×
David Livingstone

David Livingstone was 'n ontdekkingsreisiger en sendeling in Afrika.

David Livingstone
Gebore19 Maart 1813
Blantyre, South Lanarkshire, Skotland
Sterf1 Mei 1873
Nasionaliteit Verenigde Koninkryk
Bekend virVerkenning van Afrika

Hy is in 1813 in Blantyre, Skotland, gebore. Die gelyknamige stad in Malawi is na sy geboortedorp genoem. Nadat hy hom in medisyne bekwaam het, sluit hy by die Londense Sendinggenootskap aan en kom in 1840 na Suid-Afrika. Hy onderneem sy eerste verkenningsreis in 1849 na die Ngamimeer, vergesel van Mungo Murray en William Cotton Oswell. Ná 'n reis deur die Kalahariwoestyn, bereik hulle die meer op 1 Augustus 1849.

Op Kuruman raak hy in 'n geskil tussen Boere en inheemse stamme betrokke, en reis verder na die bolope van die Zambezi. Hy was in 1855 die eerste Europeër wat die Victoria-waterval gesien het ná 'n trek van twee en 'n half jaar. In later jare bring hy die meeste van sy loopbaan in Sentraal-Afrika deur.

In 1858 was hy die Britse konsul in Quelimane in die huidige Mosambiek. Hy was in bevel van 'n geselskap wat die eerste Europeërs was wat die Njassa-meer bereik het. In 1872 het Henry M. Stanley, wat gestuur is om nuus oor Livingstone te bring, hom gevind, maar Livingstone het geweier om terug te keer. Hy sterf tydens 'n volgende ekspedisie in die huidige Zambië, op 1 Mei 1873. Die stad Livingstone in die suide van die destydse Noord-Rhodesië is ook na hom genoem en ondanks 'n poging om die naam te verander, heet dit steeds na hom.

Die nodige geld vir sy studie het hy in 'n fabriek verdien, en van 1836-38 bestudeer hy die teologie en die geneeskunde aan die Universiteit van Glasgow. In 1838 doen hy by die Londense Sendinggenootskap aansoek om as sendeling oorsee gestuur te word, en die genootskap besluit om hom na ʼn sendingstasie in Suid-Afrika te stuur sodra hy sy studie voltooi het. Sy jarelange werk word uiteindelik met sukses bekroon. Toe hy in November 1840 as sendeling bevestig is, was hy reeds 'n gekwalifiseerde dokter en gereed vir sy groot taak.

Inhoud

Livingstone het op 31 Maart 1841 by die sendingstasie op Kuruman in die Noord-Kaap aangekom om saam met eerw. Robert Moffat daar onder die Betsjoenas te werk. Hy was nie lank daar nie, toe die begeerte om die Evangelie verder die binneland in te dra hom beetpak. In 1843 kry hy verlof om verder noord nog 'n sendingstasie te stig.

Hy skryf nou: “Mag die Here my seën om my hele wese aan die wonderlik werk te wy." Hy word nou ʼn ware ontdekkingsreisiger en in 1849 vertrek hy op ʼn groot tog noordwaarts met die idee om nog sendingstasie te stig. In die jare tussen 1849 en 1856 het hy op verskeie togte gegaan en ʼn aantal belangrike ontdekkings gemaak. In 1851 het hy die boloop van die Zambezi-rivier ontdek, wat tot op daardie tydstip heeltemal verkeerd op kaarte aangedui was.

In 1855 maak hy egter sy aanskoulikste ontdekking. Terwyl hy met ʼn kano op die Zambezi afvaar, sien hy skielik ʼn groot wolk uit die rivier opstyg. Toe Linvingstone nader kom, sien hy skielik ʼn groot watermassa van die Zambezi in ʼn magtige waterval sowat 110 m na benede stort. Hy het dit die Victoriaval genoem na koningin Victoria van Engeland.

By sy tuiskoms in 1856 in Brittanje is hy deur almal as die grootste ontdekkingsreisiger van sy tyd beskou. In 1859 het hy die Londense Sendinggenootskap verlaat om as leier van 'n ekspedisie van die Britse regering na Afrika terug te keer. Die belowende jong geoloog Richard Thornton en Livingstone se broer Charles was ook lede van dié ekspedisie. Die doel was om die Zambezi-gebied te verken. Die ekspedisie het die vallei van die Shire-rivier verken en die Njassameer (tans Malawimeer) en die Shire-hooglande ontdek. Gedurende die reise het Livingstone dikwels Portugese slawehandelaars teengekom, en een keer het hy 'n groep van 84 slawe en slavinne bevry.

