fbpx Biologie
Wikipedia

Biologie

Biologie is die wetenskap van lewe. Dit is gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes, hoe spesies en individue ontstaan asook die wisselwerkings tussen hulle onderling en tussen hulle en die omgewing.

Biologie beslaan 'n wye spektrum van akademiese vakgebiede wat dikwels as onafhanklike dissiplines beskou word; as sambreelterm is dit die vakgebied van die bestudering van lewe op verskillende skale:

  • Op atoom- en molekulêre skaal, deur molekulêre biologie, biochemie en in 'n mate genetika
  • Op sellulêre skaal, deur selbiologie
  • Op multisellulêre skaal, deur fisiologie, anatomie en histologie
  • Op die ontwikkelingsvlak of ontogenie van 'n individuele organisme, deur ontwikkelingsbiologie.
  • Op die vlak van oorerflikheid tussen ouer en nasate, deur genetika.
  • Op die vlak van groepsgedrag, deur etologie
  • Op die vlak van individuele wisselwerkings tussen die organismes, deur sosiobiologie
  • Op die vlak van 'n hele bevolking, deur bevolkingsgenetika
  • Op ’n multispesieskaal van herkoms, deur sistematika
  • Op die vlak van interafhanklike bevolkings en hulle habitat, deur ekologie en evolusionêre biologie
  • Spekulatief op die vlak van lewe buite die Aarde, deur xenobiologie.

Velde van studie in biologie

Aërobiologie – Anatomie – Arachnologie – AstrobiologieBiochemie – Bionika – Biogeografie – Bioinformatika – Biomeganika – Biofisika – Biotegnologie – Plantkunde – Selbiologie – Verspreidingskunde – Kladistiek – Skaaldierkunde – Oerdierkundige – Siklusse – Sitologie – Ontwikkelingsbiologie – Siektes (genetiese en aansteeklike siektes) – Ekologie (teoretiese ekologie, simbiose, outokologie, sinekologie) – Etologie – Entomologie – Evolusionêre biologie (Evolusie) – Evolusionêre ontwikkelingsbiologie – Varswaterbiologie – Genetika (bevolkingsgenetika, kwantitatiewe genetika, genomika, proteomika) – HerpetologieHistologieAntropologieIgtiologieImmunologie – Aansteeklike siektes – Patologie – Epidemologie – Limnologie – Malakologie – Soogdierkunde – Mariene biologie – Mikrobiologie (bakteriologie) – Molekulêre biologie – Morfologie – Mikologie/ligenologie – Mirmekologie – Neurowetenskap (neuroanatomie, neurofisiologie, senustelselwetenskap, biologiese fisiologie, psigiatrie, psigofarmakologie, gedragswetenskap, neuroetologie, psigofisika, berekenbare neurowetenskap, kognitiewe neurowetenskap, kognitiewe wetenskap) – Onkologie (die studie van kanker) – Ontogenie – Oorsprong van lewe – VoëlkundePaleontologie (paleobotanie, paleosoölogie) – parasitologie – Fikologie (algologie) – Herkomskunde (filogenetika, filogeografie) – Fisiologie – Fitopatologie – Voortplantingsbiologie – Strukturele biologie – Stelselbiologie – Taksonomie – Toksikologie (die studie van gifstowwe en besoedeling) – Virologie – Xenobiologie – Soölogie

Een van die sentrale, organisatoriese begrippe in biologie is dat alle lewe van 'n gemene oorsprong het vanweë evolusie. Charles Darwin het evolusie as 'n lewensvatbare teorie daargestel deur die dryfveer daaragter, natuurlike teelkeuse, duidelik uit te spel. (Alfred Russell Wallace word algemeen erken as mede-uitvinder van die begrip). Genetiese verskuiwing is aanvaar as 'n bykomende meganisme tot die sogenaamde moderne sintese. Die evolusionêre geskiedenis van 'n spesie — waaruit die eienskappe van die verskillende spesies waarvan dit afstam, vasgestel kan word, tesame met die genetiese verwantskappe daarvan ten opsigte van al die ander spesies word herkomskunde genoem. Verskillende benaderings tot die insameling van inligting oor die herkoms van spesies word in biologie gevolg. Dit sluit die vergelyking van DNA-reekse in wat in molekulêre biologie of genomika uitgevoer word en vergelykings van fossielrekords en ander inligting oor antieke organismes wat deur paleontologie ondersoek word. Bioloë rangskik en ontleed evolusionêre verwantskappe deur verskeie metodes, wat herkomskunde, numeriese taksonomie en kladistiek insluit. Die hoofgebeurtenisse in die loop van evolusie, soos bioloë dit tans verstaan, word opgesom op hierdie evolusionêre tydlyn.

