×
Bangladesj

Bangladesj (Bengaals: বাংলাদেশ, Bāṃlādēśa, [ˈbaŋlad̪eʃ],(hulp·inligting); letterlik "die nasie van Bengale"), amptelik die Volksrepubliek Bangladesj (গণপ্রজাতন্ত্রী বাংলাদেশ, Gaṇaprajātantrī Bāṃlādēśa), is 'n digbevolkte land in Suid-Asië in die streek Bengale. Dit het 'n oppervlakte van 147 570 km² en 'n bevolking van sowat 163 miljoen. Die hoofstad en grootste stad is Dhaka (of Dakka), ander groot stede sluit in Chittagong in die suidooste en Khulna in die suidweste. Die amptelike taal is Bengaals, die belangrikste etniese groep is die Bengale en die plaaslike geldeenheid is die taka (৳, tk).

Volksrepubliek Bangladesj
  • গণপ্রজাতন্ত্রী বাংলাদেশ(Bengaals)
Vlag Embleem
Volkslied: Amar Sonar Bangla
আমার সোনার বাংলা
(Bengaals vir: "My Goue Bengale")

Nasionale mars: Notuner Gaan
নতুনের গান
(Bengaals vir: "Die lied van die jeug")
Hoofstad Dhaka

23°42′N90°21′O /23.700°N 90.350°O /23.700; 90.350

Grootste stad Dhaka
Amptelike tale Bengaals
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Abdul Hamid
Sheikh Hasina
Onafhanklikheid
Vorming
• Verdeling van Brits-Indië
• Onafhanklikheidsverklaring
• Bereik
• Huidige grondwet


14 Augustus 1947
26 Maart 1971
16 Desember 1971
4 November 1972
Oppervlakte
- Totaal

- Water (%)

147 570 km2 (92ste)
56 980 myl2
6,4
Bevolking
- 2016-skatting
- 2011-sensus
- Digtheid

162 951 560 (8ste)
149 772 364
1 106 / km2 (10de)
2 864,5 / myl2
BBP (KKP)
- Totaal
- Per capita
2019-skatting

$831,750 miljard (29ste)
$4 993 (136ste)

BBP (nominaal)
- Totaal
- Per capita
2019-skatting

$314,656 miljard (39ste)
$1 889 (143ste)

MOI (2017) 0,608 (136ste) –medium
Gini (2016) 32,4medium
Geldeenheid Taka (৳) (BDT)
Tydsone
- Somertyd
BST (UTC+06:00)
nie toegepas nie (UTC+06:00)
Internet-TLD .bd
.বাংলা
Skakelkode +880
Nasa-Satellietbeeld van Bangladesj

Die land lê aan die Golf van Bengale in die Indiese Oseaan, maar word origens heeltemal deur Indië omring, behalwe vir die suidoostelike hoek, wat aan Mianmar (Birma) grens. Net noordwes van Bangladesj is Nepal en noord is Bhoetan geleë, maar al drie lande word deur 'n dun Indiese strook van mekaar geskei. Die Ganges-Brahmaputra-vloedvlakte is die oorheersende geografiese kenmerk van die land.

Bangladesj het tussen 1858 en 1947 deel uitgemaak van Brits-Indië en met die Verdeling van Indië het dit deel geword van Pakistan. In 1952 het die Bengaalse Taalbeweging begin en in 1971 het die provinsie met Indiese ondersteuning die Bengaalse Onafhanklikheidsoorlog teen Pakistan begin. Op 26 Maart 1971 het Bangladesj sy onafhanklikheid van Pakistan verklaar en met die grondwet van 4 November 1972 'n unitêre parlementêre republiek geword. Bangladesj is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n president as staatshoof.

Sedert sy onafhanklikwording in 1971 beleef Bangladesj armoede, hongersnood, politieke onrus en militêre staatsgrepe. Die herstel van demokrasie in 1991 het verligting gebring, maar die land het steeds met baie uitdagings te kampe, veral die jaarlikse vloede en siklone.

Inhoud

Ligging

Kaart van Bangladesj

Bangladesj ("land van die Bengale") lê in die noordoostelike hoek van die Indiese subkontinent en word in die weste en noorde deur Indië begrens, in die ooste deur Indië en Mianmar en in die suide deur die Golf van Bengale.

Die grootste deel van die land is 'n deltagebied wat deur 'n dik laag slik afkomstig uit drie riviere, die Ganges, die Yamuna en die Meghna, bedek word.

Die grond is ryk aan aluminium- en ysterbestanddele, maar wat vrugbaarheid betref, word daar met elke reënbui groot hoeveelhede vrugbare grond weggespoel, net om weer vervang te word as die riviere hul walle oorstroom. Bergreekse soos die Chittagong-heuwelreeks met 'n hoogte van tussen 500 m en 1 000 m kom in die suidoostelike deel van die land voor. Die Karnaphoelrivier kronkel deur die heuwels en mond uit in die Golf van Bengale.

