×
Deklinasie

In sterrekunde is deklinasie (simbool δ) een van die twee rigtingkoördinate van 'n punt aan die hemelbol volgens die stelsel waarmee hemelliggame se posisie bepaal word. Die ander koördinaat is regte klimming.

Regte klimming (blou) en deklinasie (groen) soos gesien van buite die hemelbol.

Deklinasie in sterrekunde kan vergelyk word met breedtegrade in geografie soos geprojekteer op die hemelbol. Punte noord van die hemelewenaar het 'n positiewe deklinasie, terwyl dié suid van die hemelewenaar 'n negatiewe deklinasie het. Die eenhede wat gebruik word om dit aan te dui, is meestal grade (°), minute of boogminute (') en sekondes of boogsekondes ("), met 90° gelyk aan 'n kwartsirkel. Deklinasies van hoër as 90° word nie aangetref nie, omdat die hemelpole die mees noordelike en suidelike punte op die hemelbol is.

'n Voorwerp by die

  • hemelewenaar het 'n deklinasie van 0°
  • noordelike hemelpool het 'n deklinasie van +90°
  • suidelike hemelpool het 'n deklinasie van -90°

Die tekens + of – dui gewoonlik aan of die waarde positief of negatief is.

Die Aarde se as draai stadig weswaarts om die pole van die sonnebaan en voltooi een kringloop in sowat 26 000 jaar. Hierdie effek, bekend as presessie, veroorsaak dat die koördinate van stilstaande hemelliggame voortdurend verander, al is dit baie stadig. Daarom hou lugkoördinate (insluitende deklinasie) verband met die jaar van waarneming. Sterrekundiges dui die koördinate aan met verwysing na 'n spesifieke jaar, bekend as 'n epog. Koördinate van verskillende epogs moet wiskundig aangepas word met betrekking tot mekaar, of om ooreen te stem met 'n standaard-epog.

Die huidige standaard-epog is J2000, wat staan vir 1 Januarie 2000 om 12:00 Aardtyd, 'n sterrekundige standaardtyd wat deur die IAU vasgestel is. Die "J" dui aan dat dit 'n Juliaanse epog is. Voorheen is die opeenvolgende Besseliaanse epogs B1875.0, B1900.0 en B1950.0 gebruik.

  1. Moulton, Forest Ray (1918). . Macmillan Co., New York. p. 125, art. 66.
  2. Moulton (1918), ble. 92-95.
  3. U.S. Naval Observatory Nautical Almanac Office; U.K. Hydrographic Office, H.M. Nautical Almanac Office, Nautical Almanac Office (2008). "Time Scales and Coordinate Systems, 2010". The Astronomical Almanac for the Year 2010. U.S. Govt. Printing Office. p. B2,. ISBN 9780160829727.CS1 maint: extra punctuation (link)

Publikasie datum: Augustus 12, 2021

deklinasie, sterrekunde, deklinasie, simbool, twee, rigtingkoördinate, punt, hemelbol, volgens, stelsel, waarmee, hemelliggame, posisie, bepaal, word, ander, koördinaat, regte, klimming, regte, klimming, blou, deklinasie, groen, soos, gesien, buite, hemelbol, . In sterrekunde is deklinasie simbool d een van die twee rigtingkoordinate van n punt aan die hemelbol volgens die stelsel waarmee hemelliggame se posisie bepaal word Die ander koordinaat is regte klimming Regte klimming blou en deklinasie groen soos gesien van buite die hemelbol Deklinasie in sterrekunde kan vergelyk word met breedtegrade in geografie soos geprojekteer op die hemelbol 1 Punte noord van die hemelewenaar het n positiewe deklinasie terwyl die suid van die hemelewenaar n negatiewe deklinasie het Die eenhede wat gebruik word om dit aan te dui is meestal grade minute of boogminute en sekondes of boogsekondes met 90 gelyk aan n kwartsirkel Deklinasies van hoer as 90 word nie aangetref nie omdat die hemelpole die mees noordelike en suidelike punte op die hemelbol is n Voorwerp by die hemelewenaar het n deklinasie van 0 noordelike hemelpool het n deklinasie van 90 suidelike hemelpool het n deklinasie van 90 Die tekens of dui gewoonlik aan of die waarde positief of negatief is Invloed van presessie WysigDie Aarde se as draai stadig weswaarts om die pole van die sonnebaan en voltooi een kringloop in sowat 26 000 jaar Hierdie effek bekend as presessie veroorsaak dat die koordinate van stilstaande hemelliggame voortdurend verander al is dit baie stadig Daarom hou lugkoordinate insluitende deklinasie verband met die jaar van waarneming Sterrekundiges dui die koordinate aan met verwysing na n spesifieke jaar bekend as n epog Koordinate van verskillende epogs moet wiskundig aangepas word met betrekking tot mekaar of om ooreen te stem met n standaard epog 2 Die huidige standaard epog is J2000 wat staan vir 1 Januarie 2000 om 12 00 Aardtyd n sterrekundige standaardtyd wat deur die IAU vasgestel is Die J dui aan dat dit n Juliaanse epog is Voorheen is die opeenvolgende Besseliaanse epogs B1875 0 B1900 0 en B1950 0 gebruik 3 Verwysings Wysig Moulton Forest Ray 1918 An Introduction to Astronomy Macmillan Co New York p 125 art 66 Moulton 1918 ble 92 95 U S Naval Observatory Nautical Almanac Office U K Hydrographic Office H M Nautical Almanac Office Nautical Almanac Office 2008 Time Scales and Coordinate Systems 2010 The Astronomical Almanac for the Year 2010 U S Govt Printing Office p B2 ISBN 9780160829727 CS1 maint extra punctuation link Eksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir deklinasie Gids tot die hemelbol James B Kaler Universiteit van Illinois Hemelewenaar koordinatestelsel Universiteit van Nebraska Lincoln Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Deklinasie amp ol,