×
Chileense nasionale rugbyspan

Die Chileense nasionale rugbyspan is ’n sportspan wat Chili in internasionale rugby verteenwoordig. Die span wat in rooi truie en blou broeke speel, dra die bynaam Los Cóndores (Spaans vir: "die Andeskondors").

Chili
Unie Chileense Rugbyfederasie
Bynaam(e) Los Condores
Embleem die Andeskondor
Stadion Estadio Municipal de La Pintana, Santiago de Chile
Kapasiteit 5 000
President Francisco Davanzo Pumarino
Afrigter(s) Pablo Lemoine
Kaptein(s) Benjamín Soto
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Benjamin Soto Madrigal (39)
Meeste toetspunte Tomas Ianiszewski Vergara (130)
Meeste drieë Jose Ignacio Larenas Hitschfeld (10)
Eerste internasionale wedstryd
Chili 0–29 Argentinië
(Valparaíso, Chili; 18 September 1936)
Grootste oorwinning
Paraguay 0–102 Chili
(Montevideo, Uruguay; 3 Mei 2003)
Grootste nederlaag
Chili 12–87 Argentinië
(4 Junie 2016)
Amptelike webwerf

Rugby word in Chili deur die Chileense Rugbyfederasie (CRF, van Spaans: Federación de Rugby de Chile) geadministreer. Die Chileense rugbyspan is tans (29 Desember 2019) 29ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys en is tans die sesde beste rugbyspan in die Amerikas, na sy buurland Argentinië en die Verenigde State, Uruguay, Kanada en Brasilië.

Chili het in 1936 sy internasionale rugbydebuut teen Argentinië in Santiago de Chile gemaak en sodoende die tweede Suid-Amerikaanse land geword om internasionale rugby te begin speel. Chili was in 1989, saam met Argentinië, Brasilië, Paraguay en Uruguay, een van CONSUR, nou bekend as Sudamérica Rugby, se stigterslede. Chili het sedert 1951 aan die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap deelgeneem en was gewoonlik die tweede of derde beste span in Suid-Amerika. In 2016 het Chili saam met Argentinië, Brasilië, Kanada, die VSA en Uruguay die Amerikaanse Rugbykampioenskap, ten einde van ’n beter standaard van rugby in die Amerikas, opgerig. Chili kon tot dusver nog nie vir die Rugbywêreldbeker kwalifiseer nie.

Die sport beskik oor ’n historiese verbintenis met die Skotse gemeenskap in dié land. In 2012 is twee Skots-gebore spelers, Donald en Ian Campbell, in die Internasionale Rugbyheldesaal opgeneem.

Inhoud

Vroeë geskiedenis (1890’s–1959)

Uruguay teen Chili tydens die 1951-Suid-Amerikaanse kampioenskap in Buenos Aires

Nes in ander Suid-Amerikaanse lande is rugby aan die einde van die laat 19de eeu deur Britse immigrante na Chileense hawestede gebring. Die eerste bekende rugbywedstryde op Chileense bodem was in 1894 deur Britse immigrante in Santiago de Chile, Iquique en Valparaíso gespeel. Tot in die 1930’s is rugby in Chili veral deur afstammelinge van die Britse immigrante gespeel. In 1935 is die Chileense Rugbyfederasie gestig.

Chili se eerste internasionale wedstryd was in September 1936 teen Argentinië, toe ’n twee-toetsreeks in die hoofstad Santiago de Chile gespeel is. Chili het albei wedstryde met tellings van 0 teen 20 en 3 teen 31 onderskeidelik verloor. Chili het toe in 1938 in Argentinië teen die Poemas gespeel, maar dié wedstryd met 3–33 verloor. Chili se volgende internasionale wedstryd was teen Uruguay in 1948, wat die Andeskondors met 21–3 in Buenos Aires kon wen.

Die Chileense span kon in die 1950’s meer konsekwent meeding. In 1951 het Chili aan die eerste Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap teen Brasilië, Uruguay en Argentinië deelgeneem; Chili het derde geëindig, nadat hulle Brasilië met ’n telling van 68–0 kon klop, maar teen beide Uruguay en Argentinië verloor het. In 1952 het Chili Ierland in Santiago de Chile gehuisves, maar met 30–0 verloor. Chili het in 1954 teen ’n ander Vyfnasies-span, Frankryk, te staan gekom, maar is 34–3 geklop. In 1958 het Chili aan die tweede Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap deelgeneem en tweede geëindig, nadat hulle beide Peru en Uruguay kon klop, maar deur Argentinië verslaan is.

