×
Chlooramfenikol

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Chlooramfenikol

Algemeen
Chemiese formule C11H12Cl2N2O5
Molêre massa 323.1320 g/mol
CAS-registernommer 56-75-7
Farmakokinetika
Roete van toediening Intraveneus; oogdruppels/-salf
Biobeskikbaarheid 75 tot 90%
Metabolisme Lewer
Uitskeiding Niere (5-15%), faeces (4%)
Eliminasie-halfleeftyd 1.6 tot 3.3 uur

Chlooramfenikol is 'n antibiotikum wat nuttig is in die behandeling van 'n aantal bakteriële infeksies. Dit is 'n bakteriostatiese middel wat beskikbaar is sedert 1949. Dit word beskou as 'n prototipiese breëspektrum antibiotikum, saam met die tetrasikliene. Dit is beide goedkoop en maklik om te vervaardig, en is dikwels die antibiotikum van keuse in die ontwikkelende wêreld.

Chlooramfenikol, ook bekend as chlornitromisien, is doeltreffend teen 'n wye verskeidenheid van gram-positiewe en gram-negatiewe bakterieë, insluitend die meeste anaerobiese organismes. As gevolg van weerstandigheid en veiligheidskommernis, is dit nie meer 'n eerste-lyn middel vir enige infeksie in ontwikkelde lande nie, met die noemenswaardige uitsondering van die topikale behandeling van bakteriële konjunktivitis ('n ooginfeksie). Nogtans het die globale probleem van die vordering van bakteriële weerstand teen nuwe middels gelei tot hernieude belangstelling in die gebruik daarvan. In lae-inkomste lande word chlooramfenikol steeds wyd gebruik omrede dit goedkoop en geredelik beskikbaar is.

Die ernstigste nadelige uitwerking wat verband hou met chlooramfenikolbehandeling is beenmurgtoksisiteit, wat kan voorkom in twee afsonderlike vorms: beenmurgonderdrukking, wat 'n direkte giftige uitwerking van die middel is, en gewoonlik omkeerbaar is, en aplastiese anemie, wat eienaardig is (skaars, onvoorspelbaar, en wat nie verwant is aan die dosis nie) en in die algemeen noodlottige is.

Gebruik van binneaarse chlooramfenikol hou ook verband met 'n grys baba-sindroom, 'n verskynsel as gevolg van pasgebore babas se onvermoë om chlooramfenikol te metaboliseer in die liggaam. Ander minder ernstige reaksies sluit in koors, veluitslag, hoofpyn en verwarring. Voorskrifgebruik word gewoonlik geassosieer met die monitering van 'n pasiënt se volle bloedtelling. Die middel behoort gestaak te word met die voorkoms van retikulositopenia, leukopenie, trombositopenie, anemie, of enige ander abnormale bloedbevindings toe te skryf aan chlooramfenikol.

Dit is op die Wêreldgesondheidsorganisasie se lys van noodsaaklike medisyne, 'n lys van die belangrikste medikasie wat nodig is in 'n basiese gesondheidstelsel.

  1. Falagas, M. E.; Grammatikos, A. P.; Michalopoulos, A. (Oktober 2008). . Expert Review of Anti Infective Therapy. 6 (5): 593–600. doi:. PMID .AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  2. Rich, M.; Ritterhoff, R.; Hoffmann, R. (Desember 1950). "A fatal case of aplastic anemia following chloramphenicol therapy". Annals of Internal Medicine. 33 (6): 1459–1467. doi:. PMID .AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  3. Check |url= value (help) (in Engels). vanaf die oorspronklike op 19 April 2014. Besoek op18 April 2014.
  4. (PDF). Wêreldgesondheidsorganisasie. Oktober 2013. Besoek op22 April 2014.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.

