×
Demokratiese Party (Verenigde State)

Die Demokratiese Party (Engels: Democratic Party), of kort Demokrate (Democrats), is een van die twee hedendaagse groot politieke partye in die Verenigde State, saam met die Republikeinse Party. Die party se erfenis strek terug na Thomas Jefferson en James Madison se Demokraties-Republikeinse Party (Democratic-Republican Party) en die hedendaagse Demokratiese Party is omtrent 1828 gestig, wat dit die wêreld se oudste aktiewe party maak. Hul nieamptelike kleur is blou en hul nieamptelike wapendier is die donkie. Met 'n geskatte ledetal van 43,1 miljoen in 2012 is die Demokratiese Party nog voor die Republikeinse Party die grootste party van die Verenigde State.

Demokratiese Party
Democratic Party
Democrats
Leier Tom Perez
Gestig 1828
Voorafgegaan deur Demokraties-Republikeinse Party
Hoofkwartier 430 South Capitol St. SE, Washington, D.C., 20003
Studentevleuel College Democrats of America
Jeugvleuel Young Democrats of America
Ideologie Liberalisme
Progressiwisme
Sosiale liberalisme
Internasionale affiliasie Progressive Alliance
Amptelike kleure Blou
Webblad

Inhoud

Nast se spotprent van 1870 met die eerste noemenswaardige voorkoms van die Demokratiese donkie
Amerikaanse burgers volgens affiliasie met Onafhanklikes, Demokrate of Republikeine
Die donkie, nieamptelike kenteken van die Demokratiese Party
Kaart van goewerneurs van Amerikaanse deelstate volgens hul lidmaatskap:

Demokrate

Demokrate/Partido Popular Democrático (Puerto Rico)

Republikeine

Onafhanklike

Die Demokratiese Party was oorspronklik die konserwatiewe van die twee groot partye, terwyl die Republikeinse Party die liberale party was. Byvoorbeeld het die Demokratiese Party die slawerny van die Suidelike Verenigde State ondersteun en tydens die Amerikaanse Burgeroorlog die enigste president van die Gekonfedereerde State van Amerika, Jefferson Davis, gestel. Hul eweknie, die Republikeinse Party, is op 20 Maart 1854 as 'n liberale antislawernyparty gestig en het in 1860 met Abraham Lincoln hul eerste president opgestel wat tot die Amerikaanse Burgeroorlog en die stigting van die Gekonfedereerde State van Amerika gelei het. Na die sluipmoord op Abraham Lincoln het in 1865 die Demokraat en adjunkpresident Andrew Johnson president geword.

In 1913 het die Demokraat Woodrow Wilson Amerikaanse president geword. Hy sou op 6 April 1917 oorlog teen die Duitse Keiserryk verklaar, nadat Duitse duikbote handelsskepe ongeag van hul nasionaliteit aangeval het. Nadat die Verenigde State saam met hul Geallieerdes van die Eerste Wêreldoorlog, soos Australië, Frankryk Kanada, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk, die Groot Oorlog op 11 November 1918 gewen het, het die Verenigde State se opkoms as 'n supermoondheid begin. In 1919 is Woodrow Wilson weens sy naoorlogse beleid met die Nobelprys vir Vrede bekroon.

Onder Woodrow Wilson se Demokratiese opvolger, Franklin D. Roosevelt, het die Verenigde State as gevolg van die aanval op Pearl Harbor in Desember 1941 die Tweede Wêreldoorlog teen Nazi-Duitsland, Italië en Japan betree wat tydens die ampstermyn van sy opvolger, Harry S. Truman, deur die gebruik van twee kernwapens in Augustus 1945 beëindig is. Nadat Noord-Koreaanse troepe Suid-Koreaanse grondgebied op 25 Junie 1950 aangeval het, het die Verenigde State saam met ander lande troepe na Korea ontplooi en die frontlyn tot die Chinese grens verskuif. Aansluitend is die Geallieerde magte deur die Volksrepubliek China tot die Deling-grens teruggedryf, waarna die Korea-oorlog op 27 Julie 1953 deur die ondertekening van 'n wapenstilstand beëindig is. Onder Harry S. Truman het die Demokratiese Party hulself verder ná links geskuif, nadat lede van die konserwatiewe vleuel die Demokratiese Party verlaat en by die Republikeinse Party aangesluit het.

