×
Buffel

Die buffel of Kaapse buffel (Syncerus caffer) is 'n gelyktonige hoefdier van die familie Bovidae (beesagtiges), en die subfamilie Bovinae. Benamings in ander inheemse tale is affalo, nyati en mbogo.

Buffel
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Bovinae
Genus:
Syncerus

Hodgson, 1847
Binomiale naam
Syncerus caffer
(Sparrman, 1779)
Subspesies

S. c. caffer
S. c. nanus
S. c. brachyceros
S. c. aequinoctialis
S. c. mathewsi

Verspreiding van die buffel se Subspesies

Inhoud

Gemiddelde afmetings van 'n buffel
Parameter Bul (♂) Koei (♀)
totale lengte 3,2 m 3,0 m
massa 900-1100 kg 700-900 kg
skouerhoogte 1,45 m 1,40 m
stertlengte 60 cm 60 cm
horinglengte * 100 cm

* Nota: Gemeet langs die buiging af van die middel van die horingbasis tot by die punt.

Kop en horings van 'n buffel.
Skedel, horings en nekwerwels van 'n buffel.

Die swaarste trofeebuffel (aangeteken in die Willem Pretorius-wildreservaat) het 900 kilogram geweeg. Die rekordhoringlengte vir Suider-Afrika is aangeteken in Zimbabwe as 124,8 cm.

Die buffel is enorm groot, swaargebou en beesagtig in voorkoms. Volwasse bulle se velkleur is donkerbruin tot swart. Die koeie se velkleur is gewoonlik ligter. Jong buffels se vel het 'n rooibruin voorkoms. Die hare van die pels is kort en grof, en word yler met toenemende ouderdom.

Hulle het groot koppe, dik nekke, massiewe liggame en betreklike kort bene, met groot swaar hoewe. Die horings is swaar en enorm, en die sentrale horingbasis is veral by die bul goed ontwikkel. By ou bulle smelt die horingbasis van die twee horings oor die voorkop saam. Die horings buig eers af- en buitewaarts, en dan op- en binnewaarts, en word al dunner tot by skerp punte. Die ore is groot en hang onderkant die horings. Die stert is soortgelyk aan dié van 'n bees en het 'n kwas van lang bruin of swart hare.

Verspreidingsgebied in Suider-Afrika

Die buffel het vantevore 'n wye verspreiding in Suider-Afrika gehad, maar is nou beperk tot die noordelike dele van die streek, met 'n geïsoleerde natuurlike bevolking in die Addo-Olifant Nasionale Park, en 'n kleiner een in die Hluhluwe-Imfolozipark in KwaZulu-Natal. Hulle is wel hervestig in verskeie wildplase en natuurreservate. In die res van Afrika word hulle nog aangetref in Ethiopië, Somalië, en Zambië, en kom ook seisoenaal voor in Kenia en Tanzanië.

Buffels word aangetref in oop- en ruigveld, naby moddergate; met ander woorde, genoeg water, gras (wat tussen 5 tot 80 cm lank moet wees) en skuiling. Hulle verkies oop boswêreldsavanne en sal van grasland gebruik maak indien daar ook skuiling is. Hulle kom nie natuurlik voor in gebiede wat minder as 250 mm reën per jaar ontvang nie.

'n Buffel afgeneem in die Krugerwildtuin.
'n Buffelkudde afgeneem in Kenia.

Die buffel lewe in troppe — 'n groot trop kan uit duisende individue bestaan —- en kleiner troppe kan van die hooftrop af wegbreek, om hul later weer daarby aan te sluit. Sommige troppe bestaan slegs uit vrygeselbulle, en heelwat alleenloperbulle word ook aangetref. In 'n gemengde trop het die volwasse bulle 'n oorheersingsrangorde wat die mees dominante bulle toegang gee tot die koeie wat in estrum is. Die koeie het hule eie 'pikrangorde'. Die dominante diere word gewoonlik aan die voor- en middelpunt van die trop gevind: daar is beter weiding en beter beskerming teen roofdiere. 'n Dier wys sy dominansie deur sy kop omhoog te hou, met die snoet uitgestrek na vore, en deur sywaarts te staan tot die opponent of vyand. Die horings word ook rondgeswaai. Die onderdanige dier laat sak sy kop en plaas sy neus onder die buik van die dominante dier.