Die klassifikasie van lewende dinge word sistematika of taksonomie genoem en behoort die evolusionêre stambome van die verskillende organismes te weerspieël. Taksonomie groepeer organismes in groepe wat taksons genoem word, terwyl sistematika hul verwantskappe probeer vasstel. Die dominante stelsel word Linnese taksonomie genoem, wat ordes en binomiale name insluit. Die name van organismes word beheer deur internasionale ooreenkomste soos die Internasionale Kode van Benamings vir alge, fungi en plante en die Internasionale Kode van Dierkundige Benamings. 'n Vierde konsepvoorstel vir 'n biokode is in 1997 gepubliseer in 'n poging om die name van die drie terreine te standaardiseer, maar dit is nog nie amptelik aanvaar nie. Die Internasionale Kode van Virusklassifikasie en -benamings val tans buite die biokodes.

Lewende wesens is tradisioneel in vyf koninkryke verdeel:

MonereProtisteSkimmelsPlanteDiere

Die verdeling word egter deesdae as verouderd beskou. Meer moderne alternatiewe begin met die drieledige domeinstelsel:

ArchaeaBakterieëEukariote (insluitende protiste, fungi, plante en diere)

Hierdie domeine weerspieël die teenwoordigheid al dan nie van selkerne asook verskille in die selwande. Elke domein word verder verdeel totdat elke spesie apart geklassifiseer is. Die volgorde is: domein, koninkryk, filum, klas, orde, familie, genus, spesie.

Daar is ook 'n reeks intrasellulêre parasiete wat toenemend minder lewend is ten opsigte van hulle metaboliese aktiwiteit:

Virusse – Viroïede – Prione
  • Animalia: beeste, Bos taurus

  • Plante: Koring, Triticum

  • Fungi: Morchella esculenta

  • Stramenopila/Chromista: Fucus serratus

  • Bakterieë: Gemmatimonas aurantiaca

  • Archaea: halobakterieë

Die term "biologie" is afgelei van die Griekse βίος (bios, "lewe") en λόγος (logos, "studie van"). Die term is vermoedelik onafhanklik van mekaar deur Gottfried Reinhold Treviranus (Biologie oder Philosophie der lebenden Natur, 1802) en Jean-Baptiste Lamarck (Hydrogéologie, 1802) bekendgestel. Dit kan ook wees dat Karl Friedrich Burdach die woord in 1800 uitgedink het vir die titel van boekdeel 3 van Michael Christoph Hanov se Philosophiae naturalis sive physicae dogmaticae: Geologia, biologia, phytologia generalis et dendrologia, wat in 1766 gepubliseer is.

  • Lynn Margulis, Five Kingdoms: An Illustrated Guide to the Phyla of Life on Earth, 3de oplaag, St. Martin's Press, 1997, sagteband, ISBN 0-8050-7252-7 (baie ander oplae)
  • Neil Campbell, Biology: Concepts & Connections (4de oplaag), Benjamin-Cummings Publishing Company, 2002, hardeband, ISBN 0-8053-6627-X (college-vlak teks)
  • : 'n Aanlyn bron vir enigiets verwant aan biologie
  • : 'n aanlyn handboek met ’n soekfunksie
  • : 'n webtuiste wat deur 'n enkele persoon onderhou word
  • 26 April 2008 op Wayback Machine
  • 19 Desember 2005 op Wayback Machine
  • 26 Julie 2011 op Wayback Machine

