×
Brandenburg
Hierdie bladsy handel oor die deelstaat Brandenburg, vir die stad in Brandenburg, sien Brandenburg an der Havel.
Land Brandenburg
Land Brannenborg
Kraj Bramborska
Landsvlag Landswapen
(Besonderhede (Besonderhede)
Basiese gegewens
Ampstaal: Duits, Neder-Sorbies, Nederduits
Hoofstad: Potsdam
Stigting: 3 Oktober 1990
Oppervlakte: 29 654,4 vk km (5de)
Bevolking: 2 521 893 (10de) (31 Desember 2019)
Bevolkingsdigtheid: 85 inwoners per vk km (15de)
BBP
- Totaal
- % Verandering teenoor vorige jaar
2018
73,122 miljard €
3,3 % (2017)
Nie-amptelike volkslied: Märkische Heide
Skuldlas per inwoner: 6 433 € (2019)
Totale skuldlas: 16,189 miljard € (30 September 2019)
Werkloosheidsyfer: 5,5 % (Desember 2019)
ISO 3166-2: DE-BB
Amptelike webwerf:
Politiek
Eerste Minister: Dietmar Woidke (SPD)
(sedert 28 Augustus 2013)
Regerende partye: SPD, CDU en Grüne
Setels in die parlement (Landtag)
(88 setels)
(2014: 88 setels):
SPD 25 (2014: 30)
AfD 23 (11)
CDU 15 (21)
Die Linke 10 (17)
Bündnis 90/Die Grünen 10 (6)
BVB/FW 5 (3)
Laaste verkiesing: 1 September 2019
Volgende verkiesing: 2024
Parlementêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 4 (van 69)
Kaart

Brandenburg (Duits: [ˈbʁandn̩ˌbʊʁk](hulp·inligting), Nederduits: Bramborg/Brannenborg, Neder-Sorbies: Bramborska) is 'n deelstaat in die noordooste van Duitsland. Die administratiewe hoofstad en grootste stad is Potsdam. Brandenburg grens in die ooste aan Pole, in die suide aan die deelstaat Sakse, in die weste aan die deelstaat Sakse-Anhalt, in die uiterste weste langs 'n klein deel van die Elbe se rivierloop aan die deelstaat Nedersakse en in die noorde aan Mecklenburg-Voorpommere. Die Duitse hoofstad Berlyn, wat 'n eie deelstaat vorm, word volledig deur Brandenburg omring.

Brandenburg, land van bosse: Vir elke bewoner is daar 300 bome. Die foto wys 'n eikeboom
Brandenburg, land van mere: Stechlinmeer
Die Sternenpark Westhavelland, in Februarie 2014 gesertifiseer deur die International Dark Sky Association (IDA) en grotendeels in die distrik Havelland sowat 70 km wes van Berlyn geleë, word onder die donkerste streke in Duitsland gereken. Die park is vir sterrekykers net so ideaal en vry van ligbesoedeling soos afgeleë gebiede van Namibië. Byna die enigste lig is die natuurlike hemellig met 'n oppervlakhelderheid van 21,78 mag/arcsec²

Brandenburg se wisselvallige geskiedenis word in historiese bronne gedokumenteer wat sowat tien eeue terugstrek. Die land se status en grense was voortdurend aan veranderinge onderworpe. So het Brandenburg aanvanklik as markgraafskap bestaan, om later 'n keurvorstedom, die kerngebied van Pruise en een van sy provinsies en uiteindelik 'n deelstaat van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) te word wat reeds vyf jaar ná sy stigting in 1947 weer ontbind en in drie administratiewe distrikte – Potsdam, Frankfurt (Oder) en Cottbus – omgeskep is. Met die hereniging van Wes- en Oos-Duitsland op 3 Oktober 1990 het Brandenburg sy vorige status herwin om een van die sestien deelstate van die Federale Republiek van Duitsland te word.

Brandenburg is ten opsigte van sy oppervlakte die grootste van vyf nuwe oostelike deelstate wat op die gebied van die voormalige DDR gevorm is. Sy infrastruktuur is veral op Berlyn gerig, wat soos 'n eiland in die hart van Brandenburg lê. So word na Brandenburg dikwels as 'n deelstaat sonder geografiese hartland verwys.

Saam met Berlyn vorm Brandenburg die metropolitaanse gebied (Duits: Metropolregion) Berlyn-Brandenburg, en ook die welvarendste nedersettings van Brandenburg is in die omgewing van Berlyn geleë. Baie voormalige bewoners van die Duitse hoofstad het hulle hier in die landelike groen gordel gevestig.

Die periferie van Brandenburg word deur yl bevolkte gebiede gekenmerk, wat veral op die landbou steun, soos Prignitz, Fläming, Spreewald, Oderbruch of Uckermark. In die omgewing van die stad Cottbus in die suidooste lê uitgestrekte dagboumyngebiede, waar groot hoeveelhede bruinkool vir die termiese kragsentrales van die gebied ontgin word.

Op die oog af is Brandenburg met meer as 3 000 mere en sowat 33 000 kilometer se rivierlope een van die waterrykste deelstate van Duitsland. Maar ondanks hierdie groot hoeveelhede oppervlakwater is daar 'n tekort aan grondwater, en die gebied ontvang in vergelyking met ander deelstate 'n lae reënval. Brandenburg is bowendien 'n sanderige streek waar die grond sonder aangepaste landboumetodes meestal te arm is vir intensiewe boerdery.

Inhoud

Landskapstoneel in die Unesco-biosfeerreservaat Spreewald
Oggendmis in die biosfeerreservaat Flusslandschaft Elbe-Brandenburg
Grenslandskap Oderbruch: Uitsig oor die Oderrivier, met die vroeëre Poolse vesting in Kostrzyn nad Odrą op die agtergrond

Brandenburg lê in die Noord-Duitse Laagvlakte. Sy reliëf word deur twee heuwelreekse en twee laagtes oorheers. Die laagtes is riviervalleie, wat aan sy kante deur moerasgebiede begrens word. Hulle is meestal drooggelê en het vroeër groot hoeveelhede turf opgelewer. Die riviervalleie word in die plaaslike Duitse vakterminologie Bruch of Luch genoem.

Die noordelike Brandenburg beslaan net klein dele van die Mecklenburgse Mereplato se Noordelike of Baltiese Heuwelreeks. Die heuwelreeks in die suide loop oor 'n lengte van 230 kilometer van die Lausitzer Hoogtes (of meer presies die Sorause Sandberge) in die ooste oor Triebel en Spremberg, Calau in die noordweste en tot by die kaal en dorre Fläming – 'n streek wat sy naam aan Vlaamse setlaars te danke het wat hulle hier in die Middeleeue gevestig het.

Die suidelike laagte lê teen die noordelike rand van die heuwelreeks, met die Spreewald as sy vernaamste landskap. Die noordelike laagte lê teen die voet van die Baltiese Heuwelreeks en word oorheers deur die riviervalleie van die Netze- en Warthebruch, die Oderbruch, die Finowvallei, die Havellandse Luch en die Elberiviervallei.

Tussen die twee laagtes lê 'n plato, wat vanaf die gebied van die Poolse stad Posen (Poznań) in die ooste in westelike rigting na Brandenburg loop. Sy vernaamste Brandenburgse landskappe is die Sternbergse Land, die Spreeplato en Middelmark. 'n Aantal laagtes deursny die plato vanuit die suidooste in noordwestelike rigting, soos byvoorbeeld die Faule Obravlakte en die Havelvallei. Die gebied word deur 'n aantal heuwels en heuwelreekse gekenmerk, waaronder die Semmelberg naby Bad Freienwalde op 'n hoogte van 157 meter bo seevlak, die Müggelberge in Berlyn-Köpenick (120 meter), die Havelberge 97 meter) en die Rauensche Berge naby Fürstenwalde (112 tot 152 meter).

Die hoogste bergpieke in Brandenburg is die Heidehoogte (Duits: Heidehöhe) naby die grens van die deelstaat Sakse in die suide en die Hagelberg naby Belzig in Fläming op 'n hoogte van 201 meter.

Die plato word oorwegend deur sanderige grond en uitgestrekte gebiede met dennebome en heide as die belangrikste flora gekenmerk. Ondanks sy dorre voorkoms is die grond orals deurmeng met leem en danksy aangepaste verbouingsmetodes geskik vir landbou.

Meer as 3 000 mere en sowat 33 000 kilometer se rivierlope en kanale maak van Brandenburg die waterrykste deelstaat van Duitsland. Nogtans word die land deur 'n tekort aan grondwater geknel. Die meeste groot mere en riviere word deur middel van kanale met mekaar verbind.

Wolke bring somerreën
Niederfinow, Barnim-distrik

Brandenburg is in die oorgangsgebied tussen die maritieme klimaatsone van Wes-Europa en die kontinentale klimaat van Oos-Europa geleë en het sodoende 'n gematigde kontinentale klimaat met betreklik warm somers en soms koue winters. Weens die relatief klein hoogteverskille van die terrein is temperatuurverskille tussen die verskillende landsdele beperk tot bepaalde weersituasies.

