×
Berenike se Hare

Berenike se Hare (Latyn: Coma Berenices) is ’n tradisionele asterisme wat later een van die 88 moderne sterrebeelde geword het. Dit is naby die Leeu geleë en het vroeër tot dié sterrebeeld behoort. Dit bevat onder meer die galaktiese noordpool. Die naam verwys na die legende van koningin Berenike II van Egipte, wat haar lang hare geoffer het.

Berenike se Hare
Latynse naam Coma Berenices
Genitief Comae Berenices
Afkorting Com
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 12,76h
Deklinasie 21,83º
Grootte 386 vk. grade (42ste)
Kwadrant NQ3
Besonderhede
Hoofsterre 3
Helderste ster Beta Comae Berenices
Naaste ster Beta Comae Berenices
Sterre helderder as 3 m 0
Sterre met planete 4
Messier-voorwerpe 8
Bayer-/Flamsteed-sterre 44
Simboliek Die hare van koningin Berenike II van Egipte
Meteoorreëns Coma Berenicids
Aangrensende sterrebeelde
Jaghonde, Groot Beer, Leeu, Maagd, Veewagter
Portaal Sterrekunde

Inhoud

Koningin Berenike II van Egipte.

Berenike se Hare is een van die min sterrebeelde wat na ’n historiese figuur genoem is – in dié geval die vrou van Ptolemeus III van Egipte, die koning onder wie Alexandrië ’n belangrike kultuursentrum geword het.

In 243 v.C. het Ptolemeus opgeruk teen die Seleukiede, wat sy suster vermoor het. Sy jong bruid, Berenike, het aan die godin Afrodite beloof dat sy haar lang, blonde hare, waarop sy baie trots was, sou offer as haar man veilig terugkeer. Sy het dit gedoen ná haar man se tuiskoms en dit in die godin se tempel geplaas.

Teen die oggend was die hare weg. Om die woedende koning te paai, het die hof se sterrekundige, Conon, aangekondig dat die godin so in haar skik was met die offer dat sy die hare in die lug geplaas het. Hy het gewys na ’n swerm sterre, wat sedertdien as Berenike se Hare bekend is.

Die sterrebeeld bestaan uit ’n aantal sterre en word sedert die Hellenistiese Tydperk as ’n asterisme, of sterrepatroon, erken. Tycho Brahe, wat gewoonlik die krediet kry vir die verheffing van Berenike se Hare tot ’n konstellasie, het dit in 1602 in sy sterkatalogus gepubliseer, maar dit is al in 1536 deur die kartograaf Caspar Vopel op ’n ruimtebol aangedui.

Hoewel Berenike se Hare nie ’n groot sterrebeeld is nie, bevat dit agt Messier-voorwerpe. Dit het baie sterrestelsels en bevat die noordelike deel van die Virgo-sterrestelselswerm. Daar is ook verskeie bolswerms. Hierdie voorwerpe word nie verberg deur ruimtestof nie omdat die sterrebeeld nie in die rigting van die Melkweg se galaktiese vlak lê nie. Juis as gevolg daarvan is daar egter min oop sterreswerms (buiten die Coma Berenike-swerm, wat die noordelike deel van die sterrebeeld oorheers) en verspreide of planetêre newels.

Sterre

Foto van Berenike se Hare.

Dit is nie ’n baie helder sterrebeeld nie en het geen sterre helderder as 4 mag nie. Beta Comae Berenices, wat 30 ligjare van die Aarde af is, is teen 4,26 mag die helderste ster. Nes die Son is dit ’n geel hoofreeksster. Dit is nie veel helderder as die Son nie, en dit gee ’n mens ’n idee van hoe flou die son sou gelyk het op ’n afstand van 29,96 ligjare.

