fbpx
Wikipedia

Belgiese Rewolusie

Die Belgiese Rewolusie (Frans: Révolution belge, Nederlands: Belgische Revolutie/opstand/omwenteling) was 'n konflik wat gelei het tot die afstigting van die suidelike provinsies (hoofsaaklik die voormalige Suidelike Nederlande) van die Verenigde Nederlande en die stigting van 'n onafhanklike Koninkryk van België.

Belgiese Rewolusie
Deel van die Rewolusies van 1830

Skildery wat die Belgiese Rewolusie uitbeeld, deur Gustaf Wappers (1834).
Datum 25 Augustus 183014 Julie 1831
Ligging Noordwes-Europa: Nederland en België
Resultaat Belgiese oorwinning; die belangrikste Europese moondhede erken de facto onafhanklikheid van België
Strydende partye
Belgiese rebelle
 België (vanaf die vroeë 1831)
 Frankryk
Verenigde Koninkryk van die Nederlande
Aanvoerders
Charles Rogier
Erasme Louis Surlet de Chokier
Étienne Maurice Gérard
Willem I
Kroonprins Willem
Sterkte
onbekend
60 000[1]
50 000[2]

Die inwoners van die suide was hoofsaaklik Vlaminge (sprekers van Nederfrankiese dialekte) en Walloniërs (sprekers van langues d' oil-dialekte). Beide volke was tradisioneel Rooms-Katoliek, in teenstelling met die grotendeels Protestantse (Nederduits Gereformeerde) noorde. Baie uitgesproke liberale het Koning Willem I se heerskappy as despoties beskou. Daar was hoë vlakke van werkloosheid en industriële onrus onder die werkersklasse. [3]

Op 25 Augustus 1830 het onluste in Brussel uitgebreek en is winkels geplunder. Teatergangers wat pas die nasionalistiese opera Die Stomme van Portici gekyk het, het by die gepeupel aangesluit. Opstande het elders in die land gevolg. Fabrieke is beset en masjinerie vernietig. Die orde is kort daarna herstel nadat Willem troepe na die suidelike provinsies gestuur het, maar onluste het voortgeduur en die leierskap is deur radikales ingeneem, wat afstigting begin aanroer het.[4]

'n Groot aantal rekrute uit die suidelike provinsies het die Nederlandse eenhede verlaat en gedros. Die State-Generaal in Brussel het ten gunste van afstigting gestem en onafhanklikheid verklaar. In die nasleep is 'n Nasionale Kongres byeengeroep. Koning Willem het hom van toekomstige militêre optrede weerhou en 'n beroep gedoen op die Grootmoondhede. Tydens die gevolglike Londen Konferensie van 1830 het die groot Europese moondhede België se onafhanklikheid erken. Na die troonbestyging van Leopold I as "Koning van die Belge" in 1831 het koning Willem 'n laaste poging aangewend om België te herower en sy posisie deur middel van 'n militêre veldtog te herstel. Hierdie "Tiendaagse veldtog" het vanweë Franse militêre ingryping misluk. Die Nederlanders het die Londense konferensie se beslissing en gepaardgaande Belgiese onafhanklikheid eers in 1839 by wyse van die Verdrag van Londen aanvaar.

Die Belgiese Rewolusie het gelei tot die vestiging van 'n onafhanklike, Katolieke en neutrale België.

