fbpx Datsja
Wikipedia

Datsja

’n Datsja (Russies: дача;(hulp·inligting)) is ’n tweede, plattelandse huis in Rusland en ander voormalige Sowjetrepublieke. ’n Kothuis (Russies: коттедж, kottedzj) of houthuisie wat ’n gesin se hoof- of enigste woning is of ’n buitegebou is tradisioneel nie as ’n datsja beskou nie, hoewel sommige datsjas in onlangse jare in ’n permanente woning omskep is, en omgekeerd. Soms woon mense vir ’n deel van die jaar in hulle datsja en verhuur dit vir die res van die jaar aan ander stedelinge vir ’n vakansieblyplek.

’n Tipiese Sowjetse datsja.

Mense wat in datsjas woon, word in die omgangstaal datsjniki (дачники) genoem; die term verwys gewoonlik nie net na datsjabewoners nie, maar ook na ’n spesifieke leefstyl. Dikwels word gesê die Russiese term het nie ’n presiese ekwivalent in ander tale nie.

Datsjas kom algemeen in Rusland voor, asook in die meeste dele van die voormalige Sowjetunie en in sommige lande van die voormalige Oosblok. Volgens peilings in 1993 tot 1994 het sowat 25% van Russiese gesinne wat in groot stede woon datsjas. Die meeste datsjas word in nedersettings naby groot stede aangetref. Hulle kom sedert die Sowjettydperk voor en bestaan uit talle klein erwe van gewoonlik sowat 600 m2. Hulle was aanvanklik bedoel as vakansieplekke en vir die kweek van groente en vrugte. Datsjniki gebruik hulle datsjas vir hengel, jag en ander soorte ontspanning. Om voedsel in die tuin te kweek is steeds ’n gewilde deel van die datsjalewe.

Datsjas het ontstaan as klein plattelandse landgoede wat die tsaar as ’n geskenk gegee het en was gewild onder die Russiese hoë stande en middelklas. In die tyd van die Sowjetunie was baie datsjas in die besit van die regering en is hulle aan die elite van die Kommunistiese Party (KPSU) gegee. Die regering van die Russiese Federasie het steeds datsjas (wat ’n gosdatsja, kort vir "staatsdatsja", genoem word) vir gebruik deur die president en ander amptenare. Hulle was uiters gewild in die Sowjettyd, want mense het nie die geleentheid gehad om grond te koop en ’n huis te bou waar hulle wou nie, en ook omdat daar min ander geleenthede was om hulle tyd en geld te spandeer.

Omdat daar streng regulasies was vir die soort datsjagebou en die grootte daarvan vir gewone burgers van die Sowjetunie, het eienskappe wat wel toegelaat is, soos solders en stoepe, algemeen voorgekom en was hulle dikwels buitengewoon groot. Regulasies is later verslap.

Inhoud

Oorsprong

’n Datsja naby Moskou, 1917.
’n Ou datsja naby Sint Petersburg.

Die eerste datsjas in Rusland het in die 17de eeu hulle verskyning gemaak en het aanvanklik verwys na klein landgoede op die platteland wat die tsaar aan lojale volgelinge present gegee het. In argaïese Russies beteken die woord datsja "iets wat gegee is", van die werkwoord дать (dat, "om te gee"). Tydens die Verligting het die Russiese aristokrasie hulle datsjas gebruik vir sosiale en kulturele byeenkomste, wat gewoonlik bestaan het uit onder meer maskerballe en vuurwerkvertonings. Die Nywerheidsomwenteling in Rusland het ’n vinnige toename in stedelike bevolkings tot gevolg gehad en ryk stedelinge het toenemend ’n behoefte gehad om uit die erg besoedelde stede weg te kom, ten minste tydelik. Teen die einde van die 19de eeu het die datsja ’n gewilde wegbreekplek vir die somer geword onder lede van die Russiese hoër en middelklas. In die tyd van die tsaar het datsjas dikwels plesiertuine gehad en is dit nie eintlik vir die kweek van voedsel gebruik nie. Anton Tsjechof het ’n novelle met die naam Datsjhniki (1885) geskryf oor pasgetroudes van die stad wat ’n "eenvoudige" lewe op die platteland lei.

