×
Bellville

Bellville is 'n voormalige stad in die Wes-Kaap (Suid-Afrika), maar is nou 'n residensiële voorstad van Kaapstad. Dit is sowat 20 kilometer vanaf Kaapstad se middestad geleë. Die Universiteit van Wes-Kaapland, die hoofkantore van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika en van Sanlam kan in die voorstad gevind word. Danksy die sentrale ligging, is dit ook naby die Kaapstad Internasionale Lughawe, 'n aantal gholfbane, die Kaapse wynroetes en verskeie winkelsentrums.

Bellville
(Twaalf Myl / Hardekraaltjie)
Voorstad
Lugfoto van Bellville met Valsbaai op die agtergrond.
Bellville
Koördinate:33°54′0″S18°38′0″O /33.90000°S 18.63333°O /-33.90000; 18.63333Koördinate:33°54′0″S18°38′0″O /33.90000°S 18.63333°O /-33.90000; 18.63333
Land Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
Metropolitaanse MunisipaliteitStad Kaapstad
Stigting1861
Vernoem naCharles Davidson Bell
Oppervlak
• Totaal52,39 km2 (20,23 vk. myl)
Bevolking
• Totaal112 507
• Digtheid2 100/km2 (5 000/vk. m.)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
Busse: 7535
Strate: 7530
Skakelkodes021

Inhoud

Bellville was oorspronklik as "Hardekraaltjie" bekend. Hardekraaltjie was die enigste harde grond waarop waens uitgespan kon word op hul tog deur die Kaapse Vlakte se sand. Die Hardekraaltjie-karavaanpark beslaan vandag hierdie terrein.

Toe die spoorlyn van Kaapstad na Wellington Hardekraaltjie bereik, is daar 'n halte gemaak, wat "Durban Road" genoem is (Durbanville was vroeër bekend was as "D'Urban"). Durbanville was toe al 'n gevestigde gemeenskap, terwyl dié latere Bellville toe net begin ontwikkel het. Afrikaanssprekendes het Durban Road geken as Twaalf Myl, genoem na die leiklip-mylpaal met sy Romeinse XII wat by die hoek van Voortrekker- en Durbanweg staan. Dit was presies twaalf myl of 19,3 km van die Kaap. In 1861 is dit na die landmeter Charles Bell genoem. Bellville het in 1940 'n onafhanklike munisipaliteit geword en het in 1979 stadstatus verkry.

Wapen van Bellville

Bellville se munisipale raad het in 1947 'n wapen aangeneem en dit later drie keer gewysig.

Die oorspronklike weergawe was : Gedwarsbalk van rooi en goud van twaalf stukke, 'n swart paal belaai met twee silwer klokkies; oor alles heen 'n blou binneskild belaai met 'n goue koringgerf. Die helmteken was 'n swart adelaar met uitgespreide vleuels, en die wapenspreuk "Prendre sa belle". In die tweede weergawe is die binneskild weggelaat en die koringgerf tussen die twee klokkies geplaas.

In die derde weergawe, soos deur Ivan Mitford-Barberton hersien, is die koringgerf met 'n derde klokkie vervang. Dit is in 1959 by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer. In die vierde en laaste weergawe, soos deur dr. Cornelis Pama hersien, is die klokkies met kerkklokke vervang. Hierdie weergawe is in 1980 by die Buro vir Heraldiek geregistreer.

  1. Sensus 2011
  2. Wes-Kaapse Argief : Bellville Munisipale Notules (18 Junie 1947).
  3. Kaap die Goeie Hoop Offisiële Koerant 2957 (6 Februarie 1959).
  4. .