Die tweede helderste ster is Alpha Comae Berenices (4,32 mag), ook bekend as Diadem. Dit stel Berenike se kroon voor. Dit is ’n dubbelster met twee geel komponente wat albei van magnitude 5,1 is. Dit het ’n tydperk van 26 jaar en is 47 ligjare van die Aarde af. Met die blote oog lyk dit soos een ster van magnitude 4,3.

Gamma Comae Berenices, wat gesuperimponeer is op die Coma-sterrestelselswerm, is ’n oranje reusester van magnitude 4,4 en is 170 ligjare van hier af.

Daar is nog twee prominente veelvoudige sterre in die sterrebeeld. 35 Comae Berenices is ’n dubbelster met ’n optiese metgesel. Die twee swaartekraggebonde komponente het ’n tydperk van 360 jaar en is 324 ligjare van die Aarde af. Die primêre ster is ’n geel ster van magnitude 5,1 en die sekondêre ster ’n wit ster van magnitude 7,2. Die derde, optiese komponent het ’n magnitude van 9. 24 Comae Berenices is ’n dubbelster met kontrasterende kleure. Die primêre ster is ’n oranje reus van magnitude 5 en is 610 ligjare van die Aarde af; die sekondêre komponent is ’n blou-wit ster met ’n magnitude van 6,6.

Daar is meer as 200 veranderlike sterre in Berenike se Hare, hoewel baie van hulle vreemd is. FK Comae Berenices, wat wissel tussen 8,14 en 8,33 mag oor ’n tydperk van 2,4 dae, is die prototipe vir die klas FK Comae Berenices-veranderlikes. Daar word geglo die veranderlikheid van FK Com-sterre word veroorsaak deur groot, koel vlekke op die roterende oppervlakke van die sterre. FS Comae Berenices is ’n halfgereelde veranderlike ster, ’n rooi reus met ’n minimum magnitude van 6,1 en ’n maksimum magnitude van 5,3. Dit het ’n tydperk van sowat twee maande en is 572 ligjare van hier af.

Diepruimtevoorwerpe

Die Coma Berenices-sterreswerm het nie ’n Messier- of Bayer-naam nie, maar is ook bekend as Melotte 111. Dit is ’n groot oop sterreswerm wat wissel tussen 5 en 10 mag. Dit sluit verskeie van die sterrebeeld se sterre in wat met die blote oog gesien kan word. 12 Comae Berenices, met ’n magnitude van 4,8, is die swerm se helderste ster. Die swerm is oor ’n groot gebied versprei, meer as 5 grade in deursnee, en is naby γ Coma Berenices. Dit lyk so groot omdat dit relatief naby is: net sowat 270 ligjare ver.

Messier 53 (NGC 5024) is ’n bolswerm met ’n magnitude van 7,7 wat 56 000 ligjare van die Aarde af is. Net een graad van daar is NGC 5053, ’n bolswerm wat yler versprei is en ’n minder digte kern van sterre het. Sy algehele ligsterkte is sowat16 000 L, wat dit een van die dofste bolswerms maak. Dit is in 1784 deur William Herschel ontdek. Dit het ’n magnitude van sowat 9,9. NGC 4147 is ’n effens dowwer (10,2 mag) bolswerm met ’n baie kleiner skynbare grootte.

Sterrestelselswerms

Berenike se Hare bevat die noordelike deel van die Virgo-sterrestelselswerm (ook bekend as die Coma-Virgo-swerm), wat sowat 60 miljoen ligjare van die Aarde af is.

Die grootste sterrestelsels in die swerm is die spiraalstelsel Messier 100 (NGC 4321), wat 56 miljoen ligjare ver is en van voor af gesien word. Dit het ’n helderheid van 9,4 mag en sy deursnee is meer as 120 000 ligjare. Foto's wys ’n helder kern, twee prominente en ’n klompie sekondêre spiraalarms, asook verskeie stofbane.

Messier 85 (NGC 4382) is ’n elliptiese sterrestelsel en is met ’n magnitude van 9 een van die helderste stelsels in die Virgo-swerm. Sy kern is helder en lyk deur ’n klein teleskoop soos ’n ster.

