Blaarslaai
Blaarslaai (Lactuca sativa) is 'n eenjarige plant in die asterfamilie Asteraceae. Dit word meestal as blaargroente gekweek, maar soms ook vir sy stam en sade. Blaarslaai is die eerste keer deur die antieke Egiptenare gekweek uit wat blyk 'n onkruid was. Aanvanklik is slegs sy sade gebruik om olie te produseer, maar dis later as 'n voedselplant verbou weens sy sappige blare, bykomend tot die olieryke sade. Blaarslaai het na die Grieke en Romeine versprei. Hulle het dit "Lactuca" gedoop, waarvan die Engelse woord "lettuce" later afgelei is. Teen 50 nC is verskeie tipes beskryf, en blaarslaai verskyn dikwels in Middeleeuse geskrifte. Gedurende die 16de tot 18de eeue is baie rasse in Europa ontwikkel, en teen die middel van die 18de eeu is kultivars beskryf wat vandag nog in tuine gevind word. Europa en Noord-Amerika het oorspronklik die mark vir blaarslaai oorheers, maar teen die laat 1900s het die gebruik van blaarslaai oor die ganse wêreld versprei. Blaarslaai Blaarslaai ("Iceberg"-variëteit) Wetenskaplike klassifikasie Koninkryk: (geen rang): (geen rang): (geen rang): Orde: Familie: Genus: Spesie: Binomiale naam Lactuca sativa
Sinonieme
(in metrieke ton) Rang Land 2010 2011 2012 2013 1 Volksrepubliek China 13,004,977 13,430,000 14,000,00 13,500,00 2 VSA 4,105,580 4,070,815 3,875,543 3,586,106 3 Indië 1,005,850 1,059,851 1,075,000 1,080,000 4 Spanje 809,390 868,436 877,000 904,300 5 Italië 843,344 819,194 755,697 796,406 6 Iran 424,228 550,799 570,000 569,038 7 Japan 537,900 542,400 566,100 565,401 8 Turkye 419,298 424,252 419,066 436,785 9 Meksiko 340,976 370,066 335,337 381,127 10 Duitsland 308,341 340,487 420,595 347,835 — Wêreld 23,072,074 25,056,972 25,545,999 24,896,116 Bron: UN Food & Agriculture Organization (FAO)