Hy was woedend oor die slawehandel en wou hê hierdie gebiede van Afrika moet van slawehandelaars bevry word. In die daaropvolgende paar jaar het sy briewe soveel belangstelling in Engeland gewek dat 'n hele paar sendelinge besluit het om na Suider-Afrika te kom. Livingstone se vrou, Mary, ʼn dogter van Robert Moffat van Kuruman, het ook gekom, maar sy is kort na haar aankoms aan malaria oorlede. Livingstone was ʼn gebroke man, maar sy ou ywer het teruggekeer en hy het sy ontdekkingswerk tussen die Zambezi en die Malawimeer voortgesit.

In 1864 is hy terug na Engeland met baie nuwe geografiese inligting en wetenskaplike gegewens oor Afrika. Die volgende jaar het hy vir die laaste keer na Afrika teruggekeer. Hy het in Zanzibar geland met ʼn drieledige doel voor oë: om die waterskeiding tussen die Malawi-en die Tangajikameer te ondersoek, slawerny vir goed te beëindig en ook om die oorsprong van die Nyl te soek.

Met 36 gidse en draes het hy in die Ruvumarivier opgevaar en daarna die Malawimeer oorgesteek. Sy gidse en draers het egter die een na die ander gedros totdat daar op die ou end net vier of vyf oorgebly het. Die dorsters het al die kos en ook Livingstone se medisynekas gesteel.

En toe kry hy die koors – met geen medisyne om die siekte te behandel nie. Hoewel siek en swak, het hy deurgedruk en die Mweru- en Bangweolomeer ontdek. Sowel as die bolope van die Kongo-rivier . Uiteindelik het hy, uitgeteer en siek, sy hoofkwartier op Ujiji in die huidige Tanzanië bereik. Tydens sy omswerwinge het Livingstone sendingwerk gedoen, wetenskaplike aantekeninge gemaak en ook op die Lualaba-rivier, wat hy verkeerdelik as die ware oorsprong van die Nyl beskou het, afgekom. Later het geblyk dat dit die boloop van die Kongo-rivier is.

'n Hele paar jaar het verbygegaan sonder dat die buitewêreld 'n woord van Livingstone gehoor bet. Baie mense het selfs begin dink dat by dood was. In 1871 het 'n Amerikaanse koerant, die New York Herald, 'n korrespondent, Henry Stanley, na Afrika gestuur om Livingstone te soek. Stanley, wat self ʼn bekende ontdekkingsreisiger was, het Ujiji na 'n lang reis bereik.

Daar het by die ou man gevind, “bleek en afgemat, met 'n grys baard en 'n blouerige pet met 'n verbleikte goue band op die kop en gekleed in 'n onderbaadjie met rooi moue, en 'n grys tweedbroek" (aldus Stanley). “Dr. Livingstone, neem ek aan," het Stanley gesê. “Ja," het Livingstone geantwoord en die twee het mekaar hand gegee.

In 1872 moes Stanley terugkeer, maar Livingstone het geweier om saam te gaan. Stanley was die laaste blanke wat Livingstone lewend gesien het. Hoewel hy oud geword het na dertig jaar in Afrika, het Livingstone besluit om agter te bly en voort te gaan met sy soektog na die oorsprong van die Nyl. Op 25 Augustus vertrek hy weer, oortuig daarvan dat die oorsprong in die omgewing van die Bangweolomeer lê. Uitgeput deur malaria en maagkoors, het sy kragte hom egter begin faal.

Op 21 April 1873 skryf by met 'n bewerige hand in sy dagboek: “Het probeer ry, maar moes gaan lê en hulle het my in 'n uitgeputte toestand na die stat teruggedra." By sy aankoms in die stat van Chitambo het sy getroue draers vir hom 'n hut gebou. Hier het hy in 'n knielende posisie langs sy eenvoudige bed gesterf. Sy oorskot is na Engeland teruggebring en in die Westminster-Abdy begrawe.