Messier 98 (NGC 4192) is ’n helder, lang spiraalstelsel wat feitlik van die kant af gesien word. Dit het ’n magnitude van 10. Messier 99 (NGC 4254) is ’n spiraalstelsel wat van voor af gesien word. Nes M98, het dit ’n magnitude van 10. Messier 88 (NGC 4501) is ’n spiraalstelsel met verskeie arms en Messier 91 (NGC 4548) is ’n staafspiraalstelsel.

Die Coma-sterrestelselswerm is noord van die Virgo-swerm geleë. Dit is sowat 230 miljoen tot 300 miljoen ligjare ver. Dit is taamlik groot en bevat 1 000 groot sterrestelsels en moontlik tot 30 000 kleineres. In ’n opname deur Fritz Zwicky in 1957 is 29 951 sterrestelsels in die gebied gemeet wat helderder as 19 mag is.

Vanweë die groot afstand is die meeste van hulle net met groot teleskope sigbaar. Die helderste stelsels is NGC 4889 en NGC 4874, albei van magnitude 13, terwyl die ander stelsels ’n magnitude van 15 of dowwer het. NGC 4889 is ’n reusagtige elliptiese sterrestelsel, wat ook die grootste bekende swartkolk van 21 miljard sonmassas bevat. Die Coma-swerm bevat relatief min spiraalsterrestelsels. Van hulle is NGC 4921 die helderste.

Ander sterrestelsels

Messier 64 (NGC 4826) is bekend as die Swartoog-sterrestelsel vanweë ’n prominente stofbaan wat voor sy kern verbyloop. Dit is sowat 17 miljoen ligjare ver. Onlangse studies toon die interstellêre gas in die buitestreke draai in die teenoorgestelde rigting as dié in die binnestreke. Sterrekundiges glo dit is omdat minstens een satelliet-sterrestelsel minder as ’n miljard gelede met die Swartoog-stelsel gebots het en dat hulle toe saamgesmelt het. Geen tekens is egter meer te sien van die kleiner stelsel nie; dit is heeltemal in die groter een opgeneem. Tussen die twee roterende gebiede is talle nuwe newels en jong sterre.

NGC 4314 is ’n staafspiraalstelsel wat van voor af gesien word. Dit is sowat 40 miljoen ligjare van hier af. Dit is uniek deurdat sy streek van intense stervorming ’n ring om die kern skep wat deur die Hubble-ruimteteleskoop ontdek is. Die stervorming het maar 5 miljoen jaar gelede begin en kom voor in ’n streek met ’n deursnee van net 1 000 ligjare. Die kern is ook besonders omdat die klein ring self spiraalarms het wat gas in die staaf invoer.

NGC 4565 is ’n bekende spiraalstelsel wat van die kant af gesien word. Dit het ’n magnitude van 10 en lyk gesuperimponeer op die Virgo-swerm, hoewel dit net 20 miljoen ligjare van die Aarde af is. Soos baie stelsels wat van die kant af gesien word, het dit ’n prominent stofbaan en ’n sentrale bol.

NGC 4676, wat soms die "Muis-sterrestelsels" genoem word, is twee interaktiewe sterrestelsels sowat 300 miljoen ligjare van hier af. Hulle was sowat 160 miljoen jaar gelede die naaste aan mekaar en dit het groot streke met stervorming in albei stelsels veroorsaak, asook getysterte van stof, sterre en gas. Daar word geglo hulle sal eindelik een, groot (moontlik elliptiese) stelsel vorm.

Kwasars

Die kwasar PG1247+26° is die helderste kwasar in die sterrebeeld. W Com is eers as ’n veranderlike ster geïdentifiseer en het dus ’n veranderlikester-naam gekry, maar later is ontdek dit is ’n BL Lacertae-voorwerp. Dit is gewoonlik van sowat 16,5 mag, maar het al ’n magnitude van 12 bereik.