Sowjetunie

Mense werk aan die dak van ’n datsja naby Moskou, 1993.
’n Werkersklasgesin ontspan in die tuin van hulle datsja naby Leningrad, 1981.

Ná die Russiese Rewolusie is die meeste datsjas genasionaliseer. Sommige is in vakansiehuise vir fabriekswerkers omskep en ander, gewoonlik dié van beter gehalte, is onder vooraanstaande lede van die KPSU en die nuwe kulturele en wetenskaplike elite versprei. Buiten ’n paar datsjas het almal die eiendom van die staat gebly, en die reg om hulle te gebruik is gewoonlik teruggetrek wanneer ’n inwoner afgedank is of in onguns geraak het by die regering. Vir die bou van nuwe datsjas was die toestemming van senior amptenare nodig en dit is selde in die vroeë dae van die Sowjetunie toegestaan. Die hoogste Sowjetamptenare het hulle eie datsjas gehad; Josef Stalin se gunsteling was in Gagra, Abchasië. In die 1930's was daar ’n oplewing in die bou van datsjas, en datsjanedersettings vir kunstenaars, soldate of verskillende klasse partyamptenare het begin ontstaan.

Daar was in die Sowjettyd wetlike beperkings vir datsjageboue. Hulle mag nie ’n woonarea van groter as 60 m2 gehad het nie en mag net een verdieping hoog gewees het. Baie het dus dakke met solders gehad in die plek van ’n tweede verdieping. Datsjas was dikwels ontoereikend toegerus en sonder binnenshuise watertoevoer, maar was tog vir miljoene wekersklasgesinne ’n oplossing om hulle eie vorm van ’n wegbreekplek vir die somer te hê. Dit het hulle ook in staat gestel om hulle eie groente en vrugte te kweek.

In die jare voor en ná die Tweede Wêreldoorlog het die kweek van gewasse op datsja-erwe aansienlik toegeneem vanweë die mislukking van die sentraal beplande Sowjetse landbouprogram. Sedertdien is die kweek van voedsel nie meer so belangrik nie, maar dit is steeds algemeen. Vanweë algemene voedseltekorte is baie Russiese datsja-eienaars trots daarop om hulle eie kos te kweek eerder as op dit in ’n winkel te koop.

Ná die Tweede Wêreldoorlog was daar ’n redelike toename in die bou van datsjas. Omdat daar geen werklike wet was wat die bou van datsjas verbied het nie, het mense begin om onbeboude erwe naby stede en dorpe te gebruik om hutte en skure te bou en tuine te kweek, asook groter huise om as datsjas te dien. Mettertyd het die getal plakkers geometries toegeneem en die regering het geen ander keuse gehad as om hulle reg tot amateurboerdery amptelik te erken nie. Die 1955-wetgewing het ’n nuwe soort regspersoon in die Sowjetse regstelsel erken: ’n tuiniervennootskap (садоводческое товарищество, sadowodtsjeskoje towarisjtsjestwo), soortgelyk aan "gemeenskapstuine" in ander lande. ’n Tuiniervennootskap het die reg gehad om grond permanent vir landboudoeleindes te gebruik en toestemming om van openbare elektrisiteit en water gebruik te maak. In 1958 is nog ’n soort organisasie bekend gestel: ’n "koöperasie vir datsjakonstruksie" (дачно-строительный кооператив, datsjno-stroitelni kooperatif), wat die reg erken het van ’n individu om ’n huisie te bou op land wat hy van die regering huur.

In die 1980's was daar ’n groot toename in datsjas; byna alle welgestelde gesinne, meer as ’n derde van dié in stede, het hulle eie datsja gehad. Datsjas wat sedertdien gebou is, is aansienlik groter as die oueres omdat beperkings op bouregulasies verslap het. Groot datsjas word dikwels op klein erwe gebou.

Hulle het ook in die lande van die Oosblok toegeneem, veral in Oos-Duitsland, waar die begip voor 1945 onbekend was, asook in Tsjeggo-Slowakye en Joego-Slawië.

