fbpx
Wikipedia

Chinese Burgeroorlog

Die Chinese Burgeroorlog was ’n oorlog tussen die nasionalistiese regering van die Republiek China onder die Kuomintang (KMT) en die Kommunistiese Party van China (KPC).

Chinese Burgeroorlog
(Kuomintang-Kommunistiese Burgeroorlog)
Deel van Oorkruis-konflik en Koue Oorlog (vanaf 1947)

Regsom van bo: Kommunistiese soldate tydens die Slag van Siping, Moslem-soldate van die NRA, Mao Zedong in die 1930's, Chiang Kai-shek inspekteer soldate, KPC-generaal Su Yu ondersoek die voorste front net kort voor die Menglianggu-veldtog
Datum Vanaf 1927 tot 1950 in twee fases:
Ligging China
Resultaat Chinese Kommunistiese oorwinning:
  • Groot geveg het geëindig, maar geen wapenstilstand of vredesverdrag is onderteken nie.
  • Klein sakke van opstand het voortgegaan tot in die 1960's.
Gebieds-
veranderinge
Verdeling van China in twee:
Strydende partye
1927–36; 1946–47

Ondersteun deur:

1947–49

Ondersteun deur:

1949–61

Ondersteun deur:

1927–36 Fujian Volksregering (1933–34)

Ondersteun deur:

1946–49

Ondersteun deur:

1949–61

Ondersteun deur:

Aanvoerders
Chiang Kai-shek

Harry S. Truman (1950–53)
Dwight D. Eisenhower (1953–61)

Mao Zedong

Josef Stalin(tot 1953)
Nikita Chroesjtsjof (1953–1961)

Sterkte

  • 4 300 000 (Junie 1946)[4][5]
  • 3 650 000 (Junie 1948)
  • 1 490 000 (Junie 1949)

  • 1 200 000 (Julie 1945)[5]
  • 2 800 000 (Junie 1948)
  • 4 000 000 (Junie 1949)
Ongevalle en verliese
ca. 1,5 miljoen (1948–49)[6] ca. 250 000 (1948–49)[6]

  • 1945–49: ca. 6 miljoen (insluitend burgerlikes)[6]
  • 1928-37: ca. 7 miljoen (insluitend burgerlikes)[7]
  • 1945-49: ca. 2.5 miljoen (insluitend burgerlikes)[8]

ca. 8 miljoen ongevalle totaal

Opperbevelhebber Chiang Kai-shek.
Nasionalistiese soldate vuur op Kommunistiese magte (1930's).

Hoewel die vier jaar van die Chinese Kommunistiese Rewolusie van 1945 tot 1949 spesiale aandag kry, het die eintlike oorlog al in Augustus 1927 begin met die Wit Terreur aan die einde van opperbevelhebber Chiang Kai-shek se Noordelike Ekspedisie, en geëindig toe die grootste vyandelikhede tussen die twee kante in 1950 geëindig het.[9]

Verloop van die oorlog

Die konflik het in twee fases plaasgevind: die eerste tussen 1927 en 1937, en die tweede van 1946 tot 1950. Die twee fases is geskei deur die Tweede Chinees-Japannese Oorlog in 1937 tot 1945. Die burgeroorlog was ’n groot keerpunt in moderne China se geskiedenis, met die kommuniste wat beheer oor die vasteland gekry en die Volksrepubliek China (VRC) in 1949 gestig het, terwyl hulle die Republiek China (RC) gedwing het om na Taiwan terug te val. Dit het gelei tot voortdurende politieke en militêre vyandelikhede tussen die twee kante van die Straat van Taiwan, terwyl albei partye amptelik daarop aanspraak maak dat hy die regmatige regering van die hele China is.

Die oorlog verteenwoordig ’n ideologiese skeiding tussen die kommunistiese KPC en die nasionalistiese KMT. Konflik het voortgeduur tot laat in 1937, toe die twee partye saamgestaan het teen die Japannese bedreiging en om te keer dat die land verbrokkel. ’n Volskaalse burgeroorlog is in 1946 hervat, ’n jaar ná die einde van die vyandelikhede met Japan in September 1945. Vier jaar later is die militêre bedrywighede gestaak. Die nuut gestigte Volksrepubliek China het die vasteland beheer, insluitende die eiland Hainan, en die Republiek China se jurisdiksie was beperk tot Taiwan, Penghu, Kinmen, Matsu en ’n paar ander eilande.

