fbpx
Wikipedia

Boergondië

Boergondië (Frans: Bourgogne; Duits: Burgund) is 'n saggies golwende landskap in die hartland van die latere Frankiese Ryk wat sy naam aan die Boergondiërs te danke het, 'n Germaanse stam wat in die 5de eeu n.C. hul oorspronklike tuisland in Agter-Pommere aan die Oossee verlaat het om hulle in die vrugbare Saônevallei te vestig en hier hul eie koninkryk te stig. Die Boergondiese Koninkryk is in die 6de eeu deur die Franke verower.

Wapenskild van die tweede Hertogdom van Boergondië en later die Franse provinsie Boergondië
Boergondië binne die Frankiese Ryk.

Boergondië, wat oorspronklik deur Kelte en later deur 'n Gallo-Romeinse bevolking bewoon is, is later verdeel, waarby die westelike deel as Hertogdom van Boergondië (Frans: Duché de Bourgogne) en die oostelike deel as Graafskap van Boergondië (Frans: Comté de Bourgogne) voortbestaan het. Die Hertogdom van Boergondië is die bekendste van hierdie twee geweste. Die Hertogdom van Boergondië het in 1542 as die Generaliteit van Boergondië (Généralité de Bourgogne) 'n provinsie van Frankryk onder die Franse kroon geword, terwyl die Graafskap van Boergondië voortbestaan het as die provinsie Franche-Comté, letterlik vry graafskap.

Die historiese Boergondië strek tans oor twee staatsgebiede, dié van Frankryk en van Switserland. Die hedendaagse administratiewe gewes van Boergondië kom grootliks ooreen met die voormalige Hertogdom van Boergondië.

Vandag word in die streek (een van Frankryk se belangrikste wynproduserende gebiede) nog talle oorblyfsels van die Romeinse beskawing asook talle kerke en katedrale in die Romaanse boustyl aangetref. Ná die verval van die Karolingiese Ryk het Boergondië in die 11de en 12de eeu 'n nuwe bloeitydperk beleef en gelykertyd met die monastiese hervormingsbeweging van Cluny en die stigting van die Cisterciënse-orde tot die sentrum van 'n geestelike vernuwing ontwikkel wat groot dele van Europa sou raak.

In die 15de eeu het Boergondië, waarby intussen ook 'n aantal aangrensende gebiede ingesluit is, onder hertog Filips die Goeie uit die huis van Valois, tot een van die welvarendste en magtigste state in Europa ontwikkel.

Boergondië
boergondië, frans, bourgogne, duits, burgund, saggies, golwende, landskap, hartland, latere, frankiese, naam, danke, germaanse, stam, oorspronklike, tuisland, agter, pommere, oossee, verlaat, hulle, vrugbare, saônevallei, vestig, hier, koninkryk, stig, boergon. Boergondie Frans Bourgogne Duits Burgund is n saggies golwende landskap in die hartland van die latere Frankiese Ryk wat sy naam aan die Boergondiers te danke het n Germaanse stam wat in die 5de eeu n C hul oorspronklike tuisland in Agter Pommere aan die Oossee verlaat het om hulle in die vrugbare Saonevallei te vestig en hier hul eie koninkryk te stig Die Boergondiese Koninkryk is in die 6de eeu deur die Franke verower Wapenskild van die tweede Hertogdom van Boergondie en later die Franse provinsie Boergondie Boergondie binne die Frankiese Ryk Boergondie wat oorspronklik deur Kelte en later deur n Gallo Romeinse bevolking bewoon is is later verdeel waarby die westelike deel as Hertogdom van Boergondie Frans Duche de Bourgogne en die oostelike deel as Graafskap van Boergondie Frans Comte de Bourgogne voortbestaan het Die Hertogdom van Boergondie is die bekendste van hierdie twee geweste Die Hertogdom van Boergondie het in 1542 as die Generaliteit van Boergondie Generalite de Bourgogne n provinsie van Frankryk onder die Franse kroon geword terwyl die Graafskap van Boergondie voortbestaan het as die provinsie Franche Comte letterlik vry graafskap Die historiese Boergondie strek tans oor twee staatsgebiede die van Frankryk en van Switserland Die hedendaagse administratiewe gewes van Boergondie kom grootliks ooreen met die voormalige Hertogdom van Boergondie Vandag word in die streek een van Frankryk se belangrikste wynproduserende gebiede nog talle oorblyfsels van die Romeinse beskawing asook talle kerke en katedrale in die Romaanse boustyl aangetref Na die verval van die Karolingiese Ryk het Boergondie in die 11de en 12de eeu n nuwe bloeitydperk beleef en gelykertyd met die monastiese hervormingsbeweging van Cluny en die stigting van die Cisterciense orde tot die sentrum van n geestelike vernuwing ontwikkel wat groot dele van Europa sou raak In die 15de eeu het Boergondie waarby intussen ook n aantal aangrensende gebiede ingesluit is onder hertog Filips die Goeie uit die huis van Valois tot een van die welvarendste en magtigste state in Europa ontwikkel Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Boergondie amp oldid 2392151,