×
Bermudaanse nasionale krieketspan

Die Bermudaanse nasionale krieketspan (Engels: Bermuda national cricket team) verteenwoordig die Britse oorsese gebied Bermuda in internasionale krieket. Die span word deur die Bermudaanse Krieketraad (BCB, van Engels: Bermuda Cricket Board) bestuur en het in 1966 ’n geassosieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword.

Bermuda
BynaamGombey Warriors
KonferensieKrieket Bermuda
Personeel
KapteinTerryn Fray
AfrigterHerbert Bascome
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid (1966)
IKR-streekAmerikas
IKR-ranglys Tans Beste rang tot dusver
T20I30ste30ste (23 Augustus 2019)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Kanada op Queen’s Park Oval, Port of Spain; 17 Mei 2006
Laaste EDIt Nederland op Senwespark, Potchefstroom; 8 April 2009
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Totaal357/28 (20%)
(0 gelykop, 0 geen uitslag)
Vanjaar00/0
(0 gelykop, 0 geen uitslag)
verskynings tydens wêreldbeker-toernooie1 (eerste in 2007)
Beste uitslagGroepfase (in 2007)
verskynings tydens wêreldbeker-kwalifiserings8 (eerste in 1979)
Beste uitslagNaaswenner (in 1982)
Twintig20s
Eerste T20It Skotland op Stormont, Belfast; 3 Augustus 2008
Laaste T20It Nederland op Doebai Internasionale Krieketstadion, Doebai; 26 Oktober 2019
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Totaal154/10 (28,57)
(0 onbeslis, 1 geen uitslag)
Vanjaar00/0
(0 onbeslis, 0 geen uitslag)
Verskynings by T20-wêreldbeker-kwalifiserings3 (eerste in 2008)
Beste uitslag6de plek (in 2008)
EDI-klere
T20I-klere

Nadat ’n toer na New York Stad gereël is, is in 1891 is die eerste Bermudaanse nasionale span saamgestel. In die jare voor die eerste Eerste Wêreldoorlog het Bermuda en Amerikaanse spanne (insluitende Philadelphia s’n) gereeld wedersydse toere onderneem, hoewel hulle eers in 1912 tydens die Australiese besoek hul eerste internasionale wedstryd gespeel het. Ná die 1920’s het die Bermudaanse krieket se fokus van die Verenigde State na die Wes-Indiese lande verskuif, hoewel Wes-Indiese spanne eers vanaf die 1950’s gereelde toere begin onderneem het. Bermuda se nasionale span het ook teen nasionale spanne gespeel wat na of van die Wes-Indiese eilande getoer het. Van hierdie wedstryde het egter een, dié teen Nieu-Seeland in 1972, eersterangse status geniet.

Die IKR-trofee (nou die wêreldbekerkwalifisering) het in 1979 as die eerste wêreldbekerkwalifisering vir die IKR se geassosieerde lede begin. Bermuda het dié jaar die halfeindstryd gehaal en in 1982 het hulle tot die eindstryd deurgedring, maar teen Zimbabwe verloor. Vervolgens het hulle nie vir die Krieketwêreldbeker 1983 gekwalifiseer nie, aangesien aan dié toernooi net een geassosieerde lid kon deelneem. Vir die IKR-trofee 2005 is die aantal geassosieerde lede tot ses verhoog. Nadat hulle die halfeindstryd bereik het, het Bermuda vir die Krieketwêreldbeker 2007 gekwalifiseer en sodoende die kleinste land in terme van beide bevolking en oppervlakte geword wat daarin geslaag het. Hulle het ook tot in 2009 EDI- en T20I-status geniet. Bermuda het tydens die Krieketwêreldbeker en hul aansluitende EDI-reekse egter swak vertoon, en na die 2009-wêreldbekerkwalifisering is hulle na die 2011-wêreldkrieketliga se afdeling twee afgegradeer. Sedertdien het hulle drie verdere afdelings geval.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal elke T20I-wedstryd wat Bermuda ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as volle T20I erken word. Bermuda is tans (25 Junie 2021) 30ste op die Twintig20-wêreldranglys.

Inhoud

Beginjare

Op 30 Augustus 1844 het die eerste bekende krieketwedstryd in Bermuda plaasgevind. Een jaar later is die Bermudaanse Krieketklub gestig en dit het ondersteuning deur plaaslike inwoners én Britse soldate geniet. In die laat 19de eeu is enkele internasionale wedstryde teen Amerikaanse spanne gespeel, waarvan die meeste teen Philadelphia, maar die krieketkrag van die eiland het ná die Eerste Wêreldoorlog agteruitgegaan. Inderdaad was Sir Julien Cahn se span in 1933 die enigste noemenswaardige wat ’n toer gedurende die tussenoorlogse tydperk na Bermuda onderneem het.

