×
België

België (Nederlands: België, [ˈbɛlɣijə],(hulp·inligting); Frans: Belgique, [bɛlʒik],(hulp·inligting); Duits: Belgien, [ˈbɛlɡi̯ən],(hulp·inligting)), amptelik die Koninkryk België (Nederlands: Koninkrijk België; Frans: Royaume de Belgique; Duits: Königreich Belgien), is 'n land in Noordwes-Europa begrens deur Nederland, Duitsland, Luxemburg en Frankryk. België het 'n bevolking van 11,5 miljoen mense in 'n gebied dertigduisend vierkante kilometer groot. België lê op 'n kulturele kruispad tussen die Germaanse Europa (met Nederlandssprekende mense in die noorde, die Vlaminge) en die Romaanse Europa (met Franssprekende mense in die suide). Twee hooftale word in België gepraat: Nederlands – soms nie-amptelik Vlaams genoem – in Vlaandere in die noorde; en Frans, in Wallonië in die suide. Die hoofstad, die Brusselse Hoofstedelike Gewes, is amptelik tweetalig, maar die meerderheid van die inwoners praat Frans. 'n Amptelik erkende minderheid Duitse sprekers is in die ooste gesetel. Die linguistieke diversiteit lei gereeld tot politieke konflik, en word weerspieël in België se ingewikkelde regeringstelsel en politieke geskiedenis.

Koninkrijk België (Nederlands)
Royaume de Belgique (Frans)
Königreich Belgien (Duits)
Koninkryk België
Nasionale leuse:
Nederlands: Eendracht maakt macht
Frans: L'union fait la force
Duits: Einigkeit macht stark
(Afrikaans: "Eendrag maak mag")
Volkslied:
Nederlands: De Brabançonne
Frans: La Brabançonne
Duits: Das Lied von Brabant
(Afrikaans: "Die Brabançonne")
Hoofstad Brussel

50°51′N4°21′O /50.850°N 4.350°O /50.850; 4.350

Grootste stad Brussel
Amptelike tale Nederlands, Frans, Duits
Regering Federale parlementêre
grondwetlike monargie
Filip
Alexander De Croo
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Erken
• Huidige grondwet
van Nederland
4 Oktober 1830
19 April 1839
24 Oktober 2017
Oppervlakte
- Totaal

- Water (%)

30 689 km2 (136ste)
11 849 myl2
6,5
Bevolking
- 2020-sensus
- Digtheid

11 492 641
376 / km2 (22ste)
973,8 / myl2
BBP (KKP)
- Totaal
- Per capita
2019-skatting

$567,488 miljard (38ste)
$49 529 (20ste)

BBP (nominaal)
- Totaal
- Per capita
2019-skatting

$517,609 miljard (23ste)
$45 176 (17de)

MOI (2018) 0,919 (17de) –baie hoog
Gini (2017) 27,4laag
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
- Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .be
Skakelkode +32
Nasa-Satellietbeeld van België

België se naam is afgelei van die gebiede se eerste benoemde inwoners, die Belgae, 'n groep van meestal Keltiese stamme, en van die Romeinse provinsie in noordelike Gallië, wat as Gallia Belgica bekendgestaan het. Geskiedkundig was België deel van die Lae Lande, wat ook Nederland en Luxemburg ingesluit het en 'n effens groter gebied as die huidige Benelux-stategroep gedek het. Van die einde van die Middeleeue tot die sewentiende eeu, was dit 'n vooruitstrewende handel- en kultuurmiddelpunt. Van die sestiende eeu tot met onafhanklikheid in 1830 was België, op daardie stadium die Suidelike Nederlande genoem, die terrein van talle veldslae tussen die Europese moondhede en is die "die vegkamp van Europa" genoem.

België was in 1951 'n stigterslid van die Europese Unie en huisves die hoofkantore daarvan, sowel as dié van ander belangrike internasionale organisasies, soos die NAVO. België se strydmag is volledig in NAVO geïntegreer en neem aan internasionale vredesendings (Libanon, Afghanistan) deel.

Inhoud

Staatskundige geskiedenis
van die Nederlande
Noordelike Nederlande Suidelike Nederlande Heilige Romeinse Ryk &
Duitse Bond
Goue van Oos-Francië Goue van Wes-Francië Goue van Oos-Francië

Gelre

Utrecht

Friesland

Groningen

Ommelanden

Vlaandere

Brabant

Heneg.-Holland

(e.a.)

Luik

Loon

Stavelot-Malmedy

Ravenstein

Horn

Thorn

Bouillon

Gronsveld

(e.a.)

1384
Boergondiese Nederlande
1482
Habsburgse Nederlande
1543
Sewentien Provinsies
(vanaf 1566 in opstand)
1588
Republiek
die Sewe Verenigde Nederlande
1585
Spaanse Nederlande
1713
Oostenrykse Nederlande
1795
Bataafse Republiek
1794
Eerste Franse Republiek
1806
Koninkryk Holland
1810 1804
Eerste Franse Keiserryk
1813
Vorstendom die Nederlande
1814
Generaal-
Goewernement
1815
Verenigde Koninkryk
die Nederlande
1815
Groothertogdom Luxemburg

1830
Koninkryk die Nederlande


1830
Koninkryk België


1848 & 1867
Groothertogdom Luxemburg

Die Romeinse provinsie Gallia Belgica
Karel die Grote se monogram
Kaart van Vlaandere in 1609
Episode van die Belgiese Rewolusie van 1830, Egide Charles Gustave Wappers (1834), in die Antieke Kunsmuseum, Brussel

Oor die afgelope twee millennia het die gebied beduidende demografiese, politiese en kulturele skommelings ondergaan. Die eerste goed gedokumenteerde bevolkingsbeweging was die verowering van die gebied deur die Romeinse Republiek in die 1ste eeu v.C.

Die Germaanse Franke het in die vyfde eeu die Merowingiese koninkryk gevestig wat in die 8ste eeu met Pepijn die Korte en Karel die Grote die Karolingiese Ryk geword het. Tydens die Middeleeue is die Lae Lande verdeel in menige klein feodale state (Vlaandere, Brabant, Henegouwen, Holland, Luxemburg, ensovoorts). Meeste daarvan is in die loop van die 14de en 15de eeue deur die Boergondiese hertoë Filips die Stoute, Jan sonder Vrees en Filips die Goeie in die Boergondiese Nederlande verenig. Die state het 'n mate van selfbestuur in die 15de eeu bereik en is in die 16de eeu die Sewentien Provinsies genoem.

Die geskiedenis van België kan vanaf 1585 (val van Antwerpen) onderskei word van die van Holland. 'n Burgeroorlog, die Tagtigjarige oorlog (1568–1648), het die Sewentien Provinsies in die Verenigde Provinsies in die noorde en die Spaanse Suidelike Nederlande in die suide verdeel. Die suidelike provinsies is opeenvolgend deur die Spaanse en Oostenrykse Habsburgers oorheers.

Tot met onafhanklikheid was die Suidelike Nederlande gesog deur talle Franse veroweraars en was dit die teater vir meeste van die Frans-Spaanse en Frans-Oostenrykse oorloë tydens die 17de en 18de eeue. Na die Veldtogte van die Franse Rewolusionêre Oorloë in 1794, is die Oostenrykse Nederlande – insluitend gebiede wat nooit onder Habsburgse beheer was nie, soos die Bisdom van Luik – deur Frankryk oorrompel, wat 'n einde gebring het aan die Oostenrykse heerskappy.

Die Franse oorheersing sou twintig jaar duur, vanaf 1794 tot 1814. Napoleon Bonaparte sou 'n kragtige verfransingspolitiek toepas en gedurende die tyd het Vlaandere vinnig verfrans. Franse amptenare, onderwysers, regters en advokate het die land binnegestroom, en Nederlands was verbode verklaar. Alle moontlike maatreëls is getref om Nederlands in Vlaandere uit te roei. Nederlands is uit die stadsbestuur, gereg en die leer verban. Daarby is die Nederlandstalige pers ook vervolg (Picard 1963:87). In die groot stede Gent, Antwerpen en Brussel, waar die stadsbesture Nederlands gebruik het, was verplig om slegs Frans te gebruik. Die hereniging van die Lae lande as die Verenigde Koninkryk van die Nederlande het in 1814 plaasgevind.

Die moderne staat België ontstaan in 1830, toe Nederland se suidelike provinsies afstig. Die Belgiese Rewolusie van 1830 lei tot die vestiging van 'n onafhanklike, Rooms-Katolieke en neutrale België onder 'n voorlopige regering. Sedert die inhuldiging van Leopold I van België as koning in 1831, is België 'n grondwetlike monargie en parlementêre demokrasie. Tussen onafhanklikheid en die Tweede Wêreldoorlog het die demokratiese stelsel ontwikkel van 'n oligargie gekenmerk deur twee hoofpartye, die Katolieke en die Liberale, tot 'n algemene stemregstelsel wat 'n derde party, die Belgiese Arbeidersparty insluit en 'n sterk rol vir die vakunies. Oorspronklik was Frans, wat die aangenome taal van die adelstand en die bourgeoisie was, die enigste amptelike taal. Die land het sedertdien 'n tweetalige Nederlands-Franse stelsel ontwikkel.

Die Berlyn Konferensie van 1885 kom ooreen met die oorhandiging van die Kongo deur koning Leopold II as sy private besitting, die "Kongo-Vrystaat", aan die Belgiese staat. In 1908 is dit as 'n kolonie aan België gesedeer, hierna "Belgies-Kongo" genoem. België se neutraliteit is in 1914 tydens die Eerste Wêreldoorlog geskend toe die Duitse Keiserryk België as deel van die Schlieffen-plan ingeval het. Die voormalige Duitse kolonies Ruanda-Urundi – nou bekend as Rwanda en Burundi – is in 1916 deur Belgies-Kongo beset. Die gebiede is in 1924 deur die Volkebond aan België as mandaatgebiede toegeken. België is in 1940 weer tydens die blitzkrieg-offensief deur Nazi-Duitsland gedurende die Tweede Wêreldoorlog binnegeval. Belgies-Kongo het sy onafhanklikheid op 30 Julie 1960 tydens die Kongokrisis verkry en Ruanda-Urundi het in 1962 onafhanklik geword.

Na die Tweede Wêreldoorlog het België by NAVO aangesluit en het die land saam met Nederland en Luxemburg die Benelux-nasiegroep gevorm. België was ook een van die stigterslede van die Europese Ekonomiese Gemeenskap. België huisves die hoofkantore van NAVO en 'n groot deel van die Europese Unie se instellings en administratiewe owerhede, insluitend die Europese Kommissie, die Raad van die Europese Unie en meeste van die sessies van die Europese Parlement. Gedurende die 20ste eeu, en in besonder sedert die Tweede Wêreldoorlog, is die geskiedenis al hoe meer oorheers deur die outonomie van sy twee hoof taalgemeenskappe. Die tydperk word gekenmerk deur 'n styging in tussen-gemeenskap spanning en die eenheid van die Belgiese staat is op die voorgrond. Deur middel van grondwetlike hervorminge in die 1970's en 1980's, het regionalisering van die unitêre staat tot die daarstel van 'n drievlakstelsel van federalisme, linguistieke gemeenskap en streeksregerings gelei, 'n kompromis wat daarop gemik was om taalspanning te minimaliseer. Deesdae hou die federale entiteite meer wetgewende mag as die nasionale tweekamerparlement.

