×
Blou Donau

Die Blou Donau (Duits: An der schönen blauen Donau) is die titel van 'n Weense wals wat deur Johann Strauss jr. gekomponeer is.

Titelblad van die wals
Johann Strauss II

In 1866 kry Strauss opdrag om 'n werk vir die Wiener Männergesangverein (Weense Mannesangvereniging) te skryf. So ontstaan Op die skone Blou Donou. Hy skryf die wals in sy destydse woonhuis te Praterstraat 54 in Wene, wat deesdae die Johann Strauss Museum huisves. By die première op 13 Februarie 1867 vind hierdie koorwals egter weinig byval. Toe die komponis in Mei van dieselfde jaar die werk tydens die Wêreldtentoonstelling in Parys dirigeer, is dit triomfantlik ontvang, en het dit so deur die wêreld begin versprei. Dit is bekend dat Johannes Brahms 'n enorme bewondering vir hierdie wals gehad het. Op sy konserte het hy dikwels 'n sensasionele piano-vertolking daarvan gelewer.

Die stuk begin met 'n stadige inleiding in die dominante sleutel van A majeur. Hierdie inleiding word gevolg deur vyf klein walse van twee afdelings elk. Melodieë met groot spronge word binne 'n nou band met lineêre melodieë gekontrasteer. Die koda (slot) raak aan die verskillende melodieë en sluit dan lewendige af.

In die tweede helfte van die negentiende eeu het die werk tot die mees gespeelde stuk in Oostenryk gegroei en het dit sedertdien 'n soort nasionale volkslied geword. Die Wiener Philharmoniker sluit tradisioneel hul nuwejaarskonsert met hierdie wals en die Radetzkymars af.

  • Donau, tweede langste rivier in Europa en die inspirasie vir hierdie wals.
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Palmer, John. All music guide to classical music: the definitive guide to classical music. Hal Leonard Corp. p. 1314.

Publikasie datum: September 27, 2021

blou, donau, duits, schönen, blauen, donau, titel, weense, wals, deur, johann, strauss, gekomponeer, titelblad, wals, johann, strauss, 1866, strauss, opdrag, werk, wiener, männergesangverein, weense, mannesangvereniging, skryf, ontstaan, skone, blou, donou, sk. Die Blou Donau Duits An der schonen blauen Donau is die titel van n Weense wals wat deur Johann Strauss jr gekomponeer is 1 Titelblad van die wals Johann Strauss II In 1866 kry Strauss opdrag om n werk vir die Wiener Mannergesangverein Weense Mannesangvereniging te skryf So ontstaan Op die skone Blou Donou Hy skryf die wals in sy destydse woonhuis te Praterstraat 54 in Wene wat deesdae die Johann Strauss Museum huisves By die premiere op 13 Februarie 1867 vind hierdie koorwals egter weinig byval Toe die komponis in Mei van dieselfde jaar die werk tydens die Wereldtentoonstelling in Parys dirigeer is dit triomfantlik ontvang en het dit so deur die wereld begin versprei Dit is bekend dat Johannes Brahms n enorme bewondering vir hierdie wals gehad het Op sy konserte het hy dikwels n sensasionele piano vertolking daarvan gelewer Die stuk begin met n stadige inleiding in die dominante sleutel van A majeur Hierdie inleiding word gevolg deur vyf klein walse van twee afdelings elk Melodiee met groot spronge word binne n nou band met lineere melodiee gekontrasteer Die koda slot raak aan die verskillende melodiee en sluit dan lewendige af 2 In die tweede helfte van die negentiende eeu het die werk tot die mees gespeelde stuk in Oostenryk gegroei en het dit sedertdien n soort nasionale volkslied geword Die Wiener Philharmoniker sluit tradisioneel hul nuwejaarskonsert met hierdie wals en die Radetzkymars af Sien ook WysigDonau tweede langste rivier in Europa en die inspirasie vir hierdie wals Verwysings Wysig HAT Taal en feitegids Pearson Desember 2013 ISBN 978 1 77578 243 8 Palmer John All music guide to classical music the definitive guide to classical music Hal Leonard Corp p 1314 Eksterne skakels WysigBladmusiek vir die Blou Donau John Church Company 1868 Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Blou Donau Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Blou Donau amp ol,