×
Bruindwerg

Bruindwerge word op dieselfde manier as sterre gevorm, dit wil sê deur die sametrekking van ’n wolk gas en stof, maar die massa van die sametrekkende wolk is onvoldoende om die fusie van waterstof (1H) in helium in hul kern mee te bring. Om dié rede word bruindwerge soms "mislukte sterre" genoem.

Hulle verbrand egter vermoedelik deuterium (2H), en dalk ook litium (7Li) as hulle massa groter as65 MJ is. Die minimum massa wat vereis word om volhoubare waterstofverbranding te begin, vorm die boonste perk van die definisie wat tans deur die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) gebruik word, terwyl die minimum massa vir die verbranding van deuterium (~13 MJ) die onderste limiet van die klas vorm; daaronder lê die planete.

’n Vergelyking tussen die Son, ’n bruindwerg, Jupiter en die Aarde. Die meeste bruindwerge is effens kleiner as Jupiter (15-20%), maar die massa kan tot 80 keer so groot wees vanweë ’n groter digtheid. Die voorstelling is nie volgens skaal nie.

Daar word gedebatteer oor of bruindwerge dalk beter gedefinieer kan word deur hulle vormingsproses as deur die teoretiese massaperke volgens kernfusiereaksies. Volgens dié vertolking is bruindwerge dié voorwerpe wat die produkte met die laagste massa in die stervormingsproses verteenwoordig, terwyl planete voorwerpe is wat gevorm word in ’n akkresieskyf om die ster. Die koelste vrydrywende voorwerpe wat nog ontdek is, soos WISE 0855, asook die voorwerpe met die laagste bekende massa, soos PSO J318.5−22, het vermoedelik massas keiner as13 MJ, en dus word soms na hulle verwys as "planetêremassavoorwerpe" omdat dit onseker is of hulle as dwaalplanete of as bruindwerge beskou behoort te word. Daar is planetêremassavoorwerpe wat om bruindwerge wentel, soos 2M1207b, MOA-2007-BLG-192Lb en 2MASS J044144b.

Sterrekundiges klassifiseer voorwerpe wat self lig uitstraal volgens spektraalklas, ’n onderskeid wat na gelang van oppervlaktemperatuur getref word, en bruindwerge kom voor in klas M asook klas L, T en Y. Omdat hulle nie stabiele waterstoffusie ondergaan nie, koel hulle mettertyd af en gaan hulle deur latere spektraalklasse namate hulle ouer word.

Ondanks hulle naam is die sterre nie werklik bruin van kleur nie, maar lyk hulle of hulle ander kleure het na gelang van hulle temperatuur. Die warmstes is waarskynlik oranje tot rooi, terwyl koeler bruindwerge waarskynlik magenta sal lyk vir die blote menslike oog. Bruindwerge kan ten volle konvektief wees, met geen lae of chemiese differensiasie volgens diepte nie.

Hoewel teorieë oor hulle bestaan reeds in die 1960's bestaan het, is die eerste sterre wat ongetwyfeld bruindwerge is eers in die middel 1990's ontdek. Omdat hulle oppervlaktemperatuur relatief laag is, is hulle nie baie helder op sigbare golflengtes nie en straal hulle die meeste van hulle lig in die infrarooi uit. Ná die ontdekking van beter infrarooi-opsporingstoestelle is duisende bruindwerge al geïdentifiseer.

Die naaste bruindwerge lê in die Luhman 16-stelsel, ’n dubbelster met ’n klas L- en klas T-ster op ’n afstand van sowat 6,5 ligjare. Luhman 16 is die naaste ster aan die Aarde naas Alpha Centauri en Barnard se Ster.

