×
Brigitte Bardot

Brigitte Bardot (* 28 September 1934 in Parys) is 'n Franse aktrise, fotomodel en sangeres. Sy het in die vyftiger- en sestigerjare internasionaal bekendheid verwerf as 'n sekssimbool en vinnig 'n legende geword. Van die flieks waarin sy te sien was, is: And God Created Woman en Contempt.

Brigitte Bardot
Geboorte 28 September 1934 (1934-09-28) (86 jaar oud)
Parys, Île-de-France
Nasionaliteit Frankryk
Beroep(e) Aktrise
Sangeres
Aktivis
Aktiewe jare 1952–1973

Nadat sy haar in die sewentigerjare aan die rolprentbedryf onttrek het, verwerf sy bekendheid as 'n politieke aktivis vir diereregte. Haar uitlatings oor immigrasie, Islam in Frankryk, rasvermenging en homoseksualiteit is steeds omstrede. Sy is een van die bekendste ondersteuners van Frankryk se Front National party.

Inhoud

Brigitte Bardot in 1968

Brigitte Bardot is die dogter van Anne-Marie Mucel (1912–1978) en Louis "Pilou" Bardot (1896–1975), 'n nyweraar van Lotaringe met 'n ingenieursgraad. Haar moeder het reeds vroeg begin om haar belangstelling in musiek en dans te bevorder, en op vyftienjarige leeftyd het sy model vir die tydskrif Elle geword.

In 1952 het sy haar debuut op die silwerdoek met die rolprent Le Trou Normand gemaak. Sy het dieselfde jaar op agtienjarige leeftyd met die regisseur Roger Vadim getrou.

Brigitte Bardot het danksy ongekende mediadekking een van die bekendste Europese aktrises van die vyftiger- en sestigerjare geword en het saam met Marilyn Monroe 'n ideaal van vroulike seksualiteit vir gehore in Europa en oorsee versinnebeeld.

Haar rolprente was in die vyftigerjare hoofsaaklik romantiese dramas, wat soms ook historiese onderwerpe behandel het, en sy het veral as 'n soort sirene opgetree – 'n rol wat dikwels ontkleding ingesluit het. Haar Franstalige rolprente is vir die internasionale mark van onder meer Engelse en Duitse klankbane voorsien.

Vadim het egter meer gesoek as ligte vermaak. Die Nuwe Styl van die Franse en Italiaanse filmkuns en sy sterre was baie gewild op die internasionale mark, en dit was duidelik dat Brigitte Bardot meer ambisieuse rolle moes aanpak om as 'n ernstige aktrise erken te word. In Jean-Louis Trintignant se film Et Dieu... Crea la Femme ("En God...het die Vrou Geskep"), wat in 1956 vrygestel is, wys Brigitte haar slag as 'n ernstige aktrise. Die film oor die immorele gedrag van 'n tienermeisie teen die agtergrond van 'n fatsoenlike dorpsgemeenskap word 'n internasionale sukses, waarmee Brigitte nader aan die hoofstroom van die destydse Europese filmkuns beweeg het.

Brigitte Bardot. Skulptuur in Búzios, (Brasilië - 'n strandoord wat danksy Bardot in die 1960's 'n gewilde strandoord vir stralerjakkeraars geword het)

Haar gewaagde rolle was té sensueel vir die preutse Amerikaners, aangesien die filmnywerheid in Hollywood destyds nog deur aktrises soos Doris Day oorheers is. Erotiese rolprente uit Europa, soos Brigitte se Cette sacrée gamine (1955), was in Amerika beperk tot 'n klein mark. Haar beperkte kennis van Engels en haar sterk Franse aksent was eweneens hinderpale vir 'n loopbaan in Amerika.

Brigitte Bardot en Vadim het in 1957 geskei, en in 1959 het Brigitte met die akteur Jacques Charrier getrou, die vader van haar enigste seun, Nicolas-Jacques Charrier. Die paparazzi-fotograwe het haar nuwe huwelik probeer uitbuit met steeds nuwe foto's en berigte, terwyl daar heelwat onenigheid bestaan het oor haar verdere loopbaan. Haar rolprentprojekte het meer ambisieus geword, maar terselfdertyd het sy moeite gedoen om steeds ook erkenning as 'n gewilde glansmodel te geniet.

Die regisseur Louis Malle se rolprent Vie privée (1960) bevat outobiografiese elemente van Brigitte. Een van sy tonele, waarin die karakter, wat sy speel, deur 'n skoonmaakster in die hysbak vurig toegespreek en 'n boemelaar en 'n flerrie genoem word, is op 'n werklike gebeurtenis gebaseer.