Klimaat

Klimaatsones in Bangladesj volgens die Köppen-klimaatklassifikasie

Bangladesj het 'n moesonklimaat. Tussen Junie en Oktober waai die suidwesmoeson oor die kusstrook, waar tussen 2 000 mm en 3 000 mm reën uitsak. In die noorde reën dit selfs meer. Minder reën val in die suide.

Van Mei tot Oktober is dit somer en die temperatuur styg tussen 26 en 32° C. Die winters is matig en die kwik daal selde benede 15° C. Siklone teister die kusgebiede en stuur vloedgolwe tot diep die binneland in. Honderde mense, soms tot 'n halfmiljoen, kom in die rampe om en groot skade word aan gewasse aangerig.

Natuurlewe

Weens die hoë bevolkingsdigtheid moes die natuurlike plantegroei grootliks plek maak vir grondhongerboere. Net in die Chittagong-heuwels, langs die suidkus en in die binneland tussen die riviere Yamuna en Menghna, kom tropiese reënwoude voor. In die riviergebiede vind 'n mens soms moerasse en savannes. Alle bekende diersoorte van die subkontinent word in die land aangetref. Die waterbuffel is mak gemaak en word met groot sukses as ploegdier ingespan.

Die Bengaalse nasionale krieketspan vier die neem van 'n paaltjie teen Zimbabwe in 2009

Krieket is Bangladesj se gewildste sportsoort, gevolg deur sokker. Ander gewilde sportsoorte sluit in veldhokkie, tennis, pluimbal, handbal, basketbal, vlugbal, skaak, skietsport en hengel. Kabaddi is Bangladesj se nasionale sport.

Die Bengaalse nasionale krieketspan het sedert 1999 vir elke krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer, maar tot dusver nie een van die toernooie gewen nie; die beste uitslag was die kwarteindrondte tydens die Krieketwêreldbeker 2015. In 2000 is toetsstatus aan Bangladesj toegeken. Saam met Indië en Sri Lanka het Bangladesj die Krieketwêreldbeker 2011 aangebied, waartydens twee groepwedstryde in Chittagong, asook vier groepwedstryde en twee kwarteindstryde in Dhaka aangebied is. Tydens die Asiatiese beker het Bangladesj drie keer as naaswenner geëindig (in 2012, 2016 en 2018). In 2020 het Bangladesj vir die eerste keer die o/19-Krieketwêreldbeker gewen en sodoende sy eerste titeloorwinning in enige IKR-toernooi ingepalm.

Die Bengaalse nasionale sokkerspan kon tot dusver nog nie vir 'n FIFA Sokker-Wêreldbeker kwalifiseer nie. In 2003 het Bangladesj sy eerste internasionale trofee verower en die Suid-Asiatiese beker gewen.

  1. (en) . Bangladesh Tourism Board. Bangladesh: Ministry of Civil Aviation & Tourism. Geargiveer vanaf op 2 Mei 2019. Besoek op21 Februarie 2015.
  2. (en) (PDF). Directorate General of Health Services (DGHS). p. 13. (PDF) vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020. Besoek op30 September 2019.
  3. (en) . ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2018. Besoek op30 September 2019.
  4. (en) 4 September 2011 op Wayback Machine. Sensus – Bengaalse Statistiekkantoor.
  5. (en) . Internasionale Monetêre Fonds. April 2019. Besoek op30 September 2019.
  6. (en) (PDF). United Nations Development Programme. 2018. (PDF) vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op30 September 2019.
  7. (en) . Wêreldbank. vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op30 September 2019.
  8. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  9. (en) Faroqi, Gofran (2012). . In Islam, Sirajul; Jamal, Ahmed A. (reds.). Banglapedia: National Encyclopedia of Bangladesh (Tweede uitg.). Asiatic Society of Bangladesh.
  10. (en) . The Guardian. 31 Januarie 2017. Besoek op20 Februarie 2021.
  11. (en) . BBC. 9 Februarie 2020. Besoek op20 Februarie 2021.
Algemeen
Geografie