Buffeltroppe het duidelik gedefinieerde tuisgebiede. Hulle wei meestal snags (ongeveer 8 ure lank per dag), en gaan drink water vroeg soggens en teen skemer saans. Hulle hou daarvan om in moddergate rond te rol: dit verlig hittestres en het ook 'n belangrike sosiale funksie. Hulle soek skadu op gedurende die warmste tye van die dag.

Die buffel is 'n baie kragtige dier wat selfs by leeus respek afdwing. Behalwe vir die mens, het hulle bittermin natuurlike vyande. Hulle is in staat om hulself te verdedig teen die meeste roofdiere, en is selfs in staat om 'n leeu dood te maak. Leeus, oor die algemeen, maak slegs jag op ou, siek, of onvolwasse buffels. Die ander roofdier wat wel ook soms buffels jag is die gevlekte hiëna. Die luiperd is 'n bedreiging vir pasgebore kalwers. As deel van die sogenaamde "Groot Vyf", word die buffel geken as 'n formidabele en onvoorspelbare teenstander. Hulle kan tot 56 km per uur hardloop. 'n Gewonde buffel is uiters gevaarlik, en verskeie jagters is al gedood in buffelaanvalle. Ou veldkenners beweer dat 'n gewonde buffel op sy spore teruggaan en die jagter voorlê.[verwysing benodig]

Die meeste van die buffel se kommunikasie is deur middel van die lyftaal hierbo beskryf. Hulle repertorium van vokalisering is nie groot nie. Die meeste klanke is steungeluide en mompelgeluide wat hulle maak terwyl hulle wei. Moeders maak 'n gorrelgeluid wanneer gevaar dreig, en die kalwers reageer daarop. As 'n buffel skrik of hom vererg, uiter dit 'n luide, ontploffende steungeluid.

Die buffel is nie 'n kieskeurige weier nie, en eet die meeste van die beskikbare gras. Dit verkies wel eerder blare as stingels, en grassoorte wat ryk is aan ru-proteïen. Die gemiddelde buffel eet tot 17,5 kg se plantmateriaal per dag.

'n Koei en haar kalf in Tanzanië.

Die buffel se dragtigheidstydperk wissel tussen 330 tot 346 dae. 'n Enkele kalf word gewoonlik gebore, enige tyd van die jaar, maar veral gedurende die somer. Die kalf se geboortegewig is 36 kg. Dit word gespeen enige tyd vanaf vyf tot 15 maande, en die tydperk is ook afhanklik van of die volgende kalf gebore word. Hulle beweeg naby die koei rond vir 'n periode van twee jaar. Koeie kalf gewoonlik elke ander jaar, of twee maal in drie jaar.

Bulle word volwasse op 8 jaar, en koeie kalf die eerste keer op 5 jaar. Die leeftyd van die buffel is ongeveer 15 jaar.

Buffelspore: voorhoef (links) en agterhoef (regs)

Die spoor van die voorhoef is groter as die van die agterhoef (die voorhoef is links op die diagram).

Hulle mis lyk soos die van 'n bees; meestal platgetrapte misbolle.

  • 'n Volwasse buffel in die veld.

  • Jagter wat 'n buffel geskiet het.

  • Woudbuffel (Syncerus caffer nanus)

  • Soedanbuffels (Syncerus caffer brachyceros)

  1. IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008). . 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 29 Maart 2009. Database entry includes a brief justification of why this species is of least concern.
  • (en) Ronald M. Nowak: Walker's Mammals of the World. Johns Hopkins University Press, 1999. ISBN 0-8018-5789-9.
  • (en) Peter Apps: Smither's Mammals of Southern Africa. A field guide. Derde uitgawe, 2000.
  • (af) Chris en Tilde Stuart: Veldgids tot die soogdiere van Suider-Afrika. Eerste uitgawe, 1988.
Wikispecies het meer inligting oor: Buffel

