×
Burt Reynolds

Burton Leon "Burt" Reynolds (11 Februarie 1936 – 6 September 2018) was ’n Amerikaanse akteur, rolprentregisseur en -vervaardiger.

Burt Reynolds
Reynolds in 1991

Geboortenaam Burton Leon Reynolds Jr.
Geboorte (1936-02-11)11 Februarie 1936
Lansing, Michigan
Sterfte 6 September 2018 (op 82)
Jupiter, Florida
Nasionaliteit Verenigde State
Ouers Fern H. (née Miller)
Burton Milo Reynolds
Lewensmaat Judy Carne (1963–1965)
Loni Anderson (1988–1993)
Kinders 1
Beroep(e) Akteur, rolprentregisseur en -vervaardiger
Aktiewe jare 1958–2018
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Inhoud

Reynolds in Gunsmoke (1962).
Reynolds in 2011.

Reynolds het op hoërskool Amerikaanse voetbal gespeel, maar ’n besering en ’n latere motorongeluk het sy sportloopbaan kortgeknip. Hy het daarna aan die Palm Beach Junior College in Lake Worth, Florida, studeer waar ’n Engelse dosent hom die hoofrol in ’n toneelstuk, Outward Bound, laat speel het. Reynolds het die Florida-dramaprys in 1956 daarvoor gewen wat ’n beurs vir die Hyde Park Playhouse in New York ingesluit het. Terwyl hy daar was, het hy Joanne Woodward ontmoet en sy het vir hom ’n agent gekry. Reynolds het ’n rol in Tea and Sympathy in die Neighborhood Playhouse in New York-stad gekry. Ná sy Broadway-debuut in Look, We've Come Through het hy dramaklasse geloop en daarna rolle gekry in televisieprogramme soos Riverboat en The Lawless Years. Hy het ook die rol van Quint Asper, ’n inheems-Amerikaanse grofsmit, in drie seisoene van Gunsmoke vertolk. Dit het gelei tot wyd gepubliseerde promosiefoto's van Reynolds voor ’n skuur, onder meer die foto links. Hy het ook in goedkoper rolprente begin speel.

In 1966 het hy die titelrol in Navajo Joe gekry. Dié goedkoop prent het hom gevestig as ’n aanvaarbare hoofrolspeler in flieks. Sy deurbraakrol was in Deliverance (1972) – dit het hom ’n ster gemaak en hy het daarna nakend in die tydskrif Cosmopolitan poseer.

Reynolds het in 1977 in die gewilde Smokey and the Bandit en in 1981 in The Cannonball Run gespeel. Hy was daarna in verskeie TV-programme, onder meer die reeks Evening Shade, waarvoor hy ’n Golden Globe en Emmy gewen het. In 1996 was hy in Striptease (1996), wat ’n sukses by die loket was, maar nie eintlik by resensente nie. Hy was ook in Boogie Nights (1997), waarvoor hy nog ’n Golden Globe gewen het. Hierna het die TV-reeks The Dukes of Hazzard (2005) en die sportkomedie The Longest Yard (2005) gevolg.

Ander rolle

In 1973 het Reynolds die album Ask Me What I Am uitgereik en saam met Dolly Parton in The Best Little Whorehouse in Texas gesing. In 1978 het hy ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry.

Reynolds was ook ’n medeskrywer van die kinderboek Barkley Unleashed A Pirate, ’n storie oor "die belangrikheid van vasbyt, die wondere van vriendskap en die mag van die verbeelding".

  1. Chris Nashawaty (25 April 2005). (in Engels). Entertainment Weekly. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op30 Januarie 2016.
  2. (in Engels). BBC News. 30 April 2012. vanaf die oorspronklike op 21 November 2019.
  3. Peter Travers (2 Augustus 1982). . People (in Engels). vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016.
  4. , Amazon.