Publikasie datum: September 03, 2021

bangladesj, bengaals, bāṃlādēśa, ˈbaŋlad, luister, hulp, inligting, letterlik, nasie, bengale, amptelik, volksrepubliek, গণপ, রজ, তন, gaṇaprajātantrī, bāṃlādēśa, digbevolkte, land, suid, asië, streek, bengale, oppervlakte, bevolking, sowat, miljoen, hoofstad, . Bangladesj Bengaals ব ল দ শ Baṃladesa ˈbaŋlad eʃ luister hulp inligting letterlik die nasie van Bengale amptelik die Volksrepubliek Bangladesj গণপ রজ তন ত র ব ল দ শ Gaṇaprajatantri Baṃladesa is n digbevolkte land in Suid Asie in die streek Bengale Dit het n oppervlakte van 147 570 km en n bevolking van sowat 163 miljoen Die hoofstad en grootste stad is Dhaka of Dakka ander groot stede sluit in Chittagong in die suidooste en Khulna in die suidweste Die amptelike taal is Bengaals die belangrikste etniese groep is die Bengale en die plaaslike geldeenheid is die taka tk Volksrepubliek Bangladesj গণপ রজ তন ত র ব ল দ শ Bengaals Vlag EmbleemVolkslied Amar Sonar Bangla আম র স ন র ব ল Bengaals vir My Goue Bengale source source track track track Nasionale mars Notuner Gaan 1 নত ন র গ ন Bengaals vir Die lied van die jeug Hoofstad Dhaka 23 42 N 90 21 O 23 700 N 90 350 O 23 700 90 350Grootste stad DhakaAmptelike tale BengaalsRegering President Eerste minister Unitere parlementere grondwetlike republiek Abdul Hamid Sheikh HasinaOnafhanklikheid Vorming Verdeling van Brits Indie Onafhanklikheidsverklaring Bereik Huidige grondwet 14 Augustus 1947 26 Maart 1971 16 Desember 1971 4 November 1972Oppervlakte Totaal Water 147 570 2 km2 92ste 56 980 myl2 6 4Bevolking 2016 skatting 2011 sensus Digtheid 162 951 560 3 8ste 149 772 364 4 1 106 km2 10de 2 864 5 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2019 skatting 831 750 miljard 5 29ste 4 993 5 136ste BBP nominaal Totaal Per capita 2019 skatting 314 656 miljard 5 39ste 1 889 5 143ste MOI 2017 0 608 6 136ste mediumGini 2016 32 4 7 mediumGeldeenheid Taka a href ISO 4217 html title ISO 4217 BDT a Tydsone Somertyd BST UTC 06 00 nie toegepas nie UTC 06 00 Internet TLD bd ব ল Skakelkode 880 Nasa Satellietbeeld van Bangladesj Die land le aan die Golf van Bengale in die Indiese Oseaan maar word origens heeltemal deur Indie omring behalwe vir die suidoostelike hoek wat aan Mianmar Birma grens Net noordwes van Bangladesj is Nepal en noord is Bhoetan gelee maar al drie lande word deur n dun Indiese strook van mekaar geskei Die Ganges Brahmaputra vloedvlakte is die oorheersende geografiese kenmerk van die land Bangladesj het tussen 1858 en 1947 deel uitgemaak van Brits Indie en met die Verdeling van Indie het dit deel geword van Pakistan In 1952 het die Bengaalse Taalbeweging begin en in 1971 het die provinsie met Indiese ondersteuning die Bengaalse Onafhanklikheidsoorlog teen Pakistan begin Op 26 Maart 1971 het Bangladesj sy onafhanklikheid van Pakistan verklaar en met die grondwet van 4 November 1972 n unitere parlementere republiek geword Bangladesj is n lidland van die Britse Statebond met n president as staatshoof Sedert sy onafhanklikwording in 1971 beleef Bangladesj armoede hongersnood politieke onrus en militere staatsgrepe Die herstel van demokrasie in 1991 het verligting gebring maar die land het steeds met baie uitdagings te kampe veral die jaarlikse vloede en siklone 8 Inhoud 1 Algemene gegewens 1 1 Ligging 1 2 Klimaat 1 3 Natuurlewe 2 Sport 3 Verwysings 4 Bronnelys 5 Eksterne skakelsAlgemene gegewens WysigLigging Wysig Kaart van Bangladesj Bangladesj land van die Bengale le in die noordoostelike hoek van die Indiese subkontinent en word in die weste en noorde deur Indie begrens in die ooste deur Indie en Mianmar en in die suide deur die Golf van Bengale Die grootste deel van die land is n deltagebied wat deur n dik laag slik afkomstig uit drie riviere die Ganges die Yamuna en die Meghna bedek word Die grond is ryk aan aluminium en ysterbestanddele maar wat vrugbaarheid betref word daar met elke reenbui groot hoeveelhede vrugbare grond weggespoel net om weer vervang te word as die riviere hul walle oorstroom Bergreekse soos die Chittagong heuwelreeks met n hoogte van tussen 500 m en 1 000 m kom in die suidoostelike deel van die land voor Die Karnaphoelrivier kronkel deur die heuwels en mond uit in die Golf van Bengale Klimaat Wysig Klimaatsones in Bangladesj volgens die Koppen