewind 3 Familie 4 Grafkelder 5 VerwysingsNaam Wysig Iti die cartouchenaam van Djer Die Abydos koningslys noem Iti as die derde farao van Egipte se 1ste Dinastie en op die Turynse Koningslys wat op die plek beskadig is begin die naam met It Die Egiptiese historikus Manetho noem hom Athothis Bewind WysigDie bewyse vir Djer se lewe en bewind is 4 n Grafkelder by Umm el Qa ab Abydos Seelafdrukke van grafte 2185 en 3471 in Saqqara Inskripsies in grafte 3503 3506 en 3035 in Saqqara Seelinskripsies van Helwan 5 Pot van Toerah met die naam Djer 6 UC 16182 ivoortablet van Abydos UC 16172 kopergereedskap met Djer se naam 7 Inskripsie van sy naam by Wadi Halfa Soedan Manetho het beweer Athothes wat soms as Djer geidentifiseer word het n verhandeling oor anatomie geskryf wat in sy eie tyd meer as 2 000 jaar later steeds bestaan het Familie Wysig Klipvaas met die naam Djer Nasionale Argeologiese Museum Frankryk Djer was n seun van farao Hor Aha en sy vrou Chenthap Sy oupa was waarskynlik Narmer en sy ouma Neithhotep Djer was die pa van Merneith die vrou van Djet en die ma van Den Grafkelder WysigNes sy pa Hor Aha is Djer by Umm el Qa ab Abydos begrawe Sy grafkelder is Petrie se grafkelder O Dit bevat die oorskot van 318 volgelinge wat saam met hom begrawe is 8 Verskeie voorwerpe is in en om die grafkelder gevind 9 n Stele van Djer nou in die Kairo museum moontlik van Abydos Etikette met die naam van n paleis en van Meritneith Vaasskerwe met die naam Neithhotep Armbande van n koningin in die grafkelder se muur In die satelliet grafkelders is nog voorwerpe gevind 9 Steles van verskeie individue Ivooritems met die naam Neithhotep Ivoortablette Verwysings Wysig Grimal Nicolas 1994 A History of Ancient Egypt Wiley Blackwell p 528 ISBN 0 631 19396 0 W M Flinders Petrie The Royal Tombs of the Earliest Dynasties 1901 Part II London 1901 p 16 17 Salima Ikram and Aidan Dodson The Mummy in Ancient Egypt Equipping the Dead for Eternity Thames amp Hudson 1998 p 109 Koning Djer uit digitalegypt Saad 1947 165 Saad 1969 82 pl 94 Kaiser 1964 103 fig 3 tomb 461 in Abydos Petrie 1925 pl III 1 IV 8 Thomas Kuhn Die Konigsgraber der 1 amp 2 Dynastie in Abydos In Kemet Uitg 1 2008 9 0 9 1 B Porter en R L B Moss Topographical Bibliography of Ancient Egyptian Hieroglyphic Texts Reliefs and Paintings V Upper Egypt Sites Oxford 1937 Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Djer amp ol,