×
Djainisme

Djainisme (Sanskrit: जैन) is ’n antieke Indiese geloof. Die geloof se aanhangers, bekend as Djainas, glo elke siel is goddelik en beskik oor die potensiaal om geestelike verligting, of moksja, te bereik. Enige siel wat sy eie innerlike vyande oorwin het en die vlak van opperwese bereik het, staan as djina (oorwinnaar) bekend. Djainisme is die weg waarlangs dié vlak bereik word deur ’n gedissiplineerde lewenswyse geskoei op die beginsel van ahimsa, geweldloosheid teenoor alle lewende wesens.

Die Jain Prateek Chihna, ’n simbool van Djainisme.

Djainisme het in die 7de tot 5de eeu v.C. ontwikkel tot ’n kulturele stelsel wat belangrike bydraes tot die Indiese filosofie, kuns, argitektuur en wetenskap gelewer het. Tesame met Hindoeïsme en Boeddhisme is dit een van die drie oudste Indiese gelowe wat tot vandag toe bestaan. Daar word baiekeer in antieke geskrifte na Djainisme verwys as Djain Dharma (जैन धर्म), Shraman Dharma, die godsdiens van Nirgantha of die godsdiens van Vratyas.

  1. , [dooie skakel], URL besoek op 10 April 2009
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.

Publikasie datum: September 26, 2021

djainisme, sanskrit, antieke, indiese, geloof, geloof, aanhangers, bekend, djainas, elke, siel, goddelik, beskik, potensiaal, geestelike, verligting, moksja, bereik, enige, siel, innerlike, vyande, oorwin, vlak, opperwese, bereik, staan, djina, oorwinnaar, bek. Djainisme Sanskrit ज न is n antieke Indiese geloof Die geloof se aanhangers bekend as Djainas glo elke siel is goddelik en beskik oor die potensiaal om geestelike verligting of moksja te bereik Enige siel wat sy eie innerlike vyande oorwin het en die vlak van opperwese bereik het staan as djina oorwinnaar bekend Djainisme is die weg waarlangs die vlak bereik word deur n gedissiplineerde lewenswyse geskoei op die beginsel van ahimsa geweldloosheid teenoor alle lewende wesens 1 Die Jain Prateek Chihna n simbool van Djainisme Djainisme het in die 7de tot 5de eeu v C ontwikkel tot n kulturele stelsel wat belangrike bydraes tot die Indiese filosofie kuns argitektuur en wetenskap gelewer het Tesame met Hindoeisme en Boeddhisme is dit een van die drie oudste Indiese gelowe wat tot vandag toe bestaan Daar word baiekeer in antieke geskrifte na Djainisme verwys as Djain Dharma ज न धर म Shraman Dharma die godsdiens van Nirgantha of die godsdiens van Vratyas Verwysings Wysig The Guardian Face to faith dooie skakel URL besoek op 10 April 2009Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Djainisme Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Djainisme amp ol,