×
Celsius

Grade Celsius (simbool: °C) is 'n SI-eenheid van temperatuur. Die vriespunt van water word as 0 °C gedefinieer en die kookpunt teen 100 °C.

Termometer met die temperatuur in Fahrenheit op die buiterand en in Celsius daarbinne.

Inhoud

1°C = 274,15 K, en absolute nul is -273,15 °C

Die eenheid is vernoem na die Sweedse sterrekundige, Anders Celsius (1701 - 1744) wat 'n soortgelyke stelsel vir die eerste keer in 1742 voorgestel het.

Temperatuur omskakelings:

  • °F = °C × 1.8 + 32
  • °C = (°F – 32) / 1.8
  • K = °C + 273.15
  • °C = K – 273.15

Die temperatuurskaal is uitgevind deur Anders Celsius en is oorspronklik ontwerp op so 'n wyse dat daar 100 grade/indelings tussen die vriespunt van water en die kookpunt van water by standaard atmosferiese druk was.

Die stelsel het onder verskeie name bekend gestaan tot en met 1948 toe die stelsel se naam amptelik verander is na Celsius deur die Algemene Konferensie oor Mates en Gewigte (CR 64). Terwyl die waardes vir die vries- en kookpunte van water ongeveer korrek bly, is besluit dat die oorspronklike definisie nie geskik was vir 'n formele standaard nie aangesien dit afhang van die definisie van standaard atmosferiese druk wat op sy beurt weer afhanklik is van die definisie van temperatuur. Die huidige amptelike definisie van Celsius stel 0.01 °C as die trippelpunt van water en 'n graad gelyk aan 1/273.16 van die verskil in temperatuur van die trippelpunt van water en absolute nul. Hierdie definisie is in 1954 aanvaar by die 10de algemene Konferensie oor Mates en Gewigte, wat presies dieselfde is as die definisie van die Kelvin.

Publikasie datum: September 29, 2021

celsius, grade, simbool, eenheid, temperatuur, vriespunt, water, word, gedefinieer, kookpunt, teen, termometer, temperatuur, fahrenheit, buiterand, daarbinne, inhoud, definisie, oorsprong, omskakelings, verduidelikingdefinisie, wysig1, absolute, coorsprong, wy. Grade Celsius simbool C is n SI eenheid van temperatuur Die vriespunt van water word as 0 C gedefinieer en die kookpunt teen 100 C Termometer met die temperatuur in Fahrenheit op die buiterand en in Celsius daarbinne Inhoud 1 Definisie 2 Oorsprong 3 Omskakelings 4 VerduidelikingDefinisie Wysig1 C 274 15 K en absolute nul is 273 15 COorsprong WysigDie eenheid is vernoem na die Sweedse sterrekundige Anders Celsius 1701 1744 wat n soortgelyke stelsel vir die eerste keer in 1742 voorgestel het Omskakelings WysigTemperatuur omskakelings F C 1 8 32 C F 32 1 8 K C 273 15 C K 273 15Verduideliking WysigDie temperatuurskaal is uitgevind deur Anders Celsius en is oorspronklik ontwerp op so n wyse dat daar 100 grade indelings tussen die vriespunt van water en die kookpunt van water by standaard atmosferiese druk was Die stelsel het onder verskeie name bekend gestaan tot en met 1948 toe die stelsel se naam amptelik verander is na Celsius deur die Algemene Konferensie oor Mates en Gewigte CR 64 Terwyl die waardes vir die vries en kookpunte van water ongeveer korrek bly is besluit dat die oorspronklike definisie nie geskik was vir n formele standaard nie aangesien dit afhang van die definisie van standaard atmosferiese druk wat op sy beurt weer afhanklik is van die definisie van temperatuur Die huidige amptelike definisie van Celsius stel 0 01 C as die trippelpunt van water en n graad gelyk aan 1 273 16 van die verskil in temperatuur van die trippelpunt van water en absolute nul Hierdie definisie is in 1954 aanvaar by die 10de algemene Konferensie oor Mates en Gewigte wat presies dieselfde is as die definisie van die Kelvin Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Celsius amp ol,