fbpx
Wikipedia

Diamant

Diamant
 
'n Ongeslypte diamant 
Formule C  
Kleur kleurloos, gelerig, geel, bruin, swart, blou, groen, rooi, pienk 
Glans adamantyn, vetagtig 
Hardheid 10 (Mohs) 
Digtheid 3,5 – 3,52 g/cm3 
Optiese eienskappe 
Transparansie deursigtig 
Dubbelbreking Isotroop 
RI-waardes nα = 2.435 
Kristallografie 
Ruimtegroep Fd3m; F41/d 3 2/m 
Strukturbericht-kode A4 
Nommer 227 
Schoenflies-simbool O7h 
* Lys van minerale

'n Diamant is 'n klein kosbare, skitterende steen en die hardste edelsteen én hardste natuurlike materiaal wat daar is. Diamante se gewig word in karaat bepaal. Die grootste sierdiamant ooit gevind is die Cullinan-diamant van 3 024.75 karaat.

Lande met die hoogste diamantwinning.

Chemiese eienskappe

Diamant bestaan uit 'n koolstof-kristalrooster. Diamante word gevorm deur geweldige hitte en druk. By kamertemperatuur is grafiet die stabielste allotroop van koolstof en diamant is daarom metastabiel. Sy vormingsentalpie is 2,4 kJ/mol. Nes grafiet is diamant taamlik onreaktief, dog dit kan nes kool verbrand volgens:

 

Die hitte wat hierby vrygestel word sal nogtans 2,4 kJ/mol kleiner wees as by grafiet.

Die kristalstruktuur

Die diamantstruktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se A4-struktuur. Die struktuur is kubies, maar dit is nie 'n digpakking nie. Dit kan wel van die kubiese digpakking afgelei word deur die helfte van die tetraëder-holtes met 'n koolstofatoom op te vul. Sy ruimtegroep is nie-simmorfies   In hierdie struktuur het elke koolstofatoom net vier naaste bure (pleks van 12 in fcc) in 'n tetraëdriese omringing. Ander stowwe wat hierdie struktuurtipe besit is silikon, germanium en een van die allotrope van tin. Hierdie struktuurtipe is baie bekend as die struktuur wat halfgeleiers besit. Ander halfgeleiers soos GaAs, InP of CuInSe2 het struktuurtipes wat van die diamantstruktuur afgelei is.

Elektriese eienskappe

Diamant is self ook 'n halfgeleier. Dit besit 'n taamlik groot bandgaping, maar die ladingsdraers se beweeglikheid is hoog. Diamant het 'n indirekte bandgaping van 5,47 eV, teenoor 1,1242 eV vir silikon. Die Hall-mobiliteit is ongeveer 2800 cm2/Vs teenoor 1600 cm2/Vs vir silikon.[1]

Die groot bandgaping verklaar dat suiwer diamant in die sigbare gebied heeltemal deursigtig is. Net fotone wat genoeg energie het (groter as 5,47 eV) sal geabsorbeer word en hierdie fotone is in die ultravioletgebied van die spektrum. Diamant se brekingsindeks is hoog: ongeveer 2,5 en dit verklaar hoekom die edelsteen so skitter.[2] Onsuiwerhede wat in die kristalrooster opgelos is, kan aan natuurlike diamante 'n kleur gee en hulle beïnvloed ook die elektriese eienskappe.

Die waarde van 'n diamant

Die waarde van 'n diamant word deur vier faktore bepaal: gewig, snit, kleur en helderheid.

Gewig

Die gewig van 'n diamant word in karaat bepaal en is gelykstaande aan 0.2 gram. Dit is min of meer die gewig van 'n skuifspeld.

Snit

Die snit, dit wil sê hoe die diamant gesny (geslyp) is, bepaal hoeveel lig binne die diamant vasgevang en weerkaats word. Hoe meer lig vasgevang word, hoe duurder is die diamant.

Kleur

Diamante word sorteer en gradeer volgens hulle deursigtigheid. Kleurlose diamante word gradeer van D (heeltemal kleurloos) tot Z (geel).

Helderheid

Diamante word op 'n 11-punt skaal gegradeer volgens vlekkeloosheid.

10 Grootste diamante wat ontdek is[3]

 
Diamant produksie kaart
 
Myn van diamante in die Kono-distrik van Sierra Leone
Nommer Naam Gewig (karaat) Land Datum ontdek Myn
1 Sergio 3167 Brasilië 1895
2 Cullinan-diamant 3106.75 Suid-Afrika 1905 Premiermyn
3 Karowe AK6 1111 Botswana 2015 Karowemyn
4 Excelsior 995.2 Suid-Afrika 1893 Jagersfonteinmyn
5 Ster van Sierra Leone 969 Sierra Leone 1973
6 Letseng 910 910 Lesotho 2018 Letseng-la-Terai
7 Onvergelykbare diamant 890 Demokratiese Republiek van die Kongo 1984
8 Naamlose diamant 813 Botswana 2015
9 Millennium-ster 777 Demokratiese Republiek van die Kongo 1990
10 The Woyie River 770 Sierra Leone 1973
11 The Golden Jubilee 755 Suid-Afrika 1984 Premiermyn

Diamante van Suider-Afrika

Die eerste diamant wat in Suid-Afrika gevind is, is die Eureka-diamant. Hierdie diamant is deur Erasmus Jacobs gevind naby Hopetown en weeg 21,25 karaat, ongeslyp. In 1868 is 'n diamant van 83,5 karaat gevind op die plaas Zandfontein, ook naby Hopetown. Hierdie diamant staan later bekend as die Ster van Suid-Afrika.

