×
Charles Messier

Charles Messier (26 Junie 1730 – 12 April 1817) was ’n Franse sterrekundige wat veral bekend is vir sy astronomiese katalogus van voorwerpe soos newels en sterreswerms wat bekend is as die 110 "Messier-voorwerpe". Die doel van die katalogus was om ruimtewaarnemers, veral komeetjagters soos hyself, te help onderskei tussen komete en voorwerpe wat soos komete lyk, maar dit nie is nie.

Charles Messier
Gebore26 Junie 1730
Badonviller, Lotharinge, Frankryk
Sterf12 April 1817
NasionaliteitFrankryk
BeroepSterrekundige
Bekend virMessier se katalogus

Inhoud

Messier se graf in Père Lachaise, Afdeling 11

Messier is in Badonviller in die streek Lotharinge in Frankryk gebore as die tiende van twaalf kinders. Sy belangstelling in die sterrekunde is gewek deur die verskyning van die skouspelagtige C/1743 X1-komeet met ses sterte in 1744, asook deur ’n sonsverduistering op 25 Julie 1748 wat van sy tuisdorp sigbaar was.

In 1751 het hy gaan werk by die sterrekundige Joseph Nicolas Delisle, wat hom opdrag gegee het om streng aantekeninge van sy waarnemings te maak. In 1764 het hy ’n fellow van die Britse Royal Society geword, in 1769 is hy gekies as ’n buitelandse lid van die Sweedse Wetenskapakademie en op 30 Junie 1770 is hy verkies tot die Franse Wetenskapakademie.

Messier het 13 komete ontdek:

  • C/1760 B1 (Messier)
  • C/1763 S1 (Messier)
  • C/1764 A1 (Messier)
  • C/1766 E1 (Messier)
  • C/1769 P1 (Messier)
  • D/1770 L1 (Lexell)
  • C/1771 G1 (Messier)
  • C/1773 T1 (Messier)
  • C/1780 U2 (Messier)
  • C/1788 W1 (Messier)
  • C/1793 S2 (Messier)
  • C/1798 G1 (Messier)
  • C/1785 A1 (Messier-Méchain)
Gedenkplaat in sy tuisdorp, Badonviller

Die eerste uitgawe van Messier se katalogus het 45 voorwerpe gelys en is in 1774 gepubliseer in die tydskrif van die Franse Wetenskapakademie in Parys. Die laaste weergawe het in 1781 verskyn, in Connoissance des Temps. Die lys het eindelik tot 103 voorwerpe gegroei.

Op verskeie geleenthede tussen 1921 en 1966 het sterrekundiges en historici bewyse ontdek van ander voorwerpe wat óf Messier óf sy vriend en assistent Pierre Méchain waargeneem het kort ná die verskyning van die laaste uitgawe. Hierdie sewe voorwerpe, van M104 tot M110, word deur sterrekundiges aanvaar as "amptelike" Messier-voorwerpe.

Die Messier-name word steeds gebruik vir dié voorwerpe. Omdat hulle met behulp van ’n relatief klein teleskoop gesien kan word, bevat die katalogus van die helderste en dus mooiste ruimtevoorwerpe in die noordelike hemelruim wat van die Aarde af gesien kan word en is hulle van die gewildste voorwerpe onder amateur-ruimtewaarnemers om te besigtig en te fotografeer.

Die krater Messier op die maan en die asteroïde 7359 Messier is na hom genoem.

  1. . Geargiveer vanaf op 16 Julie 2008. Besoek op16 Julie 2008.
  2. Charles Messier, 1781. Catalogue des Nébuleuses & des amas d'Étoiles. Connoissance des Temps for 1784 (1781), pp. 227–267 [Bibcode: 1781CdT..1784..227M].
    . Oorspronklike Messier-katalogus van 1781. Geargiveer vanaf op 29 June 2012. Besoek op10 November 2007.
  3. Schmadel, Lutz D.; International Astronomical Union (2003). . Berlin; New York: Springer-Verlag. pp. 592–593. ISBN 978-3-540-00238-3. Besoek op9 September 2011.
  • O'Meara, Stephen James (1998). Deep Sky Companions: The Messier Objects. Cambridge University Press.
  • 19 Julie 2004 op Wayback Machine Biografie by Students for the Exploration and Development of Space. URL besoek in Julie 2007
  • 13 Februarie 2007 op Wayback Machine deur Jon Zander by OurDarkSkies.com. URL besoek in Julie 2007
  • 8 Februarie 2012 op Wayback Machine Prof. Mark Brake en Martin Griffiths, Astrobiology Magazine European Edition, Lente 2007. URL besoek in Julie 2007

