×
Charles Robberts Swart

Charles Robberts Swart (Winburg, 5 Desember 189416 Julie 1982) was die laaste goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika van 1960 tot 1961, en die eerste staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika, van 1961 tot 1967.

Charles Robberts Swart


Ampstermyn
31 Mei 19611 Junie 1967
Eerste minister Hendrik Verwoerd
John Vorster
Voorafgegaan deur Elizabeth II
as monarg van Suid-Afrika
Opgevolg deur Tom Naudé

Ampstermyn
11 Desember 195930 April 1961
Monarg Elizabeth II
Eerste minister Hendrik Verwoerd
Voorafgegaan deur Lucas Cornelius Steyn (wnd.)
Opgevolg deur Lucas Cornelius Steyn (wnd.)

3de Leier van die Volksraad
Ampstermyn
1955 – 1959
Voorafgegaan deur Klasie Havenga
Opgevolg deur Paul Sauer

Persoonlike besonderhede
Gebore 5 Desember 1894
Winburg, Oranje-Vrystaat
Sterf 16 Julie 1982 (op 87)
Bloemfontein, Oranje-Vrystaat-provinsie, Suid-Afrika
Politieke party Nasionale Party
Eggenoot/-note Cornelia de Klerk
Kind(ers) 3
Alma mater Universiteit van die Vrystaat
Columbia Universiteit
Religie Nederduitse Gereformeerde Kerk
Handtekening

Inhoud

C.R. Swart is gebore op die plaas Morgenzon in die distrik Winburg in die Republiek van die Oranje-Vrystaat. Hy was die seun van Hermanus Bernardus Swart en Aletta Catharina Swart (née Robberts). Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) is Swart se vader gevange geneem en is die jong seun saam met sy moeder en die ander kinders op die plaas in die konsentrasiekamp by Winburg aangehou tot die einde van die oorlog.

Swart was 'n skrander kind en het op dertienjarige ouderdom in Winburg gematrikuleer. Toe hy vyftien was, is hy as magistraatsklerk op Winburg aangestel, nadat hy as te jonk vir toelating tot 'n universiteit gereken is.

Die 19 "Gesuiwerde" Nasionaliste wat in 1934 in die party gebly en nie met die Suid-Afrikaanse Party saamgesmelt het om die Verenigde Party te vorm nie. Agter van links na regs: S.P. le Roux, R.A.T. van der Merwe, F.C. Erasmus, P.J.H. Luttig, J.J. Haywood. Tweede ry van agter: L.J. Vosloo, dr. N.J. van der Merwe, ds. D.F. Malan, adv. J.H.H. de Waal, A.L. Badenhorst. Derde ry: P.O. Sauer, dr. Karl Bremer, adv. J.G. Strijdom, ds. C.W.M. du Toit. Voorste ry: J.F. van G. Bekker, adv. C.R. Swart, W.B. de Villiers, C.H. Geldenhuys, G.P. Steyn.

In 1910 het hy aan die Grey-universiteitskollege (later die Universiteit van die Oranje-Vrystaat) ingeskryf waar hy in 1912 'n B.A.-graad behaal het. Ná sy aanvanklike studie het hy van 1914 tot 1915 onderwys gegee op Ficksburg. Tydens die 1914-rebellie is hy in hegtenis geneem en het hy twee keer voor die militêre raad verskyn op 'n aanklag van spioenasie en dat hy van plan was om aan te sluit by die rebelle. Hy is later vrygelaat en toegelaat om aan te hou onderwys gee, maar is onder huisarres geplaas.

Van 1915 tot 1918 het Swart sy studie in die regte voortgesit en in 1918 'n LL.B. behaal terwyl hy ook as sekretaris van die eksamenraad van die Oranje-Vrystaat opgetree het. In 1918 het hy 'n regsassistent vir die Bloemfonteinse munisipaliteit geword. Van 1919 tot 1948 het hy as advokaat in die Hooggeregshof in Bloemfontein gewerk terwyl hy 'n deeltydse dosent in die regte aan die Grey-universiteitskollege en in landboureg aan die Glen-landboukollege (1918–1921) buite die stad was.

