fbpx
Wikipedia

Dakar

Dakar

Kaart Wapen
Distrikte
 Land  Senegal
 Région Dakar
 Département Dakar
 Koördinate 14°40′N 17°25′W / 14.667°N 17.417°W / 14.667; -17.417
 Stigting 1444
 Stadstatus 1444
 Oppervlakte:  
 - Totaal 550 vk km
 Hoogte bo seevlak 27 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 3 215 255
 - Bevolkingsdigtheid 5 846/vk km
 Tydsone UTC +0
 Klimaat  
 - Tipe Tropies
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 27 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 21,5 / 27,5 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 250 mm
 Burgemeester Khalifa Sall
 Amptelike Webwerf www.villededakar.org

Dakar is die hoofstad van Senegal, die tuiste van die Senegal Nasionale Vergadering en Senegal Presidensiële Paleis.

Geskiedenis

Die stad Dakar is gevorm rondom 'n Franse fort. Dit is in 1857 gestig nadat inwoners van die nabygeleë Goréeeiland daarheen getrek het. Dit ontwikkel as 'n hawe en om 'n spoorlyn na Sint-Louis wat in 1885 ingebruik geneem is maar nou slegs vir spesiale uitstappies gebruik word. Die stad, geleë op die Cap-Vert skiereiland, word later 'n vlootbasis, en vervang Sint-Louis as die hoofstad van Senegal.

Die Fort D'Estrees op Gorée-eiland, waar slawe aangehou, opgefeil, en in skepe ingepak is, is in die 20ste eeu deur die Senegalese regering restoureer en in 'n museum verander. Frans-Wes- Afrika se hoofkwartier was hier toe dit in 1862 gestig is.

Administrasie

 
'n Ry huisvestings aan die uitgang van die stad Dakar

Die stad Dakar is 'n kommune (soms ook in Frans bekend as commune de ville), een van die 67 kommunes van Senegal. Die Dakarkommune is deur die Franse koloniale administrasie geskep op 17 Junie 1887 deur dit van die Goréekommune af te skei. Goréekommune wat in 1872 geskep is, was self een van die oudste westerse-styl munisipaliteite in Afrika (saam met die munisipaliteite van Algerië en Suid-Afrika).

Die Dakarkommune bestaan kontinu sedert 1887 nadat dit deur die nuwe staat Senegal na onafhanklikheid in 1960 behou is. Die grense daarvan het egter oor die jare heelwat verander. Die grens van die Dakarkommune het sedert 1983 onveranderd gebly. Die Dakarkommune word regeer deur 'n demokraties verkose munisipale raad (conseil municipal), wat vir vyf jaar dien, en 'n burgemeester verkies deur die munisipale raad. Daar was sedert 1887 20 burgemeesters in Dakar. Die eerste swart burgemeester was Blaise Diagne, burgemeester van Dakar van 1924 tot 1934. Die burgemeester wat die langste gedien het was Mamadou Diop, burgemeester vir 18 jaar tussen 1984 en 2002.

 
Uitsig oor die baai van Dakar

Die Dakarkommune is ook 'n département, een van die 34 départements van Senegal. Die omstandighede is amper dieselfde as die in Parys in Frankryk wat beide 'n kommune en 'n département is. Anders as die départements in Frankryk, het départements in Senegal geen politiese mag nie (geen Conceil Général), en is bloot plaaslike administratiewe strukture van die sentrale staat, verantwoordelik vir die uitvoer van sommige administratiewe dienste sowel as die beheer van die aktiwiteite van die communes binne die département.

Die département van Dakar word verdeel in vier arrondissements: Almadies, Grand Dakar, Parcelles Assanies (wat letterlik "drained lots" beteken; dit is een van die digstebevolkste arrondissement van Dakar), en Plateau/Gorée (Dakarmiddestad). Die arrondissements is taamlik anders as die arrondissements van Parys wat bloot plaaslike administratiewe strukture van die sentrale staat is, soos die Senegalese départements, en is dus meer vergelykbaar met die Franse departmentele arrondissements.

In 1996 is 'n reuse hervorming van die administratiewe en politieke afdeliongs van Senegal deur die Parlement ingestem. Die Dakarkommune, waarvan die bevolking nader kruip aan 1 miljoen inwoners, is geoordeel te groot en te digbevolk om ordentlike deur 'n sentrale munisipaliteit bestuur te kan word, en daarom word Dakar op 30 Augustus 1996 in 19 communes d'arrondissement verdeel.