1960’s–1980’s

In die 1960’s kon Chili homself as ’n medium-mededinger in Suid-Amerika vestig. Chili kon spanne soos Brasilië en Uruguay herhaaldelik klop, maar was nie in staat om die sterk Poemas te oorwin nie. In 1966 het Chili die Springbokke vir hul eerste toets teen ’n SANZAR-span gehuisves, maar is met 72–0 verslaan. Gedurende die 1970’s het Chili nie wedstryde teen nie-Suid-Amerikaanse spanne gespeel nie; Chili het tydens dié dekade meestal as tweede of derde span in Suid-Amerika geëindig, nadat hulle gewoonlik Brasilië en die opkomende Paraguay kon klop, en met Uruguay om die tweede plek gewedywer het. Gedurende die 1980’s het die voormalige Franse afrigter Jean-Pierre Juanchich die leisels van Chileense rugby oorgeneem en dié span na ’n beter vertoning geneem. In 1989 is ’n nuwe beheerliggaam vir rugby in Suid-Amerika, CONSUR, opgerig.

1990’s–2000’s

’n Chileense rugbytrui in 2008

In 1991 het Chili amptelik by die Internasionale Rugbyraad aangesluit, waarvolgens dié land formeel aan Rugbywêreldbekerkwalifiserings kon deelneem. In 1993 het Chili aan sy eerste Rugbywêreldbekerkwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1995 deelgeneem; Chili het egter al sy wedstryde teen Argentinië, Paraguay en Uruguay verloor en laaste in hul groep geëindig. In 1995 het Chili teen Spanje gespeel en met 28–23 gewen.

Die Rugbywêreldbeker 1999-kwalifisering was meer suksesvol. Chili kon die groep met Bermuda en Trinidad en Tobago maklik wen. Hulle is egter 14–20 deur Uruguay verslaan en het dus die uitspeelwedstryd misgeloop, waardeur hulle nie meer vir die toernooi in Suid-Afrika kon kwalifiseer nie.

In 2000 was Chili met twee punte naby om Argentinië te verslaan. Dié beter vertoning is in die vroeë 2000’s voortgesit, en Chili kon maklik met Brasilië tydens die Rugbywêreldbeker 2003-kwalifisering afreken. In die laaste rondte, bestaande uit Kanada, Uruguay en die VSA, kon Chili sy eerste tuiswedstryd teen Uruguay wen, maar hulle is in die volgende twee wedstryde deur die VSA en Kanada verslaan. Later kon Chili die VSA egter verras en die Arende met 21–13 in Santiago de Chile verslaan. Ondanks hul beter vertoning het Chili die twee volgende wedstryde verloor en hul veldtog met twee oorwinnings en vier nederlae beëindig. Weens minder gedrukte drieë het Chili laaste geëindig en die uitspeelwedstryd weer net-net misgeloop.

Die Rugbywêreldbeker 2007-kwalifisering het op ’n soortgelyke manier verloop, nadat Chili in die eerste rondte beide Paraguay en Brasilië kon verslaan, maar in die tweede rondte teen Argentinië en Uruguay verloor het. Chili het dus weer die uitspeelwedstryd net-net misgeloop.

2010–hede

Chili teen Uruguay tydens die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap in 2016
Die Estadio Municipal de La Pintana in Santiago de Chile, tuiste van Chileense rugby

Die Rugbywêreldbeker 2011-kwalifisering was van ’n kort duur, nadat Chili in rondte 3A van die nuwe formaat geloot is. Chili kon weer Brasilië verslaan, maar is deur Uruguay geklop, waardeur Chili die uitspeelwedstryd weereens misgeloop het.

In 2010 kon Chili die nuwe dekade amper met ’n verassing afskop, nadat hulle op die punt was om die eilandstaat Tonga te verslaan, maar hulle verloor met 32–30. Die volgende jaar kon Chili Uruguay vir die eerste keer in nege jaar met 21–18 verslaan, en eindig tweede in die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap.