Van 1921 tot 1922 het hy aan die Columbia-universiteit in die VSA vir 'n diploma in joernalistiek studeer. Tydens sy verblyf in die VSA het hy 'n boheemse lewe gelei en onder meer op parkbankies geslaap, op straathoeke gesing om geld te verdien en selfs in 'n rolprent opgetree. In 1921 het hy Die Burger by die Wêreldontwapeningskongres in Washington verteenwoordig waarna hy 'n studietoer van die VSA, die Verenigde Koninkryk, Nederland en België onderneem het.

Die Suid-Afrikaanse kabinet in 1958. Voor: dr. Eben Dönges, Paul Sauer, dr. Hendrik Verwoerd, dr. E.G. Jansen, adv. C.R. Swart, adv. Eric Louw. Agter: J.J. Serfontein, M.D.C. de Wet, dr. A.J.R. van Rhijn, sen. Jan de Klerk, Ben Schoeman, P.K. le Roux, adv. F.C. Erasmus en Tom Naudé.

As 'n stoere republikein was hy lid van die Nasionale Party (NP) sedert die stigting daarvan in 1914. In 1919 het hy hoofsekretaris van die party in die Vrystaat geword en in 1920 staan hy vir die party in Bloemfontein-Wes in die provinsiale verkiesing. In 1923 wen hy die kiesafdeling Ladybrand vir die Nasionale Party en verteenwoordig dié setel vir die volgende vyftien jaar. In die Unie-Volksraad word hy hoofsweep van die Nasionale Party. Hy verloor sy setel in die 1938-verkiesing.

Ná die samesmelting van die NP onder J.B.M. Hertzog met die Suid-Afrikaanse Party (SAP) onder Jan Smuts, sluit hy in Desember 1934 by die Gesuiwerde Nasionale Party (GNP) van dr. D.F. Malan aan. In 1935 word hy tot die Federale Raad van die GNP verkies en tot hoofsweep van die Vrystaat. Swart was, soos die meeste van sy partygenote, lid van die Afrikaner-Broederbond (AB). Swart het ook lid van die Ossewabrandwag (OB) geword kort ná die stigting daarvan in Februarie 1939. Swart bedank egter later weens die OB se reaksionêre beleid en antiparlementarisme.

Swart was betrokke by die samesprekings met Hertzog na dié se breuk met Smuts in 1939 oor die neutraliteitsvraagstuk tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die samesprekinge het gelei tot die vorming van die Herenigde Nasionale Party, wat later as die Nasionale Party sou bekendstaan.

Hy is as minister van justisie aangestel toe die NP in 1948 aan bewind kom en was in dié rol verantwoordelik vir wetgewing wat die magte van die Suid-Afrikaanse Polisie versterk het om anti-apartheidsaktiwiteite te onderdruk.

Swart is in 1960 as goewerneur-generaal aangestel. Soos sy voorganger, dr. E.G. Jansen, het hy geweier om die eed van trou aan Koningin Elizabeth II af te lê of die seremoniële uniform van die amp te dra. In 'n referendum later daardie jaar onder die wit minderheidkiesers is 'n regeringsvoorstel aanvaar om 'n republiek te stig. In 1961, ná die ondertekening van die nuwe republikeinse Grondwet wat deur die parlement aanvaar is, het hy die Britse koningin gevra om hom van sy pos te onthef en het die parlement hom tot staatspresident verkies, die nuwe pos wat die Britse monarg en die goewerneur-generaal as seremoniële staatshoof vervang het.

Hoewel hy tot 'n sewe-jaar-termyn verkies is, het Swart slegs ses jaar gedien toe hy in 1967 aftree. Hy is in 1982 oorlede. Swart was algemeen bekend as "Blackie", van die Engelse woord vir swart.

  1. (en)
  2. (en)
  3. (en)
  4. (en) , besoek op 31 Maart 2007
Voorafgegaan deur
Lucas Cornelius Steyn (wnd.)
Goewerneur-generaal van Suid-Afrika
1959–1961
Opgevolg deur
Lucas Cornelius Steyn (wnd.)
Voorafgegaan deur
Nuwe amp
Staatspresident van Suid-Afrika
1961–1967
Opgevolg deur
Tom Naudé (wnd.)