Verwysings

  1. (en) A Global Chronology of Conflict: From the Ancient World to the Modern Middle ... , deur Spencer C. Tucker, 2009, bl. 1156
  2. (en) A Global Chronology of Conflict: From the Ancient World to the Modern Middle ... , deur Spencer C. Tucker, 2009, bl. 1156
  3. E.H. Kossmann, "The Low Countries 1780-1940" (1978) pp 151-54
  4. Paul W. Schroeder, "The Transformation of European Politics 1763-1848" 1994) pp 671-91

Belgiese Rewolusie
belgiese, rewolusie, frans, révolution, belge, nederlands, belgische, revolutie, opstand, omwenteling, konflik, gelei, afstigting, suidelike, provinsies, hoofsaaklik, voormalige, suidelike, nederlande, verenigde, nederlande, stigting, onafhanklike, koninkryk, . Die Belgiese Rewolusie Frans Revolution belge Nederlands Belgische Revolutie opstand omwenteling was n konflik wat gelei het tot die afstigting van die suidelike provinsies hoofsaaklik die voormalige Suidelike Nederlande van die Verenigde Nederlande en die stigting van n onafhanklike Koninkryk van Belgie Belgiese RewolusieDeel van die Rewolusies van 1830Skildery wat die Belgiese Rewolusie uitbeeld deur Gustaf Wappers 1834 Datum 25 Augustus 1830 14 Julie 1831Ligging Noordwes Europa Nederland en BelgieResultaat Belgiese oorwinning die belangrikste Europese moondhede erken de facto onafhanklikheid van BelgieStrydende partyeBelgiese rebelle Belgie vanaf die vroee 1831 Frankryk Verenigde Koninkryk van die NederlandeAanvoerdersCharles Rogier Erasme Louis Surlet de Chokier Etienne Maurice Gerard Willem I Kroonprins WillemSterkteonbekend 60 000 1 50 000 2 Die inwoners van die suide was hoofsaaklik Vlaminge sprekers van Nederfrankiese dialekte en Walloniers sprekers van langues d oil dialekte Beide volke was tradisioneel Rooms Katoliek in teenstelling met die grotendeels Protestantse Nederduits Gereformeerde noorde Baie uitgesproke liberale het Koning Willem I se heerskappy as despoties beskou Daar was hoe vlakke van werkloosheid en industriele onrus onder die werkersklasse 3 Op 25 Augustus 1830 het onluste in Brussel uitgebreek en is winkels geplunder Teatergangers wat pas die nasionalistiese opera Die Stomme van Portici gekyk het het by die gepeupel aangesluit Opstande het elders in die land gevolg Fabrieke is beset en masjinerie vernietig Die orde is kort daarna herstel nadat Willem troepe na die suidelike provinsies gestuur het maar onluste het voortgeduur en die leierskap is deur radikales ingeneem wat afstigting begin aanroer het 4 n Groot aantal rekrute uit die suidelike provinsies het die Nederlandse eenhede verlaat en gedros Die State Generaal in Brussel het ten gunste van afstigting gestem en onafhanklikheid verklaar In die nasleep is n Nasionale Kongres byeengeroep Koning Willem het hom van toekomstige militere optrede weerhou en n beroep gedoen op die Grootmoondhede Tydens die gevolglike Londen Konferensie van 1830 het die groot Europese moondhede Belgie se onafhanklikheid erken Na die troonbestyging van Leopold I as Koning van die Belge in 1831 het koning Willem n laaste poging aangewend om Belgie te herower en sy posisie deur middel van n militere veldtog te herstel Hierdie Tiendaagse veldtog het vanwee Franse militere ingryping misluk Die Nederlanders het die Londense konferensie se beslissing en gepaardgaande Belgiese onafhanklikheid eers in 1839 by wyse van die Verdrag van Londen aanvaar Die Belgiese Rewolusie het gelei tot die vestiging van n onafhanklike Katolieke en neutrale Belgie Verwysings Wysig en A Global Chronology of Conflict From the Ancient World to the Modern Middle deur Spencer C Tucker 2009 bl 1156 en A Global Chronology of Conflict From the Ancient World to the Modern Middle deur Spencer C Tucker 2009 bl 1156 E H Kossmann The Low Countries 1780 1940 1978 pp 151 54 Paul W Schroeder The Transformation of European Politics 1763 1848 1994 pp 671 91Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Belgiese Rewolusie amp oldid 2390606,