  1. Boss, Alan (2001-04-03). . Carnegie Institution of Washington. Geargiveer vanaf op 2006-09-28. Besoek op2006-06-08.
  2. Nicholos Wethington (6 Oktober 2008). . Universetoday.com. Besoek op30 Januarie 2013.
  3. Boss, Alan (2001-04-03). . Carnegie Institution of Washington. Geargiveer vanaf op 2006-09-28. Besoek op2006-06-08.
  4. Sorahana, S.; et al. (2013). . The Astrophysical Journal. 767 (1): 77. arXiv:. Bibcode:. doi:. We find that the brown dwarf radius ranges between 0.64-1.13 RJ with an average radius of 0.83 RJ.
  5. Burgasser, A. J. (Junie 2008). (PDF). Physics Today. 61 (6): 70–71. Bibcode:. doi:. Geargiveer vanaf (PDF) op 8 Mei 2013. Besoek op11 Januarie 2016.
  6. Cushing, Michael C. (2014), , in Joergens, Viki, 50 Years of Brown Dwarfs – From Prediction to Discovery to Forefront of Research, Astrophysics and Space Science Library, 401, Springer, pp. 113–140, doi:, ISBN 978-3-319-01162-2,
  7. Cain, Fraser (6 Januarie 2009). . Besoek op24 September 2013.
  8. Burrows, A.; Hubbard, W.B.; Lunine, J.I.; Liebert, J. (2001). "The Theory of Brown Dwarfs and Extrasolar Giant Planets". Reviews of Modern Physics. 73 (3): 719–765. arXiv:. Bibcode:. doi:. S2CID .
  9. Ian O'Neill (13 September 2011). . Discovery.com. Besoek op30 Januarie 2013.