Ná die Sowjetunie

Vanweë die vinnige toename in stedelike inwoners het datsjniki op plattelandse dorpe toegeneem. Sommige dorpe het geheel en al in datsjanedersettings verander. Die voordele van ’n datsja is groter erwe, laer koste en groter afstande tussen huise. Die nadele kan insluit swakker geriewe, minder veiligheid en groot reisafstande. Mense reis meestal na hulle datsjas in "watertrems", busse en elektriese treine.

Een van vele datsja-erwe om Kstowo, Nizjni Nowgorod-oblast.

Datsja-erwe is gewoonlik nie groter as 600 m2 nie; in sommige gebiede meer as 1 200 of 1 500 m2, maar selde groter as 1 ha. Hulle is dus te klein om groot hoeveelhede vrugte en groente op te kweek, en daarom gebruik datsjniki soms stukke ongebruikte grond van kollektiewe plase. Sommige nuwer datsjas se erwe word hoofsaaklik gebruik vir die plant van blomme en ander plante.

Die kweek van hulle eie vrugte en groente is ’n ou Russiese gebruik wat selfs deur ryk Russe beoefen word. Dit laat hulle naby die aarde voel, asook dat hulle selfonderhoudend is en vir baie dat hulle aan die kapitalistiese ekonomie ontsnap. Volgens tradisie en omdat toerusting duur kan wees, word selfs groot stukke grond dikwels met eenvoudige toerusting soos ’n graaf en vurk bewerk. In die herfs word die gewasse gewoonlik na die stede geneem vir gebruik.

Die algemeenste vrugte in streke met ’n koel temperatuur is appels, bessies, appelliefies, framboos en aarbeie. Gewilde groente en kruie is aartappels, komkommers, murgpampoentjies, pampoen, tamaties, wortels, beet, kool, blomkool, rape, uie, knoffel, dille, pietersielie, rabarber en suring.

Die Amerikaanse oudpresident Barack Obama en die destydse Russiese president, Dmitri Medwedef, in Medwedef se datsja, 2009.

Die datsjas wat aan die staat behoort, word toegeken aan regeringsamptenare, akademici, militêre personeellede en ander BBP's – dit word genoem ’n gosdatsja (госдача, kort vir государственная дача, gosoedarstwennaja datsja; "staatsdatsja"). Die Russiese president het amptelike datsjas in Moskou-oblast en Twer-oblast. President Wladimir Poetin self het een op die Kareliese Landengte en een in Sotsji. Die premier, Dmitri Medwedef, het ’n datsja buite Moskou.

Die datsja van Boris Pasternak in Peredelkino, naby Moskou.

In moderne tye het die opkoms van ’n nuwe klas in die Russiese gemeenskap, die "nuwe Russe", ’n ekstra dimensie verleen aan die begrip datsja. (Sommige ryk Russe verkies die woord "kothuis" vir hul plattelandse huise.)

Die boukoste van ’n luuksueuse datsja bereik soms miljoene Amerikaanse dollars en lyk glad nie soos die klein datsjas van die Sowjettyd nie. Wat grootte en dekor betref, lyk hulle meer soos herehuisie en paleise, en hulle is dikwels ’n vertoon van rykdom, status en mag.

Die meeste datsjas van die elite word van stene en beton gebou, in teenstelling met die tradisionele datsjas van hout. Hierdie nuwe simbole van vooruitgang word deur professionele argitekte ontwerp, dikwels in ’n eklektiese styl waarop ouer datsjniki neersien as ’n weerspieëling van die nouveau-riche-smake van hul eienaars; dit bevat dikwels uitspattige elemente soos marmerbeelde, fonteine en eksotiese plante. Sommige het moderne sportgeriewe soos binnenshuise swembaddens, tennisbane en stalle vir resiesperde.

Ryk Russe het baie van die datsjas van die tsaristiese aristokrasie opgekoop, asook dié van kunstenaars en intellektuele uit die Sowjettyd.