Publikasie datum: Augustus 26, 2021

david, livingstone, ontdekkingsreisiger, sendeling, afrika, gebore19, maart, 1813, blantyre, south, lanarkshire, skotlandsterf1, 1873, chief, chitambo, village, zambië, britse, ryknasionaliteit, verenigde, koninkrykbekend, virverkenning, afrika, 1813, blantyre. David Livingstone was n ontdekkingsreisiger en sendeling in Afrika David LivingstoneGebore19 Maart 1813 Blantyre South Lanarkshire SkotlandSterf1 Mei 1873 Chief Chitambo s Village Zambie Britse RykNasionaliteit Verenigde KoninkrykBekend virVerkenning van Afrika Hy is in 1813 in Blantyre Skotland gebore Die gelyknamige stad in Malawi is na sy geboortedorp genoem Nadat hy hom in medisyne bekwaam het sluit hy by die Londense Sendinggenootskap aan en kom in 1840 na Suid Afrika Hy onderneem sy eerste verkenningsreis in 1849 na die Ngamimeer vergesel van Mungo Murray en William Cotton Oswell Na n reis deur die Kalahariwoestyn bereik hulle die meer op 1 Augustus 1849 Op Kuruman raak hy in n geskil tussen Boere en inheemse stamme betrokke en reis verder na die bolope van die Zambezi Hy was in 1855 die eerste Europeer wat die Victoria waterval gesien het na n trek van twee en n half jaar In later jare bring hy die meeste van sy loopbaan in Sentraal Afrika deur In 1858 was hy die Britse konsul in Quelimane in die huidige Mosambiek Hy was in bevel van n geselskap wat die eerste Europeers was wat die Njassa meer bereik het In 1872 het Henry M Stanley wat gestuur is om nuus oor Livingstone te bring hom gevind maar Livingstone het geweier om terug te keer Hy sterf tydens n volgende ekspedisie in die huidige Zambie op 1 Mei 1873 Die stad Livingstone in die suide van die destydse Noord Rhodesie is ook na hom genoem en ondanks n poging om die naam te verander heet dit steeds na hom Die nodige geld vir sy studie het hy in n fabriek verdien en van 1836 38 bestudeer hy die teologie en die geneeskunde aan die Universiteit van Glasgow In 1838 doen hy by die Londense Sendinggenootskap aansoek om as sendeling oorsee gestuur te word en die genootskap besluit om hom na ʼn sendingstasie in Suid Afrika te stuur sodra hy sy studie voltooi het Sy jarelange werk word uiteindelik met sukses bekroon Toe hy in November 1840 as sendeling bevestig is was hy reeds n gekwalifiseerde dokter en gereed vir sy groot taak Inhoud 1 Die Victoriawaterval 2 Verdere verkennings 3 Op soek na die oorsprong van die Nyl 4 Stanley en Livingstone 5 Die laaste poging 6 Sien ook 7 Bronnelys 8 Eksterne skakelsDie Victoriawaterval WysigLivingstone het op 31 Maart 1841 by die sendingstasie op Kuruman in die Noord Kaap aangekom om saam met eerw Robert Moffat daar onder die Betsjoenas te werk Hy was nie lank daar nie toe die begeerte om die Evangelie verder die binneland in te dra hom beetpak In 1843 kry hy verlof om verder noord nog n sendingstasie te stig Hy skryf nou Mag die Here my seen om my hele wese aan die wonderlik werk te wy Hy word nou ʼn ware ontdekkingsreisiger en in 1849 vertrek hy op ʼn groot tog noordwaarts met die idee om nog sendingstasie te stig In die jare tussen 1849 en 1856 het hy op verskeie togte gegaan en ʼn aantal belangrike ontdekkings gemaak In 1851 het hy die boloop van die Zambezi rivier ontdek wat tot op daardie tydstip heeltemal verkeerd op kaarte aangedui was In 1855 maak hy egter sy aanskoulikste ontdekking Terwyl hy met ʼn kano op die Zambezi afvaar sien hy skielik ʼn groot wolk uit die rivier opstyg Toe Linvingstone nader kom sien hy skielik ʼn groot watermassa van die Zambezi in ʼn magtige waterval sowat 110 m na benede stort Hy het dit die Victoriaval genoem na koningin Victoria van Engeland Verdere verkennings WysigBy sy tuiskoms in 1856 in Brittanje is hy deur almal as die grootste ontdekkingsreisiger van sy tyd beskou In 1859 het hy die Londense Sendinggenootskap verlaat om as leier van n ekspedisie van die Britse regering na Afrika terug te keer Die belowende jong geoloog Richard Thornton en Livingstone