×
Blou
#0000ff

Blou is een van die drie primêre toevoegende kleure; blou lig het die kortste golflengte van die drie primêre kleure: nagenoeg 470 nanometer.

Die skoon lug op 'n sonnige dag is blou as gevolg van Rayleigh-verstrooiing van die lig vanaf die Son. Groot hoeveelhede water (H2O) lyk ook blou omdat rooi lig (van rondom 750 nm) geabsorbeer word as gevolg van die O-H strekkende vibrasie. Interessant genoeg is swaarwater (D2O) kleurloos, omdat die absorbsieband by 'n langer golflengte lê (ongeveer 950 nm).

Blou het koördinate van <0, 0, 255> in die RGB-kleurspasie, en is die komplement van geel.

In die algemeen verwys "blou" na enige kleur vanaf blou tot siaan. Baie tale het nie aparte woorde vir blou en groen nie; sien Groen vir 'n bespreking.

Inhoud

'n Duitse polisieman
Die Blou Skerm van die dood
  • 'n "Blou grap" of "blou komedie" is snaaksigheid wat verwysings na taboe-onderwerpe bevat, soos seksuele of toilethumor.
  • "Bloubaadjie" verwys baie keer na 'n polisieman; dit is die kleur van baie polisie-uniforms. Die polisie in China het die kleur van hul uniforms van groen na blou verander in die laat 1990's, deels om hul burgerlike rol te beklemtoon.
  • Blou word ook met baie lugmagte en vlote verbind, weens die kleur van hul formele uniforms, spesifiek vlootblou vir die vloot. Die Blue Angels is 'n akrobatiese vlugeskader van die Amerikaanse Vloot.
  • Blou word tradisioneel met seuns verbind, soos pienk met meisies verbind word. Babablou is 'n pastelkleur wat met klere of linnegoed vir seuntjies verbind word.
  • Politiek:
    • In die Verenigde State, vanaf die 2000 presidensiële verkiesings, beteken blou state, distrikte of mense daardie persone wat die Demokratiese Party ondersteun, omdat blou die partykleur is.
    • In die Verenigde Koninkryk en Kanada word blou gebruik vir die onderskeie Konserwatiewe Partye.
    • In Duitsland is blou en geel die kleure van die liberale Vrye Demokratiese Party.
    • In die Republiek China op Taiwan is blou die kleur van die Kuomintang, en word as embleem gebruik deur partye wat Chinese hereniging ondersteun.
    • Blou, soos wit, mag die owerheid voorstel, teenoor die rewolusionêre rooi of swart.
  • Die blou wimpel is 'n prys wat sedert die 1860's aan skepe toegeken word wat die vinnigste trans-Atlantiese vaart kon maak. 'n Blou lint word ook gebruik om iets van hoë kwaliteit te beskryf, en is oorspronklik die eerste pryse wat toegeken was in atletiese kompetisies.
  • Blou word ook verbind met beserings, omdat dit die kleur van 'n kneusplek is.
  • In mediese diagramme word blou gebruik om are mee voor te stel wat suurstofarme bloed terug na die hart vervoer; in werklikheid is sulke bloed eintlik 'n rooierige violet van kleur.
  • Gebruikers van Microsoft Windows gebruik die term om 'n rekenaar te beskryf wat 'n "blou doodskerm" teëgekom het.
  • Streke:
    • In Australië kan "blou" 'n geveg of argument beteken. Mans met rooi hare mag die bynaam "Bluey" gegee word.
    • Die Duitse woord vir blou word ook gebruik vir "dronk".
    • In Russies is die woord vir ligblou ook die omgangstaal vir "gay".
    • 'n "Bloufilm" is 'n omgangstaalterm vir 'n pornografiese film. Daar is ook "blou tydskrifte". Die term is mees algemeen in Brittanje, maar word ook in die Verenigde State en Israel gebruik.
    • Azzurro ('n ligblou) is die nasionale kleur van Italië.
  • Blou word gebruik om die Unie in die Amerikaanse Burgeroorlog voor te stel, teenoor die grys van die Bondstate van Amerika, beide gebaseer op die uniforms wat deur die twee weermagte respektiewelik gebruik is.
  • 'n Blou maan is die tweede volmaan in 'n kalendermaand, die derde volmaan in 'n seisoen wat vier het, of 'n maan wat blou voorkom weens sekere deeltjies in die atmosfeer. Al drie is só raar dat "een keer in 'n blou maand" beteken "feitlik nooit".
  • 'n Blou hond het 'n pelskleur wat hoofsaaklik grys of silwer is. Sien "Kerry Blouterrier" vir 'n soliede "blou" pels, of Australiese herdershond vir blou merle.
  • "Blou bloed hê" — van hoë afkoms wees. Dit spruit vanuit die feit dat wit vel wat nie deur die son gebruin is nie maklik die bloukleurige are laat deurskyn.
  • "Iemand bont en blou slaan" — iemand slaan tot sy lyf vol kneusplekke is
  • "Die blou dam" — die see
  • "Een maal in 'n blou maand" — selde
  • "Blou Maandag" — 'n dag waarop alles verkeerd loop
  • "Iemand die blou pas gee" — Iemand in die pad steek
  • "'n Bloutjie loop" — Afgesê word deur 'n nooi / Nie jou doel bereik nie.
  • "'n Blou hoed ophê" — beheer oor 'n situasie uitoefen.
  • "'n Bloukous" - 'n Geleerde vrou wat haar van huishoudelike sake losmaak.
  • "Van blousuiker se tyd af" - van lank gelede af