Ander

Berenike se Hare bevat die galaktiese noordpool, by regte klimming 12h 51m 25s en deklinasie +27° 07′ 48″ (epog J2000.0).

Die meteoorreën Coma Bereniciede duur van Desember tot einde Januarie; dit bereik sy hoogtepunt tussen 18 en 25 Desember.

  1. Gaius Julius Hyginus. "2.24". Astronomica.
  2. Pasachoff, Jay M. (2006). Stars and Planets. Boston, Massachusetts: Houghton Mifflin.
  3. Ridpath, Ian. . Star Tales (in Engels). vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020. Besoek op11 April 2012.
  4. Thompson, Gary D. (in Engels). Geargiveer vanaf op 8 Augustus 2018. Besoek op2 Junie 2012.
  5. (in Engels). Geargiveer vanaf op 1 Augustus 2011.
  6. Ridpath & Tirion 2001, pp. 122-124.
  7. Levy 2005, pp. 159-160.
  8. McConnell, Nicholas J. (8 Desember 2011). (PDF) (in Portugees). Nature. (PDF) vanaf die oorspronklike op 1 September 2014. Besoek op6 Desember 2011.
  9. van den Bergh, S. (1976-06-15). "A new classification system for galaxies". Astrophysical Journal. 206: 883–887. Bibcode:. doi:.
  10. Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006). 300 Astronomical Objects: A Visual Reference to the Universe. Buffalo, New York: Firefly Books. ISBN 978-1-55407-175-3.
  11. Jenniskens, Peter (September 2012). "Mapping Meteoroid Orbits: New Meteor Showers Discovered". Sky & Telescope: 24.


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Publikasie datum: September 26, 2021