Publikasie datum: September 26, 2021

bruindwerg, hertzsprung, russell, diagram, spektraaltipe, bruin, dwerge, dwerge, rooi, dwerge, subdwerge, hoofreeks, dwerge, subreuse, reuse, helder, reuse, superreuse, hiperreuse, absolute, magni, tude, kleiner, kleinste, sterre, maar, groter, grootste, gaspl. Hertzsprung Russell diagram Spektraaltipe Bruin dwerge Wit dwerge Rooi dwerge Subdwerge Hoofreeks dwerge Subreuse Reuse Helder reuse Superreuse Hiperreuse Absolute magni tude MV n Bruindwerg is kleiner as die kleinste sterre maar groter as die grootste gasplanete met n massa van sowat 13 tot 80 keer die van Jupiter MJ 1 2 Beskrywing WysigBruindwerge word op dieselfde manier as sterre gevorm dit wil se deur die sametrekking van n wolk gas en stof maar die massa van die sametrekkende wolk is onvoldoende om die fusie van waterstof 1H in helium in hul kern mee te bring Om die rede word bruindwerge soms mislukte sterre genoem Hulle verbrand egter vermoedelik deuterium 2H en dalk ook litium 7Li as hulle massa groter as 65 MJ is 2 Die minimum massa wat vereis word om volhoubare waterstofverbranding te begin vorm die boonste perk van die definisie wat tans deur die Internasionale Astronomiese Unie IAU gebruik word terwyl die minimum massa vir die verbranding van deuterium 13 MJ die onderste limiet van die klas vorm daaronder le die planete 2 3 n Vergelyking tussen die Son n bruindwerg Jupiter en die Aarde Die meeste bruindwerge is effens kleiner as Jupiter 15 20 4 maar die massa kan tot 80 keer so groot wees vanwee n groter digtheid Die voorstelling is nie volgens skaal nie Daar word gedebatteer oor of bruindwerge dalk beter gedefinieer kan word deur hulle vormingsproses as deur die teoretiese massaperke volgens kernfusiereaksies 5 Volgens die vertolking is bruindwerge die voorwerpe wat die produkte met die laagste massa in die stervormingsproses verteenwoordig terwyl planete voorwerpe is wat gevorm word in n akkresieskyf om die ster Die koelste vrydrywende voorwerpe wat nog ontdek is soos WISE 0855 asook die voorwerpe met die laagste bekende massa soos PSO J318 5 22 het vermoedelik massas keiner as 13 MJ en dus word soms na hulle verwys as planeteremassavoorwerpe omdat dit onseker is of hulle as dwaalplanete of as bruindwerge beskou behoort te word Daar is planeteremassavoorwerpe wat om bruindwerge wentel soos 2M1207b MOA 2007 BLG 192Lb en 2MASS J044144b Sterrekundiges klassifiseer voorwerpe wat self lig uitstraal volgens spektraalklas n onderskeid wat na gelang van oppervlaktemperatuur getref word en bruindwerge kom voor in klas M asook klas L T en Y 5 6 Omdat hulle nie stabiele waterstoffusie ondergaan nie koel hulle mettertyd af en gaan hulle deur latere spektraalklasse namate hulle ouer word Ondanks hulle naam is die sterre nie werklik bruin van kleur nie maar lyk hulle of hulle ander kleure het na gelang van hulle temperatuur 5 Die warmstes is waarskynlik oranje tot rooi 7 terwyl koeler bruindwerge waarskynlik magenta sal lyk vir die blote menslike oog 5 8 Bruindwerge kan ten volle konvektief wees met geen lae of chemiese differensiasie volgens diepte nie 9 Hoewel teoriee oor hulle bestaan reeds in die 1960 s bestaan het is die eerste sterre wat ongetwyfeld bruindwerge is eers in die middel 1990 s ontdek Omdat hulle oppervlaktemperatuur relatief laag is is hulle nie baie helder op sigbare golflengtes nie en straal hulle die meeste van hulle lig in die infrarooi uit Na die ontdekking van beter infrarooi opsporingstoestelle is duisende bruindwerge al geidentifiseer Die naaste bruindwerge le in die Luhman 16 stelsel n dubbelster met n klas L en klas T ster op n afstand van sowat 6 5 ligjare Luhman 16 is die naaste ster aan die Aarde naas Alpha Centauri en Barnard se Ster Verwysings Wysig Boss Alan 2001 04 03 Are They Planets or What Carnegie Institution of Washington Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2006 09 28 Besoek op 2006 06 08 2 0 2 1 2 2 Nicholos Wethington 6 Oktober 2008 Dense Exoplanet Creates Classification Calamity Universetoday com Besoek op 30 Januarie 2013 Boss Alan 2001 04 03 Are They Planets or What Carnegie Institution of Washington Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2006 09 28 Besoek op 2006 06 08 Sorahana S et al 2013 On the Radii of Brown Dwarfs Measured with AKARI Near infrared Spectroscopy The Astrophysical Journal 767 1 77 arXiv 1304 1259 Bibcode 2013ApJ 767 77S doi 10 1088 0004 637X 767 1 77 We find that the brown dwarf radius ranges between 0 64 1 13 RJ with an average radius of 0 83 RJ 5 0 5 1 5 2 5 3 Burgasser A J Junie 2008 Brown dwarfs Failed stars super Jupiters PDF Physics Today 61 6 70 71 Bibcode 2008PhT 61f 70B doi 10 1063 1 2947658 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 8 Mei 2013 Besoek op 11 Januarie 2016 Cushing Michael C 2014 Ultracool Objects L T and Y Dwarfs in Joergens Viki 50 Years of Brown Dwarfs From Prediction to Discovery to Forefront of Research Astrophysics and Space Science Library 401 Springer pp 113 140 doi 10 1007 978 3 319 01162 2 7 ISBN 978 3 319 01162 2 https www springer com astronomy book 978 3 319 01161 5 Cain Fraser 6 Januarie 2009 If Brown Isn t a Color What Color are Brown Dwarfs Besoek op 24 September 2013 Burrows A Hubbard W B Lunine J I Liebert J 2001 The Theory of Brown Dwarfs and Extrasolar Giant Planets Reviews of Modern Physics 73 3 719 765 arXiv astro ph 0103383 Bibcode 2001RvMP 73 719B doi 10 1103 RevModPhys 73 719 S2CID 204927572 Ian O Neill 13 September 2011 Violent Storms Rage on Nearby Brown Dwarf Discovery com Besoek op 30 Januarie 2013 Skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bruindwerg Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Bruindwerg amp ol,