Die dekade is deur onbestendige resultate gekenmerk. In 2013 het Chili die Rugbywêreldbeker 2015-kwalifisering met ’n oorwinning oor Brasilië afgeskop, maar weereens teen Uruguay verloor, met dieselfde uitkoms as by al die vorige veldtogte sedert 1999. In 2014 het Chili sy laagtepunt beleef: tydens die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap in 2014 het hulle laaste geëindig, nadat hulle vir die eerste keer deur Brasilië verslaan is.[verwysing benodig] Chili het tydens die nuwe 2014 CONSUR-beker, ’n nuwe kompetisie tussen Argentinië en die twee naasbeste spanne van Suid-Amerika, die houtlepel "gewen". Die volgende jaar kon Chili egter herstel en die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap vir die eerste keer wen, nadat hulle beide Brasilië en Paraguay verslaan het en Uruguay tuis 30–15 kon klop.

In 2016 het Chili aan die eerste Amerikaanse Rugbykampioenskap in sy huidige formaat deelgeneem. Chili kon ’n tuisoorwinning oor Brasilië aanteken, voordat hulle in ’n taai wedstryd teen Argentinië in die laaste 20 minuut agteruitgegaan het en met 52–15 verslaan is. Die VSA kon 64–0 met Chili in Fort Lauderdale afreken en in die volgende wedstryd is Chili net-net 20–23 deur Uruguay geklop. Chili het hul laaste wedstryd tuis teen Kanada met 64–13 verloor en sodoende laaste in die toernooi geëindig.

Tydens die Amerikaanse Rugbykampioenskap in 2017 is Chili in al vyf wedstryde verslaan en kon net vier drieë in die toernooi druk. In die 2017-Nasiesbeker kon Chili Kenia verslaan, maar is deur beide Rusland en Hongkong geklop.

Tydens die Rugbywêreldbeker 2019-kwalifisering kon Chili Paraguay 68–7 klop, maar hulle speel gelykop teen Brasilië (20–20) en is in die volgende wedstryd deur Uruguay verslaan (39–14). Vervolgens het Chili tot die tweede rondte gevorder, waar hulle Paraguay en Brasilië kon klop, maar weer deur Uruguay verslaan is. Hulle kon sodoende nie tot die toernooi in Japan vorder nie.

Algehele rekord

Chili het teen 29 Desember 2019 82 van hulle 203 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 40,39%.

Chili se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 29 Desember 2019)

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Argentinië 45 0 45 0 0
Argentinië XV 4 0 4 0 0
Argentinië Jaguars 1 0 1 0 0
Bermuda 1 1 0 0 100
Brasilië 29 21 6 2 75,86
Duitsland 1 1 0 0 100
Fidji 1 0 1 0 0
Frankryk Amateur 1 0 1 0 0
Frankryk XV 1 0 1 0 0
Georgië 2 1 1 0 50
Hongkong 1 0 1 0 0
Kanada 6 0 6 0 0
Kenia 1 1 0 0 100
Korea 2 1 1 0 50
Māori All Blacks 1 0 1 0 0
Paraguay 29 28 1 0 96,55
Peru 2 2 0 0 100
Portugal 4 0 4 0 0
Roemenië 1 0 1 0 0
Rusland 1 0 1 0 0
Spanje 6 2 4 0 33,33
Tonga 1 0 1 0 0
Trinidad en Tobago 1 1 0 0 100
Uruguay 55 13 41 1 24,54
Venezuela 1 1 0 0 100
Verenigde State 6 1 5 0 16,67
Totaal 203 82 118 3 40,39

Wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1987 Nie genooi nie
1991 Nie gekwalifiseer nie
1995 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 N.v.t.
  1. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op29 Desember 2019.
  2. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op29 Desember 2019.
  3. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op29 Desember 2019.
  4. (en) . Wêreldrugby. vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op29 Desember 2019.
  5. (en) Bath, Richard (1997). The Complete Book of Rugby. Seven Oaks Ltd. p. 65. ISBN 1-86200-013-1.
  6. (en) Collins, Tony (1 September 2015). (Eerste uitg.). Bloomsbury Publishing. ISBN 978-1-4088-4370-3. Besoek op29 Desember 2019.
  7. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op29 Desember 2019.