Publikasie datum: Augustus 02, 2021

chlooramfenikol, vrywaring, mediese, inligting, verskaf, wikipedia, dien, slegs, riglyn, geen, waarborg, feitelike, korrektheid, enige, vrae, klagtes, persoonlike, gesondheid, behoort, dokter, verwys, word, algemeenchemiese, formule, c11h12cl2n2o5molêre, massa. Vrywaring Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na n dokter verwys te word ChlooramfenikolAlgemeenChemiese formule C11H12Cl2N2O5Molere massa 323 1320 g molCAS registernommer 56 75 7FarmakokinetikaRoete van toediening Intraveneus oogdruppels salfBiobeskikbaarheid 75 tot 90 Metabolisme LewerUitskeiding Niere 5 15 faeces 4 Eliminasie halfleeftyd 1 6 tot 3 3 uur Chlooramfenikol is n antibiotikum wat nuttig is in die behandeling van n aantal bakteriele infeksies Dit is n bakteriostatiese middel wat beskikbaar is sedert 1949 Dit word beskou as n prototipiese breespektrum antibiotikum saam met die tetrasikliene Dit is beide goedkoop en maklik om te vervaardig en is dikwels die antibiotikum van keuse in die ontwikkelende wereld Chlooramfenikol ook bekend as chlornitromisien is doeltreffend teen n wye verskeidenheid van gram positiewe en gram negatiewe bakteriee insluitend die meeste anaerobiese organismes As gevolg van weerstandigheid en veiligheidskommernis is dit nie meer n eerste lyn middel vir enige infeksie in ontwikkelde lande nie met die noemenswaardige uitsondering van die topikale behandeling van bakteriele konjunktivitis n ooginfeksie Nogtans het die globale probleem van die vordering van bakteriele weerstand teen nuwe middels gelei tot hernieude belangstelling in die gebruik daarvan 1 In lae inkomste lande word chlooramfenikol steeds wyd gebruik omrede dit goedkoop en geredelik beskikbaar is Die ernstigste nadelige uitwerking wat verband hou met chlooramfenikolbehandeling is beenmurgtoksisiteit wat kan voorkom in twee afsonderlike vorms beenmurgonderdrukking wat n direkte giftige uitwerking van die middel is en gewoonlik omkeerbaar is en aplastiese anemie wat eienaardig is skaars onvoorspelbaar en wat nie verwant is aan die dosis nie en in die algemeen noodlottige is 2 Gebruik van binneaarse chlooramfenikol hou ook verband met n grys baba sindroom n verskynsel as gevolg van pasgebore babas se onvermoe om chlooramfenikol te metaboliseer in die liggaam Ander minder ernstige reaksies sluit in koors veluitslag hoofpyn en verwarring Voorskrifgebruik word gewoonlik geassosieer met die monitering van n pasient se volle bloedtelling Die middel behoort gestaak te word met die voorkoms van retikulositopenia leukopenie trombositopenie anemie of enige ander abnormale bloedbevindings toe te skryf aan chlooramfenikol 3 Dit is op die Wereldgesondheidsorganisasie se lys van noodsaaklike medisyne n lys van die belangrikste medikasie wat nodig is in n basiese gesondheidstelsel 4 Verwysings Wysig Falagas M E Grammatikos A P Michalopoulos A Oktober 2008 Potential of old generation antibiotics to address current need for new antibiotics Expert Review of Anti Infective Therapy 6 5 593 600 doi 10 1586 14787210 6 5 593 PMID 18847400 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Rich M Ritterhoff R Hoffmann R Desember 1950 A fatal case of aplastic anemia following chloramphenicol therapy Annals of Internal Medicine 33 6 1459 1467 doi 10 7326 0003 4819 33 6 1459 PMID 14790529 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link DailyMed Drug Insert from DailyMed Check url value help in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2014 Besoek op 18 April 2014 WHO Model List of EssentialMedicines PDF Wereldgesondheidsorganisasie Oktober 2013 Besoek op 22 April 2014 Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Chlooramfenikol amp ol,