fbpx
Wikipedia

Ewehoewiges

Ewehoewiges (Cetartiodactyla) is 'n orde van soogdiere. Hulle word gekenmerk deur 'n ewe aantal (2 of 4) tone, indien hulle steeds tone het. As voorbeeld het kameelagtiges en kameelperdagtiges 2 tone, terwyl die seekoeie 4 tone het. Aan die twee middelste tone is hoewe. Die twee buitenste tone is onderontwikkeld of afwesig.

Ewehoewiges
gelyktonige hoefdiere
Tydperk: 54–0 m. jaar gelede Vroeë Eoseen - Onlangs
Die regter voorpoot van verskeie spesies Artiodactyla: Van links na regs: 'n vark (Sus scrofa), edelhert (Cervus elaphus) en 'n kameel (Camelus bactrianus)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Cetartiodactyla
Subordes

Uitbreiding met die walvisse

Traditioneel is die ewehoewiges wat op die land leef as 'n eie orde Artiodactyla en die walvisse en dolfyne as 'n eie orde Cetacea beskou. Genetiese navorsing[1] het egter in 1997 getoon dat die seekoeie nouer aan die walvisagtiges as aan die ander ewehoewiges verwant is. Saam met die seekoeie is hulle nouer aan byvoorbeeld die wildsbokke verwant as die varke of die kamele. Dit het verreikende gevolge vir die taksonomiese indeling, omdat die begrip Artiodactyla daarmee parafileties word. Met ander woorde dit bevat nie alle nasate van 'n gemeenskaplike voorsaat nie. As gevolg hiervan is 'n nuwe orde (Cetartiodactyla) in die lewe geroep wat ook die walvisse as tak van hierdie orde insluit, hoewel hierdie diere geen tone of hoewe meer het nie. [2]

Moderne taksonomiese indeling

Die orde van ewehoewiges word in die volgende subordes en families verdeel:

Verwysings

  1. Montgelard, Catzefis en Douzery 1997
  2. Mammals of Africa, Volumes 1-6 Jonathan Kingdon, David Happold, Thomas Butynski, Michael Hoffmann, Meredith Happold, Jan Kalina, A&C Black, 2013, ISBN 1408189968, ISBN 9781408189962bls. 22

Ewehoewiges
ewehoewiges, cetartiodactyla, orde, soogdiere, hulle, word, gekenmerk, deur, aantal, tone, indien, hulle, steeds, tone, voorbeeld, kameelagtiges, kameelperdagtiges, tone, terwyl, seekoeie, tone, twee, middelste, tone, hoewe, twee, buitenste, tone, onderontwikk. Ewehoewiges Cetartiodactyla is n orde van soogdiere Hulle word gekenmerk deur n ewe aantal 2 of 4 tone indien hulle steeds tone het As voorbeeld het kameelagtiges en kameelperdagtiges 2 tone terwyl die seekoeie 4 tone het Aan die twee middelste tone is hoewe Die twee buitenste tone is onderontwikkeld of afwesig Ewehoewigesgelyktonige hoefdiereTydperk 54 0 m jaar gelede Ps Es Os Ms Pl Ps Vroee Eoseen OnlangsDie regter voorpoot van verskeie spesies Artiodactyla Van links na regs n vark Sus scrofa edelhert Cervus elaphus en n kameel Camelus bactrianus Wetenskaplike klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ChordataKlas MammaliaInfraklas EutheriaSuperorde LaurasiatheriaOrde CetartiodactylaSubordesTylopoda Suina CetruminantiaUitbreiding met die walvisse WysigTraditioneel is die ewehoewiges wat op die land leef as n eie orde Artiodactyla en die walvisse en dolfyne as n eie orde Cetacea beskou Genetiese navorsing 1 het egter in 1997 getoon dat die seekoeie nouer aan die walvisagtiges as aan die ander ewehoewiges verwant is Saam met die seekoeie is hulle nouer aan byvoorbeeld die wildsbokke verwant as die varke of die kamele Dit het verreikende gevolge vir die taksonomiese indeling omdat die begrip Artiodactyla daarmee parafileties word Met ander woorde dit bevat nie alle nasate van n gemeenskaplike voorsaat nie As gevolg hiervan is n nuwe orde Cetartiodactyla in die lewe geroep wat ook die walvisse as tak van hierdie orde insluit hoewel hierdie diere geen tone of hoewe meer het nie 2 Moderne taksonomiese indeling WysigDie orde van ewehoewiges word in die volgende subordes en families verdeel Orde Cetartiodactyla Suborde Tylopoda Eeltpotiges Familie Camelidae Kameelagtiges Suborde Suina varkagtiges Familie Suidae varke Familie Tayassuidae pekari s Suborde Cetruminantia herkouers en walvisagtiges Klade Cetancodontamorpha Klade Cetacea walvisagtiges Familie Hippopotamidae seekoeie Klade Ruminantia herkouers Infraorde Tragulina Familie Tragulidae dwergherte Infraorde Pecora gehoringde herkouers Familie Antilocapridae gaffelantilope Familie Bovidae horingdraers beesagtiges wildsbokke bokke skape en verwantes Familie Cervidae hertagtiges Familie Giraffidae kameelperd en okapi Familie Moschidae muskusherte Verwysings Wysig Montgelard Catzefis en Douzery 1997 Mammals of Africa Volumes 1 6 Jonathan Kingdon David Happold Thomas Butynski Michael Hoffmann Meredith Happold Jan Kalina A amp C Black 2013 ISBN 1408189968 ISBN 9781408189962bls 22 Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Ewehoewiges amp oldid 2202247,