Publikasie datum: September 26, 2021

chileense, nasionale, rugbyspan, sportspan, chili, internasionale, rugby, verteenwoordig, span, rooi, truie, blou, broeke, speel, bynaam, cóndores, spaans, andeskondors, chiliunie, chileense, rugbyfederasiebynaam, condoresembleem, andeskondorstadion, estadio, . Die Chileense nasionale rugbyspan is n sportspan wat Chili in internasionale rugby verteenwoordig Die span wat in rooi truie en blou broeke speel dra die bynaam Los Condores Spaans vir die Andeskondors ChiliUnie Chileense RugbyfederasieBynaam e Los CondoresEmbleem die AndeskondorStadion Estadio Municipal de La Pintana Santiago de ChileKapasiteit 5 000President Francisco Davanzo PumarinoAfrigter s Pablo LemoineKaptein s Benjamin SotoSpankleure Alt kleureStatistiekMeeste toetse Benjamin Soto Madrigal 39 1 Meeste toetspunte Tomas Ianiszewski Vergara 130 2 Meeste driee Jose Ignacio Larenas Hitschfeld 10 3 Eerste internasionale wedstrydChili 0 29 Argentinie Valparaiso Chili 18 September 1936 Grootste oorwinningParaguay 0 102 Chili Montevideo Uruguay 3 Mei 2003 Grootste nederlaagChili 12 87 Argentinie 4 Junie 2016 Amptelike webwerfwww chilerugby org Rugby word in Chili deur die Chileense Rugbyfederasie CRF van Spaans Federacion de Rugby de Chile geadministreer Die Chileense rugbyspan is tans 29 Desember 2019 29ste op Wereldrugby se wereldranglys gelys 4 en is tans die sesde beste rugbyspan in die Amerikas na sy buurland Argentinie en die Verenigde State Uruguay Kanada en Brasilie Chili het in 1936 sy internasionale rugbydebuut teen Argentinie in Santiago de Chile gemaak en sodoende die tweede Suid Amerikaanse land geword om internasionale rugby te begin speel Chili was in 1989 saam met Argentinie Brasilie Paraguay en Uruguay een van CONSUR nou bekend as Sudamerica Rugby se stigterslede Chili het sedert 1951 aan die Suid Amerikaanse Rugbykampioenskap deelgeneem en was gewoonlik die tweede of derde beste span in Suid Amerika In 2016 het Chili saam met Argentinie Brasilie Kanada die VSA en Uruguay die Amerikaanse Rugbykampioenskap ten einde van n beter standaard van rugby in die Amerikas opgerig Chili kon tot dusver nog nie vir die Rugbywereldbeker kwalifiseer nie Die sport beskik oor n historiese verbintenis met die Skotse gemeenskap in die land In 2012 is twee Skots gebore spelers Donald en Ian Campbell in die Internasionale Rugbyheldesaal opgeneem Inhoud 1 Geskiedenis 1 1 Vroee geskiedenis 1890 s 1959 1 2 1960 s 1980 s 1 3 1990 s 2000 s 1 4 2010 hede 2 Rekords 2 1 Algehele rekord 2 2 Wereldbekerrekord 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigVroee geskiedenis 1890 s 1959 Wysig Uruguay teen Chili tydens die 1951 Suid Amerikaanse kampioenskap in Buenos Aires Nes in ander Suid Amerikaanse lande is rugby aan die einde van die laat 19de eeu deur Britse immigrante na Chileense hawestede gebring 5 Die eerste bekende rugbywedstryde op Chileense bodem was in 1894 deur Britse immigrante in Santiago de Chile Iquique en Valparaiso gespeel Tot in die 1930 s is rugby in Chili veral deur afstammelinge van die Britse immigrante gespeel 6 In 1935 is die Chileense Rugbyfederasie gestig Chili se eerste internasionale wedstryd was in September 1936 teen Argentinie toe n twee toetsreeks in die hoofstad Santiago de Chile gespeel is Chili het albei wedstryde met tellings van 0 teen 20 en 3 teen 31 onderskeidelik verloor Chili het toe in 1938 in Argentinie teen die Poemas gespeel maar die wedstryd met 3 33 verloor Chili se volgende internasionale wedstryd was teen Uruguay in 1948 wat die Andeskondors met 21 3 in Buenos Aires kon wen Die Chileense span kon in die 1950 s meer konsekwent meeding In 1951 het Chili aan die eerste Suid Amerikaanse Rugbykampioenskap teen Brasilie Uruguay en Argentinie deelgeneem Chili het derde geeindig nadat hulle Brasilie met n telling van 68 0 kon klop maar teen beide Uruguay