×
Cornwall
Cornwall
CornwallisKernow
(Vlag van Sint-Piraan) (Hertogdom Cornwall)
Leuse: Onen hag oll
(Kornies: Een en almal)
Geografie
Status Seremoniële en (kleiner) nie-metropolitaanse graafskap
Gewes Suidwes-Engeland
Oppervlakte
- Totaal
- Admin. Raad
- Scilly-eilande

3 563 km2
3 562 km2
16 km2
Administratiewe hoofstad Truro
ISO 3166-2 GB-CON
ONS kode 15
NUTS 3 UKK30
Demografie
Bevolking
- Totaal (2017 skatting)
- Bevolkingsdigtheid
- Admin. Raad
- Admin. bev.
Gelys 39ste
563 600
158 / km2
Gelys 23ste
529 500
Etnisiteit 99,0% Blankes, waarvan 6,8% van Korniese afkoms
Politiek
Cornwall County Council
Uitvoerende gesag Liberaal-Demokrate / Onafhanklik
Parlementslede sedert 2019
  • George Eustice (Con)
  • Derek Thomas (Con)
  • Steve Double (Con)
  • Sheryll Murray (Con)
  • Cherilyn Mackrory (Con)
  • Scott Mann (Con)
Distrikte (tot 2009)
  1. Penwith
  2. Kerrier
  3. Carrick
  4. Restormel
  5. Caradon
  6. Noord-Cornwall
  7. Scilly-eilande

Cornwall (soms Cornwallis in Afrikaans genoem) vorm saam met die Scilly-eilande 'n graafskap in die uiterste suidweste van Engeland, Verenigde Koninkryk, met 'n oppervlakte van 3 563 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 563 600 in 2017. Dit is ’n gewilde bestemming vir toeriste en branderplankryers. Voorheen was daar baie tinmyne.

Inhoud

Uitsig oor Land's End, Kaap Cornwall en die Brisons

Cornwall is 'n skiereiland aan die Atlantiese Oseaan en die Engelse Kanaal met 'n kuslyn van sowat 320 km (die skiereiland is sowat 120 km lank, met 'n maksimum breedte van 72 km). Die Tamarrivier vorm die oostelike grens met die graafskap Devon. Cornwall se heideveld is ryk aan kaolien (porseleinaarde) en tin.

'n Baie gematigde kusklimaat maak van Cornwall met sy natuurskoon en sy klein visserdorpies een van die gewildste gebiede vir toerisme in die Verenigde Koninkryk en bevoordeel ook landbou en tuinbou. Danksy die invloed van die Golfstroom is 'n aantal plekke in Cornwall geskik vir Mediterreense en subtropiese fauna.

Nywerhede sluit mynbou, looiery, tekstiel- en papiervervaardiging in. Cornwall het 'n oorwegend landelike karakter met min groter dorpe soos Truro (21 000 inwoners) en Bodmin (12 800 inwoners).

Die berg Brown Willy in die heideveld van Bodmin Moor
Die oorblyfsels van die kasteel Tintagel
Die verlate South Phoenix tin en kopermyn in Cornwall. Baie Korniese mynbouwerkers het na Suid-Afrika geëmigreer

Die oudste nedersettings in Cornwall dateer uit die vroeë steentydperk. Die boere en vissers, wat tydens die later steentydperk na Cornwall geïmmigreer het, het die plaaslike megalietkultuur ontwikkel, waarvan die hunegrafte naby Bodmin en Penwith die bekendste oorblyfsels is. 'n Nuwe golf immigrante, wat hulle teen die einde van die laat steentydperk in die gebied gevestig het, was meesters van beker- en bronsvervaardiging.

Die Keltiese setlaars van die 6de eeu v.C. het die gebied vanuit die ooste binnegestroom en die ystervervaardiging en -bewerking in Cornwall ingevoer. Saam met Devon en Somerset het Cornwall die stamgebied van die Cornouiërs in die weste en die Dumnoniërs in die ooste gevorm, wat albei vroeë variante van die Kelties-Britanniese taal gepraat het.

Met die Romeinse verowering van Brittanje in 40 n.C. het Cornwall 'n toevlugsoord en sentrum van Keltiese weerstand teen die besetters geword wat sy onafhanklikheid kon handhaaf. Die Romeinse stad Isca Dumnoniorum (die huidige Exeter) het as die administratiewe hoofstad van die gebied oos van Cornwall gedien. Terwyl die Walliese en Engelse plekname Dyfnaint en Devon nog steeds na die Dumnoniërs verwys, leef die Cornouiërs in die naam Cornwall voort. Die woord het sy etimologiese oorsprong in die Anglo-Saksiese wealas ("uitlanders, Britte, Walliesers") en die Latynse Cornubia, 'n Romeinse weergawe van die Britse Cornouia of "Land van die Cornouiërs".