Naoorlogse tydperk

Ná die Tweede Wêreldoorlog het krieket in Bermuda weer gewild geword, en baie toerspanne het die eiland besoek, insluitende toetsspanne op pad na Wes-Indië. In 1960 het Engeland die eerste toer na Bermuda onderneem en ander spanne het gevolg. Bermuda is ook die plek waar die eerste nie in Yorkshire gebore speler vir die Yorkshire County Cricket Club gespeel het. Volgens ’n tradisionele reël van Yorkshire kon niemand wat buite die county gebore is, vir hulle speel nie (die reël is in die negentigerjare afgeskaf). Die reël is gebuig om toe te laat dat Garry Sobers vir hulle enkele wedstryde onder die kapteinskap van Brian Close tydens ’n fees in Bermuda kon speel.

In 1966 het Bermuda ’n geassosieerde lid van die Imperiale Krieketkonferensie (IKK) geword. In April 1972 het ’n wedstryd teen Nieu-Seeland eersterangse status geniet. Sedertdien het hulle deelgeneem aan ’n groter aantal internasionale toernooie soos die IKR-trofee, wat deur Alma Hunt, die Bermudaanse afgevaardigde by die IKK, voorgestel is.

21ste eeu

Opkoms, EDI-status en die IKR-trofee 2005 (2004–2006)

In 2003 en 2004 het hulle aan die Interkontinentale beker deelgeneem en met beide Kanada en die Verenigde State in dieselfde groep gespeel. In 2004, tydens die eerste aanbieding van die toernooi, is hulle uit die toernooi geskakel nadat hulle deur Kanada verslaan is en teen die Verenigde State onbeslis gespeel het. In 2005 het hulle die Amerikaanse groep gewen, nadat hulle Kanada en die Kaaimanseilande in Kanada verslaan het. Bermuda is egter in die halfeindstryd in Oktober deur Kenia verslaan.

Bermuda se grootste krieketmoment was op 7 Julie 2005, nadat hulle die halfeindstryd van die IKR-trofee 2005 gehaal het. Met hul vordering tot die halfeindstryd het hulle ook vir die Krieketwêreldbeker 2007 in Wes-Indië gekwalifiseer en vanaf 1 Januarie 2006 tot die Wêreldbekerkwalifisering 2009 EDI-status ontvang.

Vinnige agteruitgang die Krieketwêreldbeker 2007 (2006–2007)

Bermuda se eerste internasionale verskyning in 2006 het teleurstellend verloop, nadat hulle elke wedstryd van ’n vyfwedstrydtoer in die Verenigde Arabiese Emirate verloor het. In April 2006 het hulle die T20I-toernooi Wêreldkrieketklassiek aangebied.

In Mei 2006 het Bermuda sy eerste EDI-wedstryd gespeel en hulle het daarin geslaag om Kanada op Queen’s Park Oval, Port of Spain, Trinidad en Tobago, tydens ’n Drienasiesreeks, waaraan ook Zimbabwe deelgeneem het, te verslaan. Daarmee het hulle ná Australië, Nieu-Seeland en Zimbabwe die vierde span geword wat hul eerste EDI-wedstryd gewen het. Bermuda is egter in sy tweede EDI-wedstryd deur Zimbabwe met 194 lopies verslaan, nadat hulle 338 lopies vir sewe paaltjies afgestaan het. Hulle het daarna die eindstryd verloor, weer teen Zimbabwe.

In Julie 2006 het Bermuda aan die Stanford 20/20-uitkloptoernooi deelgeneem, maar teen Jamaika verloor. Hulle het $100 000 vir hul deelname ontvang. Die volgende maand het hulle na Kanada getoer, waar hulle ’n vierdaagse Interkontinentale bekerwedstryd en twee EDI-wedstryde gespeel het. Bermuda is in die Interkontinentale bekerwedstryd, wat op die laaste uur neergekom het, met nege paaltjies verslaan, maar hulle het die twee EDI-wedstryde gewen. Later die jaar het hulle in die Interkontinentale beker teen Kenia en Nederland te staan gekom. In Augustus het hulle aan afdeling een van die Amerikaanse Kampioenskap deelgeneem en dié toernooi vir die eerste keer gewen sonder om ’n wedstryd te verloor. In November het hulle Kenia vir ’n Interkontinentale bekerwedstryd en drie EDI-wedstryde besoek. Bermuda het in die deur reën geaffekteerde Interkontinentale bekerwedstryd onbeslis gespeel en al die drie EDI-wedstryde verloor. Bermuda het aansluitend Suid-Afrika besoek en ’n Interkontinentale bekerwedstryd teen Nederland gespeel. Hulle het onbeslis gespeel, maar die hoogtepunt was ’n nuwe rekordbeurt deur Glamorgan se kolwer David Hemp wat 247 onoorwonne lopies aangeteken het, die hoogste telling in die geskiedenis van dié toernooi. Daarop het ’n Drienasiesreeks met Kanada en Nederland gevolg. Bermuda is in sy eerste drie wedstryde verslaan, maar hulle het Nederland in die eindstryd met ’n lae telling geklop.

