×
Bul (sterrebeeld)
Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien Bul (sterreteken).

Die Bul of Stier (Latyn: Taurus) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Bul
Latynse naam Taurus
Genitief Tauri
Afkorting Tau
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 4,9 h
Deklinasie +19º
Grootte 797 vk. grade
Kwadrant NQ1
Besonderhede
Hoofsterre 19
Helderste ster Aldebaran (α Tau)
Naaste ster Gliese 176
Sterre helderder as 3 m 4
Sterre met planete 7
Messier-voorwerpe 2
Bayer-/Flamsteed-sterre 132
Meteoorreëns 2
Aangrensende sterrebeelde
Koetsier, Perseus, Ram, Walvis, Eridanus, Jagter, Tweeling
Portaal Sterrekunde

Die Bul is een van die sterrebeelde van die diereriem en een van die oudstes. Dit was reeds in die vroeë Bronstydperk bekend, toe dit die ligging van die son aangedui het tydens die lentenagewening. Dit is opgeneem in die Antieke Babiloniese, Egiptiese en Griekse mitologie.

Die Bul het verskeie interessante aspekte. Twee van die naaste oop sterreswerms aan die Aarde kom hierin voor: die Plejades en die Hiades, wat albei met die blote oog gesien kan word. Die rooi reus Aldebaran is die helderste ster in die sterrebeeld. In die noordwestelike deel is die supernova-oorblyfsel Messier 1, beter bekend as die Krap-newel. Die veranderlike ster T Tauri is die prototipe van ’n klas voor-hoofreekssterre, die T Tauri-sterre. Verskeie meteoorreëns kom in die sterrebeeld voor.

Inhoud

Die sterrebeeld Bul soos met die blote oog gesien.

Sterre

Die helderste ster van die Bul is Aldebaran, ’n oranje K5 III-tipe reus. ’n V-vormige asterisme vorm die gesig van die Bul. Dit bestaan uit helder sterre van die Hiades-sterreswerm. Aldebaran vorm die Bul se bloedbelope oog wat na die sterrebeeld Jagter gluur.

In die weste word die twee horings van die Bul gevorm deur Beta en Zeta Tauri, twee veelvoudige sterre wat deur 8° geskei word. Beta is die tweede helderste ster in die sterrebeeld en grens aan die sterrebeeld Koetsier (Latyn: Auriga). Daarom word dit ook Gamma Aurigae genoem.

Diepruimtevoorwerpe

In die noordoostelike kwadrant van die sterrebeeld lê die Plejades of Sewe Susters, een van die naaste sterreswerms wat met die blote oog gesien kan word. In die noordelike deel noordwes van die Plejades lê die Kristalbal-newel, of NGC 1514. Dié planetêre newel is van historiese belang ná sy ontdekking in 1790 deur die Duits gebore Britse sterrekundige William Herschel. Voorheen het sterrekundiges aangeneem dat die newel ’n groep sterre is. Herschel het egter ’n ster waargeneem omring deur ’n wolk van die een of ander aard. In 1864 het die Britse sterrekundige William Huggins die spektrum van die newel gebruik om te bepaal dat die newel glimmende gas is, eerder as sterre.

Ook in die Bul is die Krap-newel (M1), ’n supernova-oorblyfsel. Dit is geskep deur die ontploffing van ’n tipe II-supernova wat op 4 Julie 1054 van die Aarde af gesien is. Dit was helder genoeg om in die dag te sien en word in Chinese historiese dokumente genoem. Op sy helderste het die supernova ’n magnitude van −4 mag bereik, maar tans is dit net 8,4 mag en ’n teleskoop is nodig om dit te sien. Van die inheemse volke van Noord-Amerika het dit ook gesien en dit is op verskeie potte uitgebeeld asook op ’n skildery in ’n Nieu-Mexiko-canyon. Die oorblyfsel self is egter eers in 1731 deur John Bevis ontdek.

T Tauri is die prototipe van ’n klas veranderlike sterre wat T Tauri-sterre genoem word. Die ster ondergaan wisselvallige veranderinge in helderheid; dit wissel tussen 9 en 13 mag oor ’n tydperk van weke of maande. Dit is ’n nuut gevormde stervoorwerp wat nou uit gas en stof ontstaan, maar nog nie ontwikkel het tot ’n hoofreeksster nie. Die omringende newel, NGC 1555, word deur T Tauri verlig, en dié se helderheid wissel dus ook.