Onderlinge twiste het aangehou totdat die legendariese koning Artus vanuit sy kasteel Tintagel met die pasifikasie van Cornwall begin het. Die kerstening van die gebied deur Ierse, Walliese en Bretonse sendelinge het in die 5de eeu 'n aanvang geneem.

Cornwall het ook tydens die Anglo-Saksiese heerskappy van Engeland daarin geslaag om sy Keltiese karakter te handhaaf. Nogtans het 'n deel van die Keltiese bevolking onder die druk van die Germaanse veroweraars na die Franse vasteland gevlug, waar hulle in Bretagne 'n nuwe tuiste gevind het.

In teenstelling met die antieke tydperk lewer die historiese dokumente uit die vroeë Middeleeue geen presiese inligting oor Cornwall op nie, aangesien die destydse geskiedskrywers die name Kernow (die inheemse naam van Cornwall) en Kernev, die gebied van die huidige Cornouaille in Bretagne, deurmekaar gebruik het.

Sedert die 9de eeu het Kornies as 'n selfstandige taal naas Oud-Bretons en Oud-Wallies bestaan. Die Keltiese bevolking in die ooste is deur Sakse uit Devon verdring. Athelstan, die koning van die Wes-Saksiese Koninkryk Wessex, het die Keltiese bevolking uit Exeter verdryf en die laaste onafhanklike koning van Cornwall, Hywel, verslaan. Die Tamarrivier het nou die grens tussen die Saksiese koninkryk en die verowerde gebiede gevorm. Administratief het Cornwall nou 'n deel van Engeland gevorm.

Tydens die oorloë teen die Sakse het die literêre legendes van Koning Artus en Tristan en Isolde ontstaan, wat danksy hulle Bretonse weergawe, die Matière de Bretagne, die aanleiding vir die Franse ridder- en graal-epiek van die 13de en 14de eeu gegee het.

Ná die Normandiese verowering van Engeland in die jaar 1066 het ook Cornwall ses jaar later onder Normandiese heerskappy gekom, maar steeds 'n oorwegend Keltiese gebied gebly. In hierdie tydperk het Cadoc, 'n inheemse hoof, oor Cornwall geheers. Sy kenmerkende swart wapenskild met die goue buile het later die aanleiding vir die wapen van die Hertogdom Cornwall gegee. Die Engelse koning Edward III het Cornwall tot 'n graafskap met 'n besondere status verhef. Desondanks het die destydse landelike adel van Cornwall oorwegend uit Normandiërs bestaan, met 'n Saksiese middelklas en die Keltiese bevolking as die nederste laag van die maatskappy. 'n Aantal dokumente in Kornies dateer uit hierdie tydperk, maar alhoewel die taal nog vier eeue lank gebesig is, was dit nou toenemend die taal van die armes en die gebiede in die uiterste weste. Soos elders in Engeland het Anglo-Normandies en later Engels die status van amptelike taal gekry.

Tans is Cornwall 'n graafskap (Engels: county) van Engeland. Die inwoners van Cornwall is die enigste Keltiese bevolking van die Verenigde Koninkryk wat geen besondere grondwetlike status het nie.

Landkaart van Cornwall

Hoewel die inwoners van Keltiese afkoms is, geniet hulle nie dieselfde status as die Skotte, Walliesers en Noord-Iere nie; die laaste vrou wat die ou inheemse taal Kornies nog as haar moedertaal beskou, Dolly Pentreath, is in 1780 oorlede. Die bevolking van Cornwall word dus nie as 'n etniese minderheid beskou nie, soos byvoorbeeld die Skots-Galiestalige inwoners van die Skotse hoogland.

Vandag begin die taal egter herrys; die Old Cornwall-beweging het reeds in die eerste helfte van die twintigste eeu begin om meer belangstelling vir die Korniese taal te wek. Enkele honderd mense praat vandag weer Kornies as hul tweede taal, naas Engels.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (in Engels). Conrwall Guide. 2016. vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2019. Besoek op21 Augustus 2016.
  3. (en)Webster, Philip (2000). . Stanley Thornes (Publishers) Ltd. ISBN 0 7487 5326 5.
  4. (in Engels). Kowethas an Yeth Kernewek (Cornish Language Fellowship). vanaf die oorspronklike op 29 September 2018. Besoek op21 Augustus 2016.