Die gemiddelde jaarlikse temperatuur wissel tussen 7 en 10 °C. Januarie is gewoonlik die koudste maand van die jaar, met 'n gemiddelde van -1 °C in die oostelike Brandenburg. Afhangende van die weersomstandighede kan die uiterstes in Januarie tussen -30 °C en +15 °C wees.

Julie is gewoonlik die warmste maand met 'n gemiddelde reënval van 34 millimeter en 'n gemiddelde temperatuur van 18 °C. Brandenburg behoort met 'n gemiddelde jaarlikse reënval van minder as 600 millimeter, wat hoofsaaklik in die somermaande aangeteken word, tot die droogste gebiede in Duitsland en Europa en word gedurende langer droë fases gereeld deur bosbrande bedreig. Net in enkele streke soos die Prignitz in die noordweste en in hoër geleë gebiede soos die Hohe Fläming en die Hohe Barnim word meer as 600 mm reënval aangeteken.

Die deelstaat het 'n gemiddelde 1 600 sonskynure per jaar. Dit maak van Brandenburg een van die sonnigste Duitse deelstate. In 2018 was Brandenburg en Berlyn die warmste van Duitsland se sestien deelstate. Die gemiddelde temperatuur in die somermaande tussen Junie en Augustus was in Brandenburg 20,3 °C (in vergelyking met 'n gemiddeld van 19,3 °C vir die hele Duitsland). Die deelstaat het in 2018 ook een van sy droogste somers en najare beleef.

Vroeë geskiedenis

Skuite is nog steeds 'n belangrike vervoermiddel in die waterryke Spreewald
'n Gerekonstrueerde Slawiese vesting in Raddusch, distrik Oberspreewald-Lausitz
Die groei van Brandenburg-Pruise tussen 1600 en 1795

Die Mark Brandenburg is 'n historiese landskap in die huidige ooste van Duitsland en die huidige weste van Pole. Die Duitse term Mark verwys na die gebied se rol as 'n grensland van die voormalige Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie. In geografiese opsig het die gebied groot dele van die huidige deelstaat Brandenburg, Berlyn, die landskap Altmark (in die noorde van die huidige deelstaat Sakse-Anhalt) en Neumark oos van die Oderrivier (wat tans deel uitmaak van die Poolse woiwodskappe Lubuskie en Wes-Pommere) beslaan. Dele van die huidige Brandenburg soos Neder-Lausitz in die suide het vroeër nie by die Mark Brandenburg behoort nie.

Die huidige deelstaat word in die Duitse omgangstaal dikwels nog steeds Mark Brandenburg of net Mark genoem.

Pruise

In historiese opsig het Brandenburg saam met Berlyn die hartland van Brandenburg-Pruise gevorm. Ná 1815 was Brandenburg die grootste provinsie van Pruise. As gevolg van die Wet oor die Vorming van Groot-Berlyn het die Duitse hoofstad Berlyn in 1920 'n selfstandige gebied word en is van die destydse provinsie Brandenburg geskei.

Nasionaalsosialistiese bewind en Tweede Wêreldoorlog

Oorlogskade in Potsdam in 1945

Die Nasionaalsosialistiese bewind het in Brandenburg, net soos elders in die Duitse Ryk, ingrypende veranderings saamgebring. Die politieke en industriële ontwikkeling is deur die ligging van Berlyn as setel van die NS-diktatuur beïnvloed. So is talle krygstuigfabrieke, militêre installasies en konsentrasiekampe (onder meer in Sachsenhausen naby Oranienburg en in Ravensbrück naby Fürstenberg an der Havel) in Brandenburg gevestig. Militêre aanlegte het van Brandenburgse stede soos Potsdam, Frankfurt (Oder), Prenzlau en Guben nog in die laaste oorlogsmaande van 1945 belangrike teikens van geallieerde lugaanvalle gemaak. Die Brandenburgse bevolkingsverliese in die bombardemente en miloitêre gevegte tussen Duitse en Sowjet-Russiese magte word op 'n halfmiljoen beraam.

Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog is die gebied deur die Rooi Leër beset. Die gebiede oos van die Oderrivier is by Pole ingelyf, en met die Duits-Poolse Grensverdrag van die jaar 1990 het die twee lande hulle grenslyn amptelik erken.

Sowjet-besetting en Duitse Demokratiese Republiek

Nog in die jaar 1945 is die provinsie Mark Brandenburg in die Sowjet-Besettingsone (SBS) met die administratiewe distrikte Potsdam en Frankfurt (Oder) gevorm. Die eerste Brandenburgse parlement, die Landtag, het vir die eerste keer in die herfs van 1946 vergader. Anders as die ander provinsies van die SBS het Brandenburg nie aan enige historiese tradisie van 'n eie regering of parlement aangeknoop nie, aangesien dit steeds deur die Pruisiese regering beheer is.

Ná die ontbinding van Pruise in Julie 1947 is die provinsie hernoem tot Land Brandenburg met 'n oppervlak van 27 612 vierkante kilometer. Die meeste instellings van die land het egter met die stigting van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) in 1949 die meeste van hulle oorspronklike funksies ingeboet. In 1952 is die Land Brandenburg as gevolg van die DDR se administratiewe hervorming ontbind en in drie distrikte (Duits: Bezirke) opgedeel – Cottbus, Frankfurt (Oder) en Potsdam.

Deelstaat in die herenigde Duitsland

Die Land Brandenburg is ter geleentheid van die Duitse hereniging op 3 Oktober 1990 herstig, en die nuwe Landtag (parlement) van Brandenburg het op 26 Oktober 1990 vir die eerste keer vergader. Die politieke ontwikkeling van die deelstaat is in die tydperk tussen 1990 en 2002 deur die Eerste Minister Manfred Stolpe oorheers, ondanks bewerings dat hy vroeër kontakte met die Staatsveiligheidsdiens van die DDR sou onderhou het en onrusbarend hoë werkloosheidsyfers. In Mei 1996 het die burgers van Brandenburg in 'n referendum teen die voorgestelde vereniging met die deelstaat Berlyn gestem.

Sedert 'n administratiewe hervorming in 1993 word Brandenburg in 14 landelike distrikte en vier selfregerende stede verdeel.

Landelike distrikte

Die Brandenburgse distrikte en hulle hoofstede
  1. Barnim, Eberswalde (BAR)
  2. Dahme-Spreewald, Lübben (Spreewald) (LDS)
  3. Elbe-Elster, Herzberg (Elster) (EE)
  4. Havelland, Rathenow (HVL)
  5. Märkisch-Oderland, Seelow (MOL)
  6. Oberhavel, Oranienburg (OHV)
  7. Oberspreewald-Lausitz, Senftenberg (OSL)
  8. Oder-Spree, Beeskow (LOS)
  9. Ostprignitz-Ruppin, Neuruppin (OPR)
  10. Potsdam-Mittelmark, Bad Belzig (PM)
  11. Prignitz, Perleberg (PR)
  12. Spree-Neiße, Forst (Lausitz) (SPN)
  13. Teltow-Fläming, Luckenwalde (TF)
  14. Uckermark, Prenzlau (UM)

Selfregerende stede

  1. Brandenburg an der Havel (BRB)
  2. Cottbus (CB)
  3. Frankfurt (Oder) (FF)
  4. Potsdam (P)

Volgens artikel 4 van die deelstaat Brandenburg se grondwet is die Mark Brandenburgse arend teen 'n wit agtergrond die amptelike wapen van die land. Die landsvlag is rooi en wit met die landswapen in die middel.

Die Brandenburgse arend en die wapen dateer uit die 12de eeu en het vir die eerste keer in die standbeeldseël van die Askaniër Otto I van Brandenburg, die seun van Albrecht I, uit die jaar 1170 verskyn. Tot by die einde van die Tweede Wêreldoorlog is 'n aantal bykomende elemente soos swaard en borsskild by die wapen gebruik.

Huidige bevolking

Demografiese ontwikkeling 1955–2005
Die klooster Chorin naby die gelyknamige nedersetting was 'n beduidende Sistersiënser-abdy in die styl van die Noord-Duitse baksteengotiek wat in 1258 gestig is

Die bevolking van Brandenburg het in Desember 2019 sowat 2,5 miljoen beloop en was sodoende die tiende grootste van die sestien Duitse deelstate. Met 'n bevolkingsdigtheid van 85 inwoners per km² is Brandenburg ná Mecklenburg-Voorpommere die ylste bevolkte deelstaat. Met Potsdam en Cottbus kwalifiseer twee Brandenburgse nedersettings in statistieke opsig as Großstädte, dit wil sê groot stede met 'n bevolking van meer as 100 000.