  1. Brockhaus Enzyklopädie (in Duits). 26. Mannheim: F. A. Brockhaus. 1995.
  2. Lovell, Stephen (2003). . Cornell University Press. ISBN 0801440718.
  3. Mitchell, Ian (Mei 2010). . Passport Magazine. Moskou.
  4. Newman, Cathy (Junie 2012). . National Geographic. Washington, D.C.: National Geographic Society.
  5. Struyk, Raymond J.; Angelici, Karen (1996). "The Russian Dacha phenomenon". Housing Studies. 11 (2): 233–250. doi:.
  6. Vergelyk: Beumers, Birgit (2005). . ABC-CLIO. p. 349. ISBN 1851094598.
  7. Beumers, Birgit (2005). . ABC-CLIO. pp. 349–350. ISBN 1851094598.
  8. Caldwell, Melissa (2011). Dacha Idylls: Living Organically in Russia's Countryside. Berkeley: University of California Press. p. 40.
  9. Lovell, Stephen (2002). "The Making of the Stalin-Era Dacha". The Journal of Modern History. 74 (2): 253–288. doi:.
  10. Walker, Shaun. . The Week. Geargiveer vanaf op 18 September 2007.
  11. Lovell, John (2011). The Shadow of War: Russia and the USSR, 1941 to the present. John Wiley & Sons.
  12. Humphrey, Caroline (2002). . Cornell University Press. p. 187. ISBN 0801487730.
  13. Zavisca, Jane (2003). "Contesting Capitalism at the Post-Soviet Dacha: The Meaning of Food Cultivation for Urban Russians". Slavic Review. 62 (4): 786–810. doi:. JSTOR .
  14. "". Sel'sko-chojaistwenni entsiklopeditsjeski slowar'. (1989). Ed. Mesjats, W.K.. Moskou: Sovetskaya Entsiklopediya.
  15. Utekhin, Ilia (2013). "housing, Soviet and post-Soviet". In Smorodinskaya, T. (red.). . Routledge. pp. 256–258. ISBN 978-1136787850.
  16. Fitzpatrick, Sheila (9 Oktober 2003). . London Review of Books. 25 (19): 18–20.
  17. Trevisan, Zoran. (in Engels). Liden & Denz Intercultural Institute of Languages. vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2019.
  18. Rumjanzewa, Marina (2009). Auf der Datscha: Eine kleine Kulturgeschichte und ein Lesebuch (in Duits). Zürich: Dörlemann Verlag. ISBN 978-3-908777-35-9.
  19. Clarke, Simon (2002). (PDF). Cheltenham, Engeland en Northampton, Massachusetts: Edward Elgar. ISBN 1-84064-262-9.
  20. . Kremlin.ru. President of Russia. Geargiveer vanaf op 5 Mei 2008.
  21. Hill, Fiona; Gaddy, Clifford G. (14 Februarie 2013). . The Atlantic.
  22. Freeman, Colin (8 Mei 2013). . The Telegraph (in Engels). vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2020.
  23. . The Economist (in Engels). 19 Junie 2003. vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2018. Besoek op7 Oktober 2019.
  24. Bullough, Oliver. (in Engels). Johnson's Russia List. Reuters. vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2019.
  25. Sweeney, Conor (21 November 2007). (in Engels). Reuters. vanaf die oorspronklike op 26 November 2015.
  26. Holley, David (20 Augustus 2005). . Los Angeles Times.
  27. Soldatov, Andreĭ; Borogan, Irina (2010). The New Nobility: The Restoration of Russia's Security State and the Enduring Legacy of the KGB. PublicAffairs. ISBN 978-1586489236.
  28. . The St. Petersburg Times (in Engels) (1074). Saint Petersburg. 31 Mei 2005. Geargiveer vanaf op 11 Oktober 2014.
Wiki-webtuistes