Aan die einde van Januarie 2007 het Bermuda Kenia vir afdeling een van die wêreldkrieketliga besoek. Hulle het vier van hul vyf wedstryde verloor: met tien paaltjies teen die latere kampioen Kenia, met vier paaltjies teen Ierland, met 56 lopies teen Kanada (nadat hulle binne 16 boulbeurte uitgeboul is) en met agt paaltjies teen Nederland; hul enigste oorwinning was teen Skotland met vyf paaltjies. Bermuda het laaste in die groep geëindig, agter Ierland weens hul lopietempo (Bermuda met −1.310, Ierland met −0.061).

Daarop het ’n Drienasiesreeks op die Antigua Recreation Ground in St. John’s, Antigua en Barbuda, gevolg, waartydens Bermuda teen Bangladesj en Kanada gespeel het. In hul openingswedstryd teen Bangladesj het hulle 205/8 in hul 50 beurte aangeteken en Lionel Cann het 33 lopies in 23 aflewerings aangeteken, maar die Bengaalse aanvangskolwer Shahriar Nafees het Bermuda se hoop op ’n oorwinning beëindig, nadat hy onoorwonne 104 lopies aangeteken en Bangladesj met agt paaltjies laat wen het. Nadat hulle die loot gewen en eerste begin kolf het, het hulle teen Kanada 206/8 in hul 50 beurte aangeteken: ’n beurt wat van ineenstorting deur die vennootskap tussen kaptein Irving Romaine en Saleem Mukuddem met 57 lopies, asook Lionel Cann en Delyone Borden met 38 lopies gered is. Cann het weer uitstekend vir Bermuda gekolf en 42 lopies uit net 25 aflewerings aangeteken, waaronder vyf grenshoue. In Kanada se beurt het die aanvangskolwer Abdool Samad op ’n soortgelyke manier soos Nafees ’n dag voorheen uitgeblink. Sy 83 lopies van 86 aflewerings het Kanada na 135/3 geneem en hulle was op die punt van ’n oorwinning. Delyone Borden se draaiballe het Bermuda in die wedstryd teruggebring – nadat hy vier paaltjies vir net 33 lopies geneem en Kanada op 179/6 beperk het; maar aan die einde het Kanada die benodigde 207 lopies aangeteken – met ses oorblywende boulbeurte en die verlies van net een verdere paaltjie – en op 207/7 geëindig.

Op 5 Maart 2007 het Bermuda teen Engeland op St. Vincent te staan gekom. Engeland was op 286/8 ná hul 50 beurte danksy ’n vinnige 76 deur Jamie Dalrymple, asook Ian Bell en Kevin Pietersen wat onderskeidelik 46 en 43 aangeteken het. Die Bermudaanse beurt is ná net 22.2 kolfbeurte beëindig, nadat Engeland al tien paaltjies vir net 45 lopies ingeoes het, die beste Bermudaanse kolwer het net elf lopies aangeteken. Jon Lewis het drie paaltjies geneem, James Anderson en Andrew Flintoff twee elk.

Hul tweede opwarmingswedstryd was teen Zimbabwe, weer op St. Vincent. Bermuda het die loot gewen en eerste begin kolf, maar hulle het vinnig paaltjies begin verloor. Janeiro Tucker het 56 lopies aangeteken, maar hy was een van net vier spelers wat dubbelsyfers aangeteken het, voordat Bermuda met die laaste aflewering van hul beurt met 136 uitgeboul is. Zimbabwe het twee paaltjies binne hul eerste drie kolfbeurte verloor, maar Sean Williams het met 72 onoorwonne lopies uitgeblink en Zimbabwe die teiken van 137 lopies binne net 29 beurte laat bereik, hulle het net vier paaltjies in die proses afgestaan.

Ná meer as ’n jaar se onoortuigende nederlae is Bermuda se eerste verskyning tydens ’n Krieketwêreldbeker deur drie verwagte erge nederlae gekenmerk, nadat hulle met Sri Lanka, Indië en Bangladesj in dieselfde groep geplaas is. In hul openingswedstryd het hulle ’n karige 78 lopies aangeteken, nadat hulle Sri Lanka se 321/6 gejaag het. In hul tweede wedstryd teen Indië het hulle met die bal gesukkel en Indië het die hoogste telling in die Krieketwêreldbekergeskiedenis aangeteken: 413/5. In die Bermudaanse antwoord het David Hemp met 76 onoorwonne lopies die eerste Bermudaanse vyftigtal in ’n krieketwêreldbekertoernooi aangeteken. Behalwe vir Hemp het die kolwers ook gesukkel: die naasbeste kolwer was Dean Minors met 21 lopies, en vyf van die elf spelers is met ’n eend kleedkamer toe. Hul laaste wedstryd teen Bangladesj is erg deur reën geraak: nadat die wedstryd aanvanklik op 41 beurte vir elke kant beperk is, is eindelik besluit dat elke span net 21 beurte sal kan speel. Bermuda het 94/9 aangeteken en David Hemp het weer uitgeblink (met 23); maar Bangladesj het 96 lopies binne net 17.3 beurte aangeteken en net drie vinnige paaltjies verloor.

