×
Canis Major-dwergsterrestelsel

Die Canis Major-dwergsterrestelsel is ’n hipotetiese sterrestelsel in die Lokale Groep, in dieselfde deel van die ruimte as die sterrebeeld Groot Hond. Dit bevat ’n taamlike groot aantal rooi reuse en moontlik altesaam tot ’n miljard sterre.

Canis Major-dwergsterrestelsel
Soort stelsel Dwergsterrestelsel
Sterrebeeld Groot Hond (Canis Major)
Tipe Irr
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 07h 12m 35s
Deklinasie -27º 40' 00"
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 25 000
Skynbare grootte 12' x 12'
Besonderse kenmerke Naaste Melkwegsatelliet
Ander name CMa
Lugkoördinate
Portaal Sterrekunde

CMa is ’n onreëlmatige stelsel en daar word geglo dit is nou die naaste satellietstelsel van ons sterrestelsel, die Melkweg: sowat 25 000 ligjare van die Son af. Dit het min of meer ’n elliptiese vorm.

Inhoud

Die bestaan van ’n sterk elliptiese struktuur is in November 2003 aangemeld deur ’n internasionale span van Franse, Italiaanse, Britse en Australiese sterrekundiges, wat beweer het hul studie dui op ’n nuut ontdekte dwergsterrestelsel, Canis Major. Dit is nader aan die Son as die middel van ons Melkweg: sowat 23 000 ligjare.

Die span het data ontleed van 2MASS, ’n omvattende opname van die lugruim in infrarooilig, wat nie so erg soos sigbare lig deur gas en ruimtestof geblokkeer word nie, toe hulle ’n gebied met ’n digte konsentrasie sterre van spektraaltipe M ontdek, asook verskeie ander verwante strukture wat uit dieselfde tipe sterre bestaan. Twee van dié strukture vorm breë, dowwe boë.

Sterrekundiges glo die Canis Major-dwergstelsel word deur die swaartekragveld van die veel groter Melkweg uitmekaargetrek. Getykrag vorm ’n lang filament van sterre wat die stelsel volg terwyl dit om die Melkweg wentel, en dit vorm ’n komplekse ringagtige struktuur wat soms die Monoceros-ring genoem word. Dié ring is drie keer om die Melkweg gedraai. Die stroom sterre is in die 21ste eeu die eerste ontdek deur sterrekundiges wat besig was met die Sloan- Digitale Lugopname.

Daar is verskeie bolvormige sterreswerms wat geglo word verwant is aan CMa, insluitende NGC 1851, NGC 1904, NGC 2298 en NGC 2808. Hulle is waarskynlik oorblyfsels van die sterrestelsel se bolswermstelsel voordat dit in die Melkweg opgeneem is. ’n Paar oop sterreswerms word ook met die stelsel verbind.

Die ontdekking van CMa en die daaropvolgende bestudering van die sterre wat daarmee verbind word, het steun verleen aan die teorie dat sterrestelsels groter kan word deur naburige, kleiner stelsels op te neem.

  1. (in Engels). Geargiveer vanaf op 4 Mei 2010. Besoek op24 September 2009.
  2. N.F. Martin, R.A. Ibata, M. Bellazzini, M.J. Irwin, G.F. Lewis, W. Dehnen (November 2003). (in Engels). vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2020.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  3. Maggie Masetti (2011-04-14). . . Nasa. Besoek op2011-11-26.External link in |work= (help) Sien "The Canis Major Dwarf".
  • N. F. Martin, R. A. Ibata, M. Bellazzini, M. J. Irwin, G. F. Lewis, W. Dehnen, (February 2004). Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 348 (1) 12.