Die datsja-leefstyl

Fotokuns en galerye

Datsja
datsja, russies, дача, luister, hulp, inligting, tweede, plattelandse, huis, rusland, ander, voormalige, sowjetrepublieke, kothuis, russies, коттедж, kottedzj, houthuisie, gesin, hoof, enigste, woning, buitegebou, tradisioneel, datsja, beskou, hoewel, sommige,. n Datsja Russies dacha luister hulp inligting is n tweede plattelandse huis in Rusland en ander voormalige Sowjetrepublieke 1 n Kothuis Russies kottedzh kottedzj of houthuisie wat n gesin se hoof of enigste woning is of n buitegebou is tradisioneel nie as n datsja beskou nie 1 hoewel sommige datsjas in onlangse jare in n permanente woning omskep is en omgekeerd Soms woon mense vir n deel van die jaar in hulle datsja en verhuur dit vir die res van die jaar aan ander stedelinge vir n vakansieblyplek n Tipiese Sowjetse datsja Mense wat in datsjas woon word in die omgangstaal datsjniki dachniki genoem die term verwys gewoonlik nie net na datsjabewoners nie maar ook na n spesifieke leefstyl 2 Dikwels word gese die Russiese term het nie n presiese ekwivalent in ander tale nie 3 4 Datsjas kom algemeen in Rusland voor asook in die meeste dele van die voormalige Sowjetunie en in sommige lande van die voormalige Oosblok Volgens peilings in 1993 tot 1994 het sowat 25 van Russiese gesinne wat in groot stede woon datsjas 5 Die meeste datsjas word in nedersettings naby groot stede aangetref Hulle kom sedert die Sowjettydperk voor en bestaan uit talle klein erwe van gewoonlik sowat 600 m2 Hulle was aanvanklik bedoel as vakansieplekke en vir die kweek van groente en vrugte 6 Datsjniki gebruik hulle datsjas vir hengel jag en ander soorte ontspanning Om voedsel in die tuin te kweek is steeds n gewilde deel van die datsjalewe Datsjas het ontstaan as klein plattelandse landgoede wat die tsaar as n geskenk gegee het en was gewild onder die Russiese hoe stande en middelklas In die tyd van die Sowjetunie was baie datsjas in die besit van die regering en is hulle aan die elite van die Kommunistiese Party KPSU gegee Die regering van die Russiese Federasie het steeds datsjas wat n gosdatsja kort vir staatsdatsja genoem word vir gebruik deur die president en ander amptenare Hulle was uiters gewild in die Sowjettyd want mense het nie die geleentheid gehad om grond te koop en n huis te bou waar hulle wou nie en ook omdat daar min ander geleenthede was om hulle tyd en geld te spandeer 7 Omdat daar streng regulasies was vir die soort datsjagebou en die grootte daarvan vir gewone burgers van die Sowjetunie het eienskappe wat wel toegelaat is soos solders en stoepe algemeen voorgekom en was hulle dikwels buitengewoon groot Regulasies is later verslap Inhoud 1 Geskiedenis 1 1 Oorsprong 1 2 Sowjetunie 1 3 Na die Sowjetunie 2 Datsjatuine 3 Luksueuse datsjas 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigOorsprong Wysig n Datsja naby Moskou 1917 n Ou datsja naby Sint Petersburg Die eerste datsjas in Rusland het in die 17de eeu hulle verskyning gemaak en het aanvanklik verwys na klein landgoede op die platteland wat die tsaar aan lojale volgelinge present gegee het 2 In argaiese Russies beteken die woord datsja iets wat gegee is van die werkwoord dat dat om te gee 1 Tydens die Verligting het die Russiese aristokrasie hulle datsjas gebruik vir sosiale en kulturele byeenkomste wat gewoonlik bestaan het uit onder meer maskerballe en vuurwerkvertonings Die Nywerheidsomwenteling in Rusland het n vinnige toename in stedelike bevolkings tot gevolg gehad en ryk stedelinge het toenemend n behoefte gehad om uit die erg besoedelde stede weg te kom ten minste tydelik 2 Teen die einde van die 19de eeu het die datsja n gewilde wegbreekplek vir die somer geword onder lede van die Russiese hoer en middelklas 7 In die tyd van die tsaar het datsjas dikwels