Publikasie datum: September 26, 2021

burt, reynolds, burton, leon, burt, reynolds, februarie, 1936, september, 2018, amerikaanse, akteur, rolprentregisseur, vervaardiger, reynolds, 1991geboortenaam, burton, leon, reynolds, geboorte, 1936, februarie, 1936, lansing, michigansterfte, september, 2018. Burton Leon Burt Reynolds 11 Februarie 1936 6 September 2018 was n Amerikaanse akteur rolprentregisseur en vervaardiger Burt ReynoldsReynolds in 1991Geboortenaam Burton Leon Reynolds Jr Geboorte 1936 02 11 11 Februarie 1936 Lansing MichiganSterfte 6 September 2018 op 82 Jupiter FloridaNasionaliteit Verenigde StateOuers Fern H nee Miller Burton Milo ReynoldsLewensmaat Judy Carne 1963 1965 Loni Anderson 1988 1993 Kinders 1Beroep e Akteur rolprentregisseur en vervaardigerAktiewe jare 1958 2018Internet rolprentdatabasis profiel Inhoud 1 Loopbaan 1 1 Ander rolle 2 Verwysings 3 Eksterne skakelsLoopbaan Wysig Reynolds in Gunsmoke 1962 Reynolds in 2011 Reynolds het op hoerskool Amerikaanse voetbal gespeel maar n besering en n latere motorongeluk het sy sportloopbaan kortgeknip 1 Hy het daarna aan die Palm Beach Junior College in Lake Worth Florida studeer waar n Engelse dosent hom die hoofrol in n toneelstuk Outward Bound laat speel het Reynolds het die Florida dramaprys in 1956 daarvoor gewen wat n beurs vir die Hyde Park Playhouse in New York ingesluit het Terwyl hy daar was het hy Joanne Woodward ontmoet en sy het vir hom n agent gekry Reynolds het n rol in Tea and Sympathy in die Neighborhood Playhouse in New York stad gekry Na sy Broadway debuut in Look We ve Come Through het hy dramaklasse geloop en daarna rolle gekry in televisieprogramme soos Riverboat en The Lawless Years Hy het ook die rol van Quint Asper n inheems Amerikaanse grofsmit in drie seisoene van Gunsmoke vertolk Dit het gelei tot wyd gepubliseerde promosiefoto s van Reynolds voor n skuur onder meer die foto links Hy het ook in goedkoper rolprente begin speel In 1966 het hy die titelrol in Navajo Joe gekry Die goedkoop prent het hom gevestig as n aanvaarbare hoofrolspeler in flieks Sy deurbraakrol was in Deliverance 1972 dit het hom n ster gemaak en hy het daarna nakend in die tydskrif Cosmopolitan poseer 2 Reynolds het in 1977 in die gewilde Smokey and the Bandit en in 1981 in The Cannonball Run gespeel Hy was daarna in verskeie TV programme onder meer die reeks Evening Shade waarvoor hy n Golden Globe en Emmy gewen het 3 In 1996 was hy in Striptease 1996 wat n sukses by die loket was maar nie eintlik by resensente nie Hy was ook in Boogie Nights 1997 waarvoor hy nog n Golden Globe gewen het Hierna het die TV reeks The Dukes of Hazzard 2005 en die sportkomedie The Longest Yard 2005 gevolg Ander rolle Wysig In 1973 het Reynolds die album Ask Me What I Am uitgereik en saam met Dolly Parton in The Best Little Whorehouse in Texas gesing 4 In 1978 het hy n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry Reynolds was ook n medeskrywer van die kinderboek Barkley Unleashed A Pirate n storie oor die belangrikheid van vasbyt die wondere van vriendskap en die mag van die verbeelding 5 Verwysings Wysig Chris Nashawaty 25 April 2005 Talking with Burt Reynolds in Engels Entertainment Weekly Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 30 Januarie 2016 Burt Reynolds nude 10 facts about the Cosmo centrefold in Engels BBC News 30 April 2012 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2019 Burt Reynolds Emmy Winner Peter Travers 2 Augustus 1982 Dolly Does Hollywood People in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016 Barkley Unleashed A Pirate s Tail Amazon Eksterne skakels WysigBurt Reynolds by AllMovie Burt Reynolds in die Internet rolprentdatabasis Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Burt Reynolds Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Burt Reynolds amp ol,