en Argentinie verloor het In 1952 het Chili Ierland in Santiago de Chile gehuisves maar met 30 0 verloor Chili het in 1954 teen n ander Vyfnasies span Frankryk te staan gekom maar is 34 3 geklop In 1958 het Chili aan die tweede Suid Amerikaanse Rugbykampioenskap deelgeneem en tweede geeindig nadat hulle beide Peru en Uruguay kon klop maar deur Argentinie verslaan is 1960 s 1980 s Wysig In die 1960 s kon Chili homself as n medium mededinger in Suid Amerika vestig Chili kon spanne soos Brasilie en Uruguay herhaaldelik klop maar was nie in staat om die sterk Poemas te oorwin nie In 1966 het Chili die Springbokke vir hul eerste toets teen n SANZAR span gehuisves maar is met 72 0 verslaan Gedurende die 1970 s het Chili nie wedstryde teen nie Suid Amerikaanse spanne gespeel nie Chili het tydens die dekade meestal as tweede of derde span in Suid Amerika geeindig nadat hulle gewoonlik Brasilie en die opkomende Paraguay kon klop en met Uruguay om die tweede plek gewedywer het Gedurende die 1980 s het die voormalige Franse afrigter Jean Pierre Juanchich die leisels van Chileense rugby oorgeneem en die span na n beter vertoning geneem In 1989 is n nuwe beheerliggaam vir rugby in Suid Amerika CONSUR opgerig 1990 s 2000 s Wysig n Chileense rugbytrui in 2008 In 1991 het Chili amptelik by die Internasionale Rugbyraad aangesluit waarvolgens die land formeel aan Rugbywereldbekerkwalifiserings kon deelneem In 1993 het Chili aan sy eerste Rugbywereldbekerkwalifisering vir die Rugbywereldbeker 1995 deelgeneem Chili het egter al sy wedstryde teen Argentinie Paraguay en Uruguay verloor en laaste in hul groep geeindig In 1995 het Chili teen Spanje gespeel en met 28 23 gewen Die Rugbywereldbeker 1999 kwalifisering was meer suksesvol Chili kon die groep met Bermuda en Trinidad en Tobago maklik wen Hulle is egter 14 20 deur Uruguay verslaan en het dus die uitspeelwedstryd misgeloop waardeur hulle nie meer vir die toernooi in Suid Afrika kon kwalifiseer nie In 2000 was Chili met twee punte naby om Argentinie te verslaan Die beter vertoning is in die vroee 2000 s voortgesit en Chili kon maklik met Brasilie tydens die Rugbywereldbeker 2003 kwalifisering afreken In die laaste rondte bestaande uit Kanada Uruguay en die VSA kon Chili sy eerste tuiswedstryd teen Uruguay wen maar hulle is in die volgende twee wedstryde deur die VSA en Kanada verslaan Later kon Chili die VSA egter verras en die Arende met 21 13 in Santiago de Chile verslaan Ondanks hul beter vertoning het Chili die twee volgende wedstryde verloor en hul veldtog met twee oorwinnings en vier nederlae beeindig Weens minder gedrukte driee het Chili laaste geeindig en die uitspeelwedstryd weer net net misgeloop Die Rugbywereldbeker 2007 kwalifisering het op n soortgelyke manier verloop nadat Chili in die eerste rondte beide Paraguay en Brasilie kon verslaan maar in die tweede rondte teen Argentinie en Uruguay verloor het Chili het dus weer die uitspeelwedstryd net net misgeloop 2010 hede Wysig Chili teen Uruguay tydens die Suid Amerikaanse Rugbykampioenskap in 2016 Die Estadio Municipal de La Pintana in Santiago de Chile tuiste van Chileense rugby Die Rugbywereldbeker 2011 kwalifisering was van n kort duur nadat Chili in rondte 3A van die nuwe formaat geloot is Chili kon weer Brasilie verslaan maar is deur Uruguay geklop waardeur Chili die uitspeelwedstryd weereens misgeloop het In 2010 kon Chili die nuwe dekade amper met n verassing afskop nadat hulle op die punt was om die eilandstaat Tonga te verslaan maar hulle verloor met 32 30 Die volgende jaar kon Chili Uruguay vir die eerste keer in nege jaar met 21 18 verslaan en eindig tweede in die Suid Amerikaanse Rugbykampioenskap Die dekade is deur onbestendige resultate gekenmerk In 2013 het Chili die Rugbywereldbeker 2015 kwalifisering met n oorwinning oor Brasilie afgeskop maar weereens teen Uruguay verloor