Publikasie datum: September 26, 2021

charles, messier, junie, 1730, april, 1817, franse, sterrekundige, veral, bekend, astronomiese, katalogus, voorwerpe, soos, newels, sterreswerms, bekend, messier, voorwerpe, doel, katalogus, ruimtewaarnemers, veral, komeetjagters, soos, hyself, help, onderskei. Charles Messier 26 Junie 1730 12 April 1817 was n Franse sterrekundige wat veral bekend is vir sy astronomiese katalogus van voorwerpe soos newels en sterreswerms wat bekend is as die 110 Messier voorwerpe Die doel van die katalogus was om ruimtewaarnemers veral komeetjagters soos hyself te help onderskei tussen komete en voorwerpe wat soos komete lyk maar dit nie is nie Charles MessierGebore26 Junie 1730 Badonviller Lotharinge FrankrykSterf12 April 1817 Parys FrankrykNasionaliteitFrankrykBeroepSterrekundigeBekend virMessier se katalogus Inhoud 1 Biografie 2 Sy katalogus 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsBiografie Wysig Messier se graf in Pere Lachaise Afdeling 11 Messier is in Badonviller in die streek Lotharinge in Frankryk gebore as die tiende van twaalf kinders Sy belangstelling in die sterrekunde is gewek deur die verskyning van die skouspelagtige C 1743 X1 komeet met ses sterte in 1744 asook deur n sonsverduistering op 25 Julie 1748 wat van sy tuisdorp sigbaar was In 1751 het hy gaan werk by die sterrekundige Joseph Nicolas Delisle wat hom opdrag gegee het om streng aantekeninge van sy waarnemings te maak In 1764 het hy n fellow van die Britse Royal Society geword in 1769 is hy gekies as n buitelandse lid van die Sweedse Wetenskapakademie en op 30 Junie 1770 is hy verkies tot die Franse Wetenskapakademie Messier het 13 komete ontdek 1 C 1760 B1 Messier C 1763 S1 Messier C 1764 A1 Messier C 1766 E1 Messier C 1769 P1 Messier D 1770 L1 Lexell C 1771 G1 Messier C 1773 T1 Messier C 1780 U2 Messier C 1788 W1 Messier C 1793 S2 Messier C 1798 G1 Messier C 1785 A1 Messier Mechain Sy katalogus Wysig Gedenkplaat in sy tuisdorp Badonviller Die eerste uitgawe van Messier se katalogus het 45 voorwerpe gelys en is in 1774 gepubliseer in die tydskrif van die Franse Wetenskapakademie in Parys Die laaste weergawe het in 1781 verskyn in Connoissance des Temps 2 Die lys het eindelik tot 103 voorwerpe gegroei Op verskeie geleenthede tussen 1921 en 1966 het sterrekundiges en historici bewyse ontdek van ander voorwerpe wat of Messier of sy vriend en assistent Pierre Mechain waargeneem het kort na die verskyning van die laaste uitgawe Hierdie sewe voorwerpe van M104 tot M110 word deur sterrekundiges aanvaar as amptelike Messier voorwerpe Die Messier name word steeds gebruik vir die voorwerpe Omdat hulle met behulp van n relatief klein teleskoop gesien kan word bevat die katalogus van die helderste en dus mooiste ruimtevoorwerpe in die noordelike hemelruim wat van die Aarde af gesien kan word en is hulle van die gewildste voorwerpe onder amateur ruimtewaarnemers om te besigtig en te fotografeer Die krater Messier op die maan en die asteroide 7359 Messier is na hom genoem 3 Verwysings Wysig Maik Meyer Katalogus van Komeetontdekkings Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2008 Besoek op 16 Julie 2008 Charles Messier 1781 Catalogue des Nebuleuses amp des amas d Etoiles Connoissance des Temps for 1784 1781 pp 227 267 Bibcode 1781CdT 1784 227M Oorspronklike Messier katalogus van 1781 Oorspronklike Messier katalogus van 1781 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 June 2012 Besoek op 10 November 2007 Schmadel Lutz D International Astronomical Union 2003 Dictionary of minor planet names Berlin New York Springer Verlag pp 592 593 ISBN 978 3 540 00238 3 Besoek op 9 September 2011 O Meara Stephen James 1998 Deep Sky Companions The Messier Objects Cambridge University Press Charles Messier Geargiveer 19 Julie 2004 op Wayback Machine Biografie by Students for the Exploration and Development of Space URL besoek in Julie 2007 Kort biografie en geskiedenis Geargiveer 13 Februarie 2007 op Wayback Machine deur Jon Zander by OurDarkSkies com URL besoek in Julie 2007 Life of a Comet Hunter Messier and Astrobiology Geargiveer 8 Februarie 2012 op Wayback Machine Prof Mark Brake en Martin Griffiths Astrobiology Magazine European Edition Lente 2007 URL besoek in Julie 2007Eksterne skakels WysigAmateurfoto s van Messier voorwerpe Geargiveer 28 Julie 2012 op Wayback Machine Biografie Messier webtuiste Messier marathons Geargiveer 2 September 2011 op Wayback Machine Tabel van Messier voorwerpe Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Charles Messier amp ol,