Die Belgiese Parlement in Brussel
Die Koninklike paleis in Brussel
Die eerste minister Alexander De Croo
Die Justisiepaleis in Brussel

België is 'n grondwetlike populêre monargie en parlementêre demokrasie wat ná die Tweede Wêreldoorlog ontwikkel het van 'n unitêre staat tot 'n federasie. Die tweekamerparlement bestaan uit 'n senaat en 'n Kamer van Verteenwoordigers. Die eersgenoemde is 'n mengsel van direk verkose senior politici en verteenwoordigers van die gemeenskappe en geweste; terwyl laasgenoemde alle Belge agtien jaar en ouer in 'n proporsionele kiesstelsel verteenwoordig. België is een van die min lande met verpligte stemmery het en dus een van die hoogste verkiesingsdeelname ter wêreld het.

Die federale regering, voorheen deur die koning benoem, moet die vertroue van die Kamer van Verteenwoordigers hê. Dit word deur die eerste minister gelei. Die aantal Nederlands- en Franssprekende ministers is gelyk soos vereis deur die Grondwet. Die koning of koningin is die staatshoof. Hy of sy het egter slegs beperkte prerogatiewe. Werklike mag is gevestig in die eerste minister en die verskillende regerings wat die land regeer. Die regstelsel is gegrond op siviele reg en het sy oorsprong in die Napoleontiese kode. Die appèlhof is een vlak laer as die Hof van Cassatie, 'n instelling gegrond op die Franse Cour de cassation.

België se politieke instellings is kompleks; politieke mag is grootliks georganiseer ter ondersteuning van verteenwoordiging van die hooftaalgroepe. Sedert ongeveer 1970 het die belangrike nasionale Belgiese politieke partye verdeel in afsonderlike komponente wat hoofsaaklik die belange van die twee gemeenskappe verteenwoordig. Die belangrikste partye in elke gemeenskap behoort tot drie hoof politiese families: die regtervleuel Liberale, die sentristiese Christen Demokrate, en die linkervleuel Sosiaal-Demokrate. Ander belangrike jonger partye is die Groenpartye en, veral in Vlaandere, die nasionaliste en verregse partye. Politiek word beïnvloed deur drukgroepe, soos vakunies en sakebelange in die vorm van die Verbond van Belgiese Ondernemings (Frans: Fédération des Entreprises de Belgique; Nederlands: Verbond van Belgische Ondernemingen).

In 1999 het die eerste minister Guy Verhofstadt van die VLD 'n ses-party Liberaal-Sosiaal-Demokrate-Groen koalisie, baie keer "die reënboog-regering" genoem. Dit was die eerste regering sonder die Christen-Demokrate sedert 1958. In die 2003-verkiesings het Verhofstadt 'n tweede termyn in die amp gewen en 'n Liberaal-Sosiaal-Demokrate koalisie van vier partye gelei.

'n Beduidende prestasie van die twee opeenvolgende Verhofstadt-regerings is die behaal van 'n begroting wat klop; België is een van slegs 'n paar lidlande van die EU wat dit kon regkry. Die beleid is in die 1990's onder druk van die Europese Raad deur opeenvolgende regerings toegepas. Die val van die vorige regering word hoofsaaklik toegeskryf aan die dioksienkrisis, 'n groot voedselvergiftigingskandaal in 1999 wat gelei het tot die vestiging van die Belgiese Voedselagentskap. Die voorval het uitgeloop op 'n ongewoon groot verteenwoordiging deur die Groenparty in die parlement, en groter klem op omgewingspolitiek in die eerste Verhofstadtregering. Een Groenbeleid het byvoorbeeld gelei tot die kernkraguitfaseringwetgewing, wat moontlik aangepas sal word. Die afwesigheid van Christen-Demokrate in die regering het dit vir Verhofstadt moontlik gemaak om sosiale aangeleenthede uit 'n meer liberale oogpunt aan te pak en om nuwe wetgewing oor die gebruik van sagte dwelms, gay huwelike en die genadedood deur te voer. Tydens die twee mees onlangse parlementsittings het die regering aktiewe diplomasie in Afrika aangemoedig, militêre ingryping in die Irakontwapeningskrisis teëgestaan, en wetgewing aangaande oorlogsmisdade deurgevoer. Beide van Verhofstadt se termyne is gekenmerk deur dispute tussen die Belgiese gemeenskappe. Die hoofgeskilpunte is die nagtelike lugverkeer by Brussellughawe en die status van die verkiesingsdistrik Brussel-Halle-Vilvoorde.

Die huidige eerste minister is Alexander De Croo van die Open Vld. Die huidige koning, Filip, het koning Albert II op 21 Julie 2013 opgevolg.

Belgiese gemeenskappe:

Vlaamse Gemeenskap / Nederlandstalige gebied

Franse Gemeenskap / Franstalige gebied

Duitstalige Gemeenskap / Duitstalige gebied

Belgiese geweste

Vlaamse gewes / Nederlandstalige gebied

Brusselse Hoofstedelike Gewes / tweetalige gebied

Waalse Gewes / Frans- en Duitstalige gebiede

Die land se grondwet is op 14 Julie 1993 aangepas om 'n unieke federale staat gegrond op drie vlakke:

  1. Die federale regering in Brussel.
  2. Die drie taalgemeenskappe:
  3. Die drie geweste (wat van die taalgemeenskappe verskil met betrekking tot die Duitstalige Gemeenskap en die Brusselse Hoofstedelike Gewes):

Konflikte tussen die liggame word deur die Arbitrasiehof besleg. Die reling maak voorsiening vir 'n kompromis wat verskillende kulture toelaat om vreedsaam met mekaar te lewe.

Die Vlaamse Gemeenskap het in 1980 met die Vlaamse Gewes saamgegaan om die regering van Vlaandere te vorm. Die oorvleuelende grense van die geweste en gemeenskappe het twee noemenswaardige eienaardighede te weeg gebring: die Brusselse Hoofstedelike Gewes word ingesluit in beide die Vlaamse en Franse gemeenskappe, en die gebied van die Duitstalige Gemeenskap lê geheel en al in die Waalse Gewes (Wallonië). Die Vlaamse en Waalse geweste word verder onderverdeel in administratiewe entiteite, die provinsies.

Op die hoogste vlak van die drievlak-opstelling is die federale regering wat omsien na buitelandse sake, ontwikkelingsteun, verdediging, leër, polisie, ekonomiese bestuur, welsyn, maatskaplike sekuriteit, vervoer, energie, telekommunikasie en wetenskaplike navorsing, beperkte vermoëns in onderwys en kultuur, en die toesig van belasting deur streeksowerhede. Die federale regering beheer meer as 90 persent van alle belasting. Die gemeenskapregerings is verantwoordelik vir die bevordering van taal, kultuur en onderwys – hoofsaaklik in skole, biblioteke en teaters. Die derde vlak is die gewesregerings, wat hoofsaaklik grond- en eiendomverwante sake soos behuising, vervoer, ens. hanteer. Byvoorbeeld, vir die bou van 'n skool word die boupermit vir 'n skoolgebou in Brussel wat aan die openbare skoolstelsel behoort deur die gewesregering van Brussel toegeken. Die skool as 'n inrigting val onder die regulasies van die Vlaamse regering as die primêre onderrigtaal Nederlands is, maar onder die Franse gemeenskapregering as die primêre taal Frans is.

België het tien provinsies, waarvan vyf in die Vlaamse Gewes en vyf in die Waalse Gewes:

In Vlaandere:

  1. Antwerpen
  2. Limburg
  3. Oos-Vlaandere
  4. Vlaams-Brabant, met die Brusselse gewes as enklawe
  5. Wes-Vlaandere

In Wallonië:

  1. Brabant wallon (Waals-Brabant)
  2. Hainaut (Henegouwen)
  3. Liège / Lüttich (Luik)
  4. Luxembourg (Luxemburg)
  5. Namur (Namen)
Brussel, Antwerpen, Gent, Charleroi, Liège (Luik), Brugge en Namen is die sewe grootste stede van België
Landskap in die Hautes Fagnes in die Ardenne

België, met 'n oppervlakte van 30 689 vierkante kilometer, het drie geografiese streke: die laagliggende kusvlakte in die noordweste, wat deel uitmaak van die Noordseebekken, die sentrale plato met heuwels, en die bergagtige Ardenne-hooglande in die suidooste. Die kusvlakte bestaan hoofsaaklik uit sandduine en polders. Polders is drooggemaakte gebiede, naby seevlak of onder seevlak wat van die see herwin is, waarteen dit beskerm word met dyke of verder in die binneland, deur velde wat met kanale gedreineer word.

Die tweede geografiese streek, die sentrale plato, lê verder in die binneland. Dit is 'n golwende gebied wat geleidelik styg en baie vrugbare valleie het.

Die derde geografiese gebied, genaamd die Ardenne, is meer ru as die eerste twee. Dit is 'n digbeboste plato, baie rotsagtig en nie juis geskik vir boerdery nie, wat tot in die noorde van Frankryk strek. Dit is waar meeste van België se wild aangetref word. Daar is ook dele wat meer gebroke is met grotte.

België se hoogste punt, die Signal de Botrange in die Hoë Vene-gebergte, teen slegs 694 meter (2 277 voet) is in die gebied geleë.

Die klimaat is maritiem-gematig, met 'n beduidende neerslag in al die seisoene (Köppen klimaat klassifikasie: Cfb). Die gemiddelde temperatuur is 3 °C (37 °F) in Januarie, en 18°C (64°F) in Julie; die gemiddelde neerslag is 65 millimeter (2,6 duim) in Januarie, en 78 millimeter (3,1 duim) in Julie). In die Ardenne neem die maritieme invloed geleidelik af, en hier word jaarliks meer as 120 dae met temperature benede vriespunt aangeteken.

Oorsig

Staalvervaardiging langs die Maasrivier in Ougrée naby Luik

As 'n hoogs ontwikkelde markekonomie was België in 1961 een van 19 stigterslande van die OESO, 'n groep van leidende geïndustrialiseerde westerse demokrasieë. Met 'n bevolking van sowat 11,5 miljoen en 'n geskatte bruto binnelandse produk (BBP) van €550 miljard in 2019 het België een van die hoogste BBP per capita ter wêreld. Die BBP-groei vir 2011 is op 2,5 persent gereken. Die openbare skuldlas, wat teen die einde van 2011 96,8 persent van die BBP beloop het, is nogtans relatief hoog.

As 'n digbevolkte land trek België voordeel uit sy geografiese ligging in een van die wêreld se mees geïndustrialiseerde streke. Dit was die eerste land op die Europese vasteland waar 'n nywerheidsomwenteling in die vroeë 19de eeu plaasgevind het. België het 'n uitstekende infrastruktuur van vervoergeriewe met seehawens, kanale, spoorweë en paaie ontwikkel om sy ekonomie met dié van sy buurlande te integreer. As een van die stigterslede van die destydse Europese Ekonomiese Gemeenskap (tans die Europese Unie) is België 'n groot voorstander van verdere ekonomiese integrasie in Europa.

Die land het 'n baie oop ekonomie waar in- en uitvoere min of meer gelykstaan aan die BBP. België is sodoende heeltemal afhanklik van die wêreldmark en trek naas sy ligging digby belangrike markte soos Duitsland, Frankryk, Nederland en die Verenigde Koninkryk ook voordeel uit sy menslike hulpbronne van hoogs opgeleide, meertalige en produktiewe werknemers.

Die Belgiese nywerheidsektor steun veral op die verwerking en veredeling van ingevoerde grondstowwe en halfvervaardigde goedere wat dan as verwerkte goedere uitgevoer word. Behalwe vir steenkool, wat nie meer teen mededingende koste ontgin kan word nie, beskik die land nie oor noemenswaardige natuurlike hulpbronne nie. Nogtans is die meeste tradisionele nywerheidsektore in België se ekonomie verteenwoordig, waaronder staal- en tekstielvervaardiging, raffinaderye, chemiese nywerhede, voedselverwerking, farmaseutiese nywerhede, motorvervaardiging (Renault in Vilvoorde), elektroniese nywerhede en masjienbou. Ondanks die sterk nywerheidsektor het dienste in 2009 77,4% van die totale BBP opgelewer. Die landbousektor se aandeel het tot sowat een persent gedaal.