Die persentasie buitelandse inwoners beloop tans 2,8 persent (teenoor slegs 0,7 persent in 1990). Altesaam vyf persent van die Brandenburgse bevolking is onlangse immigrante of kinders van migrante (teenoor 19 persent van die totale Duitse bevolking). Die Sorbiese minderheid van 20 000 mense – 'n klein Wes-Slawiese volk wat sy eie taal en kultuur bewaar het – is in enkele landelike distrikte in Suid-Brandenburg en in Cottbus saamgetrek.

Demografiese ontwikkeling

Die historiese Mark Brandenburg het geen homogene oorspronklike bevolking nie. Die Mark was 'n kolonisasiegebied waar mense van uiteenlopende Europese etniese agtergrond hulle gevestig het. Die huidige Brandenburgers of Märker is onder meer nakomelinge van Vlaminge, Nederlanders, Friese, Frankiese en Swabiese boere, Rynlanders en Saksers wat hulle in die vroeë middeleeue hier gevestig het. Hulle is opgevolg deur Sistersiënser-monnike, Protestantse geloofsvlugtelinge uit die Oostenrykse Salzburg en Franse Hugenote. Die laasgenoemdes was die grootste enkele groep immigrante wat nogtans vinnig geassimileer is – so was die skrywers Theodor Fontane en Willibald Alexis, die digters Friedrich de la Motte Fouquet, Adelbert von Chamisso en Gottfried Benn naas ander bekende persoonlikhede uit Brandenburg nasate van hierdie refugiés.

Franse Hugenote-vlugtelinge het 'n belangrike bydrae tot die ekonomie, staatsdiens, kunslewe en wetenskappe gelewer en ook spore in die plaaslike taalgebruik gelaat.

Tweetalige padteken in Cottbus

Naas Hoogduits word veral Mark-Brandenburgse en Berlyn-Brandenburgse dialekte gepraat. In die grensgebied van Brandenburg met Sakse en Sakse-Anhalt speel Thuringies-Opper-Saksiese dialekte soos Anhalties 'n belangrike rol. Ander belangrike dialekte van Brandenburg word in Neder-Lausitz en Barnim gepraat.

In die oostelike deel van Neder-Lausitz praat sowat 20 000 mense Neder-Sorbies, 'n Wes-Slawiese taal. Die gebied is amptelik tweetalig.

Die woordeskat van die Brandenburgse dialekte is saamgestel en beskryf in die Brandenburgs-Berlynse Woordeboek (Brandenburg-Berlinisches Wörterbuch).

Meer as driekwart van Brandenburg se inwoners is ongebonde.

Christendom

Geskiedenis

Gotiese dorpskerk in Schönborn, distrik Elbe-Elster

Die bisdomme Brandenburg en Havelberg is in 948 gestig om die Christelike sendingwerk in die Mark Brandenburg te behartig. Die inheemse Slawiese bevolking het die Christelike geloof egter as die godsdiens van die veroweraars beskou en hulle teen die kerstening verset. Eers in die 12de eeu het die aantal Christene in Brandenburg danksy markgraaf Albrecht "die Beer" se kolonisasiebeleid en die gepaardgaande vestiging van groot getalle Duitse setlaars aanmerklik toegeneem. Die eerste Christelike markgrawe het naas setlaars ook die eerste geestelike ordes na die gebied genooi.

In 1170/71 het Cisterciënsers die eerste klooster oos van die Elberivier gestig, die Zinna-klooster naby Jüterbog. Tien jaar later het die Lehnin-klooster gevolg. In die vroeë 13de eeu het die Cisterciënser-orde steeds meer kloosters opgerig, waaronder die bekende Chorin-klooster in die huidige Barnim-distrik. Elke klooster het oor sy eie skool, omvangryke biblioteek en 'n gesofistikeerde boerdery beskik.

In 1170/71 het in Brandenburg en Havelberg, wat albei setels van biskoppe was, ook domkerke ontstaan. Die laat 12de eeu was die beginpunt van 'n nuwe periode in die sakrale boukuns van Brandenburg waartydens die eerste massiewe steenkerke gebou is. Die oudste bewaarde dorpskerk in die Mark Brandenburg is in die huidige Berlynse stadsdeel Marienfelde geleë en dateer waarskynlik van 1220.

Protestantse Hervorming

Die 14de eeuse St. Nikolai-kerk in Spandau (tans 'n distrik van Berlyn)

In 1539 het die gebied van Brandenburg en Berlyn die Protestantse geloof aangeneem. Historiese kronieke noem twee datums as die begin van die Hervorming in Brandenburg. Op 14 September is die eerste amptelike Lutherse preek in die Berlynse domkerk deur Georg Buchholzer gehou. Op 1 November is in die Spandause St. Nikolai-kerk vir die eerste keer die Nagmaal volgens die Lutherse ritus in albei gedaantes (brood en wyn) gehou. Dié kerkdiens is deur keurvors Joachim II en die Brandenburgse biskop Matthias von Jagow bygewoon. Martin Luther se reformatoriese grondbeginsels het in 1540 ingang gevind in die nuwe kerkorde.

In 1613 het die keurvors en kerkhoof Johann Sigismund die gereformeerde belydenis aanvaar waarop die Geneefse kerkhervormer Johannes Calvyn sy stempel afgedruk het. Anders as in dié tyd gewoonlik is van die bevolking nie verwag om die voorbeeld van die heerser te volg nie. So het die Brandenburgers verkies om aan hul Lutherse geloof vas te hou. Nogtans is daar in Brandenburg en Berlyn vervolgens ook talle gereformeerde kerkgemeentes gestig.

Huidige situasie

Die Italiaans-geïnspireerde Vredeskerk in Potsdam

Alhoewel die Christendom die grootste religieuse wêreldbeskouing in Brandenburg is, is slegs 19,3 persent van die bevolking lede van die Evangelies-Lutherse Kerk en verwante vrykerke, 3,2 persent is Rooms-Katolieke. Die meeste kerklik gebonde Brandenburgers is om historiese redes lede van die Evangelische Kirche Berlin-Brandenburg-Schlesische Oberlausitz. Aangesien die grense van kerkprovinsies nie ooreenkom met dié van die huidige Duitse deelstate nie, val enkele gemeentes in die weste en suidweste van Brandenburg administratief onder die Evangelische Kirche in Mitteldeutschland.

Rooms-Katolieke Christene is in die aartsbisdom Berlyn georganiseer, met uitsondering van dele van Lausitz (bisdom Görlitz) en gemeentes in die suidweste (bisdom Maagdenburg).

In sommige dele van Brandenburg is daar ook gemeentes van die Selfstandige Evangelies-Lutherse Kerk of Oud-Lutherse Kerk wat in administratiewe opsig deel uitmaak van die kerkdistrik Berlyn-Brandenburg.

Ekonomiese struktuur

Die Federale Snelweg A 10 of Berliner Ring

Brandenburg was die bakermat van die moderne lugvaartbedryf, en lug- en ruimtevaarttegnologie word net soos metaal- en motorvervaardiging, die voedselbedryf, chemiese en optiese bedryf, rolprentvervaardiging en bosbou by Brandenburg se tradisionele ekonomiese sektore gereken wat almal by die globale mark aangepas is. 'n Aantal Brandenburgse ondernemings het hulself as tegnologiese leiers op die wêreldmark gevestig. Intussen speel ook innovatiewe bedrywe soos omgewings- en biotegnologie, die media-, inligtings- en kommunikasiebedryf 'n belangrike rol.

Meer as driehonderd buitelandse maatskappye, waaronder die Amerikaanse koeldrank-reus Coca-Cola en die Sweedse energieverskaffer Vattenfall, het hulle in die deelstaat gevestig. Maatskaplike transformasie en demografiese veranderings – Brandenburg het 'n krimpende arbeidsmag binne 'n verouderende bevolking – is tans die grootste uitdagings vir die plaaslike ekonomie. Die bruto binnelandse produk (BBP) het in 2017 €69,1 miljard beloop.

Brandenburg se nywerhede en dienstesektor is langs die Federale Snelweg A 10 (Bundesautobahn 10) gekonsentreer, wat Berlyn omring, en in 'n aantal nywerheidsentrums wat hoofsaaklik in die suide van die deelstaat geleë is. Naby Eisenhüttenstadt aan die Oder en Brandenburg aan die Havel is staalaanlegte opgerig. Die laasgenoemde stad beskik daarnaas oor belangrike nywerhede soos 'n drukmasjienefabriek van die Heidelberger Druckmaschinen AG en 'n ratkasfabriek van ZF Friedrichshafen.

Maar ook in die noorde van Brandenburg het groot nywerhede ontstaan. Voorbeelde is die staalfabrieke van Hennigsdorf en die nywerhede in Eberswalde. 'n Ander belangrike nywerheidsentrum is Schwedt aan die Oder in die noordooste van Brandenburg met 'n olieraffinadery (PCK Raffinerie GmbH) en twee papierfabrieke.