’n Klassieke uitbeelding van die Bul-sterreteken

Die verbinding tussen die sterrebeeld en ’n bul kom van die vroegste tye af. Michael Rappenglück van die Universiteit van München glo die sterreteken word uitgebeeld in ’n grottekening in die Saal van Bulle in Lascaux (uit omstreeks 15000 v.C.), en daarmee saam die Plejades. Die naam Sewe Susters word in baie tale gebruik vir die Plejades, onder meer dié van die inheemse volke van Australië, Noord-Amerika en Siberië. Dit dui daarop dat die naam ’n gemeenskaplike antieke oorsprong het.

In die Babiloniese mitologie word die sterrebeeld MUL.APIN (die Hemelse Bul) genoem. In die Mesopotamiese Heldedig van Gilgamesh, een van die vroegste literêre werke, stuur die godin Ishtar die Bul van die Hemel om Gilgamesh te vermoor omdat hy haar die koue skouer gegee het. Gilgamesh word uitgebeeld as die aangrensende sterrebeeld Jagter, en in die lug kom hulle van aangesig tot aangesig teen mekaar te staan. Vir die Egiptenare was die Bul ’n heilige bul wat vereenselwig is met die hernuwing van lewe in die lente. Vir die vroeë Hebreërs was die Bul die eerste sterrebeeld in hul diereriem en dit word dus voorgestel deur die eerste letter van die Hebreeuse alfabet, Aleph.

In die Griekse mitologie word die Bul verbind met Zeus, wat die vorm van ’n manjifieke wit bul aangeneem het om Europa, ’n legendariese Fenisiese prinses, te ontvoer. In ’n ander Griekse mite is die Bul Io, ’n minnares van Zeus. Om haar van sy vrou, Hera, weg te steek, het Zeus haar in ’n vers verander. Die Griekse mitograaf Acusilaus noem die Bul as die Kretensiese Bul in die mite van die twaalf take van Hercules.

  1. Burnham, Robert (1978). Burnham's celestial handbook: an observer's guide to the Universe beyond the Solar System. Drie (hersien uitg.). Courier Dover Publications. pp. 1807–1830. ISBN 978-0-486-23673-5.
  2. Olcott, William Tyler (1907). . New York en Londen: G.P. Putnam's sons. p. 96. ISBN 978-1-4179-0283-5. Besoek op2009-06-30.
  3. Sasaki, Chris; Boddy, Joe (2003). Constellations: the stars and stories. Sterling Publishing Company, Inc. p. 106. ISBN 978-1-4027-0800-8.
  4. Hawkins, Gerald S. (2002). Mindsteps to the cosmos. World Scientific. p. 231. ISBN 978-981-238-123-1.
  5. Covington, Michael A. (2002). Celestial objects for modern telescopes. Cambridge University Press. p. 240. ISBN 978-0-521-52419-3.
  6. Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006). 300 Astronomical Objects: A visual reference to the Universe (1ste uitg.). Buffalo, New York: Firefly Books. ISBN 978-1-55407-175-3.|access-date= requires |url= (help)
  7. Garfinkle, Robert A. (1997). Star-hopping: your visa to viewing the Universe. Cambridge University Press. p. 77. ISBN 978-0-521-59889-7.
  8. Bertout, Claude (1989). "T Tauri stars – wild as dust". Annual Review of Astronomy and Astrophysics. 27 (1): 351–395. Bibcode:. doi:.
  9. (in Engels). National Optical Astronomy Observatory. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op16 Augustus 2009.
  10. Whitehouse, David (9 Augustus 2000). (in Engels). BBC. vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op11 Oktober 2009.
  11. Brown, Cynthia Stokes (2008). . The New Press. p. 64. ISBN 978-1-59558-558-5.
  12. Rogers, John H. (1998). "Origins of the ancient contellations: I. The Mesopotamian traditions". Journal of the British Astronomical Association. 108: 9–28. Bibcode:.
  13. Hines, Derrek (2002). . Random House Digital, Inc. ISBN 978-1-4000-7733-5.
  14. Ridpath, Ian (24 Desember 1988). . New Scientist. 120 (1644): 36.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  15. Ridpath, Ian (1989). Star tales. James Clarke & Co. pp. 18–20. ISBN 978-0-7188-2695-6.
  16. Palaephatus; Stern, Jacob (1996). On unbelievable tales. Bolchazy-Carducci Publishers. p. 47. ISBN 978-0-86516-320-1.