Ekonomiese ontwikkeling in die 20ste eeu

'n Houerterminaal in Antwerpen se seehawe

Sowat twee eeue lank, van die begin van die Belgiese nywerheidsomwenteling tot in die tyd van die Eerste Wêreldoorlog, was Franssprekende Wallonië die tegnologies mees gevorderde landsdeel waar swaar nywerhede uit die plaaslike mynbouaktiwiteite, veral die ontginning van steenkoolvoorrade, ontwikkel het. Vlaandere het daarenteen hoofsaaklik 'n landboustreek gebly.

Hierdie prentjie het eers in die tyd tussen die twee wêreldoorloë begin verander. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is België se nywerhede en infrastruktuur nouliks deur oorlogshandelinge geraak om sodoende die basis vir 'n vinnige na-oorlogse ekonomiese groei te vorm waaruit veral Vlaandere voordeel kon trek. Hier het ligte nywerhede op groot skaal hoofsaaklik in die korridor tussen Brussel en Antwerpen ontstaan. In Antwerpen, die tweede grootste seehawe in Europa ná Rotterdam, is beduidende petrochemiese aanlegte gekonsentreer.

In dieselfde tydperk het Wallonië se tradisionele nywerhede soos staalvervaardiging hul mededingendheid op die wêreldmark verloor. Aanvanklik is die uitwerkings van hierdie ekonomiese agteruitgang nog deur die algemene groei van die wêreldekonomie versag, maar uiteindelik het die sterk verhogings van energiepryse gedurende die oliekrisisse van 1973 en 1979 die ekonomie in 'n langdurige resessie gedompel. In die 1980's en 1990's het die ekonomiese sentrum van België geleidelik noordwaarts na Vlaandere begin verskuif.

Buitelandse beleggings

Die ekonomiese groei, wat België in die 1960's ervaar het, het sterk op buitelandse beleggings gesteun. Veral Amerikaanse ondernemings het 'n sentrale rol by die uitbreiding van ligte en petrochemiese nywerhede in die 1960's en 1970's gespeel. Die Belgiese regering bevorder steeds nuwe buitelandse beleggings om die skepping van nuwe werkgeleenthede te verseker. Vlaandere, die Hoofstedelike Gewes van Brussel en Wallonië geniet intussen 'n groot mate van outonomie wat die werwing van beleggers betref.

Die kumulatiewe buitelandse beleggings het in 2009 $705 miljard beloop. Amerikaanse en ander buitelandse ondernemings in België verteenwoordig sowat 11% van alle werkgeleenthede (die Amerikaanse aandeel is 6%). Amerikaanse maatskappye het groot belange in die chemiese bedryf, motorvervaardiging, olieraffinaderye en farmaseutiese nywerhede. Industriële beleggings het uiteindelik ook 'n groot aantal Amerikaanse ondernemings uit die dienstesektor na België gelok, waaronder banke, regskantore, PR- en advertensiemaatskappye, rekeningkundige firma's en personeeladviseurs. Tans bly meer as 20 000 Amerikaanse deskundiges in België. Die Europese Unie se program om 'n geïntegreerde gemeenskaplike mark te skep, het vanaf 1989 die vestiging van talle Amerikaanse regsondernemings en advokate in Brussel bevorder.

Buitelandse handel

Hyskrane in die seehawe van Zeebrugge

Die Belgiese ekonomie is sterk gefokus op buitelandse handel, veral in hoë waardetoegevoegde goedere. Die belangrikste invoere is voedselprodukte, masjinerie, ongeslypte diamante, petroleum en petroleumprodukte, chemikalieë, klere en bybehore, en tekstiel. Die hoofuitvoere is motors en motoronderdele, voedsel en voedselprodukte, yster en staal, geslypte diamante, tekstiele, plastiek, petroleumprodukte, en nie-yster-metale. Sedert 1922 het België en Luxemburg 'n enkele handelsmark binne 'n aksyns- en monetêre unie – die België-Luxemburg Ekonomiese Unie. Die hoofhandelsvenote is Duitsland, Nederland, Frankryk, die Verenigde Koninkryk, Italië, die Verenigde State en Spanje.

2010 Invoere Uitvoere Geldeenheid
Nederland 50,7 28,0 miljard €
Duitsland 34,7 35,2 miljard €
Frankryk 26,8 34,8 miljard €
Suid-Afrika 8,398 12,449 miljard ZAR

Bronne: Suid-Afrikaanse Departement van Handel en Nywerhede en
Duitse Departement van Buitelandse Sake

Monetêre beleid

Op 1 Mei 1998 het België een van die lidstate van die Europese Monetêre Unie geword. Op 1 Januarie 2002 het die Euro die Belgiese frank (BFR) as geldeenheid en wettige betaalmiddel vervang.

Mannekrag en welsynstelsel

Die welsynstelsel, wat in die 1950's en 1960's gedurende 'n lang fase van ekonomiese groei en stabiliteit uitgebrei is, sluit werkloosheidversekering, kinderonderhoudstoelaes, pensioene vir invaliedes en ander toelaes in. Met die resessie in die 1970's het die welsynstelsel 'n groeiende finansiële las vir die ekonomie geword en tot begrotingstekorte gelei.

Die nasionale werkloosheidstatistieke versluier die verskille tussen Vlaandere en Wallonië. Die suidelike Franssprekende landsdeel ly hoofsaaklik aan strukturele werkloosheid, terwyl dit in Vlaandere eerder siklies van aard is.

Die nasionale werkloosheidsyfer het in November 2011 7,0% beloop. Die totale Belgiese mannekrag is 4,47 miljoen, waarvan 73% in die dienstesektor, 25% in die nywerheidssektor en 2% in die landbousektor werksaam is.

Onze-Lieve-Vrouwekerk in Antwerpen

Die bevolkingsdigtheid (376 per vierkante kilometer) is een van die hoogstes in Europa, na Nederland en sommige klein lande soos Monaco. Die gebiede met die hoogste bevolkingsdigtheid is die Brussel-Antwerpen-Gent-Leuven agglomerate, ook bekend as die Vlaamse Diamant, sowel as belangrike stedelike sentra soos Liège (Luik), Charleroi, Kortryk (Courtrai), Brugge (Bruges), Hasselt en Namur (Namen). Die Ardenne het die laagste digtheid. Teen 2005 het die Vlaamse gewes 'n bevolking van omtrent 6 043 161 gehad, Wallonië 3 395 942 en Brussel 1 006 749. Byna die hele bevolking is stedelik (97,3% in 1999). Die belangrikste stede en hulle bevolking is Brussel (1 006 749), Antwerpen (457 749), Gent (230 951), Charleroi (201 373), Liège (185 574) en Brugge (117 351).

Die laïque grondwet maak voorsiening vir geloofsvryheid, en die regering respekteer dit in die algemeen in praktyk. Volgens die 2001 Opname en Studie van Geloof, identifiseer omtrent 47% van die bevolking hulleself as behorende tot die Katolieke kerk. Volgens die syfers is die Moslembevolking die tweede grootste geloofsgemeenskap teen 3,5%. Sedert onafhanklikheid het Katolisisme, met sterk vryedenke en veral vrymesselaarbewegings as teengewig, 'n belangrike rol gespeel in België se politieke lewe, in besonder deur die Christen vakunie (CSC/ACV) en die Christen Demokrate partye (CD&V, CDH).

Die oorgrote meerderheid van Belge is Vlaams en Waals. Saam verteenwoordig hulle 'n bietjie meer as 85%. Daar is baie ander Europese bevolkings wat 'n groot en groeiende deel vorm soos Italiaanse, Franse, en Duitse, wat ongeveer 11,1% beslaan. Arabiese immigrante, meestal uit Marokko en Algerië, saam met immigrante uit Turkye tel sowat 3% van die totale bevolking.

98% van die volwasse bevolking is geletterd. Onderwys is verpligtend van die ouderdom van ses tot 18, maar baie Belge hou aan studeer tot die ouderdom van omtrent 23. In 1999 het België teen 42% in verhouding die derde hoogste aantal 18–21-jariges onder die OESO-lande gehad wat vir na-sekondêre opvoeding geregistreer was. Nogtans styg kommer in die afgelope aantal jare oor seker vorm van ongeletterdheid soos funksionele ongeletterdheid. In die tydperk 1994–98, ontbreek 18,4% van die bevolking funksionele geletterdheidvermoëens. In 'n spieëlbeeld van die historiese politiese konflikte tussen die vryedenke en Katolieke segmente van die bevolking is die Belgiese onderwysstelsel verdeel in 'n laïque tak wat deur die gemeenskappe, die provinsies en die munisipaliteite beheer word en 'n gesubsidieerde godsdienstige – meestal Katolieke – tak wat deur beide die gemeenskappe en die godsdienstige owerhede beheer word – gewoonlik die bisdomme. Daar moet daarop gelet word dat – ten minste vir die Katolieke skole – die godsdienstige owerhede baie beperkte mag oor die skole het.

Natuurlike bevolkingsaanwas

België se bevolkingsgroei (1948–2009)

Geboortekoers in 2014:

Streek Geboortes Geboortekoers per 1 000 inwoners
Wallonië 38 690 10,8
Brussel 18 514 15,8
Vlaandere 67 211 10,5
België 124 415 11,1
Frans en Nederlands is altwee amptelike tale van die Hoofstadgewes Brussel en al die Brusselse munisipaliteite

Met die verowering van Antwerpen in 1585 is 'n politieke en kulturele proses ingelei waardeur die status van Nederlands in die Suidelike Nederlande beperk was tot sy rol as omgangstaal van die laer klasse van die bevolking, terwyl die hoogs opgeleide bourgeoisie die voorkeur aan die wêreldtaal Frans gegee het. Alhoewel die Vlaminge reeds in 1830, die jaar waarin die huidige Koninkryk België as 'n selfstandige staat gestig is, die meerderheid gevorm het, het hulle vanweë die sterk verfransing van die openbare politieke en kulturele lewe tot by die 19de en 20ste eeu 'n sosiologiese minderheid gebly. Frans is in 1830 ook tot die amptelike taal van België verklaar.

As 'n literêre taal was Suid-Nederlands, wat uit die Vlaams-Brabantse skryftaal van die 16de eeu ontwikkel het, slegs gebruiklik vir minder hoogstaande genres soos die volksliteratuur en het naas plaaslike dialekte veral onder die sterk invloed van die Franse kultuurtaal gekom, waardeur sy woordeskat en sinsbou duidelik van dié van Noord-Nederlands, die amptelike taal van Nederland, verskil het.

Vanaf omtrent 1850 het egter 'n nuwe literêre taal begin ontwikkel wat Noord-Nederlands as sy voorbeeld geneem het, en dit het van 'n onvolkome Vlaamse streeksvariant gedurende die 20ste eeu uiteindelik tot 'n gelykwaardige Nederlands verander, wat behalwe vir klein leksikale en sintaktiese verskille grootliks met die taal van Nederland ooreenkom.

Vandag is omtrent 60% van die land Nederlandssprekend, 40% Franssprekend en 1% Duitssprekend. Brussel is amptelik Frans-Nederlands tweetalig, maar meestal Franssprekend; dit het van 'n Nederlandsprekende plek ontwikkel tot 'n tans oorheersend Franse karakter.