In die res van Brandenburg is voedselverwerking, die houtbedryf en landbou die vernaamste ekonomiese sektore. In die suide van die land word bruinkool in dagboumyne ontgin wat as brandstof vir die termiese kragsentrales van Vattenfall GmbH dien.

Ekonomiese ontwikkeling

'n Klipgroef in Haida, Elbe-Elster-distrik

Die uitvoere, wat sterk begin groei het, is tans een van die belangrikste dryfkragte agter die ekonomiese ontwikkeling van die deelstaat. Brandenburgse handelskantore is onder meer in die Russiese hoofstad Moskou, die Letlandse hoofstad Riga en in die Verenigde Arabiese Emirate geopen.

In 2005 het uitvoere 6,6 miljard € (61,5 miljard ZAR) beloop, 'n styging van 21,6 persent teenoor dié van die vorige jaar. Sedert die jaar 1995 het uitvoere met 258 persent gestyg.

Die belangrikste uitvoergoedere in 2005 was farmaseutiese produkte ter waarde van 520 miljoen € (4 858 miljoen ZAR), vliegtuie, olieprodukte, plaatstaal, houtprodukte en yster- en staaldrade. Die hoofsaaklike handelsvennote was Pole (858,1 miljoen € / 8 015 miljoen ZAR), Nederland (550,2 miljoen € / 5 139 miljoen ZAR), die Verenigde State, Italië, die Verenigde Koninkryk en Oostenryk.

Invoere het in 2010 met 14,4 miljard € die hoogste vlak sedert 2005 bereik (2009: 11,6 miljard €). Uitvoere het van 10,7 miljard € in 2009 gestyg tot 12,3 miljard €. Die belangrikste handelsvennote vir uitvoere was Frankryk (2,1 miljard €), Pole (1,4 miljard €) en die Verenigde State (1,1 miljard €).

Die toekomstige ekonomiese ontwikkeling sal veral op die toerismesektor steun.

In- en uitvoere in 2018 in miljoene €
Rang Land Uitvoere Invoere
1 Pole 2105 3128
2 VSA 1205 464
3 Frankryk 932 961
4 Tsjeggië 876 475
5 Nederland 653 965
6 Italië 630 762
7 Oostenryk 503 520
8 Verenigde Koninkryk 469 1022
9 Kanada 452 441
10 België 420 462
Totaal 12912 19603

Handelsbande met Suid-Afrika

'n Hoëvlak-afvaardiging uit Brandenburg onder leiding van die minister vir ekonomiese sake en Europese aangeleenthede, Ralf Christoffers (Die Linke), met sakeleiers uit bedrywe soos hernubare energie, inligtingstegnologie, motorvervaardiging, metaalvervaardiging, optiese nywerhede, chemie en geneeskundige tegnologie het in Mei 2013 'n amptelike besoek aan die Republiek van Suid-Afrika (RSA) afgelê nadat handelsbande tussen die deelstaat en die RSA in die afgelope jare verstewig is.

In 2012 het Brandenburg goedere ter waarde van €52 miljoen na Suid-Afrika uitgevoer, waaronder farmaseutiese produkte en produkte van plastiek. In vergelyking met die vorige jaar het uitvoere met 41 persent gestyg. Suid-Afrika se uitvoere na Brandenburg het in 2012 met 24 persent gestyg tot €14,1 miljoen. Veral alkoholiese dranke en masjienonderdele is uit die RSA na Brandenburg ingevoer.

Brandenburg se veelsydige kulturele erfenis sluit 35 000 historiese monumente (waaronder 10 000 geboue) en 500 kastele en herehuise in. Volgens artikel 34 van sy grondwet strewe die deelstaat Brandenburg daarna om kuns en kultuur bestendig te ontwikkel en vir almal toeganklik te maak. Die tekort aan fondse en mededinging met kulturele instellings te Berlyn bly 'n uitdaging. In die begroting van 1993 is nog DM 241 miljoen (€123,2 miloen) aan kuns en kultuur bestee. Dié bedrag is sedertdien voortdurend verminder.

Nogtans is daar tans sowat 350 museums, 140 openbare biblioteke, talle orkeste en kore, kulturele sentrums, stedelike teaters en kunsgalerye.

Kookkuns

Fürst-Pückler-roomys
Teltower Rübchen (Brassica rapa subsp. rapa) is ondanks hulle naam nie aan worteljies verwant nie. Hulle word as kruisblommegroente geklassifiseer
Klaar gekookte Teltower Rübchen
Schwarzer Abt, een van die handelsmerke waaronder swartbier uit Neuzelle bemark word

Die Brandenburgse kookkuns konsentreer veral op plaaslike landbouprodukte en bewaar ook die kulinêre erfenis van die oorspronklike Slawiese bevolking. Konvensionele en biologiese boerdery lewer produkte van eersterangse gehalte op, wat as inspirasie vir plaaslike sjefs dien.

Danksy die talle klein en groot mere neem visgeregte 'n belangrike plek op Brandenburg se spyskaarte in. Snoek, snoekbaars, paling en karper is die gewildste soorte vis.

Brandenburg staan tradisioneel as "Berlyn se groentetuin" bekend. In die omgewing van Beelitz word veral aspersie verbou wat in Berlyn en Brandenburg as die beste in die gebied beskou word. As Beelitzer Spargel het hierdie groente intussen 'n beskermde "aspersie van oorsprong" geword.

Ander bekende groentesoorte is Teltower Rübchen ("worteltjies uit Teltow"), komkommers, kool en radys uit die Spreewald. Die verbouing en oes van Teltower Rübchen is 'n arbeidsintensiewe boerdery wat in die DDR-tydperk met sy fokus op massaproduksie ten gunste van ander groentesoorte soos worteltjies opgeoffer is. Ná die Duitse hereniging het die Rübchen met hul pikante smaak steeds meer gewild geraak.

Ook aartappels speel 'n sentrale rol in die kookkuns van Brandenburg. Die gewas, wat oorspronklik uit Amerika ingevoer is, is danksy die invloed van die Pruisiese koning Frederik die Grote sedert die 18de eeu grootskaals aangeplant. Die toerismeraad van die streek Fläming bied selfs 'n "Kulinêre Aartappelroete" vir belangstellendes aan, en plaaslike gashuise en restourante spog met nuwe kulinêre aartappelgeregte vir fynproewers.

In die bosgebiede soos Schorfheide en die natuurpark Hoher Fläming word uitstekende wildsvleis- en sampioengeregte aangebied.

'n Spesialiteit van die streek Neder-Lausitz is Plinsen, 'n soort pannekoeke. Orals in Brandenburg word uitstekende tert- en koekspesialiteite en nageregte bedien. Veral die plaaslike Fürst-Pückler-roomys, wat oorspronklik deur 'n Berlynse banketbakker bedien is, het internasionale bekendheid verwerf.

'n Aantal brouerye is in Brandenburg gesetel, waaronder die kloosterbrouery Neuzelle met sy beroemde swartbier. Werder aan die Havel is die sentrum van die plaaslike vrugtebedryf. Hier word die mees noordelik geleë wyn van oorsprong, die Werderaner Wachtelberg, brandewyn en veral vrugtewyne geproduseer.

  1. (de) , besoek op 11 Oktober 2016.
  2. (de) Elisabeth Berner: Bundesraat för Nedderdüütsch, besoek op 11 Oktober 2016.
  3. (de) 11 September 2020 op Wayback Machine, besoek op 10 Julie 2020
  4. (de) , besoek op 15 Januarie 2020
  5. (de) , besoek op 15 Januarie 2020.
  6. (de) In: statistik.arbeitsagentur.de. Statistik der Bundesagentur für Arbeit, besoek op 15 Januarie 2020.
  7. (de)
  8. (de) Christiane Büchner en Jochen Franzke: Das Land Brandenburg. Kleine politische Landeskunde. 5de hersiene uitgawe. Potsdam: Brandenburgische Landeszentrale für politische Bildung 2009, bl. 34
  9. (de) 27 Julie 2019 op Wayback Machine
  10. (de)
  11. (de)
  12. (de) Frauke Burian en Gisela Heller: Brandenburg. 12 Routen rund um Berlin. München: Polyglott 1992, bl. 5
  13. (de)
  14. (de) 18 Maart 2017 op Wayback Machine
  15. (de)
  16. (de) 2 Julie 2014 op Wayback Machine