se broer Charles was ook lede van die ekspedisie Die doel was om die Zambezi gebied te verken Die ekspedisie het die vallei van die Shire rivier verken en die Njassameer tans Malawimeer en die Shire hooglande ontdek Gedurende die reise het Livingstone dikwels Portugese slawehandelaars teengekom en een keer het hy n groep van 84 slawe en slavinne bevry Hy was woedend oor die slawehandel en wou he hierdie gebiede van Afrika moet van slawehandelaars bevry word In die daaropvolgende paar jaar het sy briewe soveel belangstelling in Engeland gewek dat n hele paar sendelinge besluit het om na Suider Afrika te kom Livingstone se vrou Mary ʼn dogter van Robert Moffat van Kuruman het ook gekom maar sy is kort na haar aankoms aan malaria oorlede Livingstone was ʼn gebroke man maar sy ou ywer het teruggekeer en hy het sy ontdekkingswerk tussen die Zambezi en die Malawimeer voortgesit In 1864 is hy terug na Engeland met baie nuwe geografiese inligting en wetenskaplike gegewens oor Afrika Die volgende jaar het hy vir die laaste keer na Afrika teruggekeer Hy het in Zanzibar geland met ʼn drieledige doel voor oe om die waterskeiding tussen die Malawi en die Tangajikameer te ondersoek slawerny vir goed te beeindig en ook om die oorsprong van die Nyl te soek Op soek na die oorsprong van die Nyl WysigMet 36 gidse en draes het hy in die Ruvumarivier opgevaar en daarna die Malawimeer oorgesteek Sy gidse en draers het egter die een na die ander gedros totdat daar op die ou end net vier of vyf oorgebly het Die dorsters het al die kos en ook Livingstone se medisynekas gesteel En toe kry hy die koors met geen medisyne om die siekte te behandel nie Hoewel siek en swak het hy deurgedruk en die Mweru en Bangweolomeer ontdek Sowel as die bolope van die Kongo rivier Uiteindelik het hy uitgeteer en siek sy hoofkwartier op Ujiji in die huidige Tanzanie bereik Tydens sy omswerwinge het Livingstone sendingwerk gedoen wetenskaplike aantekeninge gemaak en ook op die Lualaba rivier wat hy verkeerdelik as die ware oorsprong van die Nyl beskou het afgekom Later het geblyk dat dit die boloop van die Kongo rivier is Stanley en Livingstone Wysig n Hele paar jaar het verbygegaan sonder dat die buitewereld n woord van Livingstone gehoor bet Baie mense het selfs begin dink dat by dood was In 1871 het n Amerikaanse koerant die New York Herald n korrespondent Henry Stanley na Afrika gestuur om Livingstone te soek Stanley wat self ʼn bekende ontdekkingsreisiger was het Ujiji na n lang reis bereik Daar het by die ou man gevind bleek en afgemat met n grys baard en n blouerige pet met n verbleikte goue band op die kop en gekleed in n onderbaadjie met rooi moue en n grys tweedbroek aldus Stanley Dr Livingstone neem ek aan het Stanley gese Ja het Livingstone geantwoord en die twee het mekaar hand gegee Die laaste poging WysigIn 1872 moes Stanley terugkeer maar Livingstone het geweier om saam te gaan Stanley was die laaste blanke wat Livingstone lewend gesien het Hoewel hy oud geword het na dertig jaar in Afrika het Livingstone besluit om agter te bly en voort te gaan met sy soektog na die oorsprong van die Nyl Op 25 Augustus vertrek hy weer oortuig daarvan dat die oorsprong in die omgewing van die Bangweolomeer le Uitgeput deur malaria en maagkoors het sy kragte hom egter begin faal Op 21 April 1873 skryf by met n bewerige hand in sy dagboek Het probeer ry maar moes gaan le en hulle het my in n uitgeputte toestand na die stat teruggedra By sy aankoms in die stat van Chitambo het sy getroue draers vir hom n hut gebou Hier het hy in n knielende posisie langs sy eenvoudige bed gesterf Sy oorskot is na Engeland teruggebring en in die Westminster Abdy begrawe Sien ook WysigLivingstone gedenkteken Livingstone Stanley denkmaalBronnelys WysigKENNIS 1980 ISBN 0798108231 volume 1 bl 182 183Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie David Livingstone Ontsluit van https af wikipedia org w index php title David Livingstone amp ol,