Beide die Nederlands wat in België gepraat word en die Belgiese Frans verskil effens in woordeskat en semantiese klem van die variëteite wat in Frankryk en Nederland gepraat word. Baie mense praat nog steeds dialekte van Vlaams en Waals. Die dialekte, saam met ander soos Pikardies of Limburgs, word nie in die openbare lewe gebruik nie.

Kim Clijsters tydens de Acura Classic in 2006
Duitsland speel teen België op 29 April 2006 in Hannover, Duitsland

Sedert die 1970's word sportklubs en -federasies in België deur die Taalgemeenskappe apart georganiseer. Sokker is die gewildste sportsoort in albei dele van België; fietsry, tennis, swem, judo en basketbal is ook gewild. Onder die bekende fietsryers het Eddy Merckx die Tour de France vyf keer gewen en Tom Boonen een keer. België het ook twee huidige vroue-tenniskampioene: Kim Clijsters en Justine Henin. 'n Ander bekende voormalige Belgiese atleet is Jacques Rogge, die agste President van die Internasionale Olimpiese Komitee tussen 2001 en 2013.

Die Belgiese nasionale sokkerspan staan bekend as die "Rooi Duiwels". Hulle het alreeds 13 keer aan die FIFA Sokker-Wêreldbeker deelgeneem en tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 hul beste prestasie opgelewer en die derde plek bereik. België kon vyf keer vir die UEFA Europa-beker kwalifiseer en het tydens dié toernooi van 1980 as naaswenner geëindig. België se hoogste sokkerliga is die Eerste klasse, gevolg deur die Tweede klasse.

Rugby word ook in België gespeel, maar die Belgiese nasionale rugbyspan kon tot dusver nog nie vir die Rugbywêreldbeker kwalifiseer nie. Hulle ding in die Europese Nasiesbeker met ander opkomende rugbyspanne mee.

België het al verskeie groot sportgeleenthede soos die Olimpiese Somerspele 1920, die UEFA Europa-beker in 1972 en die UEFA Europa-beker in 2000 (saam met Nederland) gehuisves. Sedert 1925 word die Belgiese Grand Prix op die Circuit de Spa-Francorchamps aangebied.

Belgiese sjokolade
Fosses-La-Ville, Sint Brigide kapel (VIII-Xde eeu) – voorbeeld van Romaanse argitektuur in België
Elsene (Brussel), Rue Defaqz, balkon van die huis Ciamberlani (1897 – Argitek: Paul Hankar – voorbeeld van Art Nouveau-argitektuur in België

Die Belgiese kultuurlewe neig om binne elkeen van die gemeenskappe gefokus te wees. Gedeelte elemente is minder belangrik aangesien daar geen tweetalige universiteite is nie, behalwe die koninklike militêre akademie, geen gemene media, en geen enkele groot gemene kulturele of wetenskaplike organisasie waar beide hoofgemeenskappe verteenwoordig is nie. België is wel bekend vir die land se skone kunste en argitektuur.

Die gebied wat ooreenkom met vandag se België het die vooruitgang van belangrike kunsbewegings wat 'n reuse invloed op Europese kuns gehad het ondervind. Die Mosankuns, die vroeë Nederlandse skilderkuns, die Vlaamse Renaissance- en Barokskilderkuns, en belangrike voorbeelde van Romaanse, Gotiese, Renaissance- en Barokargitektuur, en die Vlaamse polifonie het in die suidelike deel van die Lae Lande ontwikkel en is mylpale in kunsgeskiedenis.

Die ryk kuns-uitset, baie keer in geheel na verwys as Vlaamse kuns, het in die tweede helfte van die 17de eeu geleidelik agteruitgegaan. Baie oorspronklike kunstenaars het egter gedurende die 19de- en 20ste eeue te voorskyn gekom. In musiek het Adolphe Sax die saxofoon in 1846 uitgevind. Eugène Ysaÿe was 'n belangrike 19de- en 20ste eeuse Belgiese violis. In argitektuur was Victor Horta 'n belangrike inisieerder van die Art Nouveau-styl. België het beroemde vorms van romantieke, ekspressionistiese en surrealistiese skilders opgelewer; dit sluit Egide Wappers, James Ensor, Constant Permeke en René Magritte in. Op 8 November 1948 het die Belgiese skrywers Christian Dotremont en Joseph Noiret die stigting van die vereniging van skilders en literatore genaamd "CoBrA", na die naam van die 3 nasionale hoofstede van die lande waaruit die aanvanklik betrokke kunstenaars kom: Copenhagen, Brussel, Amsterdam) gelei. Dotremont en Noiret het later ook die skrywers Marcel Havrenne en Hugo Claus en die skilders Pol Bury, Pierre Alechinsky, Louis Van Lint, die etnoloog Luc de Heusch en die musikant Jacques Calonne in Brussel by die beweging betrek.

In letterkunde het België verskeie bekende outeurs opgelewer soos die digters Emile Verhaeren, Guido Gezelle, Herman de Coninck, Myriam Vanhee, Tom Lannoye, Jacques Brel en roman skrywer Hendrik Conscience, Willem Elsschot en Georges Simenon. Die digter en toneelskrywer Maurice Maeterlinck het die Nobelprys vir Letterkunde in 1911 ontvang. Die bekendste Frans-Belgiese strokiesverhale is Die avonture van Kuifie deur Hergé maar baie ander belangrike outeurs van strokiesverhale is Belgies, insluitend Edgar P. Jacobs, Marc Sleen, Willy Vandersteen en André Franquin.

Meer onlangs het vername filmregisseurs verskyn, meeste van hulle sterk beïnvloed deur Franse filmkuns. Die gebrek aan 'n groot Belgiese filmmaatskappy het hulle gedwing om te emigreer of in lae-begroting produksies deel te neem. Belgiese regisseurs sluit Stijn Coninx, Luc en Jean-Pierre Dardenne in; akteurs sluit Jan Decleir, Veerle Baetens en Marie Gillain in. Films sluit in Man Bites Dog en The Alzheimer Affair. In die 1980's het Antwerpen se Koninklike Akademie van die Skone Kunste belangrike mode toonaangewers, die Antwerpse Ses opgelewer.

België het ook bygedra tot die ontwikkeling van wetenskap en tegnologie. Die wiskundige Simon Stevin, die anatomis Andreas Vesalius en die kartograaf Gerardus Mercator is onder die meer invloedryke wetenskaplikes uit die begin van die Vroeë Modernisme in die Lae Lande. Meer onlangs, teen die einde van die 19de eeu, in toegepaste wetenskap, het die chemikus Ernest Solvay en die ingenieur Zenobe Gramme die Solvayproses en die Grammedinamo uitgevind. Georges Lemaître is 'n beroemde Belgiese kosmoloog aan wie die voorstel van die oerknalteorie van die begin van die heelal in 1927 toegeskryf word. Drie Nobelpryse vir Fisiologie of Geneeskunde is aan Belge toegeken: Jules Bordet in 1919, Corneille Heymans in 1938 en Albert Claude en Christian De Duve in 1974. Ilya Prigogine is in 1977 die Nobelprys vir Chemie toegeken.

Op 1 Desember 2005 is Vader Damien deur die Vlaminge as die Grootste Belg van alle tye gekies terwyl die Wale Jacques Brel gekies het.

'n Mens kan nie België se kultuurlewe verstaan sonder om die volksfeeste in ag te neem nie. Voorbeelde sluit die Karnaval van Binche, die Ducasse van Ath, die optog van die Heilige Bloed in Brugge, die 15de-Augustusfees in Liège, en die Waalse fees in Namur in. 'n Belangrike nie-amptelike feesdag is Sint Nicholasdag op 6 Desember, wat die fees vir kinders herdenk en in Liège van die studente.

Baie hoogsaangeskrewe restaurante kan in hoë-impak gastronomiese gidse soos die Michelingids aangetref word. Belgiese sjokolade handelsmerke soos Neuhaus, is wêreldbekend en word wyd verkoop; selfs die goedkoopste en gewildste handelsmerk, Leonidas, het 'n reputasie verwerf vir hulle kwaliteit.

België produseer meer as 500 bier (alebiere, pils) variëteite). Belge het 'n reputasie vir 'n voorliefde vir wafels en pommes frites (Belgiese aartappelskyfies), beide oorspronklik uit België; die nasionale kos is biefstuk of mossels met skyfies.

  1. (en) . The World Factbook. Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf op 21 Desember 2018. Besoek op1 Oktober 2020.
  2. (nl) . Bestat.statbel.fgov.be. 26 November 2019. Besoek op1 Oktober 2020.
  3. (nl) . www.statbel.fgov.be. Statistiek België, Federale Staatsdiensekonomie. Besoek op1 Oktober 2020.
  4. (en) . Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2019. Besoek op1 Oktober 2020.
  5. (en) . United Nations Development Programme. 2019. vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op1 Oktober 2020.
  6. (en) . Wêreldbank. vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2019. Besoek op1 Oktober 2020.
  7. In die minderheidstale van België: Limburgs: Keuninkriek Belsj, Luxemburgs: Kinnekräich Belsch, Pikardies: Roéyôme d'Bergike, Wallonies: Royåme di Beldjike, Wes-Vlaams: Keunienkryk België.
  8. (de) . Die Deutschsprachige Gemeinschaft in Belgien. vanaf die oorspronklike op 2 September 2019. Besoek op1 Oktober 2020.
  9. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  10. (en)
  11. (en) Election turnout in national lower house elections from 1960 to 1995, numbers from Mark N. Franklin's "Electoral Participation."
  12. (en) 3 April 2010 op Wayback Machine Art. 99
  13. (en)
  14. (fr)
  15. (en)
  16. (en) 21 Augustus 2004 op Wayback Machine
  17. (en) shows an example of Belgium's recent African policies.
  18. (nl)
  19. (en)
  20. (en)
  21. (en) 14 April 2012 op Wayback Machine
  22. (de) 7 Desember 2012 op Wayback Machine
  23. (de)(en)(fr)(nl)
  24. (en) 14 November 2007 op Wayback Machine
  25. (en)
  26. (en) published by SIL International
  27. (en) 11 September 2005 op Wayback Machine
  28. (fr)
  29. (en) Task, Marijke; Renson, Roland; van Reusel, Bart (1999). Klaus Heinemann (red.). Organised sport in transition: development, structures and trends of sports clubs in Belgium. Sport clubs in various European countries. Schattauer Verlag. pp. 183–229. ISBN 3-7945-2038-6.
  30. (en) Wingfield, George (2008). Charles F. Gritzner (red.). Belgium. Infobase Publishing. pp. 94–95. ISBN 978-0-7910-9670-3.
  31. (en) Hendricks, Kelly (20 Junie 2014). . The Bulletin. vanaf die oorspronklike op 10 September 2018. Besoek op1 Oktober 2020.
  • (en) . Encyclopædia Britannica. Besoek op1 Oktober 2020.
  • (en) . Central Intelligence Agency. Besoek op1 Oktober 2020.
  • (de) Simons, Ludo: Über Sprache und Literatur in Flandern. Antwerpen: Belgisch-Deutsche Gesellschaft 1983
  • (en)
  • (fr) in Frans deur Jacques Leclerc, Universiteit van Laval, Kanada
  • (de)(en)(fr)(nl)