In Augustus 2007 is Bermuda deur beide Ierland en Nederland met hoë tellings tydens die Interkontinentale beker verslaan, maar ook tydens die EDI-reeks teen Nederland. Tussen Oktober en November het hulle hul oorblywende wedstryde van die Interkontinentale beker teen Kenia en die Verenigde Arabiese Emirate en in ’n EDI-reeks teen albei spanne elk gespeel. Bermuda het laaste in dié toernooi geëindig.

Verdere agteruitgang en absolute ineenstorting (sedert 2009)

Daarna het die span aan die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2009 deelgeneem en negende geëindig, waarna hulle na die wêreldkrieketliga 2011 se afdeling twee afgegradeer is en vir die Interkontinentale Skild 2009–10 gekwalifiseer het. Tydens die Interkontinentale Skild het hulle erge nederlae gely.

Tydens die wêreldkrieketliga 2011 se afdeling twee het Bermuda laaste geëindig en hulle is vervolgens na wêreldkrieketliga 2013 se afdeling drie afgegradeer. In April 2013 het Bermuda die wêreldkrieketliga 2013 se afdeling drie aangebied en vierde geëindig. Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2013 het Bermuda, na oorwinnings teen Denemarke en ’n verrassende oorwinning teen Skotland danksy uitstekende boulwerk deur Jacobi Robinson in die 14de plek geëindig. In die wêreldkrieketliga 2014 se afdeling drie het Bermuda teen al die ander spanne ineengestort en net ’n oorwinning teen Maleisië aangeteken. Hulle het in die laaste plek geëindig en is vervolgens na wêreldkrieketliga 2016 se afdeling vier afgegradeer. Binne net ses jaar het Bermuda van die Krieketwêreldbekerkwalifisering na wêreldkrieketliga 2016 se afdeling vier afgegly.

Wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1975 Nie gekwalifiseer nie
1979 Nie gekwalifiseer nie
1983 Nie gekwalifiseer nie
1987 Nie gekwalifiseer nie
1992 Nie gekwalifiseer nie
1996 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Nie gekwalifiseer nie
2007 Groepfase
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 N.v.t.
  1. (en) . Internasionale Krieketraad. Besoek op25 Junie 2021.
  2. (en) . Internasionale Krieketraad.
  3. (en) . ESPNcricinfo.
  4. (en) . ESPNcricinfo.
  5. (en) . ESPNcricinfo.
  6. (en) . ESPNcricinfo.
  7. (en) . Cricket Archive. Geargiveer vanaf op 9 Maart 2016. Besoek op4 September 2015.
  8. (en) . Cricket Archive. Besoek op4 September 2015.
  9. (en) . Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op25 Junie 2021.
  10. (en) . Internasionale Krieketraad. 25 Junie 2021. Besoek op25 Junie 2021.
  11. (en) . Emerging Cricket. Besoek op25 Junie 2021.
  12. (en) . ESPNcricinfo. Besoek op25 Junie 2021.
  13. (en) . ESPNcricinfo. 29 Januarie 2007. Besoek op25 Junie 2021.
  14. (en) . ESPNcricinfo. 31 Januarie 2007. Besoek op25 Junie 2021.
  15. (en) . ESPNcricinfo. 2 Februarie 2007. Besoek op25 Junie 2021.
  16. (en) . ESPNcricinfo. 4 Februarie 2007. Besoek op25 Junie 2021.
  17. (en) . ESPNcricinfo. 5 Februarie 2007. Besoek op25 Junie 2021.
  18. (en) . ESPNcricinfo. Besoek op25 Junie 2021.
  19. (en) . ESPNcricinfo. 25 Februarie 2007. Besoek op25 Junie 2021.
  20. (en) . ESPNcricinfo. 26 Februarie 2007. Besoek op25 Junie 2021.
  21. (en) . ESPNcricinfo. 5 Maart 2007. Besoek op25 Junie 2021.
  22. (en) . ESPNcricinfo. 8 Maart 2007. Besoek op25 Junie 2021.
  23. (en) . ESPNcricinfo. 15 Maart 2007. Besoek op25 Junie 2021.
  24. (en) . ESPNcricinfo. 19 Maart 2007. Besoek op25 Junie 2021.
  25. (en) . ESPNcricinfo. 21 Maart 2007. Besoek op25 Junie 2021.
  26. (en) . Cricket Europe. Geargiveer vanaf op 20 April 2007. Besoek op1 Mei 2007.

