×
Biodiversiteit

Biodiversiteit of biologiese diversiteit is die verskeidenheid van lewensvorme op aarde en die hele spektrum van gene, spesies, ekostelsels en landskappe is daarby inbegrepe. Dit sluit 'n ongelooflike aantal soorte plante, diere en organismes in. Biodiversiteit is egter ook veel meer as dit. Dit omvat ook genetiese wisselwerking tussen spesies, verskeidenheid van spesies en lewensvorme, diversiteit van verwante spesies en interaksie tussen hulle, en ekologiese prosesse. Biodiversiteit is die natuur se manier om onder andere 'n ontsaglike genepoel daar te stel wat kan help om versteurings in ekostelsels te verwerk en te bowe te kom. Dit speel 'n onmisbare rol in die vorming, beskerming en instandhouding van grond, die regulering van die klimaat, asook die instandhouding van ekologiese prosesse en lewensonderhoudende stelsels. Die aarde se suurstof-, voedsel- en watervoorraad, benewens gunstige klimaat, bestuiwing, vrugbaarheid van grond en hersirkulering van afvalprodukte word aldus deur biodiversiteit onderskraag. Dit is danksy biodiversiteit dat voedsel, klerasie, medisyne, skuiling en behuising verkry kan word, en dit is biodiversiteit wat die hoeksteen van toerismebedrywe vorm.

Daar is al 1,75 miljoen spesies geklassifiseer, maar kenners vermoed dat daar omtrent 100 miljoen kan wees. Die volgende getalle gee 'n idee van die aarde se biodiversiteit:

Klas Aantal
Insekte en miriapode (duisend- en veelpotiges) 963 000
Plante 270 000
Fungi en ligene (swamme, paddastoele, ens.) 100 000
Protozoa en alge 80 000
Kloukaakagtiges (spinnekoppe en skerpioene) 75 000
Molluske 70 000
Skaaldiere 40 000
Nematode wurms (haakwurms en draadwurms) 25 000
Visse 22 000
Platwurms (slakwurms en lintwurms) 20 000
Gesegmenteerde of ringwurms (erdwurms en bloedsuiers) 12 000
Reptiele en amfibieë 10 500
Voëls 10 000
Kwalle, korale en anemone 10 000
Sponse 10 150
Soogdiere 4 500
Bakterieë 4 000
Ander organismes 10 000
'n Blik op 'n deeltjie van die biodiversiteit van 'n koraalrif.

Kommer word uitgespreek dat die mens in die aangesig van biodiversiteitsverliese geen beduidende aanpassing aan sy gedrag maak nie, en biodiversiteit dikwels as 'n onuitputbare hulpbron beskou. Suid-Afrika beskik oor omtrent 10% van die wêreld se plant-, voël- en diersoorte. Die plantegroei van die land bestaan uit sowat 22 000 soorte, waaronder dié van die bekende en unieke fynbosbioom. Die fynbos-plantegroeigebied huisves ongeveer 8 000 plantspesies, waarvan 70% endemies is. Sedert 1652 is ongeveer 46% van die droë woud, 62% van die grasvlaktes, 50% van die wortelboommoerasse, en 90% van die renosterveld in Suid-Afrika reeds uitgewis. Die meeste van hierdie uitwissing het in die laaste eeu plaasgevind.

Wêreldwyd word daar gevrees dat 'n verdere derde van die aarde se biodiversiteit binne die volgende 20 tot 30 jaar uitgewis sal word. Die mens se aktiwiteite plaas toenemende druk op die oorblywende ekostelsels deur dit te verander en te fragmenteer of te vernietig. Dit bring verlies aan habitat mee en veroorsaak dat spesies uitsterf en die genepoel van die aarde inkrimp. Meer as 11 000 bekende plant- en dierspesies verkeer wêreldwyd op die rand van uitwissing. In reënwoude verdwyn daar elke jaar ongeveer 27 000 spesies (hoofsaaklik insekte en plante). Die gebiede waar biodiversiteit die vinnigste afneem, is in die armer, dig bevolkte dele van die wêreld soos Suid-Amerika (veral Brasilië), Sentraal-Afrika (veral in die Demokratiese Republiek van die Kongo) en Oos-Asië (in lande soos Indonesië en China). Die regering van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) betaal vir hul burgeroorlog van die afgelope aantal jare deur aan Zimbabwe en ander Afrikalande die regte te verkoop om die reënwoude af te kap en die produkte daarvan te verkoop. In ruil daarvoor verskaf lande soos Zimbabwe daarna soldate aan die DRK-regering.