Hierdie communes d'arrondissement is uitvoerige magte verleen en is baie soortgelyk aan gewone kommunes. Hulle het meer magte as die arrondissements van Parys, en is nader aan die Londense boroughs. Die kommune of Dakar is behou bo die 19 communes d'arrondissement, en dit koördineer die aktiviteite van die communes d'arrondissement, in baie opsigte soos Greater London die aktiviteite van die London boroughs koördineer.

The 19 communes d'arrondissement belong to any of the four arrondissements of Dakar, and the sous-préfet of each arrondissement is in charge of controlling the activities of the communes d'arrondissement in his arrondissement.

 
N'gor – 'n noordelike woonbuurt van Dakar, naby die Yoff Lughawe.

Die commune d'arrondissement Dakar-Plateau (34 626 inwoners), in die arrondissement Plateau/Gorée, is die historiese hart van die stad en meeste ministeries en openbare administrasies is daar geleë. Die digste en hoogs bevolkte commune d'arrondissement is Médina (136 697 inwoners), in die arrondissement Plateau/Gorée. Die commune d'arrondissement Yoff (55 995 inwoners), in die arrondissement Almadies, is die grootste een, terwyl die kleinste een die commune d'arrondissement Île de Gorée (1 034 inwoners), in die arrondissement Plateau/Gorée is.

Die département Dakar is een van die vier départements van die Dakar région, wat een van die 11 régions van Senegal is. Die Dakar région bestaan uit die stad Dakar en al sy woonbuurte op die Cap-Vertskiereiland. Die oppervlak daarvan is dus ongeveer dieselfde as die oppervlak van die metropolitaanse gebeid van Dakar. Sedert die administratiewe hervormings van 1996, is die régions van Senegal, wat tot op daardie stadium bloot plaaslike administratiewe strukture van die sentrale staat was, in volwaardige politieke eenhede, met demokraties verkose streeksrade (conseil region), en region presidente omskep. Hulle is uitgebreide magte gegee en bestuur ekonomiese ontwikkeling, vervoer, of omgewingbeskermingsake op die streeksvlak en koördineer dus die aksies van die kommunes onder hulle.

Na die politieke oorgang in 2000 toe Abdoulaye Wade, leier van die opposisie (Senegalese Demokratiese Party, of PDS), President Abdou Diouf (Sosialiste Party van Senegal) verslaan het, is plaaslike verkiesings in 2002 gehou. Twee leiers van die PDS, Pape Diop en Abdoulaye Faye, het gemik om burgemeester van Dakar te word. Op die ou einde is 'n kompromis bereik: Pape Diop sou vir die munisipale verkiesing in Dakar staan, terwyl Abdoulaye Faye vir die régionverkiesing van Dakar sou staan. Die plaaslike verkiesings in Senegal is op 12 Mei 2002 gehou, en lei daartoe dat die PDS die Sosialiste grootliks verslaan. Pape Diop is as burgemeester van Dakar verkies en verslaan daarmee die Sosialiste burgemeester Mamadou Diop, terwyl Abdoulaye Faye tot president van die streeksraad (regional council) van Dakar région, en verslaan daarmee die Sosialiste wat tot op daardie stadium die région beheer het.

Besienswaardigehede

 
Terugkeer van vissers by Soumbedioun
 
'n Car rapide in Dakar

Toeriste aantreklikhede in Dakar sluit in belangrike markte, Dakar Grand Mosque (in 1964 opgerig), Gorée Eiland, die IFAN Museum van Wes-Afrika-kultuur, uitstappies langs die kranse en strande, en Hann Park, tuiste van die Senegal Dieretuin.

Vervoer

Die stad dien as 'n hawe en is die tuiste van die Léopold Sédar Senghor Internasionale Lughawe. Dit is ook die eindpunt van die Dakar-Niger spoorlyn.