Publikasie datum: September 26, 2021

bermudaanse, nasionale, krieketspan, engels, bermuda, national, cricket, team, verteenwoordig, britse, oorsese, gebied, bermuda, internasionale, krieket, span, word, deur, bermudaanse, krieketraad, engels, bermuda, cricket, board, bestuur, 1966, geassosieerde,. Die Bermudaanse nasionale krieketspan Engels Bermuda national cricket team verteenwoordig die Britse oorsese gebied Bermuda in internasionale krieket Die span word deur die Bermudaanse Krieketraad BCB van Engels Bermuda Cricket Board bestuur en het in 1966 n geassosieerde lid van die Internasionale Krieketraad IKR geword BermudaVlag van BermudaBynaamGombey WarriorsKonferensieKrieket BermudaPersoneelKapteinTerryn FrayAfrigterHerbert BascomeInternasionale KrieketraadIKR statusAssosiaatlid 1966 IKR streekAmerikasIKR ranglys Tans 2 Beste rang tot dusverT20I30ste30ste 23 Augustus 2019 1 Internasionale eendagwedstrydeEerste EDIt Kanada op Queen s Park Oval Port of Spain 17 Mei 2006Laaste EDIt Nederland op Senwespark Potchefstroom 8 April 2009EDIs Gespeel Gewen VerloorTotaal 3 357 28 20 0 gelykop 0 geen uitslag Vanjaar 4 00 0 0 gelykop 0 geen uitslag verskynings tydens wereldbeker toernooie1 eerste in 2007 Beste uitslagGroepfase in 2007 verskynings tydens wereldbeker kwalifiserings8 eerste in 1979 Beste uitslagNaaswenner in 1982 Twintig20sEerste T20It Skotland op Stormont Belfast 3 Augustus 2008Laaste T20It Nederland op Doebai Internasionale Krieketstadion Doebai 26 Oktober 2019T20Is Gespeel Gewen VerloorTotaal 5 154 10 28 57 0 onbeslis 1 geen uitslag Vanjaar 6 00 0 0 onbeslis 0 geen uitslag Verskynings by T20 wereldbeker kwalifiserings3 eerste in 2008 Beste uitslag6de plek in 2008 EDI klereT20I klere Nadat n toer na New York Stad gereel is is in 1891 is die eerste Bermudaanse nasionale span saamgestel In die jare voor die eerste Eerste Wereldoorlog het Bermuda en Amerikaanse spanne insluitende Philadelphia s n gereeld wedersydse toere onderneem hoewel hulle eers in 1912 tydens die Australiese besoek hul eerste internasionale wedstryd gespeel het Na die 1920 s het die Bermudaanse krieket se fokus van die Verenigde State na die Wes Indiese lande verskuif hoewel Wes Indiese spanne eers vanaf die 1950 s gereelde toere begin onderneem het 7 Bermuda se nasionale span het ook teen nasionale spanne gespeel wat na of van die Wes Indiese eilande getoer het Van hierdie wedstryde het egter een die teen Nieu Seeland in 1972 eersterangse status geniet 8 Die IKR trofee nou die wereldbekerkwalifisering het in 1979 as die eerste wereldbekerkwalifisering vir die IKR se geassosieerde lede begin Bermuda het die jaar die halfeindstryd gehaal en in 1982 het hulle tot die eindstryd deurgedring maar teen Zimbabwe verloor Vervolgens het hulle nie vir die Krieketwereldbeker 1983 gekwalifiseer nie aangesien aan die toernooi net een geassosieerde lid kon deelneem Vir die IKR trofee 2005 is die aantal geassosieerde lede tot ses verhoog Nadat hulle die halfeindstryd bereik het het Bermuda vir die Krieketwereldbeker 2007 gekwalifiseer en sodoende die kleinste land in terme van beide bevolking en oppervlakte geword wat daarin geslaag het Hulle het ook tot in 2009 EDI en T20I status geniet Bermuda het tydens die Krieketwereldbeker en hul aansluitende EDI reekse egter swak vertoon en na die 2009 wereldbekerkwalifisering is hulle na die 2011 wereldkrieketliga se afdeling twee afgegradeer Sedertdien het hulle drie verdere afdelings geval In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I status toe te ken Vervolgens sal elke T20I wedstryd wat Bermuda na 1 Januarie 2019 teen ander IKR lede speel as volle T20I erken word 9 Bermuda is tans 25 Junie 2021 30ste op die Twintig20 wereldranglys 10 Inhoud 1 Geskiedenis 1 1 Beginjare 1 2 Naoorlogse tydperk 1 3 21ste eeu 1 3 1 Opkoms EDI status en die IKR trofee 2005 2004 2006 1 3 2 Vinnige agteruitgang die Krieketwereldbeker 2007 2006 2007 1 3 3 Verdere agteruitgang en absolute ineenstorting sedert 2009 2 Rekords 2 1 Wereldbekerrekord 3 VerwysingsGeskiedenis WysigBeginjare Wysig Op 30 Augustus 1844 het die eerste bekende krieketwedstryd in Bermuda plaasgevind Een jaar later is die Bermudaanse Krieketklub gestig en dit het ondersteuning deur plaaslike inwoners en Britse soldate geniet In die laat 19de eeu is enkele internasionale wedstryde teen Amerikaanse spanne gespeel waarvan die meeste teen Philadelphia maar die