Publikasie datum: September 12, 2021

brandenburg, hierdie, bladsy, handel, deelstaat, stad, sien, havel, land, land, brannenborg, kraj, bramborska, landsvlag, landswapen, besonderhede, besonderhede, basiese, gegewensampstaal, duits, neder, sorbies, nederduits, hoofstad, potsdamstigting, oktober, . Hierdie bladsy handel oor die deelstaat Brandenburg vir die stad in Brandenburg sien Brandenburg an der Havel Land Brandenburg Land Brannenborg Kraj Bramborska Landsvlag Landswapen Besonderhede Besonderhede Basiese gegewensAmpstaal Duits Neder Sorbies 1 Nederduits 2 Hoofstad PotsdamStigting 3 Oktober 1990Oppervlakte 29 654 4 vk km 5de Bevolking 2 521 893 10de 31 Desember 2019 3 Bevolkingsdigtheid 85 inwoners per vk km 15de BBP Totaal Verandering teenoor vorige jaar 2018 73 122 4 miljard 3 3 2017 Nie amptelike volkslied Markische HeideSkuldlas per inwoner 6 433 2019 Totale skuldlas 16 189 miljard 30 September 2019 5 Werkloosheidsyfer 5 5 Desember 2019 6 ISO 3166 2 DE BBAmptelike webwerf www brandenburg dePolitiekEerste Minister Dietmar Woidke SPD sedert 28 Augustus 2013 Regerende partye SPD CDU en GruneSetels in die parlement Landtag 88 setels 2014 88 setels SPD 25 2014 30 AfD 23 11 CDU 15 21 Die Linke 10 17 Bundnis 90 Die Grunen 10 6 BVB FW 5 3 Laaste verkiesing 1 September 2019Volgende verkiesing 2024Parlementere verteenwoordigingStemme in die Federale Raad Bundesrat 4 van 69 Kaart Brandenburg Duits ˈbʁandn ˌbʊʁk luister hulp inligting Nederduits Bramborg Brannenborg Neder Sorbies Bramborska is n deelstaat in die noordooste van Duitsland Die administratiewe hoofstad en grootste stad is Potsdam Brandenburg grens in die ooste aan Pole in die suide aan die deelstaat Sakse in die weste aan die deelstaat Sakse Anhalt in die uiterste weste langs n klein deel van die Elbe se rivierloop aan die deelstaat Nedersakse en in die noorde aan Mecklenburg Voorpommere Die Duitse hoofstad Berlyn wat n eie deelstaat vorm word volledig deur Brandenburg omring Brandenburg land van bosse Vir elke bewoner is daar 300 bome Die foto wys n eikeboom Brandenburg land van mere Stechlinmeer Die Sternenpark Westhavelland in Februarie 2014 gesertifiseer deur die International Dark Sky Association IDA en grotendeels in die distrik Havelland sowat 70 km wes van Berlyn gelee word onder die donkerste streke in Duitsland gereken Die park is vir sterrekykers net so ideaal en vry van ligbesoedeling soos afgelee gebiede van Namibie Byna die enigste lig is die natuurlike hemellig met n oppervlakhelderheid van 21 78 mag arcsec 7 Brandenburg se wisselvallige geskiedenis word in historiese bronne gedokumenteer wat sowat tien eeue terugstrek Die land se status en grense was voortdurend aan veranderinge onderworpe So het Brandenburg aanvanklik as markgraafskap bestaan om later n keurvorstedom die kerngebied van Pruise en een van sy provinsies en uiteindelik n deelstaat van die Duitse Demokratiese Republiek DDR te word wat reeds vyf jaar na sy stigting in 1947 weer ontbind en in drie administratiewe distrikte Potsdam Frankfurt Oder en Cottbus omgeskep is Met die hereniging van Wes en Oos Duitsland op 3 Oktober 1990 het Brandenburg sy vorige status herwin om een van die sestien deelstate van die Federale Republiek van Duitsland te word Brandenburg is ten opsigte van sy oppervlakte die grootste van vyf nuwe oostelike deelstate wat op die gebied van die voormalige DDR gevorm is Sy infrastruktuur is veral op Berlyn gerig wat soos n eiland in die hart van Brandenburg le So word na Brandenburg dikwels as n deelstaat sonder geografiese hartland verwys 8 Saam met Berlyn vorm Brandenburg die metropolitaanse gebied Duits Metropolregion Berlyn Brandenburg en ook die welvarendste nedersettings van Brandenburg is in die omgewing van Berlyn gelee Baie voormalige bewoners van die Duitse hoofstad het hulle hier in die landelike groen gordel gevestig Die periferie van Brandenburg word deur yl bevolkte gebiede gekenmerk wat veral op die landbou steun soos Prignitz Flaming Spreewald Oderbruch of Uckermark In die omgewing van die stad Cottbus in die suidooste le uitgestrekte dagboumyngebiede waar groot hoeveelhede bruinkool vir die termiese kragsentrales van die gebied ontgin word Op die oog af is Brandenburg met meer as 3 000 mere en sowat 33 000 kilometer se rivierlope een van die waterrykste deelstate van Duitsland Maar ondanks hierdie groot hoeveelhede oppervlakwater is daar n tekort aan grondwater en die gebied ontvang in vergelyking met ander deelstate n lae reenval Brandenburg is bowendien n sanderige streek waar die grond sonder aangepaste landboumetodes meestal te arm is vir intensiewe boerdery Inhoud 1 Geografie 2 Klimaat 3 Geskiedenis 3 1 Vroee geskiedenis 3 2 Pruise 3 3 Nasionaalsosialistiese bewind en Tweede Wereldoorlog 3 4 Sowjet besetting en Duitse Demokratiese Republiek 3 5 Deelstaat in die herenigde Duitsland 4 Administratiewe verdeling 4 1 Landelike distrikte 4 2 Selfregerende stede 5 Landswapen en vlag 6 Demografie 6 1 Huidige bevolking 6 2 Demografiese ontwikkeling 7 Taal 8 Wereldbeskouings 8 1 Christendom 8 1 1 Geskiedenis 8 1 2 Protestantse Hervorming 8 1 3 Huidige situasie 9 Ekonomie 9 1 Ekonomiese struktuur 9 2 Ekonomiese ontwikkeling 9 3 Handelsbande met Suid Afrika 10 Kultuur 10 1 Kookkuns 11 Verwysings 12 Eksterne skakelsGeografie Wysig Landskapstoneel in die Unesco biosfeerreservaat Spreewald Oggendmis in die biosfeerreservaat Flusslandschaft Elbe Brandenburg Grenslandskap Oderbruch Uitsig oor die Oderrivier met die vroeere Poolse vesting in Kostrzyn nad Odra op die agtergrond Brandenburg le in die Noord Duitse Laagvlakte Sy relief word deur twee heuwelreekse en twee laagtes oorheers Die laagtes is riviervalleie wat aan sy kante deur moerasgebiede begrens word Hulle is meestal drooggele en het vroeer groot hoeveelhede turf opgelewer Die riviervalleie word in die plaaslike Duitse vakterminologie Bruch of Luch genoem Die noordelike Brandenburg beslaan net klein dele van die Mecklenburgse Mereplato se Noordelike of Baltiese Heuwelreeks Die heuwelreeks in die suide loop oor n lengte van 230 kilometer van die Lausitzer Hoogtes of meer presies die Sorause Sandberge in die ooste oor Triebel en Spremberg Calau in die noordweste en tot by die kaal en dorre Flaming n streek wat sy naam aan Vlaamse setlaars te danke het wat hulle hier in die Middeleeue gevestig het Die suidelike laagte le teen die noordelike rand van die heuwelreeks met die Spreewald as sy vernaamste landskap Die noordelike laagte le teen die voet van die Baltiese Heuwelreeks en word oorheers deur die riviervalleie van die Netze en Warthebruch die Oderbruch die Finowvallei die Havellandse Luch en die Elberiviervallei Tussen die twee laagtes le n plato wat vanaf die gebied van die Poolse stad Posen Poznan in die ooste in westelike rigting na Brandenburg loop Sy vernaamste Brandenburgse landskappe is die Sternbergse Land die Spreeplato en Middelmark n Aantal laagtes deursny die plato vanuit die suidooste in noordwestelike rigting soos byvoorbeeld die Faule Obravlakte en die Havelvallei Die gebied word deur n aantal heuwels en heuwelreekse gekenmerk waaronder die Semmelberg naby Bad Freienwalde op n hoogte van 157 meter bo seevlak die Muggelberge in Berlyn Kopenick 120 meter die Havelberge 97 meter en die Rauensche Berge naby Furstenwalde 112 tot 152 meter Die hoogste bergpieke in Brandenburg is die Heidehoogte Duits Heidehohe naby die grens van die deelstaat Sakse in die suide en die Hagelberg naby Belzig in Flaming op n hoogte van 201 meter Die plato word oorwegend deur sanderige grond en uitgestrekte gebiede met dennebome en heide as die belangrikste flora gekenmerk Ondanks sy dorre voorkoms is die grond orals deurmeng met leem en danksy aangepaste verbouingsmetodes geskik vir landbou Meer as 3 000 mere en sowat 33 000 kilometer se rivierlope en kanale maak van Brandenburg die waterrykste deelstaat van Duitsland Nogtans word die land deur n tekort aan grondwater geknel Die