met dieselfde uitkoms as by al die vorige veldtogte sedert 1999 In 2014 het Chili sy laagtepunt beleef tydens die Suid Amerikaanse Rugbykampioenskap in 2014 het hulle laaste geeindig nadat hulle vir die eerste keer deur Brasilie verslaan is verwysing benodig Chili het tydens die nuwe 2014 CONSUR beker n nuwe kompetisie tussen Argentinie en die twee naasbeste spanne van Suid Amerika die houtlepel gewen Die volgende jaar kon Chili egter herstel en die Suid Amerikaanse Rugbykampioenskap vir die eerste keer wen nadat hulle beide Brasilie en Paraguay verslaan het en Uruguay tuis 30 15 kon klop In 2016 het Chili aan die eerste Amerikaanse Rugbykampioenskap in sy huidige formaat deelgeneem Chili kon n tuisoorwinning oor Brasilie aanteken voordat hulle in n taai wedstryd teen Argentinie in die laaste 20 minuut agteruitgegaan het en met 52 15 verslaan is Die VSA kon 64 0 met Chili in Fort Lauderdale afreken en in die volgende wedstryd is Chili net net 20 23 deur Uruguay geklop Chili het hul laaste wedstryd tuis teen Kanada met 64 13 verloor en sodoende laaste in die toernooi geeindig Tydens die Amerikaanse Rugbykampioenskap in 2017 is Chili in al vyf wedstryde verslaan en kon net vier driee in die toernooi druk In die 2017 Nasiesbeker kon Chili Kenia verslaan maar is deur beide Rusland en Hongkong geklop Tydens die Rugbywereldbeker 2019 kwalifisering kon Chili Paraguay 68 7 klop maar hulle speel gelykop teen Brasilie 20 20 en is in die volgende wedstryd deur Uruguay verslaan 39 14 Vervolgens het Chili tot die tweede rondte gevorder waar hulle Paraguay en Brasilie kon klop maar weer deur Uruguay verslaan is Hulle kon sodoende nie tot die toernooi in Japan vorder nie Rekords WysigAlgehele rekord Wysig Chili het teen 29 Desember 2019 82 van hulle 203 toetswedstryde gewen n wenrekord van 40 39 7 Chili se toetsrekord teen alle lande Korrek op 29 Desember 2019 7 Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop Gewen Argentinie 45 0 45 0 0 Argentinie XV 4 0 4 0 0 Argentinie Jaguars 1 0 1 0 0 Bermuda 1 1 0 0 100 Brasilie 29 21 6 2 75 86 Duitsland 1 1 0 0 100 Fidji 1 0 1 0 0 Frankryk Amateur 1 0 1 0 0 Frankryk XV 1 0 1 0 0 Georgie 2 1 1 0 50 Hongkong 1 0 1 0 0 Kanada 6 0 6 0 0 Kenia 1 1 0 0 100 Korea 2 1 1 0 50 Maori All Blacks 1 0 1 0 0 Paraguay 29 28 1 0 96 55 Peru 2 2 0 0 100 Portugal 4 0 4 0 0 Roemenie 1 0 1 0 0 Rusland 1 0 1 0 0 Spanje 6 2 4 0 33 33 Tonga 1 0 1 0 0 Trinidad en Tobago 1 1 0 0 100 Uruguay 55 13 41 1 24 54 Venezuela 1 1 0 0 100 Verenigde State 6 1 5 0 16 67Totaal 203 82 118 3 40 39Wereldbekerrekord Wysig Jaar Uitslag1987 Nie genooi nie1991 Nie gekwalifiseer nie1995 Nie gekwalifiseer nie1999 Nie gekwalifiseer nie2003 Nie gekwalifiseer nie2007 Nie gekwalifiseer nie2011 Nie gekwalifiseer nie2015 Nie gekwalifiseer nie2019 Nie gekwalifiseer nie2023 N v t Verwysings Wysig en Most matches ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020 Besoek op 29 Desember 2019 en Most points ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020 Besoek op 29 Desember 2019 en Most tries ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020 Besoek op 29 Desember 2019 en World Rugby Rankings Wereldrugby Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020 Besoek op 29 Desember 2019 en Bath Richard 1997 The Complete Book of Rugby Seven Oaks Ltd p 65 ISBN 1 86200 013 1 en Collins Tony 1 September 2015 The Oval World A Global History of Rugby Eerste uitg Bloomsbury Publishing ISBN 978 1 4088 4370 3 Besoek op 29 Desember 2019 7 0 7 1 en International Rugby Union Statistics Chili ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016 Besoek op 29 Desember 2019 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Chileense nasionale rugbyspan es Amptelike webwerf van die Federacion de Rugby de ChileOntsluit van https af wikipedia org w index php title Chileense nasionale rugbyspan amp ol,