Brigitte het haar kort daarna grootliks aan die openbare lewe onttrek en in Suid-Frankryk gevestig. In hierdie periode het sy verskeie selfmoordpogings oorleef. Die opspraakwekkendste selfmoordpoging was op haar 26ste verjaardag, toe sy 'n bottel slaappille gesluk en haar polse gesny het.

Dwarsdeur die sestigerjare het sy glansrolle soos in Viva Maria (1969) gespeel, popmusiek as stokperdjie gedoen en nog steeds as glansmodel opgetree. Belangrike rolprentprojekte het Jean-Luc Godard se Le Mépris ("Veragting") en die Hollywoodproduksie Dear Brigitte (1965) met Jimmy Stewart ingesluit, waarin sy haarself gespeel het.

Brigitte het later met die Duitse miljoenêr Gunter Sachs (1966–1969) en in 1992 met Bernard d'Ormale, haar huidige eggenoot, getrou. Sy het daarnaas ook verhoudings met ander mans soos die Franse sangers Serge Gainsbourg en Sacha Distel gehad.

Die opwindende kulturele lewe van Europa in die sestigerjare het dié van Hollywood in baie opsigte oortref, en Brigitte is tot die "ere-seksgodin" van dié dekade gekies. Net soos Marilyn Monroe en Jackie Kennedy het sy as 'n motief vir Andy Warhol se skilderye gedien. Die Franse beeldhouer Alain Gourdon het Brigitte Bardot in 1970 as model vir sy borsbeeld van Marianne, die nasionale simbool van die Franse Republiek gebruik.

Brigitte Bardot in 2002 (68 jaar oud)

Net voor haar veertigste verjaardag in 1974 kondig Brigitte Bardot haar aftrede aan. Nadat sy in meer as vyftig rolprente opgetree en 'n aantal langspelers (veral saam met Serge Gainsbourg) opgeneem het, besluit sy om haar bekendheid vir die beskerming van diereregte te gebruik.

In 1986 het sy die Brigitte-Bardot-Stigting vir die Welvaart en Beskerming van Diere gestig. Danksy die verkoping van haar juwele en ander persoonlike besittings het sy drie miljoen Franse frank ingesamel, wat vir die stigting gebruik is. Tans is sy een van die invloedrykste diereregte-aktiviste ter wêreld.

Brigitte Bardot tree onder meer as 'n teenstander van die tradisionele robbejag in Kanada op en het hierdie praktyk tydens 'n besoek aan dié land skerp veroordeel. Die Brigitte-Bardot-Stigting beywer hom tans vir 'n boikot van Kanadese produkte.

  • 1952 — Le trou normand
  • 1952 — Les dents longues
  • 1952 — Manina, la fille sans voile
  • 1953 — Le portrait de son père
  • 1953 — Un acte d'amour (Contempt)
  • 1954 — Tradita
  • 1954 — Si Versailles m'était conté
  • 1955 — La lumière d'en face
  • 1955 — Futures vedettes
  • 1955 — Le fils de Caroline chérie
  • 1955 — Doctor at Sea
  • 1955 — Les grandes manoeuvres
  • 1956 — La mariée est trop belle
  • 1956 — Helen of Troy
  • 1956 — Cette sacrée gamine
  • 1956 — Mio figlio Nerone
  • 1956 — En effeuillant la marguerite
  • 1956 — Et Dieu... créa la femme (And God Created Woman)
  • 1957 — Une parisienne
  • 1958 — Les bijoutiers du clair de lune
  • 1958 — En cas de malheur
  • 1959 — La femme et le pantin
  • 1959 — Babette s'en va-t-en guerre
  • 1959 — Voulez-vous danser avec moi?
  • 1960 — L' affaire d'une nuit
  • 1960 — La vérité
  • 1961 — La bride sur le cou
  • 1961 — Amours célèbres
  • 1962 — Vie privée
  • 1962 — Le repos du guerrier
  • 1963 — Le mépris
  • 1964 — Une ravissante idiote
  • 1965 — Viva Maria!
  • 1966 — Marie Soleil
  • 1966 — Masculin féminin: 15 faits précis
  • 1967 — À coeur joie
  • 1968 — Tre passi nel delirio
  • 1968 — Shalako
  • 1969 — L' ours et la poupée
  • 1969 — Les femmes
  • 1970 — Les novices
  • 1971 — Boulevard du rhum
  • 1971 — Les pétroleuses
  • 1973 — Don Juan 73 ou Si Don Juan était une femme...
  • 1973 — L' histoire très bonne et très joyeuse de Colinot Trousse-Chemise
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Publikasie datum: Augustus 08, 2021