Publikasie datum: September 03, 2021

belgië, nederlands, ˈbɛlɣijə, luister, hulp, inligting, frans, belgique, bɛlʒik, luister, hulp, inligting, duits, belgien, ˈbɛlɡi, luister, hulp, inligting, amptelik, koninkryk, nederlands, koninkrijk, frans, royaume, belgique, duits, königreich, belgien, land. Belgie Nederlands Belgie ˈbɛlɣije luister hulp inligting Frans Belgique bɛlʒik luister hulp inligting Duits Belgien ˈbɛlɡi en luister hulp inligting amptelik die Koninkryk Belgie Nederlands Koninkrijk Belgie Frans Royaume de Belgique Duits Konigreich Belgien 7 is n land in Noordwes Europa begrens deur Nederland Duitsland Luxemburg en Frankryk Belgie het n bevolking van 11 5 miljoen mense in n gebied dertigduisend vierkante kilometer groot Belgie le op n kulturele kruispad tussen die Germaanse Europa met Nederlandssprekende mense in die noorde die Vlaminge en die Romaanse Europa met Franssprekende mense in die suide Twee hooftale word in Belgie gepraat Nederlands soms nie amptelik Vlaams genoem in Vlaandere in die noorde en Frans in Wallonie in die suide Die hoofstad die Brusselse Hoofstedelike Gewes is amptelik tweetalig maar die meerderheid van die inwoners praat Frans n Amptelik erkende minderheid Duitse sprekers is in die ooste gesetel 8 Die linguistieke diversiteit lei gereeld tot politieke konflik en word weerspieel in Belgie se ingewikkelde regeringstelsel en politieke geskiedenis Koninkrijk Belgie Nederlands Royaume de Belgique Frans Konigreich Belgien Duits Koninkryk Belgie Vlag LandswapenNasionale leuse Nederlands Eendracht maakt macht Frans L union fait la force Duits Einigkeit macht stark Afrikaans Eendrag maak mag Volkslied Nederlands De Brabanconne Frans La Brabanconne Duits Das Lied von Brabant Afrikaans Die Brabanconne source source track track track track track track track track Hoofstad Brussel 50 51 N 4 21 O 50 850 N 4 350 O 50 850 4 350Grootste stad BrusselAmptelike tale Nederlands Frans DuitsRegering Koning Eerste minister Federale parlementere grondwetlike monargie 1 Filip Alexander De CrooOnafhanklikheid Verklaar Erken Huidige grondwet van Nederland 4 Oktober 1830 19 April 1839 24 Oktober 2017Oppervlakte Totaal Water 30 689 2 km2 136ste 11 849 myl2 6 5Bevolking 2020 sensus Digtheid 11 492 641 3 376 km2 22ste 973 8 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2019 skatting 567 488 miljard 4 38ste 49 529 4 20ste BBP nominaal Totaal Per capita 2019 skatting 517 609 miljard 4 23ste 45 176 4 17de MOI 2018 0 919 5 17de baie hoogGini 2017 27 4 6 laagGeldeenheid Euro a href ISO 4217 html title ISO 4217 EUR a Tydsone Somertyd MET UTC 1 MEST UTC 2 Internet TLD beSkakelkode 32 Nasa Satellietbeeld van Belgie Belgie se naam is afgelei van die gebiede se eerste benoemde inwoners die Belgae n groep van meestal Keltiese stamme en van die Romeinse provinsie in noordelike Gallie wat as Gallia Belgica bekendgestaan het Geskiedkundig was Belgie deel van die Lae Lande wat ook Nederland en Luxemburg ingesluit het en n effens groter gebied as die huidige Benelux stategroep gedek het Van die einde van die Middeleeue tot die sewentiende eeu was dit n vooruitstrewende handel en kultuurmiddelpunt Van die sestiende eeu tot met onafhanklikheid in 1830 was Belgie op daardie stadium die Suidelike Nederlande genoem die terrein van talle veldslae tussen die Europese moondhede en is die die vegkamp van Europa genoem Belgie was in 1951 n stigterslid van die Europese Unie en huisves die hoofkantore daarvan sowel as die van ander belangrike internasionale organisasies soos die NAVO Belgie se strydmag is volledig in NAVO geintegreer en neem aan internasionale vredesendings Libanon Afghanistan deel 9 Inhoud 1 Geskiedenis 2 Politiek 3 Gemeenskappe geweste en provinsies 4 Geografie 5 Ekonomie 5 1 Oorsig 5 2 Ekonomiese ontwikkeling in die 20ste eeu 5 3 Buitelandse beleggings 5 4 Buitelandse handel 5 5 Monetere beleid 5 6 Mannekrag en welsynstelsel 6 Demografie 6 1 Natuurlike bevolkingsaanwas 7 Tale 8 Sport 9 Kultuur 10 Sien ook 11 Verwysings 12 Bronnelys 13 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigStaatskundige geskiedenis van die NederlandeNoordelike Nederlande Suidelike Nederlande Heilige Romeinse Ryk amp Duitse BondGoue van Oos Francie Goue van Wes Francie Goue van Oos FrancieGelre Utrecht Friesland Groningen Ommelanden Vlaandere Brabant Heneg Holland e a Luik Loon Stavelot Malmedy Ravenstein Horn Thorn Bouillon Gronsveld e a 1384 Boergondiese Nederlande1482 Habsburgse Nederlande1543 Sewentien Provinsies vanaf 1566 in opstand 1588 Republiek die Sewe Verenigde Nederlande 1585 Spaanse Nederlande1713 Oostenrykse Nederlande1795 Bataafse Republiek 1794 Eerste Franse Republiek1806 Koninkryk Holland1810 1804 Eerste Franse Keiserryk1813 Vorstendom die Nederlande 1814 Generaal Goewernement1815 Verenigde Koninkryk die Nederlande 1815 Groothertogdom Luxemburg1830 Koninkryk die Nederlande 1830 Koninkryk Belgie 1848 amp 1867 Groothertogdom Luxemburg Die Romeinse provinsie Gallia Belgica Karel die Grote se monogram Kaart van Vlaandere in 1609 Episode van die Belgiese Rewolusie van 1830 Egide Charles Gustave Wappers 1834 in die Antieke Kunsmuseum Brussel Oor die afgelope twee millennia het die gebied beduidende demografiese politiese en kulturele skommelings ondergaan Die eerste goed gedokumenteerde bevolkingsbeweging was die verowering van die gebied deur die Romeinse Republiek in die 1ste eeu v C Die Germaanse Franke het in die vyfde eeu die Merowingiese koninkryk gevestig wat in die 8ste eeu met Pepijn die Korte en Karel die Grote die Karolingiese Ryk geword het Tydens die Middeleeue is die Lae Lande verdeel in menige klein feodale state Vlaandere Brabant Henegouwen Holland Luxemburg ensovoorts Meeste daarvan is in die loop van die 14de en 15de eeue deur die Boergondiese hertoe Filips die Stoute Jan sonder Vrees en Filips die Goeie in die Boergondiese Nederlande verenig Die state het n mate van selfbestuur in die 15de eeu bereik en is in die 16de eeu die Sewentien Provinsies genoem Die geskiedenis van Belgie kan vanaf 1585 val van Antwerpen onderskei word van die van Holland n Burgeroorlog die Tagtigjarige oorlog 1568 1648 het die Sewentien Provinsies in die Verenigde Provinsies in die noorde en die Spaanse Suidelike Nederlande in die suide verdeel Die suidelike provinsies is opeenvolgend deur die Spaanse en Oostenrykse Habsburgers oorheers Tot met onafhanklikheid was die Suidelike Nederlande gesog deur talle Franse veroweraars en was dit die teater vir meeste van die Frans Spaanse en Frans Oostenrykse oorloe tydens die 17de en 18de eeue Na die Veldtogte van die Franse Rewolusionere Oorloe in 1794 is die Oostenrykse Nederlande insluitend gebiede wat nooit onder Habsburgse beheer was nie soos die Bisdom van Luik deur Frankryk oorrompel wat n einde gebring het aan die Oostenrykse heerskappy Die Franse oorheersing sou twintig jaar duur vanaf 1794 tot 1814 Napoleon Bonaparte sou n kragtige verfransingspolitiek toepas en gedurende die tyd het Vlaandere vinnig verfrans Franse amptenare onderwysers regters en advokate het die land binnegestroom en Nederlands was verbode verklaar Alle moontlike maatreels is getref om Nederlands in Vlaandere uit te roei Nederlands is uit die stadsbestuur gereg en die leer verban Daarby is die Nederlandstalige pers ook vervolg Picard 1963 87 In die groot stede Gent Antwerpen en Brussel waar die stadsbesture Nederlands gebruik het was verplig om slegs Frans te gebruik Die hereniging van die Lae lande as die Verenigde Koninkryk van die Nederlande het in 1814 plaasgevind Die moderne staat Belgie ontstaan in 1830 toe Nederland se suidelike provinsies afstig Die Belgiese Rewolusie van 1830 lei tot die vestiging van n onafhanklike Rooms Katolieke en neutrale Belgie onder n voorlopige regering Sedert die inhuldiging van Leopold I van Belgie as koning in 1831 is Belgie n grondwetlike monargie en parlementere demokrasie Tussen onafhanklikheid en die Tweede Wereldoorlog het die demokratiese stelsel ontwikkel van n oligargie gekenmerk deur twee hoofpartye die Katolieke en die Liberale tot n algemene stemregstelsel wat n derde party die Belgiese Arbeidersparty insluit en n sterk rol vir die vakunies Oorspronklik was Frans wat die aangenome taal van die adelstand en die bourgeoisie was die enigste amptelike taal Die land het sedertdien n tweetalige Nederlands Franse stelsel ontwikkel Die Berlyn Konferensie van 1885 kom ooreen met die oorhandiging van die Kongo deur koning Leopold II as sy private besitting die Kongo Vrystaat aan die Belgiese staat In 1908 is dit as n kolonie aan Belgie gesedeer hierna Belgies Kongo genoem Belgie se neutraliteit is in 1914 tydens die Eerste Wereldoorlog geskend toe die Duitse Keiserryk Belgie as deel van die Schlieffen plan ingeval het Die voormalige Duitse kolonies Ruanda Urundi nou bekend as Rwanda en Burundi is in 1916 deur Belgies Kongo beset Die gebiede is in 1924 deur die Volkebond aan Belgie as mandaatgebiede toegeken Belgie is in 1940 weer tydens die blitzkrieg offensief deur Nazi Duitsland gedurende die Tweede Wereldoorlog binnegeval Belgies Kongo het sy onafhanklikheid op 30 Julie 1960 tydens die Kongokrisis verkry en Ruanda Urundi het in 1962 onafhanklik geword Na die Tweede Wereldoorlog het Belgie by NAVO aangesluit en het die land saam met Nederland en Luxemburg die Benelux nasiegroep gevorm Belgie was ook een van die stigterslede van die Europese Ekonomiese Gemeenskap Belgie huisves die hoofkantore van NAVO en n groot deel van die Europese Unie se instellings en administratiewe owerhede insluitend die Europese Kommissie die Raad van die Europese Unie en meeste van die sessies van die Europese Parlement Gedurende die 20ste eeu en in besonder sedert die Tweede Wereldoorlog is die geskiedenis al hoe meer oorheers deur die outonomie van sy twee hoof taalgemeenskappe Die tydperk word gekenmerk deur n styging in tussen gemeenskap spanning en die eenheid van die Belgiese staat is op die voorgrond 10 Deur middel van grondwetlike hervorminge in die 1970 s en 1980 s het regionalisering van die unitere staat tot die daarstel van n drievlakstelsel van federalisme linguistieke gemeenskap en streeksregerings gelei n kompromis wat daarop gemik was om taalspanning te minimaliseer Deesdae hou die federale entiteite meer wetgewende mag as die nasionale tweekamerparlement Politiek Wysig Koning Filip van Belgie Die Belgiese Parlement in Brussel Die Koninklike paleis in Brussel Die eerste minister Alexander De Croo Die Justisiepaleis in Brussel Belgie is n grondwetlike populere monargie en parlementere demokrasie wat na