Daar was sedertdien nog geen wapenstilstand of vredesverklaring nie en daar word gedebatteer of die burgeroorlog wettig verby is.[10] Betrekkinge tussen die twee kante word versuur deur militêre dreigemente en politieke en ekonomiese druk, veral oor Taiwan se politieke status, terwyl albei partye net een China erken. Die VRC beskou Taiwan steeds as deel van sy grondgebied en dreig steeds om Taiwan binne te val indien die RC sy onafhanklikheid verklaar deur sy naam te verander en internasionale erkenning te probeer kry as die "Republiek Taiwan". Terselfdertyd maak die RC aanspraak op die vasteland van China en gaan die geveg om diplomatieke erkenning voort. Tog het die twee regerings van China noue ekonomiese bande.[11]

Verwysings

  1. (en) China at War: An Encyclopedia. 2012. p. 295.
  2. "China". Encyclopædia Britannica (in Engels). Encyclopædia Britannica, Inc. 15 November 2012. vanaf die oorspronklike op 1 April 2009.
  3. (en) Westad, Odd (2003). Decisive Encounters: The Chinese Civil War, 1946–1950. Stanford University Press. p. 305. ISBN 978-0-8047-4484-3.
  4. (en) Èëãñèõ±¨
  5. 5,0 5,1 (en) Hsiung, James C. (1992). China's Bitter Victory: The War With Japan, 1937–1945. New York: M.E. Sharpe publishing. ISBN 1-56324-246-X.
  6. 6,0 6,1 6,2 (en) Lynch, Michael (2010). . Osprey Publishing. p. 91. ISBN 978-1-84176-671-3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2016. Besoek op 12 Februarie 2018.
  7. http://necrometrics.com/20c1m.htm#Nationalist
  8. http://necrometrics.com/20c1m.htm#Chinese
  9. Lew, Christopher R.; Leung, Pak-Wah, reds. (2013). Historical Dictionary of the Chinese Civil War. Lanham: Maryland : The Scarecrow Press, Inc. ISBN 9780810878730.AS1-onderhoud: ref=harv (link), bl. 3
  10. Leslie C. Green. The Contemporary Law of Armed Conflict. p. 79.
  11. So, Alvin Y. Lin, Nan. Poston, Dudley L. Contributor Professor, So, Alvin Y. [2001] (2001). The Chinese Triangle of Mainland China, Taiwan and Hong Kong. Greenwood Publishing. ISBN 0-313-30869-1.