Publikasie datum: September 26, 2021

buffel, buffel, kaapse, buffel, syncerus, caffer, gelyktonige, hoefdier, familie, bovidae, beesagtiges, subfamilie, bovinae, benamings, ander, inheemse, tale, affalo, nyati, mbogo, bewaringstatusbyna, bedreig, iucn, wetenskaplike, klassifikasiekoninkryk, anima. Die buffel of Kaapse buffel Syncerus caffer is n gelyktonige hoefdier van die familie Bovidae beesagtiges en die subfamilie Bovinae Benamings in ander inheemse tale is affalo nyati en mbogo BuffelBewaringstatusByna bedreig IUCN 3 1 1 Wetenskaplike klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ChordataSubfilum VertebrataKlas MammaliaOrde ArtiodactylaFamilie BovidaeSubfamilie BovinaeGenus Syncerus Hodgson 1847Binomiale naamSyncerus caffer Sparrman 1779 SubspesiesS c caffer S c nanus S c brachyceros S c aequinoctialis S c mathewsiVerspreiding van die buffel se Subspesies Inhoud 1 Identifikasie 2 Verspreiding 3 Habitat 4 Gedrag 5 Geluide 6 Voedsel 7 Voortplanting 8 Spoor en veldtekens 9 Fotogalery 10 Sien ook 11 Verwysings 12 Bronne 13 Eksterne skakelsIdentifikasie WysigGemiddelde afmetings van n buffelParameter Bul Koei totale lengte 3 2 m 3 0 mmassa 900 1100 kg 700 900 kgskouerhoogte 1 45 m 1 40 mstertlengte 60 cm 60 cmhoringlengte 100 cm Nota Gemeet langs die buiging af van die middel van die horingbasis tot by die punt Kop en horings van n buffel Skedel horings en nekwerwels van n buffel Die swaarste trofeebuffel aangeteken in die Willem Pretorius wildreservaat het 900 kilogram geweeg Die rekordhoringlengte vir Suider Afrika is aangeteken in Zimbabwe as 124 8 cm Die buffel is enorm groot swaargebou en beesagtig in voorkoms Volwasse bulle se velkleur is donkerbruin tot swart Die koeie se velkleur is gewoonlik ligter Jong buffels se vel het n rooibruin voorkoms Die hare van die pels is kort en grof en word yler met toenemende ouderdom Hulle het groot koppe dik nekke massiewe liggame en betreklike kort bene met groot swaar hoewe Die horings is swaar en enorm en die sentrale horingbasis is veral by die bul goed ontwikkel By ou bulle smelt die horingbasis van die twee horings oor die voorkop saam Die horings buig eers af en buitewaarts en dan op en binnewaarts en word al dunner tot by skerp punte Die ore is groot en hang onderkant die horings Die stert is soortgelyk aan die van n bees en het n kwas van lang bruin of swart hare Verspreiding Wysig Verspreidingsgebied in Suider Afrika Die buffel het vantevore n wye verspreiding in Suider Afrika gehad maar is nou beperk tot die noordelike dele van die streek met n geisoleerde natuurlike bevolking in die Addo Olifant Nasionale Park en n kleiner een in die Hluhluwe Imfolozipark in KwaZulu Natal Hulle is wel hervestig in verskeie wildplase en natuurreservate In die res van Afrika word hulle nog aangetref in Ethiopie Somalie en Zambie en kom ook seisoenaal voor in Kenia en Tanzanie Habitat WysigBuffels word aangetref in oop en ruigveld naby moddergate met ander woorde genoeg water gras wat tussen 5 tot 80 cm lank moet wees en skuiling Hulle verkies oop boswereldsavanne en sal van grasland gebruik maak indien daar ook skuiling is Hulle kom nie natuurlik voor in gebiede wat minder as 250 mm reen per jaar ontvang nie Gedrag Wysig n Buffel afgeneem in die Krugerwildtuin n Buffelkudde afgeneem in Kenia Die buffel lewe in troppe n groot trop kan uit duisende individue bestaan en kleiner troppe kan van die hooftrop af wegbreek om hul later weer daarby aan te sluit Sommige troppe bestaan slegs uit vrygeselbulle en heelwat alleenloperbulle word ook aangetref In n gemengde trop het die volwasse bulle n oorheersingsrangorde wat die mees dominante bulle toegang gee tot die koeie wat in estrum is Die koeie het hule eie pikrangorde Die dominante diere word gewoonlik aan die voor en middelpunt van die trop gevind daar is beter weiding en beter beskerming teen roofdiere n Dier wys sy dominansie deur sy kop omhoog te hou met die snoet uitgestrek na vore en deur sywaarts te staan tot die