die Tweede Wereldoorlog ontwikkel het van n unitere staat tot n federasie Die tweekamerparlement bestaan uit n senaat en n Kamer van Verteenwoordigers Die eersgenoemde is n mengsel van direk verkose senior politici en verteenwoordigers van die gemeenskappe en geweste terwyl laasgenoemde alle Belge agtien jaar en ouer in n proporsionele kiesstelsel verteenwoordig Belgie is een van die min lande met verpligte stemmery het en dus een van die hoogste verkiesingsdeelname ter wereld het 11 Die federale regering voorheen deur die koning benoem moet die vertroue van die Kamer van Verteenwoordigers he Dit word deur die eerste minister gelei Die aantal Nederlands en Franssprekende ministers is gelyk soos vereis deur die Grondwet 12 Die koning of koningin is die staatshoof Hy of sy het egter slegs beperkte prerogatiewe Werklike mag is gevestig in die eerste minister en die verskillende regerings wat die land regeer Die regstelsel is gegrond op siviele reg en het sy oorsprong in die Napoleontiese kode Die appelhof is een vlak laer as die Hof van Cassatie n instelling gegrond op die Franse Cour de cassation Belgie se politieke instellings is kompleks politieke mag is grootliks georganiseer ter ondersteuning van verteenwoordiging van die hooftaalgroepe Sedert ongeveer 1970 het die belangrike nasionale Belgiese politieke partye verdeel in afsonderlike komponente wat hoofsaaklik die belange van die twee gemeenskappe verteenwoordig Die belangrikste partye in elke gemeenskap behoort tot drie hoof politiese families die regtervleuel Liberale die sentristiese Christen Demokrate en die linkervleuel Sosiaal Demokrate Ander belangrike jonger partye is die Groenpartye en veral in Vlaandere die nasionaliste en verregse partye Politiek word beinvloed deur drukgroepe soos vakunies en sakebelange in die vorm van die Verbond van Belgiese Ondernemings Frans Federation des Entreprises de Belgique Nederlands Verbond van Belgische Ondernemingen In 1999 het die eerste minister Guy Verhofstadt van die VLD n ses party Liberaal Sosiaal Demokrate Groen koalisie baie keer die reenboog regering genoem Dit was die eerste regering sonder die Christen Demokrate sedert 1958 13 In die 2003 verkiesings het Verhofstadt n tweede termyn in die amp gewen en n Liberaal Sosiaal Demokrate koalisie van vier partye gelei 14 n Beduidende prestasie van die twee opeenvolgende Verhofstadt regerings is die behaal van n begroting wat klop Belgie is een van slegs n paar lidlande van die EU wat dit kon regkry Die beleid is in die 1990 s onder druk van die Europese Raad deur opeenvolgende regerings toegepas Die val van die vorige regering word hoofsaaklik toegeskryf aan die dioksienkrisis 15 n groot voedselvergiftigingskandaal in 1999 wat gelei het tot die vestiging van die Belgiese Voedselagentskap 16 Die voorval het uitgeloop op n ongewoon groot verteenwoordiging deur die Groenparty in die parlement en groter klem op omgewingspolitiek in die eerste Verhofstadtregering Een Groenbeleid het byvoorbeeld gelei tot die kernkraguitfaseringwetgewing wat moontlik aangepas sal word Die afwesigheid van Christen Demokrate in die regering het dit vir Verhofstadt moontlik gemaak om sosiale aangeleenthede uit n meer liberale oogpunt aan te pak en om nuwe wetgewing oor die gebruik van sagte dwelms gay huwelike en die genadedood deur te voer Tydens die twee mees onlangse parlementsittings het die regering aktiewe diplomasie in Afrika aangemoedig 17 militere ingryping in die Irakontwapeningskrisis teegestaan en wetgewing aangaande oorlogsmisdade deurgevoer Beide van Verhofstadt se termyne is gekenmerk deur dispute tussen die Belgiese gemeenskappe Die hoofgeskilpunte is die nagtelike lugverkeer by Brussellughawe en die status van die verkiesingsdistrik Brussel Halle Vilvoorde Die huidige eerste minister is Alexander De Croo van die Open Vld Die huidige koning Filip het koning Albert II op 21 Julie 2013 opgevolg Gemeenskappe geweste en provinsies Wysig Belgiese gemeenskappe Vlaamse Gemeenskap Nederlandstalige gebied Franse Gemeenskap Franstalige gebied Duitstalige Gemeenskap Duitstalige gebied Belgie is verdeel in drie gemeenskappe drie geweste en tien provinsies Vlaamse Gemeenskap Nederlandssprekend Franse Gemeenskap Franssprekend Duitstalige Gemeenskap Duitssprekend Vlaamse Gewes Waalse gewes Brusselse Hoofstedelike Gewes Vlaamse provinsies Waalse provinsies Belgiese geweste Vlaamse gewes Nederlandstalige gebied Brusselse Hoofstedelike Gewes tweetalige gebied Waalse Gewes Frans en Duitstalige gebiede Die land se grondwet is op 14 Julie 1993 aangepas om n unieke federale staat gegrond op drie vlakke Die federale regering in Brussel Die drie taalgemeenskappe die Vlaamse Gemeenskap Nederlandssprekend die Franse Gemeenskap Franssprekend die Duitstalige Gemeenskap Duitssprekend Die drie geweste wat van die taalgemeenskappe verskil met betrekking tot die Duitstalige Gemeenskap en die Brusselse Hoofstedelike Gewes die Vlaamse Gewes die Waalse Gewes die Brusselse Hoofstedelike Gewes Konflikte tussen die liggame word deur die Arbitrasiehof besleg Die reling maak voorsiening vir n kompromis wat verskillende kulture toelaat om vreedsaam met mekaar te lewe Die Vlaamse Gemeenskap het in 1980 met die Vlaamse Gewes saamgegaan om die regering van Vlaandere te vorm 18 Die oorvleuelende grense van die geweste en gemeenskappe het twee noemenswaardige eienaardighede te weeg gebring die Brusselse Hoofstedelike Gewes word ingesluit in beide die Vlaamse en Franse gemeenskappe en die gebied van die Duitstalige Gemeenskap le geheel en al in die Waalse Gewes Wallonie Die Vlaamse en Waalse geweste word verder onderverdeel in administratiewe entiteite die provinsies Op die hoogste vlak van die drievlak opstelling is die federale regering wat omsien na buitelandse sake ontwikkelingsteun verdediging leer polisie ekonomiese bestuur welsyn maatskaplike sekuriteit vervoer energie telekommunikasie en wetenskaplike navorsing beperkte vermoens in onderwys en kultuur en die toesig van belasting deur streeksowerhede Die federale regering beheer meer as 90 persent van alle belasting Die gemeenskapregerings is verantwoordelik vir die bevordering van taal kultuur en onderwys hoofsaaklik in skole biblioteke en teaters Die derde vlak is die gewesregerings wat hoofsaaklik grond en eiendomverwante sake soos behuising vervoer ens hanteer Byvoorbeeld vir die bou van n skool word die boupermit vir n skoolgebou in Brussel wat aan die openbare skoolstelsel behoort deur die gewesregering van Brussel toegeken Die skool as n inrigting val onder die regulasies van die Vlaamse regering as die primere onderrigtaal Nederlands is maar onder die Franse gemeenskapregering as die primere taal Frans is Belgie het tien provinsies waarvan vyf in die Vlaamse Gewes en vyf in die Waalse Gewes In Vlaandere Antwerpen Limburg Oos Vlaandere Vlaams Brabant met die Brusselse gewes as enklawe Wes Vlaandere In Wallonie Brabant wallon Waals Brabant Hainaut Henegouwen Liege Luttich Luik Luxembourg Luxemburg Namur Namen Geografie Wysig Brussel Antwerpen Gent Charleroi Liege Luik Brugge en Namen is die sewe grootste stede van Belgie Landskap in die Hautes Fagnes in die Ardenne Belgie met n oppervlakte van 30 689 vierkante kilometer het drie geografiese streke die laagliggende kusvlakte in die noordweste wat deel uitmaak van die Noordseebekken die sentrale plato met heuwels en die bergagtige Ardenne hooglande in die suidooste Die kusvlakte bestaan hoofsaaklik uit sandduine en polders Polders is drooggemaakte gebiede naby seevlak of onder seevlak wat van die see herwin is waarteen dit beskerm word met dyke of verder in die binneland deur velde wat met kanale gedreineer word Die tweede geografiese streek die sentrale plato le verder in die binneland Dit is n golwende gebied wat geleidelik styg en baie vrugbare valleie het Die derde geografiese gebied genaamd die Ardenne is meer ru as die eerste twee Dit is n digbeboste plato baie rotsagtig en nie juis geskik vir boerdery nie wat tot in die noorde van Frankryk strek Dit is waar meeste van Belgie se wild aangetref word Daar is ook dele wat meer gebroke is met grotte Belgie se hoogste punt die Signal de Botrange in die Hoe Vene gebergte teen slegs 694 meter 2 277 voet is in die gebied gelee Die klimaat is maritiem gematig met n beduidende neerslag in al die seisoene Koppen klimaat klassifikasie Cfb Die gemiddelde temperatuur is 3 C 37 F in Januarie en 18 C 64 F in Julie die gemiddelde neerslag is 65 millimeter 2 6 duim in Januarie en 78 millimeter 3 1 duim in Julie 19 In die Ardenne neem die maritieme invloed geleidelik af en hier word jaarliks meer as 120 dae met temperature benede vriespunt aangeteken Ekonomie WysigOorsig Wysig Staalvervaardiging langs die Maasrivier in Ougree naby Luik As n hoogs ontwikkelde markekonomie was Belgie in 1961 een van 19 stigterslande van die OESO n groep van leidende geindustrialiseerde westerse demokrasiee Met n bevolking van sowat 11 5 miljoen en n geskatte bruto binnelandse produk BBP van 550 miljard in 2019 het Belgie een van die hoogste BBP per capita ter wereld Die BBP groei vir 2011 is op 2 5 persent gereken Die openbare skuldlas wat teen die einde van 2011 96 8 persent van die BBP beloop het is nogtans relatief hoog As n digbevolkte land trek Belgie voordeel uit sy geografiese ligging in een van die wereld se mees geindustrialiseerde streke Dit was die eerste land op die Europese vasteland waar n nywerheidsomwenteling in die vroee 19de eeu plaasgevind het Belgie het n uitstekende infrastruktuur van vervoergeriewe met seehawens kanale spoorwee en paaie ontwikkel om sy ekonomie met die van sy buurlande te integreer As een van die stigterslede van die destydse Europese Ekonomiese Gemeenskap tans die Europese Unie is Belgie n groot voorstander van verdere ekonomiese integrasie in Europa Die land het n baie oop ekonomie waar in en uitvoere min of meer gelykstaan aan die BBP Belgie is sodoende heeltemal afhanklik van die wereldmark en trek naas sy ligging digby belangrike markte soos Duitsland Frankryk Nederland en die Verenigde Koninkryk ook voordeel uit sy menslike hulpbronne van hoogs opgeleide meertalige en produktiewe werknemers Die Belgiese nywerheidsektor steun veral op die verwerking en veredeling van ingevoerde grondstowwe en halfvervaardigde goedere wat dan as verwerkte goedere uitgevoer word Behalwe vir steenkool wat nie meer teen mededingende koste ontgin kan word nie beskik die land nie oor noemenswaardige natuurlike hulpbronne nie Nogtans is die meeste tradisionele nywerheidsektore in Belgie se ekonomie