Tydens John F. Kennedy se kort ampstermyn het die Koue Oorlog in 1962 sy hoogtepunt bereik, nadat die Sowjetunie kernwapens op Kuba gestasioneer het en Kennedy met 'n direkte konfrontasie die ontrekking daarvan afgedwing het. Nadat Kennedy op 22 November 1963 in Dallas, Texas, vermoor is, het sy partygenoot Lyndon B. Johnson president geword. As gevolg van die omstrede Tonkin-voorval het die Verenigde State op 2 Augustus 1964 die Viëtnamoorlog betree, wat met die nederlaag van Suid-Viëtnam en die vereniging van Viëtnam geëindig het. Tydens Johnson se ampstermyn is die rassekwessie dwarsdeur die hele land debatteer, gelei deur Martin Luther King jr. wat op 4 April 1968 in Memphis, Tennessee, vermoor is. In daardie dekade het die Republikeinse Party 'n meer konserwatiewe ideologie aangeneem.

Tydens Jimmy Carter se ampstermyn is in 1978 die vredesverdrag tussen Egipte en Israel onderteken. In dieselfde is die diplomatiese betrekkinge met die Republiek China laat vaar en deur dié met die kommunistiese Volksrepubliek China vervang. Jimmy Carter se ampstermyn word as enigste van 'n Amerikaanse president sedert die Tweede Wêreldoorlog beskou, waartydens die Verenigde State nie oorlog gevoer het nie. Jimmy Carter is in 2002 weens sy buitelandse beleid met die Nobelprys vir Vrede bekroon.

Bill Clinton se ampstermyn is gekenmerk deur die nadraai van die Koue Oorlog se einde met die Ontbinding van die Sowjetunie en die bloedige verbrokkeling van Joego-Slawië. Sy buitelandse beleid het veral op goeie betrekkinge met die voormalige vyande Rusland en China asook die Arabies-Israeliese konflik gefokus. Hy het die president van Israel, Yitzhak Rabin, en die koning van Jordanië, Hussein I, in 1994 tot die ondertekening van die Israelies-Jordaanse vredesverdrag aangemoedig.

In 2009 is Barack Obama as eerste Afro-Amerikaanse president van die Verenigde State ingesweer. Hy is in dieselfde jaar met die Nobelprys vir Vrede bekroon. Tydens sy ampstermyn is die Amerikaanse gesondheidstelsel hervorm en die Kubaans-Amerikaanse Betrekkinge vir die eerste keer sedert meer as 50 jaar genormaliseer.

Tot vandag het die Demokratiese Party 20 presidente gestel, waarvan twee tydens albei wêreldoorloë: Woodrow Wilson en Franklin D. Roosevelt. Drie Demokratiese presidente is met die Nobelprys vir Vrede bekroon: Woodrow Wilson in 1919, Jimmy Carter in 2002 en Barack Obama in 2009.

Daarbenewens het die Demokratiese Party tydens die Amerikaanse Burgeroorlog die enigste president van die Gekonfedereerde State van Amerika gestel.

  1. (en) Arnold, N. Scott (2009). Imposing values: an essay on liberalism and regulation. Florence: Oxford University Press. p. 3. ISBN 0-495-50112-3.
  2. (en) . The Huffington Post. 29 Junie 2012. Besoek op12 April 2016.
  3. (en) . theatlantic.com. 19 Junie 2013. vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2020. Besoek op12 April 2016.
  4. (en) Paul Starr. . princeton.edu. vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2018. Besoek op12 April 2016.
  5. (en) Kenneth Janda, Jeffrey M. Berry en Jerry Goldman (2010). . Cengage Learning. p. 276. Besoek op12 April 2016.
  6. (en) Samuel Kernell, Gary C. Jacobson, and Thad Kousser. . ProCon.org. vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op12 April 2016.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  • (en) Bartlett, Bruce (2008). . New York: Palgrave MacMillan. Besoek op12 April 2016.
  • (en) Landis, Michael Todd (13 Maart 2016). . History News Network. Besoek op12 April 2016.
  • (en)
  • (en)
  • (en)
  • (en)