Allerlei

Susterstede

Eksterne skakels

  • www.villededakar.org – Dakar se amptelike webwerf] (fr)

Dakar
dakar, kaart, wapendistrikte, land, senegal, région, département, koördinate, stigting, 1444, stadstatus, 1444, oppervlakte, totaal, hoogte, seevlak, bevolking, totaal, 2011, bevolkingsdigtheid, tydsone, klimaat, tipe, tropies, gemiddelde, jaarlikse, temperatu. DakarKaart WapenDistrikte Land Senegal Region Dakar Departement Dakar Koordinate 14 40 N 17 25 W 14 667 N 17 417 W 14 667 17 417 Stigting 1444 Stadstatus 1444 Oppervlakte Totaal 550 vk km Hoogte bo seevlak 27 m Bevolking Totaal 2011 3 215 255 Bevolkingsdigtheid 5 846 vk km Tydsone UTC 0 Klimaat Tipe Tropies Gemiddelde jaarlikse temperatuur 27 C Gem temp Januarie Julie 21 5 27 5 C Gemiddelde jaarlikse neerslae 250 mm Burgemeester Khalifa Sall Amptelike Webwerf www villededakar orgDakar is die hoofstad van Senegal die tuiste van die Senegal Nasionale Vergadering en Senegal Presidensiele Paleis Inhoud 1 Geskiedenis 2 Administrasie 3 Besienswaardigehede 4 Vervoer 5 Allerlei 6 Susterstede 7 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigDie stad Dakar is gevorm rondom n Franse fort Dit is in 1857 gestig nadat inwoners van die nabygelee Goreeeiland daarheen getrek het Dit ontwikkel as n hawe en om n spoorlyn na Sint Louis wat in 1885 ingebruik geneem is maar nou slegs vir spesiale uitstappies gebruik word Die stad gelee op die Cap Vert skiereiland word later n vlootbasis en vervang Sint Louis as die hoofstad van Senegal Die Fort D Estrees op Goree eiland waar slawe aangehou opgefeil en in skepe ingepak is is in die 20ste eeu deur die Senegalese regering restoureer en in n museum verander Frans Wes Afrika se hoofkwartier was hier toe dit in 1862 gestig is Administrasie Wysig n Ry huisvestings aan die uitgang van die stad Dakar Die stad Dakar is n kommune soms ook in Frans bekend as commune de ville een van die 67 kommunes van Senegal Die Dakarkommune is deur die Franse koloniale administrasie geskep op 17 Junie 1887 deur dit van die Goreekommune af te skei Goreekommune wat in 1872 geskep is was self een van die oudste westerse styl munisipaliteite in Afrika saam met die munisipaliteite van Algerie en Suid Afrika Die Dakarkommune bestaan kontinu sedert 1887 nadat dit deur die nuwe staat Senegal na onafhanklikheid in 1960 behou is Die grense daarvan het egter oor die jare heelwat verander Die grens van die Dakarkommune het sedert 1983 onveranderd gebly Die Dakarkommune word regeer deur n demokraties verkose munisipale raad conseil municipal wat vir vyf jaar dien en n burgemeester verkies deur die munisipale raad Daar was sedert 1887 20 burgemeesters in Dakar Die eerste swart burgemeester was Blaise Diagne burgemeester van Dakar van 1924 tot 1934 Die burgemeester wat die langste gedien het was Mamadou Diop burgemeester vir 18 jaar tussen 1984 en 2002 Uitsig oor die baai van Dakar Die Dakarkommune is ook n departement een van die 34 departements van Senegal Die omstandighede is amper dieselfde as die in Parys in Frankryk wat beide n kommune en n departement is Anders as die departements in Frankryk het departements in Senegal geen politiese mag nie geen Conceil General en is bloot plaaslike administratiewe strukture van die sentrale staat verantwoordelik vir die uitvoer van sommige administratiewe dienste sowel as die beheer van die aktiwiteite van die communes binne die departement Die departement van Dakar word verdeel in vier arrondissements Almadies Grand Dakar Parcelles Assanies wat letterlik drained lots beteken dit is een van die digstebevolkste arrondissement van Dakar en Plateau Goree Dakarmiddestad Die arrondissements is taamlik anders as die arrondissements van Parys wat bloot plaaslike administratiewe strukture van die sentrale staat is soos die Senegalese departements en is dus meer vergelykbaar met die Franse departmentele arrondissements In 1996 is n reuse hervorming van die administratiewe en politieke afdeliongs van Senegal deur die Parlement ingestem Die Dakarkommune waarvan die bevolking nader kruip aan 1 miljoen inwoners is geoordeel te groot en te digbevolk om ordentlike deur n sentrale munisipaliteit bestuur te kan word en daarom word Dakar op 30 Augustus 1996 in 19 communes d arrondissement verdeel Hierdie communes d arrondissement