Ten einde biodiversiteit te bewaar, sal die wêreld se oorblywende kerngebiede van groot diversiteit (sogenaamde hotspots) geïdentifiseer, gedokumenteer en beskerm moet word. Daar is reeds 24 ekologieryke gebiede geïdentifiseer wat 50% van alle landlewende spesies op aarde bevat (op net 2% van die aardoppervlak). Bewaringsaksies sal egter in samewerking met gemeenskappe wat binne of langs hierdie gebiede woon, onderneem moet word (en hulle sal voordeel daaruit moet put), anders sal dit verlore gaan. Die bewaring van biodiversiteit is grondliggend aan die sukses van die proses van ontwikkeling. Dit gaan nie bloot om die beskerming van die natuurlewe in natuurreservate nie. Dit gaan ook oor die behoud van die aarde se natuurlike stelsels wat lewensondersteunende stelsels vir die mens is, en die genetiese rykdom waarvan die mens afhanklik is in die nimmereindige stryd om gewasse en lewende hawe te verbeter.

  • Sosiale Wetenskappe: Bateleur-paneel, Bateleur-boeke, Eerste uitgawe
  1. Dugmore, Heather (7 April 2021). . Environment. mg.co.za. Mail & Guardian. Besoek op9 April 2021.

Publikasie datum: September 26, 2021

biodiversiteit, biologiese, diversiteit, verskeidenheid, lewensvorme, aarde, hele, spektrum, gene, spesies, ekostelsels, landskappe, daarby, inbegrepe, sluit, ongelooflike, aantal, soorte, plante, diere, organismes, egter, veel, meer, omvat, genetiese, wisselw. Biodiversiteit of biologiese diversiteit is die verskeidenheid van lewensvorme op aarde en die hele spektrum van gene spesies ekostelsels en landskappe is daarby inbegrepe Dit sluit n ongelooflike aantal soorte plante diere en organismes in Biodiversiteit is egter ook veel meer as dit Dit omvat ook genetiese wisselwerking tussen spesies verskeidenheid van spesies en lewensvorme diversiteit van verwante spesies en interaksie tussen hulle en ekologiese prosesse Biodiversiteit is die natuur se manier om onder andere n ontsaglike genepoel daar te stel wat kan help om versteurings in ekostelsels te verwerk en te bowe te kom Dit speel n onmisbare rol in die vorming beskerming en instandhouding van grond die regulering van die klimaat asook die instandhouding van ekologiese prosesse en lewensonderhoudende stelsels Die aarde se suurstof voedsel en watervoorraad benewens gunstige klimaat bestuiwing vrugbaarheid van grond en hersirkulering van afvalprodukte word aldus deur biodiversiteit onderskraag 1 Dit is danksy biodiversiteit dat voedsel klerasie medisyne skuiling en behuising verkry kan word en dit is biodiversiteit wat die hoeksteen van toerismebedrywe vorm Reenwoude is van die mees biodiverse ekostelsels op aarde Inhoud 1 Die aarde se biodiversiteit 2 Vermindering van biodiversiteit 3 Bewaring van biodiversiteit 4 Bronne 5 VerwysingsDie aarde se biodiversiteit WysigDaar is al 1 75 miljoen spesies geklassifiseer maar kenners vermoed dat daar omtrent 100 miljoen kan wees Die volgende getalle gee n idee van die aarde se biodiversiteit Klas AantalInsekte en miriapode duisend en veelpotiges 963 000Plante 270 000Fungi en ligene swamme paddastoele ens 100 000Protozoa en alge 80 000Kloukaakagtiges spinnekoppe en skerpioene 75 000Molluske 70 000Skaaldiere 40 000Nematode wurms haakwurms en draadwurms 25 000Visse 22 000Platwurms slakwurms en lintwurms 20 000Gesegmenteerde of ringwurms erdwurms en bloedsuiers 