plesiertuine gehad en is dit nie eintlik vir die kweek van voedsel gebruik nie 8 Anton Tsjechof het n novelle met die naam Datsjhniki 1885 geskryf oor pasgetroudes van die stad wat n eenvoudige lewe op die platteland lei Sowjetunie Wysig Mense werk aan die dak van n datsja naby Moskou 1993 n Werkersklasgesin ontspan in die tuin van hulle datsja naby Leningrad 1981 Na die Russiese Rewolusie is die meeste datsjas genasionaliseer Sommige is in vakansiehuise vir fabriekswerkers omskep en ander gewoonlik die van beter gehalte is onder vooraanstaande lede van die KPSU en die nuwe kulturele en wetenskaplike elite versprei Buiten n paar datsjas het almal die eiendom van die staat gebly en die reg om hulle te gebruik is gewoonlik teruggetrek wanneer n inwoner afgedank is of in onguns geraak het by die regering Vir die bou van nuwe datsjas was die toestemming van senior amptenare nodig en dit is selde in die vroee dae van die Sowjetunie toegestaan 9 Die hoogste Sowjetamptenare het hulle eie datsjas gehad Josef Stalin se gunsteling was in Gagra Abchasie 10 In die 1930 s was daar n oplewing in die bou van datsjas en datsjanedersettings vir kunstenaars soldate of verskillende klasse partyamptenare het begin ontstaan 7 Daar was in die Sowjettyd wetlike beperkings vir datsjageboue Hulle mag nie n woonarea van groter as 60 m2 gehad het nie en mag net een verdieping hoog gewees het 11 Baie het dus dakke met solders gehad in die plek van n tweede verdieping 12 Datsjas was dikwels ontoereikend toegerus en sonder binnenshuise watertoevoer maar was tog vir miljoene wekersklasgesinne n oplossing om hulle eie vorm van n wegbreekplek vir die somer te he Dit het hulle ook in staat gestel om hulle eie groente en vrugte te kweek In die jare voor en na die Tweede Wereldoorlog het die kweek van gewasse op datsja erwe aansienlik toegeneem vanwee die mislukking van die sentraal beplande Sowjetse landbouprogram Sedertdien is die kweek van voedsel nie meer so belangrik nie maar dit is steeds algemeen 2 7 Vanwee algemene voedseltekorte is baie Russiese datsja eienaars trots daarop om hulle eie kos te kweek eerder as op dit in n winkel te koop 13 Na die Tweede Wereldoorlog was daar n redelike toename in die bou van datsjas Omdat daar geen werklike wet was wat die bou van datsjas verbied het nie het mense begin om onbeboude erwe naby stede en dorpe te gebruik om hutte en skure te bou en tuine te kweek asook groter huise om as datsjas te dien Mettertyd het die getal plakkers geometries toegeneem en die regering het geen ander keuse gehad as om hulle reg tot amateurboerdery amptelik te erken nie Die 1955 wetgewing het n nuwe soort regspersoon in die Sowjetse regstelsel erken n tuiniervennootskap sadovodcheskoe tovarishestvo sadowodtsjeskoje towarisjtsjestwo soortgelyk aan gemeenskapstuine in ander lande n Tuiniervennootskap het die reg gehad om grond permanent vir landboudoeleindes te gebruik en toestemming om van openbare elektrisiteit en water gebruik te maak 14 In 1958 is nog n soort organisasie bekend gestel n kooperasie vir datsjakonstruksie dachno stroitelnyj kooperativ datsjno stroitelni kooperatif wat die reg erken het van n individu om n huisie te bou op land wat hy van die regering huur 2 In die 1980 s was daar n groot toename in datsjas byna alle welgestelde gesinne meer as n derde van die in stede het hulle eie datsja gehad 15 16 Datsjas wat sedertdien gebou is is aansienlik groter as die oueres omdat beperkings op bouregulasies verslap het Groot datsjas word dikwels op klein erwe gebou 17 Hulle het ook in die lande van die Oosblok toegeneem veral in Oos Duitsland waar die begip voor 1945 onbekend was asook in Tsjeggo Slowakye en Joego Slawie 1 18 Na die Sowjetunie Wysig Vanwee die vinnige toename in stedelike inwoners het datsjniki