Publikasie datum: Augustus 03, 2021

canis, major, dwergsterrestelsel, hipotetiese, sterrestelsel, lokale, groep, dieselfde, deel, ruimte, sterrebeeld, groot, hond, bevat, taamlike, groot, aantal, rooi, reuse, moontlik, altesaam, miljard, sterre, soort, stelsel, dwergsterrestelselsterrebeeld, gro. Die Canis Major dwergsterrestelsel is n hipotetiese sterrestelsel in die Lokale Groep in dieselfde deel van die ruimte as die sterrebeeld Groot Hond Dit bevat n taamlike groot aantal rooi reuse en moontlik altesaam tot n miljard sterre Canis Major dwergsterrestelselSoort stelsel DwergsterrestelselSterrebeeld Groot Hond Canis Major Tipe IrrWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 07h 12m 35sDeklinasie 27º 40 00 BesonderhedeAfstand ligjaar 25 000Skynbare grootte 12 x 12 Besonderse kenmerke Naaste MelkwegsatellietAnder name CMaLugkoordinate07h 12m 35 0s 27 40 00 Portaal Sterrekunde CMa is n onreelmatige stelsel en daar word geglo dit is nou die naaste satellietstelsel van ons sterrestelsel die Melkweg sowat 25 000 ligjare van die Son af 1 Dit het min of meer n elliptiese vorm Inhoud 1 Ontdekking 2 Eienskappe 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsOntdekking WysigDie bestaan van n sterk elliptiese struktuur is in November 2003 aangemeld deur n internasionale span van Franse Italiaanse Britse en Australiese sterrekundiges wat beweer het hul studie dui op n nuut ontdekte dwergsterrestelsel Canis Major 2 Dit is nader aan die Son as die middel van ons Melkweg sowat 23 000 ligjare Die span het data ontleed van 2MASS n omvattende opname van die lugruim in infrarooilig wat nie so erg soos sigbare lig deur gas en ruimtestof geblokkeer word nie toe hulle n gebied met n digte konsentrasie sterre van spektraaltipe M ontdek asook verskeie ander verwante strukture wat uit dieselfde tipe sterre bestaan Twee van die strukture vorm bree dowwe boe Eienskappe WysigSterrekundiges glo die Canis Major dwergstelsel word deur die swaartekragveld van die veel groter Melkweg uitmekaargetrek Getykrag vorm n lang filament van sterre wat die stelsel volg terwyl dit om die Melkweg wentel en dit vorm n komplekse ringagtige struktuur wat soms die Monoceros ring genoem word Die ring is drie keer om die Melkweg gedraai 3 Die stroom sterre is in die 21ste eeu die eerste ontdek deur sterrekundiges wat besig was met die Sloan Digitale Lugopname Daar is verskeie bolvormige sterreswerms wat geglo word verwant is aan CMa insluitende NGC 1851 NGC 1904 NGC 2298 en NGC 2808 Hulle is waarskynlik oorblyfsels van die sterrestelsel se bolswermstelsel voordat dit in die Melkweg opgeneem is n Paar oop sterreswerms word ook met die stelsel verbind Die ontdekking van CMa en die daaropvolgende bestudering van die sterre wat daarmee verbind word het steun verleen aan die teorie dat sterrestelsels groter kan word deur naburige kleiner stelsels op te neem Verwysings Wysig Astronomers find nearest galaxy to the Milky Way in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2010 Besoek op 24 September 2009 N F Martin R A Ibata M Bellazzini M J Irwin G F Lewis W Dehnen November 2003 A dwarf galaxy remnant in Canis Major the fossil of an in plane accretion onto the Milky Way in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2020 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Maggie Masetti 2011 04 14 The Nearest Galaxies The Cosmic Distance Scale Nasa Besoek op 2011 11 26 External link in work help Sien The Canis Major Dwarf N F Martin R A Ibata M Bellazzini M J Irwin G F Lewis W Dehnen February 2004 A dwarf galaxy remnant in Canis Major the fossil of an in plane accretion onto the Milky Way Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 348 1 12 SEDS Canis Major dwergsterrestelselEksterne skakels WysigDeriving The Shape Of The Galactic Stellar Disc SkyNightly 17 Maart 2006 Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Canis Major dwergsterrestelsel amp ol,