Eksterne skakels

  •   Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Chinese Burgeroorlog.
  •   Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Chinese Burgeroorlog
chinese, burgeroorlog, oorlog, tussen, nasionalistiese, regering, republiek, china, onder, kuomintang, kommunistiese, party, china, kuomintang, kommunistiese, burgeroorlog, deel, oorkruis, konflik, koue, oorlog, vanaf, 1947, regsom, kommunistiese, soldate, tyd. Die Chinese Burgeroorlog was n oorlog tussen die nasionalistiese regering van die Republiek China onder die Kuomintang KMT en die Kommunistiese Party van China KPC Chinese Burgeroorlog Kuomintang Kommunistiese Burgeroorlog Deel van Oorkruis konflik en Koue Oorlog vanaf 1947 Regsom van bo Kommunistiese soldate tydens die Slag van Siping Moslem soldate van die NRA Mao Zedong in die 1930 s Chiang Kai shek inspekteer soldate KPC generaal Su Yu ondersoek die voorste front net kort voor die Menglianggu veldtogDatum Vanaf 1927 tot 1950 in twee fases 1 Augustus 1927 1 22 Desember 1936 2 31 Maart 1946 1 Mei 1950 3 Ligging ChinaResultaat Chinese Kommunistiese oorwinning Groot geveg het geeindig maar geen wapenstilstand of vredesverdrag is onderteken nie Klein sakke van opstand het voortgegaan tot in die 1960 s Gebieds veranderinge Verdeling van China in twee Die Kommunistiese Party van China neem die vastelandse China en Hainan oor Oprigting van die Volksrepubliek China in vastelandse China Die Republiek China verhuis na TaiwanStrydende partye1927 36 1946 47 Republiek van China Kuomintang Nasionale Rewolusionere WeermagOndersteun deur Verenigde State1947 49 Republiek van China Kuomintang Republiek China Gewapende MagteOndersteun deur Verenigde State1949 61 Republiek van China Republiek China Gewapende Magte Nasionaliste lojalistiese guerrilla milities en gereelde troepe in vastelandse China en BurmaOndersteun deur Verenigde State 1927 36 Kommunistiese Party van China Chinese Werkers en Boere se Rooi Leer Chinese Sowjetrepubliek 1931 37 Jiangxi Fujian Sowjet 1931 34 Fujian Volksregering 1933 34 Ondersteun deur Sowjetunie Kommunistiese Internasionaal1946 49 Kommunistiese Party van China Pre VBL troepe en militia Volksbevrydingsleer Oos Turkestan 1944 46 Ili Nasionale WeermagOndersteun deur Sowjetunie1949 61 Volksrepubliek China VolksbevrydingsleerOndersteun deur SowjetunieAanvoerdersChiang Kai shekHarry S Truman 1950 53 Dwight D Eisenhower 1953 61 Mao ZedongJosef Stalin tot 1953 Nikita Chroesjtsjof 1953 1961 Sterkte4 300 000 Junie 1946 4 5 3 650 000 Junie 1948 1 490 000 Junie 1949 1 200 000 Julie 1945 5 2 800 000 Junie 1948 4 000 000 Junie 1949 Ongevalle en verlieseca 1 5 miljoen 1948 49 6 ca 250 000 1948 49 6 1945 49 ca 6 miljoen insluitend burgerlikes 6 1928 37 ca 7 miljoen insluitend burgerlikes 7 1945 49 ca 2 5 miljoen insluitend burgerlikes 8 ca 8 miljoen ongevalle totaal Opperbevelhebber Chiang Kai shek Nasionalistiese soldate vuur op Kommunistiese magte 1930 s Hoewel die vier jaar van die Chinese Kommunistiese Rewolusie van 1945 tot 1949 spesiale aandag kry het die eintlike oorlog al in Augustus 1927 begin met die Wit Terreur aan die einde van opperbevelhebber Chiang Kai shek se Noordelike Ekspedisie en geeindig toe die grootste vyandelikhede tussen die twee kante in 1950 geeindig het 9 Verloop van die oorlog WysigDie konflik het in twee fases plaasgevind die eerste tussen 1927 en 1937 en die tweede van 1946 tot 1950 Die twee fases is geskei deur die Tweede Chinees Japannese Oorlog in 1937 tot 1945 Die burgeroorlog was n groot keerpunt in moderne China se geskiedenis met die kommuniste wat beheer oor die vasteland gekry en die Volksrepubliek China VRC in 1949 gestig het terwyl hulle die Republiek China RC gedwing het om na Taiwan terug te val Dit het gelei tot voortdurende politieke en militere vyandelikhede tussen die twee kante van die Straat van Taiwan terwyl albei partye amptelik daarop aanspraak maak dat hy die regmatige regering van die hele China is Die oorlog verteenwoordig n ideologiese skeiding tussen die kommunistiese KPC en die nasionalistiese KMT Konflik het voortgeduur tot laat in 1937 toe die twee partye saamgestaan het teen die Japannese bedreiging en om te keer dat die land verbrokkel n Volskaalse burgeroorlog is in 1946 hervat n jaar na die einde van die vyandelikhede met Japan in September 1945 Vier jaar later is die militere bedrywighede gestaak Die nuut gestigte Volksrepubliek China het die vasteland beheer insluitende die eiland Hainan en die Republiek China se jurisdiksie was beperk tot Taiwan Penghu Kinmen Matsu en n paar ander eilande Daar was sedertdien nog geen wapenstilstand of vredesverklaring nie en daar word gedebatteer of die burgeroorlog wettig verby is 10 Betrekkinge tussen die twee kante word versuur deur militere dreigemente en politieke en ekonomiese druk veral oor Taiwan se politieke status terwyl albei partye net een China erken Die VRC beskou Taiwan steeds as deel van sy grondgebied en dreig steeds om Taiwan binne te val indien die RC sy onafhanklikheid verklaar deur sy naam te verander en internasionale erkenning te probeer kry as die Republiek Taiwan Terselfdertyd maak die RC aanspraak op die vasteland van China en gaan die geveg om diplomatieke erkenning voort Tog het die twee regerings van China noue ekonomiese bande 11 Verwysings Wysig en China at War An Encyclopedia 2012 p 295 China Encyclopaedia Britannica in Engels Encyclopaedia Britannica Inc 15 November 2012 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2009 en Westad Odd 2003 Decisive Encounters The Chinese Civil War 1946 1950 Stanford University Press p 305 ISBN 978 0 8047 4484 3 en Eeaneo 5 0 5 1 en Hsiung James C 1992 China s Bitter Victory The War With Japan 1937 1945 New York M E Sharpe publishing ISBN 1 56324 246 X 6 0 6 1 6 2 en Lynch Michael 2010 The Chinese Civil War 1945 49 Osprey Publishing p 91 ISBN 978 1 84176 671 3 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2016 Besoek op 12 Februarie 2018 http necrometrics com 20c1m htm Nationalist http necrometrics com 20c1m htm Chinese Lew Christopher R Leung Pak Wah reds 2013 Historical Dictionary of the Chinese Civil War Lanham Maryland The Scarecrow Press Inc ISBN 9780810878730 AS1 onderhoud ref harv link bl 3 Leslie C Green The Contemporary Law of Armed Conflict p 79 So Alvin Y Lin Nan Poston Dudley L Contributor Professor So Alvin Y 2001 2001 The Chinese Triangle of Mainland China Taiwan and Hong Kong Greenwood Publishing ISBN 0 313 30869 1 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Chinese Burgeroorlog Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Chinese Burgeroorlog amp oldid 2444726,