Keltiese gebiede in Europa

Bretagne | Ierland | Wallis | Cornwall | Man | Skotland

Publikasie datum: September 03, 2021

cornwall, kernow, vlag, sint, piraan, hertogdom, leuse, onen, kornies, almal, geografiestatus, seremoniële, kleiner, metropolitaanse, graafskapgewes, suidwes, engelandoppervlakte, totaal, admin, raad, scilly, eilande, km2administratiewe, hoofstad, truroiso, 31. Cornwall Cornwallis Kernow Vlag van Sint Piraan Hertogdom Cornwall Leuse Onen hag oll Kornies Een en almal GeografieStatus Seremoniele en kleiner nie metropolitaanse graafskapGewes Suidwes EngelandOppervlakte Totaal Admin Raad Scilly eilande 3 563 km2 3 562 km2 16 km2Administratiewe hoofstad TruroISO 3166 2 GB CONONS kode 15NUTS 3 UKK30DemografieBevolking Totaal 2017 skatting Bevolkingsdigtheid Admin Raad Admin bev Gelys 39ste 563 600 158 km2 Gelys 23ste 529 500Etnisiteit 99 0 Blankes waarvan 6 8 van Korniese afkomsPolitiekCornwall County Council http www cornwall gov uk Uitvoerende gesag Liberaal Demokrate OnafhanklikParlementslede sedert 2019 George Eustice Con Derek Thomas Con Steve Double Con Sheryll Murray Con Cherilyn Mackrory Con Scott Mann Con Distrikte tot 2009 Penwith Kerrier Carrick Restormel Caradon Noord Cornwall Scilly eilande Cornwall soms Cornwallis in Afrikaans genoem vorm saam met die Scilly eilande n graafskap in die uiterste suidweste van Engeland Verenigde Koninkryk met n oppervlakte van 3 563 vierkante kilometer en n bevolking van sowat 563 600 in 2017 Dit is n gewilde bestemming vir toeriste en branderplankryers Voorheen was daar baie tinmyne 1 Inhoud 1 Geografie 2 Geskiedenis 3 Demografie en taal 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsGeografie Wysig Uitsig oor Land s End Kaap Cornwall en die Brisons Cornwall is n skiereiland aan die Atlantiese Oseaan en die Engelse Kanaal met n kuslyn van sowat 320 km die skiereiland is sowat 120 km lank met n maksimum breedte van 72 km Die Tamarrivier vorm die oostelike grens met die graafskap Devon Cornwall se heideveld is ryk aan kaolien porseleinaarde en tin 2 n Baie gematigde kusklimaat maak van Cornwall met sy natuurskoon en sy klein visserdorpies een van die gewildste gebiede vir toerisme in die Verenigde Koninkryk en bevoordeel ook landbou en tuinbou Danksy die invloed van die Golfstroom is n aantal plekke in Cornwall geskik vir Mediterreense en subtropiese fauna 3 Nywerhede sluit mynbou looiery tekstiel en papiervervaardiging in Cornwall het n oorwegend landelike karakter met min groter dorpe soos Truro 21 000 inwoners en Bodmin 12 800 inwoners Geskiedenis Wysig Die berg Brown Willy in die heideveld van Bodmin Moor Die oorblyfsels van die kasteel Tintagel Die verlate South Phoenix tin en kopermyn in Cornwall Baie Korniese mynbouwerkers het na Suid Afrika geemigreer Die oudste nedersettings in Cornwall dateer uit die vroee steentydperk Die boere en vissers wat tydens die later steentydperk na Cornwall geimmigreer het het die plaaslike megalietkultuur ontwikkel waarvan die hunegrafte naby Bodmin en Penwith die bekendste oorblyfsels is n Nuwe golf immigrante wat hulle teen die einde van die laat steentydperk in die gebied gevestig het was meesters van beker en bronsvervaardiging Die Keltiese setlaars van die 6de eeu v C het die gebied vanuit die ooste binnegestroom en die ystervervaardiging en bewerking in Cornwall ingevoer Saam met Devon en Somerset het Cornwall die stamgebied van die Cornouiers in die weste en die Dumnoniers in die ooste gevorm wat albei vroee variante van die Kelties Britanniese taal gepraat het Met die Romeinse verowering van Brittanje in 40 n C het Cornwall n toevlugsoord en sentrum van Keltiese weerstand teen die besetters geword wat sy onafhanklikheid kon handhaaf Die Romeinse stad Isca Dumnoniorum die huidige Exeter het as die administratiewe hoofstad van die gebied oos van Cornwall gedien Terwyl die Walliese en Engelse plekname Dyfnaint en Devon nog steeds na die Dumnoniers verwys leef die Cornouiers in die naam Cornwall voort Die woord het sy etimologiese oorsprong in die Anglo Saksiese wealas uitlanders Britte Walliesers en die Latynse Cornubia n Romeinse weergawe van die Britse Cornouia of Land van die