Biologie
biologie, wetenskap, lewe, gemoeid, eienskappe, gedrag, organismes, spesies, individue, ontstaan, asook, wisselwerkings, tussen, hulle, onderling, tussen, hulle, omgewing, vakgebied, bestudering, verskillende, vorme, lewende, organismes, inhoud, oorsig, biolog. Biologie is die wetenskap van lewe Dit is gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes hoe spesies en individue ontstaan asook die wisselwerkings tussen hulle onderling en tussen hulle en die omgewing Biologie is die vakgebied van die bestudering van die verskillende vorme van lewende organismes Inhoud 1 Oorsig van biologie 1 1 Velde van studie in biologie 2 Evolusie en biologie 3 Klassifikasie van lewe en soortgelyke organismes 4 Geskiedenis van die woord biologie 5 Verdere leeswerk 6 Eksterne skakelsOorsig van biologie WysigBiologie beslaan n wye spektrum van akademiese vakgebiede wat dikwels as onafhanklike dissiplines beskou word as sambreelterm is dit die vakgebied van die bestudering van lewe op verskillende skale Op atoom en molekulere skaal deur molekulere biologie biochemie en in n mate genetika Op sellulere skaal deur selbiologie Op multisellulere skaal deur fisiologie anatomie en histologie Op die ontwikkelingsvlak of ontogenie van n individuele organisme deur ontwikkelingsbiologie Op die vlak van oorerflikheid tussen ouer en nasate deur genetika Op die vlak van groepsgedrag deur etologie Op die vlak van individuele wisselwerkings tussen die organismes deur sosiobiologie Op die vlak van n hele bevolking deur bevolkingsgenetika Op n multispesieskaal van herkoms deur sistematika Op die vlak van interafhanklike bevolkings en hulle habitat deur ekologie en evolusionere biologie Spekulatief op die vlak van lewe buite die Aarde deur xenobiologie Velde van studie in biologie Wysig Aerobiologie Anatomie Arachnologie Astrobiologie Biochemie Bionika Biogeografie Bioinformatika Biomeganika Biofisika Biotegnologie Plantkunde Selbiologie Verspreidingskunde Kladistiek Skaaldierkunde Oerdierkundige Siklusse Sitologie Ontwikkelingsbiologie Siektes genetiese en aansteeklike siektes Ekologie teoretiese ekologie simbiose outokologie sinekologie Etologie Entomologie Evolusionere biologie Evolusie Evolusionere ontwikkelingsbiologie Varswaterbiologie Genetika bevolkingsgenetika kwantitatiewe genetika genomika proteomika Herpetologie Histologie Antropologie Igtiologie Immunologie Aansteeklike siektes Patologie Epidemologie Limnologie Malakologie Soogdierkunde Mariene biologie Mikrobiologie bakteriologie Molekulere biologie Morfologie Mikologie ligenologie Mirmekologie Neurowetenskap neuroanatomie neurofisiologie senustelselwetenskap biologiese fisiologie psigiatrie psigofarmakologie gedragswetenskap neuroetologie psigofisika berekenbare neurowetenskap kognitiewe neurowetenskap kognitiewe wetenskap Onkologie die studie van kanker Ontogenie Oorsprong van lewe Voelkunde Paleontologie paleobotanie paleosoologie parasitologie Fikologie algologie Herkomskunde filogenetika filogeografie Fisiologie Fitopatologie Voortplantingsbiologie Strukturele biologie Stelselbiologie Taksonomie Toksikologie die studie van gifstowwe en besoedeling Virologie Xenobiologie SoologieEvolusie en biologie WysigEen van die sentrale organisatoriese begrippe in biologie is dat alle lewe van n gemene oorsprong het vanwee evolusie Charles Darwin het evolusie as n lewensvatbare teorie daargestel deur die dryfveer daaragter natuurlike teelkeuse duidelik uit te spel Alfred Russell Wallace word algemeen erken as mede uitvinder van die begrip Genetiese verskuiwing is aanvaar as n bykomende meganisme tot die sogenaamde moderne sintese Die evolusionere geskiedenis van n spesie waaruit die eienskappe van die verskillende spesies waarvan dit afstam vasgestel kan word tesame met die genetiese verwantskappe daarvan ten opsigte van al die ander spesies word herkomskunde genoem Verskillende