klimaatklassifikasie Bangladesj het n moesonklimaat Tussen Junie en Oktober waai die suidwesmoeson oor die kusstrook waar tussen 2 000 mm en 3 000 mm reen uitsak In die noorde reen dit selfs meer Minder reen val in die suide Van Mei tot Oktober is dit somer en die temperatuur styg tussen 26 en 32 C Die winters is matig en die kwik daal selde benede 15 C Siklone teister die kusgebiede en stuur vloedgolwe tot diep die binneland in Honderde mense soms tot n halfmiljoen kom in die rampe om en groot skade word aan gewasse aangerig Natuurlewe Wysig Weens die hoe bevolkingsdigtheid moes die natuurlike plantegroei grootliks plek maak vir grondhongerboere Net in die Chittagong heuwels langs die suidkus en in die binneland tussen die riviere Yamuna en Menghna kom tropiese reenwoude voor In die riviergebiede vind n mens soms moerasse en savannes Alle bekende diersoorte van die subkontinent word in die land aangetref Die waterbuffel is mak gemaak en word met groot sukses as ploegdier ingespan Sport Wysig Die Bengaalse nasionale krieketspan vier die neem van n paaltjie teen Zimbabwe in 2009 Krieket is Bangladesj se gewildste sportsoort gevolg deur sokker Ander gewilde sportsoorte sluit in veldhokkie tennis pluimbal handbal basketbal vlugbal skaak skietsport en hengel Kabaddi is Bangladesj se nasionale sport 9 10 Die Bengaalse nasionale krieketspan het sedert 1999 vir elke krieketwereldbekertoernooi gekwalifiseer maar tot dusver nie een van die toernooie gewen nie die beste uitslag was die kwarteindrondte tydens die Krieketwereldbeker 2015 In 2000 is toetsstatus aan Bangladesj toegeken Saam met Indie en Sri Lanka het Bangladesj die Krieketwereldbeker 2011 aangebied waartydens twee groepwedstryde in Chittagong asook vier groepwedstryde en twee kwarteindstryde in Dhaka aangebied is Tydens die Asiatiese beker het Bangladesj drie keer as naaswenner geeindig in 2012 2016 en 2018 In 2020 het Bangladesj vir die eerste keer die o 19 Krieketwereldbeker gewen en sodoende sy eerste titeloorwinning in enige IKR toernooi ingepalm 11 Die Bengaalse nasionale sokkerspan kon tot dusver nog nie vir n FIFA Sokker Wereldbeker kwalifiseer nie In 2003 het Bangladesj sy eerste internasionale trofee verower en die Suid Asiatiese beker gewen Verwysings Wysig en National Symbols National march Bangladesh Tourism Board Bangladesh Ministry of Civil Aviation amp Tourism Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2019 Besoek op 21 Februarie 2015 en Health Bulletin 2016 PDF Directorate General of Health Services DGHS p 13 Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2020 Besoek op 30 September 2019 en World Population Prospects The 2017 Revision ESA UN org custom data acquired via website United Nations Department of Economic and Social Affairs Population Division Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2018 Besoek op 30 September 2019 en Data Geargiveer 4 September 2011 op Wayback Machine Sensus Bengaalse Statistiekkantoor 5 0 5 1 5 2 5 3 en Bangladesh Internasionale Monetere Fonds April 2019 Besoek op 30 September 2019 en 2018 Human Development Report PDF United Nations Development Programme 2018 Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 30 April 2020 Besoek op 30 September 2019 en Gini Index Wereldbank Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020 Besoek op 30 September 2019 HAT Taal en feitegids Pearson Desember 2013 ISBN 978 1 77578 243 8 en Faroqi Gofran 2012 Kabadi In Islam Sirajul Jamal Ahmed A reds Banglapedia National Encyclopedia of Bangladesh Tweede uitg Asiatic Society of Bangladesh en The rise and rise of Bangladesh cricket what took them so long The Guardian 31 Januarie 2017 Besoek op 20 Februarie 2021 en U19s Cricket World Cup Bangladesh beat India in final to win first title BBC 9 Februarie 2020 Besoek op 20 Februarie 2021 Bronnelys WysigAlgemeen en Bangladesh Encyclopaedia Britannica Besoek op 20 Februarie 2021 en Bangladesh Central Intelligence Agency Besoek op 20 Februarie 2021 GeografieWereldspektrum 1982 ISBN 0 908409 43 5 volume 2 bl 166 167Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Bangladesj en Toerisme inligting oor Bangladesj op Wikivoyage bn en Amptelike webwerf van Bangladesj se regeringOntsluit van https af wikipedia org w index php title Bangladesj amp ol,