Cornouiers Onderlinge twiste het aangehou totdat die legendariese koning Artus vanuit sy kasteel Tintagel met die pasifikasie van Cornwall begin het Die kerstening van die gebied deur Ierse Walliese en Bretonse sendelinge het in die 5de eeu n aanvang geneem Cornwall het ook tydens die Anglo Saksiese heerskappy van Engeland daarin geslaag om sy Keltiese karakter te handhaaf Nogtans het n deel van die Keltiese bevolking onder die druk van die Germaanse veroweraars na die Franse vasteland gevlug waar hulle in Bretagne n nuwe tuiste gevind het In teenstelling met die antieke tydperk lewer die historiese dokumente uit die vroee Middeleeue geen presiese inligting oor Cornwall op nie aangesien die destydse geskiedskrywers die name Kernow die inheemse naam van Cornwall en Kernev die gebied van die huidige Cornouaille in Bretagne deurmekaar gebruik het Sedert die 9de eeu het Kornies as n selfstandige taal naas Oud Bretons en Oud Wallies bestaan Die Keltiese bevolking in die ooste is deur Sakse uit Devon verdring Athelstan die koning van die Wes Saksiese Koninkryk Wessex het die Keltiese bevolking uit Exeter verdryf en die laaste onafhanklike koning van Cornwall Hywel verslaan Die Tamarrivier het nou die grens tussen die Saksiese koninkryk en die verowerde gebiede gevorm Administratief het Cornwall nou n deel van Engeland gevorm Tydens die oorloe teen die Sakse het die literere legendes van Koning Artus en Tristan en Isolde ontstaan wat danksy hulle Bretonse weergawe die Matiere de Bretagne die aanleiding vir die Franse ridder en graal epiek van die 13de en 14de eeu gegee het Na die Normandiese verowering van Engeland in die jaar 1066 het ook Cornwall ses jaar later onder Normandiese heerskappy gekom maar steeds n oorwegend Keltiese gebied gebly In hierdie tydperk het Cadoc n inheemse hoof oor Cornwall geheers Sy kenmerkende swart wapenskild met die goue buile het later die aanleiding vir die wapen van die Hertogdom Cornwall gegee Die Engelse koning Edward III het Cornwall tot n graafskap met n besondere status verhef Desondanks het die destydse landelike adel van Cornwall oorwegend uit Normandiers bestaan met n Saksiese middelklas en die Keltiese bevolking as die nederste laag van die maatskappy n Aantal dokumente in Kornies dateer uit hierdie tydperk maar alhoewel die taal nog vier eeue lank gebesig is was dit nou toenemend die taal van die armes en die gebiede in die uiterste weste Soos elders in Engeland het Anglo Normandies en later Engels die status van amptelike taal gekry Tans is Cornwall n graafskap Engels county van Engeland Die inwoners van Cornwall is die enigste Keltiese bevolking van die Verenigde Koninkryk wat geen besondere grondwetlike status het nie Demografie en taal Wysig Landkaart van Cornwall Hoewel die inwoners van Keltiese afkoms is geniet hulle nie dieselfde status as die Skotte Walliesers en Noord Iere nie die laaste vrou wat die ou inheemse taal Kornies nog as haar moedertaal beskou Dolly Pentreath is in 1780 oorlede Die bevolking van Cornwall word dus nie as n etniese minderheid beskou nie soos byvoorbeeld die Skots Galiestalige inwoners van die Skotse hoogland 4 Vandag begin die taal egter herrys die Old Cornwall beweging het reeds in die eerste helfte van die twintigste eeu begin om meer belangstelling vir die Korniese taal te wek Enkele honderd mense praat vandag weer Kornies as hul tweede taal naas Engels 4 Verwysings Wysig HAT Taal en feitegids Pearson Desember 2013 ISBN 978 1 77578 243 8 The China Clay Industry in Engels Conrwall Guide 2016 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2019 Besoek op 21 Augustus 2016 en Webster Philip 2000 Cut Paste and Surf ICT Exercises for Key Stage 3 Geography Stanley Thornes Publishers Ltd ISBN 0 7487 5326 5 4 0 4 1 Istori an Yeth History of the Language in Engels Kowethas an Yeth Kernewek Cornish Language Fellowship Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2018 Besoek op 21 Augustus 2016 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cornwall en Amptelike webwerf Keltiese gebiede in Europa Bretagne Ierland Wallis Cornwall Man SkotlandOntsluit van https af wikipedia org w index php title Cornwall amp ol,