krieketkrag van die eiland het na die Eerste Wereldoorlog agteruitgegaan Inderdaad was Sir Julien Cahn se span in 1933 die enigste noemenswaardige wat n toer gedurende die tussenoorlogse tydperk na Bermuda onderneem het Naoorlogse tydperk Wysig Na die Tweede Wereldoorlog het krieket in Bermuda weer gewild geword en baie toerspanne het die eiland besoek insluitende toetsspanne op pad na Wes Indie In 1960 het Engeland die eerste toer na Bermuda onderneem en ander spanne het gevolg Bermuda is ook die plek waar die eerste nie in Yorkshire gebore speler vir die Yorkshire County Cricket Club gespeel het Volgens n tradisionele reel van Yorkshire kon niemand wat buite die county gebore is vir hulle speel nie die reel is in die negentigerjare afgeskaf Die reel is gebuig om toe te laat dat Garry Sobers vir hulle enkele wedstryde onder die kapteinskap van Brian Close tydens n fees in Bermuda kon speel In 1966 het Bermuda n geassosieerde lid van die Imperiale Krieketkonferensie IKK geword In April 1972 het n wedstryd teen Nieu Seeland eersterangse status geniet 11 12 Sedertdien het hulle deelgeneem aan n groter aantal internasionale toernooie soos die IKR trofee wat deur Alma Hunt die Bermudaanse afgevaardigde by die IKK voorgestel is 21ste eeu Wysig Opkoms EDI status en die IKR trofee 2005 2004 2006 Wysig In 2003 en 2004 het hulle aan die Interkontinentale beker deelgeneem en met beide Kanada en die Verenigde State in dieselfde groep gespeel In 2004 tydens die eerste aanbieding van die toernooi is hulle uit die toernooi geskakel nadat hulle deur Kanada verslaan is en teen die Verenigde State onbeslis gespeel het In 2005 het hulle die Amerikaanse groep gewen nadat hulle Kanada en die Kaaimanseilande in Kanada verslaan het Bermuda is egter in die halfeindstryd in Oktober deur Kenia verslaan Bermuda se grootste krieketmoment was op 7 Julie 2005 nadat hulle die halfeindstryd van die IKR trofee 2005 gehaal het Met hul vordering tot die halfeindstryd het hulle ook vir die Krieketwereldbeker 2007 in Wes Indie gekwalifiseer en vanaf 1 Januarie 2006 tot die Wereldbekerkwalifisering 2009 EDI status ontvang Vinnige agteruitgang die Krieketwereldbeker 2007 2006 2007 Wysig Bermuda se eerste internasionale verskyning in 2006 het teleurstellend verloop nadat hulle elke wedstryd van n vyfwedstrydtoer in die Verenigde Arabiese Emirate verloor het In April 2006 het hulle die T20I toernooi Wereldkrieketklassiek aangebied In Mei 2006 het Bermuda sy eerste EDI wedstryd gespeel en hulle het daarin geslaag om Kanada op Queen s Park Oval Port of Spain Trinidad en Tobago tydens n Drienasiesreeks waaraan ook Zimbabwe deelgeneem het te verslaan Daarmee het hulle na Australie Nieu Seeland en Zimbabwe die vierde span geword wat hul eerste EDI wedstryd gewen het Bermuda is egter in sy tweede EDI wedstryd deur Zimbabwe met 194 lopies verslaan nadat hulle 338 lopies vir sewe paaltjies afgestaan het Hulle het daarna die eindstryd verloor weer teen Zimbabwe In Julie 2006 het Bermuda aan die Stanford 20 20 uitkloptoernooi deelgeneem maar teen Jamaika verloor Hulle het 100 000 vir hul deelname ontvang Die volgende maand het hulle na Kanada getoer waar hulle n vierdaagse Interkontinentale bekerwedstryd en twee EDI wedstryde gespeel het Bermuda is in die Interkontinentale bekerwedstryd wat op die laaste uur neergekom het met nege paaltjies verslaan maar hulle het die twee EDI wedstryde gewen Later die jaar het hulle in die Interkontinentale beker teen Kenia en Nederland te staan gekom In Augustus het hulle aan afdeling een van die Amerikaanse Kampioenskap deelgeneem en die toernooi vir die eerste keer gewen sonder om n wedstryd te verloor In November het hulle Kenia vir n Interkontinentale bekerwedstryd en drie EDI wedstryde besoek Bermuda het in die deur reen geaffekteerde Interkontinentale bekerwedstryd onbeslis gespeel en al die drie EDI wedstryde verloor Bermuda het aansluitend Suid Afrika besoek en n Interkontinentale bekerwedstryd teen Nederland gespeel Hulle het onbeslis gespeel maar die hoogtepunt was n nuwe rekordbeurt deur Glamorgan se kolwer David Hemp wat 247 onoorwonne lopies aangeteken het die hoogste telling in die geskiedenis van die toernooi Daarop het n Drienasiesreeks met Kanada en Nederland gevolg Bermuda is in sy eerste drie wedstryde verslaan maar hulle het Nederland in die eindstryd met n lae telling geklop Aan die einde van Januarie 2007 het