12 000Reptiele en amfibiee 10 500Voels 10 000Kwalle korale en anemone 10 000Sponse 10 150Soogdiere 4 500Bakteriee 4 000Ander organismes 10 000Vermindering van biodiversiteit Wysig n Blik op n deeltjie van die biodiversiteit van n koraalrif Kommer word uitgespreek dat die mens in die aangesig van biodiversiteitsverliese geen beduidende aanpassing aan sy gedrag maak nie en biodiversiteit dikwels as n onuitputbare hulpbron beskou 1 Suid Afrika beskik oor omtrent 10 van die wereld se plant voel en diersoorte Die plantegroei van die land bestaan uit sowat 22 000 soorte waaronder die van die bekende en unieke fynbosbioom Die fynbos plantegroeigebied huisves ongeveer 8 000 plantspesies waarvan 70 endemies is Sedert 1652 is ongeveer 46 van die droe woud 62 van die grasvlaktes 50 van die wortelboommoerasse en 90 van die renosterveld in Suid Afrika reeds uitgewis Die meeste van hierdie uitwissing het in die laaste eeu plaasgevind Wereldwyd word daar gevrees dat n verdere derde van die aarde se biodiversiteit binne die volgende 20 tot 30 jaar uitgewis sal word Die mens se aktiwiteite plaas toenemende druk op die oorblywende ekostelsels deur dit te verander en te fragmenteer of te vernietig Dit bring verlies aan habitat mee en veroorsaak dat spesies uitsterf en die genepoel van die aarde inkrimp Meer as 11 000 bekende plant en dierspesies verkeer wereldwyd op die rand van uitwissing In reenwoude verdwyn daar elke jaar ongeveer 27 000 spesies hoofsaaklik insekte en plante Die gebiede waar biodiversiteit die vinnigste afneem is in die armer dig bevolkte dele van die wereld soos Suid Amerika veral Brasilie Sentraal Afrika veral in die Demokratiese Republiek van die Kongo en Oos Asie in lande soos Indonesie en China Die regering van die Demokratiese Republiek van die Kongo DRK betaal vir hul burgeroorlog van die afgelope aantal jare deur aan Zimbabwe en ander Afrikalande die regte te verkoop om die reenwoude af te kap en die produkte daarvan te verkoop In ruil daarvoor verskaf lande soos Zimbabwe daarna soldate aan die DRK regering Bewaring van biodiversiteit WysigTen einde biodiversiteit te bewaar sal die wereld se oorblywende kerngebiede van groot diversiteit sogenaamde hotspots geidentifiseer gedokumenteer en beskerm moet word Daar is reeds 24 ekologieryke gebiede geidentifiseer wat 50 van alle landlewende spesies op aarde bevat op net 2 van die aardoppervlak Bewaringsaksies sal egter in samewerking met gemeenskappe wat binne of langs hierdie gebiede woon onderneem moet word en hulle sal voordeel daaruit moet put anders sal dit verlore gaan Die bewaring van biodiversiteit is grondliggend aan die sukses van die proses van ontwikkeling Dit gaan nie bloot om die beskerming van die natuurlewe in natuurreservate nie Dit gaan ook oor die behoud van die aarde se natuurlike stelsels wat lewensondersteunende stelsels vir die mens is en die genetiese rykdom waarvan die mens afhanklik is in die nimmereindige stryd om gewasse en lewende hawe te verbeter Bronne WysigSosiale Wetenskappe Bateleur paneel Bateleur boeke Eerste uitgaweVerwysings Wysig 1 0 1 1 Dugmore Heather 7 April 2021 Calling all creatives Biodiversity needs a global advertising campaign Environment mg co za Mail amp Guardian Besoek op 9 April 2021 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Biodiversiteit amp ol,