Ceres (dwergplaneet)
Ceres, amptelik 1 Ceres, is die kleinste dwergplaneet in ons Sonnestelsel. Dit is die enigste een in die asteroïdegordel en binne Neptunus se wentelbaan. Sy naam is afgelei van Ceres, die Romeinse godin van groeiende plante, die oes en moederliefde. Ceres is op 1 Januarie 1801 deur Guiseppe Piazzi ontdek. Met ’n deursnee van sowat 950 km is dit verreweg die grootste liggaam met die grootste massa in die asteroïdegordel; dit maak sowat ’n derde van die gordel se massa uit. Ceres is saamgestel uit rots en ys. Omdat dit die eerste asteroïde is wat ontdek is, is dit aanvanklik as ’n planeet beskou. Dit is egter in die 1850's as ’n asteroïde herklassifiseer nadat baie ander voorwerpe met soortgelyke wentelbane ontdek is. Die dwergplaneet is sferies, anders as die kleiner asteroïdes wat ’n kleiner swaartekrag het. Weens sy skynbare magnitude van 6,7 tot 9,3 is dit selfs op sy helderste te dof om met die blote oog van die Aarde af te sien, behalwe in uiterse donkerte. Dit lyk of Ceres gedifferensieer is, met ’n rotsagtige kern en ’n ysagtige mantel. Dit kan ’n interne oseaan van vloeibare water onder ’n yslaag hê. Die oppervlak is ’n mengsel van waterys en verskeie gehidreerde minerale soos karbonate en klei. In Januarie 2014 is die uitskeiding van waterdamp uit verskeie streke van Ceres waargeneem. Dit was onverwags, aangesien groot liggame in die asteroïdegordel gewoonlik nie damp uitskei nie; dit is ’n kenmerk van komete. Nasa het die Dawn-ruimtetuig op 27 September 2007 gelanseer om Ceres en Vesta van nader te ondersoek. In Februarie 2017 is berig die Dawn-ruimtetuig het organiese verbindings, wat dikwels met lewe verbind word, in die Ernutet-krater op Ceres waargeneem. Spektroskopiese waaarnemings in sigbare en infrarooigebied wys dat Ceres se oppervlak bedek is met ammoniumhoudende, magnesiumryke filosilikate, die filosilikaat serpentyn, Mg/Ca-ryke karbonate en 'n donker komponent. Bewys vir olivien of pirokseen is nie aangetref nie. Die samestelling is opmerklik gelykmatig, maar die helderste plekke het 'n samestelling wat ryk is aan natriumkarbonaat met ammoniumkarbonaat en chloriede. Die teenwoordigheid van baie ammoniumhoudende kleisoorte wys dat 'n tydperk van verandering oor die hele planeet plaasgevind het wat die beweging van water vereis het. Daar word vermoed Ceres het 'n ondergrondse oseaan gehad. Volop bewyse bestaan vir die teenwoordigheid van waterys wat van binne die dwergplaneet stam. Die elementsamestelling van die regoliet aan die ewenaar lyk baie soos die CI- en CM-chondriete. Geleerdes het vroeër vermoed dat hierdie tipe meteoriete verwant aan Ceres is, maar die samestelling op Ceres is tog effens anders. Die ystergehalte op Ceres is duidelik laer as in die meteoriete wat hier op aarde aangetref word. Die yster het dalk in die ondergrondse oseaan versink. Die oppervlak wys onlangse geologiese aktiwiteit wat deur pekel veroorsaak word. Ahura Mons toon helder strepe wat natriumkarbonaat bevat. Ceres het waarskynlik 'n kors van omtrent 40 km dik wat waterys bevat en op 'n laag met hoër digtheid lê wat uit gehidrateerde silikate bestaan en 'n paar persent pekel bevat waardeur dit 'n soort modderoseaan vorm.
Ceres, soos op 19 Februarie 2015 waargeneem deur die Dawn-ruimtetuig.Ontdekking Ontdek deur Giuseppe Piazzi Datum 1 Januarie 1801 Kleinplaneet-benaming 1 Ceres Alternatiewe name A899 OF; 1943 XB Kleinplaneet-kategorie Dwergplaneet Etimologie Ceres Wentelbaaneienskappe Epog 18 Junie 2009
(JD 2455000,5) Afelium 2,9858 AE
446 669 320 km Perihelium 2,5468 AE
380 995 855 km Semihoofas 2,7663 AE
413 832 587 km Wentelperiode 4,60 jaar
1680,5 dae Gem. omwentelingspoed 17,882 km/s Gem. anomalie 27,448° Hellingshoek 10,585° (tot Sonnebaan) Lengteligging van stygende nodus 80,399° Periheliumhoek 72,825° Natuurlike satelliete 0 Radius by ewenaar 487,3 ± 1,8 km Radius na pole 454,7 ± 1,6 km Oppervlakte 2 850 000 km² Massa 9,43 ± 0,07×1020 kg
(0,00015 Aardes)
(0,0128 Mane) Gem. digtheid 2,077 ± 0,036 g/cm3 Oppervlak-
aantrekkingskrag0,27 m/s2
0,028 g Ontsnapping-
snelheid0,51 km/s Sideriese
rotasieperiode0,3781 dae
9,074170 h Ashelling sowat 3° Regte styging van noordpool 19h 24 m
291° Deklinasie 59° Temperatuur maks. ~168 K Skynmagnitude 6,7 tot 9,32 Absolute magnitude 3,36 ± 0,02 Hoekgrootte 0,84" tot 0,33" |coauthors=
geïgnoreer (help)|coauthors=
geïgnoreer (help);Onbekende parameter |month=
geïgnoreer (help)|journal=
(help)|coauthors=
geïgnoreer (help)Die Sonnestelsel Son • Aardplanete: Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Gasreuse: Jupiter • Saturnus • Ysreuse: Uranus • Neptunus • (Planete • Reuseplanete)
Dwergplanete: Pluto • Ceres • Haumea • Makemake • Eris Mane: Aarde • Mars • Kleinplanete • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Eris • Ringe: Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus Klein Sonnestelselliggame: Kleinplanete • Asteroïdes • Naby-aarde-voorwerpe • Sentoure • Trans-Neptunus-voorwerpe • Komete
Gordels en wolke: Asteroïdegordel • Kuipergordel • Verstrooide skyf • Hillswolk • Oortwolk