Volgens verskeie kleurskemas word blou as volg voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #0000FF
RGB-kleurmodel (0, 0, 255)
CMYK (255, 255, 0, 0)
HSV (240°, 100%, 100%)
Blou waterverf

Tradisioneel is blou geag as 'n primêre kleur in verfwerk, met die sekondêre kleur oranje as sy komplement, maar hierdie is nie eens met moderne wetenskaplike kleurteorie nie. Omdat die proses van pigmente meng 'n aftrekkende kleurproses is, is die ware primêre kleure in verf- en drukwerk siaan, magenta en geel, met swart wat bygevoeg word om praktiese redes.

  • Die Aarde

  • Vlag van die Verenigde Nasies

  • Die blou lug

  • Die Meisie in die Blou Rok, deur Mişu Popp

  • Bloubessies

  • 'n Blou deur

  • Die see

  • Blou skoenlapper

  • F.F. Odendal (hoofred.) Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal



Publikasie datum: September 26, 2021

blou, 0000ff, drie, primêre, toevoegende, kleure, blou, kortste, golflengte, drie, primêre, kleure, nagenoeg, nanometer, skoon, sonnige, blou, gevolg, rayleigh, verstrooiing, vanaf, groot, hoeveelhede, water, blou, omdat, rooi, rondom, geabsorbeer, word, gevol. 0000ff Blou is een van die drie primere toevoegende kleure blou lig het die kortste golflengte van die drie primere kleure nagenoeg 470 nanometer Die skoon lug op n sonnige dag is blou as gevolg van Rayleigh verstrooiing van die lig vanaf die Son Groot hoeveelhede water H2O lyk ook blou omdat rooi lig van rondom 750 nm geabsorbeer word as gevolg van die O H strekkende vibrasie Interessant genoeg is swaarwater D2O kleurloos omdat die absorbsieband by n langer golflengte le ongeveer 950 nm Blou het koordinate van lt 0 0 255 gt in die RGB kleurspasie en is die komplement van geel In die algemeen verwys blou na enige kleur vanaf blou tot siaan Baie tale het nie aparte woorde vir blou en groen nie sien Groen vir n bespreking Inhoud 1 Gebruik en simboliek 2 Uitdrukkings 3 Kleurkoordinate 4 Gebruik in verfwerke 5 Galery 6 Bronnelys 7 Sien ook 8 Eksterne skakelsGebruik en simboliek Wysig n Duitse polisieman Die Blou Skerm van die dood n Blou grap of blou komedie is snaaksigheid wat verwysings na taboe onderwerpe bevat soos seksuele of toilethumor Bloubaadjie verwys baie keer na n polisieman dit is die kleur van baie polisie uniforms Die polisie in China het die kleur van hul uniforms van groen na blou verander in die laat 1990 s deels om hul burgerlike rol te beklemtoon Blou word ook met baie lugmagte en vlote verbind weens die kleur van hul formele uniforms spesifiek vlootblou vir die vloot Die Blue Angels is n akrobatiese vlugeskader van die Amerikaanse Vloot Blou word tradisioneel met seuns verbind soos pienk met meisies verbind word Babablou is n pastelkleur wat met klere of linnegoed vir seuntjies verbind word Politiek In die Verenigde State vanaf die 2000 presidensiele verkiesings beteken blou state distrikte of mense daardie persone wat die Demokratiese Party ondersteun omdat blou die partykleur is In die Verenigde Koninkryk en Kanada word blou gebruik vir die onderskeie Konserwatiewe Partye In Duitsland is blou en geel die kleure van die liberale Vrye Demokratiese Party In die Republiek China op Taiwan is blou die kleur van die Kuomintang en word as embleem gebruik deur partye wat Chinese hereniging ondersteun Blou soos wit mag die owerheid voorstel teenoor die rewolusionere rooi of swart Die blou wimpel is n prys