benaderings tot die insameling van inligting oor die herkoms van spesies word in biologie gevolg Dit sluit die vergelyking van DNA reekse in wat in molekulere biologie of genomika uitgevoer word en vergelykings van fossielrekords en ander inligting oor antieke organismes wat deur paleontologie ondersoek word Bioloe rangskik en ontleed evolusionere verwantskappe deur verskeie metodes wat herkomskunde numeriese taksonomie en kladistiek insluit Die hoofgebeurtenisse in die loop van evolusie soos bioloe dit tans verstaan word opgesom op hierdie evolusionere tydlyn Klassifikasie van lewe en soortgelyke organismes Wysig Die klassifikasie van lewende dinge word sistematika of taksonomie genoem en behoort die evolusionere stambome van die verskillende organismes te weerspieel Taksonomie groepeer organismes in groepe wat taksons genoem word terwyl sistematika hul verwantskappe probeer vasstel Die dominante stelsel word Linnese taksonomie genoem wat ordes en binomiale name insluit Die name van organismes word beheer deur internasionale ooreenkomste soos die Internasionale Kode van Benamings vir alge fungi en plante en die Internasionale Kode van Dierkundige Benamings n Vierde konsepvoorstel vir n biokode is in 1997 gepubliseer in n poging om die name van die drie terreine te standaardiseer maar dit is nog nie amptelik aanvaar nie Die Internasionale Kode van Virusklassifikasie en benamings val tans buite die biokodes Lewende wesens is tradisioneel in vyf koninkryke verdeel Monere Protiste Skimmels Plante Diere Die verdeling word egter deesdae as verouderd beskou Meer moderne alternatiewe begin met die drieledige domeinstelsel Archaea Bakteriee Eukariote insluitende protiste fungi plante en diere Hierdie domeine weerspieel die teenwoordigheid al dan nie van selkerne asook verskille in die selwande Elke domein word verder verdeel totdat elke spesie apart geklassifiseer is Die volgorde is domein koninkryk filum klas orde familie genus spesie Daar is ook n reeks intrasellulere parasiete wat toenemend minder lewend is ten opsigte van hulle metaboliese aktiwiteit Virusse Viroiede Prione Animalia beeste Bos taurus Plante Koring Triticum Fungi Morchella esculenta Stramenopila Chromista Fucus serratus Bakteriee Gemmatimonas aurantiaca Archaea halobakterieeGeskiedenis van die woord biologie WysigDie term biologie is afgelei van die Griekse bios bios lewe en logos logos studie van Die term is vermoedelik onafhanklik van mekaar deur Gottfried Reinhold Treviranus Biologie oder Philosophie der lebenden Natur 1802 en Jean Baptiste Lamarck Hydrogeologie 1802 bekendgestel Dit kan ook wees dat Karl Friedrich Burdach die woord in 1800 uitgedink het vir die titel van boekdeel 3 van Michael Christoph Hanov se Philosophiae naturalis sive physicae dogmaticae Geologia biologia phytologia generalis et dendrologia wat in 1766 gepubliseer is Verdere leeswerk WysigLynn Margulis Five Kingdoms An Illustrated Guide to the Phyla of Life on Earth 3de oplaag St Martin s Press 1997 sagteband ISBN 0 8050 7252 7 baie ander oplae Neil Campbell Biology Concepts amp Connections 4de oplaag Benjamin Cummings Publishing Company 2002 hardeband ISBN 0 8053 6627 X college vlak teks Eksterne skakels WysigEverythingBio n Aanlyn bron vir enigiets verwant aan biologie Kimball s Biology Pages n aanlyn handboek met n soekfunksie Biology Online n webtuiste wat deur n enkele persoon onderhou word Biologiewebtuiste Geargiveer 26 April 2008 op Wayback Machine The Tree of Life The Journal of Biology The Public Library of Science Biology BioCode Geargiveer 19 Desember 2005 op Wayback Machine Biologie met grafika en animasies Leermateriaal vir biologie in Afrikaans en Engels Geargiveer 26 Julie 2011 op Wayback Machine Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Biologie Wikiwoordeboek het n inskrywing vir biologie Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Biologie amp ol,