Publikasie datum: Augustus 09, 2021

charles, robberts, swart, winburg, desember, 1894, julie, 1982, laaste, goewerneur, generaal, unie, suid, afrika, 1960, 1961, eerste, staatspresident, republiek, suid, afrika, 1961, 1967, 1ste, staatspresident, suid, afrikaampstermyn, 1961, junie, 1967eerste, . Charles Robberts Swart Winburg 5 Desember 1894 16 Julie 1982 4 was die laaste goewerneur generaal van die Unie van Suid Afrika van 1960 tot 1961 en die eerste staatspresident van die Republiek van Suid Afrika van 1961 tot 1967 Charles Robberts Swart1ste Staatspresident van Suid AfrikaAmpstermyn 31 Mei 1961 1 Junie 1967Eerste minister Hendrik Verwoerd John VorsterVoorafgegaan deur Elizabeth II as monarg van Suid AfrikaOpgevolg deur Tom Naude9de Goewerneur generaal van Suid AfrikaAmpstermyn 11 Desember 1959 30 April 1961Monarg Elizabeth IIEerste minister Hendrik VerwoerdVoorafgegaan deur Lucas Cornelius Steyn wnd Opgevolg deur Lucas Cornelius Steyn wnd 3de Leier van die VolksraadAmpstermyn 1955 1959Voorafgegaan deur Klasie HavengaOpgevolg deur Paul SauerPersoonlike besonderhedeGebore 5 Desember 1894 1 Winburg Oranje VrystaatSterf 16 Julie 1982 op 87 Bloemfontein Oranje Vrystaat provinsie Suid Afrika 2 3 Politieke party Nasionale PartyEggenoot note Cornelia de KlerkKind ers 3Alma mater Universiteit van die Vrystaat Columbia UniversiteitReligie Nederduitse Gereformeerde KerkHandtekening Inhoud 1 Kinderjare 2 Studie en loopbaan in die onderwys en regte 3 Politieke loopbaan 4 VerwysingsKinderjare WysigC R Swart is gebore op die plaas Morgenzon in die distrik Winburg in die Republiek van die Oranje Vrystaat Hy was die seun van Hermanus Bernardus Swart en Aletta Catharina Swart nee Robberts Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog 1899 1902 is Swart se vader gevange geneem en is die jong seun saam met sy moeder en die ander kinders op die plaas in die konsentrasiekamp by Winburg aangehou tot die einde van die oorlog 4 Swart was n skrander kind en het op dertienjarige ouderdom in Winburg gematrikuleer Toe hy vyftien was is hy as magistraatsklerk op Winburg aangestel nadat hy as te jonk vir toelating tot n universiteit gereken is Studie en loopbaan in die onderwys en regte Wysig Die 19 Gesuiwerde Nasionaliste wat in 1934 in die party gebly en nie met die Suid Afrikaanse Party saamgesmelt het om die Verenigde Party te vorm nie Agter van links na regs S P le Roux R A T van der Merwe F C Erasmus P J H Luttig J J Haywood Tweede ry van agter L J Vosloo dr N J van der Merwe ds D F Malan adv J H H de Waal A L Badenhorst Derde ry P O Sauer dr Karl Bremer adv J G Strijdom ds C W M du Toit Voorste ry J F van G Bekker adv C R Swart W B de Villiers C H Geldenhuys G P Steyn In 1910 het hy aan die Grey universiteitskollege later die Universiteit van die Oranje Vrystaat ingeskryf waar hy in 1912 n B A graad behaal het Na sy aanvanklike studie het hy van 1914 tot 1915 onderwys gegee op Ficksburg Tydens die 1914 rebellie is hy in hegtenis geneem en het hy twee keer voor die militere raad verskyn op n aanklag van spioenasie en dat hy van plan was om aan te sluit by die rebelle Hy is later vrygelaat en toegelaat om aan te hou onderwys gee maar is onder huisarres geplaas 4 Van 1915 tot 1918 het Swart sy studie in die regte voortgesit en in 1918 n LL B behaal terwyl hy ook as sekretaris van die eksamenraad van die Oranje Vrystaat opgetree het In 1918 het hy n regsassistent vir die Bloemfonteinse munisipaliteit geword Van 1919 tot 1948 het hy as advokaat in die Hooggeregshof in Bloemfontein gewerk terwyl hy n deeltydse dosent in die regte aan die Grey universiteitskollege en in landboureg aan die Glen landboukollege 1918 1921 buite die stad was 4 Van 1921 tot 1922 het hy aan die Columbia universiteit in die VSA vir n diploma in joernalistiek studeer Tydens sy verblyf in die VSA het hy n boheemse lewe gelei en onder meer op parkbankies geslaap op straathoeke gesing om geld te verdien en selfs in