meeste groot mere en riviere word deur middel van kanale met mekaar verbind Klimaat Wysig Wolke bring somerreen Niederfinow Barnim distrik Brandenburg is in die oorgangsgebied tussen die maritieme klimaatsone van Wes Europa en die kontinentale klimaat van Oos Europa gelee en het sodoende n gematigde kontinentale klimaat met betreklik warm somers en soms koue winters Weens die relatief klein hoogteverskille van die terrein is temperatuurverskille tussen die verskillende landsdele beperk tot bepaalde weersituasies Die gemiddelde jaarlikse temperatuur wissel tussen 7 en 10 C Januarie is gewoonlik die koudste maand van die jaar met n gemiddelde van 1 C in die oostelike Brandenburg Afhangende van die weersomstandighede kan die uiterstes in Januarie tussen 30 C en 15 C wees Julie is gewoonlik die warmste maand met n gemiddelde reenval van 34 millimeter en n gemiddelde temperatuur van 18 C Brandenburg behoort met n gemiddelde jaarlikse reenval van minder as 600 millimeter wat hoofsaaklik in die somermaande aangeteken word tot die droogste gebiede in Duitsland en Europa en word gedurende langer droe fases gereeld deur bosbrande bedreig Net in enkele streke soos die Prignitz in die noordweste en in hoer gelee gebiede soos die Hohe Flaming en die Hohe Barnim word meer as 600 mm reenval aangeteken Die deelstaat het n gemiddelde 1 600 sonskynure per jaar Dit maak van Brandenburg een van die sonnigste Duitse deelstate In 2018 was Brandenburg en Berlyn die warmste van Duitsland se sestien deelstate Die gemiddelde temperatuur in die somermaande tussen Junie en Augustus was in Brandenburg 20 3 C in vergelyking met n gemiddeld van 19 3 C vir die hele Duitsland 9 Die deelstaat het in 2018 ook een van sy droogste somers en najare beleef Geskiedenis WysigVroee geskiedenis Wysig Skuite is nog steeds n belangrike vervoermiddel in die waterryke Spreewald n Gerekonstrueerde Slawiese vesting in Raddusch distrik Oberspreewald Lausitz Die groei van Brandenburg Pruise tussen 1600 en 1795 Die Mark Brandenburg is n historiese landskap in die huidige ooste van Duitsland en die huidige weste van Pole Die Duitse term Mark verwys na die gebied se rol as n grensland van die voormalige Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie In geografiese opsig het die gebied groot dele van die huidige deelstaat Brandenburg Berlyn die landskap Altmark in die noorde van die huidige deelstaat Sakse Anhalt en Neumark oos van die Oderrivier wat tans deel uitmaak van die Poolse woiwodskappe Lubuskie en Wes Pommere beslaan Dele van die huidige Brandenburg soos Neder Lausitz in die suide het vroeer nie by die Mark Brandenburg behoort nie Die huidige deelstaat word in die Duitse omgangstaal dikwels nog steeds Mark Brandenburg of net Mark genoem Pruise Wysig In historiese opsig het Brandenburg saam met Berlyn die hartland van Brandenburg Pruise gevorm Na 1815 was Brandenburg die grootste provinsie van Pruise As gevolg van die Wet oor die Vorming van Groot Berlyn het die Duitse hoofstad Berlyn in 1920 n selfstandige gebied word en is van die destydse provinsie Brandenburg geskei Nasionaalsosialistiese bewind en Tweede Wereldoorlog Wysig Oorlogskade in Potsdam in 1945 Die Nasionaalsosialistiese bewind het in Brandenburg net soos elders in die Duitse Ryk ingrypende veranderings saamgebring Die politieke en industriele ontwikkeling is deur die ligging van Berlyn as setel van die NS diktatuur beinvloed So is talle krygstuigfabrieke militere installasies en konsentrasiekampe onder meer in Sachsenhausen naby Oranienburg en in Ravensbruck naby Furstenberg an der Havel in Brandenburg gevestig Militere aanlegte het van Brandenburgse stede soos Potsdam Frankfurt Oder Prenzlau en Guben nog in die laaste oorlogsmaande van 1945 belangrike teikens van geallieerde lugaanvalle gemaak Die Brandenburgse bevolkingsverliese in die bombardemente en miloitere gevegte tussen Duitse en Sowjet Russiese magte word op n halfmiljoen beraam 10 Teen die einde van die Tweede Wereldoorlog is die gebied deur die Rooi Leer beset Die gebiede oos van die Oderrivier is by Pole ingelyf en met die Duits Poolse Grensverdrag van die jaar 1990 het die twee lande hulle grenslyn amptelik erken Sowjet besetting en Duitse Demokratiese Republiek Wysig Nog in die jaar 1945 is die provinsie Mark Brandenburg in die Sowjet Besettingsone SBS met die administratiewe distrikte Potsdam en Frankfurt Oder gevorm Die eerste Brandenburgse parlement die Landtag het vir die eerste keer in die herfs van 1946 vergader Anders as die ander provinsies van die SBS het Brandenburg nie aan enige historiese tradisie van n eie regering of parlement aangeknoop nie aangesien dit steeds deur die Pruisiese regering beheer is Na die ontbinding van Pruise in Julie 1947 is die provinsie hernoem tot Land Brandenburg met n oppervlak van 27 612 vierkante kilometer Die meeste instellings van die land het egter met die stigting van die Duitse Demokratiese Republiek DDR in 1949 die meeste van hulle oorspronklike funksies ingeboet In 1952 is die Land Brandenburg as gevolg van die DDR se administratiewe hervorming ontbind en in drie distrikte Duits Bezirke opgedeel Cottbus Frankfurt Oder en Potsdam Deelstaat in die herenigde Duitsland Wysig Die Land Brandenburg is ter geleentheid van die Duitse hereniging op 3 Oktober 1990 herstig en die nuwe Landtag parlement van Brandenburg het op 26 Oktober 1990 vir die eerste keer vergader Die politieke ontwikkeling van die deelstaat is in die tydperk tussen 1990 en 2002 deur die Eerste Minister Manfred Stolpe oorheers ondanks bewerings dat hy vroeer kontakte met die Staatsveiligheidsdiens van die DDR sou onderhou het en onrusbarend hoe werkloosheidsyfers In Mei 1996 het die burgers van Brandenburg in n referendum teen die voorgestelde vereniging met die deelstaat Berlyn gestem Administratiewe verdeling WysigSedert n administratiewe hervorming in 1993 word Brandenburg in 14 landelike distrikte en vier selfregerende stede verdeel Landelike distrikte Wysig Die Brandenburgse distrikte en hulle hoofstedeBarnim Eberswalde BAR Dahme Spreewald Lubben Spreewald LDS Elbe Elster Herzberg Elster EE Havelland Rathenow HVL Markisch Oderland Seelow MOL Oberhavel Oranienburg OHV Oberspreewald Lausitz Senftenberg OSL Oder Spree Beeskow LOS Ostprignitz Ruppin Neuruppin OPR Potsdam Mittelmark Bad Belzig PM Prignitz Perleberg PR Spree Neisse Forst Lausitz SPN Teltow Flaming Luckenwalde TF Uckermark Prenzlau UM Selfregerende stede Wysig Brandenburg an der Havel BRB Cottbus CB Frankfurt Oder FF Potsdam P Landswapen en vlag Wysig Volgens artikel 4 van die deelstaat Brandenburg se grondwet is die Mark Brandenburgse arend teen n wit agtergrond die amptelike wapen van die land Die landsvlag is rooi en wit met die landswapen in die middel Die Brandenburgse arend en die wapen dateer uit die 12de eeu en het vir die eerste keer in die standbeeldseel van die Askanier Otto I van Brandenburg die seun van Albrecht I uit die jaar 1170 verskyn Tot by die einde van die Tweede Wereldoorlog is n aantal bykomende elemente soos swaard en borsskild by die wapen gebruik Demografie WysigHuidige bevolking Wysig Demografiese ontwikkeling 1955 2005 Die klooster Chorin naby die gelyknamige nedersetting was n beduidende Sistersienser abdy in die styl van die Noord Duitse baksteengotiek wat in 1258 gestig is Die bevolking van Brandenburg het in Desember 2019 sowat 2 5 miljoen beloop en was sodoende die tiende grootste van die sestien Duitse deelstate Met n bevolkingsdigtheid van 85 inwoners per km is Brandenburg na Mecklenburg Voorpommere die ylste bevolkte deelstaat Met Potsdam en Cottbus kwalifiseer twee Brandenburgse nedersettings in statistieke opsig as Grossstadte dit wil se groot stede met n bevolking van meer as 100 000 Die persentasie buitelandse inwoners beloop tans 2 8 persent teenoor slegs 0 7 persent in 1990 11 Altesaam vyf persent van die Brandenburgse bevolking is onlangse immigrante of kinders van migrante