wat sedert die 1860 s aan skepe toegeken word wat die vinnigste trans Atlantiese vaart kon maak n Blou lint word ook gebruik om iets van hoe kwaliteit te beskryf en is oorspronklik die eerste pryse wat toegeken was in atletiese kompetisies Blou word ook verbind met beserings omdat dit die kleur van n kneusplek is In mediese diagramme word blou gebruik om are mee voor te stel wat suurstofarme bloed terug na die hart vervoer in werklikheid is sulke bloed eintlik n rooierige violet van kleur Gebruikers van Microsoft Windows gebruik die term om n rekenaar te beskryf wat n blou doodskerm teegekom het Streke In Australie kan blou n geveg of argument beteken Mans met rooi hare mag die bynaam Bluey gegee word Die Duitse woord vir blou word ook gebruik vir dronk In Russies is die woord vir ligblou ook die omgangstaal vir gay n Bloufilm is n omgangstaalterm vir n pornografiese film Daar is ook blou tydskrifte Die term is mees algemeen in Brittanje maar word ook in die Verenigde State en Israel gebruik Azzurro n ligblou is die nasionale kleur van Italie Blou word gebruik om die Unie in die Amerikaanse Burgeroorlog voor te stel teenoor die grys van die Bondstate van Amerika beide gebaseer op die uniforms wat deur die twee weermagte respektiewelik gebruik is n Blou maan is die tweede volmaan in n kalendermaand die derde volmaan in n seisoen wat vier het of n maan wat blou voorkom weens sekere deeltjies in die atmosfeer Al drie is so raar dat een keer in n blou maand beteken feitlik nooit n Blou hond het n pelskleur wat hoofsaaklik grys of silwer is Sien Kerry Blouterrier vir n soliede blou pels of Australiese herdershond vir blou merle Uitdrukkings Wysig Blou bloed he van hoe afkoms wees Dit spruit vanuit die feit dat wit vel wat nie deur die son gebruin is nie maklik die bloukleurige are laat deurskyn Iemand bont en blou slaan iemand slaan tot sy lyf vol kneusplekke is Die blou dam die see Een maal in n blou maand selde Blou Maandag n dag waarop alles verkeerd loop Iemand die blou pas gee Iemand in die pad steek n Bloutjie loop Afgese word deur n nooi Nie jou doel bereik nie n Blou hoed ophe beheer oor n situasie uitoefen n Bloukous n Geleerde vrou wat haar van huishoudelike sake losmaak Van blousuiker se tyd af van lank gelede afKleurkoordinate WysigVolgens verskeie kleurskemas word blou as volg voorgestel Model KoordinateHeksadesimale kode 0000FFRGB kleurmodel 0 0 255 CMYK 255 255 0 0 HSV 240 100 100 Gebruik in verfwerke Wysig Blou waterverf Tradisioneel is blou geag as n primere kleur in verfwerk met die sekondere kleur oranje as sy komplement maar hierdie is nie eens met moderne wetenskaplike kleurteorie nie Omdat die proses van pigmente meng n aftrekkende kleurproses is is die ware primere kleure in verf en drukwerk siaan magenta en geel met swart wat bygevoeg word om praktiese redes Galery Wysig Die Aarde Vlag van die Verenigde Nasies Die blou lug Die Meisie in die Blou Rok deur Misu Popp Bloubessies n Blou deur Die see Blou skoenlapperBronnelys WysigF F Odendal hoofred Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalSien ook WysigLys van kleureEksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir blou Elektromagnetiese Spektrum Radiogolf Mikrogolf Infrarooi Sigbare spektrum Ultraviolet X strale Gammastraal Sigbaar Rooi Oranje Geel Groen Siaan Blou VioletOntsluit van https af wikipedia org w index php title Blou amp ol,