Publikasie datum: Augustus 07, 2021

demokratiese, party, verenigde, state, demokratiese, party, engels, democratic, party, kort, demokrate, democrats, twee, hedendaagse, groot, politieke, partye, verenigde, state, saam, republikeinse, party, party, erfenis, strek, terug, thomas, jefferson, james. Die Demokratiese Party Engels Democratic Party of kort Demokrate Democrats is een van die twee hedendaagse groot politieke partye in die Verenigde State saam met die Republikeinse Party Die party se erfenis strek terug na Thomas Jefferson en James Madison se Demokraties Republikeinse Party Democratic Republican Party en die hedendaagse Demokratiese Party is omtrent 1828 gestig wat dit die wereld se oudste aktiewe party maak 5 Hul nieamptelike kleur is blou en hul nieamptelike wapendier is die donkie Met n geskatte ledetal van 43 1 miljoen in 2012 is die Demokratiese Party nog voor die Republikeinse Party die grootste party van die Verenigde State 6 Demokratiese Party Democratic PartyDemocratsLeier Tom PerezGestig 1828Voorafgegaan deur Demokraties Republikeinse PartyHoofkwartier 430 South Capitol St SE Washington D C 20003Studentevleuel College Democrats of AmericaJeugvleuel Young Democrats of AmericaIdeologie Liberalisme 1 2 Progressiwisme 3 Sosiale liberalisme 4 Internasionale affiliasie Progressive AllianceAmptelike kleure BlouWebblad democrats org Inhoud 1 Geskiedenis 2 Amerikaanse presidente van die Demokratiese Party 3 Verwysings 4 Verdere leesstof 5 Eksterne skakelsGeskiedenis Wysig Nast se spotprent van 1870 met die eerste noemenswaardige voorkoms van die Demokratiese donkie Amerikaanse burgers volgens affiliasie met Onafhanklikes Demokrate of Republikeine Die donkie nieamptelike kenteken van die Demokratiese Party Kaart van goewerneurs van Amerikaanse deelstate volgens hul lidmaatskap Demokrate Demokrate Partido Popular Democratico Puerto Rico Republikeine Onafhanklike Die Demokratiese Party was oorspronklik die konserwatiewe van die twee groot partye terwyl die Republikeinse Party die liberale party was Byvoorbeeld het die Demokratiese Party die slawerny van die Suidelike Verenigde State ondersteun en tydens die Amerikaanse Burgeroorlog die enigste president van die Gekonfedereerde State van Amerika Jefferson Davis gestel Hul eweknie die Republikeinse Party is op 20 Maart 1854 as n liberale antislawernyparty gestig en het in 1860 met Abraham Lincoln hul eerste president opgestel wat tot die Amerikaanse Burgeroorlog en die stigting van die Gekonfedereerde State van Amerika gelei het Na die sluipmoord op Abraham Lincoln het in 1865 die Demokraat en adjunkpresident Andrew Johnson president geword In 1913 het die Demokraat Woodrow Wilson Amerikaanse president geword Hy sou op 6 April 1917 oorlog teen die Duitse Keiserryk verklaar nadat Duitse duikbote handelsskepe ongeag van hul nasionaliteit aangeval het Nadat die Verenigde State saam met hul Geallieerdes van die Eerste Wereldoorlog soos Australie Frankryk Kanada Nieu Seeland Suid Afrika en die Verenigde Koninkryk die Groot Oorlog op 11 November 1918 gewen het het die Verenigde State se opkoms as n supermoondheid begin In 1919 is Woodrow Wilson weens sy naoorlogse beleid met die Nobelprys vir Vrede bekroon Onder Woodrow Wilson se Demokratiese opvolger Franklin D Roosevelt het die Verenigde State as gevolg van die aanval op Pearl Harbor in Desember 1941 die Tweede Wereldoorlog teen Nazi Duitsland Italie en Japan betree wat tydens die ampstermyn van sy opvolger Harry S Truman deur die gebruik van twee kernwapens in Augustus 1945 beeindig is Nadat Noord Koreaanse troepe Suid Koreaanse grondgebied op 25 Junie 1950 aangeval het het die Verenigde State saam met ander lande troepe na Korea ontplooi en die frontlyn tot die Chinese grens verskuif Aansluitend is die Geallieerde magte deur die Volksrepubliek China tot die Deling grens teruggedryf waarna die Korea oorlog op 27 Julie 1953 deur die ondertekening van n wapenstilstand beeindig is Onder Harry S Truman het die Demokratiese Party hulself verder na links geskuif nadat lede van die konserwatiewe vleuel die Demokratiese Party verlaat en by die Republikeinse Party aangesluit het Tydens John F Kennedy se kort ampstermyn het die Koue Oorlog in 1962 sy hoogtepunt bereik nadat die Sowjetunie kernwapens op Kuba gestasioneer het en Kennedy met n direkte konfrontasie die ontrekking daarvan afgedwing het Nadat Kennedy op 22 November 1963 in Dallas Texas vermoor is het sy