Publikasie datum: September 26, 2021

bellville, voormalige, stad, kaap, suid, afrika, maar, residensiële, voorstad, kaapstad, sowat, kilometer, vanaf, kaapstad, middestad, geleë, universiteit, kaapland, hoofkantore, bybelgenootskap, suid, afrika, sanlam, voorstad, gevind, word, danksy, sentrale, . Bellville is n voormalige stad in die Wes Kaap Suid Afrika maar is nou n residensiele voorstad van Kaapstad Dit is sowat 20 kilometer vanaf Kaapstad se middestad gelee Die Universiteit van Wes Kaapland die hoofkantore van die Bybelgenootskap van Suid Afrika en van Sanlam kan in die voorstad gevind word Danksy die sentrale ligging is dit ook naby die Kaapstad Internasionale Lughawe n aantal gholfbane die Kaapse wynroetes en verskeie winkelsentrums Bellville Twaalf Myl Hardekraaltjie VoorstadLugfoto van Bellville met Valsbaai op die agtergrond BellvilleKoordinate 33 54 0 S 18 38 0 O 33 90000 S 18 63333 O 33 90000 18 63333 Koordinate 33 54 0 S 18 38 0 O 33 90000 S 18 63333 O 33 90000 18 63333Land Suid AfrikaProvinsieWes KaapMetropolitaanse MunisipaliteitStad KaapstadStigting1861Vernoem naCharles Davidson BellOppervlak Totaal52 39 km2 20 23 vk myl Bevolking Totaal112 507 1 Digtheid2 100 km2 5 000 vk m TydsoneUTC 2 SAST PoskodeBusse 7535 Strate 7530Skakelkodes021 Inhoud 1 Geskiedenis 2 Wapen 3 Sien ook 4 Eksterne Skakels 5 VerwysingsGeskiedenis WysigBellville was oorspronklik as Hardekraaltjie bekend Hardekraaltjie was die enigste harde grond waarop waens uitgespan kon word op hul tog deur die Kaapse Vlakte se sand Die Hardekraaltjie karavaanpark beslaan vandag hierdie terrein Toe die spoorlyn van Kaapstad na Wellington Hardekraaltjie bereik is daar n halte gemaak wat Durban Road genoem is Durbanville was vroeer bekend was as D Urban Durbanville was toe al n gevestigde gemeenskap terwyl die latere Bellville toe net begin ontwikkel het Afrikaanssprekendes het Durban Road geken as Twaalf Myl genoem na die leiklip mylpaal met sy Romeinse XII wat by die hoek van Voortrekker en Durbanweg staan Dit was presies twaalf myl of 19 3 km van die Kaap In 1861 is dit na die landmeter Charles Bell genoem Bellville het in 1940 n onafhanklike munisipaliteit geword en het in 1979 stadstatus verkry Wapen Wysig Wapen van Bellville Bellville se munisipale raad het in 1947 n wapen aangeneem 2 en dit later drie keer gewysig Die oorspronklike weergawe was Gedwarsbalk van rooi en goud van twaalf stukke n swart paal belaai met twee silwer klokkies oor alles heen n blou binneskild belaai met n goue koringgerf Die helmteken was n swart adelaar met uitgespreide vleuels en die wapenspreuk Prendre sa belle In die tweede weergawe is die binneskild weggelaat en die koringgerf tussen die twee klokkies geplaas In die derde weergawe soos deur Ivan Mitford Barberton hersien is die koringgerf met n derde klokkie vervang Dit is in 1959 by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer 3 In die vierde en laaste weergawe soos deur dr Cornelis Pama hersien is die klokkies met kerkklokke vervang Hierdie weergawe is in 1980 by die Buro vir Heraldiek geregistreer 4 Sien ook WysigBellville kiesafdeling Lys van dorpe in Suid AfrikaEksterne Skakels WysigUniversiteit van Wes Kaapland Bellville sakegidsVerwysings Wysig Hoofplek Bellville Sensus 2011 Wes Kaapse Argief Bellville Munisipale Notules 18 Junie 1947 Kaap die Goeie Hoop Offisiele Koerant 2957 6 Februarie 1959 National Archives of South Africa Data of the Bureau of Heraldry Provinsie Wes KaapHoofstad KaapstadStreke Kaapse Skiereiland Kaapse Wynlande Sentraal Karoo Overberg Tuinroete WeskusGrootste stede en dorpe Kaapstad George Mosselbaai Knysna Oudtshoorn Paarl Robertson Stellenbosch Swellendam Vredenburg WorcesterMunisipaliteite Beaufort Wes Bergrivier Bitou Breedevallei Kaap Agulhas Cederberg Drakenstein George Hessequa Kaapstad Kannaland Knysna Laingsburg Langeberg Matzikama Mosselbaai Oudtshoorn Overberg Overstrand Prins Albert Saldanhabaai Sentraal Karoo Stellenbosch Swartland Swellendam Theewaterskloof Tuinroete Weskus WitzenbergOntsluit van https af wikipedia org w index php title Bellville amp ol,