brigitte, bardot, september, 1934, parys, franse, aktrise, fotomodel, sangeres, vyftiger, sestigerjare, internasionaal, bekendheid, verwerf, sekssimbool, vinnig, legende, geword, flieks, waarin, sien, created, woman, contempt, geboorte, september, 1934, 1934, j. Brigitte Bardot 28 September 1934 in Parys is n Franse aktrise fotomodel en sangeres Sy het in die vyftiger en sestigerjare internasionaal bekendheid verwerf as n sekssimbool en vinnig n legende geword Van die flieks waarin sy te sien was is And God Created Woman en Contempt 1 Brigitte BardotGeboorte 28 September 1934 1934 09 28 86 jaar oud Parys Ile de FranceNasionaliteit FrankrykBeroep e Aktrise Sangeres AktivisAktiewe jare 1952 1973 Nadat sy haar in die sewentigerjare aan die rolprentbedryf onttrek het verwerf sy bekendheid as n politieke aktivis vir diereregte Haar uitlatings oor immigrasie Islam in Frankryk rasvermenging en homoseksualiteit is steeds omstrede Sy is een van die bekendste ondersteuners van Frankryk se Front National party Inhoud 1 Biografie 2 Aktivisme 3 Filmografie 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsBiografie Wysig Brigitte Bardot in 1968 Brigitte Bardot is die dogter van Anne Marie Mucel 1912 1978 en Louis Pilou Bardot 1896 1975 n nyweraar van Lotaringe met n ingenieursgraad Haar moeder het reeds vroeg begin om haar belangstelling in musiek en dans te bevorder en op vyftienjarige leeftyd het sy model vir die tydskrif Elle geword In 1952 het sy haar debuut op die silwerdoek met die rolprent Le Trou Normand gemaak Sy het dieselfde jaar op agtienjarige leeftyd met die regisseur Roger Vadim getrou Brigitte Bardot het danksy ongekende mediadekking een van die bekendste Europese aktrises van die vyftiger en sestigerjare geword en het saam met Marilyn Monroe n ideaal van vroulike seksualiteit vir gehore in Europa en oorsee versinnebeeld Haar rolprente was in die vyftigerjare hoofsaaklik romantiese dramas wat soms ook historiese onderwerpe behandel het en sy het veral as n soort sirene opgetree n rol wat dikwels ontkleding ingesluit het Haar Franstalige rolprente is vir die internasionale mark van onder meer Engelse en Duitse klankbane voorsien Vadim het egter meer gesoek as ligte vermaak Die Nuwe Styl van die Franse en Italiaanse filmkuns en sy sterre was baie gewild op die internasionale mark en dit was duidelik dat Brigitte Bardot meer ambisieuse rolle moes aanpak om as n ernstige aktrise erken te word In Jean Louis Trintignant se film Et Dieu Crea la Femme En God het die Vrou Geskep wat in 1956 vrygestel is wys Brigitte haar slag as n ernstige aktrise Die film oor die immorele gedrag van n tienermeisie teen die agtergrond van n fatsoenlike dorpsgemeenskap word n internasionale sukses waarmee Brigitte nader aan die hoofstroom van die destydse Europese filmkuns beweeg het Brigitte Bardot Skulptuur in Buzios Brasilie n strandoord wat danksy Bardot in die 1960 s n gewilde strandoord vir stralerjakkeraars geword het Haar gewaagde rolle was te sensueel vir die preutse Amerikaners aangesien die filmnywerheid in Hollywood destyds nog deur aktrises soos Doris Day oorheers is Erotiese rolprente uit Europa soos Brigitte se Cette sacree gamine 1955 was in Amerika beperk tot n klein mark Haar beperkte kennis van Engels en haar sterk Franse aksent was eweneens hinderpale vir n loopbaan in Amerika Brigitte Bardot en Vadim het in 1957 geskei en in 1959 het Brigitte met die akteur Jacques Charrier getrou die vader van haar enigste seun Nicolas Jacques Charrier Die paparazzi fotograwe het haar nuwe huwelik probeer uitbuit met steeds nuwe foto s en berigte terwyl daar heelwat onenigheid bestaan het oor haar verdere loopbaan Haar rolprentprojekte het meer ambisieus geword maar terselfdertyd het sy moeite gedoen om steeds ook erkenning as n gewilde glansmodel te geniet Die regisseur Louis Malle se rolprent Vie privee 1960 bevat outobiografiese elemente van Brigitte Een van