In 1888 is die De Beers-diamant van 428.5 karaat in 1888 in die Kimberley-myn gevind

Op 30 Junie 1893 is die Excelsior-diamant gevind in die De Beers-myn te Jagersfontein. Dit het 971 karaat geweeg en was op daardie stadium die grootste diamant in die wêreld.

Die Jubilee-diamant van 650.80 karaat is 1895 in die Jagersfontein-myn gevind.

Die Cullinan-diamant is op 26 Januarie 1905 in die Premiermyn by Cullinan gevind deur Frederick Wells. Dit is tot op datum die grootste diamant wat ooit gevind is.

Diamante is ook in 1926 aan die kus van Namakwaland ontdek.

Die Jonker-diamant van 726 karaat was die vierde grootste diamant ter wêreld gewees toe dit op 17 Januarie 1934 deur die delwer, Jacobus Jonker, gevind is op die plaas Elandsfontein, Pretoria.

Die 616-diamant is in 1964 gevind in Kimberley.

Die Lesotho-brown van 601 karaat is gedurende Mei, 1967 by die Letseng-la-Terai-myn gevind in Lesotho.

Die Golden Jubilee-diamant van 755.5 karaat is in 1985 gevind in die Premiermyn.

Op 15 Januarie 2018 kondig Gem Diamonds die ontdekking aan van 'n 910 karaat diamant by hulle myn te Letseng-la-Terai.

Verwysings

  1. "semiconductors.co.uk" (in Engels). vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 20 Maart 2017.
  2. refractiveindex.info.
  3. So word die diamantrekords herskryf. Die Beeld 27 November 2015.

Eksterne skakels

  • 5000 bladsye in 50 boeke vol teks, beroemde diamante, mynbou ens. (Theophrastus, Robert Boyle, Albertus Magnus, Gardner Williams (manager de Beers), George Frederick Kunz, ens.
  • Diamond articles[dooie skakel]