n rolprent opgetree In 1921 het hy Die Burger by die Wereldontwapeningskongres in Washington verteenwoordig waarna hy n studietoer van die VSA die Verenigde Koninkryk Nederland en Belgie onderneem het 4 Politieke loopbaan Wysig Die Suid Afrikaanse kabinet in 1958 Voor dr Eben Donges Paul Sauer dr Hendrik Verwoerd dr E G Jansen adv C R Swart adv Eric Louw Agter J J Serfontein M D C de Wet dr A J R van Rhijn sen Jan de Klerk Ben Schoeman P K le Roux adv F C Erasmus en Tom Naude As n stoere republikein was hy lid van die Nasionale Party NP sedert die stigting daarvan in 1914 In 1919 het hy hoofsekretaris van die party in die Vrystaat geword en in 1920 staan hy vir die party in Bloemfontein Wes in die provinsiale verkiesing In 1923 wen hy die kiesafdeling Ladybrand vir die Nasionale Party en verteenwoordig die setel vir die volgende vyftien jaar In die Unie Volksraad word hy hoofsweep van die Nasionale Party Hy verloor sy setel in die 1938 verkiesing Na die samesmelting van die NP onder J B M Hertzog met die Suid Afrikaanse Party SAP onder Jan Smuts sluit hy in Desember 1934 by die Gesuiwerde Nasionale Party GNP van dr D F Malan aan In 1935 word hy tot die Federale Raad van die GNP verkies en tot hoofsweep van die Vrystaat Swart was soos die meeste van sy partygenote lid van die Afrikaner Broederbond AB Swart het ook lid van die Ossewabrandwag OB geword kort na die stigting daarvan in Februarie 1939 Swart bedank egter later weens die OB se reaksionere beleid en antiparlementarisme Swart was betrokke by die samesprekings met Hertzog na die se breuk met Smuts in 1939 oor die neutraliteitsvraagstuk tydens die Tweede Wereldoorlog Die samesprekinge het gelei tot die vorming van die Herenigde Nasionale Party wat later as die Nasionale Party sou bekendstaan Hy is as minister van justisie aangestel toe die NP in 1948 aan bewind kom en was in die rol verantwoordelik vir wetgewing wat die magte van die Suid Afrikaanse Polisie versterk het om anti apartheidsaktiwiteite te onderdruk Swart is in 1960 as goewerneur generaal aangestel Soos sy voorganger dr E G Jansen het hy geweier om die eed van trou aan Koningin Elizabeth II af te le of die seremoniele uniform van die amp te dra In n referendum later daardie jaar onder die wit minderheidkiesers is n regeringsvoorstel aanvaar om n republiek te stig In 1961 na die ondertekening van die nuwe republikeinse Grondwet wat deur die parlement aanvaar is het hy die Britse koningin gevra om hom van sy pos te onthef en het die parlement hom tot staatspresident verkies die nuwe pos wat die Britse monarg en die goewerneur generaal as seremoniele staatshoof vervang het Hoewel hy tot n sewe jaar termyn verkies is het Swart slegs ses jaar gedien toe hy in 1967 aftree Hy is in 1982 oorlede Swart was algemeen bekend as Blackie van die Engelse woord vir swart Verwysings WysigWikimedia Commons bevat media in verband met C R Swart en Charles Robberts Blackie Swart first state president of South Africa is born This day in history South African History Online en Obituary Charles Swart ex South African leader Lakeland Ledger 17 Jul 1982 en Former State President C R Swart dies This day in history South African History Online 4 0 4 1 4 2 4 3 4 4 en SA History Charles Robberts Blackie Swart 1894 1982 besoek op 31 Maart 2007 Voorafgegaan deur Lucas Cornelius Steyn wnd Goewerneur generaal van Suid Afrika 1959 1961 Opgevolg deur Lucas Cornelius Steyn wnd Voorafgegaan deur Nuwe amp Staatspresident van Suid Afrika 1961 1967 Opgevolg deur Tom Naude wnd Presidente van Suid Afrika 1961 1994 seremonieel Charles Robberts Swart Jozua Francois Naude waarnemend Jacobus Johannes Fouche Nicolaas Johannes Diederichs Marais Viljoen waarnemend John Vorster Marais Viljoen uitvoerend Pieter Willem Botha Frederik Willem de Klerk 1994 Nelson Mandela Thabo Mbeki Kgalema Motlanthe Jacob Zuma Cyril Ramaphosa Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Charles Robberts Swart amp ol,