sy tonele waarin die karakter wat sy speel deur n skoonmaakster in die hysbak vurig toegespreek en n boemelaar en n flerrie genoem word is op n werklike gebeurtenis gebaseer Brigitte het haar kort daarna grootliks aan die openbare lewe onttrek en in Suid Frankryk gevestig In hierdie periode het sy verskeie selfmoordpogings oorleef Die opspraakwekkendste selfmoordpoging was op haar 26ste verjaardag toe sy n bottel slaappille gesluk en haar polse gesny het Dwarsdeur die sestigerjare het sy glansrolle soos in Viva Maria 1969 gespeel popmusiek as stokperdjie gedoen en nog steeds as glansmodel opgetree Belangrike rolprentprojekte het Jean Luc Godard se Le Mepris Veragting en die Hollywoodproduksie Dear Brigitte 1965 met Jimmy Stewart ingesluit waarin sy haarself gespeel het Brigitte het later met die Duitse miljoener Gunter Sachs 1966 1969 en in 1992 met Bernard d Ormale haar huidige eggenoot getrou Sy het daarnaas ook verhoudings met ander mans soos die Franse sangers Serge Gainsbourg en Sacha Distel gehad Die opwindende kulturele lewe van Europa in die sestigerjare het die van Hollywood in baie opsigte oortref en Brigitte is tot die ere seksgodin van die dekade gekies Net soos Marilyn Monroe en Jackie Kennedy het sy as n motief vir Andy Warhol se skilderye gedien Die Franse beeldhouer Alain Gourdon het Brigitte Bardot in 1970 as model vir sy borsbeeld van Marianne die nasionale simbool van die Franse Republiek gebruik Aktivisme Wysig Brigitte Bardot in 2002 68 jaar oud Net voor haar veertigste verjaardag in 1974 kondig Brigitte Bardot haar aftrede aan Nadat sy in meer as vyftig rolprente opgetree en n aantal langspelers veral saam met Serge Gainsbourg opgeneem het besluit sy om haar bekendheid vir die beskerming van diereregte te gebruik In 1986 het sy die Brigitte Bardot Stigting vir die Welvaart en Beskerming van Diere gestig Danksy die verkoping van haar juwele en ander persoonlike besittings het sy drie miljoen Franse frank ingesamel wat vir die stigting gebruik is Tans is sy een van die invloedrykste diereregte aktiviste ter wereld Brigitte Bardot tree onder meer as n teenstander van die tradisionele robbejag in Kanada op en het hierdie praktyk tydens n besoek aan die land skerp veroordeel Die Brigitte Bardot Stigting beywer hom tans vir n boikot van Kanadese produkte Filmografie Wysig1952 Le trou normand 1952 Les dents longues 1952 Manina la fille sans voile 1953 Le portrait de son pere 1953 Un acte d amour Contempt 1954 Tradita 1954 Si Versailles m etait conte 1955 La lumiere d en face 1955 Futures vedettes 1955 Le fils de Caroline cherie 1955 Doctor at Sea 1955 Les grandes manoeuvres 1956 La mariee est trop belle 1956 Helen of Troy 1956 Cette sacree gamine 1956 Mio figlio Nerone 1956 En effeuillant la marguerite 1956 Et Dieu crea la femme And God Created Woman 1957 Une parisienne 1958 Les bijoutiers du clair de lune 1958 En cas de malheur 1959 La femme et le pantin 1959 Babette s en va t en guerre 1959 Voulez vous danser avec moi 1960 L affaire d une nuit 1960 La verite 1961 La bride sur le cou 1961 Amours celebres 1962 Vie privee 1962 Le repos du guerrier 1963 Le mepris 1964 Une ravissante idiote 1965 Viva Maria 1966 Marie Soleil 1966 Masculin feminin 15 faits precis 1967 A coeur joie 1968 Tre passi nel delirio 1968 Shalako 1969 L ours et la poupee 1969 Les femmes 1970 Les novices 1971 Boulevard du rhum 1971 Les petroleuses 1973 Don Juan 73 ou Si Don Juan etait une femme 1973 L histoire tres bonne et tres joyeuse de Colinot Trousse ChemiseVerwysings Wysig HAT Taal en feitegids Pearson Desember 2013 ISBN 978 1 77578 243 8Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Brigitte Bardot Fondation Brigitte Bardot Brigitte Bardot Stigting A Tribute to Gainsbourg met n biografie van Brigitte Bardot 6 Brigitte Bardot Video Brigitte Bardot in die Internet rolprentdatabasisOntsluit van https af wikipedia org w index php title Brigitte Bardot amp ol,