Diamant
diamant, ongeslypte, diamant, formule, kleur, kleurloos, gelerig, geel, bruin, swart, blou, groen, rooi, pienk, glans, adamantyn, vetagtig, hardheid, mohs, digtheid, optiese, eienskappe, transparansie, deursigtig, dubbelbreking, isotroop, waardes, kristallogra. Diamant n Ongeslypte diamant Formule C Kleur kleurloos gelerig geel bruin swart blou groen rooi pienk Glans adamantyn vetagtig Hardheid 10 Mohs Digtheid 3 5 3 52 g cm3 Optiese eienskappe Transparansie deursigtig Dubbelbreking Isotroop RI waardes na 2 435 Kristallografie Ruimtegroep Fd3 m F41 d 3 2 m Strukturbericht kode A4 Nommer 227 Schoenflies simbool O7h Lys van minerale n Diamant is n klein kosbare skitterende steen en die hardste edelsteen en hardste natuurlike materiaal wat daar is Diamante se gewig word in karaat bepaal Die grootste sierdiamant ooit gevind is die Cullinan diamant van 3 024 75 karaat Lande met die hoogste diamantwinning Inhoud 1 Chemiese eienskappe 2 Die kristalstruktuur 3 Elektriese eienskappe 4 Die waarde van n diamant 4 1 Gewig 4 2 Snit 4 3 Kleur 4 4 Helderheid 5 10 Grootste diamante wat ontdek is 3 6 Diamante van Suider Afrika 7 Verwysings 8 Eksterne skakelsChemiese eienskappe WysigDiamant bestaan uit n koolstof kristalrooster Diamante word gevorm deur geweldige hitte en druk By kamertemperatuur is grafiet die stabielste allotroop van koolstof en diamant is daarom metastabiel Sy vormingsentalpie is 2 4 kJ mol Nes grafiet is diamant taamlik onreaktief dog dit kan nes kool verbrand volgens C O 2 C O 2 displaystyle C O 2 to CO 2 Die hitte wat hierby vrygestel word sal nogtans 2 4 kJ mol kleiner wees as by grafiet Die kristalstruktuur WysigDie diamantstruktuur is die argetipe van die strukturbericht klassifikasie se A4 struktuur Die struktuur is kubies maar dit is nie n digpakking nie Dit kan wel van die kubiese digpakking afgelei word deur die helfte van die tetraeder holtes met n koolstofatoom op te vul Sy ruimtegroep is nie simmorfies F 4 1 d 3 2 m displaystyle F frac 4 1 d bar 3 frac 2 m In hierdie struktuur het elke koolstofatoom net vier naaste bure pleks van 12 in fcc in n tetraedriese omringing Ander stowwe wat hierdie struktuurtipe besit is silikon germanium en een van die allotrope van tin Hierdie struktuurtipe is baie bekend as die struktuur wat halfgeleiers besit Ander halfgeleiers soos GaAs InP of CuInSe2 het struktuurtipes wat van die diamantstruktuur afgelei is Elektriese eienskappe WysigDiamant is self ook n halfgeleier Dit besit n taamlik groot bandgaping maar die ladingsdraers se beweeglikheid is hoog Diamant het n indirekte bandgaping van 5 47 eV teenoor 1 1242 eV vir silikon Die Hall mobiliteit is ongeveer 2800 cm2 Vs teenoor 1600 cm2 Vs vir silikon 1 Die groot bandgaping verklaar dat suiwer diamant in die sigbare gebied heeltemal deursigtig is Net fotone wat genoeg energie het groter as 5 47 eV sal geabsorbeer word en hierdie fotone is in die ultravioletgebied van die spektrum Diamant se brekingsindeks is hoog ongeveer 2 5 en dit verklaar hoekom die edelsteen so skitter 2 Onsuiwerhede wat in die kristalrooster opgelos is kan aan natuurlike diamante n kleur gee en hulle beinvloed ook die elektriese eienskappe Die waarde van n diamant WysigDie waarde van n diamant word deur vier faktore bepaal gewig snit kleur en helderheid Gewig Wysig Die gewig van n diamant word in karaat bepaal en is gelykstaande aan 0 2 gram Dit is min of meer die gewig van n skuifspeld Snit Wysig Die snit dit wil se hoe die diamant gesny geslyp is bepaal hoeveel lig binne die diamant vasgevang en weerkaats word Hoe meer lig vasgevang word hoe duurder is die diamant Kleur Wysig Diamante word sorteer en gradeer volgens hulle deursigtigheid Kleurlose diamante word gradeer van D heeltemal kleurloos tot Z geel Helderheid Wysig Diamante word op n 11 punt skaal gegradeer volgens vlekkeloosheid 10 Grootste diamante wat ontdek is 3 Wysig Diamant produksie kaart Myn van diamante in die Kono distrik van Sierra Leone Nommer Naam Gewig karaat Land Datum ontdek Myn1 Sergio 3167 Brasilie 18952 Cullinan diamant 3106 75 Suid Afrika 1905 Premiermyn3 Karowe AK6 1111 Botswana 2015 Karowemyn4 Excelsior 995 2 Suid Afrika 1893 Jagersfonteinmyn5 Ster van Sierra Leone 969 Sierra Leone 19736 Letseng 910 910 Lesotho 2018 Letseng la Terai7 Onvergelykbare diamant 890 Demokratiese Republiek van die Kongo 19848 Naamlose diamant 813 Botswana 20159 Millennium ster 777 Demokratiese Republiek van die Kongo 199010 The Woyie River 770 Sierra Leone 197311 The Golden Jubilee 755 Suid Afrika 1984 PremiermynDiamante van Suider Afrika WysigDie eerste diamant wat in Suid Afrika gevind is is die Eureka diamant Hierdie diamant is deur Erasmus Jacobs gevind naby Hopetown en weeg 21 25 karaat ongeslyp In 1868 is n diamant van 83 5 karaat gevind op die plaas Zandfontein ook naby Hopetown Hierdie diamant staan later bekend as die Ster van Suid Afrika In 1888 is die De Beers diamant van 428 5 karaat in 1888 in die Kimberley myn gevindOp 30 Junie 1893 is die Excelsior diamant gevind in die De Beers myn te Jagersfontein Dit het 971 karaat geweeg en was op daardie stadium die grootste diamant in die wereld Die Jubilee diamant van 650 80 karaat is 1895 in die Jagersfontein myn gevind Die Cullinan diamant is op 26 Januarie 1905 in die Premiermyn by Cullinan gevind deur Frederick Wells Dit is tot op datum die grootste diamant wat ooit gevind is Diamante is ook in 1926 aan die kus van Namakwaland ontdek Die Jonker diamant van 726 karaat was die vierde grootste diamant ter wereld gewees toe dit op 17 Januarie 1934 deur die delwer Jacobus Jonker gevind is op die plaas Elandsfontein Pretoria Die 616 diamant is in 1964 gevind in Kimberley Die Lesotho brown van 601 karaat is gedurende Mei 1967 by die Letseng la Terai myn gevind in Lesotho Die Golden Jubilee diamant van 755 5 karaat is in 1985 gevind in die Premiermyn Op 15 Januarie 2018 kondig Gem Diamonds die ontdekking aan van n 910 karaat diamant by hulle myn te Letseng la Terai Verwysings Wysig semiconductors co uk in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019 Besoek op 20 Maart 2017 refractiveindex info So word die diamantrekords herskryf Die Beeld 27 November 2015 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Diamant Sien diamant in Wiktionary die vrye woordeboek 5000 bladsye in 50 boeke vol teks beroemde diamante mynbou ens Theophrastus Robert Boyle Albertus Magnus Gardner Williams manager de Beers George Frederick Kunz ens Diamond articles dooie skakel Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Diamant amp oldid 2433963,