fbpx Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum
Wikipedia

Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum

Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum
Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum

Vorige naam Transvaal Museum; Staatsmuseum
Plek Pretoria
Land Suid-Afrika
Openingsjaar 1892
Tipe museum Natuurhistories
Webtuiste

Die Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum, in Paul Krugerstraat, Pretoria, was voorheen bekend as die Transvaal Museum.

Die museum is gestig as die Staatsmuseum van die ZAR op 1 Desember 1892 en is sedertdien die bewaarder en dokumentasiesentrum van Suid-Afrika se natuurlike erfenis. Die museum is die enigste natuurhistoriese museum in Gauteng en een van die grootste in Suid-Afrika.

Inhoud

Die museum se versamelings en uitstallings bestaan uit hominiemfossiele van die Wieg van die Mensdom Wêrelderfenisgebied en verwante fauna, insluitend Mev. Ples (die bynaam van 'n fossiel skedel wat beskou word as 'n verre verwant van die mensdom), fossiele, geraamtes, velle en gemonteerde monsters van amfibieë, visse, ongewerweldes, reptiele en soogdiere. Die museum se opvoedkundige programme is op hierdie versamelings gebaseer en inligting wat deur navorsing ontdek word, word met die mense van Suid-Afrika en met die internasionale gemeenskap gedeel.

Die Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum is uniek in die sin dat dit die enigste instituut in Suid-Afrika is wat die plaaslike, nasionale en internasionale gemeenskap die geleentheid bied om sy versamelings van fossielmateriaal te besigtig, aangesien hierdie soort materiaal nie gewoonlik aan die publiek tentoongestel word nie.

  • Personeel van die museum in Maart 1909. Staande, links na regs, Thomas Jenkins, Alwin K. Haagner, (superintendent van die Nasionale Dieretuin), Fred O. Noome (taksidermis) en A.S. Kea. Sittend, links na regs, me. M. Collins, C.J.M. Swierstra (Assistentdirekteur), Dr. J.W.B. Gunning (Direkteur), mej. R. Leendertz (Botaniese Assistent) en me. S. Viljoen.

  • 'n Volle walvisskelet wat bewaar gebly het.

  • 'n Tand van Australopithecus africanus in die Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum se versameling.

Die museum is op 4 Oktober 1996 as 'n provinsiale erfenisterrein aangewys ingevolge die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999).

  1. . Besoek op 21 Junie 2014
  2. . Besoek op 21 Junie 2014
  3. . Besoek op 21 Junie 2014

Koördinate:25°45′12″S28°11′21″O /25.75333°S 28.18917°O /-25.75333; 28.18917

Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum
ditsong, nasionale, natuurhistoriese, museum, vorige, naam, transvaal, museum, staatsmuseumplek, pretorialand, suid, afrikaopeningsjaar, 1892tipe, museum, natuurhistorieswebtuiste, paul, krugerstraat, pretoria, voorheen, bekend, transvaal, museum, museum, gest. Ditsong Nasionale Natuurhistoriese MuseumDitsong Nasionale Natuurhistoriese MuseumVorige naam Transvaal Museum StaatsmuseumPlek PretoriaLand Suid AfrikaOpeningsjaar 1892Tipe museum NatuurhistoriesWebtuiste Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum Die Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum in Paul Krugerstraat Pretoria 1 was voorheen bekend as die Transvaal Museum 2 Die museum is gestig as die Staatsmuseum van die ZAR op 1 Desember 1892 en is sedertdien die bewaarder en dokumentasiesentrum van Suid Afrika se natuurlike erfenis Die museum is die enigste natuurhistoriese museum in Gauteng en een van die grootste in Suid Afrika 2 Inhoud 1 Versamelings 2 Kulturele erfenis 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsVersamelings WysigDie museum se versamelings en uitstallings bestaan uit hominiemfossiele van die Wieg van die Mensdom Werelderfenisgebied en verwante fauna insluitend Mev Ples die bynaam van n fossiel skedel wat beskou word as n verre verwant van die mensdom fossiele geraamtes velle en gemonteerde monsters van amfibiee visse ongewerweldes reptiele en soogdiere Die museum se opvoedkundige programme is op hierdie versamelings gebaseer en inligting wat deur navorsing ontdek word word met die mense van Suid Afrika en met die internasionale gemeenskap gedeel 2 Die Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum is uniek in die sin dat dit die enigste instituut in Suid Afrika is wat die plaaslike nasionale en internasionale gemeenskap die geleentheid bied om sy versamelings van fossielmateriaal te besigtig aangesien hierdie soort materiaal nie gewoonlik aan die publiek tentoongestel word nie 2 Personeel van die museum in Maart 1909 Staande links na regs Thomas Jenkins Alwin K Haagner superintendent van die Nasionale Dieretuin Fred O Noome taksidermis en A S Kea Sittend links na regs me M Collins C J M Swierstra Assistentdirekteur Dr J W B Gunning Direkteur mej R Leendertz Botaniese Assistent en me S Viljoen n Volle walvisskelet wat bewaar gebly het Australopithecus africanus Mev Ples Sts 5 Australopithecus africanus Sts 60 n Tand van Australopithecus africanus in die Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum se versameling Kulturele erfenis WysigDie museum is op 4 Oktober 1996 as n provinsiale erfenisterrein aangewys ingevolge die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne 25 1999 3 Verwysings Wysig Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum kontakbesonderhede Besoek op 21 Junie 2014 2 0 2 1 2 2 2 3 Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum Besoek op 21 Junie 2014 Suid Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap Item 29781 Besoek op 21 Junie 2014Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum en Die Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum se amptelike webwerf Koordinate 25 45 12 S 28 11 21 O 25 75333 S 28 18917 O 25 75333 28 18917Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum amp ol,