opponent of vyand Die horings word ook rondgeswaai Die onderdanige dier laat sak sy kop en plaas sy neus onder die buik van die dominante dier Buffeltroppe het duidelik gedefinieerde tuisgebiede Hulle wei meestal snags ongeveer 8 ure lank per dag en gaan drink water vroeg soggens en teen skemer saans Hulle hou daarvan om in moddergate rond te rol dit verlig hittestres en het ook n belangrike sosiale funksie Hulle soek skadu op gedurende die warmste tye van die dag Die buffel is n baie kragtige dier wat selfs by leeus respek afdwing Behalwe vir die mens het hulle bittermin natuurlike vyande Hulle is in staat om hulself te verdedig teen die meeste roofdiere en is selfs in staat om n leeu dood te maak Leeus oor die algemeen maak slegs jag op ou siek of onvolwasse buffels Die ander roofdier wat wel ook soms buffels jag is die gevlekte hiena Die luiperd is n bedreiging vir pasgebore kalwers As deel van die sogenaamde Groot Vyf word die buffel geken as n formidabele en onvoorspelbare teenstander Hulle kan tot 56 km per uur hardloop n Gewonde buffel is uiters gevaarlik en verskeie jagters is al gedood in buffelaanvalle Ou veldkenners beweer dat n gewonde buffel op sy spore teruggaan en die jagter voorle verwysing benodig Geluide WysigDie meeste van die buffel se kommunikasie is deur middel van die lyftaal hierbo beskryf Hulle repertorium van vokalisering is nie groot nie Die meeste klanke is steungeluide en mompelgeluide wat hulle maak terwyl hulle wei Moeders maak n gorrelgeluid wanneer gevaar dreig en die kalwers reageer daarop As n buffel skrik of hom vererg uiter dit n luide ontploffende steungeluid Voedsel WysigDie buffel is nie n kieskeurige weier nie en eet die meeste van die beskikbare gras Dit verkies wel eerder blare as stingels en grassoorte wat ryk is aan ru proteien Die gemiddelde buffel eet tot 17 5 kg se plantmateriaal per dag Voortplanting Wysig n Koei en haar kalf in Tanzanie Die buffel se dragtigheidstydperk wissel tussen 330 tot 346 dae n Enkele kalf word gewoonlik gebore enige tyd van die jaar maar veral gedurende die somer Die kalf se geboortegewig is 36 kg Dit word gespeen enige tyd vanaf vyf tot 15 maande en die tydperk is ook afhanklik van of die volgende kalf gebore word Hulle beweeg naby die koei rond vir n periode van twee jaar Koeie kalf gewoonlik elke ander jaar of twee maal in drie jaar Bulle word volwasse op 8 jaar en koeie kalf die eerste keer op 5 jaar Die leeftyd van die buffel is ongeveer 15 jaar Spoor en veldtekens Wysig Buffelspore voorhoef links en agterhoef regs Die spoor van die voorhoef is groter as die van die agterhoef die voorhoef is links op die diagram Hulle mis lyk soos die van n bees meestal platgetrapte misbolle Fotogalery Wysig n Volwasse buffel in die veld Jagter wat n buffel geskiet het Woudbuffel Syncerus caffer nanus Soedanbuffels Syncerus caffer brachyceros Sien ook WysigLys van Suider Afrikaanse soogdiere Lys van Suider Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider Afrikaanse soogdiere en hul ordesVerwysings Wysig IUCN SSC Antelope Specialist Group 2008 Syncerus caffer 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008 Verkry op 29 Maart 2009 Database entry includes a brief justification of why this species is of least concern Bronne Wysig en Ronald M Nowak Walker s Mammals of the World Johns Hopkins University Press 1999 ISBN 0 8018 5789 9 en Peter Apps Smither s Mammals of Southern Africa A field guide Derde uitgawe 2000 af Chris en Tilde Stuart Veldgids tot die soogdiere van Suider Afrika Eerste uitgawe 1988 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Buffel Sien buffel in Wiktionary die vrye woordeboek Wikispecies het meer inligting oor Buffel en Syncerus caffer Geargiveer 29 Junie 2012 op Wayback Machine in die IUBN Rooi Lys van Bedreigde Spesies 2006 Antelope Specialist Group 1996 en Britta Meyer Wildlife of special interest en Beelde van Buffels Video Video Battle Kruger Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Buffel amp ol,