verteenwoordig waaronder staal en tekstielvervaardiging raffinaderye chemiese nywerhede voedselverwerking farmaseutiese nywerhede motorvervaardiging Renault in Vilvoorde elektroniese nywerhede en masjienbou Ondanks die sterk nywerheidsektor het dienste in 2009 77 4 van die totale BBP opgelewer Die landbousektor se aandeel het tot sowat een persent gedaal Ekonomiese ontwikkeling in die 20ste eeu Wysig n Houerterminaal in Antwerpen se seehawe Sowat twee eeue lank van die begin van die Belgiese nywerheidsomwenteling tot in die tyd van die Eerste Wereldoorlog was Franssprekende Wallonie die tegnologies mees gevorderde landsdeel waar swaar nywerhede uit die plaaslike mynbouaktiwiteite veral die ontginning van steenkoolvoorrade ontwikkel het Vlaandere het daarenteen hoofsaaklik n landboustreek gebly Hierdie prentjie het eers in die tyd tussen die twee wereldoorloe begin verander Gedurende die Tweede Wereldoorlog is Belgie se nywerhede en infrastruktuur nouliks deur oorlogshandelinge geraak om sodoende die basis vir n vinnige na oorlogse ekonomiese groei te vorm waaruit veral Vlaandere voordeel kon trek Hier het ligte nywerhede op groot skaal hoofsaaklik in die korridor tussen Brussel en Antwerpen ontstaan In Antwerpen die tweede grootste seehawe in Europa na Rotterdam is beduidende petrochemiese aanlegte gekonsentreer In dieselfde tydperk het Wallonie se tradisionele nywerhede soos staalvervaardiging hul mededingendheid op die wereldmark verloor Aanvanklik is die uitwerkings van hierdie ekonomiese agteruitgang nog deur die algemene groei van die wereldekonomie versag maar uiteindelik het die sterk verhogings van energiepryse gedurende die oliekrisisse van 1973 en 1979 die ekonomie in n langdurige resessie gedompel In die 1980 s en 1990 s het die ekonomiese sentrum van Belgie geleidelik noordwaarts na Vlaandere begin verskuif Buitelandse beleggings Wysig Die ekonomiese groei wat Belgie in die 1960 s ervaar het het sterk op buitelandse beleggings gesteun Veral Amerikaanse ondernemings het n sentrale rol by die uitbreiding van ligte en petrochemiese nywerhede in die 1960 s en 1970 s gespeel Die Belgiese regering bevorder steeds nuwe buitelandse beleggings om die skepping van nuwe werkgeleenthede te verseker Vlaandere die Hoofstedelike Gewes van Brussel en Wallonie geniet intussen n groot mate van outonomie wat die werwing van beleggers betref Die kumulatiewe buitelandse beleggings het in 2009 705 miljard beloop Amerikaanse en ander buitelandse ondernemings in Belgie verteenwoordig sowat 11 van alle werkgeleenthede die Amerikaanse aandeel is 6 Amerikaanse maatskappye het groot belange in die chemiese bedryf motorvervaardiging olieraffinaderye en farmaseutiese nywerhede Industriele beleggings het uiteindelik ook n groot aantal Amerikaanse ondernemings uit die dienstesektor na Belgie gelok waaronder banke regskantore PR en advertensiemaatskappye rekeningkundige firma s en personeeladviseurs Tans bly meer as 20 000 Amerikaanse deskundiges in Belgie Die Europese Unie se program om n geintegreerde gemeenskaplike mark te skep het vanaf 1989 die vestiging van talle Amerikaanse regsondernemings en advokate in Brussel bevorder 20 Buitelandse handel Wysig Hyskrane in die seehawe van Zeebrugge Die Belgiese ekonomie is sterk gefokus op buitelandse handel veral in hoe waardetoegevoegde goedere Die belangrikste invoere is voedselprodukte masjinerie ongeslypte diamante petroleum en petroleumprodukte chemikaliee klere en bybehore en tekstiel Die hoofuitvoere is motors en motoronderdele voedsel en voedselprodukte yster en staal geslypte diamante tekstiele plastiek petroleumprodukte en nie yster metale Sedert 1922 het Belgie en Luxemburg n enkele handelsmark binne n aksyns en monetere unie die Belgie Luxemburg Ekonomiese Unie Die hoofhandelsvenote is Duitsland Nederland Frankryk die Verenigde Koninkryk Italie die Verenigde State en Spanje 2010 Invoere Uitvoere GeldeenheidNederland 50 7 28 0 miljard Duitsland 34 7 35 2 miljard Frankryk 26 8 34 8 miljard Suid Afrika 8 398 12 449 miljard ZAR Bronne Suid Afrikaanse Departement van Handel en Nywerhede 21 en Duitse Departement van Buitelandse Sake 22 Monetere beleid Wysig Op 1 Mei 1998 het Belgie een van die lidstate van die Europese Monetere Unie geword Op 1 Januarie 2002 het die Euro die Belgiese frank BFR as geldeenheid en wettige betaalmiddel vervang Mannekrag en welsynstelsel Wysig Die welsynstelsel wat in die 1950 s en 1960 s gedurende n lang fase van ekonomiese groei en stabiliteit uitgebrei is sluit werkloosheidversekering kinderonderhoudstoelaes pensioene vir invaliedes en ander toelaes in Met die resessie in die 1970 s het die welsynstelsel n groeiende finansiele las vir die ekonomie geword en tot begrotingstekorte gelei Die nasionale werkloosheidstatistieke versluier die verskille tussen Vlaandere en Wallonie Die suidelike Franssprekende landsdeel ly hoofsaaklik aan strukturele werkloosheid terwyl dit in Vlaandere eerder siklies van aard is Die nasionale werkloosheidsyfer het in November 2011 7 0 beloop Die totale Belgiese mannekrag is 4 47 miljoen waarvan 73 in die dienstesektor 25 in die nywerheidssektor en 2 in die landbousektor werksaam is Demografie Wysig Onze Lieve Vrouwekerk in Antwerpen Die bevolkingsdigtheid 376 per vierkante kilometer is een van die hoogstes in Europa na Nederland en sommige klein lande soos Monaco Die gebiede met die hoogste bevolkingsdigtheid is die Brussel Antwerpen Gent Leuven agglomerate ook bekend as die Vlaamse Diamant sowel as belangrike stedelike sentra soos Liege Luik Charleroi Kortryk Courtrai Brugge Bruges Hasselt en Namur Namen Die Ardenne het die laagste digtheid Teen 2005 het die Vlaamse gewes n bevolking van omtrent 6 043 161 gehad Wallonie 3 395 942 en Brussel 1 006 749 23 Byna die hele bevolking is stedelik 97 3 in 1999 24 Die belangrikste stede en hulle bevolking is Brussel 1 006 749 Antwerpen 457 749 Gent 230 951 Charleroi 201 373 Liege 185 574 en Brugge 117 351 23 Die laique grondwet maak voorsiening vir geloofsvryheid en die regering respekteer dit in die algemeen in praktyk Volgens die 2001 Opname en Studie van Geloof 25 identifiseer omtrent 47 van die bevolking hulleself as behorende tot die Katolieke kerk Volgens die syfers is die Moslembevolking die tweede grootste geloofsgemeenskap teen 3 5 Sedert onafhanklikheid het Katolisisme met sterk vryedenke en veral vrymesselaarbewegings as teengewig n belangrike rol gespeel in Belgie se politieke lewe in besonder deur die Christen vakunie CSC ACV en die Christen Demokrate partye CD amp V CDH Die oorgrote meerderheid van Belge is Vlaams en Waals Saam verteenwoordig hulle n bietjie meer as 85 Daar is baie ander Europese bevolkings wat n groot en groeiende deel vorm soos Italiaanse Franse en Duitse wat ongeveer 11 1 beslaan Arabiese immigrante meestal uit Marokko en Algerie saam met immigrante uit Turkye tel sowat 3 van die totale bevolking 98 van die volwasse bevolking is geletterd 26 Onderwys is verpligtend van die ouderdom van ses tot 18 maar baie Belge hou aan studeer tot die ouderdom van omtrent 23 In 1999 het Belgie teen 42 in verhouding die derde hoogste aantal 18 21 jariges onder die OESO lande gehad wat vir na sekondere opvoeding geregistreer was 27 Nogtans styg kommer in die afgelope aantal jare oor seker vorm van ongeletterdheid soos funksionele ongeletterdheid In die tydperk 1994 98 ontbreek 18 4 van die bevolking funksionele geletterdheidvermoeens 24 In n spieelbeeld van die historiese politiese konflikte tussen die vryedenke en Katolieke segmente van die bevolking is die Belgiese onderwysstelsel verdeel in n laique tak wat deur die gemeenskappe die provinsies en die munisipaliteite beheer word en n gesubsidieerde godsdienstige meestal Katolieke tak wat deur beide die gemeenskappe en die godsdienstige owerhede beheer word gewoonlik die bisdomme Daar moet daarop gelet word dat ten minste vir die Katolieke skole die godsdienstige owerhede baie beperkte mag oor die skole het Natuurlike bevolkingsaanwas Wysig Belgie se bevolkingsgroei 1948 2009 Geboortekoers in 2014 28 Streek Geboortes Geboortekoers per 1 000 inwonersWallonie 38 690 10 8Brussel 18 514 15 8Vlaandere 67 211 10 5Belgie 124 415 11 1Tale Wysig Frans en Nederlands is altwee amptelike tale van die Hoofstadgewes Brussel en al die Brusselse munisipaliteite Met die verowering van Antwerpen in 1585 is n politieke en kulturele proses ingelei waardeur die status van Nederlands in die Suidelike Nederlande beperk was tot sy rol as omgangstaal van die laer klasse van die bevolking terwyl die hoogs opgeleide bourgeoisie die voorkeur aan die wereldtaal Frans gegee het Alhoewel die Vlaminge reeds in 1830 die jaar waarin die huidige Koninkryk Belgie as n selfstandige staat gestig is die meerderheid gevorm het het hulle vanwee die sterk verfransing van die openbare politieke en kulturele lewe tot by die 19de en 20ste eeu n sosiologiese minderheid gebly Frans is in 1830 ook tot die amptelike taal van Belgie verklaar As n literere taal was Suid Nederlands wat uit die Vlaams Brabantse skryftaal van die 16de eeu ontwikkel het slegs gebruiklik vir minder hoogstaande genres soos die volksliteratuur en het naas plaaslike dialekte veral onder die sterk invloed van die Franse kultuurtaal gekom waardeur sy woordeskat en sinsbou duidelik van die van Noord Nederlands die amptelike taal van Nederland verskil het Vanaf omtrent 1850 het egter n nuwe literere taal begin ontwikkel wat Noord Nederlands as sy voorbeeld geneem het en dit het van n onvolkome Vlaamse streeksvariant gedurende die 20ste eeu uiteindelik tot n gelykwaardige Nederlands verander wat behalwe vir klein leksikale en sintaktiese verskille grootliks met die taal van Nederland ooreenkom Vandag is omtrent 60 van die land Nederlandssprekend 40 Franssprekend en 1 Duitssprekend Brussel is amptelik Frans Nederlands tweetalig maar meestal Franssprekend dit het van n Nederlandsprekende plek ontwikkel tot n tans oorheersend Franse karakter Beide die Nederlands wat in Belgie gepraat word en die Belgiese Frans verskil effens in woordeskat en semantiese klem van die varieteite wat in Frankryk en Nederland gepraat word Baie mense praat nog steeds dialekte van Vlaams en Waals Die dialekte saam met ander soos Pikardies of Limburgs 26 word nie in die openbare lewe gebruik nie Sport Wysig Kim Clijsters tydens de Acura Classic in 2006 Die Belgiese nasionale sokkerspan in 2011 Duitsland speel teen Belgie op 29 April 2006 in Hannover Duitsland Sedert die 1970 s word sportklubs en federasies in Belgie deur die Taalgemeenskappe apart georganiseer 