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Publikasie datum: September 20, 2021

sterrebeeld, artikel, sterreteken, sien, sterreteken, stier, latyn, taurus, sterrebeeld, noordelike, hemelruim, konstellasies, deur, eeuse, sterrekundige, ptolemaeus, beskryf, steeds, moderne, sterrebeelde, bullatynse, naam, taurusgenitief, tauriafkorting, tau. Vir n artikel oor die sterreteken sien Bul sterreteken Die Bul of Stier Latyn Taurus is n sterrebeeld in die noordelike hemelruim Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemaeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde BulLatynse naam TaurusGenitief TauriAfkorting TauWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 4 9 hDeklinasie 19ºGrootte 797 vk gradeKwadrant NQ1BesonderhedeHoofsterre 19Helderste ster Aldebaran a Tau Naaste ster Gliese 176Sterre helderder as 3 m 4Sterre met planete 7Messier voorwerpe 2Bayer Flamsteed sterre 132Meteoorreens 2Aangrensende sterrebeeldeKoetsier Perseus Ram Walvis Eridanus Jagter TweelingPortaal Sterrekunde Die Bul is een van die sterrebeelde van die diereriem en een van die oudstes Dit was reeds in die vroee Bronstydperk bekend toe dit die ligging van die son aangedui het tydens die lentenagewening Dit is opgeneem in die Antieke Babiloniese Egiptiese en Griekse mitologie Die Bul het verskeie interessante aspekte Twee van die naaste oop sterreswerms aan die Aarde kom hierin voor die Plejades en die Hiades wat albei met die blote oog gesien kan word Die rooi reus Aldebaran is die helderste ster in die sterrebeeld In die noordwestelike deel is die supernova oorblyfsel Messier 1 beter bekend as die Krap newel Die veranderlike ster T Tauri is die prototipe van n klas voor hoofreekssterre die T Tauri sterre Verskeie meteoorreens kom in die sterrebeeld voor Inhoud 1 Ruimtevoorwerpe 1 1 Sterre 1 2 Diepruimtevoorwerpe 2 Geskiedenis en mitologie 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsRuimtevoorwerpe Wysig Die sterrebeeld Bul soos met die blote oog gesien Sterre Wysig Die helderste ster van die Bul is Aldebaran n oranje K5 III tipe reus 1 n V vormige asterisme vorm die gesig van die Bul Dit bestaan uit helder sterre van die Hiades sterreswerm 2 Aldebaran vorm die Bul se bloedbelope oog wat na die sterrebeeld Jagter gluur 3 In die weste word die twee horings van die Bul gevorm deur Beta en Zeta Tauri twee veelvoudige sterre wat deur 8 geskei word Beta is die tweede helderste ster in die sterrebeeld en grens aan die sterrebeeld Koetsier Latyn Auriga Daarom word dit ook Gamma Aurigae genoem Diepruimtevoorwerpe Wysig In die noordoostelike kwadrant van die sterrebeeld le die Plejades of Sewe Susters een van die naaste sterreswerms wat met die blote oog gesien kan word In die noordelike deel noordwes van die Plejades le die Kristalbal newel of NGC 1514 Die planetere newel is van historiese belang na sy ontdekking in 1790 deur die Duits gebore Britse sterrekundige William Herschel Voorheen het sterrekundiges aangeneem dat die newel n groep sterre is Herschel het egter n ster waargeneem omring deur n wolk van die een of ander aard In 1864 het die Britse sterrekundige William Huggins die spektrum van die newel gebruik om te bepaal dat die newel glimmende gas is eerder as sterre Ook in die Bul is die Krap newel M1 n supernova oorblyfsel Dit is geskep deur die ontploffing van n tipe II supernova wat op 4 Julie 1054 van die Aarde af gesien is Dit was helder genoeg om in die dag te sien en word in Chinese historiese dokumente genoem Op sy helderste het die supernova n magnitude van 4 mag bereik maar tans is dit net 8 4 mag en n teleskoop is nodig om dit te sien 4 5 Van die inheemse volke van Noord Amerika het dit ook gesien en dit is op verskeie potte uitgebeeld asook op n skildery in n Nieu Mexiko canyon Die oorblyfsel self is egter eers in 1731 deur John Bevis ontdek 6 T Tauri is die prototipe van n klas veranderlike sterre wat T Tauri sterre genoem word Die ster ondergaan wisselvallige veranderinge in helderheid dit wissel tussen 9 en 13 mag oor n tydperk van weke of maande 7 Dit is n nuut gevormde stervoorwerp wat nou uit gas en stof ontstaan maar nog nie ontwikkel het tot n hoofreeksster