berenike, hare, latyn, coma, berenices, tradisionele, asterisme, later, moderne, sterrebeelde, geword, naby, leeu, geleë, vroeër, dié, sterrebeeld, behoort, bevat, onder, meer, galaktiese, noordpool, naam, verwys, legende, koningin, berenike, egipte, haar, lan. Berenike se Hare Latyn Coma Berenices is n tradisionele asterisme wat later een van die 88 moderne sterrebeelde geword het Dit is naby die Leeu gelee en het vroeer tot die sterrebeeld behoort Dit bevat onder meer die galaktiese noordpool Die naam verwys na die legende van koningin Berenike II van Egipte wat haar lang hare geoffer het Berenike se HareLatynse naam Coma BerenicesGenitief Comae BerenicesAfkorting ComWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 12 76hDeklinasie 21 83ºGrootte 386 vk grade 42ste Kwadrant NQ3BesonderhedeHoofsterre 3Helderste ster Beta Comae BerenicesNaaste ster Beta Comae BerenicesSterre helderder as 3 m 0Sterre met planete 4Messier voorwerpe 8Bayer Flamsteed sterre 44Simboliek Die hare van koningin Berenike II van EgipteMeteoorreens Coma BerenicidsAangrensende sterrebeeldeJaghonde Groot Beer Leeu Maagd VeewagterPortaal Sterrekunde Inhoud 1 Geskiedenis en mitologie 2 Ruimtevoorwerpe 2 1 Sterre 2 2 Diepruimtevoorwerpe 2 2 1 Sterrestelselswerms 2 2 2 Ander sterrestelsels 2 2 3 Kwasars 2 3 Ander 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsGeskiedenis en mitologie Wysig Koningin Berenike II van Egipte Berenike se Hare is een van die min sterrebeelde wat na n historiese figuur genoem is in die geval die vrou van Ptolemeus III van Egipte die koning onder wie Alexandrie n belangrike kultuursentrum geword het In 243 v C het Ptolemeus opgeruk teen die Seleukiede wat sy suster vermoor het Sy jong bruid Berenike het aan die godin Afrodite beloof dat sy haar lang blonde hare waarop sy baie trots was sou offer as haar man veilig terugkeer Sy het dit gedoen na haar man se tuiskoms en dit in die godin se tempel geplaas Teen die oggend was die hare weg Om die woedende koning te paai het die hof se sterrekundige Conon aangekondig dat die godin so in haar skik was met die offer dat sy die hare in die lug geplaas het Hy het gewys na n swerm sterre wat sedertdien as Berenike se Hare bekend is 1 Die sterrebeeld bestaan uit n aantal sterre en word sedert die Hellenistiese Tydperk as n asterisme of sterrepatroon erken 2 Tycho Brahe wat gewoonlik die krediet kry vir die verheffing van Berenike se Hare tot n konstellasie het dit in 1602 in sy sterkatalogus gepubliseer 2 maar dit is al in 1536 deur die kartograaf Caspar Vopel op n ruimtebol aangedui 3 4 5 Ruimtevoorwerpe WysigHoewel Berenike se Hare nie n groot sterrebeeld is nie bevat dit agt Messier voorwerpe Dit het baie sterrestelsels en bevat die noordelike deel van die Virgo sterrestelselswerm Daar is ook verskeie bolswerms Hierdie voorwerpe word nie verberg deur ruimtestof nie omdat die sterrebeeld nie in die rigting van die Melkweg se galaktiese vlak le nie Juis as gevolg daarvan is daar egter min oop sterreswerms buiten die Coma Berenike swerm wat die noordelike deel van die sterrebeeld oorheers en verspreide of planetere newels Sterre Wysig Foto van Berenike se Hare Dit is nie n baie helder sterrebeeld nie en het geen sterre helderder as 4 mag nie Beta Comae Berenices wat 30 ligjare van die Aarde af is is teen 4 26 mag die helderste ster Nes die Son is dit n geel hoofreeksster Dit is nie veel helderder as die Son nie en dit gee n mens n idee van hoe flou die son sou gelyk het op n afstand van 29 96 ligjare Die tweede helderste ster is Alpha Comae Berenices 4 32 mag ook bekend as Diadem Dit stel Berenike se kroon voor Dit is n dubbelster met twee geel komponente wat albei van magnitude 5 1 is Dit het n tydperk van 26 jaar en is 47 ligjare van die Aarde af 6 Met die blote oog lyk dit soos een ster van magnitude 4 3 Gamma Comae Berenices wat gesuperimponeer is op die Coma sterrestelselswerm is n oranje reusester van magnitude 4 4 en is 170 ligjare van hier af Daar is nog twee