partygenoot Lyndon B Johnson president geword As gevolg van die omstrede Tonkin voorval het die Verenigde State op 2 Augustus 1964 die Vietnamoorlog betree wat met die nederlaag van Suid Vietnam en die vereniging van Vietnam geeindig het Tydens Johnson se ampstermyn is die rassekwessie dwarsdeur die hele land debatteer gelei deur Martin Luther King jr wat op 4 April 1968 in Memphis Tennessee vermoor is In daardie dekade het die Republikeinse Party n meer konserwatiewe ideologie aangeneem Tydens Jimmy Carter se ampstermyn is in 1978 die vredesverdrag tussen Egipte en Israel onderteken In dieselfde is die diplomatiese betrekkinge met die Republiek China laat vaar en deur die met die kommunistiese Volksrepubliek China vervang Jimmy Carter se ampstermyn word as enigste van n Amerikaanse president sedert die Tweede Wereldoorlog beskou waartydens die Verenigde State nie oorlog gevoer het nie Jimmy Carter is in 2002 weens sy buitelandse beleid met die Nobelprys vir Vrede bekroon Bill Clinton se ampstermyn is gekenmerk deur die nadraai van die Koue Oorlog se einde met die Ontbinding van die Sowjetunie en die bloedige verbrokkeling van Joego Slawie Sy buitelandse beleid het veral op goeie betrekkinge met die voormalige vyande Rusland en China asook die Arabies Israeliese konflik gefokus Hy het die president van Israel Yitzhak Rabin en die koning van Jordanie Hussein I in 1994 tot die ondertekening van die Israelies Jordaanse vredesverdrag aangemoedig In 2009 is Barack Obama as eerste Afro Amerikaanse president van die Verenigde State ingesweer Hy is in dieselfde jaar met die Nobelprys vir Vrede bekroon Tydens sy ampstermyn is die Amerikaanse gesondheidstelsel hervorm en die Kubaans Amerikaanse Betrekkinge vir die eerste keer sedert meer as 50 jaar genormaliseer Amerikaanse presidente van die Demokratiese Party WysigTot vandag het die Demokratiese Party 20 presidente gestel waarvan twee tydens albei wereldoorloe Woodrow Wilson en Franklin D Roosevelt Drie Demokratiese presidente is met die Nobelprys vir Vrede bekroon Woodrow Wilson in 1919 Jimmy Carter in 2002 en Barack Obama in 2009 Thomas Jefferson 1801 1809 James Madison 1809 1817 James Monroe 1817 1825 John Quincy Adams 1825 1829 Andrew Jackson 1829 1837 Martin Van Buren 1837 1841 James K Polk 1845 1849 Franklin Pierce 1853 1857 James Buchanan 1857 1861 Andrew Johnson 1865 1869 Grover Cleveland 1885 1889 en 1893 1897 Woodrow Wilson 1913 1921 Franklin D Roosevelt 1933 1945 Harry S Truman 1945 1953 John F Kennedy 1961 1963 Lyndon B Johnson 1963 1969 Jimmy Carter 1977 1981 Bill Clinton 1993 2001 Barack Obama 2009 2017 Joe Biden 2021 hede Daarbenewens het die Demokratiese Party tydens die Amerikaanse Burgeroorlog die enigste president van die Gekonfedereerde State van Amerika gestel Jefferson Davis 1861 1865Verwysings Wysig en Arnold N Scott 2009 Imposing values an essay on liberalism and regulation Florence Oxford University Press p 3 ISBN 0 495 50112 3 en President Obama the Democratic Party and Socialism A Political Science Perspective The Huffington Post 29 Junie 2012 Besoek op 12 April 2016 en The Left s Quiet Advance in Democratic Primaries theatlantic com 19 Junie 2013 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2020 Besoek op 12 April 2016 en Paul Starr Center Left Liberalism princeton edu Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2018 Besoek op 12 April 2016 en Kenneth Janda Jeffrey M Berry en Jerry Goldman 2010 The Challenge of Democracy American Government in Global Politics Cengage Learning p 276 Besoek op 12 April 2016 en Samuel Kernell Gary C Jacobson and Thad Kousser Background of Political Parties in the United States ProCon org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020 Besoek op 12 April 2016 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Verdere leesstof Wysig en Bartlett Bruce 2008 Wrong on Race The Democratic Party s Buried Past New York Palgrave MacMillan Besoek op 12 April 2016 en Landis Michael Todd 13 Maart 2016 Dinesh D Souza Claims in a New Film that the Democratic Party Was Pro Slavery Here s the Sad Truth History News Network Besoek op 12 April 2016 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Demokratiese Party Verenigde State en Amptelike webwerf en Democrats Abroad en Die Demokrate se Senaat koukus en Die Demokrate se Huis van Afgevaardigdes koukusOntsluit van https af wikipedia org w index php title Demokratiese Party Verenigde State amp ol,