nie 8 Die omringende newel NGC 1555 word deur T Tauri verlig en die se helderheid wissel dus ook 9 Geskiedenis en mitologie Wysig n Klassieke uitbeelding van die Bul sterreteken Die verbinding tussen die sterrebeeld en n bul kom van die vroegste tye af Michael Rappengluck van die Universiteit van Munchen glo die sterreteken word uitgebeeld in n grottekening in die Saal van Bulle in Lascaux uit omstreeks 15000 v C en daarmee saam die Plejades 10 Die naam Sewe Susters word in baie tale gebruik vir die Plejades onder meer die van die inheemse volke van Australie Noord Amerika en Siberie Dit dui daarop dat die naam n gemeenskaplike antieke oorsprong het 11 In die Babiloniese mitologie word die sterrebeeld MUL APIN die Hemelse Bul genoem 12 In die Mesopotamiese Heldedig van Gilgamesh een van die vroegste literere werke stuur die godin Ishtar die Bul van die Hemel om Gilgamesh te vermoor omdat hy haar die koue skouer gegee het 13 Gilgamesh word uitgebeeld as die aangrensende sterrebeeld Jagter en in die lug kom hulle van aangesig tot aangesig teen mekaar te staan 14 Vir die Egiptenare was die Bul n heilige bul wat vereenselwig is met die hernuwing van lewe in die lente Vir die vroee Hebreers was die Bul die eerste sterrebeeld in hul diereriem en dit word dus voorgestel deur die eerste letter van die Hebreeuse alfabet Aleph In die Griekse mitologie word die Bul verbind met Zeus wat die vorm van n manjifieke wit bul aangeneem het om Europa n legendariese Fenisiese prinses te ontvoer In n ander Griekse mite is die Bul Io n minnares van Zeus Om haar van sy vrou Hera weg te steek het Zeus haar in n vers verander 15 Die Griekse mitograaf Acusilaus noem die Bul as die Kretensiese Bul in die mite van die twaalf take van Hercules 16 Verwysings Wysig Burnham Robert 1978 Burnham s celestial handbook an observer s guide to the Universe beyond the Solar System Drie hersien uitg Courier Dover Publications pp 1807 1830 ISBN 978 0 486 23673 5 Olcott William Tyler 1907 A field book of the stars New York en Londen G P Putnam s sons p 96 ISBN 978 1 4179 0283 5 Besoek op 2009 06 30 Sasaki Chris Boddy Joe 2003 Constellations the stars and stories Sterling Publishing Company Inc p 106 ISBN 978 1 4027 0800 8 Hawkins Gerald S 2002 Mindsteps to the cosmos World Scientific p 231 ISBN 978 981 238 123 1 Covington Michael A 2002 Celestial objects for modern telescopes Cambridge University Press p 240 ISBN 978 0 521 52419 3 Wilkins Jamie Dunn Robert 2006 300 Astronomical Objects A visual reference to the Universe 1ste uitg Buffalo New York Firefly Books ISBN 978 1 55407 175 3 access date requires url help Garfinkle Robert A 1997 Star hopping your visa to viewing the Universe Cambridge University Press p 77 ISBN 978 0 521 59889 7 Bertout Claude 1989 T Tauri stars wild as dust Annual Review of Astronomy and Astrophysics 27 1 351 395 Bibcode 1989ARA amp A 27 351B doi 10 1146 annurev aa 27 090189 002031 T Tauri in NGC 1555 in Engels National Optical Astronomy Observatory Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 16 Augustus 2009 Whitehouse David 9 Augustus 2000 Ice age star map discovered in Engels BBC Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020 Besoek op 11 Oktober 2009 Brown Cynthia Stokes 2008 Big history from the Big Bang to the present The New Press p 64 ISBN 978 1 59558 558 5 Rogers John H 1998 Origins of the ancient contellations I The Mesopotamian traditions Journal of the British Astronomical Association 108 9 28 Bibcode 1998JBAA 108 9R Hines Derrek 2002 Gilgamesh Random House Digital Inc ISBN 978 1 4000 7733 5 Ridpath Ian 24 Desember 1988 Private lives of the stars New Scientist 120 1644 36 AS1 onderhoud ref harv link Ridpath Ian 1989 Star tales James Clarke amp Co pp 18 20 ISBN 978 0 7188 2695 6 Palaephatus Stern Jacob 1996 On unbelievable tales Bolchazy Carducci Publishers p 47 ISBN 978 0 86516 320 1 Eksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Taurus BBC article on the possibility of Taurus being represented in Lascaux Star Tales Taurus Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bul sterrebeeld Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Bul sterrebeeld amp ol,