prominente veelvoudige sterre in die sterrebeeld 35 Comae Berenices is n dubbelster met n optiese metgesel Die twee swaartekraggebonde komponente het n tydperk van 360 jaar en is 324 ligjare van die Aarde af Die primere ster is n geel ster van magnitude 5 1 en die sekondere ster n wit ster van magnitude 7 2 Die derde optiese komponent het n magnitude van 9 24 Comae Berenices is n dubbelster met kontrasterende kleure Die primere ster is n oranje reus van magnitude 5 en is 610 ligjare van die Aarde af die sekondere komponent is n blou wit ster met n magnitude van 6 6 6 Daar is meer as 200 veranderlike sterre in Berenike se Hare hoewel baie van hulle vreemd is FK Comae Berenices wat wissel tussen 8 14 en 8 33 mag oor n tydperk van 2 4 dae is die prototipe vir die klas FK Comae Berenices veranderlikes Daar word geglo die veranderlikheid van FK Com sterre word veroorsaak deur groot koel vlekke op die roterende oppervlakke van die sterre FS Comae Berenices is n halfgereelde veranderlike ster n rooi reus met n minimum magnitude van 6 1 en n maksimum magnitude van 5 3 Dit het n tydperk van sowat twee maande en is 572 ligjare van hier af 6 Diepruimtevoorwerpe Wysig Die Coma Berenices sterreswerm het nie n Messier of Bayer naam nie maar is ook bekend as Melotte 111 Dit is n groot oop sterreswerm wat wissel tussen 5 en 10 mag Dit sluit verskeie van die sterrebeeld se sterre in wat met die blote oog gesien kan word 12 Comae Berenices met n magnitude van 4 8 is die swerm se helderste ster Die swerm is oor n groot gebied versprei meer as 5 grade in deursnee en is naby g Coma Berenices Dit lyk so groot omdat dit relatief naby is net sowat 270 ligjare ver Messier 53 NGC 5024 is n bolswerm met n magnitude van 7 7 wat 56 000 ligjare van die Aarde af is Net een graad van daar is NGC 5053 7 n bolswerm wat yler versprei is en n minder digte kern van sterre het Sy algehele ligsterkte is sowat 16 000 L wat dit een van die dofste bolswerms maak Dit is in 1784 deur William Herschel ontdek Dit het n magnitude van sowat 9 9 NGC 4147 is n effens dowwer 10 2 mag bolswerm met n baie kleiner skynbare grootte Sterrestelselswerms Wysig Berenike se Hare bevat die noordelike deel van die Virgo sterrestelselswerm ook bekend as die Coma Virgo swerm wat sowat 60 miljoen ligjare van die Aarde af is Die grootste sterrestelsels in die swerm 6 is die spiraalstelsel Messier 100 NGC 4321 wat 56 miljoen ligjare ver is en van voor af gesien word Dit het n helderheid van 9 4 mag en sy deursnee is meer as 120 000 ligjare Foto s wys n helder kern twee prominente en n klompie sekondere spiraalarms asook verskeie stofbane Messier 85 NGC 4382 is n elliptiese sterrestelsel en is met n magnitude van 9 een van die helderste stelsels in die Virgo swerm Sy kern is helder en lyk deur n klein teleskoop soos n ster 6 Messier 98 NGC 4192 is n helder lang spiraalstelsel wat feitlik van die kant af gesien word Dit het n magnitude van 10 Messier 99 NGC 4254 is n spiraalstelsel wat van voor af gesien word Nes M98 het dit n magnitude van 10 Messier 88 NGC 4501 is n spiraalstelsel met verskeie arms en Messier 91 NGC 4548 is n staafspiraalstelsel Die Coma sterrestelselswerm is noord van die Virgo swerm gelee Dit is sowat 230 miljoen tot 300 miljoen ligjare ver Dit is taamlik groot en bevat 1 000 groot sterrestelsels en moontlik tot 30 000 kleineres In n opname deur Fritz Zwicky in 1957 is 29 951 sterrestelsels in die gebied gemeet wat helderder as 19 mag is Vanwee die groot afstand is die meeste van hulle net met groot teleskope sigbaar Die helderste stelsels is NGC 4889 en NGC 4874 albei van magnitude 13 terwyl die ander stelsels n magnitude van 15 of dowwer het NGC 4889 is n reusagtige elliptiese sterrestelsel wat ook die grootste bekende swartkolk van 21 miljard sonmassas bevat 8 Die Coma swerm bevat relatief min spiraalsterrestelsels Van hulle is NGC 4921 die helderste 9 Ander sterrestelsels Wysig M64 die Swartoog sterrestelsel Messier 64 NGC 4826 is bekend as die Swartoog