op plattelandse dorpe toegeneem Sommige dorpe het geheel en al in datsjanedersettings verander Die voordele van n datsja is groter erwe laer koste en groter afstande tussen huise Die nadele kan insluit swakker geriewe minder veiligheid en groot reisafstande Mense reis meestal na hulle datsjas in watertrems busse en elektriese treine Datsjatuine Wysig Een van vele datsja erwe om Kstowo Nizjni Nowgorod oblast Datsja erwe is gewoonlik nie groter as 600 m2 nie in sommige gebiede meer as 1 200 of 1 500 m2 maar selde groter as 1 ha Hulle is dus te klein om groot hoeveelhede vrugte en groente op te kweek en daarom gebruik datsjniki soms stukke ongebruikte grond van kollektiewe plase 2 Sommige nuwer datsjas se erwe word hoofsaaklik gebruik vir die plant van blomme en ander plante Die kweek van hulle eie vrugte en groente is n ou Russiese gebruik wat selfs deur ryk Russe beoefen word Dit laat hulle naby die aarde voel asook dat hulle selfonderhoudend is en vir baie dat hulle aan die kapitalistiese ekonomie ontsnap 13 Volgens tradisie en omdat toerusting duur kan wees word selfs groot stukke grond dikwels met eenvoudige toerusting soos n graaf en vurk bewerk 3 19 In die herfs word die gewasse gewoonlik na die stede geneem vir gebruik Die algemeenste vrugte in streke met n koel temperatuur is appels bessies appelliefies framboos en aarbeie Gewilde groente en kruie is aartappels komkommers murgpampoentjies pampoen tamaties wortels beet kool blomkool rape uie knoffel dille pietersielie rabarber en suring Luksueuse datsjas Wysig Die Amerikaanse oudpresident Barack Obama en die destydse Russiese president Dmitri Medwedef in Medwedef se datsja 2009 Die datsjas wat aan die staat behoort word toegeken aan regeringsamptenare akademici militere personeellede en ander BBP s dit word genoem n gosdatsja gosdacha kort vir gosudarstvennaya dacha gosoedarstwennaja datsja staatsdatsja Die Russiese president het amptelike datsjas in Moskou oblast 20 en Twer oblast President Wladimir Poetin self het een op die Kareliese Landengte 21 en een in Sotsji 22 Die premier Dmitri Medwedef het n datsja buite Moskou Die datsja van Boris Pasternak in Peredelkino naby Moskou In moderne tye het die opkoms van n nuwe klas in die Russiese gemeenskap die nuwe Russe n ekstra dimensie verleen aan die begrip datsja Sommige ryk Russe verkies die woord kothuis vir hul plattelandse huise 23 Die boukoste van n luuksueuse datsja bereik soms miljoene Amerikaanse dollars en lyk glad nie soos die klein datsjas van die Sowjettyd nie Wat grootte en dekor betref lyk hulle meer soos herehuisie en paleise en hulle is dikwels n vertoon van rykdom status en mag 7 24 25 Die meeste datsjas van die elite word van stene en beton gebou in teenstelling met die tradisionele datsjas van hout 2 26 Hierdie nuwe simbole van vooruitgang word deur professionele argitekte ontwerp dikwels in n eklektiese styl waarop ouer datsjniki neersien as n weerspieeling van die nouveau riche smake van hul eienaars dit bevat dikwels uitspattige elemente soos marmerbeelde fonteine en eksotiese plante 23 26 27 Sommige het moderne sportgeriewe soos binnenshuise swembaddens tennisbane en stalle vir resiesperde Ryk Russe het baie van die datsjas van die tsaristiese aristokrasie opgekoop asook die van kunstenaars en intellektuele uit die Sowjettyd 28 Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 Brockhaus Enzyklopadie in Duits 26 Mannheim F A Brockhaus 1995 2 0 2 1 2 2 2 3 2 4 2 5 2 6 Lovell Stephen 2003 Summerfolk A History of the Dacha 1710 2000 Cornell University Press ISBN 0801440718 3 0 3 1 Mitchell Ian Mei 2010 Summer Dachas Country Life Passport Magazine Moskou Newman Cathy Junie 2012 Russian Summer National Geographic Washington D C National Geographic Society Struyk Raymond J Angelici Karen 