is uitvoerige magte verleen en is baie soortgelyk aan gewone kommunes Hulle het meer magte as die arrondissements van Parys en is nader aan die Londense boroughs Die kommune of Dakar is behou bo die 19 communes d arrondissement en dit koordineer die aktiviteite van die communes d arrondissement in baie opsigte soos Greater London die aktiviteite van die London boroughs koordineer The 19 communes d arrondissement belong to any of the four arrondissements of Dakar and the sous prefet of each arrondissement is in charge of controlling the activities of the communes d arrondissement in his arrondissement N gor n noordelike woonbuurt van Dakar naby die Yoff Lughawe Die commune d arrondissement Dakar Plateau 34 626 inwoners in die arrondissement Plateau Goree is die historiese hart van die stad en meeste ministeries en openbare administrasies is daar gelee Die digste en hoogs bevolkte commune d arrondissement is Medina 136 697 inwoners in die arrondissement Plateau Goree Die commune d arrondissement Yoff 55 995 inwoners in die arrondissement Almadies is die grootste een terwyl die kleinste een die commune d arrondissement Ile de Goree 1 034 inwoners in die arrondissement Plateau Goree is Die departement Dakar is een van die vier departements van die Dakar region wat een van die 11 regions van Senegal is Die Dakar region bestaan uit die stad Dakar en al sy woonbuurte op die Cap Vertskiereiland Die oppervlak daarvan is dus ongeveer dieselfde as die oppervlak van die metropolitaanse gebeid van Dakar Sedert die administratiewe hervormings van 1996 is die regions van Senegal wat tot op daardie stadium bloot plaaslike administratiewe strukture van die sentrale staat was in volwaardige politieke eenhede met demokraties verkose streeksrade conseil region en region presidente omskep Hulle is uitgebreide magte gegee en bestuur ekonomiese ontwikkeling vervoer of omgewingbeskermingsake op die streeksvlak en koordineer dus die aksies van die kommunes onder hulle Na die politieke oorgang in 2000 toe Abdoulaye Wade leier van die opposisie Senegalese Demokratiese Party of PDS President Abdou Diouf Sosialiste Party van Senegal verslaan het is plaaslike verkiesings in 2002 gehou Twee leiers van die PDS Pape Diop en Abdoulaye Faye het gemik om burgemeester van Dakar te word Op die ou einde is n kompromis bereik Pape Diop sou vir die munisipale verkiesing in Dakar staan terwyl Abdoulaye Faye vir die regionverkiesing van Dakar sou staan Die plaaslike verkiesings in Senegal is op 12 Mei 2002 gehou en lei daartoe dat die PDS die Sosialiste grootliks verslaan Pape Diop is as burgemeester van Dakar verkies en verslaan daarmee die Sosialiste burgemeester Mamadou Diop terwyl Abdoulaye Faye tot president van die streeksraad regional council van Dakar region en verslaan daarmee die Sosialiste wat tot op daardie stadium die region beheer het Besienswaardigehede Wysig Terugkeer van vissers by Soumbedioun n Car rapide in Dakar Toeriste aantreklikhede in Dakar sluit in belangrike markte Dakar Grand Mosque in 1964 opgerig Goree Eiland die IFAN Museum van Wes Afrika kultuur uitstappies langs die kranse en strande en Hann Park tuiste van die Senegal Dieretuin Vervoer WysigDie stad dien as n hawe en is die tuiste van die Leopold Sedar Senghor Internasionale Lughawe Dit is ook die eindpunt van die Dakar Niger spoorlyn Allerlei WysigDakar was voorheen die eindpunt van die Dakar tydren en Dakar is n lid van die Organisasie van Werelderfenisstede Cheikh Anta Diop Universiteit ook bekend as die Universiteit van Dakar is in 1957 gestig Dakar se susterstad in die VSA is Ann Arbor Michigan In Julie 1987 word die Dakar Beraad tussen die verbande ANC en n groep Afrikaners onder leiding van Thabo Mbeki en Frederik van Zyl Slabbert hier gehou Susterstede Wysig Alexandrie Egipte Bakoe Azerbeidjan Bamako Mali Banjul Gambie Bissau Guinee Bissau Brazzaville R Kongo Casablanca Marokko Douala Kameroen Kinshasa DR Kongo Marseille Frankryk Milaan Italie Niamey Niger Oos Jerusalem Palestina Oran Algerie Praia Kaap Verde Sfax Tunisie Taipei Republiek China Taiwan Washington D C Verenigde StateEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Dakar www villededakar org Dakar se amptelike webwerf fr Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Dakar amp oldid 2228595,