teenoor 19 persent van die totale Duitse bevolking Die Sorbiese minderheid van 20 000 mense n klein Wes Slawiese volk wat sy eie taal en kultuur bewaar het is in enkele landelike distrikte in Suid Brandenburg en in Cottbus saamgetrek Demografiese ontwikkeling Wysig Die historiese Mark Brandenburg het geen homogene oorspronklike bevolking nie Die Mark was n kolonisasiegebied waar mense van uiteenlopende Europese etniese agtergrond hulle gevestig het Die huidige Brandenburgers of Marker is onder meer nakomelinge van Vlaminge Nederlanders Friese Frankiese en Swabiese boere Rynlanders en Saksers wat hulle in die vroee middeleeue hier gevestig het Hulle is opgevolg deur Sistersienser monnike Protestantse geloofsvlugtelinge uit die Oostenrykse Salzburg en Franse Hugenote Die laasgenoemdes was die grootste enkele groep immigrante wat nogtans vinnig geassimileer is so was die skrywers Theodor Fontane en Willibald Alexis die digters Friedrich de la Motte Fouquet Adelbert von Chamisso en Gottfried Benn naas ander bekende persoonlikhede uit Brandenburg nasate van hierdie refugies 12 Franse Hugenote vlugtelinge het n belangrike bydrae tot die ekonomie staatsdiens kunslewe en wetenskappe gelewer en ook spore in die plaaslike taalgebruik gelaat Taal Wysig Tweetalige padteken in Cottbus Naas Hoogduits word veral Mark Brandenburgse en Berlyn Brandenburgse dialekte gepraat In die grensgebied van Brandenburg met Sakse en Sakse Anhalt speel Thuringies Opper Saksiese dialekte soos Anhalties n belangrike rol Ander belangrike dialekte van Brandenburg word in Neder Lausitz en Barnim gepraat In die oostelike deel van Neder Lausitz praat sowat 20 000 mense Neder Sorbies n Wes Slawiese taal Die gebied is amptelik tweetalig Die woordeskat van die Brandenburgse dialekte is saamgestel en beskryf in die Brandenburgs Berlynse Woordeboek Brandenburg Berlinisches Worterbuch Wereldbeskouings WysigMeer as driekwart van Brandenburg se inwoners is ongebonde Christendom Wysig Geskiedenis Wysig Gotiese dorpskerk in Schonborn distrik Elbe Elster Die bisdomme Brandenburg en Havelberg is in 948 gestig om die Christelike sendingwerk in die Mark Brandenburg te behartig Die inheemse Slawiese bevolking het die Christelike geloof egter as die godsdiens van die veroweraars beskou en hulle teen die kerstening verset Eers in die 12de eeu het die aantal Christene in Brandenburg danksy markgraaf Albrecht die Beer se kolonisasiebeleid en die gepaardgaande vestiging van groot getalle Duitse setlaars aanmerklik toegeneem Die eerste Christelike markgrawe het naas setlaars ook die eerste geestelike ordes na die gebied genooi 13 In 1170 71 het Cisterciensers die eerste klooster oos van die Elberivier gestig die Zinna klooster naby Juterbog Tien jaar later het die Lehnin klooster gevolg In die vroee 13de eeu het die Cistercienser orde steeds meer kloosters opgerig waaronder die bekende Chorin klooster in die huidige Barnim distrik Elke klooster het oor sy eie skool omvangryke biblioteek en n gesofistikeerde boerdery beskik In 1170 71 het in Brandenburg en Havelberg wat albei setels van biskoppe was ook domkerke ontstaan Die laat 12de eeu was die beginpunt van n nuwe periode in die sakrale boukuns van Brandenburg waartydens die eerste massiewe steenkerke gebou is Die oudste bewaarde dorpskerk in die Mark Brandenburg is in die huidige Berlynse stadsdeel Marienfelde gelee en dateer waarskynlik van 1220 Protestantse Hervorming Wysig Die 14de eeuse St Nikolai kerk in Spandau tans n distrik van Berlyn In 1539 het die gebied van Brandenburg en Berlyn die Protestantse geloof aangeneem Historiese kronieke noem twee datums as die begin van die Hervorming in Brandenburg Op 14 September is die eerste amptelike Lutherse preek in die Berlynse domkerk deur Georg Buchholzer gehou Op 1 November is in die Spandause St Nikolai kerk vir die eerste keer die Nagmaal volgens die Lutherse ritus in albei gedaantes brood en wyn gehou Die kerkdiens is deur keurvors Joachim II en die Brandenburgse biskop Matthias von Jagow bygewoon 14 Martin Luther se reformatoriese grondbeginsels het in 1540 ingang gevind in die nuwe kerkorde In 1613 het die keurvors en kerkhoof Johann Sigismund die gereformeerde belydenis aanvaar waarop die Geneefse kerkhervormer Johannes Calvyn sy stempel afgedruk het Anders as in die tyd gewoonlik is van die bevolking nie verwag om die voorbeeld van die heerser te volg nie So het die Brandenburgers verkies om aan hul Lutherse geloof vas te hou Nogtans is daar in Brandenburg en Berlyn vervolgens ook talle gereformeerde kerkgemeentes gestig Huidige situasie Wysig Die Italiaans geinspireerde Vredeskerk in Potsdam Alhoewel die Christendom die grootste religieuse wereldbeskouing in Brandenburg is is slegs 19 3 persent van die bevolking lede van die Evangelies Lutherse Kerk en verwante vrykerke 3 2 persent is Rooms Katolieke Die meeste kerklik gebonde Brandenburgers is om historiese redes lede van die Evangelische Kirche Berlin Brandenburg Schlesische Oberlausitz Aangesien die grense van kerkprovinsies nie ooreenkom met die van die huidige Duitse deelstate nie val enkele gemeentes in die weste en suidweste van Brandenburg administratief onder die Evangelische Kirche in Mitteldeutschland Rooms Katolieke Christene is in die aartsbisdom Berlyn georganiseer met uitsondering van dele van Lausitz bisdom Gorlitz en gemeentes in die suidweste bisdom Maagdenburg In sommige dele van Brandenburg is daar ook gemeentes van die Selfstandige Evangelies Lutherse Kerk of Oud Lutherse Kerk wat in administratiewe opsig deel uitmaak van die kerkdistrik Berlyn Brandenburg Ekonomie WysigEkonomiese struktuur Wysig Die Federale Snelweg A 10 of Berliner Ring Brandenburg was die bakermat van die moderne lugvaartbedryf en lug en ruimtevaarttegnologie word net soos metaal en motorvervaardiging die voedselbedryf chemiese en optiese bedryf rolprentvervaardiging en bosbou by Brandenburg se tradisionele ekonomiese sektore gereken wat almal by die globale mark aangepas is n Aantal Brandenburgse ondernemings het hulself as tegnologiese leiers op die wereldmark gevestig Intussen speel ook innovatiewe bedrywe soos omgewings en biotegnologie die media inligtings en kommunikasiebedryf n belangrike rol Meer as driehonderd buitelandse maatskappye waaronder die Amerikaanse koeldrank reus Coca Cola en die Sweedse energieverskaffer Vattenfall het hulle in die deelstaat gevestig Maatskaplike transformasie en demografiese veranderings Brandenburg het n krimpende arbeidsmag binne n verouderende bevolking is tans die grootste uitdagings vir die plaaslike ekonomie Die bruto binnelandse produk BBP het in 2017 69 1 miljard beloop Brandenburg se nywerhede en dienstesektor is langs die Federale Snelweg A 10 Bundesautobahn 10 gekonsentreer wat Berlyn omring en in n aantal nywerheidsentrums wat hoofsaaklik in die suide van die deelstaat gelee is Naby Eisenhuttenstadt aan die Oder en Brandenburg aan die Havel is staalaanlegte opgerig Die laasgenoemde stad beskik daarnaas oor belangrike nywerhede soos n drukmasjienefabriek van die Heidelberger Druckmaschinen AG en n ratkasfabriek van ZF Friedrichshafen Maar ook in die noorde van Brandenburg het groot nywerhede ontstaan Voorbeelde is die staalfabrieke van Hennigsdorf en die nywerhede in Eberswalde n Ander belangrike nywerheidsentrum is Schwedt aan die Oder in die noordooste van Brandenburg met n olieraffinadery PCK Raffinerie GmbH en twee papierfabrieke In die res van Brandenburg is voedselverwerking die houtbedryf en landbou die vernaamste ekonomiese sektore In die suide van die land word bruinkool in dagboumyne ontgin wat as brandstof vir die termiese kragsentrales van Vattenfall GmbH dien Ekonomiese ontwikkeling Wysig n Klipgroef in Haida Elbe Elster distrik Die uitvoere wat sterk begin groei het is tans een van die belangrikste dryfkragte agter die ekonomiese ontwikkeling van die deelstaat Brandenburgse handelskantore is onder meer in die Russiese hoofstad Moskou