sterrestelsel vanwee n prominente stofbaan wat voor sy kern verbyloop Dit is sowat 17 miljoen ligjare ver Onlangse studies toon die interstellere gas in die buitestreke draai in die teenoorgestelde rigting as die in die binnestreke Sterrekundiges glo dit is omdat minstens een satelliet sterrestelsel minder as n miljard gelede met die Swartoog stelsel gebots het en dat hulle toe saamgesmelt het Geen tekens is egter meer te sien van die kleiner stelsel nie dit is heeltemal in die groter een opgeneem Tussen die twee roterende gebiede is talle nuwe newels en jong sterre 10 NGC 4314 is n staafspiraalstelsel wat van voor af gesien word Dit is sowat 40 miljoen ligjare van hier af Dit is uniek deurdat sy streek van intense stervorming n ring om die kern skep wat deur die Hubble ruimteteleskoop ontdek is Die stervorming het maar 5 miljoen jaar gelede begin en kom voor in n streek met n deursnee van net 1 000 ligjare Die kern is ook besonders omdat die klein ring self spiraalarms het wat gas in die staaf invoer 10 NGC 4565 is n bekende spiraalstelsel wat van die kant af gesien word Dit het n magnitude van 10 en lyk gesuperimponeer op die Virgo swerm hoewel dit net 20 miljoen ligjare van die Aarde af is Soos baie stelsels wat van die kant af gesien word het dit n prominent stofbaan en n sentrale bol 6 NGC 4676 wat soms die Muis sterrestelsels genoem word is twee interaktiewe sterrestelsels sowat 300 miljoen ligjare van hier af Hulle was sowat 160 miljoen jaar gelede die naaste aan mekaar en dit het groot streke met stervorming in albei stelsels veroorsaak asook getysterte van stof sterre en gas Daar word geglo hulle sal eindelik een groot moontlik elliptiese stelsel vorm 10 Kwasars Wysig Die kwasar PG1247 26 is die helderste kwasar in die sterrebeeld W Com is eers as n veranderlike ster geidentifiseer en het dus n veranderlikester naam gekry maar later is ontdek dit is n BL Lacertae voorwerp Dit is gewoonlik van sowat 16 5 mag maar het al n magnitude van 12 bereik Ander Wysig Berenike se Hare bevat die galaktiese noordpool by regte klimming 12h 51m 25s en deklinasie 27 07 48 epog J2000 0 Die meteoorreen Coma Bereniciede duur van Desember tot einde Januarie dit bereik sy hoogtepunt tussen 18 en 25 Desember 11 Verwysings Wysig Gaius Julius Hyginus 2 24 Astronomica 2 0 2 1 Pasachoff Jay M 2006 Stars and Planets Boston Massachusetts Houghton Mifflin Ridpath Ian Coma Berenices Star Tales in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020 Besoek op 11 April 2012 Thompson Gary D An Outline Sketch of the Origin and History of Constellations and Star Names in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2018 Besoek op 2 Junie 2012 Celestial table globe GLB0095 in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2011 6 0 6 1 6 2 6 3 6 4 6 5 Ridpath amp Tirion 2001 pp 122 124 Levy 2005 pp 159 160 McConnell Nicholas J 8 Desember 2011 Two ten billion solar mass black holes at the centres of giant elliptical galaxies PDF in Portugees Nature Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 1 September 2014 Besoek op 6 Desember 2011 van den Bergh S 1976 06 15 A new classification system for galaxies Astrophysical Journal 206 883 887 Bibcode 1976ApJ 206 883V doi 10 1086 154452 10 0 10 1 10 2 Wilkins Jamie Dunn Robert 2006 300 Astronomical Objects A Visual Reference to the Universe Buffalo New York Firefly Books ISBN 978 1 55407 175 3 Jenniskens Peter September 2012 Mapping Meteoroid Orbits New Meteor Showers Discovered Sky amp Telescope 24 The Deep Photographic Guide to the Constellations Coma Berenices Ridpath Ian en Tirion Wil 2007 Stars and Planets Guide Collins Londen ISBN 978 0 00 725120 9 Princeton University Press Princeton ISBN 978 0 691 13556 4 Eksterne skakels WysigStar Tales Coma Berenices Coma Berenices Constellation Guide Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Berenike se Hare Koordinate 12h 45m 36s 21 49 48 Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Berenike se Hare amp ol,