Bermuda Kenia vir afdeling een van die wereldkrieketliga besoek Hulle het vier van hul vyf wedstryde verloor met tien paaltjies teen die latere kampioen Kenia 13 met vier paaltjies teen Ierland 14 met 56 lopies teen Kanada nadat hulle binne 16 boulbeurte uitgeboul is 15 en met agt paaltjies teen Nederland 16 hul enigste oorwinning was teen Skotland met vyf paaltjies 17 Bermuda het laaste in die groep geeindig agter Ierland weens hul lopietempo Bermuda met 1 310 Ierland met 0 061 18 Daarop het n Drienasiesreeks op die Antigua Recreation Ground in St John s Antigua en Barbuda gevolg waartydens Bermuda teen Bangladesj en Kanada gespeel het In hul openingswedstryd teen Bangladesj het hulle 205 8 in hul 50 beurte aangeteken en Lionel Cann het 33 lopies in 23 aflewerings aangeteken maar die Bengaalse aanvangskolwer Shahriar Nafees het Bermuda se hoop op n oorwinning beeindig nadat hy onoorwonne 104 lopies aangeteken en Bangladesj met agt paaltjies laat wen het 19 Nadat hulle die loot gewen en eerste begin kolf het het hulle teen Kanada 206 8 in hul 50 beurte aangeteken n beurt wat van ineenstorting deur die vennootskap tussen kaptein Irving Romaine en Saleem Mukuddem met 57 lopies asook Lionel Cann en Delyone Borden met 38 lopies gered is Cann het weer uitstekend vir Bermuda gekolf en 42 lopies uit net 25 aflewerings aangeteken waaronder vyf grenshoue In Kanada se beurt het die aanvangskolwer Abdool Samad op n soortgelyke manier soos Nafees n dag voorheen uitgeblink Sy 83 lopies van 86 aflewerings het Kanada na 135 3 geneem en hulle was op die punt van n oorwinning Delyone Borden se draaiballe het Bermuda in die wedstryd teruggebring nadat hy vier paaltjies vir net 33 lopies geneem en Kanada op 179 6 beperk het maar aan die einde het Kanada die benodigde 207 lopies aangeteken met ses oorblywende boulbeurte en die verlies van net een verdere paaltjie en op 207 7 geeindig 20 Op 5 Maart 2007 het Bermuda teen Engeland op St Vincent te staan gekom Engeland was op 286 8 na hul 50 beurte danksy n vinnige 76 deur Jamie Dalrymple asook Ian Bell en Kevin Pietersen wat onderskeidelik 46 en 43 aangeteken het Die Bermudaanse beurt is na net 22 2 kolfbeurte beeindig nadat Engeland al tien paaltjies vir net 45 lopies ingeoes het die beste Bermudaanse kolwer het net elf lopies aangeteken Jon Lewis het drie paaltjies geneem James Anderson en Andrew Flintoff twee elk 21 Hul tweede opwarmingswedstryd was teen Zimbabwe weer op St Vincent Bermuda het die loot gewen en eerste begin kolf maar hulle het vinnig paaltjies begin verloor Janeiro Tucker het 56 lopies aangeteken maar hy was een van net vier spelers wat dubbelsyfers aangeteken het voordat Bermuda met die laaste aflewering van hul beurt met 136 uitgeboul is Zimbabwe het twee paaltjies binne hul eerste drie kolfbeurte verloor maar Sean Williams het met 72 onoorwonne lopies uitgeblink en Zimbabwe die teiken van 137 lopies binne net 29 beurte laat bereik hulle het net vier paaltjies in die proses afgestaan 22 Na meer as n jaar se onoortuigende nederlae is Bermuda se eerste verskyning tydens n Krieketwereldbeker deur drie verwagte erge nederlae gekenmerk nadat hulle met Sri Lanka Indie en Bangladesj in dieselfde groep geplaas is In hul openingswedstryd het hulle n karige 78 lopies aangeteken nadat hulle Sri Lanka se 321 6 gejaag het 23 In hul tweede wedstryd teen Indie het hulle met die bal gesukkel en Indie het die hoogste telling in die Krieketwereldbekergeskiedenis aangeteken 413 5 In die Bermudaanse antwoord het David Hemp met 76 onoorwonne lopies die eerste Bermudaanse vyftigtal in n krieketwereldbekertoernooi aangeteken Behalwe vir Hemp het die kolwers ook gesukkel die naasbeste kolwer was Dean Minors met 21 lopies en vyf van die elf spelers is met n eend kleedkamer toe 24 Hul laaste wedstryd teen Bangladesj is erg deur reen geraak nadat die wedstryd aanvanklik op 41 beurte vir elke kant beperk is is eindelik besluit dat elke span net 21 beurte sal kan speel Bermuda het 94 9 aangeteken en David Hemp het weer uitgeblink met 23 maar Bangladesj het 96 lopies binne net 17 3 beurte aangeteken en net drie vinnige paaltjies verloor 25 In Augustus 2007 is Bermuda deur beide Ierland en Nederland met hoe tellings tydens die Interkontinentale beker verslaan maar ook tydens die EDI reeks teen Nederland Tussen Oktober en November het hulle hul oorblywende wedstryde van die Interkontinentale beker