die Letlandse hoofstad Riga en in die Verenigde Arabiese Emirate geopen In 2005 het uitvoere 6 6 miljard 61 5 miljard ZAR beloop n styging van 21 6 persent teenoor die van die vorige jaar Sedert die jaar 1995 het uitvoere met 258 persent gestyg Die belangrikste uitvoergoedere in 2005 was farmaseutiese produkte ter waarde van 520 miljoen 4 858 miljoen ZAR vliegtuie olieprodukte plaatstaal houtprodukte en yster en staaldrade Die hoofsaaklike handelsvennote was Pole 858 1 miljoen 8 015 miljoen ZAR Nederland 550 2 miljoen 5 139 miljoen ZAR die Verenigde State Italie die Verenigde Koninkryk en Oostenryk Invoere het in 2010 met 14 4 miljard die hoogste vlak sedert 2005 bereik 2009 11 6 miljard Uitvoere het van 10 7 miljard in 2009 gestyg tot 12 3 miljard Die belangrikste handelsvennote vir uitvoere was Frankryk 2 1 miljard Pole 1 4 miljard en die Verenigde State 1 1 miljard Die toekomstige ekonomiese ontwikkeling sal veral op die toerismesektor steun In en uitvoere in 2018 in miljoene 15 Rang Land Uitvoere Invoere1 Pole 2105 31282 VSA 1205 4643 Frankryk 932 9614 Tsjeggie 876 4755 Nederland 653 9656 Italie 630 7627 Oostenryk 503 5208 Verenigde Koninkryk 469 10229 Kanada 452 44110 Belgie 420 462Totaal 12912 19603Handelsbande met Suid Afrika Wysig n Hoevlak afvaardiging uit Brandenburg onder leiding van die minister vir ekonomiese sake en Europese aangeleenthede Ralf Christoffers Die Linke met sakeleiers uit bedrywe soos hernubare energie inligtingstegnologie motorvervaardiging metaalvervaardiging optiese nywerhede chemie en geneeskundige tegnologie het in Mei 2013 n amptelike besoek aan die Republiek van Suid Afrika RSA afgele nadat handelsbande tussen die deelstaat en die RSA in die afgelope jare verstewig is In 2012 het Brandenburg goedere ter waarde van 52 miljoen na Suid Afrika uitgevoer waaronder farmaseutiese produkte en produkte van plastiek In vergelyking met die vorige jaar het uitvoere met 41 persent gestyg Suid Afrika se uitvoere na Brandenburg het in 2012 met 24 persent gestyg tot 14 1 miljoen Veral alkoholiese dranke en masjienonderdele is uit die RSA na Brandenburg ingevoer 16 17 Kultuur WysigBrandenburg se veelsydige kulturele erfenis sluit 35 000 historiese monumente waaronder 10 000 geboue en 500 kastele en herehuise in Volgens artikel 34 van sy grondwet strewe die deelstaat Brandenburg daarna om kuns en kultuur bestendig te ontwikkel en vir almal toeganklik te maak Die tekort aan fondse en mededinging met kulturele instellings te Berlyn bly n uitdaging In die begroting van 1993 is nog DM 241 miljoen 123 2 miloen aan kuns en kultuur bestee Die bedrag is sedertdien voortdurend verminder Nogtans is daar tans sowat 350 museums 140 openbare biblioteke talle orkeste en kore kulturele sentrums stedelike teaters en kunsgalerye Kookkuns Wysig Furst Puckler roomys Teltower Rubchen Brassica rapa subsp rapa is ondanks hulle naam nie aan worteljies verwant nie Hulle word as kruisblommegroente geklassifiseer Klaar gekookte Teltower Rubchen Schwarzer Abt een van die handelsmerke waaronder swartbier uit Neuzelle bemark word Die Brandenburgse kookkuns konsentreer veral op plaaslike landbouprodukte en bewaar ook die kulinere erfenis van die oorspronklike Slawiese bevolking Konvensionele en biologiese boerdery lewer produkte van eersterangse gehalte op wat as inspirasie vir plaaslike sjefs dien Danksy die talle klein en groot mere neem visgeregte n belangrike plek op Brandenburg se spyskaarte in Snoek snoekbaars paling en karper is die gewildste soorte vis Brandenburg staan tradisioneel as Berlyn se groentetuin bekend In die omgewing van Beelitz word veral aspersie verbou wat in Berlyn en Brandenburg as die beste in die gebied beskou word As Beelitzer Spargel het hierdie groente intussen n beskermde aspersie van oorsprong geword Ander bekende groentesoorte is Teltower Rubchen worteltjies uit Teltow komkommers kool en radys uit die Spreewald Die verbouing en oes van Teltower Rubchen is n arbeidsintensiewe boerdery wat in die DDR tydperk met sy fokus op massaproduksie ten gunste van ander groentesoorte soos worteltjies opgeoffer is Na die Duitse hereniging het die Rubchen met hul pikante smaak steeds meer gewild geraak Ook aartappels speel n sentrale rol in die kookkuns van Brandenburg Die gewas wat oorspronklik uit Amerika ingevoer is is danksy die invloed van die Pruisiese koning Frederik die Grote sedert die 18de eeu grootskaals aangeplant Die toerismeraad van die streek Flaming bied selfs n Kulinere Aartappelroete vir belangstellendes aan en plaaslike gashuise en restourante spog met nuwe kulinere aartappelgeregte vir fynproewers In die bosgebiede soos Schorfheide en die natuurpark Hoher Flaming word uitstekende wildsvleis en sampioengeregte aangebied n Spesialiteit van die streek Neder Lausitz is Plinsen n soort pannekoeke Orals in Brandenburg word uitstekende tert en koekspesialiteite en nageregte bedien Veral die plaaslike Furst Puckler roomys wat oorspronklik deur n Berlynse banketbakker bedien is het internasionale bekendheid verwerf n Aantal brouerye is in Brandenburg gesetel waaronder die kloosterbrouery Neuzelle met sy beroemde swartbier Werder aan die Havel is die sentrum van die plaaslike vrugtebedryf Hier word die mees noordelik gelee wyn van oorsprong die Werderaner Wachtelberg brandewyn en veral vrugtewyne geproduseer Verwysings Wysig de Verfassung des Landes Brandenburg Artikel 25 BbgVerf Rechte der Sorben Wenden besoek op 11 Oktober 2016 de Elisabeth Berner Vertreders ut de Lanner Bundesraat for Nedderduutsch besoek op 11 Oktober 2016 de Statistik Berlin Brandenburg Auf einen Blick Geargiveer 11 September 2020 op Wayback Machine besoek op 10 Julie 2020 de Bruttoinlandsprodukt von Brandenburg von 1991 bis 2018 besoek op 15 Januarie 2020 de statista com Schulden der Bundeslander in Deutschland am 30 September 2019 besoek op 15 Januarie 2020 de Bundesrepublik Deutschland In statistik arbeitsagentur de Statistik der Bundesagentur fur Arbeit besoek op 15 Januarie 2020 de Initiative gegen Lichtverschmutzung Fachgruppe Dark Sky Sternenparks in Deutschland und Europa Besoek op 8 November 2019 de Christiane Buchner en Jochen Franzke Das Land Brandenburg Kleine politische Landeskunde 5de hersiene uitgawe Potsdam Brandenburgische Landeszentrale fur politische Bildung 2009 bl 34 de rbb24 de 30 Augustus 2018 Berlin und Brandenburg sind die heissesten Bundeslander Besoek op 14 Oktober 2018 Geargiveer 27 Julie 2019 op Wayback Machine de in berlin Brandenburg com Brandenburg von der industriellen Revolution bis zur Gegenwart Besoek op 14 Oktober 2018 de Amt fur Statistik 2011 de Frauke Burian en Gisela Heller Brandenburg 12 Routen rund um Berlin Munchen Polyglott 1992 bl 5 de Evangelische Kirche Berlin Brandenburg Schlesische Oberlausitz 1000 Jahre Kirche fur die Menschen der Region Besoek op 1 Mei 2015 de Verein fur Berlin Brandenburgische Kirchengeschichte Chronik Reformation in Brandenburg Besoek op 16 Mei 2017 Geargiveer 18 Maart 2017 op Wayback Machine Land Brandenburg Ministerium fur Wirtschaft Arbeit und Energie MWAE Aussenwirtschaft Besoek op 6 Augustus 2020 de Markische Allgemeine 17 Junie 2013 Sudafrika Geschaftsreise Besoek op 29 Mei 2018 de Sudafrika Land der Kontraste The German Gateway to South Africa Land Brandenburg als Partner Sudafrikas Interview mit Ralf Christoffers Wirtschaftsminister des Landes Brandenburg Besoek op 29 Mei 2018 Geargiveer 2 Julie 2014 op Wayback MachineEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Brandenburg en Toerisme inligting oor Brandenburg op Wikivoyage de Amptelike webwerfDeelstate van Duitsland Baden Wurttemberg Beiere Berlyn Brandenburg Bremen Hamburg Hesse Mecklenburg Voorpommere Nedersakse Noordryn Wesfale Rynland Palts Saarland Sakse Sakse Anhalt Sleeswyk Holstein Thuringen Voormalige deelstate Baden Wes Berlyn de facto Wurttemberg Baden Wurttemberg HohenzollernOntsluit van https af wikipedia org w index php title Brandenburg amp ol,