1996 The Russian Dacha phenomenon Housing Studies 11 2 233 250 doi 10 1080 02673039608720854 Vergelyk Beumers Birgit 2005 Pop Culture Russia Media Arts and Lifestyle ABC CLIO p 349 ISBN 1851094598 7 0 7 1 7 2 7 3 7 4 Beumers Birgit 2005 Pop Culture Russia Media Arts and Lifestyle ABC CLIO pp 349 350 ISBN 1851094598 Caldwell Melissa 2011 Dacha Idylls Living Organically in Russia s Countryside Berkeley University of California Press p 40 Lovell Stephen 2002 The Making of the Stalin Era Dacha The Journal of Modern History 74 2 253 288 doi 10 1086 343408 Walker Shaun Abkhazia where Stalin s ghost holds sway The Week Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 September 2007 Lovell John 2011 The Shadow of War Russia and the USSR 1941 to the present John Wiley amp Sons Humphrey Caroline 2002 The Unmaking of Soviet Life Everyday Economies After Socialism Cornell University Press p 187 ISBN 0801487730 13 0 13 1 Zavisca Jane 2003 Contesting Capitalism at the Post Soviet Dacha The Meaning of Food Cultivation for Urban Russians Slavic Review 62 4 786 810 doi 10 2307 3185655 JSTOR 3185655 title Sel sko chojaistwenni entsiklopeditsjeski slowar 1989 Ed Mesjats W K Moskou Sovetskaya Entsiklopediya Utekhin Ilia 2013 housing Soviet and post Soviet In Smorodinskaya T red Encyclopaedia of Contemporary Russian Culture Routledge pp 256 258 ISBN 978 1136787850 Fitzpatrick Sheila 9 Oktober 2003 The Good Old Days London Review of Books 25 19 18 20 Trevisan Zoran What You Need To Know About Russian Dachas in Engels Liden amp Denz Intercultural Institute of Languages Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2019 Rumjanzewa Marina 2009 Auf der Datscha Eine kleine Kulturgeschichte und ein Lesebuch in Duits Zurich Dorlemann Verlag ISBN 978 3 908777 35 9 Clarke Simon 2002 Making Ends Meet in Contemporary Russia Secondary Employment Subsidiary Agriculture and Social Networks PDF Cheltenham Engeland en Northampton Massachusetts Edward Elgar ISBN 1 84064 262 9 The Presidential Residences Novo Ogaryovo Kremlin ru President of Russia Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2008 Hill Fiona Gaddy Clifford G 14 Februarie 2013 How the 1980s Explains Vladimir Putin The Atlantic Freeman Colin 8 Mei 2013 David Cameron to hold Syria talks with Russia s Vladimir Putin at his summer residence in Sochi The Telegraph in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2020 23 0 23 1 The Russian summer house Country life The Economist in Engels 19 Junie 2003 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2018 Besoek op 7 Oktober 2019 Bullough Oliver Russian dacha craze risks environmental carnage in Engels Johnson s Russia List Reuters Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2019 Sweeney Conor 21 November 2007 Russia s dacha building boom shows rich poor gulf in Engels Reuters Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 November 2015 26 0 26 1 Holley David 20 Augustus 2005 A Cottage Industry of Wealth Los Angeles Times Soldatov Andreĭ Borogan Irina 2010 The New Nobility The Restoration of Russia s Security State and the Enduring Legacy of the KGB PublicAffairs ISBN 978 1586489236 Dachas Offer Bucolic Charms and Elite Modern Comforts The St Petersburg Times in Engels 1074 Saint Petersburg 31 Mei 2005 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2014 Eksterne skakels WysigWiki webtuistes Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Datsja Die datsja leefstylBeskrywing van die moderne lewe in n datsjagemeenskap met baie foto s Dacha revisitedFotokuns en galeryeInrussia Colored Dots on a Snowy Ground Geargiveer 16 Februarie 2019 op Wayback Machine Russiese datsja HD fotogalery Geargiveer 3 Oktober 2016 op Wayback Machine Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Datsja amp ol,