29 Sokker is die gewildste sportsoort in albei dele van Belgie fietsry tennis swem judo 30 en basketbal is ook gewild 31 Onder die bekende fietsryers het Eddy Merckx die Tour de France vyf keer gewen en Tom Boonen een keer Belgie het ook twee huidige vroue tenniskampioene Kim Clijsters en Justine Henin n Ander bekende voormalige Belgiese atleet is Jacques Rogge die agste President van die Internasionale Olimpiese Komitee tussen 2001 en 2013 Die Belgiese nasionale sokkerspan staan bekend as die Rooi Duiwels Hulle het alreeds 13 keer aan die FIFA Sokker Wereldbeker deelgeneem en tydens die FIFA Sokker Wereldbekertoernooi in 2018 hul beste prestasie opgelewer en die derde plek bereik Belgie kon vyf keer vir die UEFA Europa beker kwalifiseer en het tydens die toernooi van 1980 as naaswenner geeindig Belgie se hoogste sokkerliga is die Eerste klasse gevolg deur die Tweede klasse Rugby word ook in Belgie gespeel maar die Belgiese nasionale rugbyspan kon tot dusver nog nie vir die Rugbywereldbeker kwalifiseer nie Hulle ding in die Europese Nasiesbeker met ander opkomende rugbyspanne mee Belgie het al verskeie groot sportgeleenthede soos die Olimpiese Somerspele 1920 die UEFA Europa beker in 1972 en die UEFA Europa beker in 2000 saam met Nederland gehuisves Sedert 1925 word die Belgiese Grand Prix op die Circuit de Spa Francorchamps aangebied Kultuur Wysig Belgiese sjokolade Fosses La Ville Sint Brigide kapel VIII Xde eeu voorbeeld van Romaanse argitektuur in Belgie Elsene Brussel Rue Defaqz balkon van die huis Ciamberlani 1897 Argitek Paul Hankar voorbeeld van Art Nouveau argitektuur in Belgie Die Belgiese kultuurlewe neig om binne elkeen van die gemeenskappe gefokus te wees Gedeelte elemente is minder belangrik aangesien daar geen tweetalige universiteite is nie behalwe die koninklike militere akademie geen gemene media en geen enkele groot gemene kulturele of wetenskaplike organisasie waar beide hoofgemeenskappe verteenwoordig is nie Belgie is wel bekend vir die land se skone kunste en argitektuur Die gebied wat ooreenkom met vandag se Belgie het die vooruitgang van belangrike kunsbewegings wat n reuse invloed op Europese kuns gehad het ondervind Die Mosankuns die vroee Nederlandse skilderkuns die Vlaamse Renaissance en Barokskilderkuns en belangrike voorbeelde van Romaanse Gotiese Renaissance en Barokargitektuur en die Vlaamse polifonie het in die suidelike deel van die Lae Lande ontwikkel en is mylpale in kunsgeskiedenis Die ryk kuns uitset baie keer in geheel na verwys as Vlaamse kuns het in die tweede helfte van die 17de eeu geleidelik agteruitgegaan Baie oorspronklike kunstenaars het egter gedurende die 19de en 20ste eeue te voorskyn gekom In musiek het Adolphe Sax die saxofoon in 1846 uitgevind Eugene Ysaye was n belangrike 19de en 20ste eeuse Belgiese violis In argitektuur was Victor Horta n belangrike inisieerder van die Art Nouveau styl Belgie het beroemde vorms van romantieke ekspressionistiese en surrealistiese skilders opgelewer dit sluit Egide Wappers James Ensor Constant Permeke en Rene Magritte in Op 8 November 1948 het die Belgiese skrywers Christian Dotremont en Joseph Noiret die stigting van die vereniging van skilders en literatore genaamd CoBrA na die naam van die 3 nasionale hoofstede van die lande waaruit die aanvanklik betrokke kunstenaars kom Copenhagen Brussel Amsterdam gelei Dotremont en Noiret het later ook die skrywers Marcel Havrenne en Hugo Claus en die skilders Pol Bury Pierre Alechinsky Louis Van Lint die etnoloog Luc de Heusch en die musikant Jacques Calonne in Brussel by die beweging betrek In letterkunde het Belgie verskeie bekende outeurs opgelewer soos die digters Emile Verhaeren Guido Gezelle Herman de Coninck Myriam Vanhee Tom Lannoye Jacques Brel en roman skrywer Hendrik Conscience Willem Elsschot en Georges Simenon Die digter en toneelskrywer Maurice Maeterlinck het die Nobelprys vir Letterkunde in 1911 ontvang Die bekendste Frans Belgiese strokiesverhale is Die avonture van Kuifie deur Herge maar baie ander belangrike outeurs van strokiesverhale is Belgies insluitend Edgar P Jacobs Marc Sleen Willy Vandersteen en Andre Franquin Meer onlangs het vername filmregisseurs verskyn meeste van hulle sterk beinvloed deur Franse filmkuns Die gebrek aan n groot Belgiese filmmaatskappy het hulle gedwing om te emigreer of in lae begroting produksies deel te neem Belgiese regisseurs sluit Stijn Coninx Luc en Jean Pierre Dardenne in akteurs sluit Jan Decleir Veerle Baetens en Marie Gillain in Films sluit in Man Bites Dog en The Alzheimer Affair In die 1980 s het Antwerpen se Koninklike Akademie van die Skone Kunste belangrike mode toonaangewers die Antwerpse Ses opgelewer Belgie het ook bygedra tot die ontwikkeling van wetenskap en tegnologie Die wiskundige Simon Stevin die anatomis Andreas Vesalius en die kartograaf Gerardus Mercator is onder die meer invloedryke wetenskaplikes uit die begin van die Vroee Modernisme in die Lae Lande Meer onlangs teen die einde van die 19de eeu in toegepaste wetenskap het die chemikus Ernest Solvay en die ingenieur Zenobe Gramme die Solvayproses en die Grammedinamo uitgevind Georges Lemaitre is n beroemde Belgiese kosmoloog aan wie die voorstel van die oerknalteorie van die begin van die heelal in 1927 toegeskryf word Drie Nobelpryse vir Fisiologie of Geneeskunde is aan Belge toegeken Jules Bordet in 1919 Corneille Heymans in 1938 en Albert Claude en Christian De Duve in 1974 Ilya Prigogine is in 1977 die Nobelprys vir Chemie toegeken Op 1 Desember 2005 is Vader Damien deur die Vlaminge as die Grootste Belg van alle tye gekies terwyl die Wale Jacques Brel gekies het n Mens kan nie Belgie se kultuurlewe verstaan sonder om die volksfeeste in ag te neem nie Voorbeelde sluit die Karnaval van Binche die Ducasse van Ath die optog van die Heilige Bloed in Brugge die 15de Augustusfees in Liege en die Waalse fees in Namur in n Belangrike nie amptelike feesdag is Sint Nicholasdag op 6 Desember wat die fees vir kinders herdenk en in Liege van die studente Baie hoogsaangeskrewe restaurante kan in hoe impak gastronomiese gidse soos die Michelingids aangetref word Belgiese sjokolade handelsmerke soos Neuhaus is wereldbekend en word wyd verkoop selfs die goedkoopste en gewildste handelsmerk Leonidas het n reputasie verwerf vir hulle kwaliteit Belgie produseer meer as 500 bier alebiere pils varieteite Belge het n reputasie vir n voorliefde vir wafels en pommes frites Belgiese aartappelskyfies beide oorspronklik uit Belgie die nasionale kos is biefstuk of mossels met skyfies Sien ook WysigLys van nedersettings in BelgieVerwysings Wysig en Government type Belgium The World Factbook Central Intelligence Agency Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2018 Besoek op 1 Oktober 2020 nl be STAT Bestat statbel fgov be 26 November 2019 Besoek op 1 Oktober 2020 nl Structuur van de bevolking www statbel fgov be Statistiek Belgie Federale Staatsdiensekonomie Besoek op 1 Oktober 2020 4 0 4 1 4 2 4 3 en Belgium Internasionale Monetere Fonds Oktober 2019 Besoek op 1 Oktober 2020 en 2019 Human Development Index Ranking United Nations Development Programme 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020 Besoek op 1 Oktober 2020 en Gini Index Wereldbank Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2019 Besoek op 1 Oktober 2020 In die minderheidstale van Belgie Limburgs Keuninkriek Belsj Luxemburgs Kinnekraich Belsch Pikardies Roeyome d Bergike Wallonies Royame di Beldjike Wes Vlaams Keunienkryk Belgie de Die Deutschsprachige Gemeinschaft in Belgien Die Deutschsprachige Gemeinschaft in Belgien Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2019 Besoek op 1 Oktober 2020 HAT Taal en feitegids Pearson Desember 2013 ISBN 978 1 77578 243 8 en Taaldispuut verdeel Belgie BBC Nuus 13 Mei 2005 en Election turnout in national lower house elections from 1960 to 1995 numbers from Mark N Franklin s Electoral Participation en Constitution of Belgium Geargiveer 3 April 2010 op Wayback Machine Art 99 en Belgium s rainbow coalition sworn in BBC News 12 Julie 1999 fr Composition of the Chamber of Representatives on the official homepage of the Chamber en Dioxin contamination scandal hits Belgium Effects spread through European Union and beyond World Socialist Web Site 8 Junie 1999 en History of the Federal Food Agency at its official homepage Geargiveer 21 Augustus 2004 op Wayback Machine en The Rwanda article at Tiscali References shows an example of Belgium s recent African policies nl The official homepage of Flanders Community and Region en Eurometeo The meteo at Brussels en U S Department of State Background Note Belgium en thedti gov za Suid Afrikaanse handel volgens lande Geargiveer 14 April 2012 op Wayback Machine de Belgien Wirtschaft Geargiveer 7 Desember 2012 op Wayback Machine 23 0 23 1 de en fr nl Official statistics of Belgium 24 0 24 1 en United Nation Development Programme Geargiveer 14 November 2007 op Wayback Machine en International Religious Freedom Report 2004 at the US Department of State 26 0 26 1 en Ethnologue com published by SIL International en Digest of Education Satistics 2003 US National Education Statistics Geargiveer 11 September 2005 op Wayback Machine fr IWEPS Institut wallon de l evaluation de la prospective et de la statistique Taux de natalite Besoek op 29 Mei 2016 en Task Marijke Renson Roland van Reusel Bart 1999 Klaus Heinemann red Organised sport in transition development structures and trends of sports clubs in Belgium Sport clubs in various European countries Schattauer Verlag pp 183 229 ISBN 3 7945 2038 6 en Wingfield George 2008 Charles F Gritzner red Belgium Infobase Publishing pp 94 95 ISBN 978 0 7910 9670 3 en Hendricks Kelly 20 Junie 2014 Belgium s 10 most popular sports The Bulletin Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2018 Besoek op 1 Oktober 2020 Bronnelys Wysig en Belgium Encyclopaedia Britannica Besoek op 1 Oktober 2020 en Belgium Central Intelligence Agency Besoek op 1 Oktober 2020 de Simons Ludo Uber Sprache und Literatur in Flandern Antwerpen Belgisch Deutsche Gesellschaft 1983 en Wereldgeskiedenis by KLMA fr L amenagement linguistique dans le monde in Frans deur Jacques Leclerc Universiteit van Laval Kanada de en fr nl Portaal van die INS tot statistiese publikasies oor BelgieEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Belgie en Toerisme inligting oor Belgie op Wikivoyage de en fr nl Federale portaalwebwerf de en fr nl Amptelike webwerf van die Belgiese monargie Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Belgie amp ol,