×
Die Kontrak

Die Kontrak was ’n realiteitsangkompetisie op VIA (DStv-kanaal 147). Die reeks se agt aspirantmusieksterre wat ná ’n landwye aanlyn veldtog uit bykans 2 000 sangers gekies is, is deur die mentors gebrei vir die uitklopkonserte wat hulle week na week moes aandurf.

Die Kontrak
Genre Realiteitsangkompetisie
Geskep deur VIA & Coleske Artists
Aangebied deur Bobby van Jaarsveld & Karlien van Jaarsveld
Beoordelaars Theuns Jordaan, Corlea Botha en Barry Pretorius
Elvis Blue (Mentor)
Monique Steyn (Mentor)
Dewald Wasserfall (Mentor)
Tarryn Lamb (Mentor)
Temamusiekkomponis Dewald Wasserfall
Openingstema "Nuwe Begin" deur Dewald Wasserfall
Taal Afrikaans
Aantal seisoene 1
Uitsending
Oorspronklike kanaal VIA
Oorspronklike lopie 19 September 2018 (2018-09-19)
Theuns Jordaan, een van die beoordelaars.

’n Paneel wat bestaan het uit die sangers Theuns Jordaan en Corlea Botha asook Barry Pretorius, die regisseur van die Afrikaans is Groot-konserte, het weekliks kommentaar oor die deelnemers se optredes gelewer.

Dit was egter Coleske Artists se direkteur, Arnold Coleske, wat moes besluit of ’n deelnemer sy/haar kontrak kwyt is of ’n tree nader is aan die Afrikaans is Groot-verhoog. ’n Kontrak met Coleske Artists ter waarde van R1 miljoen kon gewen word. Die deelnemers wat elke week uitgeval het se ongetekende kontrakte is voor die kykers opgeskeur.

Demi Lee Moore (28) van Durbanville het eindelik die platekontrak by Coleske Artists losgeslaan. Sy is op 23 November 2018 by die jaar se eerste Afrikaans Is Groot-konsert as die wenner aangekondig.

Die temalied van Die Kontrak was "Nuwe begin" van Dewald Wasserfall.

Elvis Blue, ’n mentor.

Die vier mentors wat die deelnemers gehelp het om die kontrak te probeer losslaan was Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn en Dewald Wasserfall. Dewald se liedjie "Nuwe Begin" was ook die program se temalied.

In die eerste aflewering het die vier mentors elk twee deelnemers uit ses kandidate gekies. Hulle was: Faraway George van Pretoria en Natasha Zaaiman van Middelburg, Mpumalanga (Elvis); Tyral-Lee Miggels van Uitenhage en Tatum Strydom van Pretoria (Tarryn); Wilha Carstens van Pretoria en Demi Lee (Monique); en Ivan Roux van Pretoria en die 16-jarige Deidré Barnard, die jongste deelnemer, van die Strand (Dewald).

Tyral-Lee se kontrak is eerste opgeskeur, gevolg deur dié van Faraway George, Natasha, Wilha, Tatum en Deidré. Die twee deelnemers uit wie die wenner gekies moes word, was Demi Lee en Ivan.

Demi Lee, die wenner van Die Kontrak, is amptelik op Vrydag 23 November 2018 by die Afrikaans Is Groot-konsert in die Sun Arena in Pretoria aangekondig. Sy het ook op dié konsert opgetree as deel van haar prys.

Dié episode is op Woensdag 28 November uitgesaai.

  1. “, Afrikaanse Musieknuus, 23 November 2018. Besoek op 25 November 2018.
  2. , Afrikaanse Musieknuus, 26 September 2018. Besoek op 6 Novermber 2018.

Publikasie datum: September 27, 2021

kontrak, realiteitsangkompetisie, dstv, kanaal, reeks, aspirantmusieksterre, landwye, aanlyn, veldtog, bykans, sangers, gekies, deur, mentors, gebrei, uitklopkonserte, hulle, week, week, moes, aandurf, genre, realiteitsangkompetisie, geskep, deur, coleske, art. Die Kontrak was n realiteitsangkompetisie op VIA DStv kanaal 147 Die reeks se agt aspirantmusieksterre wat na n landwye aanlyn veldtog uit bykans 2 000 sangers gekies is is deur die mentors gebrei vir die uitklopkonserte wat hulle week na week moes aandurf Die Kontrak Genre Realiteitsangkompetisie Geskep deur VIA amp Coleske Artists Aangebied deur Bobby van Jaarsveld amp Karlien van Jaarsveld Beoordelaars Theuns Jordaan Corlea Botha en Barry Pretorius Elvis Blue Mentor Monique Steyn Mentor Dewald Wasserfall Mentor Tarryn Lamb Mentor Temamusiekkomponis Dewald Wasserfall Openingstema Nuwe Begin deur Dewald Wasserfall Taal Afrikaans Aantal seisoene 1 Uitsending Oorspronklike kanaal VIA Oorspronklike lopie 19 September 2018 2018 09 19 Theuns Jordaan een van die beoordelaars n Paneel wat bestaan het uit die sangers Theuns Jordaan en Corlea Botha asook Barry Pretorius die regisseur van die Afrikaans is Groot konserte het weekliks kommentaar oor die deelnemers se optredes gelewer Dit was egter Coleske Artists se direkteur Arnold Coleske wat moes besluit of n deelnemer sy haar kontrak kwyt is of n tree nader is aan die Afrikaans is Groot verhoog n Kontrak met Coleske Artists ter waarde van R1 miljoen kon gewen word Die deelnemers wat elke week uitgeval het se ongetekende kontrakte is voor die kykers opgeskeur Demi Lee Moore 28 van Durbanville het eindelik die platekontrak by Coleske Artists losgeslaan 1 Sy is op 23 November 2018 by die jaar se eerste Afrikaans Is Groot konsert as die wenner aangekondig Die temalied van Die Kontrak was Nuwe begin van Dewald Wasserfall Verloop Wysig Elvis Blue n mentor Die vier mentors wat die deelnemers gehelp het om die kontrak te probeer losslaan was Elvis Blue Tarryn Lamb Monique Steyn en Dewald Wasserfall Dewald se liedjie Nuwe Begin was ook die program se temalied In die eerste aflewering het die vier mentors elk twee deelnemers uit ses kandidate gekies Hulle was Faraway George van Pretoria en Natasha Zaaiman van Middelburg Mpumalanga Elvis Tyral Lee Miggels van Uitenhage en Tatum Strydom van Pretoria Tarryn Wilha Carstens van Pretoria en Demi Lee Monique en Ivan Roux van Pretoria en die 16 jarige Deidre Barnard die jongste deelnemer van die Strand Dewald 2 Tyral Lee se kontrak is eerste opgeskeur gevolg deur die van Faraway George Natasha Wilha Tatum en Deidre Die twee deelnemers uit wie die wenner gekies moes word was Demi Lee en Ivan Die wenner WysigDemi Lee die wenner van Die Kontrak is amptelik op Vrydag 23 November 2018 by die Afrikaans Is Groot konsert in die Sun Arena in Pretoria aangekondig Sy het ook op die konsert opgetree as deel van haar prys Die episode is op Woensdag 28 November uitgesaai Verwysings Wysig Die Kontrak En die wenner is Afrikaanse Musieknuus 23 November 2018 Besoek op 25 November 2018 Die Kontrak Hier is die top 8 deelnemers Afrikaanse Musieknuus 26 September 2018 Besoek op 6 Novermber 2018 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Die Kontrak amp ol,