teen Kenia en die Verenigde Arabiese Emirate en in n EDI reeks teen albei spanne elk gespeel Bermuda het laaste in die toernooi geeindig 26 Verdere agteruitgang en absolute ineenstorting sedert 2009 Wysig Daarna het die span aan die Krieketwereldbekerkwalifisering 2009 deelgeneem en negende geeindig waarna hulle na die wereldkrieketliga 2011 se afdeling twee afgegradeer is en vir die Interkontinentale Skild 2009 10 gekwalifiseer het Tydens die Interkontinentale Skild het hulle erge nederlae gely Tydens die wereldkrieketliga 2011 se afdeling twee het Bermuda laaste geeindig en hulle is vervolgens na wereldkrieketliga 2013 se afdeling drie afgegradeer In April 2013 het Bermuda die wereldkrieketliga 2013 se afdeling drie aangebied en vierde geeindig Tydens die T20I wereldbekerkwalifisering 2013 het Bermuda na oorwinnings teen Denemarke en n verrassende oorwinning teen Skotland danksy uitstekende boulwerk deur Jacobi Robinson in die 14de plek geeindig In die wereldkrieketliga 2014 se afdeling drie het Bermuda teen al die ander spanne ineengestort en net n oorwinning teen Maleisie aangeteken Hulle het in die laaste plek geeindig en is vervolgens na wereldkrieketliga 2016 se afdeling vier afgegradeer Binne net ses jaar het Bermuda van die Krieketwereldbekerkwalifisering na wereldkrieketliga 2016 se afdeling vier afgegly Rekords WysigWereldbekerrekord Wysig Jaar Uitslag1975 Nie gekwalifiseer nie1979 Nie gekwalifiseer nie1983 Nie gekwalifiseer nie1987 Nie gekwalifiseer nie1992 Nie gekwalifiseer nie1996 Nie gekwalifiseer nie1999 Nie gekwalifiseer nie2003 Nie gekwalifiseer nie2007 Groepfase2011 Nie gekwalifiseer nie2015 Nie gekwalifiseer nie2019 Nie gekwalifiseer nie2023 N v t Verwysings Wysig en ICC unveils Global Men s T20I Rankings Table featuring 80 teams Internasionale Krieketraad Besoek op 25 Junie 2021 en ICC Rankings Internasionale Krieketraad en ODI matches Team records ESPNcricinfo en ODI matches 2021 Team records ESPNcricinfo en T20I matches Team records ESPNcricinfo en T20I matches 2021 Team records ESPNcricinfo en Other matches played by Bermuda Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2016 Besoek op 4 September 2015 en First class matches played by Bermuda Cricket Archive Besoek op 4 September 2015 en All T20 matches between ICC members to get international status Internasionale Krieketraad 26 April 2018 Besoek op 25 Junie 2021 en Men s T20I Team Rankings Internasionale Krieketraad 25 Junie 2021 Besoek op 25 Junie 2021 en Bermuda s maiden First class match Emerging Cricket Besoek op 25 Junie 2021 en New Zealand in Bermuda 1971 72 Bermuda v New Zealanders ESPNcricinfo Besoek op 25 Junie 2021 en 1st Match Nairobi Jaff Jan 29 2007 ICC World Cricket League Division One ESPNcricinfo 29 Januarie 2007 Besoek op 25 Junie 2021 en 4th Match Nairobi Jaff Jan 31 2007 ICC World Cricket League Division One ESPNcricinfo 31 Januarie 2007 Besoek op 25 Junie 2021 en 7th Match Nairobi Gym Feb 2 2007 ICC World Cricket League Division One ESPNcricinfo 2 Februarie 2007 Besoek op 25 Junie 2021 en 10th Match Nairobi Ruaraka Feb 4 2007 ICC World Cricket League Division One ESPNcricinfo 4 Februarie 2007 Besoek op 25 Junie 2021 en 13th Match Nairobi Ruaraka Feb 5 2007 ICC World Cricket League Division One ESPNcricinfo 5 Februarie 2007 Besoek op 25 Junie 2021 en ICC World Cricket League Points Table ESPNcricinfo Besoek op 25 Junie 2021 en 1st Match St John s Feb 25 2007 Associates Tri Series in West Indies ESPNcricinfo 25 Februarie 2007 Besoek op 25 Junie 2021 en 2nd Match St John s Feb 26 2007 Associates Tri Series in West Indies ESPNcricinfo 26 Februarie 2007 Besoek op 25 Junie 2021 en Kingstown Mar 5 5 2007 World Cup Warm up Matches ESPNcricinfo 5 Maart 2007 Besoek op 25 Junie 2021 en Kingstown Mar 8 8 2007 World Cup Warm up Matches ESPNcricinfo 8 Maart 2007 Besoek op 25 Junie 2021 en 4th Match Group B Port of Spain Mar 15 2007 ICC World Cup ESPNcricinfo 15 Maart 2007 Besoek op 25 Junie 2021 en 12th Match Group B Port of Spain Mar 19 2007 ICC World Cup ESPNcricinfo 19 Maart 2007 Besoek op 25 Junie 2021 en 24th Match Group B Port of Spain Mar 25 2007 ICC World Cup ESPNcricinfo 21 Maart 2007 Besoek op 25 Junie 2021 en Bermuda Cricket Calendar Cricket Europe Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2007 Besoek op 1 Mei 2007 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Bermudaanse nasionale krieketspan amp ol,